# Civil Technology Grade 11 2022 QP (Afr)

> Grade 11 Civil Technology question paper from the CIVIL TECH GR11 NOV2022 Civil Services(For Signing Off 25.01.22). Free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr11-qp-nov2022-civil-services-afrikaans/195d9d88-060d-4288-a6c8-5c59a0e1f4e5
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Civil Technology
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: CIVIL TECH GR11 NOV2022 Civil Services(For Signing Off 25.01.22)
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Civil Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/civil-technology) › [Civil Technology Grade 11 2022 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr11-qp-nov2022-civil-services-afrikaans/195d9d88-060d-4288-a6c8-5c59a0e1f4e5)

## About this document

Civil Technology · Grade 11 · CIVIL TECH GR11 NOV2022 Civil Services(For Signing Off 25.01.22) · 2022 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                             NASIONALE
                         SENIOR SERTIFIKAAT

                                GRAAD 11

                           NOVEMBER 2022

         SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE
                    (EKSEMPLAAR)

PUNTE:    200

TYD:      3 uur

          Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye, insluitend 3 antwoordblaaie.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                      SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE                (EC/NOVEMBER 2022)

 BENODIGDHEDE:

 1.   Tekeninstrumente

 2.   ŉ Nieprogrammeerbare sakrekenaar

 3.   ANTWOORDEBOEK

 INSTRUKSIES EN INLIGTING:

 1.   Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae: DRIE vrae is generies en DRIE vrae is
      vakspesifiek.

 2.   Beantwoord ALLE vrae.

 3.   Beantwoord elke vraag as ŉ geheel. Moet NIE onderafdelings van vrae skei
      NIE.

 4.   Begin die antwoord van ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

 5.   MOENIE in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.

 6.   Jy mag sketse gebruik om jou antwoorde te illustreer.

 7.   Skryf ALLE berekeninge en antwoorde in die ANTWOORDEBOEK of op die
      aangehegte ANTWOORDBLAAIE.

 8.   Gebruik die puntetoekenning as ŉ riglyn vir die lengte van jou antwoorde.

 9.   Maak tekeninge en sketse met potlood, volledig gemaatskryf en netjies met
      beskrywende opskrifte en aantekeninge afgerond, in ooreenstemming met die
      SANS/SABS se Gebruikskode vir Boutekenepraktyk.

 10. Vir die doel van hierdie vraestel moet die grootte van ŉ steen as
     220 mm x 110 mm x 75 mm geneem word.

 11. Gebruik jou eie oordeel waar afmetings en/of inligting ontbreek.

 12. Beantwoord VRAAG 2.7, 5.1, 5.6 en 5.7 op die aangehegte ANTWOORD-
     BLAAIE deur waar nodig van tekeninstrumente gebruik te maak.

 13. SKRYF jou NAAM op elke ANTWOORDBLAD en handig dit in saam met jou
     ANTWOORDEBOEK, of jy dit geantwoord het of nie.

 14. Tekeninge in die vraestel is NIE volgens skaal NIE as gevolg van elektroniese
     kopiëring.

 15. Google images is as die bron van alle foto’s en prentjies gebruik.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                 SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE                         3

VRAAG 1: VEILIGHEID EN MATERIALE (GENERIES)

1.1   Watter tipe stewel is verpligtend om te dra wanneer daar met sement of beton
      gewerk word?                                                                       (1)

1.2   Onder watter omstandighede sal die volgende persoonlike beskermings-
      toerusting gebruik word:

      1.2.1 Skermbrille                                                                  (1)

      1.2.2 Oorproppe                                                                    (1)

1.3   Motiveer kortliks waarom loshangende klere vermy moet word wanneer daar
      met masjiene gewerk word.                                                          (2)

1.4   Beskryf die veiligheidsmaatreël wat van toepassing is op die volgende
      handgereedskappe:

      1.4.1 Hamerkoppe                                                                   (1)

      1.4.2 Saaggereedskap                                                               (1)

      1.4.3 Wanneer beitels gedra word                                                   (1)

1.5   Motiveer kortliks waarom ŉ betonmenger met ŉ petrolenjin slegs in die
      buitelug gebruik mag word.                                                         (2)

1.6   Noem TWEE vereistes vir die berging van sement.                         (2 x 1)    (2)

1.7   Waarom moet waarskuwingstekens vertoon word waar werkers oorhoofse
      werk doen?                                                                         (1)

1.8   Noem VIER vereistes vir die berging van gevaarlike materiaal in die werkplek.
                                                                             (4 x 1)     (4)

1.9   Noem die DRIE bestanddele wat benodig word om gidspleister te meng. (3 x 1) (3)

1.10 Noem DRIE gebruike vir gidspleister.                                     (3 x 1)    (3)

1.11 Motiveer kortliks waarom growwe aggregaat nie in ŉ daghamengsel gebruik
     moet word nie.                                                                      (1)

1.12 Identifiseer die tipe bordprodukte wat vir die volgende werk gebruik sal word:

      1.12.1 Agterkant van kaste                                                         (1)

      1.12.2 Bekisting vir beton                                                         (1)

1.13 Beskryf kortliks die verskil tussen pleisterstene en sierstene.                     (2)

1.14 Noem TWEE gebruike van gietyster.                                        (2 x 1)    (2)
                                                                                        [30]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                       SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE                (EC/NOVEMBER 2022)

VRAAG 2: TOERUSTING, GEREEDSKAP EN GRAFIKA (GENERIES)

2.1   Motiveer kortliks waarom die rondepuntskopgraaf nie effektief is om
      fondamentslote haaks af te werk nie.                                (1)

2.2   Noem DRIE handgereedskapstukke wat gebruik kan word om stene te sny.
                                                                       (3 x 1)           (3)

2.3   Identifiseer die gereedskapstuk wat vir die volgende werk gebruik sal word:

      2.3.1 Dra van pleister sodat dit op ŉ muur aangewend kan word                      (1)

      2.3.2 Vir afstryking van gepleisterde mure                                         (1)

      2.3.3 Om ŉ geronde rand langs buitehoeke te skep                                   (1)

      2.3.4 Opknapping van klein areas wat opgevul moet word                             (1)

2.4   Beskryf kortliks die verskil in gebruik van ŉ kloofsaag en ŉ dwarssaag.            (2)

2.5   Benoem die gereedskapstukke in FIGURE 2.5.1 tot 2.5.3 hieronder en noem
      EEN gebruik van elk.

            FIGUUR 2.5.1               FIGUUR 2.5.2               FIGUUR 2.5.3
                                                                             (3 x 2) (6)

2.6   Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die konstruksiemasjien in
      FIGUUR 2.6.

                                       FIGUUR 2.6

      2.6.1 Wat word die gereedskapstuk genoem?                                          (1)

      2.6.2 Beskryf die doel van die masjien.                                            (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)              SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE                           5

2.7   FIGUUR 2.7 op ANTWOORDBLAD 1 toon die isometriese aansig van ŉ
      T-aansluiting van ŉ halfsteenmuur in strykverband.
      Gebruik ANTWOORD-BLAD 1 en teken die vooraansig van die steenmuur op
      skaal 1 : 10.                                                                    (13)

2.8   Beskryf die doel van detailtekeninge.                                             (2)

2.9   Noem DRIE besonderhede wat op ŉ terreinplan aangedui moet word. (3 x 1)           (3)

2.10 Maak netjiese sketse om die volgende simbole op vloerplanne te illustreer.

      2.10.1 Waterkloset                                                                (2)

      2.10.2 Warmwatersilinder                                                          (2)
                                                                                       [40]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                        SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE            (EC/NOVEMBER 2022)

VRAAG 3: HOEVEELHEDE, VERBINDINGS EN GRAFIKA (GENERIES)

3.1   FIGUUR 3.1 toon die fondamentstroke vir ŉ gebou.
      Die fondamente is 600 mm breed en 200 mm dik.
      ŉ Betonmengsel van 1 : 4 : 4 word gebruik.

                                                 9 000

                6 000

                                          FIGUUR 3.1

      3.1.1    Bereken die hartlyn van die fondament.                                (5)

      3.1.2    Bereken die volume beton benodig.                                     (3)

3.2   ŉ Eensteenmuur van 1,2 m hoog en 12 m lank moet opgerig word.
      Bereken die hoeveelheid stene wat vir die muur benodig word.
      Toon ALLE berekeninge.                                                         (5)

3.3   Beskryf die aanwendingsprosedure van PVC-lym, wanneer PVC-pype gelas
      word.                                                                          (4)

3.4   Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs ‘waar’ of
      ‘onwaar’ langs die vraagnommer in die ANTWOORDEBOEK.

      3.4.1    Kontaklym is rubberig.                                                (1)

      3.4.2    Kontaklym word net aan een oppervlak gesmeer om vas te sit.           (1)

      3.4.3    Kontaklym moet ten minste 5 mm dik aangewend word.                    (1)

      3.4.4    Silikoon is hittewerend.                                              (1)

      3.4.5    Silikoon het ŉ lae toksisiteit.                                       (1)

3.5   Noem TWEE voorsorgmaatreëls wanneer epoksie gebruik word.              (2 x 1) (2)

3.6   Maak ŉ netjiese skets van ŉ standaard boutekenpraktyk noordpyl.                (2)
Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)              SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE                        7

3.7    Beskryf die posisie van die noordpyl op ŉ tekenvel.                           (2)

3.8    Identifiseer die volgende tekensimbole.

       3.8.1
                     40 W                                                            (1)

       3.8.2
                                                                                    (1)
                                                                                   [30]

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                       SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE               (EC/NOVEMBER 2022)

VRAAG 4: VEILIGHEID, MATERIAAL, TOERUSTING EN VERBINDING
         (SPESIFIEK)

 4.1    Rioolvuil bevat mikro-organismes wat skadelik vir loodgieters kan wees.
        Noem VIER voorsorgmaatreëls wat getref moet word om infeksies te
        verhoed.                                                             (4 x 1)    (4)

 4.2    Motiveer kortliks waarom soldeer skoonmaakoplosmiddels in ŉ digte bottel
        gehou moet word.                                                                (1)

 4.3    Watter tipe kleredrag moet gedra word wanneer soldeerwerk gedoen word?
        Motiveer jou antwoord.                                                          (2)

 4.4    Noem TWEE eienskappe van keramiek.                                    (2 x 1)   (2)

 4.5    Identifiseer die tipe gereedskapstukke in FIGURE 4.5.1 tot 4.5.3 hieronder
        en noem EEN gebruik van elk.

              FIGUUR 4.5.1             FIGUUR 4.5.2             FIGUUR 4.5.3
                                                                            (3 x 2)     (6)

 4.6    Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die gereedskapstuk in
        FIGUUR 4.6.

       A
        B

       C

       D

       .E

                                         FIGUUR 4.6

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)              SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE                              9

        4.6.1    Identifiseer die gereedskapstuk in FIGUUR 4.6.                            (1)

        4.6.2    Noem onderdele A tot E van die gereedskapstuk.                            (5)

        4.6.3    Noem TWEE versorgingsmaatreëls vir die gereedskapstuk.         (2 x 1)    (2)

 4.7    Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die gereedskapstuk in
        FIGUUR 4.7.

                                        FIGUUR 4.7

        4.7.1    Wat word dié gereedskapstuk genoem?                                       (1)

        4.7.2    Noem die gebruik van dié gereedskapstuk.                                  (1)

 4.8    Noem TWEE komponente waaruit ŉ chemiese anker bestaan.                             (2)

 4.9    Kies ŉ term uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas.
        Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (4.9.1 tot 4.9.3) in die
        ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 4.9.4 F.

                         KOLOM A                                KOLOM B
        4.9.1    ŉ Voorwerp waarvoor ŉ patroon A            Sinkchloried
                 ontwikkel moet word

        4.9.2    Word gebruik om staal wat met ŉ B          Aambeeld
                 lagie tin bedek is, te soldeer

        4.9.3    Word gebruik wanneer koper en C            Passtuk
                 geelkoper gesoldeer word

                                                       D    Harpuis

                                                       E    Rou suur
                                                                                (3 x 1)    (3)
                                                                                          [30]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                       SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE              (EC/NOVEMBER 2022)

VRAAG 5: GRAFIKA, KONSTRUKSIE EN HOEVEELHEDE (SPESIFIEK)

 5.1   FIGUUR 5.1 op ANTWOORDBLAD 2 toon ŉ 45° afsnyding van ŉ silindriese
       pyp.
       Gebruik ANTWOORDBLAD 2 en ontwikkel en teken die ontvouing van die
       afsnyding van die silindriese pyp op skaal 1 : 1.                              (14)

 5.2   Wanneer beton gegiet word, word lug in die vars beton vasgevang. Wat word
       die proses om die lug te verwyder genoem?                                       (1)

 5.3   Noem DRIE faktore wat tydens die plasing van beton in ag geneem moet
       word.                                                             (3 x 1)       (3)

 5.4   Kies die korrekte antwoord in die hakies en skryf dit teenoor die
       vraagnommers in die ANTWOORDEBOEK neer.

        5.4.1 Die minimum dikte van ŉ mangatblad is (100 mm / 150 mm).                 (1)

        5.4.2 Die bodemhoogte van pypkoppelings in ŉ mangat is ten minste
              (30 mm / 50 mm) hoër as die hoofpyp.                                     (1)

 5.5   Identifiseer die tipe steenlae in FIGURE 5.5.1 en 5.5.2.                        (2)

                     FIGUUR 5.5.1                          FIGUUR 5.5.2

 5.6   Gebruik die hoeveelheidslys op ANTWOORDBLAD 3 en bereken die volume
       beton wat vir ŉ vloer van 6 m lank, 3 m breed en 75 mm dik benodig word.        (3)

 5.7   Gebruik die hoeveelheidslys op ANTWOORDBLAD 3 en bereken die
       hoeveelheid stene wat vir ŉ spoumuur met ŉ lengte van 4 m en ŉ hoogte van
       2,4 m benodig word.                                                             (5)
                                                                                      [30]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)               SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE                        11

VRAAG 6:       KOUEWATER- EN WARMWATERTOEVOER, RIOLERING,
               STORMWATER EN SANITÊRE TOEBEHORE (SPESIFIEK)

6.1 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs ‘waar’ of
    ‘onwaar’ langs die vraagnommer in die ANTWOORDEBOEK.

       6.1.1   Koperpype is roesbestand.                                                   (1)

       6.1.2   Koperpype buig maklik.                                                      (1)

       6.1.3   Gegalvaniseerde pype buig maklik.                                           (1)

       6.1.4   Hoëdigtheidspoliëtileenpype roes maklik.                                    (1)

6.2 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die kraan in FIGUUR 6.2.

                                        FIGUUR 6.2

      6.2.1    Wat word dié tipe kraan genoem?                                             (1)

      6.2.2    Noem onderdele A tot D.                                                     (4)

      6.2.3    Watter pylpunt dui die korrekte vloeirigting aan, pylpunt E of F?           (1)

6.3 Beskryf die doel van ŉ flotterklep.                                                    (2)

6.4 Noem TWEE vereistes waaraan versteekte watertoevoerpype in gewapende
    betonstrukture moet voldoen.                                   (2 x 1)                 (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                       SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE             (EC/NOVEMBER 2022)

 6.5   Maak netjiese simboolsketse van die volgende kouewaterstelsels:

       6.5.1    Vloeiskakelaar                                                         (2)

       6.5.2    Pypkuising                                                             (2)

 6.6   Identifiseer die volgende afkortings vir warmwaterstelsels:

       6.6.1    BT                                                                     (1)

       6.6.2    PCV                                                                    (1)

 6.7   Noem TWEE oorsake waarom T&D-kleppe van ŉ geiser ontlaai.            (2 x 1)    (2)

 6.8   Verduidelik kortliks wat ŉ direk-gekoppelde sonwarmwatergeiserstelsel is.       (2)

 6.9   Wat is die nadeel van ŉ direk-gekoppelde sonwarmwatergeiserstelsel
       wanneer dit nie hoog genoeg geïnstalleer is nie?                                (1)

6.10 Motiveer kortliks waarom ŉ sonwarmwatergeiserstelsel noord moet front.            (1)

6.11 Beskryf die eienskappe van die buitenste buis van die hoëdruk-sonwarm-
     watergeiserstelsel.                                                               (2)

6.12 Wat is die minimum helling van ŉ 300 mm-stormwaterpyp?                            (1)

6.13 Gee die afkorting van die volgende dreineringstelsels:

       6.13.1 Rioolput                                                                 (1)

       6.13.2 Spoelkloset                                                              (1)

       6.13.3 Drekwaterpyp                                                             (1)

6.14 Noem TWEE voordele van ŉ enkelstam-dreineringstelsel.                   (2 x 1)   (2)

6.15 Wat is die standaard hoogte bokant vloervlak waarop ŉ stortroos gemonteer
     word?                                                                             (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)              SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE                   13

6.16 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die toestel in FIGUUR 6.16.

                                       FIGUUR 6.16

        6.16.1 Wat word die toestel genoem?                                          (1)

        6.16.2 Wat is die doel van die toestel?                                      (1)

        6.16.3 Noem DRIE nadele van dié toestel.                          (3 x 1)    (3)
                                                                                    [40]

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                   SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE          (EC/NOVEMBER 2022)

 ANTWOORDBLAD                                      NAAM:
                     1      SIVIELE DIENSTE
 ANSWER SHEET                                      NAME:

2.7    FIGUUR 2.7 op ANTWOORDBLAD 1 toon die isometriese aansig van ŉ
       T-aansluiting van ŉ halfsteenmuur in strykverband.
       Gebruik ANTWOORDBLAD 1 en teken die vooraansig van die steenmuur op
       skaal 1 : 10.                                                           (13)

       T-aansluiting                 4
       Steengrootes / Skaal          3
       Hoogte en lengte              2
       Streksteenverband             2
       Lynwerk / Netheid             2
                         TOTAAL:     13

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)           SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE                   15

 ANTWOORDBLAD                                      NAAM:
                      2      SIVIELE DIENSTE
  ANSWER SHEET                                     NAME:

5.1    FIGUUR 5.1 op ANTWOORDBLAD 2 toon ŉ 45° afsnyding van ŉ silindriese
       pyp.
       Gebruik ANTWOORDBLAD 2 en ontwikkel en teken die ontvouing van die
       afsnyding van die silindriese pyp op skaal 1 : 1.                        (14)

        SY-AANSIG

      BOAANSIG

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                       SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE            (EC/NOVEMBER 2022)

 ANTWOORDBLAD                                          NAAM:
                         3       SIVIELE DIENSTE
 ANSWER SHEET                                          NAME:

5.6       Gebruik die hoeveelheidslys op ANTWOORDBLAD 3 en bereken die volume
          beton wat vir ŉ vloer van 6 m lank, 3 m breed en 75 mm dik benodig word.    (3)

5.7       Gebruik die hoeveelheidslys op ANTWOORDBLAD 3 en bereken die
          hoeveelheid stene wat vir ŉ spoumuur met ŉ lengte van 4 m en hoogte van
          2,4 m benodig word.                                                         (5)

      A          B      C                                D
                                                         5.6

                                                         5.7

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

## Related documents

- [CIV TECH GR11 MEMO NOV2022 Civil Services Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr11-memo-nov2022-civil-services-afrikaans/85a9ce14-da0c-4943-8570-643c7a62e6a8) — Civil Technology · Memo · 2022 · Afr
- [CIV TECH GR11 MEMO NOV2022 Construction Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr11-memo-nov2022-construction-afrikaans/6d31745c-a94c-4612-8aef-4e9b624a57b0) — Civil Technology · Memo · 2022 · Afr
- [CIV TECH GR11 MEMO NOV2022 Woodworking Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr11-memo-nov2022-woodworking-afrikaans/16d10915-16d2-413b-a24e-24b5588c3601) — Civil Technology · Memo · 2022 · Afr
- [CIV TECH GR11 MEMO NOV2019 Wood Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr11-memo-nov2019-wood-afrikaans/6676473a-c433-499a-94aa-94afc96d8fac) — Civil Technology · Memo · 2019 · Afr
- [Civil Technology PAT GR 11 2017 Afr](https://www.hlayiso.com/library/civil-technology-pat-gr-11-2017-afr/a3343c80-97f0-4a9a-ada6-05c2a9b16dc9) — Civil Technology · PAT · 2017 · Afr
- [CVLT (REVISED) - GR11 QP - ENG - NOV2020 - CONSTRUCTION .docx](https://www.hlayiso.com/library/cvlt-revised-gr11-qp-eng-nov2020-construction-docx/6fa10e98-7e20-4559-b2c1-946bde02be3b) — Civil Technology · QP · 2020 · Eng

## More from Grade 11 Civil Technology

- [Gr 11 Cons ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-cons-atp-2023-24/5adb6254-7b36-487a-a882-c42b36bf49b7) — ATP
- [Gr 11 Civil Ser ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-civil-ser-atp-2023-24/91ce1dc1-91cc-4a38-926b-b3d45f5b5305) — ATP
- [CVLT (REVISED) - GR11 MEMO - ENG - NOV2020 - CONSTRUCTION](https://www.hlayiso.com/library/cvlt-revised-gr11-memo-eng-nov2020-construction/d40cb274-e44e-4178-a52a-e6714d55b98d) — Memo · 2020 · Eng
- [ENG gr 11 nov 20 memo](https://www.hlayiso.com/library/eng-gr-11-nov-20-memo/de9d7a6b-7edf-40d5-a86e-39789472cda5) — Memo · 2020 · Eng
- [AFR gr 11 nov 20 siviel memo](https://www.hlayiso.com/library/afr-gr-11-nov-20-siviel-memo/f6360f75-a7cf-4879-8d54-73dfce5e0bff) — Memo · 2020 · Afr
- [CVLT GR11 MEMO NOV2020 ENG D](https://www.hlayiso.com/library/cvlt-gr11-memo-nov2020-eng-d/9c5423dd-1831-4500-ab62-ef37af228d69) — Memo · 2020 · Eng

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
