# Civil Technology Grade 10 National November 2016 QP (Afr)

> Grade 10 Civil Technology question paper from the National November 2016 (Afrikaans), 27 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/civil-technology-grade-10-exemplar-2016-afr/e882bbbb-88a6-4055-a3c0-e92e41518ae7
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Civil Technology
- Grade: Grade 10
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: National November
- Curriculum: CAPS
- Pages: 27

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Civil Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/civil-technology) › [Civil Technology Grade 10 National November 2016 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/civil-technology-grade-10-exemplar-2016-afr/e882bbbb-88a6-4055-a3c0-e92e41518ae7)

## About this document

Civil Technology · Grade 10 · National November · 2016. Question paper, 27 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  GRAAD 12

                               NASIONALE
                           SENIOR SERTIFIKAAT

                                  GRAAD 10

                            SIVIELE TEGNOLOGIE

                                  MODEL 2016

PUNTE: 200

TYD: 3 uur

     Hierdie vraestel bestaan uit 21 bladsye, 5 antwoordblaaie en 1 formuleblad.

Kopiereg voorbehou                                               Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                             2                                     DBE/2016
                                    KABV – Graad 10 Model

BENODIGDHEDE:

1.        Tekeninstrumente
2.        'n Nieprogrammeerbare sakrekenaar
3.        ANTWOORDEBOEK
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1.        Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings: AFDELING A, B, C en D.
2.        AFDELING A (VRAAG 1, 2, 3, en 4) is VERPLIGTEND vir alle leerders.
3.        Kies EEN van die volgende AFDELINGS na                   aanleiding     van    die
          spesialiseringsgebied waarvoor jy geregistreer het:
          AFDELING B (VRAAG 5 en 6) – Konstruksie
          AFDELING C (VRAAG 7 en 8) – Siviele Dienste
          AFDELING D (VRAAG 9 en 10) – Houtbewerking
          LET WEL:     Indien jy vrae in AFDELING B, C en D beantwoord waarvoor jy
                       NIE geregistreer het NIE, sal dit NIE nagesien word NIE.
4.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.
5.        Begin die antwoord op ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
6.        MOENIE in die kantlyn van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.
7.        Jy mag sketse gebruik om jou antwoorde te illustreer.
8.        Skryf ALLE berekeninge en antwoorde in die ANTWOORDEBOEK of op die
          aangehegte ANTWOORDBLAAIE. Antwoorde van berekeninge moet tot
          TWEE desimale plekke afgerond word. Toon die eenhede van ALLE
          antwoorde.
9.        Gebruik die puntetoekenning as 'n riglyn vir die lengte van jou antwoorde.
10.       Maak tekeninge en sketse met potlood, volledig gemaatskryf en netjies met
          beskrywende opskrifte en aantekeninge afgerond, in ooreenstemming met die
          SANS/SABS se Gebruikskode vir Boutekenepraktyk.
11.       Vir die doel van hierdie vraestel moet die grootte van 'n steen as
          220 mm x 110 mm x 75 mm geneem word.
12.       Gebruik jou eie oordeel waar afmetings en/of inligting ontbreek.
13.       Alle afmetings is in millimeter, behalwe waar dit anders aangedui is.
14.       Beantwoord die vrae op die aangehegte ANTWOORDBLAAIE, soos in elke
          vraag voorgeskryf, waar van toepassing.
15.       As gevolg van elektroniese kopiëring is tekeninge in die vraestel NIE volgens
          skaal NIE.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                              3                                    DBE/2016
                                     KABV – Graad 10 Model

AFDELING A: GENERIES (VERPLIGTEND)

VRAAG 1: VEILIGHEID

1.1       FIGUUR 1.1 hieronder toon 'n werker en 'n besoeker by 'n konstruksieterrein.

                                            FIGUUR 1.1

          1.1.1       Watter veiligheidstoerusting kan die besoeker gebruik om te
                      voorkom dat vallende voorwerpe hom beseer?                                 (1)

          1.1.2       Verduidelik TWEE veiligheidsmaatreëls wat toegepas moet word
                      om die veiligheid van besoekers en werkers op 'n terrein
                      te verseker.                                                               (2)

          1.1.3       Identifiseer EEN onveilige handeling wat die werker uitvoer.               (1)

1.2       Jy werk met elektriese snygereedskap op 'n bouterrein. Noem enige TWEE
          tipes veiligheidstoerusting wat jy kan gebruik om jou teen beserings
          te beskerm.                                                                            (2)

1.3       Bespreek TWEE veiligheidsmaatreëls wat in gedagte gehou word wanneer
          daar met handgereedskap gewerk word.                                                   (2)

1.4       Noem DRIE elemente wat in 'n vuur aanwesig moet wees vir dit om te
          kan brand.                                                                             (3)

1.5       Verduidelik DRIE faktore wat oorweeg moet word wanneer materiaal in
          'n werkswinkel opgestapel word.                                                        (3)

1.6       Voorspel DRIE gevolge van 'n werker se gedrag op 'n bouterrein wanneer die
          werker bedwelm is as gevolg van alkohol- of dwelmmisbruik.                             (3)

1.7       Beskryf DRIE waarneembare simptome dat 'n werker onder die invloed van
          dwelms is.                                                                             (3)
                                                                                                 [20]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                              4                                    DBE/2016
                                     KABV – Graad 10 Model

VRAAG 2: MATERIALE, GEREEDSKAP EN TOERUSTING

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

2.1       Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by 'n item in KOLOM A pas. Skryf slegs
          die letter (A–L) langs die vraagnommer (2.1.1–2.1.10) in die
          ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 2.1.11 M.

                      KOLOM A                                 KOLOM B
          2.1.1       Beton                    A    nie bros nie as gevolg van
                                                    hittebehandeling
          2.1.2       Saligna
                                               B    kan in enige vorm/profiel gegiet
          2.1.3       Hoeveelheid water in          word
                      beton
                                               C    bestaan uit 'n ongelyke aantal
          2.1.4       SA dennehout                  fineerlae

          2.1.5       Sement                   D    liggewigmetaal

          2.1.6       Koper                    E    hierdie materiaal word gebak

          2.1.7       Laaghout                 F    sal die werkbaarheid van vars beton
                                                    beïnvloed
          2.1.8       Aluminium
                                               G    bindbestanddeel in beton, mortel en
          2.1.9       Kleistene                     vlaklaag

          2.1.10      Smeebare gietyster       H    sagte hout

                                               I    goeie hittegeleier

                                               J    hardehout

                                               K    beskikbaar in gelyke lae

                                               L    nabehandeling vir 60 dae word
                                                    vereis
                                                                               (10 x 1)         (10)

2.2       Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
          Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
          (2.2.1–2.2.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 2.2.11 C.

          2.2.1       … kan vir bekisting gebruik word.

                      A   Blokbord
                      B   Laaghout
                      C   Bekistingsbord
                      D   Al die bogenoemde                                                     (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                                5                               DBE/2016
                                       KABV – Graad 10 Model

          2.2.2       … kan saggesoldeer, silwergesoldeer en gesweissoldeer word.

                      A   Brons
                      B   Koper
                      C   Lood
                      D   Sink                                                                (1)

          2.2.3       … vorm waterdigte lasse aangesien dit waterwerend is.

                      A   PVC hegmiddels
                      B   Mortel
                      C   Silikon
                      D   Houtlym                                                             (1)

          2.2.4       'n … is die gereedskapstuk wat aanbeveel word om beton en
                      mortel te meng.

                      A   Pik
                      B   Ronde graaf
                      C   Skopgraaf
                      D   Spitgraaf                                                           (1)

          2.2.5       'n … word gebruik vir meting wanneer geboue uitgelê word.

                      A   Staalmeetband
                      B   Voumeetstok (Duimstok)
                      C   Staalwinkelhaak
                      D   Streklyn (Messellyn/Boulyn en penne)                                (1)

          2.2.6       'n … word deur 'n pleisteraar/messelaar gebruik om pleister in
                      moeilike hoekies te plaas.

                      A   Mastiektroffel
                      B   Lang voegstryker
                      C   Kort voegstryker
                      D   Voegtroffel                                                         (1)

          2.2.7       'n … kan gebruik word om koperpype netjies en akkuraat te sny.

                      A   Tapsaag
                      B   Ystersaag
                      C   Pypsnyer
                      D   Hoekslyper                                                          (1)

          2.2.8       'n … kan gebruik word om gegalvaniseerde pype te klamp
                      wanneer hulle na grootte gesny word.

                      A   Pypsleutel
                      B   Verstelbare moersleutel
                      C   Pypklamp
                      D   Pypsnyer                                                            (1)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                                6                                DBE/2016
                                       KABV – Graad 10 Model

          2.2.9       'n … kan gebruik word om vars beton gelyk te maak.

                      A   Waterpas
                      B   Staalwinkelhaak
                      C   Lang voegstryker
                      D   Reihout                                                               (1)

          2.2.10      'n … kan gebruik word om voeë in posisie te kap.

                      A   Steentroffel
                      B   Blokhamer
                      C   Tapbeitel
                      D   Skietlood                                                             (1)

2.3       Die tabel hieronder toon prente van handgereedskap wat op terreine en in
          werkswinkels gebruik word. Skryf die NAAM en EEN gebruik van ELKE
          gereedskapstuk     langs   die    vraagnommer   (2.3.1–2.3.5)   in   die
          ANTWOORDEBOEK neer.

                     2.3.1                      2.3.2                    2.3.3

                     2.3.4                      2.3.5                                           (10)

2.4       Beskryf TWEE eienskappe van ELK van die volgende materiale:

          2.4.1       Sand                                                                      (2)

          2.4.2       Vlekvrye staal                                                            (2)

          2.4.3       Mastiekverseëlaar                                                         (2)

2.5       Bespreek TWEE eienskappe van PVC-hegmiddels.                                          (2)

2.6       Onderskei tussen 'n staalwinkelhaak en 'n winkelhaak ten opsigte van
          gebruik.                                                                              (2)
                                                                                                [40]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                              7                                 DBE/2016
                                     KABV – Graad 10 Model

VRAAG 3: GRAFIKA AS 'N KOMMUNIKASIEMIDDEL

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

3.1       Definieer die term ROT, soos in tekene gebruik.                                      (1)

3.2       Teken 'n netjiese, vryhand-, isometriese skets van 'n standaard soliede steen,
          in goeie verhouding, in die ANTWOORDEBOEK.                                           (5)

3.3       FIGUUR 3.3 toon 'n isometriese aansig van 'n sement- hol blok. Gebruik
          ANTWOORDBLAD 3.3 en teken, volgens skaal 1 : 5, die voor-, linker- en
          boaansig van hierdie sement- hol blok in eerstehoekse ortografiese projeksie.
          Die dikte van die beton rondom die openinge is oral 30 mm.

          Toon die volgende op die tekening:

          •    Alle verborge besonderhede
          •    Konstruksielyne
          •    Afmetings vir die hoogte en lengte van die blok
          •    Drukskryf die titel en die skaal onder die tekening

                                                                     VOORKANT

                                          FIGUUR 3.3                                           (17)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                              8                                DBE/2016
                                     KABV – Graad 10 Model

3.4       FIGUUR 3.4 toon die lyndiagram van 'n plan van 'n kantoor met 'n kombuis.

                                                     7 000

                                                V1

                             4 000
                                              Kantoor         Kombuis
                                                                        V2

                                                             D1
                                     D1

                                                FIGURE 3.4

          Op ANTWOORDBLAD 3.4 ontwikkel en teken, volgens skaal 1 : 50, die
          vloerplan van die kantoor en kombuis. Gebruik die spesifikasies hieronder
          gegee.

          Spesifikasies:

          •    Die buite-afmetings van die gebou is 7 000 mm x 4 000 mm.
          •    Die binnebreedte van die kombuis is 2 000 mm.
          •    Buitemure is 220 mm dik.
          •    Binnemuur is 110 mm dik.
          •    Alle deuropeninge is 900 mm breed.
          •    Die buitedeur is 500 mm vanaf die linkerkant van die gebou geplaas,
               vanaf die buitekant van die muur gemeet.
          •    Die binnedeur is 230 mm vanaf die binnekant van die buitemuur geplaas.
          •    Venster 1 is 2 000 mm breed en is in die middel van die kantoormuur
               geplaas.
          •    Venster 2 is 1 500 mm breed en is in die middel van die kombuismuur
               geplaas.                                                                       (15)

          Dui die binne-afmetings van die kombuis aan.                                        (2)
                                                                                              [40]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                              9                                   DBE/2016
                                     KABV – Graad 10 Model

VRAAG 4: HEGTING EN HOEVEELHEDE

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

4.1       Verduidelik DRIE voordele van die gebruik van spykers bo skroewe.                      (3)

4.2       Verduidelik DRIE voordele van die gebruik van skroewe bo spykers.                      (3)

4.3       Dui aan waar die volgende hegmiddels gebruik kan word:

          4.3.1       Versinkkopskroef                                                           (1)

          4.3.2       Stapelmuurskroef                                                           (1)

          4.3.3       Ronde draadspyker                                                          (1)

          4.3.4       Paneelspyker                                                               (1)

4.4       FIGUUR 4.4 hieronder toon die voor- en linkeraansig van 'n reguit fondasie.

                                                                                   150

                                     3 000                                 600
                                  Vooraansig                        Linkeraansig

                                             FIGUUR 4.4

          4.4.1       Bepaal die lengte van die betonfondasie in meter.                          (1)

          4.4.2       Bepaal die breedte van die betonfondasie in meter.                         (1)

          4.4.3       Bepaal die diepte van die betonfondasie in meter.                          (1)

          4.4.4       Bereken die volume beton wat vir hierdie fondasie benodig sal
                      word. Rond jou antwoord tot EEN desimaal af.                               (5)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                              10                                DBE/2016
                                     KABV – Graad 10 Model

4.5       FIGUUR 4.5 hieronder toon die vloerplan van 'n gebou. Bestudeer die skets
          en beantwoord die vrae wat volg.

                                                                          6 440

                                           10 440

                                           FIGUUR 4.5

          4.5.1       Bereken die lengte van die vloerlys vir die gebou as die
                      deuropening 900 mm breed is. Ignoreer die dagwange by die
                      deuropening.                                                           (9)

          4.5.2       Bereken die oppervlakte van die vloer.                                 (4)

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                               11                               DBE/2016
                                      KABV – Graad 10 Model

4.6       FIGUUR 4.6 hieronder toon 'n fondasiesloot van 8 meter lank, wat uitgegrawe
          en met beton gegiet is.

                                                        1 350

                                                                700

                                200

                                                600

                                            FIGUUR 4.6

          4.6.1       Bereken die volume grond wat uit die sloot gegrawe is.                   (5)

          4.6.2       Bereken die oppervlakte van die muur indien die muur 150 mm van
                      die kant van die fondasie aan weerskante ophou.                          (4)
                                                                                               [40]

                                                                TOTAAL AFDELING A:             140

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                             12                              DBE/2016
                                    KABV – Graad 10 Model

AFDELING B: KONSTRUKSIE

VRAAG 5: FONDASIES, BETON EN STEENWERK

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

5.1       Identifiseer die gereedskap wat in FIGUUR 5.1.1 en FIGUUR 5.1.2 hieronder
          geïllustreer is.

          5.1.1

                                                       [Bron: Google Images]
                                                FIGUUR 5.1.1                              (1)

          5.1.2

                                                       [Bron: Google Images]
                                                FIGUUR 5.1.2                              (1)

5.2       Beskryf die betekenis van die veiligheidsteken wat in FIGUUR 5.2 hieronder
          geïllustreer is.

                                          FIGUUR 5.2                                      (1)

5.3       Verduidelik TWEE gebruike van 'n blokborsel.                                    (2)

5.4       Verduidelik DRIE redes waarom grond tydens 'n konstruksieproses
          gekompakteer word.                                                              (3)

5.5       Verduidelik die doel van fondasies.                                             (2)

Kopiereg voorbehou

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                            13                                 DBE/2016
                                   KABV – Graad 10 Model

5.6       Onderskei tussen 'n strookfondasie en 'n trapfondasie deur middel van
          netjiese, tweedimensionele vryhandsketse in die ANTWOORDEBOEK.                      (4)

5.7       Die fondasie van 'n gebou moet in fases gegiet word. Teken 'n vryhand-
          tekening in die ANTWOORDEBOEK om 'n uitskuifaansig te toon van hoe vars
          beton met bestaande beton verbind moet word om 'n goeie verbinding (las)
          tussen die twee te verseker.                                                        (4)

5.8       Wanneer skade in 'n betonstruktuur ontdek word, moet hierdie skade
          geëvalueer en herstel word. Beskryf, in die korrekte volgorde, die stappe wat
          gevolg moet word om die situasie reg te stel.                                       (4)

5.9       Verduidelik die doel van die wapening van steenwerk.                                (2)

5.10      Noem enige TWEE metodes om wapeningstawe aan mekaar vas te bind.                    (2

5.11      Beton met 'n volume van 5 m³ en 'n mengverhouding van 1 : 3 : 6 (1 deel
          sement, 3 dele sand en 6 dele klip) moet met die hand gemeng word.
          Bereken die volume sand wat vir hierdie lot beton benodig gaan word.

          WENK: Gebruik die formule in die formuleblad.                                       (4)
                                                                                              [30]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                            14                                 DBE/2016
                                   KABV – Graad 10 Model

VRAAG 6: BEKISTING
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
6.1       Noem EEN tipe spyker wat gebruik kan word om die verskillende dele van
          bekisting te heg.                                                                   (1)
6.2       FIGUUR 6.2 hieronder toon die horisontale dwarssnee van die bekisting vir 'n
          betonkolom. Noem die dele wat A, B en C gemerk is. Skryf slegs die
          antwoord langs die letter (A–C) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                                                                        A

                                                                        B

                                                                        C

                                      FIGUUR 6.2                                              (3)
6.3       Verduidelik wat met die term ontkisting bedoel word.                                (1)
6.4       Beskryf TWEE faktore wat oorweeg moet word wanneer ontkisting plaasvind.
                                                                                              (2)
6.5       Laaghout kan vir bekisting gebruik word. Beskryf DRIE kenmerke van
          laaghout.                                                                           (3)
6.6       Teken 'n netjiese, tweedimensionele vryhandskets, in goeie verhouding, in die
          ANTWOORDEBOEK om die vooraansig van 'n staansteenlaag te illustreer,
          soos wat in steenwerk gebruik word. Toon slegs SES stene.                           (3)
6.7       Gebruik ANTWOORDBLAD 6.7 en teken, volgens skaal 1 : 10, die
          vooraansig van 'n steenmuur wat in strykverband gebou is, om tru-
          messelwerk aan die regterkant van die muur en vertanding aan die linkerkant
          van die muur te toon. Die eerste laag van die muur is vyf stene lank en die
          muur is vyf lae hoog. Benoem die tekening om die tru-messelwerk en die
          vertanding aan te dui.                                                              (10)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                            15                              DBE/2016
                                   KABV – Graad 10 Model

6.8       Teken die simbool vir beton.                                                     (2)

6.9       FIGUUR 6.9 hieronder toon 'n basisplaat wat op 'n betonbasis geanker moet
          word. Noem TWEE hegstukke wat gebruik kan word om die basisplaat aan
          die betonbasis te heg.

                                         FIGURE 6.9                                        (2)

6.8       Noem EEN hegstuk wat gebruik kan word om hout aan beton te heg.                  (1)

6.9       Beskryf TWEE metodes om radioaktiewe materiaal te stoor.                         (2)
                                                                                           [30]

                                                            TOTAAL AFDELING B:             60

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                              16                                   DBE/2016
                                     KABV – Graad 10 Model

AFDELING C: SIVIELE DIENSTE
VRAAG 7: KONSTRUKSIE, STORMWATER EN DAKWERK
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
7.1       Verduidelik DRIE goeie opteltegnieke wat toegepas moet word wanneer
          swaar vragte met die hand opgetel word.                                                 (3)
7.2       Op watter meetkundige teorie is die 3-4-5-metode gebaseer?                              (1)
7.3       In die ANTWOORDEBOEK, teken 'n vryhandskets van TWEE opeenvolgende
          planlae van 'n halfsteenmuur in strykverband. Toon SES stene vir die eerste
          laag.                                                                                   (4)
7.4       Beskryf DRIE faktore wat daartoe kan lei dat werkers beseer word wanneer
          hulle in diep uitgrawings werk.                                                         (3)
7.5       Noem die bestanddele van mortel.                                                        (3)
7.6       Onderskei tussen klas 0- en klas 2-koperpype ten opsigte van muurdikte en
          gebruik. Trek die tabel hieronder in die ANTWOORDEBOEK oor en vul dit in.
              TIPE              MUURDIKTE                            GEBRUIK
            Klas 0
            Klas 2                                                                                (4)
7.7       FIGUUR 7.7 hieronder toon 'n voor- en boaansig van 'n vierkantige geutpyp
          (afvoerpyp) met 'n groefnaatoorslaglas. Op ANTWOORBLAD 7.7, projekteer
          en teken, vanaf die gegewe aansigte, die ontwikkeling van die vierkantige
          geutpyp (afvoerpyp) en die toelating vir die naat.

                                        A₁    D₁

                                    A              D      GROEFNAAT-
                                                          OORSLAGLAS

                                    B              C

                                             FIGUUR 7.7                                           (8)
7.8       Daar moet van groot hoeveelhede stormwater op 'n terrein ontslae geraak
          word. Beskryf TWEE metodes wat gebruik kan word om die stormwater na
          die opvangsgebiede te kanaliseer.                                                       (2)
7.9       Jy moet 'n geut aan 'n dak installeer. Verduidelik, in jou eie woorde, die
          faktore wat die helling (val) en die rigting van uitloop van die water in die geut
          sal bepaal.                                                                             (2)
                                                                                                  [30]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                                 17                             DBE/2016
                                        KABV – Graad 10 Model

VRAAG 8: WARM- EN KOUEWATERTOEVOER EN SANITÊRE TOEBEHORE

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

8.1       Noem TWEE eienskappe van skoon water.                                                (2)

8.2       Verduidelik die watersiklus in jou eie woorde.                                       (4)

8.2       Onderskei tussen water wat uit putte verkry word en water wat uit boorgate
          verkry word ten opsigte van die nadele van elk.                                      (2)

8.4       Beskryf TWEE metodes wat gebruik kan word om te voorkom dat waterpype
          vries.                                                                               (2)

8.5       Verduidelik die doel van ELK van die volgende kleppe:

          8.5.1       Drukverminderings-(drukbeheer)klep                                       (2)

          8.5.2       Veiligheidsklep                                                          (2)

8.6       Verduidelik die term bestraling.                                                     (2)

8.7       Onderskei tussen 'n gebalanseerde waterinstallasie en 'n ongebalanseerde
          waterinstallasie vir 'n huis.                                                        (2)

8.8       FIGUUR 8.8 hieronder toon 'n sanitêre toestel.

                                                  [Bron: Google Images]
                                              FIGUUR 8.8

          8.8.1       Identifiseer die sanitêre toestel hierbo.                                (1)

          8.8.2       Teken die simbool vir die sanitêre toestel in FIGUUR 8.8, soos dit
                      op 'n vloerplan sal voorkom.                                             (2)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                             18                                   DBE/2016
                                    KABV – Graad 10 Model

8.9       FIGUUR 8.9 hieronder toon 'n tekening van die uitskuifaansig van 'n
          kompressielas. Identifiseer deel A, B en C.

                                            A          B   C
                                        FIGUUR 8.9                                               (3)

8.10      Maak 'n netjiese vryhandskets, in goeie verhouding, van die deursneeaansig
          van 'n groefnaatoorslaglas.                                                            (2)
8.11      FIGUURE 8.11 hieronder toon 'n lyndiagram van 'n gedeelte van die pypuitleg
          van 'n stort. Bereken die totale lengte pyp en die getal hegstukke wat vir die
          installasie van hierdie stort benodig sal word deur die hoeveelheidslys onder
          FIGUUR 8.11 te voltooi. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommer
          (8.11.1–8.11.4) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                                                      50         Hegstuk om
                                                                 stortroos te
                                                                 verbind
                            500

                     250                        250

                           200       200

                                           FIGUUR 8.11

          MATERIAAL             BESKRYWING                     HOEVEELHEID      LENGTE
          Koper                     8.11.1                          3
          Koper                     8.11.2                          1
          Geelkoper         Ø15 mm reguit verbinding,               1
                                  moerdraad
          Koper               Ø15 mm klas 0-pyp                     1              500
          Koper               Ø15 mm klas 0-pyp                   8.11.3           250
          Koper               Ø15 mm klas 0-pyp                     2              200
          Koper               Ø15 mm klas 0-pyp                     1               50
          Totale lengte                                                           8.11.4         (4)
                                                                                                 [30]
                                                                 TOTAAL AFDELING C:              60
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                               19                              DBE/2016
                                      KABV – Graad 10 Model

AFDELING D: HOUTBEWERKING
VRAAG 9: VENSTERS
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
9.1       Teken 'n horisontale snit deur 'n boomstam om die volgende dele te toon:
          •    Pit/Hart/Kern
          •    Kernhout
          •    Saphout
          •    Jaarringe
          •    Murgstrale
          •    Bas
          •    Kambiumlaag
          Benoem enige DRIE dele van die tekening.                                            (10)

9.2       Onderskei tussen 'n dooiekwas en 'n lewendige kwas.                                 (2)
9.3       Verduidelik EEN gebruik van 'n tapkruishout.                                        (1)
9.4       Verduidelik die doel van die dwarspen by 'n Warrington-skrynwerkershamer.           (1)
9.5       FIGUUR 9.5 hieronder toon 'n tekening van die buiteaansig van 'n enkel
          venster in 'n raam. Bestudeer die tekening en beantwoord die vrae wat volg.

                                                                    A

                                                                    B

                                                                    C

                                                                    D
                       H
                                                                    E

                                                                    F
                                                                    G
                                             FIGURE 9.5
          9.9.1       Identifiseer dele A tot G.                                              (7)
          9.9.2       Noem die deel wat gebruik kan word om D in plek te hou.                 (1)
          9.9.3       Gebruik instrumente en teken, in goeie verhouding, 'n horisontale
                      snit deur deel H in die ANTWOORDEBOEK.                                  (5)
9.7       Verduidelik DRIE doeleindes van 'n sponning in 'n raam.                             (3)
                                                                                              [30]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                             20                               DBE/2016
                                    KABV – Graad 10 Model

VRAAG 10: DEURE

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

10.1      Voorspel EEN negatiewe gevolg van swak huishouding.                                (1)

10.2      Noem TWEE materiale wat as 'n paneel van 'n hol vlakpaneeldeur gebruik
          kan word.                                                                          (2)

10.3      Jy gaan 'n hol vlakpaneeldeur hang. Die deur is langer as die hoogte van die
          opening. Noem die tipe handsaag wat jy sal gebruik om die deur te saag om
          in die opening van die deurraam te pas.                                            (1)

10.4      Noem EEN tipe lym wat gebruik kan word om dele van 'n hol vlakpaneeldeur
          te heg.                                                                            (1)

10.5      Verduidelik EEN kenmerk van lym wat dit geskik maak om vir die
          samestelling van buitedeure gebruik te word.                                       (1)

10.6      FIGUUR 10.6 toon die vooraansig van 'n tweepaneel-deur. Die deur is
          toegerus met plat 10 mm dik laagpanele wat 10 mm in die style en relings
          ingebed is. Bestudeer die tekening en voltooi die snylys op die volgende
          bladsy (bladsy 21) deur slegs die antwoord langs die vraagnommer
          (10.6.1–10.6.9) in die ANTWOORDEBOEK neer te skryf. Deurlooptapvoeë
          word tussen die relings en style gebruik.

          LET WEL: Toon werklike groottes in jou antwoord.

                                                        114 x 44

                                                        114 x 44
                              738
                                                        114 x 44

                                                        220 x 44
                      2 032

                              738

                                                        220 x 44

                                      813

                                       FIGURE 10.6

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                           21                             DBE/2016
                                  KABV – Graad 10 Model

            DEEL/      HOEVEELHEID/ LENGTE BREEDTE DIKTE MATERIAAL
       BESKRYWING         GETAL
                         BENODIG
       Style              10.6.1     2 030  10.6.2   44    Meranti
       Boonste reling       1        10.6.3  114   10.6.4  Meranti
       10.6.5               1         813   10.6.6   44    10.6.7
       Onderste reling    10.6.8      813    220     44    Meranti
       Panele               2         758   10.6.9   10   Laaghout                      (9)

10.7      Gebruik tekeninstrumente en teken 'n netjiese, tweedimensionele tekening
          om te toon hoe die tong-en-groefvoeglatte aan die verspanstuk van 'n
          geklampte plankdeur geheg word. Toon 'n gedeelte van die verspanstuk en
          slegs TWEE tong-en-groefvoeglatte in jou tekening.                           (5)

10.8      Gebruik ANTWOORDBLAD 10.8 en teken, volgens skaal 1 : 10, die interne
          aansig van 'n geklampte plankdeur volgens die volgende spesifikasies:

          •    Grootte van deur: hoogte is 2 032 mm en die breedte is 813 mm
          •    Tong-en-groefvoeglatte: 100 mm x 22 mm
          •    Verspanstuk: 150 mm x 22 mm
          •    Die boonste en onderste verspanstukke is 150 mm weg van die bo-en
               onderkant van die deur.
          •    Benoem enige DRIE dele van die deur.                                    (10)
                                                                                       [30]

                                                           TOTAAL AFDELING D:          60
                                                               GROOTTOTAAL:            200

Kopiereg voorbehou

### Page 22

Siviele Tegnologie
                       Downloaded from hlayiso.com                               DBE/2016
                                 KABV – Graad 10 Model

AFDELING A: ANTWOORDBLAAIE

VAN EN NAAM:
KLAS:

AFDELING A: ANTWOORDBLAD 3.3

                                                         KRITERIA                PUNT       LP
                                                         Teken van buitelyne        7
                                                         Verborge besonderhede      6
                                                         Drukskryf van titel        1
                                                         Drukskryf van skaal        1
                                                         Toepassing van skaal       2
                                                         TOTAAL                    17

Kopiereg voorbehou

### Page 23

Siviele Tegnologie
                       Downloaded from hlayiso.com                               DBE/2016
                                 KABV – Graad 10 Model

VAN EN NAAM:
KLAS:                                                    KRITERIA                        PUNT    LP
                                                         Buitemure korrek geteken          4
                                                         Binnemure korrek geteken          1
AFDELING A: ANTWOORDBLAD 3.4                             Deure korrek geteken              2
                                                         Vensters korrek geteken           2
                                                         Korrekte plasing van deure        2
                                                         Korrekte plasing van vensters     2
                                                         Afmeting van interne breedte
                                                                                            2
                                                         van kombuis
                                                         Toepassing van skaal                2
                                                         TOTAAL                             17

Kopiereg voorbehou

### Page 24

Siviele Tegnologie
                       Downloaded from hlayiso.com                                  DBE/2016
                                 KABV – Graad 10 Model

AFDELING B: ANTWOORDBLAAIE

VAN EN NAAM:
                                                                   KRITERIA             PUNT   LP
KLAS:
                                                         Korrektheid van tekening         6
                                                         Byskrifte                        2
AFDELING B: ANTWOORDBLAD 6.7                             Toepassing van skaal             2
                                                         TOTAAL                          10

Kopiereg voorbehou

### Page 25

Siviele Tegnologie
                          Downloaded from hlayiso.com       DBE/2016
                                    KABV – Graad 10 Model

AFDELING C: ANTWOORDBLAAIE

VAN EN NAAM:
KLAS:

AFDELING C: ANTWOORDBLAD 7.7

      A₁ D₁          A₁

 A    A₁ D₁      D A₁

 B               C

Kopiereg voorbehou

### Page 26

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                                   DBE/2016
                             KABV – Graad 10 Model

AFDELING D: ANTWOORDBLAAIE

VAN EN NAAM:
KLAS:

AFDELING D: ANTWOORDBLAD 10.8

Kopiereg voorbehou

### Page 27

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                                                      DBE/2016
                              KABV – Graad 10 Model

                                FORMULEBLAD

          OPPERVLAK VAN           FORMULE                 FORMULE
                                 (in woorde)             (in simbole)
         Vierkant                   sy x sy                  sxs
         Reghoek               lengte x breedte               ℓxb
         Reghoekige
                              ½ x basis x hoogte           ½bxh
         driehoek
         Gelyksydige
         driehoek/
                              ½ x basis x hoogte           ½b x h
         Gelykbenige
         driehoek

Berekening van materiaalvolumes vir beton

Volume van materiaal = Volume van beton benodig x Mengverhouding van materiaal
                                                    Totale mengverhouding

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Civil Technology Grade 10 Exemplar 2016 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/civil-technology-grade-10-exemplar-2016-memo-eng/63dec461-5be1-4830-a9f1-26a2b492e4ec) — Civil Technology · Memo · 2016 · Eng

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
