# Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)

> Grade 12 Civil Technology question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2022 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr12-qp-sept2022-civil-services-afrikaans/deacc60f-a48c-4864-8724-653042e6b36b
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Civil Technology
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Civil Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/civil-technology) › [Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr12-qp-sept2022-civil-services-afrikaans/deacc60f-a48c-4864-8724-653042e6b36b)

## About this document

Civil Technology · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2022 · Afrikaans. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                          SENIOR SERTIFIKAAT

                                  GRAAD 12

                           SEPTEMBER 2022

         SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE

PUNTE:    200

TYD:      3 uur

          Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye, insluitend 2 antwoordblaaie.

### Page 2

2                      SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE                (EC/SEPTEMBER 2022)

BENODIGDHEDE:

1.    Tekeninstrumente

2.    ŉ Nieprogrammeerbare sakrekenaar

3.    ANTWOORDEBOEK

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae: TWEE vrae is generies en VIER vrae is
      vakspesifiek.

2.    Beantwoord AL die vrae.

3.    Beantwoord elke vraag as ŉ geheel. MOENIE onderafdelings van vrae skei NIE.

4.    Begin die antwoord van ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

5.    MOENIE in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.

6.    Jy mag sketse gebruik om jou antwoorde te illustreer.

7.    Skryf ALLE berekeninge en antwoorde in die ANTWOORDEBOEK of op die
      aangehegte ANTWOORDBLAAIE.

8.    Gebruik die puntetoekenning as ŉ riglyn vir die lengte van jou antwoorde.

9.    Maak tekeninge en sketse met potlood, volledig gemaatskryf en netjies met
      beskrywende opskrifte en aantekeninge afgerond, in ooreenstemming met die
      SANS/SABS se Gebruikskode vir Boutekenpraktyke.

10. Vir die doel van hierdie vraestel moet die grootte van ŉ steen as 220 mm x
    110 mm x 75 mm geneem word.

11. Gebruik jou eie oordeel waar afmetings en/of inligting ontbreek.

12. Beantwoord VRAAG 2.1 en 6.1 op die aangehegte ANTWOORDBLAAIE deur,
    waar nodig, van tekeninstrumente gebruik te maak.

13. SKRYF jou NAAM op elke ANTWOORDBLAD en lewer dit saam met jou
    ANTWOORDBOEK in, of jy die vrae beantwoord het of nie.

14. Tekeninge in die vraestel is NIE volgens skaal NIE as gevolg van elektroniese
    kopiëring.

15. Google Images is as die bron van alle foto’s en prentjies gebruik.

16. Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/SEPTEMBER 2022)             SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE                       3

VRAAG 1: VEILIGHEID EN MATERIAAL (GENERIES)

Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

1.1     Definieer die term ongeluk.                                                     (2)

1.2     Noem die materiaal waarvan steiers gemaak word.                                 (1)

1.3     Kies die korrekte antwoord van die woorde tussen hakies wat betrekking op
        steiers het:

        1.3.1 Die veiligheidsfaktor wat gebruik word by steierrame is (een / twee /
              drie).                                                                    (1)

        1.3.2 Die minimum dikte van ŉ houtsteierplatform is   (38 mm / 50 mm /
              76 mm).                                                                   (1)

        1.3.3 Die minimum hoogte van die skutreling is (900 mm / 1 200 mm /
              1 500 mm).                                                                (1)

1.4     Gee TWEE redes waarom steiers ondersoek moet word, voordat dit gebruik
        kan word.                                                        (2 x 1)        (2)

1.5     Wat is die maksimum afstand van ŉ hangsteier se oorhang verby die rand
        van die struktuur?                                                              (1)

1.6     Wat is die maksimum hoogte van ŉ boksteier?                                     (1)

1.7     Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van lere.

        1.7.1 Hoekom mag net een persoon op ŉ slag ŉ leer gebruik?                       (1)

        1.7.2 Waarmee moet ŉ leer se eindpunt gemerk word vir sigbaarheid as dit
              vervoer word?                                                              (1)

        1.7.3 Noem enige EEN materiaal waarvan lere gemaak kan word.                     (1)

        1.7.4 Hoekom moet lere skoon en vry van olies en ghries gehou word?              (1)

1.8     Noem TWEE voordele van ŉ waterbasisverf.                              (2 x 1)    (2)

1.9     Noem TWEE voordele van die nabehandeling van beton.                   (2 x 1)    (2)

1.10    Noem TWEE metodes wat gebruik kan word om die korrosie by metale te
        voorkom.                                                        (2 x 1)          (2)
                                                                                        [20]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 4

4                          SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE             (EC/SEPTEMBER 2022)

VRAAG 2: GRAFIKA, VERBINDINGS EN TOERUSTING (GENERIES)

2.1 FIGUUR 2.1 op ANTWOORDBLAD A toon die buitelyne van ŉ struktuur wat op
    ŉ terrein gebou moet word. Teken die terreinplan op skaal 1 : 200 op
    ANTWOORDBLAD A sodat die struktuur in die middel van die terrein is.

      Die terreinplan moet aan die volgende vereistes voldoen.
      Gebruik die puntetabel op ANTWOORDBLAD A as verwysing.

     2.1.1    Erfgrootte is 30 m breed van oos na wes en 40 m lank van suid na
              noord.                                                                       (2)

     2.1.2    Sypaadjie van 2 m en die straat van 6 m aan die suidekant.                   (3)

     2.1.3    Bougrense is 2 m aan die ooste-, noorde- en westekant en 4 m aan
              die suidekant.                                                               (4)

     2.1.4    3 m breë ingang na die erf                                                   (2)

     2.1.5    Uitgangspeil in die noordweste hoek van die erf                              (2)

     Teken die riooluitleg op die struktuur in en toon die volgende:

     2.1.6    Spoelkloset simbool by die afkorting                                         (1)

     2.1.7    Rioolpypaansluitings                                                         (2)

     2.1.8    Steekoog met die afkorting                                                   (2)

     2.1.9    Inspeksie-oog met die afkorting                                              (2)

     2.1.10 Mangat met die afkorting                                                       (2)

     Toon die volgende mates:

     2.1.11       Lengte en breedte van die erf                                            (4)

     2.1.12       Suidelike en westelike bougense                                          (2)

2.2 Wat is die voordeel van die vierkantige skouerbout?                                    (1)

2.3 Benoem dele A tot D van die bout in FIGUUR 2.3.

              A

              B                         C           D
                                            FIGUUR 2.3
                                                                                (4 x 1)    (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/SEPTEMBER 2022)              SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE                         5

2.4 Wat is die doel van die nyloninsetsel van ŉ seskantmoer?                                (1)

2.5 Wat is die voordeel van ŉ vleuelmoer?                                                   (1)

2.6 FIGUUR 2.6 toon die bukswaterpaslesing wat geneem is op die teleskopiese
    staf. Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die lesing.

                                   1.7

                                   1.6

                                         FIGUUR 2.6

      2.6.1    Wat is die hoogtelesing op die staf?                                         (1)

      2.6.2    Bereken die afstand vanaf die bukswaterpas tot by die staf.
               Toon ALL berekeninge, formules en eenhede.                                  (4)
                                                                                          [40]

                                                             TOTAAL AFDELING A:              60

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

6                        SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE                     (EC/SEPTEMBER 2022)

VRAAG 3: VEILIGHEID, MATERIAAL EN KONSTRUKSIE (SPESIFIEK)
Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.
3.1 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs ‘waar’ of
    ‘onwaar’ langs die vraagnommer in die ANTWOORDEBOEK.
      3.1.1 ŉ Mond-en-neusmasker bied genoegsame beskerming wanneer in
            mangate met gevaarlike gasse gewerk word.                                            (1)
      3.1.2 ŉ Suigwaaier kan gebruik word om gevaarlike gasse in ŉ mangat te
            verplaas.                                                                            (1)
      3.1.3 Oop mangate moet afgesper word voordat dit betree word.                              (1)

      3.1.4 Die persoon wat ŉ mangat betree moet mediese opleiding hê.                           (1)
3.2 Beskryf die doel van veiligheidsnette bokant die deuropeninge van ŉ struktuur
    wat herstel word.                                                                            (2)

3.3 Beskryf TWEE verantwoordelikhede van die kontrakteur wanneer in hoë
    plekke gewerk word.                                                (2 x 2)                   (4)

3.4 Motiveer volledig waarom sink as ŉ hoogs reaktiewe metaal beskou word.                       (4)

3.5 Voltooi die volgende beskrywings van die faktore wat galvaniese korrosie deur
    termodinamiese en kinetiese toestande bepaal.
      •   Die verskil tussen die ... 3.5.1 ...-potensiaal van die twee metale.                   (1)
      •   Kontakweerstand by die ... 3.5.2 ... tussen die twee metale.                           (1)
      •   Elektriese weerstand van die ... 3.5.3 ...-oplossing.                                  (1)
      •   Die teenwoordigheid van ŉ ... 3.5.4 ... vlies.                                         (1)
3.6 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die struktuur in FIGUUR 3.6.

                     A
                                                                            B

                                         FIGUUR 3.6
      3.6.1 Wat word hierdie struktuur genoem?                                                   (1)
      3.6.2 Benoem dele A en B.                                                      (2 x 1)     (2)
      3.6.3 Motiveer kortliks waarom deel A met ŉ helling gebou word.                            (2)
Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/SEPTEMBER 2022)             SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE                      7

3.7 ŉ Rioollyn vir ŉ 100 mm rioolpyp vir ŉ huis moet uitgelê word. ŉ Helling van
    1 : 40 oor ŉ afstand van 20 m word gespesifiseer. Bepaal die hoogte van die
    val op die eindpunt. Toon ALLE berekeninge.                                         (3)

3.8 FIGUUR 3.8 toon die skoring vir ŉ uitgrawing. Beantwoord die volgende vrae
    ten opsigte van die skoring.

                      A
                      B
                      C

                                       FIGUUR 3.8

      3.8.1 In watter tipe grond sal die skoring gebruik word?                          (1)

      3.8.2 Noem dele A tot C van die skoring.                              (3 x 1)     (3)
                                                                                       [30]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 8

8                      SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE               (EC/SEPTEMBER 2022)

VRAAG 4: KOUEWATERVOORSIENING, WARMWATERVOORSIENING EN
         GEREEDSKAP (SPESIFIEK)

4.1   Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die watervoorsieningstelsel in
      FIGUUR 4.1.

          STRAATRAND                                          GRENSMUUR

                                     B                        E

                                     C              D
         A

                                           FIGUUR 4.1

      4.1.1   Benoem die komponente A tot D.                                     (4 x 1)      (4)

      4.1.2   Wat is die minimum afmetings by E?                                              (1)

      4.1.3   Wie is verantwoordelik vir die installering van komponent B?                    (1)

4.2   Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die klep in FIGUUR 4.2.

                                                         C
                                                         B

                                                          A

                                           FIGUUR 4.2

      4.2.1   Benoem die klep in FIGUUR 4.2.                                                  (1)

      4.2.2   Benoem dele A tot C.                                               (3 x 1)      (3)

      4.2.3   Waar sal hierdie tipe klep gebruik word?                                        (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/SEPTEMBER 2022)             SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE                            9

4.3   Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die drekwaterpasstuk in
      FIGUUR 4.3.

                                                              A

                               FIGUUR 4.3

      4.3.1    Wat is die deursneegrootte van hierdie pyp?                                      (1)

      4.3.2    Wat word die passtuk in FIGUUR 4.3 genoem?                                       (1)

      4.3.2    Wat is die doel van deel A?                                                      (1)

4.4   Motiveer kortliks waarom pakstukke in die flenskoppelings van gietysterpype
      gebruik word.                                                                             (2)

4.5   Wat is die doel van ŉ laevloei-stortkop?                                                  (1)

4.6   Verduidelik die werking en voordele van ŉ rooiwaterafleier.                               (6)

4.7   Identifiseer die volgende simbole en afkortings vir warmwaterstelsels.

      4.7.1           H                                                                         (1)

      4.7.2
                      A
                                                                                                (1)

      4.7.3           C

                      H                                                                         (1)

      4.7.4    PCV                                                                              (1)

      4.7.5    V                                                                                (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

10                      SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE                  (EC/SEPTEMBER 2022)

4.8   Dui die watervloeirigting van die water in die pype 4.8.1 tot 4.8.5 van die
      warmwaterstelsel in FIGUUR 4.8.
      Skryf die korrekte pylletter teenoor die nommer, byvoorbeeld 4.8.6 – B.

                                          4.8.4                              4.8.5
                            4.8.3         A B                                A B

                                                                                     Warmwater-toevoer
                            A B

         4.8.1                                      4.8.2
         A B                                        A B
       Dienspyp                                Kouewater-toevoer

                                         FIGUUR 4.8
                                                                                    (5 x 1 )              (5)

4.9   Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs ‘waar’ of
      ‘onwaar’ langs die vraagnommers (4.9.1 tot 4.9.3) in die ANTWOORDEBOEK.

      4.9.1   Die veiligheidsbak van ŉ geiser voorkom dat die druk in die geiser te
              hoog raak.                                                                                  (1)

      4.9.2   ŉ Laedruk songeiser word laer as die krane geïnstalleer.                                    (1)

      4.9.3   ŉ Terugslagklep word by hoëdruk songeisers geïnstalleer.                                    (1)

4.10 Noem VIER versorgingmaatreëls vir die druklug-toetsapparaat.                   (4 x 1)               (4)
                                                                                                         [40]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

(EC/SEPTEMBER 2022)             SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE                        11

VRAAG 5: RIOLERING EN HOEVEELHEDE (SPESIFIEK)

5.1 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die rioleringpasstuk in
    FIGUUR 5.1.

                                       FIGUUR 5.1

      5.1.1    Wat word die passtuk genoem?                                                (1)

      5.1.2    Beskryf die werking EN doel van die passtuk wanneer vuilwater in ŉ
               rioolstelsel vrygestel word.                                                (4)

5.2 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die rioleringstoebehoorsel in
    FIGUUR 5.2.

                                       FIGUUR 5.2

      5.2.1 Wat word die rioleringstoebehoorsel in FIGUUR 5.2 genoem?                      (1)

      5.2.2 Waar word hierdie toebehoorsel geïnstalleer?                                   (1)

      5.2.3 Noem TWEE nadele van die toebehoorsel.                               (2 x 1)   (2)

      5.2.4 Beskryf kortliks die doel van die water onder in die toebehoorsel.             (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

12                      SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE                  (EC/SEPTEMBER 2022)

5.3 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die rioolstruktuur in
    FIGUUR 5.3.

      A                                                      VLOEISTOFVLAK
                                                                              C

       B

                                        FIGUUR 5.3

      5.3.1 Wat word die struktuur genoem?                                                   (1)

      5.3.2 Beskryf kortliks hoe die organiese stowwe in die struktuur ontbind.              (2)

      5.3.3 Wat is die doel van die invloeipypopening by A?                                  (1)

      5.3.4 Motiveer kortliks waarom die invloeisel by B laer moet wees as die
            vloeistofvlak.                                                                   (2)

      5.3.5 Na watter struktuur word die uitvloeisel by C uitgestort?                        (1)

5.4   Maak netjiese sketse om die volgende rioleringsimbole te illustreer:

      5.4.1 Opwasbak                                                                         (2)

      5.4.2 Bidet                                                                            (2)

5.5   Kies die korrekte antwoord van dié tussen hakkies ten opsigte van die rioolvuil-
      behandelingsproses in die hakkies en skryf slegs die korrekte antwoord
      teenoor die vraagnommers (5.5.1 tot 5.5.2) in die ANTWOORDEBOEK neer.

      5.5.1 Die drekwater gaan deur (stormwater kanale / ondergrondse rioolpype)
            na die behandelingsaanleg.                                                       (1)

      5.5.2 Die skeidingsproses filtreer (groter vaste stowwe / tuinafval) uit.              (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 13

(EC/SEPTEMBER 2022)            SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE                       13

5.6    FIGUUR 5.6 toon die vooraansig van die kouewatertoevoer vanaf die
       watermeter na ŉ huis op skaal 1 mm = 100 mm. Die hoofkouewaterpyp het ŉ
       deursnee van 22 mm en die takpype het ŉ deursnee van 15 mm. Bestudeer
       die tekening en bepaal, deur die tabel te voltooi, die hoeveelheid materiaal
       benodig vir die loodgieterinstallasie.

                                               C

                                       FIGUUR 5.6

           WATER-
        VOORSIENING-       MATERIAAL       GROOTTE       HOEVEELHEID LENGTE
         TOEBEHORE
      Kouewaterpyp            5.6.1          22 mm               1          5.6.2
      Kouewaterpyp            5.6.3          15 mm               1          5.6.4
      Verloopelmboog 90°      5.6.5      22 mm x 15 mm         5.6.6
      Elmboog 90°             5.6.7          15 mm             5.6.8
      Verloop-T-stuk          5.6.9      22 mm x 22 mm        5.6.10
                                            x 15 mm
      T-stuk                  5.6.11     15 mm x 15 mm        5.6.12                   (12)

5.7   ŉ Silindriese watertenk is 2 400 mm hoog en het ŉ deursnee van 2 100 mm.
      Bereken die volume van die tenk.
      Toon ALLE berekenings, formules en eenhede.                                        (4)
                                                                                        [40]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 14

14                      SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE              (EC/SEPTEMBER 2022)

VRAAG 6:      GRAFIESE KOMMUNIKASIE, DAKWERK, STORMWATER EN
              VERBINDINGS (SPESIFIEK)

6.1 FIGUUR 6.1 op ANTWOORDBLAD C toon die bo- en vooraansig van ŉ keël.
    Teken die ontvouing van die keël volgens die radiaallynmetode op
    ANTWOORDBLAD C. Voeg ŉ toelating vir die naat by.
    Toon ALLE konstruksielyne.                                                         (14)

6.2 Kies ŉ beskrywing ten opsigte van ŉ hoëdrukgeiser uit KOLOM A wat by die
    term in KOLOM B pas.
    Skryf slegs die letter (A–H) langs die vraagnommers (6.2.1 tot 6.2.5 ) in die
    ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 6.2.6 I.

                  KOLOM A                                  KOLOM B
      6.2.1    Hooffunksie van geute       A   Steunarms

      6.2.2    Geute word daaraan          B   Knikpyp
               vasgeheg

      6.2.3    Onderpunt van die           C   Uitloop
               geutafvoerpyp

      6.2.4    Geute word daarmee          D   Om water van die dak af te vervoer
               gesteun

      6.2.5    Koppeling tussen die geut   E   Om drekwater van die dak af te voer
               en afvoerpyp

                                           F   Fassieplank

                                           G   Reënwaterskoen

                                           H   Dakbedekking
                                                                             (5 x 1)     (5)

6.3 Verduidelik waar voegskorte geïnstalleer word.                                       (2)

6.4 Wat is die doel van grondgeute?                                                      (1)

6.5 Noem DRIE negatiewe gevolge van swak stormwaterkonstruksies.             (3 x 1)     (3)

6.6 Wat is die doel van die rooster op stormwateropeninge?                               (1)

6.7 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs ‘waar’ of
    ‘onwaar’ langs die vraagnommer in die ANTWOORDEBOEK.

      6.7.1   ŉ Ystersaaglem se tande wys vorentoe.                                      (1)

      6.7.2   Die braam van ŉ gesnyde pyp word met ŉ ystersaag verwyder.                 (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 15

(EC/SEPTEMBER 2022)            SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE                   15

6.8 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die koppeling in FIGUUR 6.8.

                                                          A

                                     FIGUUR 6.8

      6.8.1    Wat word die koppeling genoem?                                        (1)

      6.8.2    Wat word deel A genoem?                                               (1)
                                                                                    [30]

                                                                      TOTAAL:       200

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 16

16                   SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE         (EC/SEPTEMBER 2022)

                         SIVIELE TEGNOLOGIE        NAAM:
 ANTWOORDBLAD        A        GENERIES

2.1 FIGUUR 2.1 op ANTWOORDBLAD A toon die buitelyne van ŉ struktuur wat op
    ŉ terrein gebou moet word. Teken die terreinplan op skaal 1 : 200 op
    ANTWOORDBLAD A sodat die struktuur in die middel van die terrein is.        (28)

                          SK

                                                      Erfgrootte          2
                                                      Sypaadjie + straat  3
                                                      Bougrense           4
                                                      Ingang              2
                                                      Uitgangspeil        2
                                                      Spoelkloset         1
                                                      Rioolaansluiting    2
                                                      Inspeksie-oog       2
                                                      Steekoog            2
                                                      Mangat              2
                                                      Mates               6
                                                                 TOTAAL: 28

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 17

(EC/SEPTEMBER 2022)          SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE                  17

                           SIVIELE TEGNOLOGIE      NAAM:
 ANTWOORDBLAD          B     SIVIELE DIENSTE

6.1    FIGUUR 6.1 op ANTWOORDBLAD B toon die bo- en vooraansig van ŉ keël.
       Teken die ontvouing van die keël op ANTWOORDBLAD B.
       Voeg ŉ toelating vir die naat by. Toon ALLE konstruksielyne.             (14)

                      VOORAANSIG

                       BOAANSIG
                                           Verdeellyne 0–6 op bo-aansig  4
                                           Halfsirkel B–C                2
                                           Naatlyne A–B en A–C           2
                                           Konstruksielyne A0–A 12       6
                                                                 TOTAAL: 14

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

## Related documents

- [CIV TECH GR12 QP SEPT2022 Woodworking Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr12-qp-sept2022-woodworking-afrikaans/c4790570-dabd-463c-94fa-aa1715b1a542) — Civil Technology · QP · 2022 · Afr
- [CIV TECH GR12 MEMO SEPT2022 Civil Services Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr12-memo-sept2022-civil-services-afrikaans/e517a483-4536-458b-945a-1e2a6820fc1b) — Civil Technology · Memo · 2022 · Afr
- [CIV TECH GR12 MEMO SEPT2022 Woodworking Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr12-memo-sept2022-woodworking-afrikaans/84d33c64-7269-4f87-819c-8ea20dfff8f0) — Civil Technology · Memo · 2022 · Afr
- [CIV TECH GR12 QP SEPT 2023 Construction Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr12-qp-sept-2023-construction-afrikaans/97f8938d-02eb-46a4-a681-ef07b440e38f) — Civil Technology · QP · 2023 · Afr
- [CIV TECH GR12 QP SEPT2023 Civil Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr12-qp-sept2023-civil-afrikaans/3d971330-fbba-4185-b58b-8e57fbcde1cc) — Civil Technology · QP · 2023 · Afr
- [CIV TECH GR12 QP SEPT2023 Woodworking Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr12-qp-sept2023-woodworking-afrikaans/3e001b9e-95a3-4e0c-ad76-9bcfe29c6fff) — Civil Technology · QP · 2023 · Afr

## More from Grade 12 Civil Technology

- [Civil Technology (Woodworking) (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/civil-technology-woodworking-afrikaans-june-2025-possible-answers/c0a65d19-28ca-4ac3-8c61-d4627d2a3133) — Memo · 2025 · Afr
- [Civil Technology Nov 2025 (Construction) MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-civil-technology-2025-nsc-november-exam-memorandum/0e265899-dc44-4809-aabf-8f374f1af392) — Memo · 2025 · Eng
- [CIV TECH GR12 MEMO SEPT2024 Construction Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr12-memo-sept2024-construction-afrikaans/162bcc65-80ad-4384-b293-36da22468b06) — Memo · 2024 · Afr
- [Civil Technology Nov 2022 (Civil Services) MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/civil-technology-nov-2022-civil-services-mg-afr/42b5315c-825c-40e3-b394-85e0253fc0fb) — Memo · 2023 · Afr
- [Civil Technology Nov 2023 (Construction) Eng](https://www.hlayiso.com/library/civil-technology-nov-2023-construction-eng/e6743728-8140-42ae-838d-282654a975a5) — QP · 2023 · Eng
- [Civil Technology Nov 2023 (Civil Services) Afr](https://www.hlayiso.com/library/civil-technology-nov-2023-civil-services-afr/b820ac91-947c-4aed-821f-256aa13aabe1) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
