# Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2019 QP (Afr)

> Grade 12 Civil Technology question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2019 (Afrikaans), 24 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/civil-tech-gr12-qp-sept-2019-civil-services-afrikaans/77decd41-2db9-486d-bee0-035b960c3f2c
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Civil Technology
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 24

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Civil Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/civil-technology) › [Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2019 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/civil-tech-gr12-qp-sept-2019-civil-services-afrikaans/77decd41-2db9-486d-bee0-035b960c3f2c)

## About this document

Civil Technology · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2019 · Afrikaans. Question paper, 24 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                             NASIONALE
                         SENIOR SERTIFIKAAT

                               GRAAD 12

                          SEPTEMBER 2019

         SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE

PUNTE:    200

TYD:      3 uur

                                   *CvltA1*

          Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye, insluitend 3 antwoordblaaie.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                       SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE               (EC/SEPTEMBER 2019)

BENODIGDHEDE:

1.   ANTWOORDEBOEK

2.   Tekeninstrumente

3.   ŉ Nieprogrammeerbare sakrekenaar

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae: TWEE vrae is generies en VIER vrae is
     vakspesifiek.

2.   Beantwoord AL die vrae.

3.   Beantwoord elke vraag as ŉ geheel. MOENIE onderafdelings van vrae skei NIE.

4.   Begin die antwoord op ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

5.   MOENIE in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.

6.   Jy mag sketse gebruik om jou antwoorde te illustreer.

7.   Skryf ALLE berekeninge en antwoorde in die ANTWOORDEBOEK of op die
     aangehegte ANTWOORDBLAAIE.

8.   Gebruik die puntetoekenning as ŉ riglyn vir die lengte van jou antwoorde.

9.   Maak tekeninge en sketse met potlood, volledig gemaatskryf en netjies met
     beskrywende opskrifte en aantekeninge afgerond, in ooreenstemming met die
     SANS/SABS se Gebruikskode vir Boutekenepraktyk.

10. Vir die doel van hierdie vraestel moet die grootte van ŉ steen as 220 mm x 110 mm x
    75 mm geneem word.

11. Gebruik jou eie oordeel waar afmetings en/of inligting ontbreek.

12. Beantwoord VRAAG 2.2, 3.7, 4.9 en 6.1 op die aangehegte ANTWOORDBLAAIE en
    gebruik tekeninstrumente, waar nodig.

13. Skryf jou NAAM op elke ANTWOORDBLAD en lewer dit saam met jou
    ANTWOORDEBOEK in al het jy die vrae nie beantwoord nie.

14. As gevolg van elektroniese oordrag, is tekeninge in die vraestel NIE volgens skaal
    NIE.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019)              SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE                            3

 VRAAG 1: VEILIGHEID, WBGV EN MATERIAAL (GENERIES)

 Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

 1.1 Wat is die maksimum hoogte van ŉ boksteier?                                           (1)

 1.2 Bourommel moet nooit vanaf hoogtes laat val word nie. Beskryf die korrekte
     metode om met bourommel vanaf hoë strukture weg te doen.                              (2)

 1.3 Motiveer kortliks waarom ŉ bouterrein voldoende afgesper moet word.                   (2)

 1.4 Kies die korrekte antwoord tussen hakies wat betrekking het op die
     konstruksieproses van trappe:

       1.4.1   Trappe moet ten minste (30° / 25°) vanaf die horisontale vlak
               geïnstalleer word en teen nie meer as (45° / 50°) van ŉ muur af nie.        (2)

       1.4.2   Trappe wat nie ŉ permanente deel van die gebou gaan wees nie, moet
               bordesse van ten minste (760 x 560 mm / 750 x 600 mm) vir elke
               (3,7 m / 2,5 m) of minder vertikale styghoogte hê.                          (2)

 1.5 FIGUUR 1.5 toon ŉ leer wat teen ŉ muur geplaas is. Wat is die ideale afmeting
     by A om ŉ stabiele plasing vir die leer te kry? Toon aan hoe die verhouding
     bepaal word.                                                                          (2)

                                                          2m

                                            A

                                         FIGUUR 1.5

 1.6 Beskryf die veiligheidsvereistes wat van toepassing is wanneer lere verleng
     word.                                                                                 (2)

 1.7 Beskryf kortliks die elektroplateringproses van metale.                               (2)

 1.8 Noem DRIE voordele van die elektroplatering van metale.                    (3 x 1)    (3)

 1.9 Noem TWEE voordele van die galvanisering van metale.                        (2 x 1)    (2)
                                                                                           [20]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                       SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE                (EC/SEPTEMBER 2019)

VRAAG 2: GRAFIKA, VERBINDINGS EN TOERUSTING (GENERIES)

Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

2.1 Dui aan of die volgende stellings ten opsigte van terreinplanne WAAR of
    ONWAAR is. Skryf slegs ‘waar’ of ‘onwaar’ langs die vraagnommer in die
    ANTWOORDEBOEK.

     2.1.1     Skaal 1 : 10 word gebruik                                                    (1)

     2.1.2     Grondkontoere word aangetoon                                                 (1)

     2.1.3     Uitleg van die riolering word aangetoon                                      (1)

     2.1.4     Voorgestelde werk word in rooi aangetoon                                     (1)

     2.1.5     Vloerafwerking van vertrekke word aangetoon                                  (1)

2.2 FIGUUR 2.2 op ANTWOORDBLAD A toon die onvoltooide vloerplan van ŉ
    woonstel op skaal 1 : 100. Voltooi die vloerplan deur die volgende inligting te
    gebruik:

     2.2.1     Buitedeur by 2.2.A                                                           (2)

     2.2.2     Venster by 2.2.B                                                             (2)

     2.2.3     Waterkloset by 2.2.C                                                         (2)

     2.2.4     Handewasbak by 2.2.D                                                         (2)

     2.2.5     Opwasbak by 2.2.E                                                            (2)

     2.2.6     Eenwegskakelaar-enkelpool by 2.2.F                                           (2)

     2.2.7     Fluoresseerlig by 2.2.G                                                      (2)

     2.2.8     Kontaksok by 2.2.H                                                           (2)

     2.2.9     Vetput by 2.2.I                                                              (2)

     2.2.10    Muurlig by 2.2.J                                                             (2)

2.3 Identifiseer die tipe boutkoppe in FIGUUR 2.3.1, 2.3.2 en 2.3.3.

             FIGUUR 2.3.1                FIGUUR 2.3.2             FIGUUR 2.3.3              (3)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019)              SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE                        5

2.4 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die instrument in FIGUUR 2.4.

                      A

                                                                        D
                      B

                      C

                                        FIGUUR 2.4

      2.4.1     Identifiseer die instrument in FIGUUR 2.4.                              (1)

      2.4.2     Noem EEN gebruik van die instrument.                         (1 x 1)    (1)

      2.4.3     Benoem die onderdele A–D.                                    (4 x 1)    (4)

      2.4.4     Noem TWEE gebruike van ŉ laserwaterpas.                                 (2)

2.5 Verduidelik waarom die laserwaterpas nie in uiters koue plekke gebêre moet
    word nie, deur na die vog binne-in die instrument te verwys.                        (2)

2.6 Verduidelik die betekenis van die volgende kode vir Rawlboute: M08/25.              (2)
                                                                                       [40]

                                                             TOTAAL AFDELING A:        60

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                       SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE              (EC/SEPTEMBER 2019)

VRAAG 3: VEILIGHEID, MATERIAAL EN KONSTRUKSIE (SPESIFIEK)
Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

3.1 Wat is die doel van ŉ suigwaaier wanneer in mangate gewerk word?                    (1)

3.2 Motiveer kortliks waarom persone wat ŉ mangat betree ŉ veiligheidsharnas
    moet dra.                                                                           (2)

3.3 Identifiseer die veiligheidsharnas-toebehore in FIGUUR 3.3.1 tot 3.3.3.

                                                         3.3.1

                                                         3.3.2

                                                         3.3.3

                                                                                        (3)

3.4 Motiveer volledig waarom sink as ŉ hoogs reaktiewe metaal beskou word.              (4)

3.5 Watter tipe water veroorsaak chemiese korrosie in koper?                            (1)

3.6 Voltooi die volgende beskrywings van die faktore wat galvaniese korrosie deur
    termodinamiese en kinetiese toestande bepaal:

     •   Die verskil tussen die 3.6.1 potensiaal van die twee metale.                   (1)

     •   Kontakweerstand by die 3.6.2 tussen die twee metale.                           (1)

     •   Elektriese weerstand van die 3.6.3-oplossing.                                  (1)

     •   Die teenwoordigheid van ŉ 3.6.4 vlies.                                         (1)

3.7 FIGUUR 3.7 op ANTWOORDBLAD B toon laag 1 van ŉ dubbele omloophoek
    in ŉ eensteenmuur in strykverband. Teken die alternatiewe laag van die
    eensteenmuur op skaal 1 : 10 op ANTWOORDBLAD B.                                    (10)

3.8 Noem TWEE posisies in ŉ rioleringstelsel waar mangate geïnstalleer moet
    word.                                                                (2 x 1)        (2)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019)               SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE                          7

3.9 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs ‘waar’ of
    ‘onwaar’ langs die vraagnommer in die ANTWOORDEBOEK.

      3.9.1    Die gradiënt vir ŉ Ø 100 mm-rioolpyp is 1 : 20.                            (1)

      3.9.2    Die tydelike houtsteunstrukture wat opgerig word om te verhoed dat
               uitgrawings ineenstort, word skorings genoem.                              (1)

      3.9.3    Die hoëdruk-spuitmetode om die opvullingmateriaal van rioolslote te
               verdig, word slegs vir sandgrond aanbeveel.                                (1)
                                                                                         [30]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                        SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE                   (EC/SEPTEMBER 2019)

VRAAG 4:     KOUEWATERVOORSIENING, WARMWATERVOORSIENING EN
             GEREEDSKAP (SPESIFIEK)

Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

4.1 Beskryf kortliks die werking van ŉ watermeter wat dit in staat stel om die
    hoeveelheid water wat gebruik word, te bereken.                                           (2)

4.2 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die kraan in FIGUUR 4.2.

              A

              B

                                                               D
              C

             F                                                 G

                                                E

                                        FIGUUR 4.2

     4.2.1    Wat word dié tipe kraan genoem?                                                 (1)

     4.2.2    Benoem die onderdele A–E.                                                       (5)

     4.2.3    Watter letter, F of G, dui die vloeirigting van die water aan?                  (1)

     4.2.4    Noem TWEE posisies waar dié tipe kraan geïnstalleer kan word.
                                                                                   (2 x 1)    (2)

4.3 Wat is die doel van die belugtertoestel wat in die bek van ŉ kraan geïnstalleer
    word?                                                                                     (1)

4.4 Wat is die eerste stap wat gevolg moet word wanneer watertoevoerpype
    herstel word?                                                                             (1)

4.5 Motiveer kortliks waarom watervoorsieningpype wat herstel word, skoon moet
    wees van sanddeeltjies voordat dit gelas word.                                            (2)

4.6 Motiveer kortliks waarom die kouewaterinlaat aan die onderkant en
    warmwateruitlaat aan die bokant van ŉ hoëdrukgeiser is.                                   (2)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019)              SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE                              9

4.7 Kies ŉ beskrywing ten opsigte van ŉ hoëdrukgeiser uit KOLOM B wat by die
    term in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–G) langs die vraagnommer
    (4.7.1–4.7.5 ) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 4.7.6 H.

                 KOLOM A                                    KOLOM B
      4.7.1     Drupbak                A     dit sluit die watertoevoer af

      4.7.2     Vakuumbreker           B     dit balanseer die waterdruk van die
                                             warm- en kouewater

      4.7.3     Drukveiligheidsklep    C     dit reguleer die verhitting van die water
                                             in die geiser

      4.7.4     Drukbeheerklep         D     vang lekkende water onder die geiser op

      4.7.5     Termostaat             E     verhoed dat die water uit die silinder
                                             hewel wanneer die kouewater
                                             toegemaak word

                                       F     dit beskerm die geiser teen korrosie

                                       G     die ontwerpvermoë daarvan moet
                                             ooreenstem met die drukontwerpvermoë
                                             van die geiser                                  (5)

4.8 Beskryf die volgende regulasies wat op geisers van toepassing is:

      4.8.1    Die posisie van die elektriese afsonderskakelaar                              (2)

      4.8.2    Die gewig van die geiser wanneer dit geïnstalleer word                        (2)

4.9 Voltooi die diagrammatiese voorstelling van ŉ direkte sonwarmwater-
    pompstelsel op ANTWOORDBLAD B deur die volgende dele in te teken:

      4.9.1    Teken die drukontlasklep-, terugslagklep- en
               drukverlagingsklepsimbole in die korrekte openinge gemerk 4.9, in die
               pypstelsel.                                                                   (6)

      4.9.2    Teken die warmwater-pypstelsel vanaf die sonpanele na die
               opgaartenk.                                                                   (5)

4.10 Noem DRIE versorgingsmaatreëls wat op die pypskroefdraad-snymasjien van
     toepassing is.                                                    (3 x 1)               (3)
                                                                                            [40]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                        SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE           (EC/SEPTEMBER 2019)

VRAAG 5:      RIOLERING, SANITÊRE TOEBEHORE EN HOEVEELHEDE
              (SPESIFIEK)

Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

5.1 Definieer die volgende terme:

     5.1.1    Drekwater                                                                  (2)

     5.1.2    Vuilwater                                                                  (2)

5.2 Motiveer kortliks waarom voldoende volume water in ŉ rioolstelsel uitgelaat moet
    word.                                                                                (2)

5.3 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die rioolpyplas in FIGUUR 5.3.

                     A

                                         FIGUUR 5.3

     5.3.1    Wat word dié tipe las genoem?                                              (1)

     5.3.2    Wat word deel A genoem?                                                    (1)

     5.3.3    Wat is die doel van deel A?                                                (1)

5.4 Beskryf volledig die oorsaak van ŉ hewelaksie in ŉ rioolstelsel.                     (6)

5.5 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs ‘waar’ of
    ‘onwaar’ langs die vraagnommer in die ANTWOORDEBOEK.

     5.5.1    ŉ Inspeksiekamer is nie dieper as 750 mm nie.                              (1)

     5.5.2    ŉ Mangat moet nie verder as 2 m van die grensheining geïnstalleer word
              nie.                                                                       (1)

     5.5.3    ŉ Mangatdaalpyp behou die waterseël in ŉ rioolstelsel.                     (1)

     5.5.4    ŉ Vakuumtenk moet gereeld uitgepomp word.                                  (1)

5.6 Beskryf kortliks die metode om ŉ verstopping in ŉ wasbakvuilwaterpyp met ŉ
    plunjer te verwyder.                                                                 (3)

5.7 Noem TWEE eienskappe van keramiek as gebruik vir sanitêre toebehore. (2 x 1)         (2)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019)              SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE                   11

5.8 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die opwasbakinstallasie in
    FIGUUR 5.8.

                 A

                                                             E

                       B

                       C
                       D

                                        FIGUUR 5.8

      5.8.1    Identifiseer die onderdele A–E.                                         (5)

      5.8.2    Wat is die doel van A?                                                  (1)

      5.8.3    Wat is die deursneegrootte van deel B?                                  (1)

5.9 FIGUUR 5.9 toon die riooluitleg, op skaal 1 : 100, van ŉ gebou met ŉ lengte
    van 6 000 mm en breedte van 3 000 mm. Bereken die volgende hoeveelhede
    vir die dreineringstelsel.

                                        FIGUUR 5.9

      5.9.1    Die hoeveelhede vaste sanitêre toebehore benodig                        (1)

      5.9.2    Die totale lengte takpype benodig                                       (2)

      5.9.3    Die totale lengte rioolpype benodig                                     (1)

      5.9.4    Die hoeveelheid toegangsopeninge wat geïnstalleer moet word             (1)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                      SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE           (EC/SEPTEMBER 2019)

5.10 ŉ Silindriese watertoevoertenk is 2 800 mm hoog en het ŉ deursnee van
     1 800 mm. Bereken die volgende:
     (Toon alle berekeninge en formules)

     5.10.1 Die volume van die tenk in m³                                             (3)

     5.10.2 Die volume water wat die tenk kan vat                                     (1)
                                                                                     [40]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019)               SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE                        13

VRAAG 6:      GRAFIKA AS KOMMUNIKASIEMIDDEL, DAKWERK,
              STORMWATER EN VERBINDINGS (SPESIFIEK)

Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

6.1 FIGUUR 6.1 op ANTWOORDBLAD C toon die bo- en vooraansig van ŉ
    silindriese pyp met ŉ 45°-afsnyding. Teken die ontvouing van die pyp op
    ANTWOORDBLAD C. Toon alle konstruksielyne.                                              (21)

6.2 Wat is die maksimum spasiëring van die geutsteunarms vir gegalvaniseerde
    sagtestaalgeute?                                                                         (1)

6.3 Beskryf kortliks die doel van voegskorte in dakkonstruksies.                             (2)

6.4 Wat is die doel van die betonskoen onder die geutafvoerpype?                             (1)

6.5 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs ‘waar’ of
    ‘onwaar’ langs die vraagnommer in die ANTWOORDEBOEK.

     6.5.1     Die munisipaliteit is verantwoordelik vir alle openbare
               stormwaterstelsels.                                                           (1)

     6.5.2     Stormwater moet in rioolstelsels afgevoer word.                               (1)

     6.5.3     Chemikalieë mag nie in stormwaterstelsels gestort word nie.                   (1)

6.6 Noem TWEE eienskappe van harsvloeimiddel vir soldeerwerk.                    (2 x 1)     (2)
                                                                                            [30]

                                                                             TOTAAL:        200

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com



### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
 14                       SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE                   (EC/SEPTEMBER 2019)

                                 SIVIELE TEGNOLOGIE                  NAAM:
  ANTWOORDBLAD            A           GENERIES

2.2     Gebruik die inligting op ANTWOORDBLAD A en voltooi die vloerplan op
        skaal 1 : 100.

                                   2.2.I           2.2.J

                                              KOMBUIS
               2.2.C     2.2.D    2.2.E
          BADKAMER

                                              LEEFAREA

                 KAMER                                     2.2.G

                                     2.2.F          2.2.H

                                           2.2.A             2.2.B

                                                    Buitedeur by 2.2.A                     2
                                                    Venster by 2.2.B                       2
                                                    Waterkloset by 2.2.C                   2
                                                    Handewasbak by 2.2.D                   2
                                                    Opwasbak by 2.2.E                      2
                                                    Eenwegskakelaar-enkelpool by 2.2.F     2
                                                    Fluoresseerlig by 2.2.G                2
                                                    Kontaksok by 2.2.H                     2
                                                    Vetput by 2.2.I                        2
                                                    Muurlig by 2.2.J                       2
                                                                            TOTAAL:       20

 Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com



### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019)                        SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE                   15

                                 SIVIELE TEGNOLOGIE             NAAM:
ANTWOORDBLAD               B       SIVIELE DIENSTE

3.7    FIGUUR 3.7 op ANTWOORDBLAD B toon laag 1 van ŉ dubbele
       omloophoek in ŉ eensteenmuur in strykverband. Teken die alternatiewe laag
       van die eensteenmuur op skaal 1 : 10 op ANTWOORDBLAD B.                   (10)

                                                                   Steenwerk            8
                                                                   Toepassing van skaal 2
                                                                                TOTAAL: 10

4.9 Voltooi die diagrammatiese voorstelling van ŉ direkte sonwarmwater-
    pompstelsel op ANTWOORDBLAD B deur die volgende dele in te teken:

  SONPANELE                                                      Drukontlasklep         2
                                                                 Terugslagklep          2
                                                                 Drukverlagingsklep     2
                                                                 Warmwaterpypwerk       5
                               4.9                                              TOTAAL: 11

                      HR
                                                                       WARMWATERTOEVOER

                                                             WARMWATEROPGAARTENK

                                                                         DIENSPYP

                                     4.9                         4.9

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com



### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
16                      SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE            (EC/SEPTEMBER 2019)

                           SIVIELE TEGNOLOGIE        NAAM:
ANTWOORDBLAD           C     SIVIELE DIENSTE

6.1    FIGUUR 6.1 op ANTWOORDBLAD C toon die bo- en vooraansig van ŉ
       silindriese pyp met ŉ 45° afsnyding.
       Teken die ontvouing van die pyp op ANTWOORDBLAD C.
       Toon alle konstruksielyne.                                                 (21)

.

                                Basislyn A-B                                      1
                                Naatlyne A-C en B-D                               1
                                Verdeellyne 0-12 op boaansig                      6
                                Vertikale- en horisontale konstruksielyne A1–A7   7
                                Snypunte en omvouinglyn B1–B11                    6
                                                                        TOTAAL:   21

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com



### Page 21

Downloaded from hlayiso.com

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [CIV TECH GR12 QP SEPT 2023 Construction Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr12-qp-sept-2023-construction-afrikaans/97f8938d-02eb-46a4-a681-ef07b440e38f) — Civil Technology · QP · 2023 · Afr
- [CIV TECH GR12 QP SEPT2023 Civil Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr12-qp-sept2023-civil-afrikaans/3d971330-fbba-4185-b58b-8e57fbcde1cc) — Civil Technology · QP · 2023 · Afr
- [CIV TECH GR12 QP SEPT2023 Woodworking Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr12-qp-sept2023-woodworking-afrikaans/3e001b9e-95a3-4e0c-ad76-9bcfe29c6fff) — Civil Technology · QP · 2023 · Afr
- [CIV TECH GR12 QP SEPT2022 Woodworking Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr12-qp-sept2022-woodworking-afrikaans/c4790570-dabd-463c-94fa-aa1715b1a542) — Civil Technology · QP · 2022 · Afr
- [CIV TECH GR12 QP SEPT2021 Afrikaans Construction](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr12-qp-sept2021-afrikaans-construction/19e5865a-d8a9-4741-b562-b0158255fd68) — Civil Technology · QP · 2021 · Afr
- [CIVIL TECH GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/civil-tech-gr12-qp-sept2017-afrikaans/34ee00b4-5e69-4625-8608-29bedd7c351e) — Civil Technology · QP · 2017 · Afr

## More from Grade 12 Civil Technology

- [Civil Technology (Woodworking) (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/civil-technology-woodworking-afrikaans-june-2025-possible-answers/c0a65d19-28ca-4ac3-8c61-d4627d2a3133) — Memo · 2025 · Afr
- [Civil Technology Nov 2025 (Construction) MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-civil-technology-2025-nsc-november-exam-memorandum/0e265899-dc44-4809-aabf-8f374f1af392) — Memo · 2025 · Eng
- [CIV TECH GR12 MEMO SEPT2024 Construction Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr12-memo-sept2024-construction-afrikaans/162bcc65-80ad-4384-b293-36da22468b06) — Memo · 2024 · Afr
- [Civil Technology Nov 2022 (Civil Services) MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/civil-technology-nov-2022-civil-services-mg-afr/42b5315c-825c-40e3-b394-85e0253fc0fb) — Memo · 2023 · Afr
- [Civil Technology Nov 2023 (Construction) Eng](https://www.hlayiso.com/library/civil-technology-nov-2023-construction-eng/e6743728-8140-42ae-838d-282654a975a5) — QP · 2023 · Eng
- [Civil Technology Nov 2023 (Civil Services) Afr](https://www.hlayiso.com/library/civil-technology-nov-2023-civil-services-afr/b820ac91-947c-4aed-821f-256aa13aabe1) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
