# Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)

> Grade 12 Civil Technology question paper from the Eastern Cape Prelim Exam 2024 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr12-qp-sept2024-civil-services-afrikaans/e51adf3e-2db3-4924-9c90-98a78db9a79b
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Civil Technology
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: Eastern Cape Prelim Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Civil Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/civil-technology) › [Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr12-qp-sept2024-civil-services-afrikaans/e51adf3e-2db3-4924-9c90-98a78db9a79b)

## About this document

Civil Technology · Grade 12 · Eastern Cape Prelim Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                               NASIONALE
                           SENIORSERTIFIKAAT

                                 GRAAD 12

                           SEPTEMBER 2024

         SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE

PUNTE:   200

TYD:     3 uur

          Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye, insluitend 3 antwoordblaaie.

                        Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                       SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE                 (EC/SEPTEMBER 2024)

BENODIGDHEDE:

1.     Tekeninstrumente

2.     ŉ Nieprogrammeerbare sakrekenaar

3.     ANTWOORDEBOEK

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.     Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae: TWEE vrae is generies en VIER vrae
       is vakspesifiek.

2.     Beantwoord AL die vrae.

3.     Beantwoord elke vraag as ŉ geheel. MOENIE onderafdelings van vrae skei
       NIE.

4.     Begin die antwoord van ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

5.     Nommer die antwoorde korrek volgens nommeringstelsel wat in hierdie
       vraestel gebruik is.

6.     MOENIE in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.

7.     Jy mag sketse gebruik om jou antwoorde te illustreer.

8.     Skryf ALLE berekeninge en antwoorde in die ANTWOORDEBOEK of op die
       aangehegte ANTWOORDBLAAIE.

9.     Gebruik die puntetoekenning as ŉ riglyn vir die lengte van jou antwoorde.

10.    Maak tekeninge en sketse met potlood, volledig gemaatskryf en netjies met
       beskrywende opskrifte en aantekeninge afgerond, in ooreenstemming met die
       SANS/SABS se Gebruikskode vir Boutekenpraktyk.

11.    Vir die doel van hierdie vraestel moet die grootte van ŉ steen as
       220 mm x 110 mm x 75 mm geneem word.

12.    Gebruik jou eie oordeel waar afmetings en/of inligting ontbreek.

13.    Beantwoord VRAE 2.1, 3.10 en 6.8 op die aangehegte ANTWOORDBLAAIE
       deur, waar nodig, van tekeninstrumente gebruik te maak.

14.    SKRYF jou NAAM op elke ANTWOORDBLAD en lewer dit saam met jou
       ANTWOORDEBOEK in, of jy die vrae beantwoord het of nie.

15.    Tekeninge in die vraestel is NIE volgens skaal NIE as gevolg van elektroniese
       kopiëring.

16.    Google is as die bron van alle foto’s en prentjies gebruik.

17.    Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)              SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE                      3

VRAAG 1: VEILIGHEID EN MATERIAAL (GENERIES)

Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

1.1    Kies die korrekte vereistes ten opsigte van steiers:

       1.1.1   Dit moet ŉ veiligheidsfaktor van ten minste 2 / 4 hê                      (1)

       1.1.2   Die breedte van die platformplanke is 114 mm / 228 mm                     (1)

       1.1.3   Skutrelings moet ten minste 750 mm / 900 mm hoog wees                     (1)

       1.1.4   Skopplate moet ten minste 150 mm / 1 500 mm hoog wees                     (1)

       1.1.5   Platforms moet met ŉ glyvaste laag / roeswerende laag bedek
               word                                                                      (1)

1.2    Motiveer kortliks waarom hangsteiers by elke werkposisie so na as
       moontlik aan die struktuur geheg moet word.                                       (1)

1.3    Identifiseer DRIE van die volgende vereistes wat op die verskaffer van
       gevaarlike chemiese stowwe van toepassing is.

       1.3.1   Noodhulpmaatreëls moet aangedui word

       1.3.2   Oorsprong van die houers moet aangedui word

       1.3.3   Kontaknommers van nooddienste moet aangedui word

       1.3.4   Brandbestrydingsmaatreëls moet aangedui word

       1.3.5   Die vervoerinligting moet aangedui word

       1.3.6   Berginginstruksies moet aangedui word                       (3 x 1)       (3)

1.4    Wat is die minimum en maksimum helling vir trappe wat tydens die
       konstruksieproses gebruik word?                                                   (2)

1.5    Motiveer kortliks waarom aluminiumlere nie naby elektriese drade gebruik
       moet word nie.                                                                    (2)

1.6    Beskryf die verskil tussen die tipe oppervlakafwerking van ŉ waterbasisverf
       en ŉ oliebasisverf.                                                               (2)

1.7    Noem DRIE voordele van die nabehandelingproses vir beton.          (3 x 1)        (3)

1.8    Beskryf kortliks die poeierbestrykingproses.                                      (2)
                                                                                        [20]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                        SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE               (EC/SEPTEMBER 2024)

VRAAG 2: GRAFIKA, VERBINDINGS EN TOERUSTING (GENERIES)

Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

2.1   Gebruik die inligting op ANTWOORDBLAD A en voltooi die terreinplan op ŉ
      skaal van 1 : 200 volgens die volgende vereistes:

      2.1.1    Die erfgrense word vanaf punt A uitgemeet
               Die erfgrense voor en agter is 23 m lank
               Die erfgrense aan die sykante is 25 m lank                                  (2)

      2.1.2    Die voorste boulyn is 4 m vanaf die erfgrens
               Die agterste en kantboulyne is 2 m vanaf die erfgrense                      (2)

      2.1.3    Toon die erfingang, 3 m vanaf die westelike erfgrens                        (1)

      2.1.4    Toon die uitgangspeil in die noord-oostelike hoek van die erf               (1)

      Voltooi die struktuur se riooluitleg en afkortings van die riooltoebehore
      volgens die volgende vereistes:

      2.1.5    Die hoofriool vanaf die badkamer tot by die munisipale aansluiting          (2)

      2.1.6    Die takriole na die badkamer en kombuis                                     (2)

      2.1.7    Mangat op die erf, voor die munisipale aansluiting                          (2)

      2.1.8    Steekoë                                                                     (4)

      2.1.9   Inspeksie-oë                                                                 (4)

2.2   Noem die VIER besonderhede van ŉ bout wat verskaf moet word wanneer
      dit aangekoop word.                                            (4 x 1)               (4)

2.3   Beskryf kortliks die voordeel van die vierkantige skouerbout.                        (2)

2.4   Benoem dele A tot D van die bout in FIGUUR 2.4.

                                      FIGUUR 2.4
                                                                               (4 x 1)    (4)

2.5   Noem TWEE vereistes waaraan ŉ boksteier moet voldoen voordat
      werknemers dit mag gebruik.                                              (2 x 1)    (2)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)            SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE                  5

2.6   Noem TWEE voorsorgmaatreëls wat getref moet word wanneer ŉ leer
      vervoer word.                                                (2 x 1)         (2)

2.7   Motiveer kortliks waarom houtlere nie geverf mag word nie.                   (2)

2.8   Beskryf kortliks EEN gebruik van ŉ bukswaterpas.               (1 x 2)       (2)

2.9   Noem TWEE materiale wat deur ŉ multidetektor in mure opgespoor kan
      word.                                                         (2 x 1)       (2)
                                                                                 [40]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

                         Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                       SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE               (EC/SEPTEMBER 2024)

VRAAG 3: VEILIGHEID, MATERIAAL EN KONSTRUKSIE (SPESIFIEK)
Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

3.1   Noem TWEE tipes risiko’s wat beheer moet word wanneer daar in
      nou/beperkte ruimtes gewerk word.                                      (2 x 1)          (2)

3.2   Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs ‘waar’ of
      ‘onwaar’ langs die vraagnommers (3.2.1 tot 3.2.3) in die
      ANTWOORDEBOEK.

      3.2.1    ŉ Masker wat jou neus en mond bedek, bied net matige beskerming
               teen die inaseming van stof.                                                   (1)

      3.2.2    Slegs persone met mediese opleiding mag in ŉ mangat werk.                      (1)

      3.2.3    ŉ Veiligheidsharnas is nie nodig indien ŉ persoon ŉ leer gebruik om ŉ
               mangat te betree nie.                                                          (1)

3.3   Motiveer kortliks waarom die area om ŉ mangat moet beveilig word wanneer
      dit oop is.                                                                             (1)

3.4   In watter omstandighede moet waarskuwingstekens by mangate aangebring
      word?                                                                                   (1)

3.5   Motiveer waarom ŉ asemhalingstoestel gedra moet word wanneer ŉ mangat
      betree word.                                                                            (1)

3.6   Sink is ŉ hoogs reaktiewe metaal. Verduidelik hoekom die eienskap ŉ nadeel
      in ŉ sink-allooi is.                                                                    (2)

3.7   Noem DRIE nadele van ontsinking in metaalpype.                         (3 x 1)          (3)

3.8   Motiveer kortliks waarom lasse tussen koper- en gegalvaniseerde pype
      vermy moet word.                                                                        (2)

3.9   Noem DRIE faktore wat die termodinamiese en kinetiese toestande van
      galvaniese korrosie in metale bepaal.                              (3 x 1)              (3)

3.10 FIGUUR 3.10 op ANTWOORDBLAD B toon laag 1 van ŉ dubbele omloophoek
     in ŉ eensteenmuur in strykverband. Teken die alternatiewe laag van die
     eensteenmuur op ŉ skaal van 1 : 10 op ANTWOORDBLAD B.                                   (10)

3.11 Verduidelik EEN doel van die vloeivulling van ŉ mangat.                 (1 x 1)          (1)

3.12 Wat is die gradiënt van ŉ ø 100 mm-rioolpyp?                                             (1)
                                                                                             [30]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)               SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE                       7

VRAAG 4:        KOUEWATERVOORSIENING, WARMWATERVOORSIENING EN
                GEREEDSKAP (SPESIFIEK)

Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

4.1    FIGUUR 4.1 toon ŉ diagrammatiese voorstelling van die watertoevoerstelsel
       na ŉ huis. Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die stelsel.

                                                B
                                 A

                                                          D
            C

                                             FIGUUR 4.1

       4.1.1    Identifiseer dele A tot D.                                      (4 x 1)      (4)

       4.1.2    Beskryf kortliks die doel van deel A.                                        (1)

       4.1.3    Wie is verantwoordelik vir die onderhoud van deel B?                         (1)

       4.1.4    Wie is verantwoordelik vir die onderhoud van deel D?                         (1)

       4.1.5    Wat is die minimum diepte wat deel D onder grondvlak gelê word?              (1)

4.2    Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die klep in FIGUUR 4.2.

                                         FIGUUR 4.2

       4.2.1     Wat word dié tipe klep genoem?                                              (1)

       4.2.2     Wat word deel A genoem?                                                     (1)

       4.2.3     Watter pylpunt dui die korrekte vloeirigting aan, pylpunt B of C?           (1)

       4.2.4     In watter omstandighede word van dié tipe klep gebruik gemaak?              (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

                            Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                        SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE            (EC/SEPTEMBER 2024)

4.3    Beskryf kortliks die waterbesparende eienskap van ŉ elektroniese kraan.              (2)

4.4    Wanneer ŉ watervoorsieningpyp bars, kan modderwater in die pyp inkom.
       Motiveer kortliks waarom die modderwater eers uitgepomp moet word,
       voordat die pyp herstel word.                                                        (2)

4.5    In watter omstandighede word die strekdraadpasstuk gebruik om
       gegalvaniseerde pype te herstel?                                                     (1)

4.6   Identifiseer die volgende warmwaterstelsel simbole.

      4.6.1          C
                     H              T
                                                                                            (1)

      4.6.2
                                                                                            (1)

      4.6.3          PV
                                                                                            (1)

4.7    Maak netjiese sketse om die simbole van die volgende warmwaterstelsels te
       illustreer.

       4.7.1   Balanseertoestel                                                             (2)

       4.7.2   Afsluitkraan                                                                 (2)

4.8    Verduidelik kortliks waarom die warmwater-uitlaatpyp aan die bokant van ŉ
       geiser geïnstalleer word.                                                            (2)

4.9    Beskryf die doel van die volgende geiserkomponente.

       4.9.1   Drupbak                                                                      (1)

       4.9.2   Drukbeheerklep                                                               (1)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)              SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE                     9

4.10   Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die geiserstelsel in
       FIGUUR 4.10.

                                      FIGUUR 4.10

       4.10.1   Benoem dié tipe geiserstelsel.                                          (1)

       4.10.2   Benoem dele A tot D van dié geiserstelsel.                  (4 x 1)     (4)

       4.10.3   Wat is die doel van die glasbedekking wat die binnenetwerk afdig?       (1)

4.11   Noem TWEE oorsake van waterslag in waterpype.                       (2 x 1)      (2)

4.12   Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die gereedskapstuk in
       FIGUUR 4.12.

                                      FIGUUR 4.12

       4.12.1 Benoem dié gereedskapstuk.                                                (1)

       4.12.2 Wat is die doel van die filter in die suigpyp van die gereedskapstuk?     (1)

       4.12.3 Noem TWEE stelsels waar dié gereedskapstuk gebruik word.(2 x 1)           (2)
                                                                                       [40]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                       SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE                    (EC/SEPTEMBER 2024)

VRAAG 5: RIOLERING EN HOEVEELHEDE (SPESIFIEK)

Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

5.1   Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die rioolstelsel in FIGUUR 5.1.

                                         FIGUUR 5.1

      5.1.1    Benoem die onderdele van A tot H van dié rioolstelsel.                (8 x 1)        (8)

      5.1.2    Gee die afkortings van dele B en H.                                   (2 x 1)        (2)

      5.1.3    Wat is die doel van die waterslot in deel C?                                         (1)

      5.1.4    Verduidelik hoe deel E voorkom dat onwelriekende gasse in die gebou
               vrygelaat word.                                                                      (3)

      5.1.5    Wat is die doel van deel F?                                                          (1)

5.2   Watter letter, A of B, dui die vloeirigting van die riool in die rioolpyp in
      FIGUUR 5.2 aan?

                                         FIGUUR 5.2                                                 (1)

5.3   Beskryf kortliks die doel van ŉ mangat in ŉ rioolstelsel.                                     (2)

5.4   Verduidelik kortliks wat ŉ vakuumtenk is.                                                     (3)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)              SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE                 11

5.5    Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die rioolplan in FIGUUR 5.5.

                                       FIGUUR 5.5

       5.5.1    Watter letters dui die posisies van inspeksie-oë aan?     (3 x 1)     (3)

       5.5.2    Watter letters dui die posisies van steek-oë aan?          (2 x 1)    (2)

       5.5.3    Watter letter dui die posisie van die mangat aan?                     (1)

5.6    Wat is die minimum deursnee grootte van rioolpype?                             (1)

5.7    Motiveer waarom die volgende regulasies op rioleringstelsels toegepas moet
       word.

       5.7.1    Pype moet teen die vereiste helling gelê word.                        (1)

       5.7.2    Rioolpype moet in reguit lyne gelê word.                              (1)

       5.7.3    Rioolpype wat onder ŉ gebou deurloop, moet met ŉ 100 mm dik
                betonlaag bedek word.                                                 (1)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                      SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE             (EC/SEPTEMBER 2024)

5.8   FIGUUR 5.8 toon die riooluitleg, op skaal 1 : 100, van ŉ gebou met ŉ lengte
      van 6 000 mm en breedte van 3 000 mm. Bereken die volgende hoeveelhede
      vir die dreineringstelsel.

                                      FIGUUR 5.8

      5.8.1    Die hoeveelhede vaste sanitêre toebehore wat benodig word.                  (1)

      5.8.2    Die totale lengte takpype wat benodig word.                                 (2)

      5.8.3    Die totale lengte rioolpype wat benodig word.                               (1)

      5.8.4    Die hoeveelheid toegangsopeninge wat geïnstalleer moet word.                (1)

5.9   ŉ Silindriese watertoevoertenk is 2 800 mm hoog en het ŉ deursnee van
      1 800 mm. Bereken die volgende:
      (Toon ALLE berekeninge en formules.)

      5.9.1    Die volume van die tenk in m³                                               (3)

      5.9.2    Die volume water wat die tenk kan vat                                    (1)
                                                                                       [40]

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)             SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE                     13

VRAAG 6: GRAFIESE KOMMUNIKASIE, DAKWERK, STORMWATER EN
         VERBINDINGS (SPESIFIEK)

Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

6.1    Wat is die aanbevole helling van dakgeute?                                         (1)

6.2    Wat is die doel van die steunarms wanneer geute geïnstalleer word?                 (1)

6.3    Verduidelik kortliks die gebruik van voegskorte op dakke.                          (2)

6.4    FIGUUR 6.4 toon ŉ ventilasiepyp wat bokant ŉ dak uitsteek. Noem TWEE
       faktore wat in gedagte gehou moet word, voor die installering van die pyp.
                                                                            (2 x 1)       (2)

                                       FIGUUR 6.4

6.5    Kies ŉ beskrywing ten opsigte van stormwatertoebehore uit KOLOM B wat
       by ŉ term in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–H) langs die
       vraagnommers (6.5.1 tot 6.5.5) in die ANTWOORDEBOEK neer,
       byvoorbeeld 6.5.6 I.

                  KOLOM A                               KOLOM B
       6.5.1    Grondgeute               A     Ten minste 20 m weg van enige
                                               gebou

       6.5.2    Oop stormwaterkanale     B     Voer rioolwater na damme

       6.5.3    Betonskoen               C     Versamel dakwater

       6.5.4    Dreineerputte            D     Voer stormwater na damme

       6.5.5    Mangate                  E     Water uit ondergrondse
                                               stormwaterstelsels word hierin
                                               gestort

                                         F     Ten minste 5 m weg van enige
                                               gebou

                                         G     Word onderaan afvoerpype
                                               geplaas

                                         H     Moet met gietysterdeksels bedek
                                               wees
                                                                          (5 x 1)         (5)
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                     SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE              (EC/SEPTEMBER 2024)

6.6   Noem TWEE funksies van die vloeimiddel vir soldering.                (2 x 1)         (2)

6.7   Wat is die doel van die rubberring in die kompressieverbinding van ŉ PVC-
      pyp?                                                                                 (1)

6.8   FIGUUR 6.8 op ANTWOORDBLAD C toon ŉ afgeknotte piramide met ŉ
      vierkantbasis.
      Teken op ANTWOORDBLAD C die ontvouing van die afgeknotte piramide.               (16)
                                                                                       [30]

                                                                       TOTAAL:         200

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

                         Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)           SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE                  15

                                                     NAAM
                           SIVIELE TEGNOLOGIE         EN
 ANTWOORDBLAD         A         (GENERIES)           VAN:

2.1     Gebruik die inligting op ANTWOORDBLAD A en voltooi die terreinplan op ŉ
        skaal van 1 : 200.

ERF 121                                ERF 123                               ERF 125

                            KOMBUIS              BADKAMER

                                             A

               A

                              PARLEMENTSTRAAT

                                                 Erfgrense              2
                                                 Boulyne                2
                                                 Erfingang              1
                                                 Uitgangspeil           1
                                                 Hoofriool              2
                                                 Takriole               2
                                                 Mangat                 2
                                                 Steekoë                4
                                                 Inspeksie-oë           4
                                                                TOTAAL: 20

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                    SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE           (EC/SEPTEMBER 2024)

                                                    NAAM
                           SIVIELE TEGNOLOGIE        EN
 ANTWOORDBLAD        B          (SPESIFIEK)         VAN:

3.10   FIGUUR 3.10 op ANTWOORDBLAD B toon laag 1 van ŉ dubbele
       omloophoek in ŉ eensteenmuur in strykverband. Teken die alternatiewe
       laag van die eensteenmuur op ŉ skaal van 1 : 10 op ANTWOORDBLAD B.

                                                     Steenwerk            8
                                                     Toepassing van skaal 2
            FIGUUR 3.10                                         TOTAAL: 10

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)           SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE               17

                                                     NAAM
                           SIVIELE TEGNOLOGIE         EN
 ANTWOORDBLAD         C         (SPESIFIEK)          VAN:

6.8    FIGUUR 6.8 op ANTWOORDBLAD C toon ŉ afgeknotte piramide met ŉ
       vierkantbasis.
       Teken op ANTWOORDBLAD C die ontvouing van die afgeknotte piramide.

                      SYAANSIG

                                                   Konstruksielyne A1 – A3  3
                                                   Booglyne C1 + C2         2
                                                   Basispunte D1 – D6       6
                                                   Naatlyne F1 + F2         1
                                                   Sykantlyne G1 – G6       2
                                                   Akkuraatheid + netheid   2
                                                                   TOTAAL: 16

                      BOAANSIG

                      FIGUUR 6.8

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

## Related documents

- [CIV TECH GR12 MEMO SEPT2024 Construction Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr12-memo-sept2024-construction-afrikaans/162bcc65-80ad-4384-b293-36da22468b06) — Civil Technology · Memo · 2024 · Afr
- [CIV TECH GR12 QP SEPT 2023 Construction Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr12-qp-sept-2023-construction-afrikaans/97f8938d-02eb-46a4-a681-ef07b440e38f) — Civil Technology · QP · 2023 · Afr
- [CIV TECH GR12 QP SEPT2023 Civil Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr12-qp-sept2023-civil-afrikaans/3d971330-fbba-4185-b58b-8e57fbcde1cc) — Civil Technology · QP · 2023 · Afr
- [CIV TECH GR12 QP SEPT2023 Woodworking Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr12-qp-sept2023-woodworking-afrikaans/3e001b9e-95a3-4e0c-ad76-9bcfe29c6fff) — Civil Technology · QP · 2023 · Afr
- [CIV TECH GR12 QP SEPT2022 Woodworking Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr12-qp-sept2022-woodworking-afrikaans/c4790570-dabd-463c-94fa-aa1715b1a542) — Civil Technology · QP · 2022 · Afr
- [CIV TECH GR12 QP SEPT2021 Afrikaans Construction](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr12-qp-sept2021-afrikaans-construction/19e5865a-d8a9-4741-b562-b0158255fd68) — Civil Technology · QP · 2021 · Afr

## More from Grade 12 Civil Technology

- [Civil Technology (Woodworking) (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/civil-technology-woodworking-afrikaans-june-2025-possible-answers/c0a65d19-28ca-4ac3-8c61-d4627d2a3133) — Memo · 2025 · Afr
- [Civil Technology Nov 2025 (Construction) MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-civil-technology-2025-nsc-november-exam-memorandum/0e265899-dc44-4809-aabf-8f374f1af392) — Memo · 2025 · Eng
- [Civil Technology Nov 2022 (Civil Services) MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/civil-technology-nov-2022-civil-services-mg-afr/42b5315c-825c-40e3-b394-85e0253fc0fb) — Memo · 2023 · Afr
- [Civil Technology Nov 2023 (Construction) Eng](https://www.hlayiso.com/library/civil-technology-nov-2023-construction-eng/e6743728-8140-42ae-838d-282654a975a5) — QP · 2023 · Eng
- [Civil Technology Nov 2023 (Civil Services) Afr](https://www.hlayiso.com/library/civil-technology-nov-2023-civil-services-afr/b820ac91-947c-4aed-821f-256aa13aabe1) — QP · 2023 · Afr
- [Civil Technology Nov 2023 (Woodworking) Afr](https://www.hlayiso.com/library/civil-technology-nov-2023-woodworking-afr/f6f7ac38-fb55-4d61-bc66-5441e4cbcee0) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
