# Computer Applications Technology Grade 12 P1 2015 QP (Afr)

> Grade 12 Computer Applications Technology Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2015 (Afrikaans). Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/catn-p1-gr12-sept2015-qp-afr/5b26d882-c5a2-45a8-96f9-3044ac09280e
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Computer Applications Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2015
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 19

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Computer Applications Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/computer-applications-technology) › [Computer Applications Technology Grade 12 P1 2015 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/catn-p1-gr12-sept2015-qp-afr/5b26d882-c5a2-45a8-96f9-3044ac09280e)

## About this document

Computer Applications Technology · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2015. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                           NASIONALE
                       SENIOR SERTIFIKAAT

                               GRAAD 12

                        SEPTEMBER 2015

       REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1

PUNTE:   180

TYD:     3 uur

                                  *CATDM1*

           Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye, insluitende aanhangsels.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                       REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                  (EC/SEPTEMBER 2015)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.     As gevolg van die aard van hierdie drie-uur-eksamen is dit belangrik om
       daarop te let dat jy NIE toegelaat sal word om die eksamenlokaal voor die
       einde van die eksamensessie te verlaat NIE.

2.     Tik jou naam en van in die bladsyboskrif (‘header’) van elke dokument wat jy
       skep of stoor.

3.     Die toesighouer sal ŉ disket met AL die lêers wat vir die eksamen benodig
       word, aan jou gee, of jy sal ingelig word waar die lêers op die netwerk of
       rekenaar gevind kan word. Indien ŉ disket aan jou uitgereik is, moet jy jou
       naam op die etiket skryf. Indien jy op ŉ netwerk werk, moet jy die instruksies
       wat deur die toesighouer gegee word, volg.

4.     ŉ Kopie van die meesterlêers (‘master files’) sal by die toesighouer beskikbaar
       wees. Indien daar enige probleme met ŉ lêer is, mag jy die toesighouer vir ŉ
       ander kopie vra.

5.     Maak seker dat jy elke dokument stoor deur die lêernaam wat in die vraestel
       gegee word, te gebruik. Stoor jou werk gereeld as ŉ voorsorgmaatreël teen
       moontlike kragonderbrekings.

6.     Lees deur ELKE vraag voordat jy dit beantwoord of die probleem oplos.
       MOENIE meer doen as wat die vraag vereis NIE.

7.     Aan die einde van die eksamen moet jy die disket wat deur die toesighouer
       aan jou gegee is inlewer met AL die antwoordlêers daarop gestoor, of jy moet
       seker maak dat AL die antwoordlêers op die netwerk/rekenaar gestoor is,
       soos wat deur die toesighouer/onderwyser aan jou verduidelik is. Maak
       absoluut seker dat AL die lêers gelees kan word.

8.     Let daarop dat GEEN drukwerk vereis word nie.

9.     Gedurende die eksamen mag jy gebruik maak van die hulpfunksies van die
       programme wat jy gebruik. Jy mag GEEN ander hulpbronmateriaal gebruik
       nie.

10.    Indien data uit ŉ vorige vraag wat jy nie kon beantwoord nie afgelei word,
       moet jy steeds voortgaan met die vrae wat volg.

11.    Formules en/of funksies moet vir ALLE berekeninge in vrae wat sigbladwerk
       (‘spreadsheets’) behels, gebruik word, tensy anders aangedui. Absolute-
       selverwysing moet slegs waar nodig gebruik word om te verseker dat die
       formules korrek is wanneer hulle na ander selle in die sigblad gekopieer word.

12.    In ALLE vrae wat woordverwerking behels, moet die taal op English (South
       African) gestel word. Die papiergrootte word as A4-portret (‘Portrait’) aanvaar,
       tensy anders aangedui.

13.    Alle meeteenhede moet op sentimeters gestel word.

14.    Hierdie vraestel bestaan uit sewe vrae. Beantwoord AL die vrae.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)     REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                                 3

 LET WEL:

 Die datadisket wat jy saam met hierdie vraestel ontvang bevat die lêergids en al
 die lêers wat hieronder aangedui word. Maak seker dat jy die lêergids en AL die
 lêers het voordat jy met hierdie eksamen begin:

 ‘n Lêergids genaamd EXAM DATA met lêers en ŉ sub-lêergids genaamd:

        Q7MyFile                         Lêergids
        1Chart.jpg                       Prentlêer
        Images6.jpg                      Prentlêer
        Q1Newsletter_Nuusbrief           Woordverwerkingslêer
        Q2SubjectChoice_Vakkeuse         Woordverwerkingslêer
        Q3Staff_Personeel                Sigbladlêer
        Q4Marks_Punte                    Sigbladlêer
        Q5Tablet database_databasis      Databasislêer
        Q6_Logo.jpg                      Prentlêer
        Q6_Techno.html                   HTML-lêer
        Q7Answersheet_Antwoordblad       Woordverwerkingslêer
        Q7SubjetChoice_Vakkeuse          Woordverwerkingslêer
        Tablets-v-textbooks.jpg          Prentlêer

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                         REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                     (EC/SEPTEMBER 2015)

 SCENARIO

 In 1922 Thomas Edison reportedly said:

 I believe that the motion picture is destined to revolutionise [transform] our education
 system and that in a few years it will supplant the use of textbooks … The education of
 the future, as I see it, will be conducted through the medium of the motion picture
 where it should be possible to obtain 100 percent efficiency.
 Tablets will not transform education:

 “What a bold statement,”, “particularly in view of the current
 proliferation of tablets and other mobile devices.”

 Die meeste Suid-Afrikaanse skole is huidig besig om ondersoek in te stel na die
 gebruik van tablette in plaas van handboeke in skole. Jy word deur jou
 skoolhoof versoek om te help met die opstel van briewe en vraelyste aan ouers.

 VRAAG 1

 ŉ Nuusbrief moet aan ouers gestuur word om hulle in te lig omtrent die skool se
 ondersoek in hierdie verband. Maak gebruik van jou kundigheid in die
 toepassing van ŉ woordverwerkingsprogram funksies om ŉ professionele
 dokument te skep.

 Maak die dokument Q1Newsletter_Nuusbrief oop.

 1.1    Stel die kantlyne bo en onder op 1.5 cm.                                             (1)

 1.2    Vind die paragraaf wat begin met: ‘During the AGM and ...’ onder die
        paragraaf-opskrif ‘The cost saving’. Pas die volgende formatering toe:

        1.2.1   Verander die skryfstyl (‘font’) van die paragraafopskrif, “The cost
                saving” na Garamond 13 pt.                                                   (2)

        1.2.2   Verander die reëlspasiëring van die teks onder die opskrif ‘The
                cost saving’ na presies (‘exactly’) 14 pt.                                   (2)

        1.2.3   Vind die lys van voorafgelaaide hulpbronne onder die opskrif
                ‘Resource Library’. Voeg kolpunte (‘bullets’) by tot die lys. Skep
                die kolpunt deur gebruik te maak van die prent tablets-vs-
                textbooks.jpg wat in jou eksamenlêergids gevind kan word.                    (2)

 1.3    Vervang al die voorkomste van die woord ‘TRAIN YOUR BRAIN’ met
        ‘TYB’. Al die vervangings moet in ŉ heldergroen fontkleur vertoon.                   (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)       REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                                       5

 1.4     Die teks ‘MIB Technology’ (geskakeer in geel) to ‘… low, fixed cost’, moet
         in kolomme soos volg geplaas word:
              Formateer die geskakeerde teks in drie kolomme met ‘n lyn tussen
                elke kolom.                                                                   (2)

                 Die spasie tussen die kolomme moet presies 1 cm wees.                       (1)

                 Die teks van al drie kolomme moet volledig gejusteer (‘justify’)
                  wees.                                                                       (1)

 1.5    Maak soos volg gebruik van style (‘styles’) in die dokument.

        1.5.1      Skep ŉ nuwe paragraaf-styl genaamd Lets go digital wat
                   gebaseer is op die Heading 1 styl. Verander die nuwe styl soos
                   volg:                                                                      (2)

                     Die teks moet ‘n geskadeerde raam ‘(shadowed border‘)
                      rondom hê.                                                              (1)

                     Stel die paragraaf spasiëring 2.5 pt na die opskrif.                    (1)

        1.5.2      Pas die Lets go digital-styl toe op die opskrif, ‘How it all works’.       (1)

 1.6    Voeg ‘n outomatiese inhoudsopgawe (‘automatic table of contents’) op ŉ
        nuwe bladsy aan die begin van die dokument in. Voeg die opskrif ‘TABLE
        OF CONTENTS’ by en formateer die inhoudsopgawe soos volg:

                Die inhoudsopgawe moet die styl Lets go digital as die eerste vlak
                 vertoon, Heading 1 as die tweede vlak en Heading 2 as die derde
                 vlak soos dit hieronder vertoon word:

                Gebruik die ‘Distinctive’-formatering.

                Gidsstippies (‘Tab leaders’) moet vertoon word.                              (5)

 1.7    Voeg die prent 1Chart (in jou lêergids), as ŉ watermerk in die dokument
        in. Stel die skaal van die watermerk op 150%.                                         (2)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                       REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                    (EC/SEPTEMBER 2015)

 1.8    Voeg outomatiese bladsynommering soos volg in:

             Plaas die bladsynommers in die bladsyonderskrif (‘footer’).

             Maak seker dat gelyke nommers regs inlyn in die bladsyonderskrif
              vertoon en dat ongelyke nommers links inlyn in die bladsyonderskrif
              vertoon.

             Begin die bladsynommering op die eerste bladsy van die dokument.
              Begin nommer vanaf 10 en verder.                                             (5)

 1.9    Vind die teks ‘31 March 2001’ aan die begin van die dokument.

        Maak seker dat die volle datum (31 March 2001) in een reël bymekaar bly
        en nie geskei kan word na ŉ volgende reël nie.                                     (2)

 1.10      Sprei (‘expand’) die karakterspasiëring van die teks ‘Striving
            excellence’ op die eerste bladsy met 3 pt uit.                                 (1)
           Plaas die teks regsinlyn.                                                      (1)
           Formateer die teks sodat dit in hoofletters vertoon.                           (1)

 Stoor Q1Newsletter_Verslag en maak die dokument toe.                                     [35]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)     REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                                7

 VRAAG 2

 Maak die Q2SubjectChoice_Vakkeuse-woordverwerkingsdokument oop.

 Voeg jou Naam en Van in die bladsyboskrif (‘header’) van die dokument in.

 Die skool het ŉ vorm ontwerp wat sal help om die leerders se vakkeuse-inligting
 in te voer. Kyk na die voorbeeld hieronder en volg die instruksies om die vorm
 gereed te maak vir gebruik.

 2.1    Verwyder die hiperskakel (‘hyperlink’) van die teks ‘SUBJECT GROUPS’.        (1)

 2.2    Voeg die Wingdings-simbool  (Microsoft Office: karakterkode 225)
        tussen die teks ‘Subject Choices’ en ‘Vakkeuse’ in.                          (1)

 2.3    Maak gebruik van paragraaframe om ŉ lyn, soos aangedui, bo en onder
        die opskrif bo-aan die vorm te plaas.                                        (2)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                       REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                   (EC/SEPTEMBER 2015)

 2.4    Vind die aftrek-vormveld (‘drop-down form field’) onder die ‘Group 2’-teks
        en voeg die volgende opsies in:

        Accounting
        Geography
        Business Studies                                                                  (1)

 2.5    Voeg ŉ merkblokkie (‘check box’)-vormveld langs die opsie
        ‘Mathematics/Mathematical Literacy’ in. Die merkblokkie moet op 8 cm
        langs die opsie ingevoeg word. Maak gebruik van ‘n tabelstop om die
        merkblokkie op 8cm te plaas.                                                      (2)

 2.6    Verander die eienskap (‘properties’) van die vormveld om die van te
        verander sodat ŉ maksimum van 10 karakters ingevul kan word.                      (1)

 2.7    Voeg ŉ tabel langs die toepaslike veld sodat die leerder se selnommer
        ingevul kan word:

          Die tabel moet bestaan uit 10 kolomme.

          Die kolomwydte moet gestel word op ‘autofit to contents’.

          Die ryhoogte moet gestel word op presies (‘exactly’) 0.8 cm.                   (3)

 2.8    Stel en pas ‘n 5 cm-stippelgidslyn-tabelstop toe onder die teks ‘Signature’
        waar die leerder se handtekening kan verskyn.                                     (2)

 2.9    Beperk (‘restrict’) veranderinge aan die dokument deur die wagwoord
        ‘Help’, maar die vorm moet steeds ingevul kan word.                               (2)

 Stoor Q2SubjectChoice_Vakkeuse en maak die dokument toe.                                [15]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)     REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                                     9

 VRAAG 3

 ŉ Plaaslike skool het die persoonlike inligting van hulle opvoeders in ‘n sigblad
 gestoor.

 Maak die Q3Staff_Personeel-sigblad oop en werk in die Educators-werkblad.

 3.1    Smelt (‘merge’) die selle A1:P1 saam en sentreer die teks horisontaal in
        die saamgesmelte sel.                                                             (1)

 3.2    Verander die vulkleur van die bogenoemde selle na enige groen kleur.              (1)

 3.3    Verander die teksrigting van die opskrifte in selle A3-P3 na ŉ 90-grade
        hoek.                                                                             (1)

 3.4    Formateer die datum in sel F12 sodat dit die volgende formaat vertoon:
        bv. 20-Jan-80.                                                                    (1)

 3.5    ŉ Kode is aan elke personeellid toegeken, bv. 101Y*JOH.

        Voeg ŉ funksie/formule in kolom D (begin by sel D4) in om ‘n
        personeelkode vir elke personeellid te bepaal. Die personeelkode word
        soos volg saamgestel:

             Die nommer in kolom A
             Die laaste letter van die naam in kolom B gevolg deur ŉ asterisk (*)
             Die eerste drie letters van die van in kolom C
             Die kode moet in hoofletters vertoon                                        (6)

 3.6    Kolomme H-J bevat tipes toestelle wat opvoeders daagliks gebruik.

        3.6.1     Voeg ŉ funksie in sel H22 in om te bepaal hoeveel opvoeders
                  skootrekenaars (‘laptops’) gebruik.                                     (2)

        3.6.2     Voeg ŉ funksie in sel H23 in om te bepaal hoeveel opvoeders
                  skootrekenaars en slimfone (‘smartphones’) gebruik.                     (1)

 3.7    Opvoeders kry soms erkenning vir die aantal jare wat hulle onderwys gee.

        Voeg ŉ formule in sel K4 in om die aantal jare te bereken wat die
        opvoeder onderwys gee deur gebruik te maak van die begindatum in
        sel G4 en vandag se datum. Formateer die aantal jare sodat geen
        desimale plekke vertoon word nie.                                                 (5)

 3.8    Die opvoeders ontvang sertifikate by die Onderwysdepartement vir hul
        jare diens. Opvoeders met meer as 30 jaar diens, ontvang “Goue”-
        sertifikaat, meer as 20 jaar diens, ontvang ŉ “Silwer”-sertifikaat en dié met
        minder as 20 jaar diens ontvang geen sertifikaat nie.

        Maak gebruik van ŉ “IF”-funksie in sel L4 om te vertoon watter tipe
        sertifikaat hierdie die opvoeder moet ontvang. Kopieer die funksie na die
        res van die opvoeders.                                                            (4)
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                       REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                (EC/SEPTEMBER 2015)

 3.9    Maak in sel C22 gebruik van ‘n funksie om die totale aantal karakters van
        die van wat in sel C16 is, te bereken.                                         (2)

 3.10   Gebruik ŉ funksie in sel M22 om te bepaal hoeveel opvoeders doen nie
        sport as ŉ buitemuurse aktiwiteit (‘extra mural activity‘) nie. (Maak seker
        die antwoord vertoon geen desimale plekke.)                                    (2)

 3.11   Die skool ontvang kontantdonasies en hulle reël fondsinsamelings vir die
        opvoedersfonds wat gebruik word om opvoeders vir buitemuurse
        aktiwiteite gedurende die jaar te betaal. Opvoeders wat aan die vereistes
        voldoen, ontvang R120 per uur wat hulle aan die aktiwiteite afstaan.

        Voeg ŉ formule in sel O9 in om te bereken hoeveel Mev. Samson sal
        ontvang vir die tyd wat sy aan krieketafrigting spandeer. (Jou antwoord
        moet in rand vertoon word.)                                                    (3)

 3.12   Voeg ŉ funksie in sel O22 in om die bedrag wat aan slegs die vroulike
        (‘female’) personeel verskuldig is vir die kwartaal se buitemuurse
        aktiwiteite, te bepaal.                                                        (4)

 Werk in die Sheet 1-werkblad.

 3.13   ŉ Voorsiener van die skool se handboeke, AYOBA BOOKS, het ŉ sigblad
        geskep om vinnig vir ouers ŉ faktuur te kan genereer.

           Die raamwerk van die faktuur is gestoor in Sheet 1. Herbenaam
            hierdie werkblad na Invoice.                                               (1)

 3.14   Die ISBN nommers, die boeke se titels en pryse is in die Costs_Lookup-
        werkblad gestoor.

           Voeg ŉ VLOOKUP-funksie in sel C20 op die Invoice-werkblad in
            sodat die korrekte titel van die boek verskyn.

        Kopieer die funksie na die res van die selle.                                  (6)

 3.15   Voeg die huidige datum as ŉ funksie in sel D15 in. Die datum moet
        outomaties opdateer.                                                           (1)

 Stoor Q3Staff_Personeel-sigblad en maak die dokument toe.                            [42]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)        REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                                 11

 VRAAG 4

 Die graad 12-klasonderwyser wil graag ŉ grafiek skep om die topleerder se
 punte te vertoon.

 Maak die sigblad Q4Marks_Punte en werk in die Report-werkblad.

         100

          90

          80

          70

          60

          50
                      82                                  85
                                     76                                      77
          40                 69                                    70

          30

          20

          10

                                          Lamani Asanda

 Gebruik die onderstaande inligting om ŉ kolomgrafiek in die werkblad te skep.            (1)

 Let op die volgende:

       Gebruik die geel verhelderde (‘highlighted’) data/punte van Lamani
        Asanda om die grafiek te skep. (Moenie die totaal vertoon nie.)                   (1)

       Die data-waardes (‘labels’) moet in die middel (‘centre’) van elke
        datareeks (‘series’) vertoon.                                                     (1)

       Vertoon die randskrif (‘legend’) onder die grafiek en herbenaam dit as
        Lamani Asandi.                                                                    (2)

       Verander die minimumwaarde van die vertikale as (‘axis’) na 10 en die
        maksimum waarde na 100.                                                           (2)

       As die grafiek voltooi is, skuif dit na die Graphs-werkblad.                      (1)

 Stoor Q4Marks_Punte-sigblad en maak die dokument toe.                                    [8]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                        REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                (EC/SEPTEMBER 2015)

VRAAG 5

Die data wat gedurende die ondersoek ingewin is, is in ‘n databasis ingevoer.
Help die onderwyser om die data, waar nodig, te redigeer sodat dit bruikbare
inligting kan voorsien.

Maak die databasis Q5Tablet database databasis oop.

5.1    Maak die Q5Tabs-tabel oop.

       5.1.1   Skuif die Name of tab-veld sodat dit as die eerste veld in die tabel
               vertoon en stel die primêre sleutel op die veld.                         (2)

       5.1.2   Ken ŉ geskikte datatipe (‘data type’) toe aan die DatePurchased-
               veld.                                                                    (1)

       5.1.3   Voeg ŉ veld genaamd Operating system in.                                 (1)

                    Plaas die veld direk onder die Screen size-veld.                   (1)

                    Ken ŉ datatipe toe wat die gebruiker in staat sal stel om ‘n
                     prent in te voeg.                                                  (1)

       5.1.4   Verander die veldeienskappe (‘Field Properties’) van die Review-
               veld soos volg:

                    Die veldgrootte na ‘Double’.

                    Die desimale plekke op EEN desimale plek.                          (2)

       5.1.5   Gebruik ŉ aftuimel-lys (‘drop-down list’) in die Available colours-
               veld sodat die volgende kleure verskyn: Black, White, Grey en
               Red. Beperk die veld sodat slegs die kleure in die aftuimel-lys
               aanvaar sal word.                                                        (2)

       5.1.6   Skep ŉ toevoermasker (‘input mask’) vir die ID Code-veld om
               slegs SES karakters in die volgende formaat te aanvaar: TWEE
               hoofletters gevolg deur ŉ onderstreep (‘underscore’) (_), gevolg
               deur DRIE syfers, bv. CT_202                                             (2)

       5.1.7   Verskillende handelsmerke van tablette kan in die veld Name of
               tab gevind word. Die tablet genaamd ‘google’, is verkeerd gespel.

               Vind hierdie rekord en korrigeer die spelling.                           (1)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)      REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                                    13

5.2     Navorsing oor tablette se spesifikasies en werkverrigting is deur die RTT
        onderwyser gedoen.

        Maak die Q5Favourite_Gunsteling-tabel oop.

        Die meeste tablette gebruik ŉ Androidbedryfstelsel (‘operating system’)
        van weergawe 2 tot 4.2.

        Skep ŉ navraag met die naam Q5Androids om al die tablette wat enige
        weergawe van die Android bedryfstelsel gebruik, te vertoon.                        (2)

5.3     Maak die Device Info-navraag oop.

           Verander die navraag sodat die al die toestelle waarvan die huidige
            waarde (‘Current Value’) meer as R10 000 is, vertoon.                          (1)

           Vertoon slegs die volgende velde: ‘Name of Tab’, ‘Storage’, ‘Screen
            Size’ en ‘Current Value’.                                                      (1)

           Sorteer die navraag volgens die Screen Size-veld in dalende orde.              (1)

        Stoor die navraag as Q5Modified maak toe.                                          (1)

5.4     Maak die Q5Tabs Query-navraag oop.

        ŉ Deposito van 20 persent word verlang vir elke aankope wat gemaak
        word. Voeg ŉ berekende veld in wat die 20 persent- deposito van elke
        aankoop sal bereken en vertoon. Noem die berekende veld ‘Deposit’.                 (4)

5.5     Maak die Q5Signals_Seine-vorm (‘form’), wat gebaseer is op die
        Favourite_Gunsteling-tabel, oop. Verander die vorm soos volg:

        5.5.1    Verwyder die Operating system-veld aangesien dit nie langer
                 benodig word nie.                                                         (1)

        5.5.2    Voeg die datum as ŉ veld (‘field’) in die vorm-onderskrif (‘form
                 footer’) in.                                                              (2)

        5.5.3    Die ‘Connectivity_Konneksie’-veld verskyn nie tans in die vorm
                 nie. Voeg ŉ aftuimel-lys (‘List Box’) vir die
                 ‘Connectivity_Konneksie’-veld in wat die volgende keuses
                 insluit: Wi-Fi, 3G en LTE. Voeg ‘n geskikte etiket (‘label’) vir die
                 aftuimel-lys by.                                                          (4)

        Die formaat van die etiket moet dieselfde lyk as die ander etikette op die
        vorm.                                                                              (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                      REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                (EC/SEPTEMBER 2015)

5.6    Maak die Favourite_Gunsteling-verslag oop en verander dit soos volg:

       5.6.1     Verander die papiergrootte (‘paper size’) van die verslag na
                 ‘letter’.                                                                 (1)

       5.6.2     Voeg bladsynommers in die Verslag-onderskrif (‘Report Footer‘)
                 in.                                                                       (3)

       5.6.3     Voeg die datum langs die opskrif in die Verslag-boskrif (‘Report
                 Header’) in. Maak seker die formaat is ‘page N of M’ en is
                 geposinieer aan die regterkant van die verslag.                           (1)

       5.6.4     Voeg ŉ toepaslike funksie met ŉ toepaslike byskrif in om die
                 totale aantal tablette aan te toon.                                       (3)

       5.6.5     Verander die fontkleur van die opskrif in die Verslag-boskrif
                 (‘Report Header’) na blou.                                                (1)

       Stoor en maak die Q5 tablet-databasis toe.                                     [40]

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)     REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                                    15

 VRAAG 6

 Jy moet die persoon wat die onderstaande webblad geskep het help om dit te
 voltooi. Jou opdrag is om die uitleg van die webblad te redigeer sodat dit
 leesbaar sal wees.

 Maak die Q6_Techno.html-lêer oop en voer die instruksies hieronder
 aangedui uit. Gebruik die applikasieprogram Notepad om die webblad te
 redigeer.

 Jy mag die ‘HTML Tag Sheet’ wat vir hierdie vraag voorsien word, gebruik.

 6.1    Voeg die titel, “Tablets on wheels”, van die webblad in.                          (1)

 6.2    Korrigeer die prentmerker (‘image tag’) sodat die prent korrek vertoon.
        Maak seker dat die prent aan die regterkant vertoon. Verander die
        hoogte en wydte van die prent na 100.                                             (4)

 6.3    Verander die paragraafmerker (‘paragraph tag’) in “Contact Details”
        sodat dit ŉ vlak 1 opskrif word.                                                  (1)

 6.4    Formateer die opskrif “Address” sodat dit in vetdruk (‘bold’) vertoon.            (1)

 6.5    Gebruik ŉ toepaslike merker om die skryfstyl (‘font’) van die opskrif
        “Directions” na Algerian te formateer. Verander die fontkleur na rooi.            (3)

 6.6    Plaas die name onder die woorde “Names of tablets” in ‘n kolpuntlys
        (‘unordered list’) met vierkantige kolpunte.                                      (4)

 6.7    ‘n Tabel is geskep maar dit vertoon nie korrek nie. Gebruik toepaslike
        merkers om al die “shipment information” korrek in die tabel te plaas.
        Die tabel moet soos volg vertoon:                                                 (3)

        Redigeer die tabel soos volg:

        6.7.1     Verander die dikte van die raam na 5.                                   (1)

        6.7.2     Die spasie tussen die selrame en die teks moet op 8 gestel
                  word.                                                                   (1)

 6.8    Gebruik die prent “Tablets-v-textbooks.jpg” om ŉ hiperskakel
        (‘hyperlink’) na die woord “e-Books” onder die tabel in te voeg.                  (3)

 Stoor en maak die Q6_Techno.html-dokument toe.                                          [22]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                      REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                 (EC/SEPTEMBER 2015)

 VRAAG 7

 Jou onderwyser het ŉ lêergids genaamd Q7MyFile geskep en het hulp nodig om
 die lêers en sublêergidse in dié lêergids te organiseer.

 Voeg jou Naam en Van in die kopskrif (‘header’) van die
 Q7Answersheet_Antwoordblad in.

 7.1      Skep ŉ sub-lêergids genaamd “Music” in die Q7MyFile-lêergids.                 (1)

 7.2      Skuif (‘move’) al die MP3-lêers na die Music-sub-lêergids.                    (1)

 7.3      Vind die kleinste lêer in die Q7MyFile-lêergids. Skryf jou antwoord in
          die Q7Answersheet_Antwoordblad.                                               (1)

 7.4      Beskerm (‘protect’) die lêer Selfie sodat die lêer nie oopgemaak kan
          word sonder die wagwoord #Self12 nie.                                         (2)

 7.5      Skakel (‘convert’) die Tablets for sale-lêer om na ŉ pdf-lêer en
          verwyder die oorspronklike lêer.                                              (2)

 7.6      Maak die sigblad-lêer (‘spreadsheet file’) Staff_Personeel oop. Kopieer
          (‘copy’) die grafiek na die Q7Answersheet_Antwoordblad en maak
          seker dat dit kan opdateer (‘update’) indien enige veranderinge aan die
          grafiek gemaak word.                                                          (2)

 7.7      Pers (‘compress’) die lêer Ultimate 7 saam en herbenoem dit as
          Q7Compress.                                                                   (2)

 7.8      Sorteer die lêers en lêergidse in die Q7MyFile-lêergids volgens grootte
          (van groot na klein). Maak ŉ skermkopie van die gesorteerde lêers en
          plak (‘paste’) dit in die spasie wat daarvoor gelaat is in die
          Q7Answersheet_Antwoordblad.                                                   (2)

 7.9      Verander die lêer-eienskappe (‘properties’) van die lêer
          Q7Answersheet_Antwoordblad deur jou naam as die skrywer
          (‘author’) in te voeg.                                                        (1)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)     REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                                   17

7.10      Die Q7SubjectChoice_Vakkeuse-brief moet aan Sannie du Plessis in
          graad 9 se ouers gepos word aangesien hulle nie die inligtingsaand
          kon bywoon nie.

          Skep (‘create’) ŉ koevert in die Q7SubjectChoice_Vakkeuse
          dokument en gebruik die inligting soos vertoon in die voorbeeld
          hieronder:

          Afleweringsadres:

          Mr & Mrs du Plessis
          101 Ninon Court
          Sunnyside
          0002

          Terugsendingsadres:

          The Principal
          Hellen High School
          P.O. Box 909
          Pretoria
          0001

          Stoor die veranderinge en maak die lêer toe.                                    (4)
                                                                                         [18]

                                                                       TOTAAL:           180

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)           REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                                                            18

                      Basic Tags                                                    Formatting
             Tag               Description                             Tag                           Description
                      Defines the body of the              <p></p>                       Creates a new paragraph
<body></body>
                      webpage
<body bgcolor="pink"> Sets the background color of                                       Aligns a paragraph to the left (default),
                                                           <p align="left">
                      the web page                                                       can also be right, or center
<body text="black">   Sets the colour of the body          <br/>                         Inserts a line break
                      text
                      Contains information about           <ol></ol>                     Creates a numbered list
<head></head>
                      the document
                      Creates an HTML document             <ol type="A","a",             Defines the type of numbering used
<html></html>
                      - starts and end a web page          "I","I","1"></ol>
<title></title>       Defines a title for the              <ul></ul>                     Creates a bulleted list
                      document
<!-- -->              Comment                              <ul type="disc",        Defines the type of bullets used
                                                           "square","circle"></ul>
                      Text Tags                                                    <li></li>
             Tag                   Description             <imgsrc="name">         Adds an image
                            Creates the largest heading    <img src="name"         Aligns an image: can be left, right,
<hl></hl>
                                                           align="left">           center; bottom, top, middle
                            Creates the smallest heading   <img src="name"         Sets size of border around an image
<h6></h6>
                                                           border="1">
<b></b>                     Creates bold text              <img src="name"
                                                           width="200" height      Sets the height and width of an image
                                                           ="200">
<i></i>                     Creates italic text            <img src="name"         Displays alternative text when the
                                                           alt="alternative text"> mouse hovers over the image
<font                 Sets size of font, from 1 to 7       <hr/>                   Inserts a horizontal line
size="3"></font>
<font                                                      <hr size="3"/>                Sets size (height) of line
                      Sets font color
color="green"></font>
<font face="Times New                                                                    Sets width of line, in percentage or
                      Sets font type                       <hr width="80%"/>
Roman"></font>                                                                           absolute value

Kopiereg voorbehou                                                                              Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                         REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                                          19

                      Links                                                           Tables
         Tag                     Description             Tag                            Description
<a                                                       <table></table>                Creates a table
                          Creates a hyperlink
href="URL"></a>
<a                                                       <tr></tr>                      Creates a row in a table
href="URL"><img           Creates an image link
src="URL"></a>
<a                                                       <td></td>                      Creates acell in a table
                          Creates a target location
name="NAME"></a>
                          Links to a target location                                    Creates a table header (a cell with
<a
                          created somewhere else in      <th></th>                      common bold, centered text)
href="#NAME"></a>
                          the document
                                                                                 Sets the width of the border around the
                                                         <table border="1">
                                                                                 table cells
                                                         <table cellspacing="1"> Sets the space between the table cells
                                                         <table cellpadding="1"> Sets the space between a cell’s border
                                                                                 and its contents
                                                         <table width="50">      Sets width of table
                                                                                 Sets alignment for cell(s) (left, can
                                                         <tr align="left">
                                                                                 also be center, or right)
                                                                                 Sets vertical alignment for cell(s) (top,
                                                         <tr valign="top">
                                                                                 can also be middle, or bottom)
                                                                                 Sets number of columns a cell should
                                                         <td colspan="2">
                                                                                 span

Kopiereg voorbehou                                                                             Blaai om asseblief

## Related documents

- [CAT P1 SEPTEMBER 2015 ERRATA](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-september-2015-errata/4afc69af-514d-4061-bc09-01a17d1bf421) — Computer Applications Technology · Errata · 2015
- [CAT P1 GR12 MEMO SEPT 2015 AFR](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-gr12-memo-sept-2015-afr/e7b20f60-c3b1-44da-aa1e-3bc6f06b937d) — Computer Applications Technology · Memo · 2015 · Afr
- [CATN P2 QP GR12 SEP 2015 ENG](https://www.hlayiso.com/library/catn-p2-qp-gr12-sep-2015-eng/bfe48905-890c-4308-ad92-55c195962a85) — Computer Applications Technology · QP · 2015 · Eng
- [CAT P1 June July 2015 Afr](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-june-july-2015-afr/67e7c672-7961-430c-8360-5aa92c095466) — Computer Applications Technology · QP · 2015 · Afr
- [CAT P1 Nov 2015 Afr](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-nov-2015-afr-2/fb9bde27-0b37-4918-9601-b73cffc8a81d) — Computer Applications Technology · QP · 2015 · Afr
- [CAT P1 QP GR12 SEPT 2022 English](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-qp-gr12-sept-2022-english/2c41f16c-52dc-4d98-a4a4-e3296512bace) — Computer Applications Technology · QP · 2022 · Eng

## More from Grade 12 Computer Applications Technology

- [CAT P1 MEMO GR12 SEPT 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-memo-gr12-sept-2025-eng-watermark/9df1288f-0f95-46d9-8231-26c401ed1a1b) — Memo · 2025 · Eng
- [CAT P2 GR12 MEMO September 2025 - AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr12-memo-september-2025-afr-watermark/3e182b7b-5d5f-4afc-b54c-b286289512f6) — Memo · 2025 · Afr
- [Computer Applications Technology P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-applications-technology-p1-may-june-2025-mg-eng/8beb5c31-24fa-4cf4-b90c-aedcc234a4dd) — Memo · 2025 · Eng
- [CAT P1 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-memo-gr12-sept-2024-english/91df7fb9-ea6b-4fed-8f93-a1466ec697c3) — Memo · 2024 · Eng
- [Computer Applications Technology P2 May-June 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-computer-applications-technology-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-2-english/a32bb637-25b5-4469-8be9-e72527e65d8a) — Memo · 2024 · Eng
- [Computer Applications Technology P1 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-applications-technology-p1-nov-2023-eng/60311585-04c7-46dc-bcf6-87da09dc1ea5) — QP · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
