# Computer Applications Technology Grade 11 P2 2012 QP (Afr)

> Grade 11 Computer Applications Technology Paper 2 question paper from the Eastern Cape November 2012 (Afrikaans). Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/catn-p2-n12-qp-afr/3a67fac4-3597-45c6-ac85-b87a26c83e02
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Computer Applications Technology
- Grade: Grade 11
- Document type: Question paper
- Year: 2012
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 11

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Computer Applications Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/computer-applications-technology) › [Computer Applications Technology Grade 11 P2 2012 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/catn-p2-n12-qp-afr/3a67fac4-3597-45c6-ac85-b87a26c83e02)

## About this document

Computer Applications Technology · Grade 11 · Eastern Cape November · 2012. Question paper, 11 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                  Province of the
                  EASTERN CAPE
                  EDUCATION

                         NASIONALE
                     SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 11

                       NOVEMBER 2012

       REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

                            *CATDM2*

                   Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                    REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                 (NOVEMBER 2012)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Hierdie vraestel bevat ŉ AFDELING A en ŉ AFDELING B.

2.   Beantwoord AL die vrae.

3.   Lees AL die vrae sorgvuldig deur.

4.   Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

5.   Nommer die antwoorde volgens die nommerstelsel wat in hierdie vraestel
     gebruik word.

6.   Skryf netjies en leesbaar.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2012)          REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                            3

 AFDELING A

 VRAAG 1

 Verskeie opsies word beskikbaar gestel as moontlike antwoorde op die volgende
 vrae. Kies die mees korrekte antwoord en skryf NET die letter (A – D) neer langs
 die vraagnommer (1.1 – 1.10) in die ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld 1.11 E.

 1.1    Watter EEN van die volgende is NIE ŉ koordlose konneksie nie?

        A         Firewire
        B         Bluetooth
        C         WiFi
        D         Infrarooi                                                          (1)

 1.2    Watter EEN van die volgende is NIE ŉ stoorapparaat nie?

        A         Hardeskyf
        B         Geheuekaart
        C         SVE
        D         Vlugskyf                                                           (1)

 1.3    Watter EEN van die volgende word NIE direk verbind met epos nie?

        A         Bcc
        B         Adresboek
        C         Possamesmelting
        D         Aanhegsel                                                          (1)

 1.4    ŉ Webtuiste se adres staan ook bekend as watter EEN van die volgende?

        A         http
        B         www
        C         html
        D         URL                                                                (1)

 1.5    Watter EEN van die volgende is NIE ŉ voorbeeld van ŉ bedryfstelsel nie?

        A         Android
        B         Pastel
        C         Linux
        D         Palm OS                                                            (1)

 1.6    ŉ Lêeruitbreiding wat gebruik word om ŉ lêer aan te dui waarvan die inhoud
        nie verander kan word nie.

        A         PDF
        B         EXE
        C         ZIP
        D         BAT                                                                (1)

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                      REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                   (NOVEMBER 2012)

 1.7   ŉ Kortpad om ŉ webtuiste te verfris:

       A        F1
       B        F5
       C        F4
       D        F8                                                                     (1)

 1.8   Watter EEN van die volgende behoort NIE logies by die ander nie?

       A        Stipper
       B        Dataprojektor
       C        Stilus
       D        Luidsprekers                                                           (1)

 1.9   Watter komponent van ŉ databasis is spesiaal ontwerp vir data wat gedruk
       moet word?

       A        Tabel
       B        Navraag
       C        Vorm
       D        Verslag                                                                (1)

1.10   Watter EEN van die volgende word NIE direk verbind met sigblaaie nie?

       A        Sel
       B        Toevoermasker
       C        Werkblad
       D        Absolute selverwysing                                                  (1)
                                                                                      [10]

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2012)         REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                          5

 VRAAG 2

 Kies ŉ term/konsep vanuit KOLOM B wat die beste by die beskrywing in KOLOM A
 pas. Skryf net die letter (A – O) langs die vraagnommer neer in jou
 ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld: 2.11 P

                             KOLOM A                              KOLOM B
 2.1    ŉ Lêer-formaat wat met klank verbind word            A   USB
 2.2    ŉ Battery-aangedrewe, draagbare leestoestel met      B   Defragmentasie
        ŉ skerm wat nie lig reflekteer nie.
 2.3    Klein tekslêer wat deur ŉ webtuiste op jou           C   Klembord
        rekenaar geskep word
 2.4    ŉ Interaktiewe dialoog wat jou help om ŉ taak te     D   Wizards
        voltooi deur vrae te vra.
 2.5    ŉ Poort wat „plug-and-play’ is waaraan meeste        E   BIOS
        moderne drukkers gekoppel word.
 2.6    ŉ Reeks strepies wat ŉ unieke nommer                 F   Wagwoord
        identifiseer.
 2.7    ŉ Tipe koordlose konneksie                           G   MP3
 2.8    ŉ Geheime kombinasie van karakters verbind tot ŉ     H   Bluetooth
        gebruikersnaam.
 2.9    Proses van hardeware toets wanneer die stelsel       I   POST
        aangeskakel word.
 2.10   Tydelike stoorplek vir inligting wat jy in ŉ ander   J   Sekondêre
        program wil plak.
                                                             K   Cookie
                                                             L   FAQ
                                                             M   e-boekleser
                                                             N   Strepieskode
                                                             O   IDV              [10]

                                                             TOTAAL AFDELING A:   20

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                      REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                     (NOVEMBER 2012)

AFDELING B

Lees die volgende scenario sorgvuldig deur omdat die vrae wat daarop volg
daarop gebaseer is.

SCENARIO

Jou buurman, Richie, begin sy eie reisagentskap. Hy wil graag al die administrasie
van die agentskap elektronies op rekenaars doen. Hy het gevra dat jy hom help met
enige tegniese raad. Hy het alreeds vyf rekenaars gekoop en in die kantore
opgestel. Die rekenaars is ook alreeds gekoppel aan ŉ netwerk.

Hy wil graag hê dat jy die administrasie op die rekenaars seepglad laat verloop deur
hom te wys hoe die rekenaars, netwerk en internet werk. Jou rekenaar-ervaring sal
baie belangrik wees om die besigheid suksesvol van die grond af te kry.

VRAAG 3

Richie wil graag ŉ skootrekenaar vir homself koop. Help hom om sin te maak van
die volgende spesifikasies wat hy vanaf ŉ IT tegnikus gekry het:

                               SKOOTREKENAAR

                          Intel dual core i5 3.1Ghz
                          4 GB RAM
                          640GB Hardeskyf
                          Dubbellaag DVD skrywer
                          Windows 7 Home Premium 64 bit
                          15.6” LCD-monitor
                          8-in-1 geheuekaartleser
                          Geïntegreerde WLAN en grafika
                          1 jaar terrein waarborg

3.1   Richie reis gereeld en wil dus ŉ skootrekenaar koop om te gebruik terwyl hy
      weg is van die kantoor af.

      Noem TWEE redes hoekom ŉ skootrekenaar ŉ beter opsie as ŉ gewone
      lessenaarrekenaar vir hom sou wees.                                                (2)

3.2   Richie moet ook nadele van ŉ skootrekenaar in gedagte hou.

      Lys TWEE moontlike nadele verbonde aan die koop en gebruik van ŉ
      skootrekenaar.                                                                     (2)

3.3   Die skootrekenaar in die advertensie is gelys as ŉ “dual core” SVE.

      Verduidelik die term “dual core” SVE.                                              (2)

3.4   Verduidelik waarvoor die 15.6” spesifikasie in die advertensie staan en
      verduidelik aan Richie hoe hy dit kan verifieer.                                   (2)

3.5   Die rekenaar het Microsoft Windows as ŉ bedryfstelsel. Wat is die grootste
      verskil tussen ŉ bedryfstelsel soos Microsoft Windows en ŉ Linux-
      bedryfstelsel soos Ubuntu?                                                         (1)

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2012)          REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                              7

 3.6    Richie moet ŉ nuwe inkspuitdrukker koop. Verduidelik hoe hy elk van die
        volgende op die drukker sou bepaal:

        3.6.1     Die spoed van die drukker                                            (1)

        3.6.2     Die kwaliteit van die drukstuk                                       (1)

 3.7    Richie sou graag wil gebruik maak van hervulde inkhouers op die drukker.

        3.7.1     Noem TWEE moontlike nadele verbonde aan die gebruik van
                  hervulde inkhouers om plakkate te druk vir die besigheid.            (2)

        3.7.2     Noem TWEE voordele verbonde aan die gebruik van hervulde
                  inkhouers.                                                           (2)

 3.8    Richie is baie opgewonde om te sien dat die skootrekenaar ŉ geïntegreerde
        grafika kaart in die spesifikasies het.

        Noem EEN voordeel daarvan om dit in die skootrekenaar te hê.                   (1)

 3.9    Die skootrekenaar bevat ŉ 8-in-1 geheuekaartleser.

        Wat is die doel van ŉ geheuekaartleser?                                        (1)

 3.10   Richie het ŉ paar probleme met een van die rekenaars. Dit werk heelwat
        stadiger as gewoonlik.

        3.10.1    ŉ Vriend het voorgestel dat Richie die spoed kan verbeter deur die
                  rekenaar daagliks te defragmenteer om meer hardeskyfspasie oop
                  te maak.
                  Lewe kritiese kommentaar rakende hierdie advies deur
                  defragmentasie te definieer.                                         (3)

        3.10.2    Sou dit nodig wees dat hy sy CD‟s en DVD‟s defragmenteer?
                  Motiveer jou antwoord.                                               (2)

        3.10.3    Die hardeskyf op sy rekenaar het begin vol raak.

                  Noem DRIE maniere hoe Richie hardeskyf spasie kan oopmaak.           (3)

 3.11   Richie wil graag sy slimfoon gebruik vir meer as net gewone oproepe.

        3.11.1    Noem TWEE voordele verbonde aan die stuur van data soos foto‟s
                  met Bluetooth in plaas van infrarooi.                                (2)

        3.11.2    Noem TWEE eienskappe wat gewoonlik beskikbaar is op ŉ
                  slimfoon.                                                            (2)

        3.11.3    Noem ŉ voorbeeld van ŉ bedryfstelsel wat gebruik word op ŉ
                  slimfoon.                                                            (1)

        3.11.4    ŉ Slimfoon is ŉ kombinasie van watter twee toestelle?                (2)

 3.12   Jy het gevra dat Richie ontslae raak van al sy „e-scrap‟.

        Wat beteken die term „e-scrap‟ of e-gemors?                                     (2)
                                                                                       [34]

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                      REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                        (NOVEMBER 2012)

VRAAG 4

4.1   Die skootrekenaar wat Richie wil koop het ŉ geïntegreerde WLAN.

      4.1.1    Wat is die verskil tussen ŉ LAN en ŉ WLAN?                                   (1)

      4.1.2    Noem EEN voordeel van ŉ WLAN.                                                (1)

      4.1.3    Wat is die voordeel daarvan dat die toestel integreer is?                    (1)

4.2   Richie het al die rekenaars gekonnekteer aan ŉ netwerk.

      Noem TWEE voordele verbonde aan ŉ netwerk in ŉ kantoor.                               (2)

4.3   Siende dat al die rekenaars aan die netwerk gekoppel is, is Richie baie
      bekommerd oor virusse wat oor die rekenaars versprei.

      4.3.1    Verduidelik wat ŉ rekenaar-virus is.                                         (2)

      4.3.2    Noem TWEE maniere hoe ŉ virus die netwerk kan besmet.                        (2)

      4.3.3    Verduidelik aan Richie wat die term opdateer en virusdefinisies
               beteken deur te verwys na anti-virus sagteware.                              (2)

4.4   Richie het in ŉ rekenaartydskrif ŉ artikel gelees rakende rekenaarmisdaad.
      Die artikel handel spesifiek oor identiteitsdiefstal en datadiefstal.

      4.4.1    Verduidelik die verskil tussen identiteitsdiefstal en datadiefstal.          (2)

      4.4.2    Verduidelik kortliks EEN manier elk hoe Richie kan seker maak dat
               hierdie vorme van rekenaarmisdaad hom nie affekteer nie.                     (2)

4.5   Richie wil graag prentjies vanaf die internet gebruik in sy strooibiljette. Jy
      verduidelik aan hom dat dit kopieregte sal verbreek.

      4.5.1    Verduidelik wat die verskil is tussen plagiaat en verbreking van
               kopieregte.                                                                  (2)

      4.5.2    Noem EEN voordeel vir die eienaar van materiaal met ŉ kopiereg.              (1)

      4.5.3    Wat sal Richie moet doen om prentjies vanaf die internet te gebruik
               in sy strooibiljette?                                                        (2)

4.6   Een van Richie se vriende het hom gewaarsku oor RSI omdat Richie soveel
      tyd voor die rekenaar spandeer.

      4.6.1    Wat is RSI? (Moet NIE net die afkorting uitskryf nie!)                       (2)

      4.6.2    Beskryf TWEE maniere hoe hy RSI sou kon voorkom.                             (2)
                                                                                           [24]

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2012)             REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                            9

 VRAAG 5

 5.1    Jy stel voor dat Richie al sy banksake oor die internet behartig.

        5.1.1     Noem TWEE voordele verbonde aan internetbankdienste.                  (2)

        5.1.2     Lys TWEE maniere hoe die bank ŉ kliënt se besonderhede sou
                  beskerm terwyl aanlyn-banksake behartig word.                         (2)

 5.2    Richie het onlangs ŉ artikel oor die gevare van phishing gelees.

        5.2.1     Verduidelik wat met die term phishing bedoel word.                    (2)

        5.2.2     Beskryf TWEE maniere hoe jy seker kan maak dat jy nie ŉ slagoffer
                  van phishing word nie.                                                (2)

 5.3    Richie moet kort belangrike boodskappe na sy kliënte stuur op kort
        kennisgewing.

        Noem TWEE maniere hoe Richie dit kan doen deur gebruik te maak van
        moderne kommunikasie-tegnologie.                                                (2)

 5.4    Richie het die volgende e-pos ontvang:

                        To…      pat@xmail.co.za
                        Cc…      bart@dmail.com
                       
                       Bcc…
                       Subject:
                       Attach:
                                      beste_reisagentskap.flv (16 MB)
                       HI

                       SIEN ASB DIE AANGEHEGDE VIDIO.

                       BESTE WENCE
                       GRANT

        5.4.1     Identifiseer TWEE netiket-riglyne wat ignoreer is.                    (2)

        5.4.2     Verduidelik die verskil tussen ŉ adres in die Cc-veld en as die
                  adres sou verskuif word na die Bcc-veld.                              (2)

 5.5    Wat sou die volgende ikone in ŉ e-pos program aandui?

        5.5.1
                                                                                        (1)

        5.5.2
                                                                                        (1)

 5.6    Richie wil graag aan die internet gekoppel wees terwyl hy deur die land reis.
        Jy stel voor dat hy ŉ 3G-konneksie gebruik vir hierdie doel.

        5.6.1     Wat is die verskil tussen 3G en Wi-Fi?                                (2)

        5.6.2     Noem TWEE nadele verbonde aan die gebruik van 3G.                     (2)

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                    REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                     (NOVEMBER 2012)

5.7   Motiveer die rede vir die gebruik van ŉ brandmuur deur na die funksie
      daarvan te verwys.                                                                (2)

5.8   Gee TWEE moontlike redes waarom ŉ brandmuur ŉ epos aanhegsel sou
      weier.                                                                            (2)

5.9   Jy stel voor dat Richie sy aanhegsels na PDF-formaat verander voor hy dit
      per epos stuur.

      Noem TWEE voordele verbonde aan die gebruik van PDF vir aanhegsels.               (2)
                                                                                       [26]
VRAAG 6

6.1   Richard moet belê in nuwe sagteware vir die rekenaars. Een opsie is om
      sagteware te leen vanaf sy vriend en dit op sy rekenaars te installeer.

      6.1.1    Jy verduidelik aan hom dat dit onwettig is. Watter tipe
               rekenaarmisdaad is hierdie?                                              (1)

      6.1.2    Jy stel voor dat hy eerder oopbron-sagteware gebruik.

               Noem TWEE eienskappe wat oopbron-sagteware sou onderskei
               vanaf normale “proprietary”-sagteware.                                   (2)

      6.1.3    Noem TWEE tipes lisensie-ooreenkomste wat Richie sou kon
               gebruik in sy besigheid en verduidelik die implikasie van elkeen.        (4)

6.2   Richie benodig ŉ kantoorpakket wat op die rekenaars installeer moet word.

      6.2.1    Wat beteken die term kantoorpakket (office suite)?                       (2)

      6.2.2    Noem TWEE voordele verbonde aan die installeer van ŉ
               kantoorpakket in plaas van aparte programme.                             (2)

6.3   Lys TWEE redes hoekom dit moeilik is om meeste rekenaarmisdaad op te
      spoor en te voorkom.                                                              (2)

6.4   Richie het ŉ handleiding op papier wat hy graag as ŉ dokument op sy
      rekenaar wou gebruik. Jy verduidelik aan hom dat hy OKH-sagteware kon
      gebruik.

      Verduidelik aan hom wat OKH-sagteware is deur na die funksie te verwys.           (2)

6.5   Richie het sagteware gesien op die internet wat hy wil aflaai en gebruik.
      Voordat hy dit doen wil hy eers graag weet wat elk van die volgende
      beteken:

      6.5.1    „Shareware‟                                                              (2)

      6.5.2    „Malware‟                                                                (2)

      6.5.3    „Adware‟                                                                 (2)
                                                                                       [21]

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2012)           REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                               11

 VRAAG 7
 7.1    Richie benodig ŉ besigheidsplan op ŉ woordverwerker vir sy bank.
        7.1.1     Noem TWEE stappe wat hy moet neem voordat hy ŉ outomatiese
                  inhoudsopgawe sal kan maak.                                            (2)
        7.1.2     Wat beteken die term teksomvouing.                                     (1)
        7.1.3     Gee TWEE redes waarom dit goeie praktyk sou wees om altyd die
                  “Print Preview” opsie te gebruik voordat jy die dokument druk.         (2)
        7.1.4     Richie sou graag die sleutelwoorde in die opskrif gebruik om na
                  spesifieke plekke in die besigheidsplan te gaan.
                  Watter TWEE items moet hy skep of gebruik in die
                  woordverwerkingsdokument om dit te kan doen?                           (2)
        7.1.5     Verduidelik kortliks hoe jy sou keer dat iemand die inligting in die
                  dokument verander.                                                     (1)
 7.2    Richie sou graag meer wou weet oor die gebruik van sigblaaie en
        databasisse voor hy die sagteware aanskaf.
        7.2.1     Noem TWEE voordele verbonde aan die gebruik van sigblaaie in
                  plaas van databasisse om data te stoor.                                (2)
        7.2.2     Noem TWEE funksies/items in ŉ databasis soos ŉ tabel en
                  verduidelik die funksie van elk.                                       (4)
 7.3    Richie het die volgende foutboodskappe op sy sigblad. Verduidelik aan hom
        wat elkeen van die volgende foutboodskappe beteken.
        7.3.1     ######                                                                 (1)
        7.3.2     #REF!                                                                  (1)
        7.3.3     #VALUE                                                                 (1)
        7.3.4     #NAME?                                                                 (1)
 7.4    Bestudeer die volgende databasis tabel wat informasie van Richie se kliënte
        stoor.
                                         Naam van
                          Gas            kompleks        Kontaknommer
                          BOTHA A        HAYDE PARK           825648695
                          DE WET H       HAYDE PARK           725698452
        7.4.1     Hoekom verdwyn die nul voor die kontaknommer wanneer Richie ŉ
                  kontaknommer byvoeg?                                                   (1)
        7.4.2     Beskryf ŉ moontlike oplossing tot die vorige vraag.                    (1)
        7.4.3     Noem TWEE moontlike probleme wat mag plaasvind indien die
                  kliënt se van en voorletters in dieselfde veld geplaas word.           (2)
        7.4.4     Noem EEN rede hoekom ŉ vorm sou gebruik word om data in te
                  lees in plaas van die data direk in die databasis tabel in te tik.     (1)
        7.4.5     Verduidelik aan Richie wat die verskil is tussen ŉ veld en ŉ rekord
                  in ŉ databasis.                                                         (2)
                                                                                         [25]
                                                               TOTAAL AFDELING B:        130
                                                                      GROOTTOTAAL:       150

## Related documents

- [CATN P2 N12 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/catn-p2-n12-qp-eng/557b4456-5269-4bc9-83d8-4075ac35a13b) — Computer Applications Technology · QP · 2012 · Eng
- [CATN P2 N12 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/catn-p2-n12-memo-afr/e12ec202-d8c1-4464-b146-75a83f367aed) — Computer Applications Technology · Memo · 2012 · Afr
- [CATN P2 N12 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/catn-p2-n12-memo-eng/d1206b6c-26db-483a-81d2-9ce3525d325f) — Computer Applications Technology · Memo · 2012 · Eng
- [CAT-P1-ENG-NOV 2012](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-eng-nov-2012/b8c0c5bc-52d3-4656-8ee0-deb34b011929) — Computer Applications Technology · QP · 2012 · Eng
- [CAT P2 GR11 QP NOV2020 AFR D](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr11-qp-nov2020-afr-d/0ec6b16d-dc23-4024-b53b-6e5e3c1b60ae) — Computer Applications Technology · QP · 2020 · Afr
- [CAT P2 GR11 QP NOVEMBER 2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr11-qp-november-2020-afrikaans/01474032-6740-4c7d-8925-fea952164b70) — Computer Applications Technology · QP · 2020 · Afr

## More from Grade 11 Computer Applications Technology

- [CAT Grade 11 Teacher's Guide v2](https://www.hlayiso.com/library/cat-grade-11-teacher-s-guide-v2/60db7f6c-ce96-4df2-a9d1-f5b6025c8386) — Guide
- [Gr11 CAT Practical LB print 20-9-19](https://www.hlayiso.com/library/gr11-cat-practical-lb-print-20-9-19/07dcc91e-6e6d-4426-af23-33bd059dee2f) — Textbook
- [Gr11 CAT Practical LB web 20-9-19](https://www.hlayiso.com/library/gr11-cat-practical-lb-web-20-9-19/53763877-ca8b-4e6f-a0b4-5472a940eac2) — Textbook
- [Gr11-CAT-TG-Study-Guide LR](https://www.hlayiso.com/library/gr11-cat-tg-study-guide-lr/fc7c0458-b409-4945-b66a-1e47960bd705) — Guide
- [Gr11 CAT Theory LB print 19-11-19](https://www.hlayiso.com/library/gr11-cat-theory-lb-print-19-11-19/9605fb7a-c0fc-44fb-bf73-5bc54e1e618e) — Textbook
- [Grade 11 CAT P1 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-computer-applications-technology-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-1/8a3c3969-ca01-4da6-9be4-1094d1e89751) — Memo · 2026 · Eng

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
