# Civil Technology Grade 12 NSC Supplementary 2015 QP (Afr)

> Grade 12 Civil Technology question paper from the NSC Supplementary Exam 2015 (Afrikaans), 25 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/civil-technology-feb-march-2015-afr/b0a9f5b5-5926-426f-9128-ae7c13876c7f
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Civil Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2015
- Exam period: NSC Supplementary Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 25

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Civil Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/civil-technology) › [Civil Technology Grade 12 NSC Supplementary 2015 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/civil-technology-feb-march-2015-afr/b0a9f5b5-5926-426f-9128-ae7c13876c7f)

## About this document

Civil Technology · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2015. Question paper, 25 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  GRAAD 12

                                NASIONALE
                            SENIOR SERTIFIKAAT

                                  GRAAD 12

                             SIVIELE TEGNOLOGIE

                           FEBRUARIE/MAART 2015

PUNTE: 200

TYD: 3 uur

   Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye en 6 antwoordblaaie en 'n formuleblad.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                           2                           DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                            NSS

BENODIGDHEDE:

1.        Tekeninstrumente

2.        'n Nieprogrammeerbare sakrekenaar

3.        ANTWOORDEBOEK

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae.

2.        Beantwoord AL die vrae.

3.        Beantwoord elke vraag as 'n geheel. MOENIE onderafdelings van vrae
          skei nie.

4.        Begin die antwoord op ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

5.        MOENIE in die kantlyn van die ANTWOORDEBOEK skryf nie.

6.        Jy mag sketse gebruik om jou antwoorde te illustreer.

7.        Skryf ALLE berekeninge en antwoorde in die ANTWOORDEBOEK of op die
          aangehegte ANTWOORDBLAAIE.

8.        Gebruik die puntetoekenning as 'n riglyn vir die lengte van jou antwoorde.

9.        Maak tekeninge en sketse met potlood, volledig gemaatskryf en netjies met
          beskrywende opskrifte en aantekeninge afgerond, in ooreenstemming met die
          SANS/SABS se Aanbevole Gebruikskode vir Boutekenepraktyk.

10.       Vir die doel van hierdie vraestel moet die grootte van 'n steen as
          220 mm x 110 mm x 75 mm geneem word.

11.       Gebruik jou eie oordeel waar afmetings en/of inligting ontbreek.

12.       Beantwoord VRAAG 2.7, 4.5, 5.2, 5.3, 6.1 en 6.2 op die aangehegte
          ANTWOORDBLAAIE en gebruik tekengereedskap, waar nodig.

13.       Skryf jou SENTRUMNOMMER en EKSAMENNOMMER op elke
          ANTWOORDBLAD en lewer dit saam met jou ANTWOORDEBOEK in, al het
          jy dit nie gebruik nie.

14.       Tekeninge in die vraestel is as gevolg van elektroniese kopiëring NIE volgens
          skaal NIE.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                            3                             DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                             NSS

VRAAG 1: KONSTRUKSIE, VEILIGHEID EN MATERIALE

1.1       FIGUUR 1.1 hieronder toon 'n man wat 'n demonstrasie op 'n masjien doen in
          'n werkswinkel.

                                       [Aangebied deur RGD Rankine Pr.Eng, 2008]
                                           FIGUUR 1.1

          Verduidelik VIER veiligheidsmaatreëls rakende persoonlike veiligheid wat
          die man nie nagekom het toe hy met die masjinerie in die werkswinkel gewerk
          het nie.                                                                                 (4)

1.2       Onderskei tussen 'n kroonlys en 'n vloerlys met betrekking tot:

          1.2.1       Ligging                                                                      (2)

          1.2.2       Doel                                                                         (2)

1.3       Jy wil houtpale gebruik in die konstruksie van 'n houtmotorafdak.

          1.3.1       Beskryf TWEE redes hoekom jy gepreserveerde houtpale sal
                      gebruik.                                                                     (2)

          1.3.2       Noem enige tipe preserveermiddel wat gebruik kan word om hout
                      te preserveer.                                                               (1)

1.4       Beskryf TWEE redes hoekom beuels in wapening gebruik word.                               (2)

1.5       Voorspel TWEE gevolge as VWL (vogweerlaag) nie tussen die onderbou en
          die bobou op die vloervlak van 'n gebou geïnstalleer word nie.                           (2)

1.6       Beskryf die eerste DRIE stappe om te volg wanneer 'n nuutgeboude
          betonmuur voorberei en geverf moet word.                                                 (3)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                                 4                         DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                                  NSS

1.7       FIGUUR 1.7 hieronder is 'n skets van 'n staalprofiel.

                                                 FIGUUR 1.7

          1.7.1      Identifiseer die tipe staalprofiel.                                              (1)

          1.7.2      Noem EEN eienskap van die staalprofiel.                                          (1)

          1.7.3      Waar sal jy hierdie staalprofiel in 'n gebou gebruik?                            (1)

1.8       Noem TWEE dele van 'n leer wat jy moet inspekteer voordat jy die leer
          gebruik.                                                                                    (2)

1.9       FIGUUR 1.9 hieronder toon die vooraansig van 'n venster.

                                                                             A

                                                                             B

                                                                             C

                                                                             D
                                                                             E
                                                 FIGUUR 1.9

          1.9.1      Identifiseer die venster.                                                        (1)

          1.9.2      Benoem onderdele A tot E in jou ANTWOORDEBOEK.                                   (5)

1.10      Verduidelik wat met balkvulling bedoel word.                                                (1)
                                                                                                      [30]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                            5                          DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                             NSS

VRAAG 2: GEVORDERDE KONSTRUKSIE EN TOERUSTING

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

2.1       FIGUUR 2.1 hieronder is 'n tekening van 'n blok wat in die eerste vloer van 'n
          dubbelverdiepinggebou gebruik word.

                                                                         B

                                                                          A

                                               FIGUUR 2.1

          2.1.1       Beskryf die tipe materiaal waarvan hierdie blok gemaak kan word.            (1)

          2.1.2       Verduidelik die doel van die sponning by A.                                 (1)

          2.1.3       Noem die tipe wapening wat bo-op die blok by B gebruik sal word.            (1)

          2.1.4       Noem EEN metode wat gebruik kan word vir die nabehandeling
                      van die nuwe beton wat bo-op B gegiet gaan word.                            (1)

          2.1.5       Beskryf TWEE funksies van die gate in die blok.                             (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                             6                              DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                              NSS

2.2       FIGUUR 2.2 hieronder toon twee lesings op die middelste stadialyne by
          pen A en pen B, soos waargeneem deur die oogstuk van 'n bukswaterpas.

                                          1,654                                         1,275

                       A                                          B

                                            FIGUUR 2.2

          2.2.1       Bereken die verskil in hoogte tussen pen A en pen B, soos
                      aangedui in FIGUUR 2.2. Toon ALLE berekeninge in jou
                      ANTWOORDEBOEK.                                                                 (3)

          2.2.2       Noem of daar 'n styging of 'n daling vanaf A na B is.                          (1)

2.3       Noem die doel van die volgende toerusting wat in die installasie van 'n dak
          gebruik word:

          2.3.1       Slaglyn                                                                        (1)

          2.3.2       Boulyn                                                                         (1)

2.4       Beskryf die versorging en instandhouding van 'n meetband.                                  (2)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                             7                         DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                              NSS

2.5       FIGUUR 2.5 hieronder toon 'n tipe heipaal wat geïnstalleer word.

                                                                     A

                                                                     B

                                                                     C

                                                                     D

                                                                     E

                                            FIGUUR 2.5

          2.5.1       Benoem onderdele A tot E in jou ANTWOORDEBOEK.                              (5)

          2.5.2       Maak 'n netjiese, vryhandtekening van onderdeel E nadat die
                      proses voltooi is.                                                          (2)

          2.5.3       Verduidelik die funksie van D in die proses.                                (1)

          2.5.4       Verduidelik wat met onderdeel B gebeur nadat die proses
                      voltooi is.                                                                 (1)

          2.5.5       Verduidelik onder watter omstandighede die tipe heipaal in
                      FIGUUR 2.5 gebruik kan word.                                                (1)

          2.5.6       Noem EEN ander tipe heipaal wat gebruik kan word in plaas van
                      die een in FIGUUR 2.5.                                                      (1)

          2.5.7       Noem EEN voordeel van die gebruik van onderdeel B.                          (1)

2.6       Verduidelik TWEE voordele van die teël van 'n muur in plaas daarvan om dit
          te verf.                                                                                (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                          8                          DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                           NSS

2.7       Twee ronde betonkolomme moet as stutte gebruik word vir advertensieborde
          wat voor jou skool opgerig gaan word. ANTWOORDBLAD 2.7 (aangeheg)
          toon die voering en middelpunt van een kolom.

          Gebruik ANTWOORDBLAD 2.7 en teken volgens skaal 1 : 10 die volledige
          horisontale snit van die houtbekisting vir een kolom.

          Toon die volgende op jou tekening:

          •    Latte (Formeellatwerk) 38 mm x 38 mm
          •    Krae
          •    Boute en moere/Skroefstawe met 'n diameter van 16 mm
          •    Vertikale klampe/borde
          •    Simbool vir beton
          •    Drukskryf die titel van die tekening

          Gebruik jou eie oordeel waar afmetings nie gegee word nie.                          (12)
                                                                                              [40]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                            9                        DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                             NSS

VRAAG 3: SIVIELE DIENSTE

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

3.1       Mense wat in landelike gebiede woon, het nie toegang tot 'n munisipale
          wateraansluiting nie en kry hulle water uit riviere en spruite.

          Noem EEN ander natuurlike bron waar hulle water kan kry.                            (1)

3.2       FIGUUR 3.2 hieronder toon verskillende              pyptoebehore   wat    vir
          warmwatertoevoer na 'n huis gebruik sal word.

                                            FIGUUR 3.2

          3.2.1       Noem die materiaal wat gebruik word om die pyptoebehore in
                      FIGUUR 3.2 te maak.                                                     (1)

          3.2.2       Noem die las wanneer hierdie pyptoebehore deur soldering
                      gelas word.                                                             (1)

3.3       Beskryf TWEE voordele van 'n elektriese geiser.                                     (2)

3.4       Verduidelik die gebruik van dreineerkraan op 'n geiser.                             (2)

3.5       Noem TWEE faktore wat die temperatuur van water beïnvloed wat deur 'n
          songeiser verhit word.                                                              (2)

3.6       Beskryf TWEE faktore wat in aanmerking geneem moet word wanneer 'n
          songeiser geïnstalleer word.                                                        (2)

3.7       Verduidelik die volgende terme:

          3.7.1       Rioolwater                                                              (1)

          3.7.2       Drekwater                                                               (1)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                          10                           DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                           NSS

3.8       FIGUUR 3.8 hieronder toon die bodemhoogte van die rioolpyplyn vir 'n nuwe
          huis. Die bodemhoogte van die pyplyn by B is 1 385 mm en die pyp is 35 m
          lank. Die val (gradiënt) van die pyp is 1 : 40.

                                                 35 m

                          IL                                                       1 385
                     A                                                                     IL
                                                                               B

                                          FIGUUR 3.8

          3.8.1       Bereken die val (gradiënt) in millimeter oor die afstand van
                      35 meter (tussen A en B). Toon ALLE berekeninge in jou
                      ANTWOORDEBOEK.                                                            (2)

          3.8.2       Bereken die bodemhoogte by A. Toon ALLE berekeninge in jou
                      ANTWOORDEBOEK.                                                            (3)

3.9       FIGUUR 3.9 hieronder toon twee rioleringstoebehore (A en B).

                               A                                   B
                                          FIGUUR 3.9

          Identifiseer rioleringstoebehore A en B in FIGUUR 3.9.                                (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                            11                           DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                             NSS

3.10      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
          Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
          (3.10.1–3.10.3) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 3.10.4 B.

          3.10.1      Die funksie van 'n drukverminderingsklep is om …                            (1)

                      A   water vinnig te verhit.
                      B   te verseker dat warmwaterkrane oopgedraai kan word.
                      C   te verseker dat instandhouding gereeld gedoen word.
                      D   die hoë waterdruk vanaf die munisipaliteit te verlaag.

          3.10.2      Een manier om 'n sonverwarmingstelsel in stand te hou, is om                (1)
                      die …

                      A   gassilinders gereeld skoon te maak.
                      B   binneste dele van die bak wit te verf.
                      C   glas skoon te hou.
                      D   primêre terugvloeipyp na gebruik leeg te maak.

          3.10.3      'n Valgeiser …

                      A   gebruik die son om water te verhit.
                      B   word teen 'n helling van 35° met die horisontaal geplaas.
                      C   het 'n wateropgaartenk bokant die geiser.
                      D   word met 'n drukverminderingsklep toegerus.                             (1)

3.11      Verduidelik DRIE voordele van die gebruik van leipype in elektriese
          installasies.                                                                           (3)

3.12      Maak 'n vryhandskets van die simbool vir 'n meterkas.                                   (2)

3.13      Stormwater op 'n bouperseel moet weggevoer word.

          Noem TWEE metodes wat gebruik kan word om die stormwater van die
          perseel weg te voer.                                                                    (2)
                                                                                                  [30]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                             12                       DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                              NSS

VRAAG 4: HOEVEELHEDE, MATERIALE EN VERBINDING

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

4.1       Noem EEN plek waar jy hoepelyster in 'n gebou sal gebruik.                           (1)

4.2       Noem die tipe pyp wat jy sal las as die metodes hieronder gebruik word:

          4.2.1         Skroefpypverbinding                                                    (1)
          4.2.2         Plastieksweisoplosmiddel                                               (1)

4.3       Verduidelik EEN gebruik van elk van die volgende skroewe:

          4.3.1         Spoorskroef                                                            (1)
          4.3.2         Versinkskroef                                                          (1)

4.4       Noem TWEE hegstukke wat gebruik kan word om dakkapdele te heg.                       (2)

4.5       FIGUUR 4.5 hieronder toon die vloerplan van 'n stoorkamer met 'n deur en
          'n venster.

                                               10 500

               6 000

                                            FIGUUR 4.5
          Spesifikasies:
          •    Die bobou is 'n eensteenmuur, 220 mm breed en 2 700 mm hoog.
          •    Die deuropening is 2 000 mm hoog x 800 mm wyd.
          •    Die vensteropening is 1 000 mm wyd x 600 mm hoog.

          Gebruik ANTWOORDBLAD 4.5 en bereken die getal stene wat benodig word
          om die bobou van die stoorkamer te bou indien 50 stene gebruik word om
          1 m² van 'n halfsteenmuur (110 mm-muur) te bou.                                      (19)

4.6       Jy wil 'n snylys vir die plafon van 'n nuutgeboude slaapkamer saamstel. Noem
          VIER onderdele/komponente/dele wat deel van die snylys sal vorm.                     (4)
                                                                                               [30]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                           13                          DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                            NSS

VRAAG 5: TOEGEPASTE MEGANIKA

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

5.1       FIGUUR 5.1 hieronder toon 'n gevormde lamel met 'n driehoekige gat. Alle
          afmetings is in millimeter.

          Die oppervlakte van die reghoek (Oppervlakte 1) is 2 100 mm², die
          oppervlakte van die vierkant, die driehoekige gat ingesluit, (Oppervlakte 2) is
          2 500 mm² en die oppervlakte van die reghoekige driehoek (Oppervlakte 3) is
          450 mm².

          Bereken die posisie van die sentroïed van die lamel vanaf A–A. Rond jou
          antwoord tot TWEE desimale plekke af.

          WENK: Gebruik die formule op die FORMULEBLAD.

                                      20          30

                             A                                   A
                                             Opper-
                                             vlakte 3
                       30

                                                                       50

                                            Oppervlakte 2
                       20

                                            Oppervlakte 1              30

                                                  70

                                           FIGUUR 5.1                                            (8)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                               14                       DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                                NSS

5.2       FIGUUR 5.2 hieronder toon die ruimtediagram van 'n vrydraerraam
          (kantelbalkraam).

                                            B
                                                      60°

                                                C

                                        A
                                                      45°
                                    50 N

                                            FIGUUR 5.2

          5.2.1       Op ANTWOORDBLAD 5.2, ontwikkel en teken 'n vektordiagram
                      om die grootte en die aard van die kragte in elke onderdeel van die
                      raam grafies te bepaal. Gebruik skaal 2 mm = 1 N.                          (6)

          5.2.2       Toon die aard van die kragte van onderdeel BC en AC op die
                      ruimtediagram op ANTWOORDBLAD 5.2.                                         (2)

          5.2.3       Gebruik die inligting in die ruimte- en vektordiagramme en voltooi
                      die tabel op ANTWOORDBLAD 5.2.                                             (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                             15                         DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                              NSS

5.3       FIGUUR 5.3 hieronder toon 'n balk van 8 meter wat op twee stutte rus. Die
          balk dra 'n eenvormige verspreide belasting van 5 N/m en twee
          puntbelastings. Analiseer die diagram en beantwoord die vrae wat volg.

                         5 N/m        25 N        10 N

                           A     B      C           D                 E
                                 2m          2m          2m    2m
                        LR = 32,5 N                              RR = 12,5 N

                                             FIGUUR 5.3

          5.3.1       Herlei die eenvormig verspreide belasting na 'n puntbelasting en
                      skryf die waarde van die herleide puntbelasting neer.                      (1)

          5.3.2       Bepaal die afstand van die herleide eenvormige verspreide
                      belasting, wat nou 'n puntbelasting is, vanaf LR.                          (1)

          5.3.3       Bewys, met behulp van berekeninge, dat die waarde van die
                      skuifkrag by E = 0 N.                                                      (4)

          5.3.4       Gebruik die inligting hieronder en teken die buigmomentdiagram
                      volgens skaal 1 mm = 1 Nm op ANTWOORDBLAD 5.3.

                      BMa = 0
                      BMb = 30 Nm
                      BMc = 55 Nm
                      BMd = 50 Nm
                      BMe = 0                                                                    (4)
                                                                                                 [30]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                              16                             DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                               NSS

VRAAG 6: GRAFIKA EN KOMMUNIKASIE

6.1           FIGUUR 6.1 hieronder illustreer die vloerplan van 'n eenslaapkamerwoonstel.

              Bestudeer die tekening en voltooi die tabel op ANTWOORDBLAD 6.1.

                                                      9 000

                220                                                    8

                                                                           7

                                     Slaapkamer
      3 000                5
                                                                   6
                                                                       Oopplan-
                                                                       kombuis en                5 800
                                                                       woonkamer
                110

      2 250                        Badkamer
                                                  1
                            3         2
                                                                                    4

                220
                   220                          110                                          220

                                    4 000                         4 450

                                               FIGUUR 6.1                                             (15)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                                     17                          DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                                      NSS

6.2           FIGUUR 6.2 hieronder toon die vloerplan van 'n eenslaapkamerwoonstel.

                                                              9 000

                220
                                                W2                    W2

                                                                                    D1

      3 000
                                        Slaapkamer

                                                         D1
                                                                      Oopplan-
                                                                      kombuis en                      5 800
                                                                 A    woonkamer
                110             D1

      2 250                          Badkamer

                                                                 D1
                                             W1                            W1
                220   220                               110                                       220
                                                                 A

                                             4 000                         4 450

                                                     FIGUUR 6.2

              Op ANTWOORDBLAD 6.2, teken volgens skaal 1 : 20 'n deursneeaansig tot
              by en insluitend die muurplaat van die gebou op snylyn A–A. Gebruik die
              spesifikasies hieronder en op die volgende bladsy.

              6.2.1         Spesifikasies:

                            •   Fondasie 600 mm wyd en 250 mm diep
                            •   Alle buitemure is 220 mm wyd
                            •   Bokant van fondasie tot onderkant van die vloerblad, 450 mm
                            •   Slytlaag, 50 mm dik
                            •   Vloerblad, 75 mm dik
                            •   Vlaklaag (Toplaag), 25 mm dik
                            •   Bokant van vloerblad tot onderkant van muurplaat, 2 700 mm
                            •   Muurplaat, 114 mm x 38 mm
                            •   Hardepuinvulling, 150 mm dik
                            •   Hoogte van deuropening vanaf vloervlaklaag, 2 050 mm
                            •   Die deurkosyn word in die middel van die 220 mm-muur
                                geplaas en is 2 050 mm hoog en 110 mm wyd.

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                             18                        DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                              NSS

                      Die volgende moet ook op die tekening getoon word.

                      •   Grondvulling
                      •   Vertikale afmetings van die fondasie

                      Die volgende moet NIE getoon word NIE:

                      •   Onverstoorde (Ongeroerde) grond
                      •   Kosynkop van die deur
                      •   Sponning van die deurkosyn                                          (18)

          6.2.2       Drukskryf die titel onderaan die tekening.                              (1)

          6.2.3       Dui enige DRIE byskrifte aan.                                           (3)

          6.2.4       DRIE punte sal vir die toepassing van die skaal toegeken word.          (3)
                                                                                              [40]

                                                                              TOTAAL:         200

Kopiereg voorbehou

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                                                DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                       NSS

SENTRUMNOMMER:

EKSAMENNOMMER

VRAAG 2.7

ANTWOORDBLAD 2.7

                                    Assesseringskriteria       Punte   Leerderpunt
                           Latte (Formeellatwerk) 38 x 38 mm     2
                           Vertikale klamp/vertikale borde       2
                           Krae                                  2
                           16 mm-boute/skroefstawe en -moere     2
                           Simbool vir beton                     1
                           Toepassing van skaal                  2
                           Titel                                 1
                           Totaal                               12

Kopiereg voorbehou

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                                                        DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                          NSS

SENTRUMNOMMER:

EKSAMENNOMMER

VRAAG 4.5

ANTWOORDBLAD 4.5
Voltooi jou antwoorde in die spasies wat met ... en ... aangedui is.

              A          B           C                                D
                                            Hartlyn: Bobou
                                            2/…                 =…
                                            2/…                 =…
                                                         Totaal = …
                                            Minus 4 / …         =…
                                                                =…
                                            Hartlyn: = …                                   (5)

        1/               …                  Oppervlakte van muur vir bobou:                (3)
                         …           …

        1/               …                  Oppervlakte van deur:                          (3)
                         …           …

        1/               …                  Oppervlakte van venster:                       (3)
                         …           …

                                            Totale oppervlakte van muur na aftrekkings:
                                            =     ....         ...          ...

                                            =                                              (2)

        2/               …                  Stene benodig om bobou te bou:
                         …           …      …                             stene word benodig
                                            (3)
                        OF
        1/               …

                         …           …

                                                                                          (19)

Kopiereg voorbehou

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                                                 DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                          NSS

SENTRUMNOMMER:

EKSAMENNOMMER

VRAAG 5.2

ANTWOORDBLAD 5.2

                                  B
                                            60°

                                      C

                              A
                                            45°
                           50 N

     a
                              RUIMTEDIAGRAM

.

                                                ONDERDEEL     AARD       GROOTTE
                                                BC
                                                CA
                                                   Toleransie van 1 N na beide kante

Kopiereg voorbehou

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                                                    DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                            NSS

SENTRUMNOMMER:

EKSAMENNOMMER

VRAAG 5.3

ANTWOORDBLAD 5.3

                       5 N/m         25 N        10 N

                         A     B       C          D               E
                               2m           2m          2m   2m
                       LR = 32,5 N                            RR = 12,5 N

0

Kopiereg voorbehou

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                                                  DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                             NSS

SENTRUMNOMMER:

EKSAMENNOMMER

VRAAG 6.1

ANTWOORDBLAD 6.1

NR.                      VRAAG                               ANTWOORD         PUNTE
1       Identifiseer nommer 1.
                                                                                 1
2       Bereken die omtrek van die gebou.
                                                                                 1
3       Identifiseer nommer 2.
                                                                                 1
4       Identifiseer nommer 3.
                                                                                 1
5       Bereken die oppervlakte van die vloer van
        die badkamer in m².                                                      1
6       Identifiseer nommer 4.
                                                                                 1
7       Identifiseer nommer 5.
                                                                                 1
8       Benoem die tipe dak van die gebou.
                                                                                 1
9       Identifiseer die elektriese simbool by
        nommer 6.                                                                1
10      Identifiseer die elektriese simbool by
        nommer 7.                                                                1
11      Teken die simbool om die deursneeaansig
        van 'n siersteenmuur aan te dui.                                         2
12      Identifiseer nommer 8.
                                                                                 1
13      Watter aansig van die huis moet geteken
        word om die voorkant van die slaapkamer                                  1
        te sien?
14      Hoeveel deure word op die tekening
        aangedui?                                                                1
                                                    Totaal                      15

Kopiereg voorbehou

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                                   DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                               NSS

SENTRUMNOMMER:

EKSAMENNOMMER

VRAAG 6.2
ANTWOORDBLAD 6.2

           ASPEK                 PUNTE   LEERDER-
                                           PUNT
Korrektheid van onderbou           6
Korrektheid van bobou              7
Korrektheid van enige drie         3
tekensimbole
Drukskryf enige drie byskrifte     3
Afmetings en afmetingslyne         2
Drukskryf die titel                1
Toepassing van skaal:              3
Een of twee verkeerd      =3
Drie of vier verkeerd     =2
Meer as vyf verkeerd      =1
Geen afmetings korrek     =0
Totaal                            25

Kopiereg voorbehou

### Page 25

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                                                       DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                            NSS

FORMULEBLAD

BELANGRIKE SIMBOLE

SIMBOLE        BESKRYWING SIMBOLE               BESKRYWING      SIMBOLE BESKRYWING
    c            Sentroïed    b                 Breedte/Wydte      h       Hoogte
    ℓ             Lengte      s                      Sy            A        Area

FORMULES

                                                                    FORMULE VIR DIE POSISIE
OPPERVLAKTE               FORMULE                 FORMULE
                                                                      VAN DIE SENTROÏEDE
    VAN                  (in woorde)             (in simbole)
                                                                       X-as          Y-as
                                                                        s             s
Vierkant                   sy x sy                  sxs
                                                                        2             2
                                                                         ℓ            b
Reghoek                lengte x breedte              ℓxb
                                                                        2             2
Reghoekige                                                              b             h
                      ½ x basis x hoogte            ½b x h
driehoek                                                                3             3
Gelyksydige
driehoek/                                                               b                 h
                      ½ x basis x hoogte            ½b x h
Piramide/Gelyk-                                                         2                 3
benige driehoek

                      Posisie van sentroïed = (A1 x d) ± (A2 x d)
                                               Totale oppervlakte

                                            OF

                                     X = ∑ Ax       Y = ∑ Ay
                                         ∑A             ∑A

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Civil Technology Feb March 2015 Eng](https://www.hlayiso.com/library/civil-technology-feb-march-2015-eng/4f802241-70af-400c-8dcb-c98316a539e7) — Civil Technology · QP · 2015 · Eng
- [Civil Technology Feb March 2015 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/civil-technology-feb-march-2015-memo-eng/aedf8743-b698-4a4c-b0c6-791f5a20e050) — Civil Technology · Memo · 2015 · Eng
- [CVLTECH GR12 QP SEPT2015 AFR](https://www.hlayiso.com/library/cvltech-gr12-qp-sept2015-afr/869b47f0-5b29-46c7-9698-b96a272efdd8) — Civil Technology · QP · 2015 · Afr
- [Civil Technology Nov 2015 Eng (R)](https://www.hlayiso.com/library/civil-technology-nov-2015-eng-r/8e33f148-adde-4af4-be2d-6a45bccfb5d5) — Civil Technology · QP · 2015 · Eng
- [Civil Technology Feb March 2017 Afr](https://www.hlayiso.com/library/civil-technology-feb-march-2017-afr/7edd3752-0a76-447c-9045-6774cbc6d9ac) — Civil Technology · QP · 2017 · Afr
- [Civil Technology Feb March 2017 Eng](https://www.hlayiso.com/library/civil-technology-feb-march-2017-eng/f64054c6-cf10-48ae-b3d8-ab4a4f6d275a) — Civil Technology · QP · 2017 · Eng

## More from Grade 12 Civil Technology

- [Civil Technology (Woodworking) (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/civil-technology-woodworking-afrikaans-june-2025-possible-answers/c0a65d19-28ca-4ac3-8c61-d4627d2a3133) — Memo · 2025 · Afr
- [Civil Technology Nov 2025 (Construction) MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-civil-technology-2025-nsc-november-exam-memorandum/0e265899-dc44-4809-aabf-8f374f1af392) — Memo · 2025 · Eng
- [CIV TECH GR12 MEMO SEPT2024 Construction Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr12-memo-sept2024-construction-afrikaans/162bcc65-80ad-4384-b293-36da22468b06) — Memo · 2024 · Afr
- [CIV TECH GR12 MEMO SEPT2024 Civil Services English](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr12-memo-sept2024-civil-services-english/c1f2441d-22ba-4ae6-9e56-137cc442080c) — Memo · 2024 · Eng
- [CIV TECH GR12 MEMO SEPT2024 Construction English](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr12-memo-sept2024-construction-english/4d9c54ef-f526-46ad-82d4-8dd419eafb50) — Memo · 2024 · Eng
- [CIV TECH GR12 MEMO SEPT2024 Woodworking English](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr12-memo-sept2024-woodworking-english/6e7f4be5-4ffb-4654-b98b-b4cc4dfc4cc7) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
