# Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)

> Grade 12 Civil Technology question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2023 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr12-qp-sept2023-civil-afrikaans/3d971330-fbba-4185-b58b-8e57fbcde1cc
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Civil Technology
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 18

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Civil Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/civil-technology) › [Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr12-qp-sept2023-civil-afrikaans/3d971330-fbba-4185-b58b-8e57fbcde1cc)

## About this document

Civil Technology · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 18 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                         SENIORSERTIFIKAAT

                                  GRAAD 12

                          SEPTEMBER 2023

         SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE

PUNTE:    200

TYD:      3 uur

          Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye, insluitend 2 antwoordblaaie.

### Page 2

2                      SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE               (EC/SEPTEMBER 2023)

BENODIGDHEDE:

1.    Tekeninstrumente

2.    ŉ Nieprogrammeerbare sakrekenaar

3.    ANTWOORDEBOEK

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae: TWEE vrae is generies en VIER vrae is
      vakspesifiek.

2.    Beantwoord AL die vrae.

3.    Beantwoord elke vraag as ŉ geheel. MOENIE onderafdelings van vrae skei
      NIE.

4.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik word.

5.    Begin die antwoord van ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

6.    MOENIE in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.

7.    Jy mag sketse gebruik om jou antwoorde te illustreer.

8.    Skryf ALLE berekeninge en antwoorde in die ANTWOORDEBOEK of op die
      aangehegte ANTWOORDBLAAIE.

9.    Gebruik die puntetoekenning as ŉ riglyn vir die lengte van jou antwoorde.

10.   Maak tekeninge en sketse met potlood, volledig gemaatskryf en netjies met
      beskrywende opskrifte en aantekeninge afgerond, in ooreenstemming met die
      SANS/SABS se Gebruikskode vir Boutekenpraktyk.

11.   Vir die doel van hierdie vraestel moet die grootte van ŉ steen as 220 mm x
      110 mm x 75 mm geneem word.

12.   Gebruik jou eie oordeel waar afmetings en/of inligting ontbreek.

13.   Beantwoord VRAAG 2.2 en 6.1 op die aangehegte ANTWOORDBLAAIE deur,
      waar nodig, van tekeninstrumente gebruik te maak.

14.   SKRYF jou NAAM op elke ANTWOORDBLAD en lewer dit saam met jou
      ANTWOORDEBOEK in, of jy die vrae beantwoord het of nie.

15.   Tekeninge in die vraestel is NIE volgens skaal NIE as gevolg van elektroniese
      kopiëring.

16.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/SEPTEMBER 2023)                 SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE                      3

VRAAG 1: VEILIGHEID EN MATERIAAL (GENERIES)

Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

1.1     Wat is die doel van die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid, (Wet 85
        van 1993) (WBV)?                                                                   (1)

1.2     Noem die TWEE hoofoorsake van ongelukke.                               (2 x 1)     (2)

1.3     Noem EEN rede waarom steiers eers ondersoek moet word,
        voordat dit gebruik kan word.                                          (1 x 1)     (1)

1.4     Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die steierwerk in
        FIGUUR 1.4.

                A

                    B

                                                                        C

                                            FIGUUR 1.4

        1.4.1       Benoem dele A tot C.                                       (3 x 1)     (3)

        1.4.2       Is hierdie ŉ afhanklike of ŉ onafhanklike steier?                      (1)

        1.4.3       Wat is die maksimum hoogte wat deel A vanaf die platform moet
                    wees?                                                                  (1)

1.5     Beantwoord die volgende vrae oor die regulasies op ŉ bouterrein.

        1.5.1       Noem EEN manier hoe om afvalmateriaal vanaf hoë vlakke in ŉ
                    gebou, na die grondvlak te vervoer.                 (1 x 1)            (1)

        1.5.2       Indien daar bo ŉ ingang gewerk word, wat sal verhoed dat materiaal
                    op werkers onder val?                                                  (1)

 Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

4                       SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE           (EC/SEPTEMBER 2023)

1.6   Dui aan of die volgende stellings as WAAR of ONWAAR is.

      1.6.1    Boksteiers word by hoogtes wat hoër as 3 m gebruik.                    (1)

      1.6.2    Geen stapel se hoogte mag hoër as drie keer die breedte van die
               materiaal wees nie.                                                    (1)

      1.6.3    Aluminiumlere mag naby elektriese drade gebruik word.                  (1)

      1.6.4    Die horisontale dele van ŉ leer word ŉ styl genoem.                    (1)

1.7   Noem die TWEE hoofgroepe waarin verf verdeel kan word.            (2 x 1)       (2)

1.8   Wat is die doel van galvanisering?                                              (1)

1.9   Noem TWEE voordele van nabehandeling (beton).                     (2 x 1)       (2)
                                                                                     [20]

 Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/SEPTEMBER 2023)             SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE                        5

VRAAG 2: GRAFIKA, VERBINDINGS EN TOERUSTING (GENERIES)

Begin hierdie vraag op ŉ nuwe bladsy.

2.1    Identifiseer SES van die onderstaande beskrywings wat van toepassing is op
       die kontrolelys van ŉ vloerplan.

       •   Vensternommers
       •   Boulyne
       •   Erfnommer
       •   Deurswaaie
       •   Name van kamers
       •   Grondkontoere
       •   Traprigtings
       •   Skuifdeure
       •   Straatnommer
       •   Wateraansluitingspunt
       •   Posisie van bestaande geboue
       •   Vloerbedekking                                                    (6 x 1)      (6)

2.2    FIGUUR 2.2 op ANTWOORDBLAD A toon die onvoltooide aansig van ŉ
       gebou. Voltooi die aansig deur die volgende dele op skaal 1 : 50 in te teken.

       2.2.1     ŉ Venster met ŉ lengte van 1 800 mm en ŉ hoogte 900 mm.
                 Die venster word 700 mm vanaf die regterkant ingebou, en die
                 regterkantse een-derde van die venster kan oopmaak.                      (7)

       2.2.2     ŉ Deur volgens die standaardmates, 900 mm vanaf die linkerkant
                 van die gebou. Die deur maak na links oop. Daar is een trap tot op
                 die grondvlak.                                                           (5)

       2.2.3     Die windveër teen die geuwelent.                                         (2)

2.3    Identifiseer die toebehore wat deur die volgende tekensimbole geïllustreer
        word.

       2.3.1
                                                                                          (1)

       2.3.2
                                                                                         (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

6                         SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE              (EC/SEPTEMBER 2023)

2.4    Maak netjiese sketse volgens standaard boutekenpraktyk om die volgende
       simbole te illustreer.

       2.4.1   Watermeter                                                                   (2)

       2.4.2   Pleister                                                                     (2)

       2.4.3   Bodemvlak                                                                    (2)

2.5    Beskryf kortliks die voordeel van die vierkantige skouerboutkop.                     (2)

2.6    Verduidelik die betekenis van die volgende kode vir rawlboute:
       R-RBL M06/18.                                                                        (3)

2.7    Wat is die doel van die voetskroewe van die bukswaterpas?                            (1)

2.8    Identifiseer die kruisdraadjies A tot C in die teleskoop van die bukswaterpas
        in FIGUUR 2.8.

                             A
                             B
                                                                C

                                       FIGUUR 2.8
                                                                              (3 x 1)       (3)

2.9    Noem TWEE gebruike van die bukswaterpas.                               (2 x 1)       (2)

2.10   Motiveer kortliks waarom plakkers en metaalplaatjies op die multidetektor
       verwyder moet word voordat dit gebruik word.                                        (1)
                                                                                          [40]

                                                            TOTAAL AFDELING A:              60

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/SEPTEMBER 2023)              SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE                         7

VRAAG 3: VEILIGHEID, MATERIAAL EN KONSTRUKSIE (SPESIFIEK)

Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

3.1   Wat is die werkgewer se verantwoordelikheid wanneer werkers in nou ruimtes
      moet ingaan?                                                                          (1)

3.2   Wat is die doel van ŉ veiligheidstou wanneer werkers in nou ruimtes moet
      ingaan?                                                                               (1)

3.3   Bestudeer die prentjie hieronder.

                                                                         A

                                                                         B

                                                                         C

                                          FIGUUR 3.3

      Identifiseer dele A tot C van die veiligheidsharnastoebehore in FIGUUR 3.3.
                                                                             (3 x 1)       (3)

3.4   Noem TWEE beveiligingsmetodes vir mangate wanneer die deksels verwyder
      moet word.                                                       (2 x 1)              (2)

3.5   Wie is verantwoordelik om toe te sien dat die valbeskermingsplan op ŉ
      bouperseel geïmplementeer moet word?                                                  (1)

3.6   Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is.

      3.6.1    Ontsinking word in die voorbereiding van gegalvaniseerde metale vir
               soldeerwerk gebruik.                                                         (1)

      3.6.2    Ontsinking is ŉ vorm van korrosie.                                           (1)

      3.6.3    Ontsinking verswak geelkopervoorwerpe.                                       (1)

      3.6.4    Water met ŉ hoë olie-inhoud veroorsaak ontsinking.                           (1)

      3.6.5    Koper-sink-allooie met meer as 5% sink is vatbaar vir ontsinking.            (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

8                       SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE                 (EC/SEPTEMBER 2023)

3.7    Verduidelik die elektrolitiese skoonmaakmetode van ŉ metaaloppervlakte.              (5)

3.8    Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die muurkonstruksie in
       FIGUUR 3.8.

                                        FIGUUR 3.8

       3.8.1    Wat is die dikte van die muur?                                              (1)

       3.8.2    In watter steenverband is die muur gebou?                                   (1)

       3.8.3    Wat word hierdié tipe muur genoem?                                          (1)

3.9    Noem TWEE konstruksievereistes wat die effektiwiteit van die vloeivulling in
       ŉ mangat sal bepaal.                                                   (2 x 1)       (2)

3.10   Verduidelik die verskil tussen harde grond en ferm grond wanneer
       uitgrawings vir riolering gedoen word.                                   (2 x 2)     (4)

3.11   Kies die korrekte antwoord ten opsigte van die opvulling van rioolslote uit dié
       tussen hakkies. Skryf slegs die antwoord langs vraagnommers
       (3.11.1 tot 3.11.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.

       3.11.1 Opvulling moet in lae van nie meer as (150 mm / 250 mm) gevul
              word.                                                                         (1)

       3.11.2 Verdigting van die grond moet in lae van (250 mm / 300 mm) gedoen
              word.                                                                         (1)

       3.11.3 Grondverdigting word deur (rollers / grawe) gedoen.                           (1)
                                                                                           [30]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/SEPTEMBER 2023)              SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE                          9

VRAAG 4: KOUEWATERVOORSIENING, WARMWATERVOORSIENING EN
         GEREEDSKAP (SPESIFIEK)

Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

4.1     Wat is die doel van die pakkingdrukstuk in ŉ afsluitkraan?                           (1)

4.2     Noem DRIE posisies waar afsluitkrane geïnstalleer moet word.             (3 x 1)     (3)

4.3     Identifiseer die tipe klep vir elkeen van die volgende beskrywings.

        4.3.1    Die water word met behulp van ŉ hefboom afgesluit.                          (1)

        4.3.2    Dit werk met ŉ wipklep waaraan ŉ waster vasgeheg is.                        (1)

        4.3.3    Die klep is soos ŉ hek gevorm wat op en af beweeg.                          (1)

4.4     Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die klep in FIGUUR 4.4.

                          A                             C

                      B
                                                    D

                                             FIGUUR 4.4

        4.4.1    Wat word dié klep genoem?                                                   (1)

        4.4.2    Benoem die dele A tot D.                                        (4 x 1)     (4)

        4.4.3    Waar word dié klep geïnstalleer?                                            (1)

        4.4.4    Verduidelik die doel van deel D.                                            (1)

4.5     Watter tipe klep sal gebruik word in pypkoppelings waar jy nie wil hê die
        water moet in die pyp terugvloei nie?                                                (1)

4.6     Verduidelik kortliks die werking van ŉ aanvraagstaankraan.                           (2)

4.7     Noem TWEE tipes water besparende stortkoppe.                             (2 x 1)     (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

10                         SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE             (EC/SEPTEMBER 2023)

4.8   FIGUUR 4.8 toon ŉ sonwatergeiser met ŉ voorafverhitte warmwateropgaartenk.
      Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die stelsel.

                                                                 C
                     A

                                                             D

                                                                 E
         B

                         VOORAFVERHITTE
                         WARMWATER
                         OPGAARTENK

                                             FIGUUR 4.8

      4.8.1   Benoem die dele A tot E van die stelsel.                           (5 x 1)   (5)

      4.8.2   Wat is die minimum helling van deel B?                                       (1)

      4.8.3   Motiveer waarom deel B noord moet wys.                                       (1)

4.9   Dui aan of die volgende stellings as WAAR of ONWAAR is.

      4.9.1   ŉ Afsluitklep word aan die warmwateruitlaat van die hoëdrukgeiser
              geïnstalleer.                                                                (1)

      4.9.2   Die warmwaterpype wat uit die geiser lei moet ŉ watertemperatuur van
              tot 70° kan weerstaan.                                                       (1)

      4.9.3   ŉ 200 liter-geiser mag nie teen ŉ muur gemonteer word nie.                   (1)

      4.9.4   ŉ Elektriese afsonderskakelaar moet ten minste 1 meter van die geiser
              geïnstalleer word.                                                           (1)

      4.9.5   Die verwarmingselement van enige waterverwarmer moet na aan die
              bokant van die houer geplaas word.                                           (1)

4.10 Verduidelik die werking van ŉ hittepomp om water te verhit.                           (6)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

(EC/SEPTEMBER 2023)           SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE                        11

4.11 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die gereedskapstuk in
     FIGUUR 4.11.

                                    FIGUUR 4.11

      4.11.1 Wat is die gebruik van dié gereedskapstuk?                                 (1)

      4.11.2 Noem TWEE versorgingmaatreëls vir die gereedskapstuk.           (2 x 1)    (2)
                                                                                       [40]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 12

12                       SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE                   (EC/SEPTEMBER 2023)

VRAAG 5: RIOLERING EN HOEVEELHEDE (SPESIFIEK)

Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

5.1 Verduidelik kortliks die doel van ŉ ontlugtingstelsel in ŉ rioolstelsel.                 (2)

5.2 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die opwasbakinstallasie in
    FIGUUR 5.2.

               A

                                                                   E

                     B

                     C
                     D

                                         FIGUUR 5.2

      5.2.1   Identifiseer die dele A tot E.                                      (5 x 1)    (5)

      5.2.2   Wat is die doel van deel A?                                                    (1)

      5.2.3   Wat is die deursneegrootte van deel B?                                         (1)

      5.2.4   Wat is die doel van deel E?                                                    (1)

5.3   Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die dreineringstelsel in
      FIGUUR 5.3.

                     A

                                         FIGUUR 5.3

      5.3.1   Wat word dié stelsel genoem?                                                    (1)

      5.3.2   Verduidelik die omstandighede en doel van dié stelsel.                          (3)

      5.3.3   Noem TWEE nadele van dié stelsel.                                    (2 x 1)    (2)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 13

(EC/SEPTEMBER 2023)              SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE                     13

5.4 Verduidelik die doel van ŉ mangatdaalpyp.                                          (3)

5.5 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die Stapelriool in FIGUUR 5.5.

                                                                    A

                                                                    B

                                                                    C

                                                                    D

                                        FIGUUR 5.5

       5.5.1    Noem die dele A tot D van dié stelsel.                       (4 x 1)   (4)

       5.5.2    Motiveer kortliks waarom stapelriole nie naby boorgate gegrawe moet
                word nie.                                                              (1)

       5.5.3    Verduidelik waarom stormwater nie na stapelriole afgevoer moet word
                nie.                                                                   (2)

5.6   Gee die kleurkode vir die volgende rioleringstoebehore.

      5.6.1    Drekwaterpype                                                            (1)

      5.6.2    Stormwaterriole                                                          (1)

      5.6.3    Alle bestaande riole                                                     (1)

5.7   Verduidelik kortliks waarom rioolpype teen ŉ gestepileerde gradiënt gelê moet
      word.                                                                             (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 14

14                     SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE             (EC/SEPTEMBER 2023)

5.8   FIGUUR 5.8 toon ŉ lyndiagram van die koue- en warmwatertoevoer vir ŉ
      gebou. Die kouewaterpyp na die geiser het ŉ deursnee van 22 mm. Die
      warmwaterpyp vanaf die geiser het ŉ deursnee van 22 mm en die takpype vir
      die warmwater het ŉ deursnee van 15 mm. Gebruik die inligting in die
      onderstaande tabel en bepaal die hoeveelheid materiaal 5.8.1 tot 5.8.10 wat
      nodig is vir die warmwaterinstallasie.

                                     FIGUUR 5.8

      SANITÊRE WARE /       MATERIAAL          GROOTTE         HOEVEELHEID
         PASSTUK
      Temperatuur- en           5.8.1                               5.8.2
      drukveiligheidsklep
      met oorloop.
      Vakuumontlasklep          5.8.3                               5.8.4
      Drukbeheerklep            5.8.5                                 1
      Drupbak                   5.8.6                                 1
      Kouewaterpyp              5.8.7           22 mm            17 300 mm
      Warmwatertakpyp           Koper            5.8.8
      Kompressie-T-stukke       Koper       22 mm x 22 mm           5.8.9
      Verloop-T-stuk            Koper           5.8.10                1
                                                                         (10 x 1)    (10)
                                                                                     [40]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 15

(EC/SEPTEMBER 2023)             SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE                        15

VRAAG 6:      GRAFIESE KOMMUNIKASIE, DAKWERK, STORMWATER EN
              VERBINDINGS (SPESIFIEK)

Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

6.1   FIGUUR 6.1 op ANTWOORDBLAD B toon die bo- en vooraansig van ŉ keël.
      Teken die ontwikkeling van die keël volgens die radiaallyn-metode op
      ANTWOORDBLAD B. Toon ALLE konstruksielyne.                           (7)

6.2   Benoem die dele A tot C van die geutstelsel in FIGUUR 6.2.

                                                                  A

                                                                   B

                                                                  C

                                        FIGUUR 6.2
                                                                               (3 x 1)    (3)

6.3   Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is.

      6.3.1    Gegalvaniseerde geute moet ŉ val van 25 mm vir elke 5,8 m hê.              (1)

      6.3.2    Geute word met steunarms aan die dakbedekking geheg.                       (1)

      6.3.3    Die voorkante van die geute word met veerhake geheg.                       (1)

      6.3.4    Gegalvaniseerde geute se lasse word met ŉ 50/50 soldeersel
               gesoldeer.                                                                 (1)

6.4   Watter gereedskapstukke word gebruik om PVC-geute akkuraat in die vereiste
      lengte te sny?                                                     (2 x 1)          (2)

6.5   Waarmee word die eindpunte van geute geseël?                                        (1)

6.6   Noem TWEE tipes materiale wat vir voegskorte gebruik word.              (2 x 1)     (2)

6.7   Verduidelik kortliks die gebruik en doel van ŉ betonskoen in die afvoer van
      reënwater.                                                                          (2)

6.8   Noem TWEE tipes materiaal wat onwettig is om in stormwaterstelsels af te
      voer.                                                                (2 x 1)        (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 16

16                     SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE              (EC/SEPTEMBER 2023)

6.9    Motiveer kortliks waarom dreineerputte ten minste 5 m weg van ŉ gebou
       aangebring moet word.                                                           (2)

6.10   Kies ŉ beskrywing ten opsigte van die hegtingstukke uit KOLOM B wat by
       die term in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–G) langs die
       vraagnommers (6.10.1 tot 6.10.5) in die ANTWOORDEBOEK neer,
       byvoorbeeld 6.10.6 H.

                   KOLOM A                              KOLOM B
       6.10.1   Vierkantige skouerskroef   A   Het ŉ nyloninsetsel

       6.10.2   Vleuelmoer                 B   Platbolkop

       6.10.3   Rawlbout                   C   Word van veselplastiek
                                               vervaardig

       6.10.4   Seskantflens               D   Kan met vingers vasgedraai word

       6.10.5   Sluitmoer                  E   Die omhulsel sit uit wanneer dit
                                               vasgedraai word

                                           F   Koepelvormige kop

                                           G   Het ŉ ingeboude waster
                                                                           (5 x 1)    (5)
                                                                                     [30]

                                                                        TOTAAL:       200

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 17

(EC/SEPTEMBER 2023)             SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE                    17

                             SIVIELE TEGNOLOGIE
 ANTWOORDBLAD           A         GENERIES
                                                      NAAM:

2.2 FIGUUR 2.2 op ANTWOORDBLAD A toon die onvoltooide aansig van ŉ gebou.
    Voltooi die aansig deur die volgende dele op skaal 1 : 50 in te teken.

      2.2.1    ŉ Venster met ŉ lengte van 1 800 mm lengte en ŉ hoogte van 900 mm.
               Die venster word 700 mm vanaf die regtekant ingebou en die
               regterkantse een-derde van die venster kan oopmaak.                (7)

      2.2.2    ŉ Deur volgens die standaard mates, 900 mm vanaf die linkerkant van
               die gebou. Die deur maak na links oop. Daar is een trap tot op die
               grondvlak.                                                              (5)

      2.2.3    Die windveër teen die geuwelent.                                        (2)

                                                                Venster       7
                                                                Deur          5
                                                                Windveër      2

                                                                 TOTAAL      14

                      FIGUUR 2.2

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 18

18                      SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE             (EC/SEPTEMBER 2023)

                            SIVIELE TEGNOLOGIE
 ANTWOORDBLAD          B      SIVIELE DIENSTE
                                                     NAAM:

6.1    FIGUUR 6.1 op ANTWOORDBLAD B toon die bo- en vooraansig van ŉ keël.
       Teken die ontwikkeling van die keël volgens die radiaallyn-metode op
       ANTWOORDBLAD B. Toon ALLE konstruksielyne.                                     (7)

                     VOORAANSIG

                                            Halfsirkel 1 tot 5                 2
                                            Ontvouinglyne A–1 tot A–5          5
                                                                        TOTAAL 7
                      BOAANSIG
                     FIGUUR 6.1

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

## Related documents

- [CIV TECH GR12 QP SEPT 2023 Construction Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr12-qp-sept-2023-construction-afrikaans/97f8938d-02eb-46a4-a681-ef07b440e38f) — Civil Technology · QP · 2023 · Afr
- [CIV TECH GR12 QP SEPT2023 Woodworking Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr12-qp-sept2023-woodworking-afrikaans/3e001b9e-95a3-4e0c-ad76-9bcfe29c6fff) — Civil Technology · QP · 2023 · Afr
- [CIV TECH GR12 QP SEPT2022 Woodworking Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr12-qp-sept2022-woodworking-afrikaans/c4790570-dabd-463c-94fa-aa1715b1a542) — Civil Technology · QP · 2022 · Afr
- [CIV TECH GR12 QP SEPT2021 Afrikaans Construction](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr12-qp-sept2021-afrikaans-construction/19e5865a-d8a9-4741-b562-b0158255fd68) — Civil Technology · QP · 2021 · Afr
- [CIVIL TECH GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/civil-tech-gr12-qp-sept2017-afrikaans/34ee00b4-5e69-4625-8608-29bedd7c351e) — Civil Technology · QP · 2017 · Afr
- [CIV TECH GR12 MEMO SEPT2022 Civil Services Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr12-memo-sept2022-civil-services-afrikaans/e517a483-4536-458b-945a-1e2a6820fc1b) — Civil Technology · Memo · 2022 · Afr

## More from Grade 12 Civil Technology

- [Civil Technology (Woodworking) (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/civil-technology-woodworking-afrikaans-june-2025-possible-answers/c0a65d19-28ca-4ac3-8c61-d4627d2a3133) — Memo · 2025 · Afr
- [Civil Technology Nov 2025 (Construction) MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-civil-technology-2025-nsc-november-exam-memorandum/0e265899-dc44-4809-aabf-8f374f1af392) — Memo · 2025 · Eng
- [CIV TECH GR12 MEMO SEPT2024 Construction Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr12-memo-sept2024-construction-afrikaans/162bcc65-80ad-4384-b293-36da22468b06) — Memo · 2024 · Afr
- [Civil Technology Nov 2024 (Civil Services) Afr](https://www.hlayiso.com/library/civil-technology-nov-2024-civil-services-afr/307147a5-3280-4a11-a82e-cf3e33388eb0) — QP · 2024 · Afr
- [Civil Technology Nov 2022 (Civil Services) MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/civil-technology-nov-2022-civil-services-mg-afr/42b5315c-825c-40e3-b394-85e0253fc0fb) — Memo · 2023 · Afr
- [Civil Technology Nov 2023 (Construction) Eng](https://www.hlayiso.com/library/civil-technology-nov-2023-construction-eng/e6743728-8140-42ae-838d-282654a975a5) — QP · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
