# Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)

> Grade 12 Civil Technology question paper from the Eastern Cape Prelim Exam 2024 (Afrikaans), 23 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr12-qp-sept2024-woodworking-afrikaans/1c6d5c64-83b5-456b-abcf-2abc23f1f1fe
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Civil Technology
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: Eastern Cape Prelim Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 23

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Civil Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/civil-technology) › [Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr12-qp-sept2024-woodworking-afrikaans/1c6d5c64-83b5-456b-abcf-2abc23f1f1fe)

## About this document

Civil Technology · Grade 12 · Eastern Cape Prelim Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 23 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                              NASIONALE
                          SENIORSERTIFIKAAT

                               GRAAD 12

                           SEPTEMBER 2024

         SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING

PUNTE:     200

TYD:       3 uur

           Hierdie vraestel bestaan uit 23 bladsye, insluitend 5 antwoordblaaie.

                        Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                      SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING                   (EC/SEPTEMBER 2024)

BENODIGDHEDE:

1.     Tekeninstrumente

2.     ŉ Nieprogrammeerbare sakrekenaar

3.     ANTWOORDEBOEK

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.     Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae: TWEE vrae is generies en VIER vrae is
       vakspesifiek.

2.     Beantwoord AL die vrae.

3.     Beantwoord elke vraag as ŉ geheel. MOENIE onderafdelings van vrae skei NIE.

4.     Begin die antwoord van ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

5.     Nommer die antwoorde korrek volgens nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
       gebruik is.

6.     MOENIE in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.

7.     Jy mag sketse gebruik om jou antwoorde te illustreer.

8.     Skryf ALLE berekeninge en antwoorde in die ANTWOORDEBOEK of op die
       aangehegte ANTWOORDBLAAIE.

9.     Gebruik die puntetoekenning as ŉ riglyn vir die lengte van jou antwoorde.

10.    Maak tekeninge en sketse met potlood, volledig gemaatskryf en netjies met
       beskrywende opskrifte en aantekeninge afgerond, in ooreenstemming met die
       SANS/SABS se Gebruikskode vir Boutekenpraktyk.

11.    Vir die doel van hierdie vraestel moet die grootte van ŉ steen as
       220 mm x 110 mm x 75 mm geneem word.

12.    Gebruik jou eie oordeel waar afmetings en/of inligting ontbreek.

13.    Beantwoord VRAE 2.1, 3.2, 3.3, 6.3.2 en 6.5 op die aangehegte ANTWOORD-
       BLAAIE deur, waar nodig, van tekeninstrumente gebruik te maak.

14.    SKRYF jou NAAM op elke ANTWOORDBLAD en lewer dit saam met jou
       ANTWOORDEBOEK in, of jy die vrae beantwoord het of nie.

15.    Tekeninge in die vraestel is NIE volgens skaal NIE as gevolg van elektroniese
       kopiëring.

16.    Google is as die bron van alle foto’s en prentjies gebruik.

17.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)              SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING                              3

VRAAG 1: VEILIGHEID EN MATERIAAL (GENERIES)

Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

1.1     Kies die korrekte vereistes ten opsigte van steiers:

        1.1.1    Dit moet ŉ veiligheidsfaktor van ten minste 2 / 4 hê                     (1)

        1.1.2    Die breedte van die platformplanke is 114 mm / 228 mm                    (1)

        1.1.3    Skutrelings moet ten minste 750 mm / 900 mm hoog wees                    (1)

        1.1.4    Skopplate moet ten minste 150 mm / 1 500 mm hoog wees                    (1)

        1.1.5    Platforms moet met ŉ glyvaste laag / roeswerende laag bedek
                 word                                                                     (1)

1.2     Motiveer kortliks waarom hangsteiers by elke werkposisie so na as
        moontlik aan die struktuur geheg moet word.                                       (1)

1.3     Identifiseer DRIE van die volgende vereistes wat op die verskaffer van
        gevaarlike chemiese stowwe van toepassing is.

        1.3.1    Noodhulpmaatreëls moet aangedui word

        1.3.2    Oorsprong van die houers moet aangedui word

        1.3.3    Kontaknommers van nooddienste moet aangedui word

        1.3.4    Brandbestrydingsmaatreëls moet aangedui word

        1.3.5    Die vervoerinligting moet aangedui word

        1.3.6    Berginginstruksies moet aangedui word                      (3 x 1)       (3)

1.4     Wat is die minimum en maksimum helling vir trappe wat tydens die
        konstruksieproses gebruik word?                                                   (2)

1.5     Motiveer kortliks waarom aluminiumlere nie naby elektriese drade gebruik
        moet word nie.                                                                    (2)

1.6     Beskryf die verskil tussen die tipe oppervlakafwerking van ŉ waterbasisverf
        en ŉ oliebasisverf.                                                               (2)

1.7     Noem DRIE voordele van die nabehandelingproses vir beton.           (3 x 1)       (3)

1.8     Beskryf kortliks die poeierbestrykingproses.                                      (2)
                                                                                         [20]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

                            Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
 4                        SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING                 (EC/SEPTEMBER 2024)

VRAAG 2: GRAFIKA, VERBINDINGS EN TOERUSTING (GENERIES)

Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

2.1    Gebruik die inligting op ANTWOORDBLAD A en voltooi die terreinplan op ŉ
       skaal van 1 : 200 volgens die volgende vereistes:

       2.1.1    Die erfgrense word vanaf punt A uitgemeet
                Die erfgrense voor en agter is 23 m lank
                Die erfgrense aan die sykante is 25 m lank                                    (2)

       2.1.2    Die voorste boulyn is 4 m vanaf die erfgrens
                Die agterste en kantboulyne is 2 m vanaf die erfgrense                        (2)

       2.1.3    Toon die erfingang, 3 m vanaf die westelike erfgrens                          (1)

       2.1.4    Toon die uitgangspeil in die noord-oostelike hoek van die erf                 (1)

       Voltooi die struktuur se riooluitleg en afkortings van die riooltoebehore
       volgens die volgende vereistes:

       2.1.5    Die hoofriool vanaf die badkamer tot by die munisipale aansluiting            (2)

       2.1.6    Die takriole na die badkamer en kombuis                                       (2)

       2.1.7    Mangat op die erf, voor die munisipale aansluiting                            (2)

       2.1.8    Steekoë                                                                       (4)

       2.1.9   Inspeksie-oë                                                                   (4)

2.2   Noem die VIER besonderhede van ŉ bout wat verskaf moet word wanneer
      dit aangekoop word.                                           (4 x 1)                   (4)

2.3   Beskryf kortliks die voordeel van die vierkantige skouerbout.                           (2)

2.4   Benoem dele A tot D van die bout in FIGUUR 2.4.

                                       FIGUUR 2.4
                                                                                (4 x 1)      (4)

2.5   Noem TWEE vereistes waaraan ŉ boksteier moet voldoen voordat
      werknemers dit mag gebruik.                                               (2 x 1)      (2)

 Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

                            Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)            SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING                        5

2.6   Noem TWEE voorsorgmaatreëls wat getref moet word wanneer ŉ leer
      vervoer word.                                                (2 x 1)        (2)

2.7   Motiveer kortliks waarom houtlere nie geverf mag word nie.                  (2)

2.8   Beskryf kortliks EEN gebruik van ŉ bukswaterpas.              (1 x 2)       (2)

2.9   Noem TWEE materiale wat deur ŉ multidetektor in mure opgespoor kan
      word.                                                         (2 x 1)      (2)
                                                                                [40]

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

                         Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                       SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING                (EC/SEPTEMBER 2024)

VRAAG 3:        SWAAIRAME, KASTE, MUURPANELE EN HOEVEELHEDE
                (SPESIFIEK)

Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

3.1     FIGUUR 3.1 hieronder toon die vertikale deursnee-aansig deur ŉ deel van ŉ
        swaairaam met ŉ bolig. Bestudeer die skets en beantwoord die vrae wat
        volg.

                                           FIGUUR 3.1

        3.1.1    Identifiseer deel A.                                                     (1)

        3.1.2    Benoem die horisontale deel wat die swaairaam en bolig skei.             (1)

        3.1.3    Beveel EEN ander materiaal aan behalwe stopverf, wat gebruik kan
                 word om glas in posisie vas te heg.                                      (1)

        3.1.4    Gee EEN rede waarom die relings en style van die swaairaam
                 gefatsoeneer is.                                                         (1)

        3.1.5    Verduidelik die term bolig.                                              (2)

        3.1.6    Beskryf die doel van C.                                                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

                            Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                 SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING                            7

3.2     FIGUUR 3.2 hieronder toon die vloerplan van ŉ stoorkamer met ŉ geweldak.

                                            FIGUUR 3.2

        Gebruik die volgende spesifikasies:

         •   Tipe dak: Suid-Afrikaanse (Howe) dakkap
         •   Die dak het AGT dakkappe
         •   Die mure is 220 mm dik
         •   Die ware lengte van die bindbalk is 5 280 mm

         Rond jou antwoord tot TWEE desimale af.

        Gebruik die opmetingsblad op ANTWOORDBLAD B en bereken die
        volgende:

        3.2.1         Die totale lengte van die muurplaat wat vir die gebou benodig word        (4)

        3.2.2         Die totale lengte hout wat vir die bindbalk benodig word                  (3)

        LET WEL:          ŉ Punt sal vir die korrekte gebruik van die opmetingsblad
                          toegeken word.                                                        (1)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

                               Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                          SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING             (EC/SEPTEMBER 2024)

3.3      ANTWOORDBLAD C toon die vooraansig van die raamwerk van ŉ
         ingeboude kas sonder die deure.

         Gebruik ANTWOORDBLAD C en voltooi die gegewe tekening in goeie
         verhouding.

         Gebruik die volgende spesifikasies:

          •   Die kas word van 16 mm melamienplanke gemaak
          •   Die kas moet ŉ bo-eenheid hê
          •   Verdeel die onderste deel van die kas in TWEE gelyke dele met ŉ
              tussensy
          •   Die kas het vier gelyke rakspasies aan die regterkant
          •   Die linkerkant het ŉ ovaal hangreling.
          •   Die kas moet ŉ voorreling en ŉ skopplaat hê                                (8)

3.4      Onderskei tussen ingeboude kaste en vrystaande kaste ten opsigte van
         aanbevole dieptes.                                                              (2)

3.5      FIGUUR 3.5 hieronder toon die deursnee-aansig van ŉ tong-en-groef-
         muurpaneel van vloer tot plafon, geheg aan ŉ 110 mm dikte muur.
         Bestudeer die tekening en beantwoord die vrae wat volg.

                                              FIGUUR 3.5

         3.5.1       Identifiseer dele A–C.                               (3 x 1)        (3)

         3.5.2       Verduidelik die doel van deel C.                                    (1)

         3.5.3       Beskryf die doel van bedekking soos dit bo-op tong-en-groef
                     muurpanele aangebring is.                                          (1)
                                                                                       [30]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

                              Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)           SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING                         9

VRAAG 4:        DAKKE, PLAFONNE, GEREEDSKAP EN TOERUSTING EN
                MATERIALE (SPESIFIEK)

Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

4.1     Kies ŉ beskrywing uit KOLOM B wat by ŉ dak in KOLOM A pas. Skryf slegs die
        letter (A–G) langs die vraagnommers (4.1.1 tot 4.1.5) in die
        ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 4.1.6 H.

                      KOLOM A                              KOLOM B
        4.1.1                                A     afdak

        4.1.2                                B     sparpaardak

        4.1.3                                C     hoofstyldak

        4.1.4                                D     bindhoutdak

        4.1.5                                E     Suid-Afrikaanse (Howe-) dak

                                             F     sparbintdak

                                             G     riet(gras)-dak
                                                                            (5 x 1)     (5)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

                         Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                       SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING               (EC/SEPTEMBER 2024)

4.2    FIGUUR 4.2 hieronder toon dakprofiele vir gebou A en gebou B. Bestudeer
       die sketse en beantwoord die vrae wat volg.

                                       FIGUUR 4.2

      4.2.1    Noem die dakprofiele vir gebou A en B onderskeidelik.          (2 x 1)     (2)

      4.2.2    Teken ŉ netjiese lynskets van die boaansig van die dak vir gebou B.        (4)

      4.2.3    Verduidelik DRIE kenmerke van ŉ goeie dakbedekking.            (3 x 1)     (3)

4.3   Beskryf die doel van onderlaag vir die volgende dakbedekkings:

      4.3.1    Beton of kleidakdeëls                                                      (1)

      4.3.2    Grasdak                                                                    (1)

      4.3.3    IBR en gegolfde sinkplate                                                  (1)

4.4   Onderskei tussen ŉ kaphanger en spykerplate met betrekking tot hul
      gebruike.                                                               (2 x 1)     (2)

4.5   Beskryf die regulasie wat geld as die oppervlakte van ŉ grasdak 20 m²
      oorskry.                                                                            (1)

4.6   Verduidelik wat jy van die dakrand van ŉ dak verstaan.                              (1)

4.7   Beskryf TWEE voordele van meganiese gradering.                          (2 x 1)     (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING                      11

4.8    Die stappe oor hoe om skuurseëlaar voor te berei en aan te wend, word
       hieronder in willekeurige volgorde gegee.

       Ontleed en herrangskik die stappe in die korrekte volgorde. Skryf SLEGS die
       nommer van die stellings hieronder in die KORREKTE volgorde in jou
       ANTWOORDEBOEK neer.

       1.     Maak die kwas na elke aanwending in verdunningsmiddel skoon

       2.     Meng die skuurseëlaar goed voor aanwending

       3.     Verwyder alle stof

       4.     Laat 60 minute droogwordtyd tussen opeenvolgende lae toe

       5.     Skuur die houtoppervlak met verskillende grade skuurpapier totdat dit
              glad en vry van skrape is.

       6.     Skuur liggies en stof die hout af voordat die volgende laag aangewend
              word

       7.     Wend verskeie (gewoonlik twee tot drie) verdunde lae skuurseëlaar
              met ŉ kwas aan                                                (7 x 1)       (7)

4.9    FIGUUR 4.8 hieronder toon ŉ deursnee-aansig van ŉ konvensionele valdeur.
       Bestudeer die skets en gee EEN woord/term vir elke letter (A tot D) deur ŉ
       woord/term uit die lys hieronder te kies.

       Skryf slegs die woord/term langs die letter (A tot D) in die ANTWOORDEBOEK
       neer, byvoorbeeld E – Dakspar

       Bindbalk; Dakspar; Stut; Latwerk; Valdeur; Plafonbord; Dekstrook

                                         FIGUUR 4.8
                                                                             (4 x 1)      (4)

4.10   Noem die minimum afmeting vir die opening van ŉ valdeur.                           (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                     SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING                 (EC/SEPTEMBER 2024)

4.11   FIGUUR 4.11 hieronder toon vier masjiene. Bestudeer die prente en
       beantwoord die vrae wat volg.

                         A                                     B

                         C                                     D
                                       FIGUUR 4.11

       4.11.1   Benoem dié groep masjiene.                                               (1)

       4.11.2   Identifiseer B en C.                                         (2 x 1)     (2)

       4.11.3   Beskryf EEN aspek wat in ag geneem moet word in die versorging
                van ŉ figuursaag in terme van sy lem.                                    (1)

       4.11.4   Beskryf EEN manier waarop ŉ verdieper (‘roeter’) gestoor kan word.
                                                                            (1 x 1)     (1)
                                                                                       [40]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

                             Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)               SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING                            13

VRAAG 5:        FORMELE, BEKISTING, SKORING EN GRAFIKA AS
                KOMMUNIKASIEMIDDEL (SPESIFIEK)

5.1    Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies
       die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (5.1.1 tot
       5.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 5.1.6 E.

       5.1.1    …. stutte word as ondersteuning gebruik om te verseker dat die
                bekisting van ŉ kolom in sy loodregte posisie gehou word.

                A     Skuins
                B     Vertikale
                C     Horisontaal
                D     Vertikaal en horisontaal                                                  (1)

       5.1.2    Wanneer bekisting vir kolomme opgerig word, heg die kante met …

                A     klampe.
                B     skroewe.
                C     jukke.
                D     wiggies.                                                                  (1)

       5.1.3    Die bekisting vir die … word eerste gebou, gevolg deur die skuins
                konstruksie van die trap.

                A     optreë
                B     bordes
                C     loopvlak
                D     Geeneen van die bogenoemde nie                                            (1)

       5.1.4    Die gebruik van ŉ spalkplaat in bekisting vir trappe is om die ... te heg.

                A     kop van die stutte/stutte na die draer
                B     onderste deel van die stut/stut aan die klampe
                C     draer aan die voetbalk
                D     onderste deel van die wigpaar aan die voetbalk                            (1)

       5.1.5    Wanneer bekisting vir vloerblaaie opgerig word, moet die volgende in ag
                geneem word:

                A     Plaas die stutte op die wiggies wat deur die dwarslêers
                      ondersteun word.
                B     Maak die stutte aan die dwarsdraers vas.
                C     Pas die wiggies aan by die vlak van bekisting.
                D     Al die bogenoemde                                                         (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

                            Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                       SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING                 (EC/SEPTEMBER 2024)

5.2   5.2.1    Beveel enige TWEE materiale aan wat as voering vir bekisting
               gebruik kan word om ŉ gladde afwerking te verkry.           (2 x 1)          (2)

      5.2.2    Verduidelik hoekom die afstand tussen die jukke na die onderkant van
               ŉ kolom afneem.                                                              (1)

      5.2.3    Regverdig die gebruik van ŉ verstelbare staalstut eerder as ŉ houtstut
               wanneer bekisting geïnstalleer word.                                         (1)

5.3   FIGUUR 5.3 hieronder toon ŉ lyndiagram van ŉ skoring. Ontleed die tekening
      en beantwoord die vrae wat volg.

                                         FIGUUR 5.3

      5.3.1    Identifiseer dié tipe skoring.                                               (1)

      5.3.2    Noem EEN van die lede wat by A weggelaat is.                                 (1)

      5.3.3    Toon deur middel van ŉ lyndiagram hoe jy die verkeerde
               stutte/diagonale stutte gaan regstel. Teken net meer as een helfte van
               die tekening tussen horisontale stutte.                                      (2)

5.4   Beskryf die doel van die volgende komponente van ŉ staanskoor:

      5.4.1    Steekbalke                                                                   (1)

      5.4.2    Wigpare                                                                      (1)

5.5   Teken in die ANTWOORDEBOEK ŉ netjiese lyndiagram van ŉ hoofstyl-
      dakkap.                                                                               (8)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

                            Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)             SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING                          15

5.6     FIGUUR 5.6 hieronder toon ŉ prentaansig van ŉ wigpaar wat tydens die
        oprigting van ŉ formeel gebruik word.

        Bestudeer die skets en beantwoord die vrae wat volg.

                                       FIGUUR 5.6

        5.6.1    Beskryf DRIE plekke waar wigpare tydens die oprigting van
                 formele gebruik word.                                     (3 x 1)         (3)

        5.6.2    Verduidelik TWEE doeleindes om wigpare tydens die konstruksie
                 van ŉ formeel.                                         (2 x 1)            (2)

        5.6.3    Onderskei tussen ruboog en pasboog ten opsigte van die tipe
                 latwerk wat jy sal gebruik wanneer jy ŉ formeel oprig.   (2 x 1)         (2)
                                                                                         [30]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
 16                      SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING                   (EC/SEPTEMBER 2024)

VRAAG 6:      HOUT-HANGVLOERE, TRAPPE,               YSTERWARE,       DEURE       EN
              VERBINDINGS (SPESIFIEK)

Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

6.1    VRAE 6.1.1 tot 6.1.4 hieronder beskryf sommige van die eienskappe of
       voordele van verskillende slotte.

       Noem die slot wat:

      6.1.1    Het die voordeel om deure outomaties te sluit wanneer dit toemaak,
               wat hulle doeltreffend maak om buitedeure te beveilig.                      (1)

      6.1.2    Word in een van die deurstyle ingetap, terwyl die agterplaat op die
               deurwang vasgeskroef word.                                                  (1)

      6.1.3     Word as ŉ tydelike slot vir deure, hekke en skure gebruik.                 (1)

      6.1.4    Word op die binneoppervlak van deure en laaie van kaste
               vasgeskroef.                                                                (1)

6.2    Verduidelik hoekom jy verkies om ŉ ingelate kasslot in plaas van ŉ oplêkaslot
       te gebruik.                                                                         (2)

 Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

                            Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)              SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING                          17

6.3    FIGUUR 6.3 toon die onvoltooide inmekaargesitte aansig van ŉ sigbare-
       borstapvoeg. Bestudeer die prent en beantwoord die vrae wat volg.

                                        FIGUUR 6.3

       6.3.1    Noem die TWEE aangrensende dele in die konstruksie van ŉ tafel
                waar hierdie voeg gebruik gaan word.                    (2 x 1)           (2)

       6.3.2    Gebruik ANTWOORDBLAD D en teken, in goeie verhouding, ŉ
                isometriese aansig van die voeg by deel A.                                (8)

6.4    FIGUUR 6.4 hieronder toon die deursnee-aansig van ŉ deur. Bestudeer die
       tekening en beantwoord die vrae wat volg.

                                        FIGUUR 6.4

       6.4.1    Verskaf ŉ titel vir dié deursnee-aansig.                                  (1)

       6.4.2    Identifiseer dele A, B en C.                                 (3 x 1)      (3)

       6.4.3    Verduidelik wat met die tussenstyl van ŉ deur bedoel word.                (1)

       6.4.4    Verduidelik die doel van opening by C in FIGUUR 6.4.                      (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

                            Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
18                     SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING                (EC/SEPTEMBER 2024)

6.5    FIGUUR 6.5 op ANTWOORDBLAD E toon die buitemuur van ŉ gebou om
       ŉ hanghoutvloer te akkommodeer. Teken, in goeie verhouding, die
       hangvloer op ANTWOORDBLAD E.

       Gebruik die assesseringskriteria op die ANTWOORDBLAD as ŉ riglyn.               (12)

6.6    Beantwoord die volgende vrae rakende die trapkonstruksie in FIGUUR 6.6.

                                     FIGUUR 6.6

       6.6.1   Noem dele A, B en F van die trappe.                       (3 x 1)         (3)

       6.6.2   Onderskei tussen ŉ traparm met halwe bordus en reguit traparm
                                                                                         (2)
               met ŉ bordus.                                             (2 x 1)

       6.6.3   Verduidelik die doel van deel D wanneer trappe gebruik word.             (1)
                                                                                       [40]

                                                                      TOTAAL:          200

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)           SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING                       19

                                                     NAAM
 ANTWOORDBLAD              SIVIELE TEGNOLOGIE          EN
                      A         (GENERIES)            VAN

2.1     Gebruik die inligting op ANTWOORDBLAD A en voltooi die terreinplan op ŉ
        skaal van 1 : 200.

ERF 121                                ERF 123                               ERF 125

                            KOMBUIS              BADKAMER

                                             A

               A

                              PARLEMENTSTRAAT

                                                 Erfgrense              2
                                                 Boulyne                2
                                                 Erfingang              1
                                                 Uitgangspeil           1
                                                 Hoofriool              2
                                                 Takriool               2
                                                 Mangat                 2
                                                 Steekoë                4
                                                 Inspeksie-oë           4
                                                                TOTAAL: 20

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
20                       SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING                 (EC/SEPTEMBER 2024)

                                      SIVIELE          NAAM
 ANTWOORDBLAD            B         TEGNOLOGIE           EN
                                    (SPESIFIEK)         VAN:

                                      Opmetingsblad
          A          B         C                            D
3.2.1

                                                                                           (4)

3.2.2

                                                                                           (3)

                                      Korrekte gebruik van opmetingsblad                   (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

                             Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)          SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING                    21

                                 SIVIELE         NAAM
 ANTWOORDBLAD         c       TEGNOLOGIE          EN
                               (SPESIFIEK)        VAN:

                                                ASSESSERINGSKRITERIA           PUNT
                                                Boonste rak (volle breedte)       1
                                                Tussensy in middel                1
                                                Hangspasie aan linkerkant         1
                                                Ovaal-handreling                  1
                                                VIER rakke                        1
                                                TWEE laai-eenhede onder
                                                rakke                             2
                                                Korrektheid van die
                                                tekening                          1
                                                                   TOTAAL:        8

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
22                    SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING            (EC/SEPTEMBER 2024)

                                                     NAAM
                           SIVIELE TEGNOLOGIE
 ANTWOORDBLAD         D         (SPESIFIEK)
                                                       EN
                                                      VAN:

Gebruik ANTWOORDBLAD D en teken, in goeie verhouding, ŉ isometriese aansig van die
verbinding op deel A.

 ASSESSERINGSKRITERIA          PUNT    KANDIDAAT
                                        SE PUNT
 Dele                            8
                     TOTAAL:     8

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)          SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING                  23

                                                    NAAM
                           SIVIELE TEGNOLOGIE
 ANTWOORDBLAD         E         (SPESIFIEK)
                                                     EN
                                                     VAN:

 ASSESSERINGSKRITERIA               PUNT   KANDIDAAT
                                            SE PUNT
 Korrektheid van die tekening        1
 Dele                                11
                          TOTAAL:    12

Kopiereg voorbehou                                               Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

## Related documents

- [CIV TECH GR12 MEMO SEPT2024 Construction Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr12-memo-sept2024-construction-afrikaans/162bcc65-80ad-4384-b293-36da22468b06) — Civil Technology · Memo · 2024 · Afr
- [CIV TECH GR12 QP SEPT 2023 Construction Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr12-qp-sept-2023-construction-afrikaans/97f8938d-02eb-46a4-a681-ef07b440e38f) — Civil Technology · QP · 2023 · Afr
- [CIV TECH GR12 QP SEPT2023 Civil Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr12-qp-sept2023-civil-afrikaans/3d971330-fbba-4185-b58b-8e57fbcde1cc) — Civil Technology · QP · 2023 · Afr
- [CIV TECH GR12 QP SEPT2023 Woodworking Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr12-qp-sept2023-woodworking-afrikaans/3e001b9e-95a3-4e0c-ad76-9bcfe29c6fff) — Civil Technology · QP · 2023 · Afr
- [CIV TECH GR12 QP SEPT2022 Woodworking Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr12-qp-sept2022-woodworking-afrikaans/c4790570-dabd-463c-94fa-aa1715b1a542) — Civil Technology · QP · 2022 · Afr
- [CIV TECH GR12 QP SEPT2021 Afrikaans Construction](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr12-qp-sept2021-afrikaans-construction/19e5865a-d8a9-4741-b562-b0158255fd68) — Civil Technology · QP · 2021 · Afr

## More from Grade 12 Civil Technology

- [Civil Technology (Woodworking) (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/civil-technology-woodworking-afrikaans-june-2025-possible-answers/c0a65d19-28ca-4ac3-8c61-d4627d2a3133) — Memo · 2025 · Afr
- [Civil Technology Nov 2025 (Construction) MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-civil-technology-2025-nsc-november-exam-memorandum/0e265899-dc44-4809-aabf-8f374f1af392) — Memo · 2025 · Eng
- [Civil Technology Nov 2022 (Civil Services) MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/civil-technology-nov-2022-civil-services-mg-afr/42b5315c-825c-40e3-b394-85e0253fc0fb) — Memo · 2023 · Afr
- [Civil Technology Nov 2023 (Construction) Eng](https://www.hlayiso.com/library/civil-technology-nov-2023-construction-eng/e6743728-8140-42ae-838d-282654a975a5) — QP · 2023 · Eng
- [Civil Technology Nov 2023 (Civil Services) Afr](https://www.hlayiso.com/library/civil-technology-nov-2023-civil-services-afr/b820ac91-947c-4aed-821f-256aa13aabe1) — QP · 2023 · Afr
- [Civil Technology Nov 2023 (Woodworking) Afr](https://www.hlayiso.com/library/civil-technology-nov-2023-woodworking-afr/f6f7ac38-fb55-4d61-bc66-5441e4cbcee0) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
