# Civil Technology Grade 12 NSC June 2018 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Civil Technology question paper from the NSC June Exam 2018 (Afrikaans), 26 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/civil-technology-may-june-2018-afr/29650a81-b570-4b30-b525-a3e429d045e3
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Civil Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: NSC June Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 26

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Civil Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/civil-technology) › [Civil Technology Grade 12 NSC June 2018 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/civil-technology-may-june-2018-afr/29650a81-b570-4b30-b525-a3e429d045e3)

## About this document

Civil Technology · Grade 12 · NSC June Exam · 2018. Question paper, 26 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                             SIVIELE TEGNOLOGIE

                                        2018

                                                                          PUNTE: 200

                                                                           TYD: 3 uur

    Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye, 7 antwoordblaaie en 'n formuleblad.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                            2                                       DBE/2018
                                             SSE

BENODIGDHEDE:

1.        Tekeninstrumente

2.        'n Nieprogrammeerbare sakrekenaar

3.        ANTWOORDEBOEK

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae.

2.        Beantwoord AL die vrae.

3.        Beantwoord elke vraag as 'n geheel. MOENIE onderafdelings van vrae
          skei NIE.

4.        Begin die antwoord op ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

5.        MOENIE in die kantlyn van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.

6.        Jy mag sketse gebruik om jou antwoorde te illustreer.

7.        Skryf ALLE berekeninge en antwoorde in die ANTWOORDEBOEK of op die
          aangehegte ANTWOORDBLAAIE.

8.        Gebruik die puntetoekenning as 'n riglyn vir die lengte van jou antwoorde.

9.        Maak tekeninge en sketse met potlood, volledig gemaatskryf en netjies met
          beskrywende opskrifte en aantekeninge afgerond, in ooreenstemming met die
          SANS/SABS se Gebruikskode vir Boutekenepraktyk.

10.       Vir die doel van hierdie vraestel moet die grootte van 'n steen as
          220 mm x 110 mm x 75 mm geneem word.

11.       Gebruik jou eie oordeel waar afmetings en/of inligting ontbreek.

12.       Beantwoord VRAAG 2.7, 3.5, 4.3, 5.2, 5.3, 6.1 en 6.2 op die aangehegte
          ANTWOORDBLAAIE en gebruik tekeninstrumente, waar nodig.

13.       Skryf jou SENTRUMNOMMER en EKSAMENNOMMER op elke
          ANTWOORDBLAD en lewer dit saam met jou ANTWOORDEBOEK in, al het
          jy dit nie gebruik nie.

14.       Tekeninge in die vraestel is NIE volgens skaal NIE as gevolg van elektroniese
          oordrag.

15.       Google Images is as die bron vir alle foto's en prentjies gebruik.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                              3                                DBE/2018
                                               SSE

VRAAG 1: KONSTRUKSIE, VEILIGHEID EN MATERIAAL

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

1.1       Bestudeer FIGUUR 1.1 hieronder wat 'n werker toon wat op 'n
          konstruksieterrein boorwerk doen en beantwoord die vrae wat volg.

                                             FIGUUR 1.1

          1.1.1       Beskryf die doel van die harde hoed.                                     (1)

          1.1.2       Verduidelik hoe die werker homself teen die stof kan beskerm wat
                      deur die boor veroorsaak word.                                           (1)

          1.1.3       Verduidelik die gevolge indien veiligheidstoerusting nie deur die
                      werker gebruik word terwyl hy boor nie.                                  (1)

1.2       FIGUUR 1.2 hieronder toon veiligheidstoerusting wat vir persoonlike
          beskerming gebruik word.

                                             FIGUUR 1.2

          1.2.1       Identifiseer die veiligheidstoerusting.                                  (1)

          1.2.2       Noem EEN spesifieke plek/werksarea waar hierdie toerusting
                      gebruik sal word.                                                        (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                             4                                   DBE/2018
                                              SSE

1.3       FIGUUR 1.3 hieronder toon die lyndiagram van 'n dakkap.

                                                                            A

                                                                            B
                                                                                        C

                     30°

                                          FIGUUR 1.3
          1.3.1       Identifiseer die soort dakkap.                                             (1)
          1.3.2       Identifiseer dele A tot C van die dakkap.                                  (3)
          1.3.3       Motiveer hoekom die dakkap in FIGUUR 1.3 nie met gras
                      (grasdak) bedek kan word nie.                                              (1)
          1.3.4       Noem EEN dakbedekking wat vir die dak in FIGUUR 1.3 gebruik
                      kan word indien daklatte (38 mm x 38 mm) gebruik word om die
                      dakbedekking in posisie te hou.                                            (1)
1.4       Verduidelik die verskil tussen VWL (vogweerlaag)                   en     VWM
          (vogweermembraan) ten opsigte van waar dit gebruik word.                               (2)
1.5       Onderskei tussen 'n standaardkleisteen en 'n vrouesluiter deur middel van
          TWEE vryhand- tweedimensionele tekeninge in goeie verhouding. Teken
          slegs die aansig van die koplae. Benoem ELKE tekening en skryf die breedte
          en hoogte van elke steen neer.                                                         (5)
1.6       Korrosie/Roes van staalseksies kan voorkom word deur dit óf te verf óf te
          galvaniseer. Beveel EEN van die metodes aan en verduidelik waarom jy dit
          aanbeveel.                                                                             (1)
1.7       Noem enige TWEE preserveermiddels wat gebruik kan word om hout te
          preserveer.                                                                            (1)
1.8       Teken 'n netjiese skets van 'n tong-en-groef-plank wat vir vloere gebruik word.        (3)
1.9       Beskryf die doel van sement in beton.                                                  (1)
1.10      Onderskei tussen massabeton en gewapende beton.                                        (2)
1.11      Gedurende die giet van vars beton word 'n klomp lugborrels wat lugleegtes
          veroorsaak in die beton vasgevang. Noem TWEE maniere waarop
          vasgevangde lug in beton verwyder kan word.                                            (1)
1.12      Verduidelik die verskil tussen 'n saktoets en 'n kubustoets ten opsigte van die
          doel van elke toets.                                                                   (2)
1.13      Noem die komponent wat gebruik word om die gaping/opening tussen twee
          aangrensende gipsbordplafonborde toe te maak.                                          (1)
                                                                                                 [30]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                                5                                DBE/2018
                                                 SSE

VRAAG 2: GEVORDERDE KONSTRUKSIE EN TOERUSTING
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
2.1       FIGUUR 2.1 hieronder is 'n skets van 'n voorafgegiete betonheipaal wat in die
          grond ingedryf word.

                                                          A

                                                          B

                                                          C

                                             FIGUUR 2.1
          2.1.1       Noem deel A en C.                                                          (2)
          2.1.2       Wat word deur simbool B aangedui?                                          (1)
          2.1.3       Watter toerusting word gebruik om hierdie tipe heipaal in die grond
                      in te dryf?                                                                (1)
          2.1.4       Onder watter omstandighede sal 'n heipaalfondasie gebruik word?            (2)
2.2       Verduidelik hoe jy 'n deurskynende pypwaterpas sal gebruik om vlakke van
          een punt na 'n volgende oor te dra. Die pyp is reeds met water gevul.                  (2)
2.3       Jy moet teëls op 'n vloer lê. Noem enige DRIE gereedskapstukke wat gebruik
          kan word om die vloer vir die teëls uit te sit.                                        (3)
2.4       FIGUUR 2.4 hieronder is 'n masjien wat in die bouomgewing gebruik word.

                              A              B

                                        FIGUUR 2.4
          2.4.1       Identifiseer die gereedskap in FIGUUR 2.4.                                 (1)
          2.4.2       Identifiseer deel A.                                                       (1)
          2.4.3       Beskryf die funksie van deel B.                                            (1)
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                            6                                     DBE/2018
                                             SSE

2.5       Boë word algemeen in die boubedryf gebruik.

          2.5.1       Noem die houtkonstruksie wat gebou moet word om die stene van
                      'n halfronde boog te ondersteun.                                           (1)

          2.5.2       Noem die steen wat in die middel van die halfronde boog is.                (1)

2.6       FIGUUR 2.6 hieronder toon 'n betonbalk met defekte wat veroorsaak is deur
          kragte wat op hulle inwerk. Noem die tipes kragte wat vir die defekte by A
          en B verantwoordelik is.

                                                 A

                                                B

                                       FIGUUR 2.6                                                (2)

2.7       FIGUUR 2.7 op die ANTWOORDBLAD toon 'n onvolledige deursneeaansig
          van 'n spoumuur.

          Gebruik ANTWOORDBLAD 2.7 om die spoumuur te voltooi deur die volgende
          in goeie verhouding te teken:

          •    Ses lae steenwerk bokant die twee bestaande lae                                   (2)
          •    Dagha tussen steenwerk                                                            (1)
          •    Simbool vir beton in die holte tussen die mure                                    (1)
          •    Simbool vir beton in die fondasie                                                 (1)
          •    Die simbool vir terugvulling slegs aan een kant                                   (1)
          •    Die vogweerlaag tussen die mure en die holte                                      (2)
          •    Die syfergat                                                                      (1)
          •    Een muurbint                                                                      (1)

2.8       'n Motorhuis moet in 'n enkelwoonstel verander word. As gevolg van beperkte
          tyd en arbeidkoste word steenmure nie oorweeg nie. Noem 'n tipe
          liggewigmuur wat gebruik kan word om die motorhuis in kamers te verdeel.               (1)

2.9       Beskryf EEN nadeel van die tipe muur wat in VRAAG 2.8 genoem is.                       (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                            7                              DBE/2018
                                             SSE

2.10      FIGUUR 2.10 hieronder toon 'n onvoltooide deursneeaansig van 'n
          gewapende balk.

                                    A

                                                                                B

                                              FIGUUR 2.10

          2.10.1      Identifiseer A en B.                                                 (2)

          2.10.2      Noem EEN negatiewe gevolg indien daar nie wapening in beton
                      is nie.                                                              (1)

          2.10.3      Noem EEN funksie van beuels.                                         (1)

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                             8                                     DBE/2018
                                              SSE

2.11      FIGUUR 2.11 hieronder toon bekisting vir 'n ronde kolom.

                                                                                               A

                                                                                               B

                                                                                               C

                                                                                               D

                                                                                               E

                                           FIGUUR 2.11

          Identifiseer A tot E.                                                                    (5)

2.12      Herrangskik die stappe hieronder in die korrekte volgorde om 'n rib-en-
          blokvloer op te rig. Skryf slegs die letters (A–C) in die korrekte volgorde in die
          ANTWOORDEBOEK neer.

          A     Plaas wapening bo-op die holblokke.
          B     Pak al die holblokke tussen die ribbe.
          C     Plaas ribbe op stutmure.                                                           (1)
                                                                                                   [40]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                             9                                     DBE/2018
                                              SSE

VRAAG 3: SIVIELE DIENSTE

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

3.1       Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by 'n item in KOLOM A pas. Skryf slegs
          die letter (A–H) langs die vraagnommers (3.1.1 tot 3.1.6) in die
          ANTWOORDEBOEK neer, bv. 3.1.7 F.

                  KOLOM A                                    KOLOM B
          3.1.1 Drukverminderingsklep A         geïnstalleer by 'n spoelkloset by die
                                                hoogste punt van 'n terreinrioolstelsel
          3.1.2 Vakuumbreker
                                          B     reguleer die temperatuur van die water
          3.1.3 Warmwateruitlaat                in die geiser deur die element aan en af
                                                te skakel teen 'n voorafgestelde
          3.1.4 Kouewaterinlaat                 temperatuur

          3.1.5 Veiligheidsklep           C     voorkom dat die geiser bars

          3.1.6 Termostaat                D     pype op die boonste gedeelte van
                                                'n hoëdrukgeiser gemonteer

                                          E     voor die geiser geïnstalleer om die
                                                inkomende waterdruk vanaf die
                                                munisipale hooflyn te reguleer

                                          F     pype op die onderste gedeelte van
                                                'n hoëdrukgeiser gemonteer

                                          G     geïnstalleer bokant die boonste vlak
                                                van die geiser op die warm- en koue-
                                                waterpype om 'n suigaksie in die
                                                sisteem te voorkom

                                          H     komponent wat die water in 'n elektriese
                                                geiser fisies warm maak
                                                                                 (6 x 1)           (6)

3.2       Waar sal jy 'n watersperder installeer?                                                  (1)

3.3       Noem EEN tipe watersperder wat by 'n handewasbak gebruik word.                           (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                            10                                  DBE/2018
                                             SSE

3.4       Teken die volgende elektriese simbole:

          3.4.1       Kragpunt                                                                  (2)

          3.4.2       Tweerigtingskakelaar                                                      (2)

          3.4.3       Muurgemonteerde lig                                                       (2)

3.5       Op ANTWOORDBLAD 3.5 voltooi die tekening van 'n deursneeaansig van
          'n septiese tenk en toon die volgende op jou tekening:

          •    Buitemure met pleister en openinge
          •    Binnemuur met opening en pleister
          •    Inlaatpyp met T-verbinding
          •    Uitlaatpyp met T-verbinding
          •    Vloeistofvlak
          •    Betonblad aan bokant met mangate                                                 (11)

3.6       In die afwesigheid van water wat met pype deur die munisipaliteit verskaf
          word, noem EEN ander bron van vars water wat vir menslike verbruik
          geskik is.                                                                            (1)

3.7       Beskryf die hooffunksie van 'n stormwaterstelsel.                                     (1)

3.8       Steenkool is die primêre energiebron wat in Suid Afrika gebruik word om
          elektrisiteit op te wek. Noem EEN ander bron vanwaar elektrisiteit opgewek
          kan word.                                                                             (1)

3.9       Beskryf EEN voordeel van 'n songeiser.                                                (1)

3.10      Beskryf EEN moontlike manier waarop 'n verbruiker elektrisiteitsverbruik in 'n
          huis kan verminder.                                                                   (1)
                                                                                                [30]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                             11                               DBE/2018
                                              SSE

VRAAG 4: HOEVEELHEDE, MATERIAAL EN VERBINDING

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

4.1       Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
          Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
          (4.1.1 tot 4.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 4.1.6 C.

          4.1.1       … word gebruik om staaldakdele, staalkolomme en in-situ
                      houtdakkappe te heg.

                      A   Staalspykers
                      B   Boute en moere
                      C   Stapelmuurskroewe
                      D   Spouanker/muurbint                                                  (1)

          4.1.2       'n … is 'n soort spyker wat gebruik word om plafonborde en
                      plafonlatte te heg.

                      A   Draadspyker
                      B   Snyspykers
                      C   Grootkopspyker
                      D   Ovaal draadspyker                                                   (1)

          4.1.3       … word gebruik om koperpype te heg.

                      A   Sweissoldeerstaaf
                      B   Sweisstaaf
                      C   Ghries
                      D   Soldeersel                                                          (1)

          4.1.4       … word gebruik om die onderdele van 'n houtdakkap aan mekaar
                      te heg.

                      A   Spykerplaat/Verbindingsplaat
                      B   Grootkopspykers
                      C   Muurankers
                      D   Skroewe                                                             (1)

          4.1.5       … kan gebruik word om 'n dakkap aan steenwerk te heg.

                      A   Bout en moer
                      B   Hulsanker
                      C   Hoepelyster
                      D   Al die bogenoemde                                                   (1)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                                  12                               DBE/2018
                                                   SSE

4.2       FIGUUR 4.2 hieronder toon die vooraansig van 'n tweepaneeldeur. Bestudeer
          die tekening en voltooi die onvoltooide snylys hieronder. Skryf slegs die
          antwoord langs die vraagnommers (4.2.1 tot 4.2.7) in die ANTWOORDBOEK
          neer.

                                                                 114 x 44
                                                                 114 x 44

                                                                 32 mm dik

                                                                 200 x 44
                             2 030

                                                                 32 mm dik

                                                                 220 x 44

                                            813

                                           FIGUUR 4.2

 ONDER-              GETAL      EEN-      LENGTE         WYDTE     DIKTE     MATERIAAL
   DEEL                         HEID
Styl                   2         mm        4.2.1          114        44        Saligna
Boonste              4.2.2       mm         813           114       4.2.3      Saligna
reling
Slotreling            1              mm    4.2.4         4.2.5       44        Saligna
Verhewe                                                                        Saligna
kussing-              2              mm    768            612       4.2.6
paneel
Onderste                                                                       Saligna
                      1              mm    813           4.2.7       44
reling                                                                                             (7)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                         13                                 DBE/2018
                                          SSE

4.3       FIGUUR 4.3 hieronder toon die vloerplan van 'n motorhuis met 'n
          motorhuisdeur, 'n sydeur en 'n venster.

                                                7 000

                                                                            4 200

                                        FIGUUR 4.3

          SPESIFIKASIES:

          •    Die bobou is 'n eensteenmuur, 220 mm wyd en 2 600 mm hoog.
          •    Die sydeuropening is 2 100 mm hoog x 900 mm wyd.
          •    Die motorhuisdeur is 2 400 mm wyd x 2 100 mm hoog.
          •    Die vensteropening is 1 500 mm wyd x 450 mm hoog.

          Gebruik ANTWOORDBLAD 4.3 en bereken die totale oppervlakte van die
          mure van die bobou wat gebou moet word nadat al die openinge afgetrek is.         (18)
                                                                                            [30]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                             14                                 DBE/2018
                                              SSE

VRAAG 5: TOEGEPASTE MEGANIKA

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

5.1       FIGUUR 5.1 hieronder toon 'n gevormde lamel. Alle afmetings is in millimeter.

          Bestudeer die lamel en bereken die sentroïede van die lamina vanaf A-A.

          WENK: Gebruik die formules op die FORMULEBLAD.

                              A

                       10

                       20

                                              1
                                                                 2
                       30

                             A           40             20           30

                                           FIGUUR 5.1                                           (9)

5.2       ANTWOORDBLAD 5.2 toon 'n diagram van 'n kantelbalkraam. Gebruik
          ANTWOORDBLAD 5.2 om die volgende vrae te beantwoord.

          5.2.1       Benoem DIAGRAM A.                                                         (1)

          5.2.2       Op ANTWOORDBLAD 5.2 ontwikkel en teken die diagram om
                      grafies die aard van die kragte in elke onderdeel (deel) van die
                      kantelbalkraam te bepaal. Gebruik skaal 1 mm = 1 N.                       (6)

          5.2.3       Gebruik die inligting in die diagramme en voltooi die tabel op
                      ANTWOORDBLAD 5.2.                                                         (3)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                             15                                   DBE/2018
                                              SSE

5.3       FIGUUR 5.3 toon die ruimtediagram van 'n balk met 'n spanwydte van
          8 meter met twee puntbelastings en 'n eenvormig verspreide belasting.
          Bestudeer die diagram en beantwoord die vrae wat volg.

                                        8N          4 N/m   4N

                                         B           C        D          E
                             A    2m                4m            2m
                         RL =15 N                                   RR = 13 N
                                             FIGUUR 5.3

          5.3.1       Herlei die eenvormig verspreide belasting na 'n puntbelasting en
                      skryf die waarde van die herleide puntbelasting neer.                       (1)

          5.3.2       Bepaal die afstand van die herleide eenvormig verspreide belasting
                      wat nou 'n puntbelasting is vanaf RR.                                       (1)

          5.3.3       Bepaal die afstand van die 4 N puntbelasting vanaf RL.                      (1)

          5.3.4       Die waarde van die skuifkragte A = 15 N, B = 7 N, D = -9 N,
                      D 1 = -13 N en E = 0 N. Gebruik die beskikbare inligting en teken
                      die skuifkragdiagram op ANTWOORDBLAD 5.3. Gebruik 'n skaal
                      van 2 mm = 1 N.                                                             (8)
                                                                                                  [30]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
     Siviele Tegnologie                          16                                  DBE/2018
                                                SSE

     VRAAG 6: GRAFIKA EN KOMMUNIKASIE

     6.1       FIGUUR 6.1 hieronder illustreer 'n gedetailleerde deurneeaansig van die voet
               van 'n hoofstyldakkap. Bestudeer die tekening en voltooi die tabel op
               ANTWOORDBLAD 6.1.

                                                                                                1

                                  7

                                                                                                2

                                                                                                   3
                                                                                                   4
8

9
                                                                                                5
10
                                                                                                6

                                           FIGUUR 6.1

     Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                                   17                                        DBE/2018
                                                    SSE

6.2           FIGUUR 6.2 hieronder toon die vloerplan van 'n tweeslaapkamerwoning.

                                     110                       110

                220          3 000         545   900     545           3 500           220

      220                                                                                    220

      3 000

      110

                                                                                             6 110

      3 000

      220                                                                                    220

                220       2 100      900         2 100         1 000   1 500   1 000   220

                                                         110

                220                                8 710                               220

                                           FIGUUR 6.2

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                            18                                 DBE/2018
                                             SSE

          6.2.1       Bestudeer FIGUUR 6.2 en ontwikkel en teken, op
                      ANTWOORDBLAD 6.2, volgens skaal 1 : 50, die SUID-AANSIG
                      van die gebou. Gebruik die spesifikasies hieronder.
                      (Gebruik die assesseringskriteria op ANTWOORDBLAD 6.2 as 'n
                      riglyn vir jou tekening.)

                      SPESIFIKASIES:

                      •   Die hoogte tussen die natuurlike grondvlak en die bokant van
                          die vloerblad is 300 mm.
                      •   Die hoogte tussen die vloerblad en die onderkant van die
                          muurplaat is 2 600 mm.
                      •   Die dak is bedek met gegalvaniseerde dakplate met 'n 228 mm
                          wye fassiebord.
                      •   Nokdekking is 100 mm hoog.
                      •   Reënwaterafvoerpype is 75 mm in deursnee en 100 mm
                          vierkantige geute word gebruik.
                      •   Een reënwater-afvoerpyp moet aan elke kant van die dak
                          geplaas word.
                      •   Die dakoorhang is 500 mm en die geweloorhang is 300 mm.
                      •   Die deuropening is 2 100 mm hoog en 900 mm wyd.
                      •   Die deurtrap is 150 mm hoog.
                      •   Die gebou het 'n geweldak met 'n helling van 30°.

                      Die volgende moet ook op die tekening getoon word:
                      • Die metode wat gebruik word om die dakhoogte te bepaal
                      • Vensterbanke

                                            VENSTERSKEDULE
                                 Venster 1(V1)          Venster 2(V2)

                             Wydte        Hoogte           Wydte        Hoogte
                           1 500 mm      1 200 mm         900 mm        600 mm

                      DRIE punte sal vir die toepassing van die skaal toegeken word.

                      Begin jou tekening vanaf hoek A, soos op ANTWOORDBLAD 6.2
                      aangedui.                                                             (25)
                                                                                            [40]

                                                                              TOTAAL:       200

Kopiereg voorbehou

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                                                 DBE/2018
                                            SSE

SENTRUMNOMMER:

EKSAMENNOMMER:

ANTWOORDBLAD 2.7

                       NGV

                                       FIGUUR 2.7

       ASSESSERINGSKRITERIA                 PUNT    KANDIDAAT SE
                                                       PUNT
Ses lae steenwerk bokant die twee             2
bestaande lae
Dagha/Mortel tussen steenwerk                 1
Simbool vir beton in die holte tussen die
                                              1
mure
Simbool vir beton in die fondasie             1
Die simbool vir terugvulling slegs aan
een kant                                      1
Die vogweerlaag tussen die mure en die
holte                                          2
Die syfergat                                   1
Een muurbint                                   1
TOTAAL:                                       10

Kopiereg voorbehou

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                                                  DBE/2018
                                        SSE

SENTRUMNOMMER:

EKSAMENNOMMER:

ANTWOORDBLAD 3.5

          ASSESSERINGSKRITERIA                PUNT   KANDIDAAT SE
                                                        PUNT
Buitemure met pleister en openinge              3
Binnemuur met opening en pleister               2
Inlaatpyp met T-verbinding                      2
Uitlaatpyp met T-verbinding                     2
Vloeistofvlak                                   1
Betonblad aan bokant met mangate                1
                                   TOTAAL:     11

Kopiereg voorbehou

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                                                            DBE/2018
                                          SSE

SENTRUMNOMMER:

EKSAMENNOMMER:

ANTWOORDBLAD 4.3
Voltooi jou antwoorde in die ruimtes wat met ... en .... aangedui is.

A               B         C          D

                                     Hartlyn: Bobou
                                     2/…               =…
                                     2/…               =…
                                     Totaal = …
                                     Minus 4 / …       =…
                                     =…

1/              …                    Oppervlakte van mure van bobou:
                …         …

1/              …                    Oppervlakte van sydeur:
                …         …

1/              …                    Oppervlakte van motorhuisdeur:
                …         …

1/              …                    Oppervlakte van venster:
                …         …

                                     Totale oppervlakte van muur na aftrekkings:
                                     =…            …        …           …
                                     =…

                                                                              (18)

Kopiereg voorbehou

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                                                  DBE/2018
                                         SSE

SENTRUMNOMMER:

EKSAMENNOMMER:

ANTWOORDBLAD 5.2
                                  80 N
                             A

                            E
                                                   B
                                                             40 N
                                         D
                            60°                        30°

                                     10 m      C
 a
                           DIAGRAM A: __________________                 (1)

                                                                         (6)
DIAGRAM A IS NIE VOLGENS SKAAL NIE
DEEL    AARD
AE
BD
CD      STUT
DE                                                                       (3)

Toleransie van 1 N aan weerskante

Kopiereg voorbehou

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                                                       DBE/2018
                                         SSE

SENTRUMNOMMER:

EKSAMENNOMMER:

ANTWOORDBLAD 5.3
                                    8N         4 N/m   4N

                                    B           C      D          E
                          A    2m              4m           2m
                       RL = 15 N                             RR = 13 N

                         0N

      ASSESSERINGSKRITERIA               PUNT     KANDIDAAT SE PUNT
Korrekte vorm van skuifkragdiagram         1
Waardes van skuifkragte korrek gemeet      5
Horisontale lyne aangedui                  2
TOTAAL                                     8

Kopiereg voorbehou

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                                                   DBE/2018
                                             SSE

SENTRUMNOMMER:

EKSAMENNOMMER:

ANTWOORDBLAD 6.1

NR.                        VRAE                    ANTWOORDE         PUNTE
1.      Identifiseer die tipe dakoorhang-
        konstruksie wat in die tekening
                                                                        1
        gebruik is.

2.      Noem die minimum helling (val) van
        nommer 1 indien gegalvaniseerde
                                                                        1
        dakplaatbekleding gebruik word.

3.      Identifiseer nommer 2.
                                                                        1
4.      Noem die standaardafmeting van
        nommer 3.                                                       1

5.      Noem die doel van nommer 4.
                                                                        1
6.      Noem die timmerhout wat aan die
        bokant van die buitemuur, wat
                                                                        1
        nommer 5 gemerk is, getoon word.

7.      Teken die tekensimbool vir nommer 6
        in die kolom langsaan.                                          2

8.      Verduidelik die doel van nommer 7.
                                                                        1
9.      Noem EEN materiaal wat vir
        nommer 8 gebruik kan word.                                      1

10.     Identifiseer nommer 9.
                                                                        1
11.     Identifiseer nommer 10.
                                                                        1
12.     Teken 'n netjiese vryhandlyndiagram
        van 'n vink- of 'n W-dakkap in die
                                                                        3
        kolom hier langsaan.

                                                           TOTAAL:      15

Kopiereg voorbehou

### Page 25

Siviele Tegnologie
                     Downloaded from hlayiso.com                           DBE/2018
                                 SSE

                                                          ASSESSERING-S-
SENTRUMNOMMER:
EKSAMENNOMMER:                                                                     KANDIDAAT SE
ANTWOORDBLAD 6.2                                                           PUNTE

                                                             KRITERIA                 PUNT

                                                   Buitemure                2
                                                   NGV (korrek
                                                                            1
                                                   geteken)
                                                   VVV (korrek
                                                                            1
                                                   geteken)
                                                   Venster                  1
                                                   Vensterbank              1
                                                   Deuropening              1
                                                   Trap                     1
                                                   Fassiebord               1
                                                   Reënwater-
                                                                            1
                                                   afvoer/leipyp
                                                   Dak (korrek
                                                                            2
                                                   geteken)
                                                   Geut                     1
                                                   Nokbedekking             1
                                                   Bepaling van
                                                                            4
                                                   dakhoogte.
                                                   Enige VIER
                                                                            4
                                                   byskrifte
                                                   Toepassing van
                                                   skaal
                                                   Een of twee
                                                   verkeerd     =3
                                                   Drie of vier
                                                   verkeerd      =2
                                                   Meer as vyf
                                                   verkeerd     =1
                                                   Geen afmetings
                                                   korrek nie    =0         3
                                                   TOTAAL                   25
 A

Kopiereg voorbehou

### Page 26

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                                                            DBE/2018
                                               SSE

                                      FORMULEBLAD

BELANGRIKE AFKORTINGS

SIMBOOL         BESKRYWING       SIMBOOL        BESKRYWING SIMBOOL         BESKRYWING
   c              Sentroïed         b           Breedte/Wydte  r              Radius
    ℓ              Lengte           s                Sy       A             Oppervlakte

FORMULES

OPPERVLAKTE              FORMULE                FORMULE         FORMULE VIR DIE POSISIE
    VAN                 (in woorde)            (in simbole)       VAN DIE SENTROÏEDE
                                                                    X-as         Y-as
                                                                     s            s
Vierkant                  sy × sy                    s×s
                                                                     2            2
                                                                      ℓ           b
Reghoek               lengte × breedte               ℓ×b
                                                                     2            2
Reghoekige                                                           b            h
                     ½ × basis × hoogte             ½b × h
driehoek                                                             3            3
Gelyksydige
driehoek/                                                             b           h
                     ½ × basis × hoogte             ½b × h
Gelykbenige                                                           2           3
driehoek

                                                 (A1× d) ± (A2 × d)
                      Posisie van sentroïed =
                                                Totale oppervlakt e

                                               OF

                                          Y=
                                                ∑ Ay
                                                ∑A

                                               OF

                                          X=
                                                ∑ Ax
                                                ∑A

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Civil Technology May June 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/civil-technology-may-june-2018-eng/0387d44e-4420-441b-98de-c3b1cb463e5c) — Civil Technology · QP · 2018 · Eng
- [Civil Technology May June 2018 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/civil-technology-may-june-2018-memo-eng/559fa58b-574d-4982-8261-326355e9f841) — Civil Technology · Memo · 2018 · Eng
- [Civil Technology May June 2018 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/civil-technology-may-june-2018-memo-afr/5658b3b9-7dc1-4539-afe1-ac2cbb68dce8) — Civil Technology · Memo · 2018 · Afr
- [CVLT GR12 QP AFR SEPT2018 SIVIELE DIENSTE D](https://www.hlayiso.com/library/cvlt-gr12-qp-afr-sept2018-siviele-dienste-d/831c422e-f613-4a8c-adf9-061114273b23) — Civil Technology · QP · 2018 · Afr
- [CVLT GR12 QP AFR SEPT2018 KONSTRUKSIE D](https://www.hlayiso.com/library/cvlt-gr12-qp-afr-sept2018-konstruksie-d/c7a77714-a0da-45da-ac8d-6473db3fe9d4) — Civil Technology · QP · 2018 · Afr
- [CVLT GR12 QP ENG SEPT2018 CIVIL SERVICES D](https://www.hlayiso.com/library/cvlt-gr12-qp-eng-sept2018-civil-services-d/47b99167-7c6c-48d3-ab92-70a0cc6c7ac7) — Civil Technology · QP · 2018 · Eng

## More from Grade 12 Civil Technology

- [Civil Technology (Woodworking) (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/civil-technology-woodworking-afrikaans-june-2025-possible-answers/c0a65d19-28ca-4ac3-8c61-d4627d2a3133) — Memo · 2025 · Afr
- [Civil Technology Nov 2025 (Construction) MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-civil-technology-2025-nsc-november-exam-memorandum/0e265899-dc44-4809-aabf-8f374f1af392) — Memo · 2025 · Eng
- [CIV TECH GR12 MEMO SEPT2024 Construction Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr12-memo-sept2024-construction-afrikaans/162bcc65-80ad-4384-b293-36da22468b06) — Memo · 2024 · Afr
- [CIV TECH GR12 MEMO SEPT2024 Civil Services English](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr12-memo-sept2024-civil-services-english/c1f2441d-22ba-4ae6-9e56-137cc442080c) — Memo · 2024 · Eng
- [CIV TECH GR12 MEMO SEPT2024 Construction English](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr12-memo-sept2024-construction-english/4d9c54ef-f526-46ad-82d4-8dd419eafb50) — Memo · 2024 · Eng
- [CIV TECH GR12 MEMO SEPT2024 Woodworking English](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr12-memo-sept2024-woodworking-english/6e7f4be5-4ffb-4654-b98b-b4cc4dfc4cc7) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
