# Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)

> Grade 12 Civil Technology question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2022 (Afrikaans), 20 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr12-qp-sept2022-woodworking-afrikaans/c4790570-dabd-463c-94fa-aa1715b1a542
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Civil Technology
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 20

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Civil Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/civil-technology) › [Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr12-qp-sept2022-woodworking-afrikaans/c4790570-dabd-463c-94fa-aa1715b1a542)

## About this document

Civil Technology · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2022 · Afrikaans. Question paper, 20 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                             NASIONALE
                         SENIOR SERTIFIKAAT

                                 GRAAD 12

                          SEPTEMBER 2022

       SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING

PUNTE:   200

TYD:     3 uur

         Hierdie vraestel bestaan uit 20 bladsye, insluitend 9 antwoordblaaie.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                      SIVILE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING                  (EC/SEPTEMBER 2022)

 BENODIGHEDE:

 1.   ANTWOORDEBOEK

 2.   Tekeninstrumente

 3.   ŉ Nieprogrammeerbare sakrekenaar

 INSTRUKSIES EN INLIGTING:

 1.   Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae: TWEE vrae is generies en VIER vrae is
      vakspesifiek.

 2.   Beantwoord AL die vrae.

 3.   Beantwoord elke vraag as ŉ geheel. MOENIE onderafdelings van vrae skei NIE.

 4.   Begin die antwoord op ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

 5.   MOENIE in die kantlyn van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.

 6.   Jy mag sketse gebruik om jou antwoorde te illustreer.

 7.   Skryf ALLE berekeninge en antwoorde in die ANTWOORDBOEK of op die
      aangehegte ANTWOORDBLAAIE.

 8.   Gebruik die puntetoekenning as ŉ riglyn vir die lengte van jou antwoorde.

 9.   Maak tekeninge en sketse met potlood, volledig gemaatskryf en netjies met
      beskrywende opskrifte en aantekeninge afgerond, in ooreenstemming met die
      SANS/SABS se Gebruikskode vir Boutekenpraktyke.

 10. Vir die doel van hierdie vraestel moet die grootte van ŉ steen as 220 mm x
     110 mm x 75 mm geneem word.

 11. Gebruik jou eie oordeel waar afmetings en/of inligting ontbreek.

 12. Beantwoord VRAAG 2.1, 3.3, 3.4, 3.5, 4.9, 5.5, 5.7, 6.3, 6.4, 6.7 en 6.8 op die
     aangehegde ANTWOORDBLAAIE deur gebruik te maak van tekeninstrumente,
     waar nodig.

 13. SKRYF jou NAAM op elke ANTWOORDBLAD en lewer saam met jou
     ANTWOORDEBOEK in, al het jy nie die vraag beantwoord nie.

 14. Tekeninge in die vraestel is NIE volgens skaal NIE as gevolg van elektroniese
     kopiëring.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)              SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING                             3

VRAAG 1: VEILIGHEID EN MATERIAAL (GENERIES)

Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

1.1     Definieer die term ongeluk.                                                          (2)

1.2     Noem die materiaal waarvan steiers gemaak word.                                      (1)

1.3     Kies die korrekte antwoord van die woorde tussen hakies wat betrekking het
        op steiers:

        1.3.1 Die veiligheidsfaktor wat gebruik word by steierrame is (een / twee/ drie).    (1)

        1.3.2 Die minimum dikte van ŉ houtsteierplatform is
              (38 mm / 50 mm / 76 mm).                                                       (1)

        1.3.3 Die minimum hoogte van die skutreling is (900 mm / 1 200 mm /
              1 500 mm).                                                                     (1)

1.4     Gee TWEE redes waarom steiers ondersoek moet word, voordat dit gebruik
        kan word.                                                      (2 x 1)               (2)

1.5     Wat is die maksimum afstand van ŉ hangsteier se oorhang verby die rand van
        die struktuur?                                                                       (1)

1.6     Wat is die maksimum hoogte van ŉ boksteier?                                          (1)

1.7     Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van lere.

        1.7.1 Hoekom mag net een persoon op ŉ slag ŉ leer gebruik?                           (1)

        1.7.2 Waarmee kan ŉ leer se eindpunt gemerk word vir sigbaarheid as dit
              vervoer word?                                                                  (1)

        1.7.3 Noem EEN materiaal waarvan lere gemaak kan word.                               (1)

        1.7.4 Hoekom moet lere skoon en vry van olies en ghries gehou word?                  (1)

1.8     Noem TWEE voordele van ŉ waterbasisverf.                                  (2 x 1)    (2)

1.9     Noem TWEE voordele van die nabehandeling van beton.                       (2 x 1)    (2)

1.10    Noem TWEE metodes wat gebruik kan word om die korrosie by metale te
        voorkom.                                                        (2 x 1)              (2)
                                                                                            [20]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                         SIVILE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING                (EC/SEPTEMBER 2022)

VRAAG 2: GRAFIKA, VERBINDINGS EN TOERUSTING (GENERIES)

Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

2.1 FIGUUR 2.1 op ANTWOORDBLAD A toon die buitelyne van ŉ struktuur wat op
    ŉ terrein gebou moet word. Teken die terreinplan op skaal 1 : 200 op
    ANTWOORDBLAD A sodat die struktuur in die middel van die terrein is.

    Die terreinplan moet aan die volgende vereistes voldoen.
    Gebruik die puntetabel op ANTWOORDBLAD A as verwysing.

    2.1.1    Erfgrootte is 30 m breed van oos na wes en 40 m lank van suid na
             noord.                                                                       (2)

    2.1.2    Sypaadjie van 2 m en die straat van 6 m aan die suidekant.                   (3)

    2.1.3    Bougrense is 2 m aan die ooste-, noorde- en westekant en 4 m aan die
             suidekant.                                                                   (4)

    2.1.4    3 m breë ingang na die erf.                                                  (2)

    2.1.5    Uitgangspeil in die noordweste hoek van die erf.                             (2)

    Teken die riooluitleg op die struktuur in en toon die volgende:

    2.1.6    Spoelkloset simbool by die afkorting.                                        (1)

    2.1.7    Rioolpypaansluitings.                                                        (2)

    2.1.8    Steekoog met die afkorting.                                                  (2)

    2.1.9    Inspeksie-oog met die afkorting.                                             (2)

    2.1.10 Mangat met die afkorting.                                                      (2)

    Toon die volgende mates:

    2.1.11   Lengte en breedte van die erf.                                               (4)

    2.1.12   Suidelike en westelike bougrense.                                            (2)

2.2 Wat is die voordeel van die vierkantige skouerbout?                                   (1)

2.3 Benoem dele A tot D van die bout in FIGUUR 2.3.                           (4 x 1)     (4)

                      A

                      B                       C        D

                                            FIGUUR 2.3

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)            SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING                       5

2.4 Wat is die doel van die nyloninsetsel van ŉ seskantmoer?                          (1)

2.5 Wat is die voordeel van ŉ vleuelmoer?                                             (1)

2.6 FIGUUR 2.6 toon die bukswaterpaslesing wat geneem is op die teleskopiese
    staf. Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die lesing.

                                        1.7

                                        1.6

                                       FIGUUR 2.6

      2.6.1 Wat is die hoogtelesing op die staf?                                      (1)

      2.6.2 Bereken die afstand tussen die bukswaterpas en die staf.
            Toon ALLE berekeninge, formules en eenhede.                              (4)
                                                                                    [40]

                                                          TOTAAL AFDELING A:           60

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                      SIVILE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING                   (EC/SEPTEMBER 2022)

 VRAAG 3:      SWAAIRAME, KASTE, MUURPANELE EN HOEVEELHEDE
               (SPESIFIEK)

 Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

 3.1   Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings deur ŉ woord/term
       uit die lys hieronder te kies. Skryf slegs die woord/term langs die vraagnommers
       (3.1.1 tot 3.1.4) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 3.1.5
       swaairaam.

            kalfreling; 20 mm; vloerlys; 18 mm; style; bekistingsbord;
          tussenstyl; 9 m2; 8,5 m2; 16 mm; raam; raamstyle; 7,5 m2;
                      kroonlys; 32 mm; ruitbalkies; 18 m²; 15 m²

       3.1.1   Die dikte van melamien wat vir kasdeure gebruik word                       (1)

       3.1.2   Om die opening te sluit waar die muurpaneel en die vloer bymekaarkom       (1)

       3.1.3   Die oppervlakte van die dakonderlegsel vir ŉ afdak van 2,5 m x 3 m         (1)

       3.1.4   Die intermediȇre/middelste vertikale deel wat twee swaairame in ŉ
               dubbelswaairaam van mekaar skei                                            (1)

 3.2 FIGUUR 3.2 hieronder toon ŉ vertikale deursnee deur ŉ sekere deel van
     ŉ dubbelswaairaamvenster met 'n bolig. Bestudeer die prent en beantwoord die
     vrae wat volg.

                                                                A

                                        FIGUUR 3.2

       3.2.1   Noem DRIE houtdele van die swaairaam en raam.                              (3)

       3.2.2   Identifiseer A.                                                            (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)               SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING                      7

 3.3 FIGUUR 3.3 hieronder toon die vloerplan van ŉ gebou met ŉ geweldak. Die
     eksterne afmetings is 8 000 mm x 4 000 mm.

                                                                 4 000

                                                                 500
                                    8 000                  150

                                            FIGUUR 3.3

       Gebruik die volgende spesifikasies:
       •    Die mure is 220 mm dik
       •    Tipe dak: Suid-Afrikaanse (Howe-)
       •    Gegolfde dakplaat word as dakbedekking gebruik
       •    Die helling van die dak is 30°
       •    Die ware lengte van die dakspar is 2 900 mm
       •    Die lengte van een nokplaat is 1 800 mm
       •    Die gegolfde dakplaat steek 50 mm verby die dakspar uit

       Gebruik die afmetingspapier op ANTWOORDBLAD 3.3 en bereken die
       hoeveelhede van die volgende materiaal wat vir die dak benodig word:

       3.3.1    Oppervlakte van dakplaat vir die gebou                                  (6)

       3.3.2    Aantal nokplate                                                         (3)

 3.4 Gebruik ANTWOORDBLAD 3.4 en teken, in goeie verhouding, ŉ netjiese skets
     van ŉ vertikale deursnee deur die boonste gedeelte van ŉ muurpaneel wat
     halfpad tussen die plafon en vloer eindig.

       Gebruik die assesseringskriteria op die ANTWOORDBLAD as ŉ riglyn.                (5)

 3.5 ANTWOORDBLAD 3.5 toon die vooraansig van die raamwerk van ŉ ingeboude
     kas sonder die deure.

       Gebruik ANTWOORDBLAD 3.5 en voltooi, in goeie verhouding, die gegewe
       tekening.

       Gebruik die assesseringskriteria op die ANTWOORDBLAD as ŉ riglyn.               (8)
                                                                                      [30]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                      SIVILE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING                (EC/SEPTEMBER 2022)

 VRAAG 4:      DAKKE, PLAFONNE, GEREEDSKAP EN TOERUSTING, EN
               MATERIAAL (SPESIFIEK)
 Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.
 4.1 FIGUUR 4.1 hieronder toon twee houtwerkmasjiene. Bestudeer die prente en
     beantwoord die vrae wat volg.

                        A                              B
                                       FIGUUR 4.1
      4.1.1    Identifiseer A en B.                                                      (2)

      4.1.2    Beskryf TWEE aspekte wat tydens die versorging van masjien A ten
               opsigte van sy lem in aanmerking geneem moet word.                        (2)

      4.1.3    Beskryf TWEE veiligheidsaspekte wat jy sal nagaan nadat die werkstuk
               gemonteer is, voordat B aangeskakel word.                                 (2)

 4.2 Beskryf EEN manier waarop ŉ bandskuurder geberg kan word.                           (1)

 4.3 Noem TWEE eienskappe wat in beide meganiese en visuele gradering getoets
     word.                                                                               (2)
 4.4 Beskryf die eerste DRIE stappe wat oorweeg moet word wanneer hout voorberei
     word, voor perserveermiddels aangewend word.                                        (3)
 4.5 Onderskei tussen ŉ konvensionele valdeur en ŉ skarniervaldeur in ŉ plafon ten
     opsigte van die manier waarop dit oopmaak.                                          (2)
 4.6 Noem TWEE dele van ŉ konvensionele valdeur.                                         (2)

 4.7 Gee die korrekte afmetings vir die volgende dele van 'n dak:
     • Hoofstyl
     • Plafonlatwerk                                                                     (2)
 4.8 Onderskei tussen 'hurricane'-klemme en stormklemme ten opsigte van die
     spesifieke dele van die dak wat dit sal vasmaak.                                    (2)

 4.9 Gebruik ANTWOORDBLAD 4.9 en teken volgens skaal 1 : 20 ŉ sparbint-dakkap
     met ŉ helling van 30°, ŉ spanwydte van 3 meter en ŉ dakrand-oorhang van
     400 mm. Die dakkap rus op twee ondersteunende mure.
      Gebruik die assesseringskriteria op die ANTWOORDBLAD as ŉ riglyn.                 (20)
                                                                                        [40]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING                       9

 VRAAG 5:       FORMELE,  BEKISTING,   SKORING              EN    GRAFIKA        AS
                KOMMUNIKASIEMIDDEL (SPESIFIEK)
 Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

 5.1 Noem die tipe formeellatwerk wat jy sal gebruik vir die formele as jy die
     volgende moet bou:
       5.1.1    Ruboog                                                                  (1)
       5.1.2    Pasboog                                                                 (1)
 5.2 Teken in jou ANTWOORDEBOEK, in goeie verhouding, ŉ formeel vir ŉ
     halfronde boog wat bokant ŉ deuropening gebou sal word. Benoem enige
     TWEE dele op die tekening.                                                         (6)

 5.3 Noem die materiaal wat gebruik kan word vir die kante van die bekisting van ŉ
     vierkantige kolom, wat tyd bespaar omdat geen oppervlakafwerking nodig is en
     geen absorbsie van vog van die beton plaasvind nie.                                (1)

 5.4 Wat sal jy aan die bekisting aanwend voor die beton gegiet word om te voorkom
     dat die beton aan die binnekant van die bekisting vasklou wanneer die bekisting
     verwyder word?                                                                     (1)

 5.5 FIGUUR 5.5 op ANTWOORDBLAD 5.5 toon die onvolledige bekisting van ŉ
     betonbalk. Gebruik ANTWOORDBLAD 5.5 en teken, in goeie verhouding,
     SLEGS die linkerhelfte van die vertikale deursnee van die bekisting vir die
     betonbalk.
       Gebruik die assesseringskriteria op die ANTWOORDBLAD as ŉ riglyn.                (8)

 5.6 FIGUUR 5.6 toon ŉ lyndiagram van ŉ dubbellugskoor tussen twee mure.
     Benoem A tot F.

                                           B               C
                                   A

                               E                            D             muur

                           F

                                         FIGUUR 5.6                                     (6)
 5.7 Gebruik ANTWOORDBLAD 5.7 en teken volgens skaal 1 : 2 ŉ saamgestelde
     isometriese aansig van ŉ stomp borstapvoeg (stomp skof-en-tapgatvoeg) en
     om ŉ styl en ŉ boreling te verbind. Die hout wat gebruik word is 60 mm wyd
     en 20 mm dik.
       Begin die tekening vanaf die gegewe hoek op ANTWOORDBLAD 5.7.
       MOENIE verborge detail toon NIE. Gebruik die assesseringskriteria op die
       ANTWOORDBLAD as ŉ riglyn                                                          (6)
                                                                                       [30]
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                     SIVILE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING                     (EC/SEPTEMBER 2022)

 VRAAG 6:      HANGVLOERE, TRAPPE, YSTERWARE, DEURE EN VERBINDINGS
               (SPESIFIEK)

 Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

 6.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
     Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
     (6.1.1 tot 6.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 6.1.6 C.

      6.1.1    Skroewe word gewoonlik gebruik om ŉ skarnier aan die raam en … van
               ŉ deur vas te sit.

               A      boreling
               B      onderreling
               C      tussenstyl
               D      styl                                                                  (1)

      6.1.2    ŉ Muurplaat kan met … aan ŉ muur bevestig word.

               A      ovaal draadspykers
               B      seshoekige selfsnyskroewe
               C      kaphangers
               D      ŉ dubbele string 2,5 mm deursnee gegalvaniseerde draad                (1)

      6.1.3    IBR-plaatbedekking word aan … vasgeheg.

               A      kaplatte met dakspykers
               B      daksparre met dakspykers
               C      daksparre met spykerplate
               D      kaplatte met grootkopspykers                                          (1)

      6.1.4    Die skof/bors van die borstapvoeg (skof-en-tapgatvoeg) …

               A      voeg sterkte by en voorkom dat die reling verdraai.
               B      verminder die bindingsarea.
               C      gee ŉ beter voorkoms aan die voeg.
               D      is die helfte van die dikte van die reling.                           (1)

      6.1.5    Vensterruite word met … aan swaairame vasgesit.

               A      swaairaamknippe/vensterstellers
               B      ruitkraallyste
               C      relings
               D      vensterknippe                                                         (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)               SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING                   11

 6.2 FIGUUR 6.2 hieronder toon ŉ saamgestelde aansig van ŉ houtvoeg.

                                          FIGUUR 6.2

       6.2.1    Identifiseer die tipe voeg.                                            (1)

       6.2.2    Noem EEN tipe deur waar jy hierdie voeg sal gebruik.                   (1)

 6.3 Teken in jou ANTWOORDEBOEK, in goeie verhouding, twee horisontale
     deursneeaansigte om die verskil tussen ŉ deurkosyn en ŉ binnedeurkosyn te
     toon. Druk die titel onder EEN van hierdie tekeninge.                             (6)

 6.4 Teken in jou ANTWOORDEBOEK, in goeie verhouding, ŉ horisontale
     deursnee deur ŉ tussenstyl en kussingpanele van ŉ driepaneeldeur.                 (6)

 6.5 Noem TWEE plekke waar ŉ kasoplȇslot gebruik kan word.                             (2)

 6.6 Noem ŉ slot wat aan die binneoppervlak van deure gemonteer word om ekstra
     sekuriteit te verskaf.                                                            (1)

 6.7 FIGUUR 6.7 op ANTWOORDBLAD 6.7 toon die boaansig van mure rondom ŉ
     trap. Gebruik ANTWOORDBLAD 6.7 en teken, in goeie verhouding, die
     boaansig van ŉ traparm met 'n trapkuil en ŉ halwe bordes binne die gegewe
     mure.

       Gebruik die assesseringskriteria op die ANTWOORDBLAD as ŉ riglyn.               (6)

 6.8 FIGUUR 6.8 op ANTWOORDBLAD 6.8 toon die buitemuur van ŉ gebou om ŉ
     houthangvloer te akkommodeer. Teken, in goeie verhouding, die hangvloer op
     ANTWOORDBLAD 6.8.

       Gebruik die assesseringskriteria op die ANTWOORDBLAD as ŉ riglyn.             (12)
                                                                                     [40]

                                                                       TOTAAL:       200

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                    SIVILE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING           (EC/SEPTEMBER 2022)

 ANTWOORDBLAD          A SIVIELE TEGNOLOGIE NAAM:
                              GENERIES

2.1 FIGUUR 2.1 op ANTWOORDBLAD A toon die buitelyne van ŉ struktuur wat op
    ŉ terrein gebou moet word. Teken die terreinplan op skaal 1 : 200 op
    ANTWOORDBLAD A sodat die struktuur in die middel van die terrein is.   (28)

                            SK

                                                     Erfgrootte           2
                                                     Sypaadjie + straat   3
                                                     Bougrense            4
                                                     Ingang               2
                                                     Uitgangspeil         2
                                                     Spoelkloset          1
                                                     Rioolaansluiting     2
                                                     Inspeksie-oog + afk. 2
                                                     Steekoog + afk.      2
                                                     Mangat + afk.        2
                                                     Mates                6
                                                                TOTAAL: 28

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)              SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING                  13

                               SIVIELE TEGNOLOGIE    NAAM:
 ANTWOORDBLAD              B        GENERIES

ANTWOORDBLAD 3.3

Afmetingspapier
   A       B           C                            D

                                                                                   (9)

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                    SIVILE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING   (EC/SEPTEMBER 2022)

 ANTWOORDBLAD          C SIVIELE TEGNOLOGIE NAAM:
                              GENERIES

ANTWOORDBLAD 3.4

 ASSESSERINGSKRITERIA           PUNT    KANDIDAAT
                                         SE PUNT
 Muur                             1
 Dekstrook                        1
 Ruhegstuk                        1
 Tong-en-groef-bord               1
 Korrektheid van tekening         1
                    TOTAAL:       5

Kopiereg voorbehou                                        Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)            SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING                    15

 ANTWOORDBLAD           D SIVIELE TEGNOLOGIE NAAM:
                               GENERIES

ANTWOORDBLAD 3.5

                                                ASSESSERINGSKRITERIA         PUNT        KP
                                                Boonste rak (volle wydte)      1
                                                Intermediêre sy in middel      1
                                                Hangspasie aan linkerkant      1
                                                Ovaal hangreling               1
                                                VIER rakke                     2
                                                TWEE laai-eenhede onder
                                                                                1
                                                rakke
                                                Korrektheid van tekening        1
                                                                   TOTAAL:      8

                  FIGUUR 3.5

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                     SIVIELE TEGNOLOGIE (HOUTBEWERKING)       (EC/SEPTEMBER 2022)

                           SIVIELE TEGNOLOGIE      NAAM:
 ANTWOORDBLAD          E        GENERIES

ANTWOORDBLAD 4.9

                                     ASSESSERINGSKRITERIA            PUNT     KP
                                     Mure korrek geteken               2
                                     Muurplate korrek geteken          2
                                     Bindbalk korrek geteken           2
                                     Daksparre korrek geteken          2
                                     Nokbalk korrek geteken            2
                                     Oorhang korrek geteken            2
                                     Byskrifte (enige TWEE)            2
                                     Spanwydte                         1
                                     Afmetings van dele (enige TWEE)   2
                                     Toepassing van skaal:
                                     EEN of TWEE verkeerd       =3
                                     DRIE of VIER verkeerd      =2     3
                                     Meer as VYF verkeerd       =1
                                     GEEN afmetings korrek NIE = 0
                                                             TOTAAL:  20

Kopiereg voorbehou                                               Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)          SIVIELE TEGNOLOGIE (HOUTBEWERKING)                  17

                            SIVIELE TEGNOLOGIE   NAAM:
 ANTWOORDBLAD           F        GENERIES

ANTWOORDBLAD 5.5

                             FIGUUR 5.5

 ASSESSERINGSKRITERIA          PUNT    KANDIDAAT
                                        SE PUNT
 Bekistingsbordsy               1
 Klamp                          1
 Vasskopplint/Hegplaat          1
 Wig                            1
 Randbalk/Stut                  1
 Enige TWEE byskrifte           2
 Korrektheid van tekening       1
                   TOTAAL:      8

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
18                     SIVIELE TEGNOLOGIE (HOUTBEWERKING)   (EC/SEPTEMBER 2022)

 ANTWOORDBLAD          G SIVIELE TEGNOLOGIE NAAM:
                              GENERIES

ANTWOORDBLAD 5.7

 ASSESSERINGSKRITERIA          PUNT     KANDIDAAT
                                         SE PUNT
 Styl                             1
 Boreling                         1
 Skof                             3
 Toepassing van skaal             1
                   TOTAAL:        6

Kopiereg voorbehou                                           Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)          SIVIELE TEGNOLOGIE (HOUTBEWERKING)                  19

 ANTWOORDBLAD           H SIVIELE TEGNOLOGIE NAAM:
                               GENERIES

ANTWOORDBLAD 6.7

                             FIGUUR 6.7

 ASSESSERINGSKRITERIA            PUNT     KANDIDAAT
                                           SE PUNT
 Loopstukke op elke traparm        2
 Halwe bordes                      1
 Spilpaal                          1
 Trapkuil                          1
 Korrektheid van tekening          1
                       TOTAAL:     6

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
20                     SIVIELE TEGNOLOGIE (HOUTBEWERKING)    (EC/SEPTEMBER 2022)

                              SIVIELE TEGNOLOGIE     NAAM:
 ANTWOORDBLAD           I          GENERIES

ANTWOORDBLAD 6.8

        FIGUUR 6.8

 ASSESSERINGSKRITERIA                 PUNT   KANDIDAAT
                                              SE PUNT
 Draer                                  1
 Balke                                  2
 Muurplaat                              1
 Tong-en-groefvloerplank                1
 Vloerlys                               1
 Kwartrondlys                           1
 Arsering                               1
 Byskrifte vir: Mierskerm               1
                Lugsteen                1
                VWL                     1
 Korrektheid van tekening               1
                            TOTAAL:    12

Kopiereg voorbehou                                            Blaai om asseblief

## Related documents

- [CIV TECH GR12 MEMO SEPT2022 Civil Services Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr12-memo-sept2022-civil-services-afrikaans/e517a483-4536-458b-945a-1e2a6820fc1b) — Civil Technology · Memo · 2022 · Afr
- [CIV TECH GR12 MEMO SEPT2022 Woodworking Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr12-memo-sept2022-woodworking-afrikaans/84d33c64-7269-4f87-819c-8ea20dfff8f0) — Civil Technology · Memo · 2022 · Afr
- [CIV TECH GR12 QP SEPT 2023 Construction Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr12-qp-sept-2023-construction-afrikaans/97f8938d-02eb-46a4-a681-ef07b440e38f) — Civil Technology · QP · 2023 · Afr
- [CIV TECH GR12 QP SEPT2023 Civil Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr12-qp-sept2023-civil-afrikaans/3d971330-fbba-4185-b58b-8e57fbcde1cc) — Civil Technology · QP · 2023 · Afr
- [CIV TECH GR12 QP SEPT2023 Woodworking Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr12-qp-sept2023-woodworking-afrikaans/3e001b9e-95a3-4e0c-ad76-9bcfe29c6fff) — Civil Technology · QP · 2023 · Afr
- [CIV TECH GR12 QP SEPT2021 Afrikaans Construction](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr12-qp-sept2021-afrikaans-construction/19e5865a-d8a9-4741-b562-b0158255fd68) — Civil Technology · QP · 2021 · Afr

## More from Grade 12 Civil Technology

- [Civil Technology (Woodworking) (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/civil-technology-woodworking-afrikaans-june-2025-possible-answers/c0a65d19-28ca-4ac3-8c61-d4627d2a3133) — Memo · 2025 · Afr
- [Civil Technology Nov 2025 (Construction) MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-civil-technology-2025-nsc-november-exam-memorandum/0e265899-dc44-4809-aabf-8f374f1af392) — Memo · 2025 · Eng
- [CIV TECH GR12 MEMO SEPT2024 Construction Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr12-memo-sept2024-construction-afrikaans/162bcc65-80ad-4384-b293-36da22468b06) — Memo · 2024 · Afr
- [Civil Technology Nov 2024 (Civil Services) Afr](https://www.hlayiso.com/library/civil-technology-nov-2024-civil-services-afr/307147a5-3280-4a11-a82e-cf3e33388eb0) — QP · 2024 · Afr
- [Civil Technology Nov 2022 (Civil Services) MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/civil-technology-nov-2022-civil-services-mg-afr/42b5315c-825c-40e3-b394-85e0253fc0fb) — Memo · 2023 · Afr
- [Civil Technology Nov 2023 (Construction) Eng](https://www.hlayiso.com/library/civil-technology-nov-2023-construction-eng/e6743728-8140-42ae-838d-282654a975a5) — QP · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
