# Civil Technology Grade 11 Eastern Cape November 2015 QP

> Grade 11 Civil Technology question paper from the Eastern Cape November 2015 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/civil-tech-qp-gr11-nov-2015-afr/0d416e2b-d4f0-436b-bb26-78abbb43ba63
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Civil Technology
- Grade: Grade 11
- Document type: Question paper
- Year: 2015
- Exam period: Eastern Cape November
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Civil Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/civil-technology) › [Civil Technology Grade 11 Eastern Cape November 2015 QP](https://www.hlayiso.com/library/civil-tech-qp-gr11-nov-2015-afr/0d416e2b-d4f0-436b-bb26-78abbb43ba63)

## About this document

Civil Technology · Grade 11 · Eastern Cape November · 2015. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                               NASIONALE
                           SENIOR SERTIFIKAAT

                                  GRAAD 11

                             NOVEMBER 2015

                        SIVIELE TEGNOLOGIE

PUNTE:      200

TYD:        3 uur

 Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye, wat 2 antwoordbladsye en ŉ formuleblad insluit.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                SIVIELE TEGNOLOGIE                      (EC/NOVEMBER 2015)

BENODIGDHEDE

1.     ANTWOORDEBOEK

2.     Tekengereedskap

3.     ŉ Nieprogrammeerbare sakrekenaar

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.     Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae.

2.     AL die vrae is VERPLIGTEND.

3.     Beantwoord elke vraag as ŉ geheel. MOET NIE onderafdelings skei NIE.

4.     Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

5.     Sketse kan gebruik word om jou antwoorde te illustreer.

6.     ALLE berekeninge en geskrewe antwoorde moet in die ANTWOORDEBOEK
       gedoen word.

7.     Gebruik die puntetoekenning as n riglyn om die lengte van jou antwoorde te
       bepaal.

8.     Tekeninge en sketse moet volledig en netjies van afmetings, byskrifte en titels
       voorsien word soos voorgeskryf deur SANS (SABS) se Gebruikskode vir
       Boutekenepraktyk.

9.     Gebruik jou eie oordeel waar afmetings en/of detail ontbreek.

10.    Beantwoord VRAAG 5.2 en VRAAG 6.1 op die ANTWOORDBLAAIE wat
       voorsien is.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015)                 SIVIELE TEGNOLOGIE                                       3

 VRAAG 1: KONSTRUKSIEPROSESSE

 1.1    Wat is die doel van die volgende stawe in ŉ gewapende betonbalk?

        1.1.1    Hoofstawe                                                                       (1)

        1.1.2    Drukstawe                                                                       (1)

        1.1.3    Skuifstawe                                                                      (1)

        1.1.4    Beuels                                                           (2 x 1)        (2)

 1.2    Beskryf kortliks die doel van die staafskedule wat aan die staalmaatskappy
        gestuur word.                                                                            (2)

 1.3    Beskryf VIER aspekte van gemonteerde staalwapening wat gekontroleer moet
        word voordat die beton gegiet word.                                 (4 x 2)              (8)

 1.4    Watter tipe las veroorsaak die laterale kragte in ŉ kolom?                               (1)

 1.5    Noem TWEE voordele van die gebruik van metaal vir bekistingmateriaal. (2 x 1)            (2)

 1.6    Identifiseer die dele 1.6.1 tot 1.6.6 van die bekisting in FIGUUR 1.6.    (6 x 1)        (6)

                                          FIGUUR 1.6

 1.7    Beskryf kortliks die konstruksieproses van ŉ voorgespanne betonlatei.                    (3)

 1.8    Noem DRIE voordele van voorgespanne betonlateie.                          (3 x 1)        (3)
                                                                                                [30]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                 SIVIELE TEGNOLOGIE                      (EC/NOVEMBER 2015)

VRAAG 2: GEVORDERDE KONSTRUKSIEPROSESSE

2.1    Maak ŉ netjiese skets in goeie verhouding van ŉ halfsteenmuur en toon die
       volgende:

       2.1.1   VYF steenlae                                                                (1)

       2.1.2   Strykverband                                                                (1)

       2.1.3   Doodloopent aan die linkerkant                                              (1)

       2.1.4   Trumesselwerk aan die regterkant                                            (2)

2.2    Beskryf kortliks die doel van die lynblokkies by die konstruksie van
       steenmure.                                                                          (2)

2.3    Beskryf kortliks die doel van die muurplaat by ŉ dakkonstruksie.                    (2)

2.4    Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is.

       Skryf slegs WAAR of ONWAAR langs die vraagnommer in die
       ANTWOORDEBOEK.

       2.4.1   Horisontale daghavoeë word strykvoeë genoem.                                (1)

       2.4.2   Steenversterking is ŉ draadnet van gegalvaniseerde staal.                   (1)

       2.3.3   Balkvulling is ŉ houtbalk waaraan dakteëls geheg word.                      (1)

       2.4.4   Hoepelbinte word gebruik om die blaaie van spoumure te bind.                (1)

       2.4.5   Vogweerlae in buitemure moet ten minste 50 mm vanaf die
               grondvlak wees.                                                             (1)

2.5    Motiveer kortliks waarom ŉ spoumuur syfergat openinge moet hê.                      (2)

2.6    Beskryf kortliks die beginsels wat die keerfunksies verrig by voorafgegiete
       betonkeerstrukture.                                                                 (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015)                  SIVIELE TEGNOLOGIE                                       5

 2.7    Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die skoringkonstruksie in
        FIGUUR 2.7:

                                           FIGUUR 2.7

        2.7.1    Wat is die voordeel van hierdie tipe skoring?                                    (1)

        2.7.2    Noem VYF faktore wat die tipe ontwerp van die skoring sal
                 beïnvloed.                                                        (5 x 1)        (5)

        2.7.3    Benoem die dele 2.7.A en 2.7.B.                                                  (2)

 2.8    Watter gereedskapstuk sal vir die volgende tipe werk gebruik word?

        2.8.1    Toets of vloere horisontaal gegiet is                                            (1)

        2.8.2    Hou pleister op vir pleisterwerk                                                 (1)

        2.8.3    Word gebruik om ŉ aantal groewe langs mekaar in betonvloere te
                 maak                                                                             (1)

        2.8.4    Word gebruik om pleisterwerk tydens die afstrykproses nat te maak                (1)

        2.8.5    Om verskillende profiele in hout te sny vir randsnywerk                          (1)

 2.9    Beskryf DRIE veiligheidsmaatreëls wat van toepassing is wanneer op die
        dikteskaaf gewerk word.                                               (3 x 2)             (6)

 2.10   Noem DRIE maatreëls wat toegepas moet word wanneer ŉ werker ŉ
        nekbesering opgedoen het.                                                  (3 x 1)        (3)
                                                                                                 [40]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                SIVIELE TEGNOLOGIE                      (EC/NOVEMBER 2015)

VRAAG 3: SIVIELE DIENSTE

3.1     Motiveer kortliks, deur na die funksies van die drukbeheerklep te verwys,
        waarom ŉ drukbeheerklep by ŉ geiser geïnstalleer word.                          (3)

3.2     Watter klep beskerm die geiser teen vakuumineenstorting?                        (1)

3.3     Motiveer kortliks waarom elke geiser van ŉ drupbak voorsien moet word.          (2)

3.4     Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is.

        Skryf slegs WAAR of ONWAAR langs die vraagnommer in die
        ANTWOORDEBOEK.

        3.4.1    Drekwater word in ŉ vetvanger gestort.                                 (1)

        3.4.2    Die deursneegrootte van opwasbakafvoerpype is 50 mm.                   (1)

        3.4.3    Die hoek van rioolpypbuigstukke is 90º.                                (1)

        3.4.4    Sperders word by die uitlaat van geisers gebruik.                      (1)

        3.4.5    ŉ Spoelkloset word aan ŉ 110 mm rioolpyp gekoppel.                     (1)

        3.4.6    Die doel van ŉ waterslot is om te voorkom dat vuilwater in die
                 muurmeublement opstoot.                                                (1)

3.5     Wat is die doel van ŉ vlotterklep en waar kom dit voor?                         (2)

3.6     Noem VIER plekke waar mangate in ŉ rioolstelsel geïnstalleer moet word.
                                                                         (4 x 1)        (4)

3.7     Wat is die doel van steekoë in ŉ rioolstelsel?                                  (1)

3.8     Motiveer kortliks waarom riole in ŉ reguit lyn gelê moet word.                  (2)

3.9     Maak ŉ netjiese skets om die konstruksie van ŉ valpypstelsel te illustreer.
        Dui ook die posisie van die steekoog aan.                                       (4)

3.10    Wat is die maksimum helling van ŉ rioolpyplyn?                                  (1)

3.11    Maak netjiese sketse en toon die afkortings van die volgende
        rioolsimbole:

        3.11.1   Lugpyp                                                                 (2)

        3.11.2   Rioolput                                                              (2)
                                                                                      [30]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015)                 SIVIELE TEGNOLOGIE                                      7

 VRAAG 4: MATERIALE EN HOEVEELHEDE

 4.1    Maak netjiese sketse om die volgende staalprofiele te illustreer:

        4.1.1    Hoekyster                                                                 (2)

        4.1.2    Kanaalyster                                                               (2)

        4.1.3    H-balk                                                                    (2)

 4.2    Noem VYF eienskappe van koolteerkreosoot vir houtpreservering.          (5 x 1)    (5)

 4.3    Beskryf die doel van houtpreservering.                                             (2)

 4.4    Motiveer kortliks waarom aluminiumvensterrame vir konstruksies naby die
        kus gebruik sal word.                                                              (1)

 4.5    Wat is die nadeel van ysterhoudende metale?                                        (1)

 4.6    Motiveer kortliks waarom ŉ ontwerper die eienskappe van materiale moet ken
        wanneer strukture ontwerp word.                                                    (2)

 4.7    Noem VYF eienskappe van glas.                                           (5 x 1)    (5)

 4.8    Beskryf kortliks die vervaardigingsproses van spieëls.                             (4)

 4.9    ŉ Hoeveelheidslys bestaan uit vier kolomme.

        Benoem die kolomme A, B, C en D.                                                   (4)
                                                                                          [30]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                SIVIELE TEGNOLOGIE                       (EC/NOVEMBER 2015)

VRAAG 5: TOEGEPASTE MEGANIKA

5.1    FIGUUR 5.1 toon ŉ balk wat ondersteun word deur steunpunte A en B.
       Bereken die reaksiekrag van steunpunte A en B.

                                                                                               (10)
                                        FIGUUR 5.1

5.2    FIGUUR 5.2 op vel A toon ŉ raamstruktuur met puntbelasting. Voltooi die
       volgende op vel A:

       5.2.1   Die kragtediagram op skaal 1 N = 1 mm                                           (8)

       5.2.2   Die tabel deur die grootte en aard van die kragte in die dele van die
               tabel neer te skryf                                                             (8)

5.3    FIGUUR 5.3 op toon ŉ balk met puntbelasting. Bereken die
       buigmomentwaardes van punt a tot d.                                                     (4)

                                        FIGUUR 5.3
                                                                                           [30]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015)                 SIVIELE TEGNOLOGIE                                    9

 VRAAG 6: GRAFIKA EN KOMMUNIKASIE

 6.1    VEL C toon die natuurlike grondvlak vir ŉ deursnee-aansig deur ŉ
        muurkonstruksie met ŉ venster. Gebruik VEL C en teken op skaal 1 : 50 die
        deursneetekening van een muurkonstruksie van ŉ woonhuis.
        Die volgende inligting moet aangetoon word:
        6.1.1    Skaal 1 : 50                                                            (2)

        6.1.2    600 mm x 200 mm betonfondament met die betonsimbool                     (3)

        6.1.3    Ongesteurde grondsimbool                                                (1)

        6.1.4    Fondamentmuur                                                           (1)

        6.1.5    100 mm Grondvulling met simbool                                         (2)

        6.1.6    100 mm Betonvloer met simbool                                           (2)

        6.1.7    Vogweerlaag onder die vloer                                             (1)

        6.1.8    Spoumuur met arsering                                                   (3)

        6.1.9    Vogweerlaag in die spoumuur                                             (2)

        6.1.10 2,6 m Muurhoogte vanaf vloervlak tot by die plafon                        (1)

        6.1.11 Vensterbank                                                               (1)

        6.1.12 900 mm venster                                                            (1)

        6.1.13 Vensterlatei                                                              (1)

        6.1.14 Venstervogweerlaag                                                        (1)

        6.1.15 Balkvulling                                                               (1)

        6.1.16 114 x 38 mm Muurplaat                                                     (1)

        6.1.17 114 mm Gedeeltelike bindbalk en kapbeen met ŉ 30º-dakhelling              (2)

        6.1.18 Onderste twee 38 x 38 mm daklatte vir teëls                               (2)

        6.1.19 Lynwerk en netheid                                                        (2)

 6.2    Maak netjiese sketse om elkeen van die volgende simbole te illustreer:
        6.2.1    Binnedeur                                                               (2)
        6.2.2    Trappe                                                                  (2)
        6.2.3    Muurlig                                                                 (2)
        6.2.4    Fluoressentlig enkel                                                    (2)
        6.2.5    Mangat                                                                  (2)
                                                                                         [40]
                                                                          TOTAAL:        200

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                        SIVIELE TEGNOLOGIE             (EC/NOVEMBER 2015)

ANTWOORDBLAD
ANSWER SHEET         A SIVIELE TEGNOLOGIE NAAM:
                        CIVIL TECHNOLOGY NAME:

VRAAG/QUESTION 5.2                                                   (16)

                                                                              a

                                         SKAAL/SCALE: 1 N = 1 mm
                         DEEL/PART     STUT/STRUT   STANG/TIE
                             AF
                             BG
                             CH
                             DI
                             EI
                             EF
                             FG
                             GH
                             HI                                       (4)

Kopiereg voorbehou                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015)            SIVIELE TEGNOLOGIE                                 11

ANTWOORDBLAD
ANSWER SHEET            B SIVIELE TEGNOLOGIE
                          CIVIL TECHNOLOGY
                                                    NAAM:
                                                    NAME:

VRAAG/QUESTION 6.1                                                           (30)

                                        Korrekte skaal                 2
                                        Fondament + Simbool            3
                                        Ongesteurde grondsimbool       1
                                        Fondamentmuur                  1
                                        Grondvulling simbool           2
                                        Betonvloer + Simbool           2
                                        Vloer VWL                      1
                                        Spoumuur + Arsering            3
                                        Muur VWL                       2
                                        Muurhoogte                     1
                                        Vensterbank                    1
                                        Venster                        1
                                        Vensterlatei                   1
                                        Venster VWL                    1
                                        Balkvulling                    1
                                        Muurplaat                      1
                                        Bindbalk + Kapbeen             2
                                        Daklatte                       2
                                        Lynwerk/Netheid                2
                                                  TOTAAL               30

NATUURLIKE GRONDVLAK

                           DEURSNEE-AANSIG

                              SKAAL 1:50

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                   SIVIELE TEGNOLOGIE                      (EC/NOVEMBER 2015)

FORMULEBLAD

BELANGRIKE AFKORTINGS

SIMBOOL      BESKRYWING           SIMBOOL       BESKRYWING       SIMBOOL     BESKRYWING
     G       Swaartepunt                h       Hoogte              d        Deursnee
     C       Sentroïed                  b       Breedte/Wydte       r        Radius
     L       Lengte                     s       Sy                  A        Oppervlakte
                  22
     𝜋       Pi = 7 = 3,142             ∅       Deursnee            V        Volume

FORMULES

                                                                    FORMULE VIR DIE
OPPERVLAKTE          FORMULE                      FORMULE             POSISIE VAN
VAN                  (in woorde)                  (in simbole)        SENTROÏEDE
                                                                      X-as           Y-as
                                                                       𝑏              𝑏
Vierkant                Lengte x Breedte              Ixb
                                                                       2              2
                                                                        I             𝑏
Reghoek                 Lengte x Breedte              Ixb
                                                                       2              2
Reghoekige                                                             𝑏              ℎ
                        ½ x basis x hoogte           ½b x h
driehoek                                                               3              3
Gelyksydige                                                                           ℎ
                                                                       𝑏
driehoek/               ½ x basis x hoogte           ½b x h
Piramide                                                               2              3
Sirkel                  𝜋 x radius x radius           𝜋𝑟 2
                                                         2
                          𝜋 x diameter x              𝜋𝑑         Sentroïed is in die middel
Sirkel
                     diameter gedeel deur 4             4
                        𝜋 x radius x radius           𝜋𝑟2        Sentroïed is 0,424r op die
Halfsirkel
                          gedeel deur 2                 2                middellyn

                          (A1 x d) + (A2 x d)
Posisie van sentroïed = Totale oppervlakte

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

## Related documents

- [CIVIL TECH QP GR11 NOV 2015 ENG](https://www.hlayiso.com/library/civil-tech-qp-gr11-nov-2015-eng/49b25503-41c7-47ea-9860-ffafec80d00c) — Civil Technology · QP · 2015 · Eng
- [CIVIL TECH MEMO GR11 NOV 2015 ENG](https://www.hlayiso.com/library/civil-tech-memo-gr11-nov-2015-eng/8d7efbb5-3598-43ce-91dd-99b7745e651d) — Civil Technology · Memo · 2015 · Eng
- [CIVIL TECH MEMO GR11 NOV 2015 AFR](https://www.hlayiso.com/library/civil-tech-memo-gr11-nov-2015-afr/0a4ccfe8-6be2-4e06-9444-f5507fcb5eac) — Civil Technology · Memo · 2015 · Afr
- [CVLT CONSTRUCTION GR11 QP NOV2020 AFR D](https://www.hlayiso.com/library/cvlt-construction-gr11-qp-nov2020-afr-d/ac9ac7b4-a147-49d4-be80-82cd6ca74614) — Civil Technology · QP · 2020 · Afr
- [CVLT CONSTRUCTION GR11 QP NOV2020 ENG D](https://www.hlayiso.com/library/cvlt-construction-gr11-qp-nov2020-eng-d/29b559af-db12-4dd0-9f17-70bf3e59f84e) — Civil Technology · QP · 2020 · Eng
- [CVLT GR11 QP NOV2020 ENG D](https://www.hlayiso.com/library/cvlt-gr11-qp-nov2020-eng-d/870ad711-62b8-4d56-82f4-4452cc489151) — Civil Technology · QP · 2020 · Eng

## More from Grade 11 Civil Technology

- [Gr 11 Cons ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-cons-atp-2023-24/5adb6254-7b36-487a-a882-c42b36bf49b7) — ATP
- [Gr 11 Civil Ser ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-civil-ser-atp-2023-24/91ce1dc1-91cc-4a38-926b-b3d45f5b5305) — ATP
- [CIV TECH GR11 MEMO NOV2022 Civil Services Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr11-memo-nov2022-civil-services-afrikaans/85a9ce14-da0c-4943-8570-643c7a62e6a8) — Memo · 2022 · Afr
- [CIV TECH GR11 MEMO NOV2022 Construction Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr11-memo-nov2022-construction-afrikaans/6d31745c-a94c-4612-8aef-4e9b624a57b0) — Memo · 2022 · Afr
- [CIV TECH GR11 MEMO NOV2022 Woodworking English](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr11-memo-nov2022-woodworking-english/a7e06718-cada-4092-84e6-dffe9c65d79c) — Memo · 2022 · Eng
- [CIV TECH GR11 MEMO NOV2022 Woodworking Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr11-memo-nov2022-woodworking-afrikaans/16d10915-16d2-413b-a24e-24b5588c3601) — Memo · 2022 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
