# Civil Technology Grade 12 NSC November 2014 QP (Afr)

> Grade 12 Civil Technology question paper from the NSC November Exam 2014 (Afrikaans), 24 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/civil-technology-nov-2014-afr/6babd65f-dbf9-4588-941d-5818f172eb1a
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Civil Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2014
- Exam period: NSC November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 24

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Civil Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/civil-technology) › [Civil Technology Grade 12 NSC November 2014 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/civil-technology-nov-2014-afr/6babd65f-dbf9-4588-941d-5818f172eb1a)

## About this document

Civil Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2014. Question paper, 24 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  GRAAD 12

                               NASIONALE
                           SENIOR SERTIFIKAAT

                                  GRAAD 12

                            SIVIELE TEGNOLOGIE

                               NOVEMBER 2014

PUNTE: 200

TYD: 3 uur

    Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye, 5 antwoordblaaie en 'n formuleblad.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                           2                           DBE/November 2014
                                            NSS

BENODIGDHEDE:

1.        Tekeninstrumente

2.        'n Nieprogrammeerbare sakrekenaar

3.        ANTWOORDEBOEK

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae.

2.        Beantwoord AL die vrae.

3.        Beantwoord elke vraag as 'n geheel. MOENIE onderafdelings van vrae
          skei nie.

4.        Begin die antwoord op ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

5.        MOENIE in die kantlyn van die ANTWOORDEBOEK skryf nie.

6.        Jy mag sketse gebruik om jou antwoorde te illustreer.

7.        Skryf ALLE berekeninge en antwoorde in die ANTWOORDEBOEK of op die
          aangehegte ANTWOORDBLAAIE.

8.        Gebruik die puntetoekenning as 'n riglyn vir die lengte van jou antwoorde.

9.        Maak tekeninge en sketse met potlood, volledig gemaatskryf en netjies met
          beskrywende opskrifte en aantekeninge afgerond, in ooreenstemming met die
          SANS/SABS se Aanbevole Gebruikskode vir Boutekenepraktyk.

10.       Vir die doel van hierdie vraestel moet die grootte van 'n steen as
          220 mm x 110 mm x 75 mm geneem word.

11.       Gebruik jou eie oordeel waar afmetings en/of inligting ontbreek.

12.       Beantwoord VRAAG 4.7, 5.2, 5.3, 6.1 en 6.2 op die aangehegte
          ANTWOORDBLAAIE en gebruik tekeninstrumente, waar nodig.

13.       Skryf jou SENTRUMNOMMER en EKSAMENNOMMER op elke
          ANTWOORDBLAD en lewer dit saam met jou ANTWOORDEBOEK in, al het
          jy dit nie gebruik nie.

14.       Tekeninge in die vraestel is as gevolg van elektroniese kopiëring NIE volgens
          skaal NIE.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                           3                          DBE/November 2014
                                            NSS

VRAAG 1: KONSTRUKSIE, VEILIGHEID EN MATERIALE

1.1       FIGUUR 1.1 hieronder toon 'n ambagsman wat 'n hoekslyper gebruik om 'n
          stapelmuurkonstruksie (droëmuur) af te werk.

                                          FIGUUR 1.1

          Bestudeer FIGUUR 1.1 en beveel DRIE addisionele stukke
          veiligheidstoerusting aan wat die werker kan gebruik om homself te beskerm.           (3)

1.2       Verduidelik EEN aspek van lere onder elk van die volgende kriteria:

          1.2.1       Veilige hantering                                                         (1)

          1.2.2       Onderhoud                                                                 (1)

1.3       Verduidelik TWEE voorsorgmaatreëls wat deur werkers getref moet word
          wanneer daar in 'n omgewing met vloere en trappe met oop kante gewerk
          word.                                                                                 (2)

1.4       Verduidelik TWEE veiligheidsmaatreëls wat getref moet word wanneer 'n
          bouershyser gebruik word.                                                             (2)

1.5       Beskryf die eerste DRIE stappe wat gevolg moet word om 'n nuwe stuk
          metaal voor te berei en te verf.                                                      (3)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                               4                       DBE/November 2014
                                                NSS

1.6       FIGUUR 1.6 hieronder toon die vooraansig van 'n venster. Bestudeer die
          tekening en beantwoord die vrae wat volg.

                                                                           A
                                                                           B

                                                                           C

                                                                           D
                                                                           E

                                                FIGUUR 1.6

          1.6.1       Identifiseer die tipe venster.                                                (1)

          1.6.2       Identifiseer deel A–E.                                                        (5)

1.7       Gee VIER redes waarom betonoppervlakke soos vloere afgewerk word.                         (4)

1.8       FIGUUR 1.8 hieronder toon 'n skets van 'n staalprofiel.

                                           FIGUUR 1.8

          1.8.1       Identifiseer die tipe staalprofiel.                                           (1)

          1.8.2       Noem EEN eienskap van die staalprofiel.                                       (1)

          1.8.3       Waar sal jy hierdie staalprofiel gebruik wanneer 'n skoolsaal gebou
                      word?                                                                         (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                         5                         DBE/November 2014
                                          NSS

1.9       Noem EEN voordeel van balkvulling.                                                  (1)

1.10      Noem EEN nadeel van balkvulling.                                                    (1)

1.11      Verduidelik waar in konstruksie beton met die volgende sterkte gebruik sal
          word:

          1.11.1      Lae sterkte                                                             (1)

          1.11.2      Medium sterkte                                                          (1)

          1.11.3      Hoë sterkte                                                             (1)
                                                                                              [30]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                             6                          DBE/November 2014
                                              NSS

VRAAG 2: GEVORDERDE KONSTRUKSIE EN TOERUSTING

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

2.1       Bespreek TWEE vereistes waaraan bekisting moet voldoen.                                  (2)

2.2       Beskryf die doel van die volgende handgereedskap wanneer 'n houtdeurraam
          in 'n steenmuur ingebou word:

          2.2.1       Waterpas                                                                     (1)

          2.2.2       Staalwinkelhaak                                                              (1)

2.3       'n Draagbare elektriese skaaf word gebruik om hout te skaaf. Beskryf TWEE
          voorsorgmaatreëls wat getref moet word tydens die instandhouding van
          hierdie masjien.                                                                         (2)

2.4       Onderskei tussen 'n ruboog en 'n pasboog volgens die volgende kriteria.
          Tabuleer jou antwoord.

          2.4.1       Materiaal                                                                    (2)

          2.4.2       Arbeid                                                                       (2)

2.5       Noem die TWEE hooftipes kragte wat op gewapendebetonbalke inwerk wat
          gedurende die ontwerpproses in aanmerking geneem moet word.                              (2)

2.6       FIGUUR 2.6 hieronder toon 'n skets van 'n voorafgegote betonheipaal wat in
          die grond ingedryf word.

                                                               A

                                                                   B

                                                                   C

                                         FIGUUR 2.6

          2.6.1       Benoem deel A–C.                                                             (3)

          2.6.2       Wat word gebruik om hierdie tipe heipaal in die grond in te dryf?            (1)

          2.6.3       Verduidelik wanneer hierdie tipe heipaal gebruik sal word.                   (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                           7                        DBE/November 2014
                                            NSS

2.7       FIGUUR 2.7 hieronder toon 'n snit deur 'n gewapendebetonbalk.

                     Ankerstaaf

                                                                     Skuifstaaf

                                                                       Beuel

                                     Hoofstaaf
                                         FIGUUR 2.7

          Verduidelik die doel van die volgende dele van wapening wat in 'n betonbalk
          aangetref word:

          2.7.1         Hoofstawe                                                              (1)

          2.7.2         Ankerstawe                                                             (1)

          2.7.3         Skuifstawe                                                             (1)

          2.7.4         Beuels                                                                 (1)

2.8       Noem VIER stappe wat gevolg moet word wanneer 'n nuut gepleisterde muur
          geteël word.                                                                         (4)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                               8                           DBE/November 2014
                                                NSS

2.9       FIGUUR 2.9 hieronder toon die boonste gedeelte van 'n dakkonstruksie.
          Bestudeer die illustrasie en beantwoord die vrae wat volg.

                                                                                    1

                                                                                    2

                                                                                    3

                                             FIGUUR 2.9

          2.9.1       Identifiseer deel 1.                                                           (1)

          2.9.2       Wat is die doel van deel 1?                                                    (1)

          2.9.3       Wat is die naam en standaardgrootte van deel 2?                                (2)

          2.9.4       Wat sal die standaardgrootte van deel 2 wees indien dit 'n
                      teëldak is?                                                                    (1)

          2.9.5       Identifiseer die tipe dakbedekking wat gebruik word.                           (1)

          2.9.6       Identifiseer deel 3.                                                           (1)

2.10      Verduidelik wat bedoel word met die term bekisting.                                        (2)

2.11      Beskryf TWEE voordele van staalbekisting teenoor houtbekisting.                            (2)

2.12      FIGUUR 2.12 hieronder toon 'n lesing op die boonste stadialyn en onderste
          stadialyn soos gesien deur die oogstuk van 'n bukswaterpas.

                                                                1,535

                                                                1,485

                                         FIGUUR 2.12

          Bereken die afstand vanaf die bukswaterpas tot by die meetstok.                            (4)
                                                                                                     [40]
Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                             9                           DBE/November 2014
                                              NSS

VRAAG 3: SIVIELE DIENSTE

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

3.1       Boorgate is 'n alternatiewe bron van drinkwater in plaas van 'n munisipale
          aansluiting.

          3.1.1       Beskryf TWEE voordele van 'n boorgat.                                        (2)

          3.1.2       Noem TWEE gevalle wanneer 'n boorgat oneffektief kan raak.                   (2)

3.2       Noem TWEE funksies van 'n drukbeheerklep (drukverminderingsklep).                        (2)

3.3       Die termostaat op 'n geiser wat vir huishoudelike doeleindes gebruik word,
          kan op 'n sekere temperatuur gestel word.
          3.3.1       Beveel 'n geskikte temperatuur vir huishoudelike gebruik aan.                (1)
          3.3.2       Noem die deel in 'n geiser wat die water warm maak.                          (1)
3.4       In Suid-Afrika word elektrisiteit 'n skaars hulpbron en die gebruik van
          gastoestelle is besig om toe te neem.
          3.4.1       Beskryf enige DRIE faktore wat in aanmerking geneem moet word
                      wanneer 'n gasgeiser geïnstalleer word.                                      (3)
          3.4.2       Beskryf TWEE voordele van 'n gasgeiser.                                      (2)

3.5       FIGUUR 3.5 hieronder toon 'n elektriese toestel wat in huishoudings gebruik
          word.

                                         FIGUUR 3.5

          3.5.1       Identifiseer die elektriese toestel in FIGUUR 3.5.                           (1)

          3.5.2       Wat is die funksie van die numeriese sleutelbord?                            (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                             10                          DBE/November 2014
                                              NSS

          3.5.3       Wie moet die toestel gedurende installasie seël?                               (1)

          3.5.4       Kies 'n vertrek in 'n woonhuis waar jy die toestel sal monteer.
                      Motiveer jou antwoord.                                                         (2)

          3.5.5       Jy het die opsie om die toestel teen 'n muur of in 'n kas te monteer.
                      Waar sal jy verkies om dit te monteer? Motiveer jou antwoord.                  (2)
3.6       Bespreek die doel van leipype vir elektriese bedrading in 'n gebou.                        (1)
3.7       Onderskei tussen muurgleufleipype (versinkte leipype) en oppervlak-
          gemonteerde leipype.                                                                       (2)

3.8       FIGUUR 3.8 hieronder toon 'n rioolpyplyn wat gelê moet word. Die minimum
          grondbedekking van die pyplyn by A is 340 mm. Die pyp het 'n diameter van
          110 mm en die pyplyn is 40 m lank.

                                                    40 m

                           340

                                 IL
                       A
                                                                                       IL
                                                                                   B

                                            FIGUUR 3.8

          3.8.1       Bereken die bodemvlakke/bodemdiepte by A en B as die helling
                      van die pyp 1 : 40 is.                                                         (6)
          3.8.2       Noem die rioolverbinding wat elke 24 m in 'n rioolpyplyn
                      geïnstalleer word om toegang tot die stelsel te verkry.                        (1)
                                                                                                     [30]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                            11                     DBE/November 2014
                                             NSS

VRAAG 4: HOEVEELHEDE, MATERIALE EN VERBINDING

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

4.1       Noem TWEE hegstukke wat gebruik kan word om 'n dakkap aan die
          steenmuur van 'n gebou te heg.                                                     (2)

4.2       FIGUUR 4.2 hieronder toon 'n hegstuk. Skryf die korrekte naam en EEN
          gebruik van die hegstuk neer.

                                            FIGUUR 4.2                                       (2)

4.3       Noem EEN metode om elk van die volgende tipes pype met mekaar te
          verbind:

          4.3.1       Koperpyp                                                               (1)

          4.3.2       Gegalvaniseerde pyp                                                    (1)

4.4       Beskryf EEN gebruik van elk van die volgende spykers:

          4.4.1       Staalspyker                                                            (1)

          4.4.2       Paneelspyker                                                           (1)

4.5       Regverdig waarom skroewe eerder as spykers in terme van tyd om in te draai
          en houvermoë gebruik word.                                                         (2)

4.6       Om 'n tabel vir 'n snylys te voltooi, moet die opskrifte van elke kolom
          aangetoon word. Noem TWEE opskrifte vir 'n snylys.                                 (2)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                         12                      DBE/November 2014
                                          NSS

4.7       FIGUUR 4.7 hieronder toon die vloerplan van 'n motorhuis met 'n
          motorhuisdeur, 'n sydeur en 'n venster.

                                             6 000

                                                                            3 500

                                        FIGUUR 4.7

          Spesifikasies:

          •    Die bobou is 'n eensteenmuur, 220 mm wyd en 2 600 mm hoog.
          •    Die sydeuropening is 2 000 mm hoog x 800 mm wyd.
          •    Die motorhuisdeur is 2 400 mm wyd x 2 100 mm hoog.
          •    Die vensteropening is 1 500 mm wyd x 900 mm hoog.

          Gebruik ANTWOORDBLAD 4.7 en bereken die totale getal stene wat benodig
          word om die bobou te bou indien 50 stene gebruik word om 1 m² van 'n
          halfsteenmuur (110 mm-muur) te bou.                                               (18)
                                                                                            [30]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                             13                         DBE/November 2014
                                              NSS

VRAAG 5: TOEGEPASTE MEGANIKA

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

5.1       FIGUUR 5.1 hieronder toon 'n gevormde lamel. Alle afmetings is in millimeter.
          Die oppervlakte van die reghoekige driehoek (Oppervlakte 1) is 900 mm², die
          reghoek (Oppervlakte 2) is 3 300 mm² en die gelykbenige driehoek
          (Oppervlakte 3) is 450 mm².

                          A                                                   A
                              Oppervlakte 1

                     30
                                                     Oppervlakte 2

                     30

                                                    Oppervlakte 3

                                  30           10    15      15      15

                                              FIGUUR 5.1

          Bereken die posisie van die sentroïed van die lamel vanaf A–A. Rond jou
          antwoord tot TWEE desimale plekke af.

          WENK: Gebruik die formule op die FORMULEBLAD.                                           (7)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                            14                          DBE/November 2014
                                             NSS

5.2       FIGUUR 5.2 hieronder toon die ruimtediagram van 'n kantelbalkraam.

                                                         C
                                                                  A
                                     30°                     B

                                                               60 N

                                     60°

                                            FIGUUR 5.2

          5.2.1       Op ANTWOORDBLAD 5.2, ontwikkel en teken 'n vektordiagram
                      om die grootte en aard van die kragte in elke onderdeel van die
                      raam grafies te bepaal. Gebruik skaal 1 mm = 1 N.                            (5)

          5.2.2       Toon die aard van die kragte van onderdeel BC en CA op die
                      ruimtediagram op ANTWOORDBLAD 5.2.                                           (2)

          5.2.3       Gebruik die inligting in die ruimte- en vektordiagram en voltooi die
                      tabel op ANTWOORDBLAD 5.2.                                                   (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                            15                        DBE/November 2014
                                             NSS

5.3       FIGUUR 5.3 hieronder toon die ruimtediagram van 'n balk met 'n spanwydte
          van 8 meter en twee puntbelastings en 'n eenvormig verspreide belasting.
          Bestudeer die diagram en beantwoord die vrae wat volg.

                                 10 N/m       10 N                                5N

         A           2m             2m                         4m
                                                                                   E
      LR = 17,5 N            B        C        D                             RR = 17,5 N
                                          FIGUUR 5.3

          5.3.1       Herlei die eenvormig verspreide belasting tot 'n puntbelasting en
                      skryf die waarde van die herleide puntbelasting neer.                     (1)

          5.3.2       Bepaal die afstand van die herleide eenvormig verspreide
                      belasting, wat nou 'n puntbelasting is, vanaf RR.                         (1)

          5.3.3       Bewys met behulp van berekeninge dat die waarde van die
                      skuifkrag by D = -12,5 N en by E = 0.                                     (6)

          5.3.4       Die waarde van die buigmoment by A = 0 Nm, B = 35 Nm,
                      C = 47,5 Nm, D = 50 Nm en E = 0 Nm. Gebruik alle beskikbare
                      inligting en teken die buig-momentdiagram op ANTWOORD-
                      BLAD 5.3. Gebruik skaal 2 mm = 1 Nm.                                      (4)
                                                                                                [30]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                              16                   DBE/November 2014
                                               NSS

VRAAG 6: GRAFIESE KOMMUNIKASIE
6.1       FIGUUR 6.1 hieronder illustreer die vloerplan van 'n eenslaapkamerwoning.
          Bestudeer die tekening en voltooi die tabel op ANTWOORDBLAD 6.1.

                                                                      220

                            8                           2
                                                1
                                                        Badkamer 3             1 500
                     7
                           Oopplan-
                           kombuis met                                110
                           woonkamer

6 550
                                                      Slaapkamer
                                                                               4 500

                                          6

                                4                         5

                                                                      220
        220                              110                         220

                                4 000                  4 000

                                         FIGUUR 6.1                                          (15)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                                 17                   DBE/November 2014
                                                  NSS

6.2       FIGUUR 6.2 hieronder toon die vloerplan van 'n kantoor met 'n ontvangsarea.

                          B

                              V1                                         220

                                                                          V2   1 500

                                                        D2
                                                                         110
                          B

6 550                 Kantoor met
                      kombuis                            Ontvangs
                                                                          V1   4 500

                                             D2

                                                             D1
                                                                         220
         220                           110                               220

                              4 000                       4 000

                                       FIGUUR 6.2

          6.2.1       Op ANTWOORDBLAD 6.2, teken tot skaal 1 : 20 'n deursnee-
                      aansig tot by en insluitend die muurplaat van die gebou op snylyn
                      B–B. Gebruik die spesifikasies hieronder en op die volgende
                      bladsy.

                      Spesifikasies:

                      •   Fondasie, 600 mm wyd en 250 mm diep
                      •   Alle buitemure is 220 mm wyd
                      •   Bokant van fondasie tot onderkant van betonvloer, 450 mm
                      •   Betonvloer, 75 mm dik
                      •   Slytlaag, 50 mm dik
                      •   Toplaag, 25 mm dik
                      •   Betonvloer tot onderkant van muurplaat, 2 700 mm
                      •   Muurplaat, 114 mm x 38 mm
                      •   Hardepuinvulling, 150 mm dik
                      •   Betonvloer tot bokant van venster, 2 000 mm

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                            18                         DBE/November 2014
                                             NSS

                      Die volgende moet ook op die tekening getoon word.

                      •   Vensterbank
                      •   Afmetings van die wydte van die fondasie
                      •   Byskrifte van enige DRIE onderdele op die tekening

                      Die volgende hoef NIE getoon te word NIE:

                      •   Kosynkop
                      •   Sponning vir venster

                      Venster- en deurskedule:

                                                        Wydte              Hoogte
                       Venster 1 (V1)               1 500 mm           1 200 mm
                       Deur 1 (D1)                  1 800 mm           2 000 mm              (18)

          6.2.2       Teken enige DRIE tekensimbole op die tekening.                         (3)

          6.2.3       Drukskryf die skaal onderaan die tekening.                             (1)

          6.2.4       DRIE punte sal toegeken word vir die toepassing van die skaal.         (3)
                                                                                             [40]

                                                                               TOTAAL:       200

Kopiereg voorbehou

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                                                     DBE/November 2014
                                          NSS

SENTRUMNOMMER:

EKSAMENNOMMER:

VRAAG 4.7

ANTWOORDBLAD 4.7

Voltooi jou antwoorde in die spasies wat met ... en ... aangedui is.

     A               B        C                              D

                                     Hartlyn: Bobou
                                     2/…               =…
                                     2/…               =…
                                                Totaal = …
                                     Minus 4 / …      =…
                                                      =…

                                     Hartlyn:         =…

1/                   …               Oppervlakte van muur vir bobou:
                     …       …

1/                   …               Oppervlakte van sydeur:
                     …       …

1/                   …               Oppervlakte van motorhuisdeur:
                     …       …

1/                   …               Oppervlakte van venster:
                     …       …

                                     Totale oppervlakte van muur na aftrekkings:
                                     =…          …         …         …
                                     =…
1/                   …               Stene benodig om bobou te bou:
                     …       …         …               stene word benodig.

                                                                                (15)

Kopiereg voorbehou

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                                              DBE/November 2014
                                      NSS

SENTRUMNOMMER:

EKSAMENNOMMER:

VRAAG 5.2

ANTWOORDBLAD 5.2

                                            C
                                                      A
                           30°                   B

                                                   60 N

                           60°

                                 RUIMTEDIAGRAM
     a

                                                  ONDERDEEL     AARD    GROOTTE
                                                  BC
                                                  CA
                                                Toleransie van 1 N aan weerskante
Kopiereg voorbehou

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                               DBE/November 2014
                                     NSS

SENTRUMNOMMER:

EKSAMENNOMMER:

VRAAG 5.3

ANTWOORDBLAD 5.3

                            10 N/m   10 N               5N

      A         2m            2m            4m
                                                         E
  LR = 17,5 N           B      C     D             RR = 17,5 N

Kopiereg voorbehou

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                                                 DBE/November 2014
                                                 NSS

SENTRUMNOMMER:

EKSAMENNOMMER:

VRAAG 6.1

ANTWOORDBLAD 6.1

NO.                      VRAAG                              ANTWOORD        PUNTE
1       Identifiseer nommer 1.                                                1

2       Bereken die omtrek van die gebou.                                      1

3       Teken die simbool vir die rioolput.                                    1

4       Wat is die dikte van die binnemure?                                    1

5       Bereken die totale oppervlakte van die                                 2
        woning in m².
6       Beskryf die doel van nommer 2.                                         1

7       Gee die afkorting vir nommer 3.                                        1

8       Identifiseer nommer 4.                                                 1

9       Identifiseer nommer 5.                                                 1

10      Noem die tipe dak van die woning.                                      1

11      Identifiseer die elektriese simbool by                                 1
        nommer 6.
12      Identifiseer nommer 7.                                                 1

13      Op watter aansigte sal die geute op hierdie                            1
        gebou aangebring word?
14      Identifiseer nommer 8.                                                 1

                                                       Totaal                  15

Kopiereg voorbehou

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                                       DBE/November 2014
                                                   NSS

SENTRUMNOMMER:

EKSAMENNOMMER:

VRAAG 6.2

ANTWOORDBLAD 6.2
Aspek                            Punte   Leerder
                                         se punt
Korrektheid van onderbou           6
Korrektheid van bobou              7
Korrektheid van enige drie         3
tekensimbole
Drukskryf enige drie byskrifte     3
Afmetings en afmetingslyne         2
Drukskryf die skaal                1
Toepassing van skaal               3
Een of twee verkeerd     =3
Drie of vier verkeerd    =2
Meer as vyf verkeerd     =1
Geen afmetings korrek =0
Totaal                            25

Kopiereg voorbehou

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                                                         DBE/November 2014
                                            NSC

                                       FORMULEBLAD

BELANGRIKE AFKORTINGS

SIMBOOL         BESKRYWING       SIMBOOL        BESKRYWING SIMBOOL BESKRYWING
   c              Sentroïed         b           Breedte/Wydte  r      Radius
    ℓ              Lengte           s                Sy       A     Oppervlakte

FORMULES

OPPERVLAKTE               FORMULE                 FORMULE             FORMULE VIR DIE POSISIE
    VAN                  (in woorde)             (in simbole)           VAN DIE SENTROÏEDE
                                                                         X-as          Y-as
                                                                          s             s
Vierkant                   sy x sy                     sxs
                                                                          2             2
                                                                           ℓ            b
Reghoek                lengte x breedte                ℓxb
                                                                          2             2
Reghoekige                                                                b             h
                      ½ x basis x hoogte           ½b x h
driehoek                                                                  3             3
Gelyksydige
driehoek/                                                                 b                h
                      ½ x basis x hoogte           ½b x h
Gelykbenige                                                               2                3
driehoek

                                                 (A1× d) ± (A2 × d)
                      Posisie van sentroïed =
                                                Totale oppervlakt e

                                            OF

                                           X=
                                                ∑ Ay
                                                ∑A

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Civil Technology Nov 2014 Eng](https://www.hlayiso.com/library/civil-technology-nov-2014-eng/c5d97c5c-3791-4bb7-af09-cea71d92be7a) — Civil Technology · QP · 2014 · Eng
- [Civil Technology Nov 2014 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/civil-technology-nov-2014-memo-eng/02543d95-a880-49ba-b41e-7cb093210982) — Civil Technology · Memo · 2014 · Eng
- [Civil Technology Nov 2014 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/civil-technology-nov-2014-memo-afr/f03c50ae-d30c-4a8d-8488-2fe826cde705) — Civil Technology · Memo · 2014 · Afr
- [Civil Technology Nov 2023 (Construction) Eng](https://www.hlayiso.com/library/civil-technology-nov-2023-construction-eng/e6743728-8140-42ae-838d-282654a975a5) — Civil Technology · QP · 2023 · Eng
- [Civil Technology Nov 2023 (Civil Services) Afr](https://www.hlayiso.com/library/civil-technology-nov-2023-civil-services-afr/b820ac91-947c-4aed-821f-256aa13aabe1) — Civil Technology · QP · 2023 · Afr
- [Civil Technology Nov 2023 (Woodworking) Afr](https://www.hlayiso.com/library/civil-technology-nov-2023-woodworking-afr/f6f7ac38-fb55-4d61-bc66-5441e4cbcee0) — Civil Technology · QP · 2023 · Afr

## More from Grade 12 Civil Technology

- [Civil Technology (Woodworking) (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/civil-technology-woodworking-afrikaans-june-2025-possible-answers/c0a65d19-28ca-4ac3-8c61-d4627d2a3133) — Memo · 2025 · Afr
- [Civil Technology Nov 2025 (Construction) MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-civil-technology-2025-nsc-november-exam-memorandum/0e265899-dc44-4809-aabf-8f374f1af392) — Memo · 2025 · Eng
- [CIV TECH GR12 MEMO SEPT2024 Construction Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr12-memo-sept2024-construction-afrikaans/162bcc65-80ad-4384-b293-36da22468b06) — Memo · 2024 · Afr
- [CIV TECH GR12 MEMO SEPT2024 Civil Services English](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr12-memo-sept2024-civil-services-english/c1f2441d-22ba-4ae6-9e56-137cc442080c) — Memo · 2024 · Eng
- [CIV TECH GR12 MEMO SEPT2024 Construction English](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr12-memo-sept2024-construction-english/4d9c54ef-f526-46ad-82d4-8dd419eafb50) — Memo · 2024 · Eng
- [CIV TECH GR12 MEMO SEPT2024 Woodworking English](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr12-memo-sept2024-woodworking-english/6e7f4be5-4ffb-4654-b98b-b4cc4dfc4cc7) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
