# Computer Applications Technology Grade 12 P2 2015 QP (Afr)

> Grade 12 Computer Applications Technology Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2015 (Afrikaans). Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/catn-p2-qp-gr12-sep-2015-afr/0b7248a5-f81b-48cd-940b-96b119482656
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Computer Applications Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2015
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Computer Applications Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/computer-applications-technology) › [Computer Applications Technology Grade 12 P2 2015 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/catn-p2-qp-gr12-sep-2015-afr/0b7248a5-f81b-48cd-940b-96b119482656)

## About this document

Computer Applications Technology · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2015. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                         NASIONALE
                     SENIOR SERTIFIKAAT

                              GRAAD 12

                      SEPTEMBER 2015

       REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

                              *CATDM2*

                   Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                     REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                (EC/SEPTEMBER 2015)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Hierdie vraestel bestaan uit:

      AFDELING A        (25 punte)
      AFDELING B        (75 punte)
      AFDELING C        (50 punte)

2.    Beantwoord AL die vrae.

3.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik word.

4.    Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

5.    MOENIE in die regterkantlyn skryf nie.

6.    Laat ŉ reël tussen elke subvraag oop.

7.    Oor die algemeen word een punt per feit toegeken. ŉ Vraag wat 2 punte tel
      vereis dus TWEE feite, ensovoorts.

8.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)           REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                                  3

AFDELING A
VRAAG 1: PAS-ITEMS
Kies ŉ term/konsep uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs
die letter (A–S) langs die vraagnommer (1.1–1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer,
byvoorbeeld 1.11 T.

                          KOLOM A                                           KOLOM B
1.1    ŉ Proses waardeur geografiese identifikasie metadata      A   Regstelling (‘Patches’)
       soos lengte- en breedtegraadkoördinate aan verskeie
       media geheg word
1.2    Die gebruik van rekenaarbronne op ŉ eko-vriendelike en    B   Koekie (‘Cookie’)
       effektiewe manier om die negatiewe impak op die
       omgewing tot die minimum te beperk
1.3    Sagteware wat jou in staat stel om dele van wat op die    C   Geo-etikketering
       skerm verskyn, vas te lê of te kopieer                        (‘Geo-tagging’)
1.4    ŉ Konsep waar werkers hulle eie mobiele toestelle, soos   D   Toeps (‘Apps’)
       slimfone, skootrekenaars en PDAs na die werkplek bring
       vir gebruik en konneksie
1.5    Sagteware wat ontwerp is vir gebruik in slimfone,         E   Oopbronprogramme
       tabletrekenaars en ander mobiele toestelle
1.6    ŉ Onwettige praktyk waardeur gebruikers na ŉ vreemde      F   Snipping tool
       of vals webtuiste geneem word wanneer hulle ŉ korrekte
       webadres in hul webblaaier intik
1.7    ŉ Opdatering om foute in ŉ program te herstel             G   Groenrekenisering
                                                                     (‘Green Computing’)
1.8    ŉ Tekslêer met inligting wat die gebruiker se voorkeure   H   F1
       en keuses aangaande ŉ spesifieke webtuiste bevat
1.9    Sagteware wat gratis gebruik en versprei mag word. en     I   Skimkaping
       waarvan die bronkode verander kan word indien nodig           (‘Pharming’)
1.10   ŉ Sleutel op die toetsbord wat gebruik word om hulp in    J   GIS
       toepassingsprogramme te verkry
                                                                 K   BYOD
                                                                 L   Strikroof (‘Phishing’)
                                                                 M   Shareware (‘Deel-
                                                                     programmatuur’)
                                                                 N   F3
                                                                 O   GPS
                                                                 P   Ergonomika
                                                                 Q   Paint
                                                                 R   Inpropprogram
                                                                     (‘Plug-in’)
                                                                 S   .txt
                                                                                    (10 x 1)        [10]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                     REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                  (EC/SEPTEMBER 2015)

VRAAG 2: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die
korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (2.1–2.10) in
die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 2.11 D.

2.1   Watter EEN van die volgende tipes lêers sal heelwaarskynlik hiperskakels bevat?

      A     .bmp
      B     .exe
      C     .html
      D     .avi                                                                              (1)

2.2   Watter EEN van die volgende kaarttipes is die geskikste om die verandering in
      die temperature in die loop van ŉ maand in Johannesburg aan te dui?

      A     ŉ Sirkelgrafiek
      B     ŉ Lyngrafiek
      C     ŉ Verspreidingsgrafiek
      D     ŉ Borrelgrafiek                                                                   (1)

2.3   Die volgende waardes word in ŉ sigblad aan die selle A1–A3: toegeken:
      A1 = 3, A2 = 6 en A3 = 9. Die volgende formule word in sel A4 ingetik:
      =SUM(A1:A3)/B1. Wat sal in sel A4 verskyn?

      A     #NUM!
      B     0
      C     #DIV/0!
      D     18                                                                                (1)

2.4   Watter EEN van die volgende is NIE ŉ voorbeeld van aanlynstoor NIE?

      A     Google Drive
      B     OLX
      C     Sky Drive
      D     Dropbox                                                                           (1)

2.5   Die proses waardeur toegang tot lêers bespoedig word deur die herrangskikking
      van dele van lêers op die harde skyf van ŉ rekenaar word ... genoem.

      A     disc cleanup
      B     defragmentasie
      C     tussentydse databuffering (‘spooling’)
      D     kompressie                                                                        (1)

2.6   Watter EEN van die volgende koordlose kommunikasie-tegnologieë het die
      kortste reikafstand?

      A     Wi-Fi
      B     LTE
      C     3G
      D     Bluetooth                                                                         (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2015)              REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                         5

2.7    Watter EEN van die volgende verwys na sagteware wat ontwerp is om foute reg te
       maak en nuwe eienskappe by programme te voeg?
       A       Opdateer
       B       Drywer
       C       Virus-definisies
       D       Wizards                                                                         (1)
2.8    Watter EEN van die volgende verwys na ŉ tipe webtuiste wat gebruikers toelaat om
       saam te werk om inligting op die webtuiste te skep, by te voeg, te skrap of te
       verander?
       A       Webinar
       B       Wiki
       C       RSS-voer
       D       Podgooi (‘podcast’)                                                             (1)
2.9    Watter EEN van die volgende poorte is die beste keuse om video’s vanaf ŉ video-
       kamera na ŉ rekenaar af te laai?
       A       PS2
       B       USB
       C       Parallel
       D       Firewire                                                                        (1)
2.10   Watter EEN van die volgende word NIE direk met sigblaaie geassosieer NIE?
       A       Input Mask
       B       Sel
       C       Werkblad
       D       Absolute seladressering                                                         (1)
                                                                                               [10
                                                                                                 ]

VRAAG 3: WAAR/VALS-ITEMS
Dui aan of die volgende stellings WAAR of VALS is. Kies die antwoord en skryf ‘waar’ of
‘vals’ langs die vraagnommer (3.1–3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. Korrigeer die
stelling indien dit VALS is. Verander die onderstreepte woord(e) om die stelling WAAR te
maak. (Jy mag nie bloot die woord ‘NIE’ gebruik om die stelling te verander nie.)
3.1    ŉ PDA is ŉ kleiner weergawe van ŉ tablet wat ook die eienskappe van ŉ slimfoon
       soos stemoproepe en SMS’e insluit.                                                      (1)
3.2    Bandwydte voorsien permanente, vinnige Internetkonneksie en is ideaal vir die
       vinnige aflaai van sagteware, foto’s, video’s en musiek.                                (1)
3.3    RSS is ŉ webvoer wat opgedateerde inhoud outomaties aan gebruikers voorsien.            (1)
3.4    Ruitnetwerkrekenarisering (‘Grid computing’) verwys na die samevoeging van
       hulpbronne soos programme en datastoring wat aangebied word as ŉ diens op die
       Internet.                                                                               (1)
3.5    ŉ Warmkol (‘Hotspot’) is ŉ koordlose netwerktegnologie wat gebruik word om
       rekenaars in ŉ koordlose netwerk of aan die Internet te verbind.                        (1)
                                                                                               [5]
                                                                 TOTAAL AFDELING A:            25

 Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
 6                     REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                    (EC/SEPTEMBER 2015)

AFDELING B
VRAAG 4: STELSELTEGNOLOGIEË
4.1   Die skoolbeheerliggaam van ŉ skool het besluit om rekenaars vir die
      rekenaarlaboratorium by die koshuis aan te koop.
      4.1.1    Jy stel voor dat hulle LED-monitors koop. Motiveer jou antwoord.                  (2)
      4.1.2    Sommige stel voor dat daar ook ŉ grafikakaart gekoop word.
               Wat is die funksie van ŉ grafikakaart?                                            (1)
4.2   Die skoolbeheerliggaam moet besluit of hulle gewone of koordlose sleutelborde en
      muise moet aankoop.
      Noem TWEE nadele van koordlose toestelle.                                                  (2)
4.3   Die Beheerliggaam besluit om gebruik te maak van biometriese toevoer om
      toegang tot die rekenaarlaboratorium te beheer.
      4.3.1    Wat is biometriese toevoer?                                                       (1)
      4.3.2    Noem TWEE metodes van biometriese toevoer wat hulle kan oorweeg.                  (2)
      4.3.3    Bespreek TWEE nadele verbonde van die gebruik van biometriese
               toevoer vir toegangsbeheer.                                                       (2)
4.4   Stoorkapasiteit is ŉ sleutelfaktor wanneer ŉ rekenaar aangekoop word.
      4.4.1    Noem TWEE maniere (behalwe wolkberging) waarop jy spasie op jou
               harde skyf kan spaar.                                                             (2)
      4.4.2    Wat is wolkberging?                                                               (1)
      4.4.3    Noem TWEE nadele van aanlynstoor.                                                 (2)
4.5   Die Beheerliggaam is geïnteresseerd in maniere waarop fisies gestremde leerders
      ook toegang tot rekenaars in die laboratorium kan hê.
      4.5.1    Verduidelik hoe stemherkenningsagteware gebruik kan word om fisies
               gestremde leerders te help.                                                       (1)
      4.5.2    Noem enige EEN toestel wat aangekoop kan word om gesiggestremde
               (blinde) leerders in die koshuis te help.                                         (1)
4.6   Ten einde ŉ rekenaar te laat funksioneer, is ŉ bedryfstelsel asook
      toepassingsagteware noodsaaklik.
      4.6.1    Noem TWEE funksies van ŉ bedryfstelsel.                                           (2)
      4.6.2    Webgebaseerde sagteware kan direk vanaf ŉ bedienerrekenaar op die
               Internet uitgevoer word.
               Noem TWEE voordele van webgebaseerde sagteware.                                   (2)
      4.6.3    Noem TWEE sagteware probleme wat die spoed van ŉ rekenaar kan
               verminder.                                                                        (2)

 Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)            REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                             7

4.7   Rekenaars maak soms van virtuele geheue gebruik.

      Verduidelik kortliks wat virtuele geheue is en wat die uitwerking daarvan op die
      werking van die rekenaar kan wees.                                                     (2)
                                                                                            [25]

VRAAG 5: INTERNET- EN NETWERKTEGNOLOGIEË

5.1   Noem TWEE voordele verbonde aan die koppeling van rekenaars in ŉ netwerk.               (2)

5.2   ŉ Lêerbediener is een van die basiese komponente van ŉ netwerk.

      Verduidelik die funksie van ŉ lêerbediener in ŉ netwerk.                                (1)

5.3   ŉ Rekenaarwinkel het die volgende pakket vir die skool vir ŉ Internetkoppeling
      via ADSL aangebied.

             4 Mbps/512 kbps onbeperkte (‘uncapped’) ADSL
             5 ure gratis Wi-Fi per maand by meer as 500 warmkolle (‘hotspots’)
             5 GB Wolkberging (‘Cloud storage’) rekening

      5.3.1     Verduidelik waarna die term onbeperk (‘uncapped) in die spesifikasie
                verwys.                                                                       (1)

      5.3.2     Waarom is videokonferensies ŉ baie duur metode van kommunikasie
                indien jy nie onbeperk (‘uncapped) Internetkonneksie het nie?                 (1)

5.4   Onderskei tussen ŉ “shaped” en ŉ “unshaped” Internetkonneksie.                          (2)

5.5   Indien rekenaars aan die Internet gekoppel is, verhoog dit die kanse van
      sekuriteitsprobleme, bv. opwipprogram (‘pop-ups’).

      5.5.1     Wat is ŉ opwipprogram (pop-up)?                                               (1)

      5.5.2     Waarom is dit raadsaam om opwipprogramme (‘pop-ups’) te blok?                 (1)

5.6   Alle groot banke bied aanlynbankdienste aan.

      5.6.1     Noem TWEE voordele van Internetbankdienste vergeleke met
                konvensionele bankdienste.                                                    (2)

      5.6.2     Noem EEN manier waarop banke hulle kliënte kan beskerm wanneer
                hulle van aanlynbankdienste gebruik maak.                                     (1)

5.7   Kasberging (‘Caching’) is een van die eienskappe wat help om die Web meer
      effektief te gebruik.

      5.7.1     Verduidelik kortliks wat kasberging (caching) is.                             (1)

      5.7.2     Noem TWEE van die belangrikste redes waarom web-kasberging (web
                cache) gebruik word.                                                         (2)
                                                                                            [15]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                     REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                     (EC/SEPTEMBER 2015)

 VRAAG 6: INLIGTINGSBESTUUR

 6.1   Die versameling van data is ŉ belangrike deel van inligtingsbestuur.

       6.1.1   Noem TWEE voordele verbonde aan die gebruik van
               aanlynmeningsopnames om inligting te versamel.                                    (2)

       6.1.2   Noem die mees gepaste toepassingsagteware om data, wat van ŉ
               meningsopname verkry is, te prosesseer. Motiveer jou antwoord.                    (2)

 6.2   Nie alle inligting wat versamel word, is noodwendig betroubaar nie.
       Noem TWEE redes waarom ŉ wiki nie as ŉ betroubare en gesaghebbende
       bron van inligting beskou kan word nie.                                                   (2)

 6.3   Waarna verwys die © simbool?                                                              (1)

 6.4   Noem EEN gewilde styl waarvolgens jou bibliografie geformateer kan word.                  (1)

 6.5   Een van die leerders het ŉ webtuiste besoek om inligting vir ŉ taak te verkry.

       Gee TWEE wenke oor hoe om na te gaan of inligting wat vanaf die Internet
       verkry is, feitelik korrek en betroubaar is.                                           (2)
                                                                                             [10]

 VRAAG 7: SOSIALE IMPLIKASIES

 7.1   Uitvissingsbedrog (Phishing) is nie net tot e-pos of die Internet beperk nie. Dit
       word ook as boodskappe na selfone gestuur.

       7.1.1   Verduidelik wat ŉ uitvissingsbedrog-poging is.                                    (1)

       7.1.2   Noem TWEE maniere waarop jy ŉ uitvissingsbedrog-poging kan
               identifiseer.                                                                     (2)

 7.2   Oor die algemeen, is die kopiëring van sagteware onwettig.
       Noem EEN geval waar jy egter toegelaat word om sagteware te kopieer.                      (1)

 7.3   Definieer die volgende Internetaanvalle:

       7.3.1   Sniffer attack                                                                    (1)

       7.3.2   DoS attack                                                                        (1)

 7.4   Verduidelik hoe die volgende tipes rekenaarbedrog gepleeg word:

       7.4.1   Bandwydte diefstal                                                                (1)

       7.4.2   Identiteitsdiefstal                                                               (1)

 7.5   Alhoewel tegnologie baie voordelig vir die samelewing kan wees, kan dit ook
       in baie opsigte ŉ negatiewe uitwerking op die samelewing hê.
       Noem TWEE maniere (behalwe kriminele aktiwiteite) waarop tegnologie ŉ
       negatiewe effek op die samelewing kan hê.                                              (2)
                                                                                             [10]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)          REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                            9

VRAAG 8: PROBLEEMOPLOSSING

8.1   Herskryf die volgende HTML-kode segment sodat dit korrek is:

      <h1>Computer Applications Technology<h>                                                (1)

8.2   Herskryf die korrekte HTML-kode hieronder sodat die probleem wat sal ontstaan
      indien dit in ŉ webbediener uitgevoer word, opgelos word.

      <body bgcolor=”black”>                                                                 (1)

8.3   Bestudeer die volgende uittreksel uit ŉ sigblad en beantwoord dan die vrae wat
      volg.

      8.3.1    Noem EEN manier waarop slegs die name van leerders in
               graad 12A vertoon kan word sonder om elke naam afsonderlik te
               kopieer.                                                                      (1)

      8.3.2    Die onderwyser wil graag dieselfde data wat in die sigbladprogram
               verskyn ook in ŉ databasisprogram gebruik.

               Watter eienskap (‘feature’) van ŉ kantoorpakket kan hy gebruik om dit
               te doen?                                                                      (1)

      8.3.3    Waarom is die SUMIF-funksie nie geskik om te bereken hoeveel
               leerders in die 12B klas is nie?                                              (1)

      8.3.4    Watter sigbladeienskap (‘feature’) kan gebruik word om al die waardes
               in kolom D, wat groter as 15 is, in ŉ betrokke kleur te vertoon?              (1)

8.4   Een van die leerders kan nie ŉ lêer wat hy as ŉ aanhangsel via ŉ e-pos ontvang
      het, oopmaak nie.

      Noem TWEE maniere waarop hy dalk hierdie dokument sal kan oopmaak.                     (2)

8.5   Noem enige EEN voordeel verbonde aan die gebruik van ‘Styles’ wanneer ŉ
      dokument in Word geskep word.                                                          (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                    REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                    (EC/SEPTEMBER 2015)

8.6   Sommige van die leerders kan nie verstaan waarom hulle ŉ paar minute moet
      wag voordat hulle dokument gedruk word nie. Die konsep van ŉ drukkerwaglys
      word aan hulle verduidelik.

      Noem EEN funksie wat jy kan uitvoer indien jy die drukkerwaglys oopmaak.               (1)

8.7   Een van die leerders het ontdek dat die woordverwerkingsprogram wat sy
      gebruik ŉ funksie het wat jou toelaat om outomaties byskrifte by prentjies,
      grafieke of tabelle te voeg.

      Noem TWEE redes, behalwe tydbesparing, waarom dit beter is om hierdie
      funksie te gebruik, eerder as om dit per hand te doen.                                 (2)

8.8   Die onderwysers sleutel self hulle punte (as persentasies) in ŉ databasis in.
      Daar word opgelet dat sommige onderwysers punte hoër as 100 insleutel.

      8.8.1    Verduidelik hoe ŉ validation rule kan verseker dat ŉ onderwyser slegs
               punte tussen 0 en 100 (insluitend 0 en 100) in die databasis insleutel.

               Die validation rule wat gebruik moet word, moet deel van jou
               antwoord wees.                                                                (2)

      8.8.2    Watter databasiseienskap kan gebruik word om te verseker dat
               onderwysers wel in elke veld ŉ punt insleutel.                               (1)
                                                                                           [15]

                                                              TOTAAL AFDELING B:                75

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)              REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                         11

AFDELING C

SCENARIO

Die Skoolbeheerliggaam van jou skool het besluit om ŉ rekenaarlaboratorium in een
van die koshuise te installeer. Hierdie laboratorium sal gebruik word deur leerders in
die koshuis om take te voltooi. Dit sal behels dat hulle navorsing op die Internet moet
kan doen en ook hulle take kan tik. Die doel is dat dit vir hulle moontlik sal wees om
met leerders van ander skole te kommunikeer.

Die Graad 12 RTT-leerders sal verantwoordelik wees om die leerders in die
laboratorium te help.

VRAAG 9: GEÏNTEGREERDE SCENARIO

Bestudeer die volgende spesifikasies vir ŉ lessenaarrekenaar en ŉ skootrekenaar en
antwoord dan die vrae wat daarop volg:

                       REKENAAR A                           REKENAAR B

          Intel Pentium Dual Core G2020 CPU
                                                      HP 250 F7X46EA 15.6” Intel
                                                          Core i3 Notebook
                  Intel H61 Motherboard
              Dual CoreG2020 2.9 GHz CPU
                                                         I3-3110m 2.4GHz CPU
                 2GB DDR3 ETG (‘RAM’)
                                                          15.6 HD LCD Screen
                      1TB SATA3 HDD
                                                           4GB ETG (‘RAM’)
                  Intel 512 MB Graphics
                                                             500 GB HDD
                      24x DVD +/- Writer
                                                           Windows 8.1 Pro
               Integrated 8 Channel Sound
                                                      Integrated 3.2 MP Webcam
              Wireless keyboard and mouse               3 years Carry-In warranty

9.1   Die Skoolbeheerliggaam moet besluit of hulle lessenaarrekenaars of
      skootrekenaars moet koop.

      9.1.1    Noem TWEE voordele van lessenaarrekenaars.                                      (2)

      9.1.2    Noem TWEE nadele van skootrekenaars.                                            (2)

      9.1.3    Noem TWEE hardeware komponente uit die advertensies hierbo wat ŉ
               belangrike rol in die werking van die rekenaar in sy geheel speel.              (2)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                    REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                      (EC/SEPTEMBER 2015)

9.2   Die lessenaarrekenaar sluit ŉ optiese aandrywer in.

      9.2.1   Identifiseer ŉ optiese aandrywer in die eerste advertensie.                      (1)

      9.2.2   Wat is die nuutste optiese aandrywer beskikbaar vandag?                          (1)

      9.2.3   Waarom is dit beter om ŉ DVD-RW eerder as ŉ DVD-R-skyf te koop?                  (1)

9.3   Die Beheerliggaam moet ŉ keuse aangaande die sagteware wat nodig is vir die
      laboratorium maak.

      9.3.1   Waarom sou jy aanbeveel dat hulle ŉ kantoorpakket eerder as
              alleenstaande programme aankoop?                                                 (2)

      9.3.2   Die Beheerliggaam verstaan nie hoe die lisensiëring van sagteware
              werk nie.

              Verduidelik kortliks aan hulle watter tipe lisensie hulle behoort te koop
              sodat hulle die sagteware op al die rekenaars in die laboratorium kan
              laai. Motiveer jou antwoord.                                                     (2)

9.4   Aangesien eiendomsregtelike sagteware baie duur is, het die Beheerliggaam
      besluit om die gebruik van gratis oopbronsagteware te ondersoek.

      9.4.1   Noem TWEE voordele (anders as die koste) verbonde aan die gebruik
              van oopbronsagteware.                                                            (2)

      9.4.2   Noem EEN nadeel verbonde aan die gebruik van oopbronsagteware.                   (1)

9.5   Die Beheerliggaam het ook ŉ nuwe drukker aangekoop sodat die leerders hulle
      take kan druk. Toe die eerste leerder sy taak wil druk, het daar ŉ boodskap
      verskyn wat sê dat die drywer nie gevind kan word nie.

      9.5.1   Verduidelik wat ŉ drywerprogram is.                                              (1)

      9.5.2   Noem TWEE plekke waar hulle ŉ drywerprogram kan vind.                            (2)

9.6   Gedurende die proses van installering van die sagteware word daar ŉ
      aktiveringskode vereis.

      9.6.1   Wat is ŉ aktiveringskode?                                                        (1)

      9.6.2   Noem TWEE redes waarom die ontwikkelaars van sagteware van
              aktiveringskodes gebruik maak.                                                   (2)

      9.6.3   Tydens die installeringsproses is die leerders gekonfronteer met opsies
              van ŉ typical, custom of full tipe installering.

              Onderskei tussen ŉ typical en custom installering.                               (2)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)          REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                           13

9.7    Nadat die landsdiensklub van die skool ŉ ‘go-green’-projek van stapel gestuur
       het, het die leerders besluit om hierdie ‘go-green’-projek ook in die
       rekenaarlaboratorium voort te sit.

       9.7.1      Noem TWEE maniere waarop die leerders die hoeveelheid drukwerk
                  kan verminder ten einde papier te spaar.                                 (2)

       9.7.2      Noem TWEE maniere waarop hulle elektrisiteit kan bespaar.                (2)

9.8    ŉ Ouer van een van die leerders het ŉ SSD vir elk van die rekenaars in die
       laboratorium geskenk.

       9.8.1      Noem TWEE redes waarom leerders sal baat by die toevoeging van
                  die SSD’s.                                                               (2)

       9.8.2      Noem TWEE nadele van ŉ SSD.                                              (2)

9.9    Nadat van die leerders van hulle werk verloor het as gevolg van beurtkrag,
       besef hulle nou hoe belangrik dit is om alle werk te rugsteun (back-up).

       9.9.1      Noem TWEE belangrike praktyke wat deel behoort te wees van ŉ
                  rugsteunbeleid.                                                          (2)

       9.9.2      Watter stoortoestel is die mees geskikste vir rugsteun?                  (1)

9.10   Een van die leerders het ŉ beursaansoek in pdf-formaat afgelaai.

       9.10.1     Noem TWEE redes waarom elektroniese dokumente dikwels in pdf-
                  formaat versprei word.                                                   (2)

       9.10.2     Watter sagteware word benodig om ŉ pdf-lêer te lees?                     (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                    REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                     (EC/SEPTEMBER 2015)

9.11   Die leerders het gou besef dat virusse en kwaadwillige programmatuur
       (‘malware’) ŉ groot probleem kan wees, veral in ŉ netwerkomgewing. Dit blyk
       dat nie eers die anti-virus program wat 3 jaar gelede geïnstalleer is meer
       effektief is nie.

       9.11.1    Verduidelik aan hulle waarom dit noodsaaklik is om jou anti-
                 virusprogram gereeld op te dateer deur te verduidelik hoe hierdie
                 sagteware werk.                                                              (2)

       9.11.2    Een van die onderwysers voel dat die rekenaars nie deur virusse
                 geaffekteer sal word indien hulle nie aan die Internet gekoppel is nie.

                 Stem jy saam? Motiveer jou antwoord.                                         (2)

       9.11.3    Gee TWEE wenke oor hoe om te voorkom dat rekenaars deur
                 virusse besmet word (behalwe die installering en opdatering van anti-
                 virussagteware).                                                             (2)

       9.11.4    Na ŉ skandering, het die anti-virussagteware ŉ boodskap vertoon dat
                 ŉ virus bespeur en onder kwarantyn geplaas is.

                 Verduidelik wat dit beteken dat ŉ virus onder kwarantyn geplaas is.          (1)

9.12   Een van die voordele van ŉ rekenaarlaboratorium by die koshuis is dat
       leerders maklik met leerders van ander skole kan kommunikeer via sosiale
       netwerktuistes.

       9.12.1    Noem TWEE gewilde sosiale netwerktuistes.                                    (2)

       9.12.2    Een van die potensiële nadele van sosiale netwerktuistes is ‘kloning’.

                 Wat verstaan jy onder ‘kloning’ van ŉ gebruiker se profiel?                  (1)

       9.12.3    Noem TWEE ander nadele van sosiale netwerktuistes.                           (2)

                                                               TOTAAL AFDELING C:            50
                                                                   GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

## Related documents

- [CATN P2 QP GR12 SEP 2015 ENG](https://www.hlayiso.com/library/catn-p2-qp-gr12-sep-2015-eng/bfe48905-890c-4308-ad92-55c195962a85) — Computer Applications Technology · QP · 2015 · Eng
- [CATN P2 MEMO GR12 AFR SEP 2015](https://www.hlayiso.com/library/catn-p2-memo-gr12-afr-sep-2015/e93173b1-3656-4239-af0b-822a4acf42d0) — Computer Applications Technology · Memo · 2015 · Afr
- [CATN P1 GR12 SEPT2015 QP Afr](https://www.hlayiso.com/library/catn-p1-gr12-sept2015-qp-afr/5b26d882-c5a2-45a8-96f9-3044ac09280e) — Computer Applications Technology · QP · 2015 · Afr
- [CAT P2 June July 2015 Eng](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-june-july-2015-eng/8122ec6b-13de-460f-a187-089d09ac9bbc) — Computer Applications Technology · QP · 2015 · Eng
- [Computer Applications Technology P2 Nov 2015 Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-applications-technology-p2-nov-2015-eng/c078f157-bdd6-48fb-9bbf-af58939034e2) — Computer Applications Technology · QP · 2015 · Eng
- [CAT P2 GR12 SEPT2022 English deaf](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr12-sept2022-english-deaf/54bb9db8-ddb8-49da-98d3-9305d3e38697) — Computer Applications Technology · QP · 2022 · Eng

## More from Grade 12 Computer Applications Technology

- [CAT P1 MEMO GR12 SEPT 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-memo-gr12-sept-2025-eng-watermark/9df1288f-0f95-46d9-8231-26c401ed1a1b) — Memo · 2025 · Eng
- [CAT P2 GR12 MEMO September 2025 - AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr12-memo-september-2025-afr-watermark/3e182b7b-5d5f-4afc-b54c-b286289512f6) — Memo · 2025 · Afr
- [Computer Applications Technology P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-applications-technology-p1-may-june-2025-mg-eng/8beb5c31-24fa-4cf4-b90c-aedcc234a4dd) — Memo · 2025 · Eng
- [CAT P1 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-memo-gr12-sept-2024-english/91df7fb9-ea6b-4fed-8f93-a1466ec697c3) — Memo · 2024 · Eng
- [Computer Applications Technology P2 May-June 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-computer-applications-technology-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-2-english/a32bb637-25b5-4469-8be9-e72527e65d8a) — Memo · 2024 · Eng
- [Computer Applications Technology P1 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-applications-technology-p1-nov-2023-eng/60311585-04c7-46dc-bcf6-87da09dc1ea5) — QP · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
