# Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2021 QP (Afr)

> Grade 12 Civil Technology question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2021 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr12-qp-sept2021-afrikaans-civil-services/e4cd41b3-94bf-4bdd-94a4-d383184ef97e
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Civil Technology
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2021
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Civil Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/civil-technology) › [Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2021 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr12-qp-sept2021-afrikaans-civil-services/e4cd41b3-94bf-4bdd-94a4-d383184ef97e)

## About this document

Civil Technology · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2021 · Afrikaans. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                             NASIONALE
                         SENIOR SERTIFIKAAT

                                GRAAD 12

                          SEPTEMBER 2021

         SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE

PUNTE:    200

TYD:      3 uur

          Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye, insluitend 3 antwoordblaaie.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                       SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE               (EC/SEPTEMBER 2021)

BENODIGDHEDE:

1.    ANTWOORDEBOEK

2.    Tekeninstrumente

3.    ŉ Nieprogrammeerbare sakrekenaar

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae: TWEE vrae is generies en VIER vrae is
      vakspesifiek.

2.    Beantwoord AL die vrae.

3.    Beantwoord elke vraag as ŉ geheel. MOENIE onderafdelings van vrae skei NIE.

4.    Begin die antwoord van ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

5.    MOENIE in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.

6.    Jy mag sketse gebruik om jou antwoorde te illustreer.

7.    Skryf ALLE berekeninge en antwoorde in die ANTWOORDEBOEK of op die
      aangehegte ANTWOORDBLAAIE.

8.    Gebruik die puntetoekenning as ŉ riglyn vir die lengte van jou antwoorde.

9.    Maak tekeninge en sketse met potlood, volledig gemaatskryf en netjies met
      beskrywende opskrifte en aantekeninge afgerond, in ooreenstemming met die
      SANS/SABS se Gebruikskode vir Boutekenpraktyk.

10. Vir die doel van hierdie vraestel moet die grootte van ŉ steen as
    220 mm x 110 mm x 75 mm geneem word.

11. Gebruik jou eie oordeel waar afmetings en/of inligting ontbreek.

12. Beantwoord VRAAG 2.1, 3.6 en 6.1 op die aangehegte ANTWOORDBLAAIE
    deur, waar nodig, van tekeninstrumente gebruik te maak, waar nodig.

13. SKRYF jou NAAM op elke ANTWOORDBLAD en lewer dit saam met jou
    ANTWOORDEBOEK in, of jy die vrae beantwoord het of nie.

14. As gevolg van elektroniese kopiëring is tekeninge in die vraestel NIE volgens
    skaal NIE.

15. Google Images is as die bron vir alle foto’s en prentjies gebruik.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)             SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE                            3

VRAAG 1: VEILIGHEID EN MATERIAAL (GENERIES)

Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

1.1 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die steierwerk in FIGUUR 1.1.

         A                                                            E
        B

         C

         D

                                       FIGUUR 1.1

      1.1.1    Benoem onderdele A tot D.                                        (4 x 1)        (4)

      1.1.2    Wat is die minimum breedte en dikte van deel B?                  (2 x 1)        (2)

      1.1.3    Wat is die doel van deel D?                                                     (1)

      1.1.4    Wat is die minimum en maksimum mates van E?                     (2 x 1)         (2)

1.2 Beskryf die regulasie wat van toepassing is op die volgende fasette wanneer
    materiaal op ŉ konstruksieterrein hanteer word:

      1.2.1    Plasing van bourommel                                                           (1)

      1.2.2    Wanneer materiaal na hoër vlakke vervoer word                                   (1)

1.3 Noem DRIE metodes om te verseker dat ŉ leer stabiel is wanneer dit gebruik
    word.                                                              (3 x 1)                 (3)

1.4 Wat word die horisontale dele van ŉ leer genoem?                                           (1)

1.5 Verduidelik die proses van elektroplatering van ŉ metaal.                                  (2)

1.6 Verduidelik die doel van elektroplatering van ŉ metaal.                                    (1)

1.7 Noem TWEE voordele van galvanisering.                                       (2 x 1)     (2)
                                                                                           [20]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                        SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE             (EC/SEPTEMBER 2021)

VRAAG 2: GRAFIKA, VERBINDINGS EN TOERUSTING (GENERIES)

2.1 FIGUUR 2.1 op ANTWOORDBLAD A toon die vloerplan van ŉ stoorkamer op
    skaal 1 : 50. Teken die suid-aansig op skaal 1 : 50 op ANTWOORDBLAD A
    vanaf die gegewe grondvlaklyn deur die volgende inligting te gebruik:

      •   Die vloervlakhoogte bokant die grondvlak is 200 mm
      •   Muurhoogte vanaf die vloervlak tot by die plafon is 2 600 mm
      •   Venster 1 is 1 200 x 900 mm
      •   Deur 1 is 1 100 x 2 100 mm
      •   Deurknop
      •   Dakkonstruksiehelling is 30°
      •   Toon konstruksielyne om die dakhoogte te bepaal
      •   Geuwelent by die wes-aansig
      •   Skildak by die oos-aansig

      Gebruik die puntetabel op ANTWOORDBLAD A as verwysing.                              (29)

2.2 Identifiseer die tipe moere in FIGUUR A tot C.

                     A                       B                           C     (3 x 1)      (3)

2.3 Noem TWEE eienskappe van rawl-boute.                                        (2 x 1)     (2)

2.4 Bespreek hoe die hoogte van die driepoot by die opstel van ŉ bukswaterpas
    gestel moet word.                                                                       (3)

2.5 Noem DRIE materiale wat deur ŉ multidetektor in mure opgespoor kan word.
                                                                        (3 x 1)             (3)
                                                                                           [40]

                                                            TOTAAL AFDELING A:              60

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)              SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE                           5

VRAAG 3: VEILIGHEID, MATERIAAL EN KONSTRUKSIE (SPESIFIEK)
Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

3.1 FIGUUR 3.1 toon werkers wat in ŉ mangat moet werk. Beantwoord die
    volgende vrae ten opsigte van die veiligheidsmaatreëls wat toegepas moet
    word.

           A                                                                   B

                                        FIGUUR 3.1

      3.1.1    Wat is die doel van struktuur A?                                                (1)

      3.1.2    Wat is die doel van toerusting B?                                               (1)

      3.1.3    Beskryf kortliks in watter omstandighede toerusting B gebruik sal word.         (2)

      3.1.4    Watter  persoonlike    beskermingtoerusting      ontbreek   by  die
               mangatwerker, indien daar gevaarlike gasse in die mangat sou wees?              (1)

3.2 Watter veiligheidsmaatreël moet toegepas word waar vallende voorwerpe
    werkers kan beseer?                                                                        (1)

3.3 Veiligheidsmaatreëls gedurende konstruksiewerk is baie belangrik. Identifiseer
    TWEE tipes kraggereedskap wat beveilig moet word.                      (2 x 1)             (2)

3.4 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs ‘waar’ of
    ‘onwaar’ langs die vraagnommers (3.4.1–3.4.4) in die ANTWOORDEBOEK.

      3.4.1    Ontsinking is ŉ vorm van korrosie.                                              (1)

      3.4.2    Koper-sinkallooie wat meer as 5% sink bevat, is vatbaar vir ontsinking.         (1)

      3.4.3    Ontsinking is ŉ elektrochemiese reaksie tussen sink en water.                   (1)

      3.4.4    Ontsinking kan lekkasies in pypwerk veroorsaak.                                 (1)

3.5 Verduidelik volledig wat die elektrolitiese skoonmaking van ŉ metaaloppervlak
    beteken.                                                                                   (4)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                        SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE                 (EC/SEPTEMBER 2021)

3.6 FIGUUR 3.6 op ANTWOORDBLAD B toon laag 1 van ŉ T-aansluiting in ŉ
    eensteenmuur in strykverband. Teken die alternatiewe laag van die
    T-aansluiting op skaal 1 : 10 op ANTWOORDBLAD B.                                         (7)

3.7 Watter tipe steenverband word in FIGUUR 3.7 geïllustreer?

                                        FIGUUR 3.7                                           (1)

3.8 Wat is die doel van ŉ mangat in ŉ rioolstelsel?                                          (1)

3.9 Maak ŉ netjiese deursneeskets in goeie verhouding om ŉ mangatkonstruksie
    met vloeivulling te illustreer. Toon die volgende dele en dui dit met byskrifte aan:

     •   Betonbasis
     •   Steenmure
     •   Pypkanaal
     •   Vloeivulling
     •   Dekselraam en deksel                                                    (5 x 1)     (5)
                                                                                            [30]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)               SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE                        7

VRAAG 4: KOUEWATERVOORSIENING, WARMWATERVOORSIENING EN
         GEREEDSKAP (SPESIFIEK)

4.1   Noem DRIE eienskappe waaraan water vir menslike gebruik moet voldoen.
                                                                          (3 x 1)            (3)

4.2   Wat is die doel van die pakkingdrukstuk in die omhulsel van ŉ afsluitkraan?            (1)

4.3   Motiveer kortliks waarom die invloeipyp van die vlotterklep die water by die
      bodem van die waterbak vrylaat.                                                        (1)

4.4   Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die klep in FIGUUR 4.4.

          A                                                             B

                                           FIGUUR 4.4

      4.4.1    Wat word die klep genoem?                                                     (1)

      4.4.2    Is A of B die korrekte vloeirigting vir die klep?                             (1)

      4.4.3    Is die klep oop of toe?                                                       (1)

      4.4.4    In watter omstandighede word die klep gebruik?                                (1)

4.5   Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van FIGUUR 4.4.

                      A
                                           FIGUUR 4.4

      4.5.1    Wat word die struktuur genoem?                                                (1)

      4.5.2    Beskryf kortliks die doel van dié struktuur.                                  (2)

      4.5.3    Wat word deel A genoem?                                                       (1)

      4.5.4    Wat is die doel van deel A?                                                   (1)
Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                        SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE               (EC/SEPTEMBER 2021)

4.6   Verduidelik kortliks die verskil tussen drekwater en vuilwater.                        (2)

4.7   Beskryf TWEE voordele van elektroniese krane.                               (2 x 1)    (2)

4.8   Motiveer waarom modderwater uit gebarste watertoevoerpype gepomp moet
      word voordat dit herstel word.                                                         (2)

4.9   Identifiseer die volgende simbole en afkortings vir warmwaterstelsels.

      4.9.1

                                                                                             (1)

      4.9.2          C
                     H              T
                                                                                             (1)

      4.9.3

                                                                                             (1)

      4.9.4   FV                                                                             (1)

      4.9.5   PVC                                                                            (1)

4.10 Maak netjiese sketse van die volgende simbole vir warmwaterstelsels:

      4.10.1 Drukverlagingsklep                                                              (2)

      4.10.2 Vakuumverligtingsklep                                                           (2)

4.11 Verduidelik hoe ŉ lugslot ontstaan en ŉ watertoevoerstelsel beïnvloed.                  (4)

4.12 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs ‘waar’ of
     ‘onwaar’ langs die vraagnommers (4.12.1–4.12.3) in die ANTWOORDEBOEK.

      4.12.1 ŉ Hittepomp is energiedoeltreffend.                                             (1)

      4.12.2 ŉ Songeiser verminder kweekhuisgasse.                                           (1)

      4.12.3 Swak warmwaterdruk word deur foutiewe kleppe veroorsaak.                        (1)

4.13 Waarom moet lospassende kleredrag vermy word wanneer met die
     pypskroefdraad-snymasjien gewerk word?                                                  (1)

4.14 Noem TWEE gereedskapstukke wat gebruik word om verstoppings in riole te
     verwyder.                                                         (2 x 1)               (2)

4.15 Watter masjien word vir die druktoetsing van waterstelsels gebruik?                     (1)
                                                                                            [40]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)              SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE                           9

VRAAG 5: RIOLERING EN HOEVEELHEDE (SPESIFIEK)

5.1   Beskryf die volgende vereistes vir ŉ doeltreffende rioolstelsel:

      5.1.1 Die afwerking van die binnekant van die pype                                   (1)

      5.1.2 Minimum deursnee van die pype                                                  (1)

      5.1.3 Plasing van mangate                                                            (3)

5.2   Verduidelik die omstandighede waar gietsyster-rioolpype gebruik moet word.           (2)

5.3   Noem TWEE eienskappe van erde-rioolpype.                                   (2 x 1)   (2)

5.4   Maak ŉ netjiese snitaansigskets van ŉ koppelsoklas vir rioolpype.                    (3)

5.5   Noem TWEE posisies in ŉ rioleringstelsel waar rioolputte geïnstalleer moet
      word.                                                                  (2 x 1)       (2)

5.6   Kies die korrekte beskrywing ten opsigte van die septiese tenk.

      5.6.1 Rioolvuil / Vuilwater vloei vanaf die tapkraan / spoelkloset in die
            eerste kamer in.                                                               (2)

      5.6.2 Swaarder deeltjies word in die vloeivulling agter gehou. / sink na die
            bodem van die kamer.                                                           (1)

      5.6.3 Virusse / Bakterieë ontbind die vaste afval, en sit dit in ŉ gas /
            vloeistof om.                                                                  (2)

      5.6.4 Die slyk / vloeistof moet gereeld skoongemaak word.                            (1)

5.7   Gee die kleurkodering vir die volgende rioleringtoebehore:

      5.7.1 Drekwaterpype                                                                  (1)

      5.7.2 Vuilwaterlugpype                                                               (1)

      5.7.3 Bestaande riole                                                                (1)

5.8   Identifiseer die volgende afkortings vir rioleringtoebehore:

      5.8.1 IR                                                                             (1)

      5.8.2 ST                                                                             (1)

      5.8.3 SO                                                                             (1)

5.9   Wat is die doel van die lugdruktoets vir riole?                                      (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                      SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE             (EC/SEPTEMBER 2021)

5.10 Die sy van ŉ kubusvormige watertoevoertenk is 1 800 mm.
     Bereken die volgende volumes van die tenk:
     (Toon alle berekeninge en formules.)

      5.10.1 Die volume van die tenk                                                    (3)

      5.10.2 Die volume van die water in die tenk                                       (2)

5.11 FIGUUR 5.11 toon die prentaansig van ŉ deel van die uitleg van ŉ
     dreineringstelsel. Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die stelsel.

              0                      1                        2 meter

                  A

                                                     C
                                                         C

               B                                                  D

                                       FIGUUR 5.11

      5.11.1 Benoem die sanitêre toebehore A tot D.                                     (4)

      5.11.2 Wat is die deursnee-grootte van deel B?                                    (1)

      5.11.3 Wat is die deursnee-grootte van deel D?                                    (1)

      5.11.4 Van watter tipe materiaal word die toebehore vervaardig?                   (1)

      5.11.5 Gebruik die grafiese skaal in FIGUUR 5.11 en bereken die lengte van
             deel C.                                                                    (1)
                                                                                       [40]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)              SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE                        11

VRAAG 6:       GRAFIESE KOMMUNIKASIE, DAKWERK, STORMWATER EN
               VERBINDINGS (SPESIFIEK)

6.1     FIGUUR 6.1 op ANTWOORDBLAD C toon die bo- en vooraansig van ŉ
        silindriese pyp.
        Teken die ontvouing van die silindriesepyp op ANTWOORDBLAD C. Toon
        alle konstruksielyne.                                                           (12)

6.2     Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs ‘waar’ of
        ‘onwaar’ langs die vraagnommer in die ANTWOORDEBOEK.

        6.2.1 GSS-geute het ŉ helling van 25 mm vir elke 4,8 m.                             (1)

        6.2.2 Die geutsteunarms word aan die fassieplank geheg.                             (1)

        6.2.3 ŉ Kloofsaag word gebruik om GSS-geute op mate te saag.                        (1)

        6.2.4 Die lasse van GSS-geute word met 50/50 soldeersel gesoldeer.                  (1)

6.3     Wat is die doel van ŉ koppelklem wanneer PVC-geute geïnstalleer word?               (1)

6.4     Waar, in ŉ geutstelsel, word ŉ afvoerpypskoen geïnstalleer?                         (1)

6.5     Bespreek die volgende regulasies wat op stormwaterafvoer van toepassing
        is.

        6.5.1 Reënwater wat om geboue versamel                                              (2)

        6.5.2 Dreineringsputte                                                              (2)

6.6     Noem DRIE negatiewe gevolge van stormwaterkonstruksies wat nie aan die
        vereistes voldoen nie.                                           (3 x 1)            (3)

6.7     Bespreek die doel van die vloeimiddel wanneer soldeerwerk gedoen word.              (2)

6.8     Watter tipe soldeervloeimiddel word van dennebas vervaardig?                        (1)

6.9     Identifiseer die tipe lasmetodes in FIGURE 6.9.1 en 6.9.2.

                       FIGUUR 6.9.1                          FIGUUR 6.9.2                (2)
                                                                                        [30]

                                                                            TOTAAL:     200

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                      SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE              (EC/SEPTEMBER 2021)

ANTWOORDBLAD               SIVIELE TEGNOLOGIE        NAAM:
                       A        GENERIES

2.1 FIGUUR 2.1 op ANTWOORDBLAD A toon die vloerplan van ŉ stoorkamer op
    skaal 1 : 50. Teken die suid-aansig op skaal 1 : 50 op ANTWOORDBLAD A
    vanaf die gegewe grondvlaklyn.                                        (29)

                           4 200

                           3 640

                                                     2 740   3 300

       SKAAL 1 : 50

                                                                     Vloervlak    2
                                                                     Muur         3
                                                                     Venster      3
                                                                     Vensterbank  1
                                                                     Deur         4
                                                                     Trap         1
                                                                     Oprit        1
                                                                     Fassieplank  2
                                                                     Geut         1
                                                                     Afleipyp     1
                                                                     Geuwelent    4
                                                                     Skildak      3
                                                                     Dakhoogte    3
                                                             NGV         TOTAAL: 29

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)            SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE                        13

                             SIVIELE TEGNOLOGIE      NAAM:
 ANTWOORDBLAD            B     SIVIELE DIENSTE

3.6   FIGUUR 3.6 op ANTWOORDBLAD B toon laag 1 van ŉ T-aansluiting in ŉ
      eensteenmuur in strykverband. Teken die alternatiewe laag van die
      T-aansluiting op skaal 1 : 10 op ANTWOORDBLAD B.                              (7)

                                                 Steenwerk                   6
                                                 Toepassing van skaal        1
                                                               TOTAAL:       7

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                      SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE        (EC/SEPTEMBER 2021)

                            SIVIELE TEGNOLOGIE        NAAM:
 ANTWOORDBLAD           C     SIVIELE DIENSTE

6.1    FIGUUR 6.1 op ANTWOORDBLAD C toon die bo- en vooraansig van ŉ
       silindriesepyp.
       Teken die ontvouing van die silindriese pyp op ANTWOORDBLAD C. Toon
       alle konstruksielyne.                                                   (12)

                        A
  VOORAANSIG

                                Verdeellyne 0–12 op boaansig              6
      BOAANSIG                  Basislyn A–B                              1
                                Verdeellyn AE                             2
                                Vertikale konstruksielyne 0–12            2
                                Naatlyne A–C en B–D                       1
                                                                  TOTAAL: 12

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

## Related documents

- [CIV TECH GR12 QP SEPT2021 Afrikaans Construction](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr12-qp-sept2021-afrikaans-construction/19e5865a-d8a9-4741-b562-b0158255fd68) — Civil Technology · QP · 2021 · Afr
- [CIV TECH GR12 QP SEPT 2023 Construction Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr12-qp-sept-2023-construction-afrikaans/97f8938d-02eb-46a4-a681-ef07b440e38f) — Civil Technology · QP · 2023 · Afr
- [CIV TECH GR12 QP SEPT2023 Civil Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr12-qp-sept2023-civil-afrikaans/3d971330-fbba-4185-b58b-8e57fbcde1cc) — Civil Technology · QP · 2023 · Afr
- [CIV TECH GR12 QP SEPT2023 Woodworking Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr12-qp-sept2023-woodworking-afrikaans/3e001b9e-95a3-4e0c-ad76-9bcfe29c6fff) — Civil Technology · QP · 2023 · Afr
- [CIV TECH GR12 QP SEPT2022 Woodworking Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr12-qp-sept2022-woodworking-afrikaans/c4790570-dabd-463c-94fa-aa1715b1a542) — Civil Technology · QP · 2022 · Afr
- [CIVIL TECH GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/civil-tech-gr12-qp-sept2017-afrikaans/34ee00b4-5e69-4625-8608-29bedd7c351e) — Civil Technology · QP · 2017 · Afr

## More from Grade 12 Civil Technology

- [Civil Technology (Woodworking) (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/civil-technology-woodworking-afrikaans-june-2025-possible-answers/c0a65d19-28ca-4ac3-8c61-d4627d2a3133) — Memo · 2025 · Afr
- [Civil Technology Nov 2025 (Construction) MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-civil-technology-2025-nsc-november-exam-memorandum/0e265899-dc44-4809-aabf-8f374f1af392) — Memo · 2025 · Eng
- [CIV TECH GR12 MEMO SEPT2024 Construction Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr12-memo-sept2024-construction-afrikaans/162bcc65-80ad-4384-b293-36da22468b06) — Memo · 2024 · Afr
- [Civil Technology Nov 2022 (Civil Services) MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/civil-technology-nov-2022-civil-services-mg-afr/42b5315c-825c-40e3-b394-85e0253fc0fb) — Memo · 2023 · Afr
- [Civil Technology Nov 2023 (Construction) Eng](https://www.hlayiso.com/library/civil-technology-nov-2023-construction-eng/e6743728-8140-42ae-838d-282654a975a5) — QP · 2023 · Eng
- [Civil Technology Nov 2023 (Civil Services) Afr](https://www.hlayiso.com/library/civil-technology-nov-2023-civil-services-afr/b820ac91-947c-4aed-821f-256aa13aabe1) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
