# Civil Technology Grade 12 NSC June 2019 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Civil Technology question paper from the NSC June Exam 2019 (Afrikaans), 24 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/civil-technology-may-june-2019-civil-services-afr/00e03866-8bd8-4c84-aca6-2b4decfe170a
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Civil Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: NSC June Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 24

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Civil Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/civil-technology) › [Civil Technology Grade 12 NSC June 2019 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/civil-technology-may-june-2019-civil-services-afr/00e03866-8bd8-4c84-aca6-2b4decfe170a)

## About this document

Civil Technology · Grade 12 · NSC June Exam · 2019. Question paper, 24 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                      SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE

                                         2019

                                                                            PUNTE: 200

                                                                             TYD: 3 uur

             Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye en 5 antwoordblaaie.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Siviele Dienste            2                                      DBE/2019
                                            SS/NSS

BENODIGHEDE:

1.        Tekeninstrumente

2.        'n Nieprogrammeerbare sakrekenaar

3.        ANTWOORDEBOEK

INSTRUKSIES EN INFORMASIE

1.        Hierdie vraestel bestaan uit ses vrae.

2.        Beantwoord AL die vrae.

3.        Beantwoord elke vraag as 'n geheel. MOENIE onderafdelings van vrae skei
          nie.

4.        Begin die antwoord op ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

5.        MOENIE in die kantlyn van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.

6.        Jy mag sketse gebruik om jou antwoorde te illustreer.

7.        Skryf ALLE berekeninge en antwoorde in die ANTWOORDEBOEK of op die
          aangehegte ANTWOORDBLAAIE.

8.        Gebruik die puntetoekenning as 'n riglyn vir die lengte van jou antwoorde.

9.        Maak tekeninge en sketse met potlood, volledig gemaatskryf en netjies met
          beskrywende opskrifte en aantekeninge afgerond, in ooreenstemming met die
          SANS/SABS se Gebruikskode vir Boutekenepraktyk.

10.       Vir die doel van hierdie vraestel moet die grootte van 'n steen as
          220 mm x 110 mm x 75 mm geneem word.

11.       Gebruik jou eie oordeel waar afmetings en/of inligting ontbreek.

12.       Beantwoord VRAAG 2, 3.2, 3.6, 5.4 en 6.4 op die aangehegte ANTWOORD-
          BLAAIE en gebruik tekeninstrumente, waar nodig.

13.       Skryf jou SENTRUMNOMMER en EKSAMENNOMMER op elke
          ANTWOORDBLAD en lewer dit saam met jou ANTWOORDEBOEK in, al het
          jy dit nie gebruik nie.

14.       Tekeninge in die vraestel is NIE volgens skaal NIE as gevolg van elektroniese
          kopiëring.

15.       Google Images is as die bron vir alle foto's en prentjies gebruik.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Siviele Dienste         3                                   DBE/2019
                                         SS/NSS

VRAAG 1:        WBGV, MATERIAAL, VEILIGHEID, GEREEDSKAP, TOERUSTING EN
                HEGTING (GENERIES)

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

1.1       Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by 'n item in KOLOM A pas. Skryf slegs
          die letter (A–G) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.5) in die
          ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.6 H.

                      KOLOM A                             KOLOM B
          1.1.1      Galvanisering       A     hou vars gegote beton klam

          1.1.2      Elektroplatering    B     metaal wat in lood gedompel is

          1.1.3      Nabehandeling       C     beskerm hout en ander materiaal teen
                                               natuurlike verweer
          1.1.4      Verf
                                         D     'n plastiekafwerking op metaal-
          1.1.5      Poeierbedekking           oppervlakke, met 'n druklug-sproeispuit
                                               aangewend

                                         E     bedek sagte staal met 'n dun laag van
                                               'n ander materiaal met elektrolise

                                         F     bedek hout met 'n dun laag van 'n
                                               ander materiaal met elektrolise

                                         G     metaal wat in sink gedompel is
                                                                                (5 x 1)       (5)

1.2       Verduidelik EEN oorsaak van beserings wanneer materiaal hanteer word.               (1)

1.3       Gee die hoek/verhouding waarteen 'n leer teen 'n muur geplaas moet word.            (2)

1.4       Verduidelik TWEE veiligheidsmaatreëls wat gevolg moet word wanneer 'n
          bouershyser gebruik word.                                                           (2)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Siviele Dienste              4                              DBE/2019
                                              SS/NSS

1.5       FIGUUR 1.5 hieronder toon gereedskap wat op 'n konstruksieterrein gebruik
          word.

                                      A                         B
                                              FIGUUR 1.5

          1.5.1        Identifiseer beide A en B.                                             (2)
          1.5.2        Noem EEN gebruik van A en B onderskeidelik.                            (2)

1.6       Die prentjies hieronder illustreer die stappe wat gevolg word wanneer
          materiaal aan 'n vloer met 'n hegstuk vasgeheg word.

                     A                    B                 C              D
                                              FIGUUR 1.3
          1.6.1        Identifiseer die hegstuk wat in D gebruik word.                        (1)
          1.6.2        Beskryf die stappe in A–D hierbo in jou ANTWOORDEBOEK.                 (4)
          1.6.3        Regverdig die gebruik van hierdie hegstuk om 'n klamp van
                       'n swaar hek teen 'n muur vas te sit.                                  (1)
                                                                                              [20]
VRAAG 2: GRAFIKA AS KOMMUNIKASIEMIDDEL (GENERIES)

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

FIGUUR 2 op die volgende bladsy toon 'n aansig en 'n grondvloerplan wat op 'n
bouplan verskyn. Analiseer die tekeninge en voltooi die tabel op ANTWOORDBLAD 2.
Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
   Siviele Tegnologie: Siviele Dienste                         5                                                 DBE/2019
                                                            SS/NSS

                                                                                     NOTA:
                                                                                     Kontrakteurs moet alle afmetings en
                                                                                     vlakke/hoogtes op die terrein
                                                                                 1   kontroleer voordat daar met werk
                                                                                     begin word. Argitekte moet dadelik
                                                                                     van enige afwykings in kennis gestel
                                                                                     word.
                                                                                     ARGITEK SE HANDTEKENING............……
                                                                                     KLIËNT SE HANDTEKENING………………

                                                                                 2

                                                                                     Die volgende moet by 'n lang gang
                                                                                 3   of trap geplaas word:

        8                                     V1

                                                                                 4

                         V2                                                      5   Simbool wat by ingangsdeur van die
                                                                                     huis geplaas moet word:
                                                                                 6

                                                                                 7

                               FIGUUR A
                              SKAAL 1 : 100
                                                                                     HERSIENING         DATUM        BESKRYWING

        220             3 000             110
                                                                                     GEDRUK DEUR:                 DATUM GEDRUK:
                                                                                     QUALITY PRINTERS             2019/06/16
                                         WH

                                                                                     TEKENINGTITEL:
                                                                                     TERREINPLAN ERF 1445
                   11                    10
                                                        9

                                                                     V1              PROJEK:
                                                                                     VOORGESTELDE NUWE WOONHUIS VAN
                                                                                     MNR. H SMITH OP ERF 1445,
                                                                                     JUPITERSTRAAT, GERMISTON
                         SITKAMER
                                                                                     PROJEKNR.              TEKENINGNR.
              V2

6 000
                                                                                     GR 447-104             337P7

                                                                                     DATUM      GETEKEN NAGEGAAN SKAAL
                                 12                                                  25/04/2019 JP BOTHA P BLADE 1 : 100

                                                                     V2              VERWYSINGSKODE:
                                                                                     QP 2-2019

                                                                                     VENSTER 1                    VENSTER 2
                                                   14

                                                                                             1 200                  2 400
                        V1          13
220                           110              3 000                      220
                                                                                     1 800               1 800
                        FIGUUR B                                            15

                                                    FIGUUR 2                                                                  [40]
   Kopiereg voorbehou                                                                                Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Siviele Dienste             6                                 DBE/2019
                                             SS/NSS

VRAAG 3:        KONSTRUKSIE WAT MET SIVIELE DIENSTE VERBAND HOU,
                WBGV EN HOEVEELHEDE (SPESIFIEK)

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

3.1       FIGUUR 3.1 hieronder is 'n illustrasie van 'n mangat. Bestudeer die illustrasie
          en beantwoord die vrae wat volg.

                                                      B
                                         A                      C

                                                                              D

                                               FIGUUR 3.1

          3.1.1        Beskryf die verskil tussen A en D ten opsigte van die vloei van
                       rioolwater.                                                              (2)

          3.1.2        Identifiseer B.                                                          (1)

          3.1.3        Die vloeivulling (C) moet teen 'n helling geïnstalleer word. Gee
                       EEN rede hiervoor.                                                       (1)

          3.1.4        Beveel EEN tipe baksteen aan wat gebruik kan word om die mure
                       van die mangat te bou.                                                   (1)

3.2       FIGUUR 3.2 op ANTWOORDBLAD 3.2 toon die boaansig van 'n T-aansluiting
          en die onvoltooide deursneeaansig van 'n eensteenmuur in strykverband.

          Teken die deursneevooraansig deur dit vanaf die gegewe boaansig te
          projekteer. Toon VYF steenlae.                                                        (10)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Siviele Dienste                  7                              DBE/2019
                                                  SS/NSS

3.3       FIGUUR 3.3 hieronder is 'n tekening van 'n tipe skoor wat in slote gebruik
          word. Bestudeer die skets en beantwoord die vrae wat volg.

                                 A

                                 B
                                                  FIGUUR 3.3
          3.3.1        Noem die tipe grond waar hierdie tipe skoor gebruik sal word.              (1)
          3.3.2        Identifiseer A en B.                                                       (2)

3.4       'n Masker sal nie voldoende beskerming bied wanneer jy in 'n mangat werk
          nie. Noem die veiligheidstoerusting wat geskik sal wees.                                (1)

3.5       Beskryf DRIE regulasies wat nagekom moet word wanneer werkers in hoë
          plekke werk.                                                                            (3)

3.6       FIGUUR 3.6 hieronder is 'n tekening van die onvoltooide deursnee-aansig
          deur die stene en betonvloer van 'n septiese tenk. Gebruik
          ANTWOORDBLAD 3.6 en beantwoord die vrae wat volg. Rond jou antwoord
          tot TWEE desimale plekke af.

                                      2 600                              1 200

                                              A                1 200

                                                               150
                                      2 800                             1 300

                                                  FIGUUR 3.6
          Spesifikasies:
              Buitemure is 220 mm wyd.
              Afskortingsmuur is 110 mm wyd.
              Gebruik 50 stene per vierkante meter vir 'n halfsteenmuur.
          Bereken die hoeveelheid stene wat vir die afskortingsmuur benodig word,
          vermorsing uitgesluit. Ignoreer die openinge.                                           (8)
                                                                                                  [30]
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Siviele Dienste            8                                   DBE/2019
                                            SS/NSS

VRAAG 4:        WARM- EN KOUEWATERTOEVOER, GEREEDSKAP, TOERUSTING
                EN MATERIAAL (SPESIFIEK)

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

4.1       FIGUUR 4.1 hieronder toon 'n prent van 'n waterverwarmingstelsel wat in die
          warmwaterstelsel van 'n huis gebruik word.

                                        FIGUUR 4.1

          4.1.1        Identifiseer die waterverwarmingstelsel in FIGUUR 4.1.                    (1)

          4.1.2        Noem die bron wat gebruik word om die water in die stelsel wat in
                       FIGUUR 4.1 aangedui is, te verhit.                                        (1)

          4.1.3        Beskryf TWEE nadele van die gebruik van 'n hittepomp in 'n
                       warmwaterstelsel.                                                         (2)

4.2       Daar is baie verskillende foute wat in warmwaterstelsels kan voorkom.
          Verduidelik EEN metode om die volgende situasies te voorkom:

          4.2.1        Swak warmwaterdruk                                                        (1)

          4.2.2        Water wat nie warm genoeg is nie                                          (1)

          4.2.3        Druppende geiser-oorloop                                                  (1)

4.3        Teken die SANS-goedgekeurde simbole vir die volgende onderdele wat in 'n
           warmwaterstelsel gevind word:

          4.3.1        Drukbeheerklep (verstelbaar)                                              (2)

          4.3.2        Drukontlasklep                                                            (2)

          4.3.3        Stort (vas)                                                               (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Siviele Dienste             9                             DBE/2019
                                             SS/NSS

4.4       FIGUUR 4.4 hieronder toon 'n prent van 'n klep wat in die kouewatertoevoer
          van 'n huis gebruik word. Bestudeer die prent en beantwoord die vrae wat
          volg.

                                                                 A

                                                                 B

                                             FIGUUR 4.4

          4.4.1        Identifiseer die klep in FIGUUR 4.4.                                 (1)

          4.4.2        Identifiseer deel A en B in FIGUUR 4.4.                              (2)

          4.4.3        Beveel EEN plek aan waar die klep in FIGUUR 4.4 gebruik kan
                       word.                                                                (1)

4.5       Noem TWEE waterbesparingstoestelle wat kan help om waterverbruik in ons
          huise te verminder.                                                               (2)

4.6       Verduidelik in VYF stappe hoe jy 'n beskadigde gegalvaniseerde pyp wat
          bo grondvlak geïnstalleer is, met 'n Johnson-pypkoppeling sou herstel.
                                                                                            (5)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Siviele Dienste      10                                  DBE/2019
                                       SS/NSS

4.7       Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by 'n item in KOLOM A pas. Skryf
          slegs die letter (A–F) langs die vraagnommers (4.7.1 tot 4.7.5) in die
          ANTWOORDEBOEK neer, bv. 4.7.6 G.

                           KOLOM A                          KOLOM B
          4.7.1

                                             A   alternatiewe verwarmingseenheid
                                                 wat elektrisiteit bespaar

          4.7.2

                                             B   hoëdrukgeiser

          4.7.3

                                             C   tapkraan

          4.7.4

                                             D   inspeksieoog

          4.7.5

                                             E   staankraan

                                             F   steekoog

                                                                             (5 x 1)       (5)
Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Siviele Dienste           11                                 DBE/2019
                                            SS/NSS

4.8       Verduidelik TWEE probleme wat deur ontsinking veroorsaak kan word.                   (2)

4.9       Beskryf TWEE metodes wat gebruik word om galvaniese korrosie van metale
          te voorkom.                                                                          (2)

4.10      FIGUUR 4.10 hieronder toon 'n prent van 'n masjien. Bestudeer die prent en
          beantwoord die vrae wat volg.

                                            FIGUUR 4.10

          4.10.1       Identifiseer die masjien in FIGUUR 4.10.                                (1)

          4.10.2       Noem EEN gebruik van die masjien in FIGUUR 4.10.                        (1)

          4.10.3       Verduidelik TWEE faktore om te oorweeg wanneer hierdie masjien
                       versorg word.                                                           (2)

4.11       Beskryf die gebruik van 'n waterdruktoetspomp.                                      (1)

4.12       Verduidelik TWEE faktore om in ag te neem wanneer 'n waterdruktoetspomp
           versorg word.                                                                       (2)
                                                                                               [40]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Siviele Dienste            12                                 DBE/2019
                                             SS/NSS

VRAAG 5:       GRAFIKA AS KOMMUNIKASIEMIDDEL, DAKWERK EN STORMWATER
               (SPESIFIEK)

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

5.1        Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings deur 'n
           woord/term uit die lys hieronder te kies. Skryf slegs die woord/term langs die
           vraagnommers (5.1.1 tot 5.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv.
           5.1.6 dreineringstelsel.

                fassieplank; kloofsaag;     afvoerpypseël; staalklem; voegskort;
               ystersaag; doodloopent;      afvoerpyp/geut; koppelklem; windveer

          5.1.1        Die toebehore wat gebruik word om te voorkom dat reënwater van
                       die geut afvloei                                                         (1)

          5.1.2        Die materiaal wat gebruik word om dakke waterdig te maak                 (1)

          5.1.3        Die gereedskapstuk wat gebruik word om PVC-geute volgens
                       grootte te sny                                                           (1)

          5.1.4        Die voorwerp wat gebruik word om PVC-geute aan mekaar vas te
                       knip                                                                     (1)

          5.1.5        'n Geut kan op hierdie onderdeel van die dak gemonteer word              (1)

5.2       FIGUUR 5.2 hieronder is 'n tekening van 'n deel van 'n dak. Bestudeer die
          tekening en beantwoord die vrae wat volg.

                                A

                                B

                                C

                                             FIGUUR 5.2

          5.2.1        Identifiseer A.                                                          (1)

          5.2.2        Benoem B, wat 'n belangrike deel van die geutpyp aandui.                 (1)

          5.2.3        Beskryf die funksie van C.                                               (1)
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Siviele Dienste           13                                    DBE/2019
                                            SS/NSS

5.3       FIGUUR 5.3 hieronder toon 'n metaalvoorwerp wat gebruik word om
          stormwater na opvangsgebiede te voer.

                                       FIGUUR 5.3

          5.3.1        Noem die metaalvoorwerp wat in FIGUUR 5.3 getoon word.                     (1)

          5.3.2        Beveel TWEE ander metodes aan wat gebruik kan word om
                       stormwater na opvangsgebiede te voer.                                      (2)

          5.3.3        Stormwaterkonstruksie moet deur gekwalifiseerde mense bestuur
                       word, want as dit swak gebou of bestuur word, kan daar negatiewe
                       gevolge wees. Verduidelik EEN gevolg as stormwaterstelsels swak
                       gebou of bestuur word.                                                     (1)

5.4        ANTWOORDBLAD 5.4 toon 'n tekening van 'n afgeknotte keël waar die basis
           van die keël nie parallel met die horisontale as is nie. Gebruik die tekening en
           die inligting op ANTWOORDBLAD 5.4 en teken die ontwikkeling van die keël.
           Toon ALLE konstruksielyne. Moet NIE die tekening weer teken NIE, maar
           projekteer die ontwikkeling vanaf die gegewe tekening.                                 (18)
                                                                                                  [30]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Siviele Dienste           14                                   DBE/2019
                                            SS/NSS

VRAAG 6: RIOLERING, SANITÊRE TOEBEHORE EN HEGTING (SPESIFIEK)

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

6.1       Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
          Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
          (6.1.1 tot 6.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 6.1.6 C.

          6.1.1        Rioolwater is water wat … besoedelingstowwe bevat.

                       A    groen
                       B    organiese
                       C    giftige
                       D    seperige                                                             (1)

          6.1.2        'n Rioollugpyp loop … vanaf die ondergrondse riool en stel reuke
                       en gasse vry.

                       A    vertikaal
                       B    horisontaal
                       C    diagonaal
                       D    Al die bogenoemde                                                    (1)

          6.1.3        Rioolpype moet ten minste … in deursnee wees.

                       A    50 mm
                       B    150 mm
                       C    100 mm
                       D    80 mm                                                                (1)

          6.1.4        Water van opwasbakke, baddens en wasbakke word na …
                       afgevoer.

                       A    vuilwaterpype
                       B    vuilpype
                       C    rioollugpype
                       D    Al die bogenoemde                                                    (1)

          6.1.5        'n … kan gebruik word om reguit pyplengtes te koppel.

                       A    Vuilpyp
                       B    Doodloopent
                       C    Reguit koppelstuk
                       D    Geeneen van die bogenoemde nie                                       (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Siviele Dienste               15                                DBE/2019
                                                SS/NSS

6.2       FIGUUR 6.2 hieronder toon tekeninge van TWEE verskillende watersperders
          wat in 'n rioolstelsel gevind word.

                                SPERDER
                                 TRAP A A                      TRAP
                                                             SPERDERB B
                                                FIGUUR 6.2

          6.2.1         Onderskei tussen A en B deur na die vorm van die sperders te
                        verwys.                                                                   (2)

          6.2.2         Verduidelik die funksie van die water in die basis van ELK van die
                        toebehore in FIGUUR 6.2.                                                  (1)

6.3       FIGUUR 6.3 hieronder is 'n tekening van die deursnee-aansig deur 'n
          gedeelte van 'n gebou wat die installasie van 'n spoelkloset aandui. Bestudeer
          die tekening en beantwoord die vrae wat volg.

                                                                    A

                                                                    B

                    D

                                               FIGUUR 6.3
          6.3.1         Identifiseer deel A.                                                      (1)

          6.3.2         Verduidelik hoekom keël B van rubber gemaak is.                           (1)

          6.3.3         Identifiseer D en verduidelik EEN gevolg indien jy nie hierdie
                        passtuk het nie.                                                          (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Siviele Dienste            16                                     DBE/2019
                                             SS/NSS

          6.3.4        Noem EEN gereedskapstuk wat jy sal gebruik om 'n verstopte
                       vuilwaterpyp wat aan 'n wasbak gekoppel is, skoon te maak.                   (1)

          6.3.5        'n Vlotterklep word binne deel A in FIGUUR 6.3 gevind en reguleer
                       die watervlak. Teken, in jou ANTWOORDEBOEK, 'n netjiese
                       lyndiagram van 'n vlotterklep soos gesien vanaf A se rigting in
                       FIGUUR 6.3. Toon die volgende in jou tekening:
                            Vlotter
                            Hefboomarm
                            Omhulsel met geluiddempingspyp
                            Benoem enige TWEE onderdele van die tekening.                          (5)

6.4       FIGUUR 6.4 op ANTWOORDBLAD 6.4 is 'n tekening van 'n gedeelte van 'n
          gebou met sanitêre toebehore en dreineringskomponente. Gebruik
          ANTWOORDBLAD 6.4 en ontwikkel en teken 'n eenpyp-rioolaanleg vir
          hierdie gebou tot by die mangat wat aangedui is. ALLE regulasies en
          ontwerpbeginsels van 'n goeie dreinering-(riolering-)stelsel moet in ag
          geneem word en geskikte simbole en afkortings moet gebruik word.
          Die dreineringstelsel moet bestaan uit:
               2 x steekoë
               5 x inspeksieoë
               1 x ventilasiepyp
               Hoofrioolpype
               Takpype                                                                             (10)

6.5       FIGUUR 6.5 hieronder toon 'n dwarsdeursnee van 'n gedeelte van 'n
          rioleringstelsel. Bestudeer die tekening en beantwoord die vrae wat volg.

                                             FIGUUR 6.5
          6.5.1        Identifiseer die gedeelte van die rioleringstelsel in FIGUUR 6.5.            (1)

          6.5.2        Voorspel EEN gevolg van gryswater wat na 'n septiese tenk
                       gekanaliseer word.                                                           (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Siviele Dienste           17                                  DBE/2019
                                            SS/NSS

6.6       Noem EEN situasie waar jy 'n vakuumtenk sou installeer.                            (1)

6.7       Identifiseer die onderdeel wat in 'n rioolstelsel gebruik word, geïllustreer in
          FIGUUR 6.7 hieronder.

                                            FIGUUR 6.7                                       (1)

6.8       Noem TWEE metodes wat gebruik kan word om koperpype aan mekaar te
          heg.                                                                               (2)

6.9       Teken 'n netjiese lyndiagram in jou ANTWOORDEBOEK om te toon hoe twee
          stukke plaatmetaal ineensluit wanneer jy 'n gegroefde naatoorslaglas maak.         (2)

6.10      FIGUUR 6.10 hieronder is 'n tekening van 'n soldeerlas en die kragte wat
          daarop inwerk.

                                                          A

                                                                              B

                                           FIGUUR 6.10

          6.10.1       Identifiseer krag A en B in FIGUUR 6.10.                              (2)

          6.10.2       Gee TWEE redes waarom die kontak van 'n soldeerbout op die
                       plaatmetaal tydens die soldering van oorslaglaste belangrik is.       (2)
                                                                                             [40]

                                                                              TOTAAL:        200

Kopiereg voorbehou

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Siviele Dienste                            DBE/2019
                                           SS/NSS

SENTRUMNOMMER:

EKSAMENNOMMER:

ANTWOORDBLAD 2

NR.                     VRAAG                       ANTWOORD        PUNTE

1      Identifiseer die aansig in FIGUUR A.                               1

2      Noem die skaal van FIGUUR B.                                       1

3      Identifiseer nommer 1.                                             1

4      Identifiseer nommer 2.                                             1

5      Beveel 'n geskikte afwerking vir
                                                                          1
       nommer 3 aan.

6      Wat word deur nommer 4 aangedui?                                   1

7      Identifiseer die tekensimbool wat
                                                                          1
       deur nommer 5 aangedui word.

8      Identifiseer die tekensimbool wat
                                                                          1
       deur nommer 6 aangedui word.

9      Wat word deur nommer 7 aangedui?                                   1

10     Gee die datum waarop die bouplan
                                                                          1
       gedruk is.

11     Wie het die bouplan nagegaan?                                      1

12     Noem die elektriese tekensimbool in
       die kolom vir die notas in FIGUUR 2                                1
       wat by 'n trap geplaas moet word.

13     Noem die elektriese onderdeel in die
       kolom vir die notas in FIGUUR 2 wat
                                                                          1
       by die ingangsdeur van die huis
       geplaas moet word.

Kopiereg voorbehou

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Siviele Dienste                    DBE/2019
                                              SS/NSS

14     Identifiseer die tipe dak wat op die
                                                                  1
       gebou in FIGUUR A word gebruik.

15     Verduidelik die doel van nommer 1.                         1

16     Wie is die eienaar van hierdie huis?                       1

17     In watter straat is die voorgestelde
                                                                  1
       woonhuis geleë?

18     Identifiseer nommer 8.                                     1

19     Waarvoor word die sanitêre
                                                                  1
       toebehore by nommer 9 gebruik?

20     Beveel alternatiewe sanitêre
       toebehore aan om nommer 10 te
                                                                  1
       vervang en wat dieselfde doel sal
       dien.

21     Verduidelik die doel van nommer 11
                                                                  1
       soos op die trap aangedui.

22     Wat word deur nommer 13
                                                                  1
       aangedui?

23     Wat word deur nommer 15
                                                                  1
       aangedui?

24     Lei die hoogte van venster 1 van die
                                                                  1
       vensterskedule af.

25     Lei die wydte van venster 2 van die
                                                                  1
       vensterskedule af.

26     Noem die aansigte van die gebou
                                                                  2
       waar die trappe geleë is.

27     Onderskei tussen die elektriese
       simbole wat deur nommer 12 en 14                           2
       aangedui word.

Kopiereg voorbehou

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Siviele Dienste                      DBE/2019
                                           SS/NSS

28     Beveel 'n geskikte vloerbedekking vir
                                                                    1
       die sitkamer aan.

29     Bereken die oppervlakte van die
       sitkamer in m². Toon ALLE                                    3
       berekeninge.

30     Bereken die omtrek van die gebou.
       Toon ALLE berekeninge.

                                                                    7

                                               TOTAAL:              40

Kopiereg voorbehou

### Page 21

Siviele Tegnologie: Siviele Dienste
                                      Downloaded from hlayiso.com                                                DBE/2019
                                                                SS/NSS

SENTRUMNOMMER:

EKSAMENNOMMER:

ANTWOORDBLAD 3.2

                                                                     ASSESSERINGSKRITERIA             PUNTE   KANDIDAAT
                                                                                                                PUNT
                                                                     Vyf steenlae in strykverband       5
                                                                     Halfsteen op elke alternatiewe
                                                                                                        3
                                                                     planlaag aan linkerkant
                                                                     Snit korrek geteken               1
                                                                     Arseringslyne                     1
                                           A                A
                                                                     TOTAAL:                           10

                                               FIGUUR 3.2

Kopiereg voorbehou

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Siviele Dienste                                         DBE/2019
                                           SS/NSS

SENTRUMNOMMER:

EKSAMENNOMMER:

ANTWOORDBLAD 3.6

 A            B                 C                         D
                                       Totale lengte van afskortingsmuur:
                                       1/ _________mm - 2 /_________
                                       = _________                            (2)

                                       Oppervlakte van afskortingsmuur:
1/      _________
                                                                              (3)
        _________        _________m2
                                       Getal stene benodig vir
                                       afskortingsmuur, 5% vermorsing
                                       uitgesluit:
1/      _________
        _________         _________             Stene word benodig            (3)

Kopiereg voorbehou

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
       Siviele Tegnologie: Siviele Dienste                                                           DBE/2019
                                                       SS/NSS

       SENTRUMNOMMER:

       EKSAMENNOMMER:

       ANTWOORDBLAD 5.4

SOOM

                                             ASSESSERINGSKRITERIA                                P      KP
                                             Konstruksielyne na bokant van keël                  2
                                             Konstruksielyne van buitesirkel                     2
                                             Verdeel buitesirkel in 12 dele                      1
                                             Konstruksielyn van bokant van keël na buitesirkel   3
                                             Keëlafmetings (afgemerk/oorgedra) van vooraansig    6
                                             om die bokant van die ontwikkeling te bepaal (EEN
                                             punt vir elke VIER koördinate = 3)
                                             Buitenste lyne van ontwikkeling                      2
                                             3 mm-soom aan albei kante                            2
                                             TOTAAL:                                             18

       Kopiereg voorbehou

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Siviele Dienste                                         DBE/2019
                                              SS/NSS

SENTRUMNOMMER:

EKSAMENNOMMER:

ANTWOORDBLAD 6.4

                                              OWB
                                      SK
                                                       B

                                                           S   RP

                                       FIGUUR 6.4

                                                                MG

           ASSESSERINGSKRITERIA                                 PUNT     KANDIDAAT
                                                                           PUNT
           2 x steekoë korrek geplaas                               2
           5 x inspeksieoë korrek geplaas                           5
           1 x ventilasiepyp korrek geplaas                         1
           Rioolpype korrek geteken (hoof- en takpype)              2
           TOTAAL:                                                  10

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Civil Technology May June 2019 (Civil Services) Eng](https://www.hlayiso.com/library/civil-technology-may-june-2019-civil-services-eng/3f3d8211-a2ae-4ecd-89a4-623bb435b86a) — Civil Technology · QP · 2019 · Eng
- [Civil Technology May June 2019 (Construction) Afr](https://www.hlayiso.com/library/civil-technology-may-june-2019-construction-afr/87c657e9-94a5-422f-ade2-b3b897806384) — Civil Technology · QP · 2019 · Afr
- [Civil Technology May June 2019 (Wood Working) Afr](https://www.hlayiso.com/library/civil-technology-may-june-2019-wood-working-afr/bdea7087-4612-4372-bd72-70147466f760) — Civil Technology · QP · 2019 · Afr
- [Civil Technology May June 2019 (Civil Services) Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/civil-technology-may-june-2019-civil-services-memo-afr/2a9b9e1b-37dc-48dc-9aa7-67dd5fa19a10) — Civil Technology · Memo · 2019 · Afr
- [Civil Technology May June 2019 (Civil Services) Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/civil-technology-may-june-2019-civil-services-memo-eng/8c1355fc-f6e2-40c6-85ff-1d03eb2991ea) — Civil Technology · Memo · 2019 · Eng
- [CIVIL TECH GR12 QP Eng SEPT2019 CIVIL SERVICES](https://www.hlayiso.com/library/civil-tech-gr12-qp-eng-sept2019-civil-services/24d2e0b8-d851-4c36-a274-0e7449793231) — Civil Technology · QP · 2019 · Eng

## More from Grade 12 Civil Technology

- [Civil Technology (Woodworking) (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/civil-technology-woodworking-afrikaans-june-2025-possible-answers/c0a65d19-28ca-4ac3-8c61-d4627d2a3133) — Memo · 2025 · Afr
- [Civil Technology Nov 2025 (Construction) MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-civil-technology-2025-nsc-november-exam-memorandum/0e265899-dc44-4809-aabf-8f374f1af392) — Memo · 2025 · Eng
- [CIV TECH GR12 MEMO SEPT2024 Construction Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr12-memo-sept2024-construction-afrikaans/162bcc65-80ad-4384-b293-36da22468b06) — Memo · 2024 · Afr
- [CIV TECH GR12 MEMO SEPT2024 Civil Services English](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr12-memo-sept2024-civil-services-english/c1f2441d-22ba-4ae6-9e56-137cc442080c) — Memo · 2024 · Eng
- [CIV TECH GR12 MEMO SEPT2024 Construction English](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr12-memo-sept2024-construction-english/4d9c54ef-f526-46ad-82d4-8dd419eafb50) — Memo · 2024 · Eng
- [CIV TECH GR12 MEMO SEPT2024 Woodworking English](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr12-memo-sept2024-woodworking-english/6e7f4be5-4ffb-4654-b98b-b4cc4dfc4cc7) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
