# Civil Technology Grade 11 Exemplar November 2022 QP (Afr)

> Grade 11 Civil Technology question paper from the Exemplar November Exam 2022 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr11-qp-nov2022-woodworking-afrikaans/fc04aa26-9cdb-428d-a3aa-c9547253a1b5
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Civil Technology
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: Exemplar November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Civil Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/civil-technology) › [Civil Technology Grade 11 Exemplar November 2022 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr11-qp-nov2022-woodworking-afrikaans/fc04aa26-9cdb-428d-a3aa-c9547253a1b5)

## About this document

Civil Technology · Grade 11 · Exemplar November Exam · 2022 · Afrikaans. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                            NASIONALE
                        SENIOR SERTIFIKAAT

                                GRAAD 11

                          NOVEMBER 2022

       SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING
                  (EKSEMPLAAR)

PUNTE:   200

TYD:     3 uur

         Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye, insluitend 2 antwoordblaaie.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                      SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING                  (EC/NOVEMBER 2022)

 BENODIGHEDE

 1.   Tekeninstrumente

 2.   ŉ Nieprogrammeerbare sakrekenaar

 3.   ANTWOORDEBOEK

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.   Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae: DRIE vrae is generies en DRIE vrae is
      vakspesifiek.

 2.   Beantwoord ALLE vrae.

 3.   Beantwoord elke vraag as ŉ geheel. Moet NIE onderafdelings van vrae skei
      NIE.

 4.   Begin die antwoord van ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

 5.   MOENIE in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.

 6.   Jy mag sketse gebruik om jou antwoorde te illustreer.

 7.   Skryf ALLE berekeninge en antwoorde in die ANTWOORDEBOEK of op die
      aangehegte ANTWOORDBLAAIE.

 8.   Gebruik die puntetoekenning as ŉ riglyn vir die lengte van jou antwoorde.

 9.   Maak tekeninge en sketse met potlood, volledig gemaatskryf en netjies met
      beskrywende opskrifte en aantekeninge afgerond, in ooreenstemming met die
      SANS/SABS se Gebruikskode vir Boutekenepraktyk.

 10. Vir die doel van hierdie vraestel moet die grootte van ŉ steen as 220 mm x
     110 mm x 75 mm geneem word.

 11. Gebruik jou eie oordeel waar afmetings en/of inligting ontbreek.

 12. Beantwoord VRAAG 2.7 en VRAAG 6.6 op die aangehegde ANTWOORD-
     BLAAIE deur waar nodig van tekeninstrumente gebruik te maak.

 13. SKRYF jou NAAM op elke ANTWOORDBLAD en handig dit in saam met jou
     ANTWOORDEBOEK, of jy dit geantwoord het of nie.

 14. Tekeninge in die vraestel is NIE volgens skaal NIE as gevolg van elektroniese
     kopiëring.

 15. Google images is as die bron vir alle foto’s en prentjies gebruik.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/NOVEMBER 2022)                 SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING                           3

VRAAG 1: VEILIGHEID EN MATERIALE (GENERIES)

1.1    Watter tipe stewel is verpligtend om te dra wanneer daar met sement of beton
       gewerk word?                                                                         (1)

1.2    In watter omstandighede sal die volgende persoonlike beskermingstoerusting
       gebruik word:

       1.2.1 Skermbrille                                                                    (1)

       1.2.2 Oorproppe                                                                      (1)

1.3    Motiveer kortliks waarom loshangende klere vermy moet word wanneer daar
       met masjiene gewerk word.                                                            (2)

1.4    Beskryf die veiligheidsmaatreël wat van toepassing is op die volgende
       handgereedskappe:

       1.4.1 Hamerkoppe                                                                     (1)

       1.4.2 Saaggereedskap                                                                 (1)

       1.4.3 Wanneer beitels gedra word                                                     (1)

1.5    Motiveer kortliks waarom ŉ betonmenger met ŉ petrolenjin slegs in die
       buitelug gebruik mag word.                                                           (2)

1.6    Noem TWEE vereistes vir die berging van sement.                          (2 x 1)     (2)

1.7    Waarom moet waarskuwingstekens vertoon word waar werkers oorhoofse
       werk doen?                                                                           (1)

1.8    Noem VIER vereistes vir die berging van gevaarlike materiaal in die werkplek.
                                                                              (4 x 1)       (4)

1.9    Noem die DRIE bestanddele om benodig word om gidspleister te meng. (3 x 1) (3)

1.10   Noem DRIE gebruike vir gidspleister.                                      (3 x 1)    (3)

1.11   Motiveer kortliks waarom growwe aggregaat nie in ŉ daghamengsel gebruik
       moet word nie.                                                                       (1)

1.12   Identifiseer die tipe bordprodukte wat vir die volgende werk gebruik sal word:

       1.12.1 Agterkant van kaste                                                           (1)

       1.12.2 Bekisting vir beton                                                           (1)

1.13   Beskryf kortliks die verskil tussen pleisterstene en sierstene.                      (2)

1.14   Noem TWEE gebruike van gietyster.                                        (2 x 1)     (2)
                                                                                           [30]

 Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                     SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING                  (EC/NOVEMBER 2022)

VRAAG 2: TOERUSTING, GEREEDSKAP EN GRAFIKA (GENERIES)

2.1 Motiveer kortliks waarom die rondepuntskopgraaf nie effektief is om
    fondamentslote haaks af te werk nie.                                (1)

2.2 Noem DRIE handgereedskapstukke wat gebruik kan word om stene te sny.
                                                                   (3 x 1)             (3)

2.3 Identifiseer die gereedskapstuk wat vir die volgende werk gebruik sal word:

     2.3.1 Dra van pleister sodat dit op ŉ muur aangewend kan word                     (1)

     2.3.2 Vir afstryking van gepleisterde mure                                        (1)

     2.3.3 Om ŉ geronde rand langs buitehoeke te skep                                  (1)

     2.3.4 Opknapping van klein areas wat opgevul moet word                            (1)

2.4 Beskryf kortliks die verskil in gebruik van ŉ kloofsaag en ŉ dwarssaag.            (2)

2.5 Benoem die gereedskapstukke in FIGURE 2.5.1 tot 2.5.3 hieronder en noem
    EEN gebruik van elk.

            FIGUUR 2.5.1              FIGUUR 2.5.2              FIGUUR 2.5.3
                                                                           (3 x 2) (6)

2.6 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die konstruksiemasjien in
    FIGUUR 2.6.

                                      FIGUUR 2.6

     2.6.1 Wat word hierdie gereedskapstuk genoem?                                     (1)

     2.6.2 Beskryf die doel van hierdie masjien.                                       (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)             SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING                           5

2.7     FIGUUR 2.7 op ANTWOORDBLAD 1 toon die isometriese aansig van ŉ
        T-aansluiting van ŉ halfsteenmuur in strykverband.
        Gebruik ANTWOORDBLAD 1 en teken die vooraansigte van die steenmuur
        op skaal 1 : 10.                                                              (13)

2.8    Beskryf die doel van detailtekeninge.                                           (2)

2.9    Noem DRIE besonderhede wat op ŉ terreinplan aangedui moet word. (3 x 1)         (3)

2.10 Maak netjiese sketse om die volgende simbole op vloerplanne te illustreer.

       2.10.1 Waterkloset                                                              (2)

       2.10.2 Warmwatersilinder                                                        (2)
                                                                                      [40]

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                       SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING               (EC/NOVEMBER 2022)

VRAAG 3: HOEVEELHEDE, VERBINDINGS EN GRAFIKA (GENERIES)

3.1   FIGUUR 3.1 toon die fondamentstroke vir ŉ gebou.
      Die fondamente is 600 mm breed en 200 mm dik.
      ŉ Betonmengsel van 1 : 4 : 4 word gebruik.

                                                 9 000

                6 000

                                          FIGUUR 3.1

      3.1.1    Bereken die hartlyn van die fondament.                                  (5)

      3.1.2    Bereken die volume beton benodig.                                       (3)

3.2   ŉ Eensteenmuur van 1,2 m hoog en 12 m lank moet opgerig word.
      Bereken die hoeveelheid stene wat vir die muur benodig word.
      Toon ALLE berekeninge.                                                           (5)

3.3   Beskryf die aanwendingsprosedure van PVC-lym, wanneer PVC-pype gelas
      word.                                                                            (4)

3.4   Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs ‘waar’ of
      ‘onwaar’ langs die vraagnommer in die ANTWOORDEBOEK.

      3.4.1    Kontaklym is rubberig.                                                  (1)

      3.4.2    Kontaklym word net aan een oppervlak gesmeer om vas te sit.             (1)

      3.4.3    Kontaklym moet ten minste 5 mm dik aangewend word.                      (1)

      3.4.4    Silikoon is hittewerend.                                                (1)

      3.4.5    Silikoon het ŉ lae toksisiteit.                                         (1)

3.5   Noem TWEE voorsorgmaatreëls wanneer epoksie gebruik word.              (2 x 1)   (2)

3.6   Maak ŉ netjiese skets van ŉ standaard boutekenpraktyk noordpyl.                  (2)
Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)              SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING                          7

3.7    Beskryf die posisie van die noordpyl op ŉ tekenvel.                            (2)

3.8    Identifiseer die volgende tekensimbole:

       3.8.1
                     40 W                                                             (1)

       3.8.2
                                                                                      (1)
                                                                                     [30]

                                                             TOTAAL AFDELING A: 100

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                       SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING                  (EC/NOVEMBER 2022)

VRAAG 4:       VENSTERS, DEURE, MUURPANEELWERK EN VERBINDINGS
               (SPESIFIEK)

Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

4.1   Bestudeer FIGUUR 4.1 hieronder wat die onderste hoek aan die binnekant
      van ŉ geraamde Z-plankdeur toon.

                                            FIGUUR 4.1

      4.1.1    Identifiseer dele A tot C.                                               (3)

      4.1.2    Wat is die doel van die twee spanstukke of stutte van die deur?          (2)

      4.1.3    Gee ŉ rede waarom stomptapvoeë vir die buiterande van die
               kosyndele verkies word.                                                  (1)

4.2   Noem die veiligheidsgereedskap wat jy sal gebruik om jou oë te beskerm
      wanneer jy ŉ elektriese handboor gebruik.                                         (1)

4.3   Noem EEN voeg wat gebruik mag word om die styl met die boreling van die
      deur te verbind.                                                                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING                            9

 4.4    FIGUUR 4.4 hieronder toon die vertikale snit/deursneë deur, ŉ sekere
        gedeelte van dubbelswaairaam venster. Bestudeer die prent en
        beantwoord die vrae wat volg.

                                          FIGUUR 4.4

        4.4.1    Wat is die funksie van F?                                                (2)

        4.4.2    Identifiseer dele A tot E.                                               (5)

 4.5    Verskaf DRIE redes vir die gebruik van muurpanele.                                (3)

 4.6    Identifiseer die volgende lyste A–C:

                     A                         B                      C
                                                                              (3 x 1)     (3)

 4.7    Noem EEN metode om ŉ rak aan ŉ muur te heg.                                       (1)

 4.8    Wat is die funksie van ŉ hegoor aan ŉ metaaldeurkosyn?                            (2)

 4.9    Teken ŉ netjiese tekening in goeie verhouding van die metode om die
        hout/planke aan die onderkant van ŉ geraamde Z-plankdeur vas te maak.             (6)
                                                                                         [30]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                      SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING              (EC/NOVEMBER 2022)

VRAAG 5: FORMELE, BEKISTING EN SKORING (SPESIFIEK)

5.1   FIGUUR 5.1 hieronder toon die horisontale deursneeaansig van ŉ vierkantige
      kolom.

      Bestudeer FIGUUR 5.1 en identifiseer dele A tot D. Skryf slegs die antwoord
      langsaan die letter (A–D) in jou ANTWOORDEBOEK, bv. Kolom.

                                            FIGUUR 5.1

      5.1.1    Identifiseer dele A tot D.                                            (4)

      5.1.2    Verduidelik die funksie van E.                                        (1)

      5.1.3    Gee die naam en doel van deel F.                                      (2)

5.2   Verduidelik die volgende:

      5.2.1    Die doel van skoring                                                  (5)

      5.2.2    Leunskoor                                                             (1)

5.3   Onderskei tussen die funksies van die volgende komponente in lugskoring:

      5.3.1    Streekbalke en klampe                                                 (1)

      5.3.2    Skuins-stutte                                                         (1)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING                         11

5.4    FIGUUR 5.4 hieronder toon die prentaansig van die konstruksie onder die
       formeel van platboog. Bestudeer die prent en beantwoord die vrae wat volg.

                                          FIGUUR 5.4

       5.4.1    Identifiseer dele A tot D.                                             (4)

       5.4.2    Verduidelik EEN gebruik van A soos in FIGUUR 5.4 getoon.               (1)

5.5    Verduidelik wat ŉ formeel is.                                                   (4)

5.6    Gee die vereistes vir ŉ formeel.                                                (6)
                                                                                      [30]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                     SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING                    (EC/NOVEMBER 2022)

VRAAG 6:      FORMELE, BEKISTING, SKORING, YSTERWARE, PLAFONNE EN
              HANGVLOERE (SPESIFIEK)

6.1    Bespreek die verskil tussen bekisting en ontkisting.                              (2)

6.2    Watter tipe behandeling sal jy van gebruik maak vir die houtdele van
       bekisting en waarom sal jy dit doen?                                              (6)

6.3    Benoem TWEE bordprodukte wat jy vir die kante van bekisting kan gebruik.          (2)

6.4    Benoem die funksie van die volgende komponente van ŉ plafon:

       6.4.1 Plafonlatte                                                                 (1)

       6.4.2 Dekstroke                                                                   (1)

6.5    Verduidelik die uitleg van ŉ plafon vir ŉ vertrek.                                (3)

6.6    FIGUUR 6.6 op ANTWOORDBLAD 2 toon die vertikale aansig van ŉ muur,
       voetplaat en soffit-bekistingsbord van ŉ vloerblad.
       Voltooi die tekening en toon al die verskillende dele deur ŉ skaal van 1 : 20
       te gebruik.                                                                      (10)

6.7    Beskryf wat die doel van wigpare in die oprigtingsproses van ŉ vloerblad.         (2)

6.8    Verduidelik die doel van jukke of ŉ kraag in die bekistingsproses van ŉ
       vierkantige kolom.                                                                (2)

6.9    Identifiseer of die volgende WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs die woord
       word ‘waar’ of ‘onwaar’ langs die vraagnommers (6.9.1–6.9.4) in die
       ANTWOORDEBOEK neer.

       6.9.1 Skoring is ŉ permanente konstruksie wat gebruik word om ŉ muur te
             verstewig of ondersteun.                                                    (1)

       6.9.2 Leunskoor word bo op fondasie uitgrawings gebruik om dit te
             ondersteun.                                                                 (1)

       6.9.3 Enkellugskoor word gebruik om ondersteuning te verleen tussen twee
             mure wat langs mekaar by aangrensende geboue staan.                         (1)

       6.9.4 Die voetplaat verskaf ondersteuning op die grond vir die skoring en
             stut en word teen ŉ muur vasgemaak.                                         (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)              SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING                              13

6.10   Identifiseer die skarnier en die verskillende dele A tot E in FIGUUR 6.10.

                                       FIGUUR 6.10                                        (6)

6.11    Wat is die doel van die opening onder die hanghoutvloer?                          (2)
                                                                                         [40]

                                                                         TOTAAL:         200

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                   SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING            (EC/NOVEMBER 2022)

                           HOUTBEWERKING
 ANTWOORDBLAD        1                           NAAM:
                          SIVIELE TEGNOLOGIE

2.7   FIGUUR 2.7 op ANTWOORDBLAD 1 toon die isometriese aansig van ŉ
      T-aansluiting van ŉ halfsteenmuur in strykverband.
      Gebruik ANTWOORDBLAD 1 en teken die vooraansig van die steenmuur op
      skaal 1 : 10.                                                           (13)

                                FIGUUR 2.7

       T-aansluiting                4
       Steengrootes / Skaal         3
       Hoogte en lengte             2
       Strykverband                 2
       Lynwerk / Netheid            2
                         TOTAAL:    13

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)             SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING                             15

                               HOUTBEWERKING
 ANTWOORDBLAD          2                               NAAM:
                             SIVIELE TEGNOLOGIE

6.6      FIGUUR 6.6 op die ANTWOORDBLAD 2 toon die vertikale aansig van ŉ
         muur met ŉ voetplaat en soffiet-bekistingbord vir ŉ vloerblad.
         Voltooi die teken en teken al die dele van die bekisting van die vloerblad
         op ŉ skaal van 1 : 20.                                                        (10)

                                                  Wigpaar                  2
                                                  Stut                     2
                                                  Dwarsdraers              2
                                                  Draer                    2
                                                  Skaal                    2
                                                                  TOTAAL: 10

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

## Related documents

- [CIV TECH GR11 MEMO NOV2022 Woodworking Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr11-memo-nov2022-woodworking-afrikaans/16d10915-16d2-413b-a24e-24b5588c3601) — Civil Technology · Memo · 2022 · Afr
- [CIV TECH GR11 MEMO NOV2022 Civil Services Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr11-memo-nov2022-civil-services-afrikaans/85a9ce14-da0c-4943-8570-643c7a62e6a8) — Civil Technology · Memo · 2022 · Afr
- [CIV TECH GR11 MEMO NOV2022 Construction Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr11-memo-nov2022-construction-afrikaans/6d31745c-a94c-4612-8aef-4e9b624a57b0) — Civil Technology · Memo · 2022 · Afr
- [CIV TECH GR11 MEMO NOV2019 Wood Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr11-memo-nov2019-wood-afrikaans/6676473a-c433-499a-94aa-94afc96d8fac) — Civil Technology · Memo · 2019 · Afr
- [Civil Technology PAT GR 11 2017 Afr](https://www.hlayiso.com/library/civil-technology-pat-gr-11-2017-afr/a3343c80-97f0-4a9a-ada6-05c2a9b16dc9) — Civil Technology · PAT · 2017 · Afr
- [CVLT (REVISED) - GR11 QP - ENG - NOV2020 - CONSTRUCTION .docx](https://www.hlayiso.com/library/cvlt-revised-gr11-qp-eng-nov2020-construction-docx/6fa10e98-7e20-4559-b2c1-946bde02be3b) — Civil Technology · QP · 2020 · Eng

## More from Grade 11 Civil Technology

- [Gr 11 Cons ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-cons-atp-2023-24/5adb6254-7b36-487a-a882-c42b36bf49b7) — ATP
- [Gr 11 Civil Ser ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-civil-ser-atp-2023-24/91ce1dc1-91cc-4a38-926b-b3d45f5b5305) — ATP
- [CVLT (REVISED) - GR11 MEMO - ENG - NOV2020 - CONSTRUCTION](https://www.hlayiso.com/library/cvlt-revised-gr11-memo-eng-nov2020-construction/d40cb274-e44e-4178-a52a-e6714d55b98d) — Memo · 2020 · Eng
- [ENG gr 11 nov 20 memo](https://www.hlayiso.com/library/eng-gr-11-nov-20-memo/de9d7a6b-7edf-40d5-a86e-39789472cda5) — Memo · 2020 · Eng
- [AFR gr 11 nov 20 siviel memo](https://www.hlayiso.com/library/afr-gr-11-nov-20-siviel-memo/f6360f75-a7cf-4879-8d54-73dfce5e0bff) — Memo · 2020 · Afr
- [CVLT GR11 MEMO NOV2020 ENG D](https://www.hlayiso.com/library/cvlt-gr11-memo-nov2020-eng-d/9c5423dd-1831-4500-ab62-ef37af228d69) — Memo · 2020 · Eng

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
