# Civil Technology Grade 12 NSC November 2017 QP (Afr)

> Grade 12 Civil Technology question paper from the NSC November Exam 2017 (Afrikaans), 32 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/civil-technology-nov-2017-afr/59a80aae-d41e-40e8-bcbc-0c068d0e5fb6
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Civil Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: NSC November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 32

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Civil Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/civil-technology) › [Civil Technology Grade 12 NSC November 2017 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/civil-technology-nov-2017-afr/59a80aae-d41e-40e8-bcbc-0c068d0e5fb6)

## About this document

Civil Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2017. Question paper, 32 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 GRAAD 12

                               NASIONALE
                           SENIOR SERTIFIKAAT

                                 GRAAD 12

                            SIVIELE TEGNOLOGIE

                               NOVEMBER 2017

PUNTE: 200

TYD: 3 uur

   Hierdie vraestel bestaan uit 21 bladsye, 10 antwoordblaaie en 'n formuleblad.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                            2                            DBE/November 2017
                                             NSS

BENODIGDHEDE:

1.        Tekeninstrumente

2.        'n Nieprogrammeerbare sakrekenaar

3.        ANTWOORDEBOEK

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae.

2.        Beantwoord AL die vrae.

3.        Beantwoord elke vraag as 'n geheel. MOENIE onderafdelings van vrae
          skei NIE.

4.        Begin die antwoord op ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

5.        MOENIE in die kantlyn van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.

6.        Jy mag sketse gebruik om jou antwoorde te illustreer.

7.        Skryf ALLE berekeninge en antwoorde in die ANTWOORDEBOEK of op die
          aangehegte ANTWOORDBLAAIE.

8.        Gebruik die puntetoekenning as 'n riglyn vir die lengte van jou antwoorde.

9.        Maak tekeninge en sketse met potlood, volledig gemaatskryf en netjies met
          beskrywende opskrifte en aantekeninge afgerond, in ooreenstemming met die
          SANS/SABS se Gebruikskode vir Boutekenepraktyk.

10.       Vir die doel van hierdie vraestel moet die grootte van 'n steen as
          220 mm x 110 mm x 75 mm geneem word.

11.       Gebruik jou eie oordeel waar afmetings en/of inligting ontbreek.

12.       Beantwoord VRAAG 1.7, 2.7, 2.11, 3.6, 3.7, 4.6, 5.2, 5.3, 6.1 en 6.2 op die
          aangehegte ANTWOORDBLAAIE en gebruik tekeninstrumente, waar nodig.

13.       Skryf jou SENTRUMNOMMER en EKSAMENNOMMER op elke
          ANTWOORDBLAD en lewer dit saam met jou ANTWOORDEBOEK in, al het
          jy dit nie gebruik nie.

14.       Tekeninge in die vraestel is NIE volgens skaal NIE as gevolg van elektroniese
          oordrag.

15.       Google Images is as die bron vir alle foto's en prentjies gebruik.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                           3                          DBE/November 2017
                                            NSS

VRAAG 1: KONSTRUKSIE, VEILIGHEID EN MATERIAAL

1.1       FIGUUR 1.1 hieronder is 'n illustrasie van 'n werker op 'n bouterrein.
          Beskryf TWEE veiligheidsmaatreëls wat die werker moet nakom om te
          voorkom wat in die illustrasie gebeur.

                                          FIGUUR 1.1                                           (2)

1.2       Verduidelik hoekom elektriese kabels en               die   bedrading     van
          masjiengereedskap gereeld nagegaan moet word.                                        (1)

1.3       Gee EEN rede hoekom dit NIE veilig is om 'n masjien te verstel terwyl die lem
          beweeg (draai) NIE.                                                                  (1)

1.4       Noem DRIE toebehore (toerusting) wat jy nodig het om 'n saktoets uit te voer.        (3)

1.5       Beton vir klein projekte word gewoonlik met die hand gemeng. Beveel EEN
          metode aan om beton vir groter projekte te meng.                                     (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                               4                         DBE/November 2017
                                                NSS

1.6       Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by 'n item in KOLOM A pas.
          Skryf slegs die letter (A–M) langs die vraagnommer (1.6.1–1.6.10) in die
          ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.6.11 N.

                       KOLOM A                                  KOLOM B
          1.6.1      Laaghout                    A    afwerking wat op hout toegepas
                                                      word om dit duursaam te maak
          1.6.2      Hardebord
                                                 B    gebruik om bekisting te maak
          1.6.3      Gegolfde sinkplaat
                                                 C    vir die voering van bekisting gebruik
          1.6.4      Sagte staal
                                                 D    dakbedekking
          1.6.5      PVC (polivinielchloried)
                                                 E    metaal wat in gesmelte tin gedoop is
          1.6.6      Gipsbord
                                                 F    ysterhoudende metaal wat maklik
          1.6.7      Beton                            roes

          1.6.8      VWL (vogweerlaag)           G    gebruik om elektriese leipype te
                                                      maak
          1.6.9      Poeierbedekking
                                                 H    met 'n sproeispuit as 'n vryvloeiende
          1.6.10     Vernis                           droë poeier aangewend

                                                 I    verhinder dat vog teen mure op
                                                      beweeg

                                                 J    gebruik vir stapelmure en plafonne

                                                 K    mengsel van sement, vergruisde klip
                                                      en water

                                                 L    kan in enige vorm gegiet word
                                                      wanneer dit nat is

                                                 M    smeebaar en rekbaar
                                                                                    (10 x 1)       (10)

1.7       FIGUUR 1.7 op ANTWOORDBLAD 1.7 toon 'n tekening van 'n planlaag van
          'n buitehoek van 'n eensteenmuur wat in Engelse verband gebou is.

          1.7.1      Teken vanaf die gegewe planlaag die volgende planlaag van die
                     hoek.                                                                         (4)

          1.7.2      Drukskryf die titel onderaan die tekening.                                    (1)

          1.7.3      Beskryf die doel van 'n vrousluiter in 'n Engelseverband-muur.                (1)

1.8       Teken 'n lyndiagram van 'n afdak in jou ANTWOORDEBOEK. Toon die
          ondersteunende mure en die dak.                                                          (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                            5                      DBE/November 2017
                                             NSS

1.9       Plafonne moet afgewerk word om dit te verduursaam.

          1.9.1      Beskryf EEN tipe toerusting wat gebruik kan word om verf op 'n
                     plafon aan te wend.                                                    (1)

          1.9.2      Gee EEN rede vir jou antwoord op VRAAG 1.9.1.                          (1)

1.10      Noem die komponente (materiaal) wat gebruik word om die gaping/opening
          tussen die volgende toe te maak:

          1.10.1     Vloerbedekking en die muur                                             (1)

          1.10.2     Muur en die plafon van 'n gebou                                        (1)
                                                                                            [30]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                             6                        DBE/November 2017
                                              NSS

VRAAG 2: GEVORDERDE KONSTRUKSIE EN TOERUSTING

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

2.1       Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
          Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
          (2.1.1–2.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 2.1.6 C.

          2.1.1      …-fondasie word gebruik wanneer grond nie gewone fondasies kan
                     steun nie.

                     A   Strook
                     B   Trap
                     C   Vlot
                     D   Heipaal                                                               (1)

          2.1.2      Tydens die vervoer van aangemaakte beton kan ... plaasvind.

                     A   ontsouting
                     B   segregasie
                     C   nabehandeling
                     D   krimping                                                              (1)

          2.1.3      ...-boë moet gepleister word.

                     A   Pas
                     B   Ru
                     C   Voussoir (Boogsteen)
                     D   Intrados (Binnewelwing)                                               (1)

          2.1.4      …. word gebruik om te voorkom dat beton aan bekisting kleef.

                     A   Water
                     B   Skuurverseëlaar
                     C   Verdunningsmiddel
                     D   Olie                                                                  (1)

          2.1.5      … word gebruik om die hoofstawe van die wapening van 'n kolom by
                     mekaar te hou.

                     A   Spasieerders
                     B   Skuifstawe
                     C   Beuels
                     D   Muurbinte                                                             (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                               7                       DBE/November 2017
                                                NSS

2.2       FIGUUR 2.2 hieronder is 'n foto van 'n instrument wat vir opmeting
          gebruik word.

                                               FIGUUR 2.2

          2.2.1      Identifiseer die instrument in FIGUUR 2.2 hierbo.                            (1)

          2.2.2      Beskryf EEN funksie van hierdie instrument.                                  (1)

          2.2.3      Noem die onderdeel waarop hierdie instrument gemonteer moet
                     word.                                                                        (1)

          2.2.4      Noem die bybehore wat saam met die instrument gebruik word om
                     'n lesing te verkry.                                                         (1)

          2.2.5      Beskryf hoekom die instrument in die oorspronklike omhulsel/houer
                     gestoor moet word nadat dit gebruik is.                                      (1)

2.3       FIGUUR 2.3 hieronder is 'n illustrasie van 'n voorafgegiete vloerblad.
          Bestudeer die illustrasie en beantwoord die vrae wat volg.

                                                                         A

                                                                         B

                             C
                                               FIGUUR 2.3

          2.3.1      Noem die tipe vloerkonstruksie wat in FIGUUR 2.3 hierbo
                     geïllustreer word.                                                           (1)

          2.3.2      Identifiseer A, B en C.                                                      (3)

          2.3.3      Gee EEN rede hoekom jy eerder die tipe vloerkonstruksie in
                     FIGUUR 2.3 sal gebruik, as 'n in situ-giethangvloer.                         (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                              8                         DBE/November 2017
                                               NSS

2.4       FIGUUR 2.4 hieronder toon 'n deursneeaansig van 'n spoumuur.

                                                A

                              B

                                             FIGUUR 2.4

          2.4.1      Identifiseer A en B.                                                        (2)

          2.4.2      Noem EEN ander plek in 'n gebou waar jy materiaal B sal vind.               (1)

          2.4.3      Noem EEN voordeel van 'n spoumuur.                                          (1)

2.5       Verduidelik die term binnewelwing (intrados) en buitewelwing (ekstrados),
          soos in boë gebruik.                                                                   (2)

2.6       FIGUUR 2.6 hieronder toon toerusting wat gebruik word om beton te toets.

                                             FIGUUR 2.6

          2.6.1      Identifiseer die toerusting wat in FIGUUR 2.6 hierbo getoon word.           (1)

          2.6.2      Noem EEN ander stuk toerusting wat saam met hierdie toerusting
                     gebruik moet word wanneer die betontoets uitgevoer word.                    (1)

          2.6.3      Noem die tipe toets wat met hierdie toerusting uitgevoer word.              (1)

          2.6.4      Verduidelik die doel van hierdie toets.                                     (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                                9                        DBE/November 2017
                                                 NSS

2.7       FIGUUR 2.7 op ANTWOORDBLAD 2.7 is 'n skets van 'n eenvoudige
          ondersteunde balk met 'n hoofstaaf en 'n ankerstaaf wat met wapening in
          posisie, aan 'n kolom bevestig is. Voltooi die skets op ANTWOORDBLAD 2.7
          deur die volgende staalwapening in posisie te teken:

          •    Skuifstaaf
          •    Beuels/Binders in die res van die balk                                                 (2)

2.8       FIGUUR 2.8 hieronder toon TWEE tipes wapeningstawe wat vir die
          versterking van beton gebruik kan word. Bestudeer die figuur en benoem ELK
          van die wapeningstawe. Skryf die antwoord langs die vraagnommer
          (2.8.1–2.8.2) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                                        2.8.1            2.8.2
                                                FIGUUR 2.8                                            (2)

2.9       FIGUUR 2.9 hieronder toon die bekisting van 'n vierkantige kolom. Bestudeer
          die figuur en beantwoord die vrae wat volg.

                                                                   A

                                                                   B

                                                                   C
                                                                   D
                                                                   E

                                                FIGUUR 2.9

          2.9.1      Noem EEN materiaal waarvan A vervaardig kan word.                                (1)

          2.9.2      Identifiseer B tot E.                                                            (4)

          2.9.3      Voorspel wat sal gebeur indien E nie geïnstalleer is nie.                        (1)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                           10                  DBE/November 2017
                                            NSS

2.10      Noem EEN nadeel van 'n stapelmuur.                                            (1)

2.11      FIGUUR 2.11 op ANTWOORDBLAD 2.11 toon 'n gedeelte van
          'n stapelmuurkonstruksie met 'n houtraamwerk. Voltooi die tekening op
          ANTWOORDBLAD 2.11 deur die volgende in goeie verhouding by te voeg:

          •    Bekleding
          •    Die lyswerk by die plafon en die muur
          •    Die lyswerk by die vloer en die muur                                     (3)

2.12      Noem EEN tipe heipaalfondasie.                                                (1)
                                                                                        [40]

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                             11                        DBE/November 2017
                                              NSS

VRAAG 3: SIVIELE DIENSTE

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

3.1       FIGUUR 3.1 hieronder toon 'n watersperder wat in siviele dienste
          gebruik word.

                                            FIGUUR 3.1

          3.1.1      Identifiseer die watersperder hierbo.                                      (1)
          3.1.2      Verduidelik die doel van 'n watersperder.                                  (1)

3.2       Noem TWEE faktore wat die temperatuur van die water in 'n sonverwarmer
          bepaal.                                                                               (2)

3.3       Jy is 'n loodgieter en moet die volgende vrae van 'n kliënt beantwoord:
          3.3.1      Noem die deel in 'n elektriese geiser wat gebruik word om water
                     warm te maak.                                                              (1)
          3.3.2      Verduidelik waarom die kouewaterinlaat aan die onderkant van die
                     geiser gemonteer word en die warmwateruitlaat aan die bokant van
                     die geiser gemonteer word.                                                 (2)
          3.3.3      Noem die komponent wat vir veiligheidsredes geïnstalleer word om
                     te voorkom dat die geiser bars wanneer die water te warm word.             (1)

3.4       FIGUUR 3.4 is 'n foto van 'n stormwaterrooster op 'n pad. Bestudeer die foto
          en beantwoord die vrae wat volg.

                                             FIGUUR 3.4
          3.4.1      Verduidelik die funksie van die rooster.                                   (1)
          3.4.2      Noem EEN gevolg indien die rooster verstop is.                             (1)
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                            12                       DBE/November 2017
                                             NSS

3.5       Watervoorsiening is 'n basiese lewensbehoefte. As gevolg van 'n gebrek aan
          munisipale dienste belê al hoe meer mense in boorgatstelsels.

          Noem TWEE meganiese metodes wat gebruik kan word om water uit
          'n boorgat te verkry.                                                                (2)

3.6       FIGUUR 3.6 op ANTWOORDBLAD 3.6 toon 'n onvoltooide vloerplan van
          'n kombuis. Voltooi die tekening op ANTWOORDBLAD 3.6 deur die simbole
          vir die volgende elektriese toebehore en bedrading te teken:

          3.6.1      Fluoresseerlig by A                                                       (2)

          3.6.2      Verdeelbord by B                                                          (2)

          3.6.3      Dubbelpool-eenrigtingligskakelaar by C                                    (2)

          3.6.4      Elektriese bedrading vanaf C na A                                         (2)

3.7       FIGUUR 3.7 op ANTWOORDBLAD 3.7 toon die onvoltooide uitleg van
          'n eenpyp-rioolstelsel wat aan 'n riooltenk verbind is. Sanitêre toebehore is
          met simbole aangedui. Bestudeer die tekening en teken die volgende op
          ANTWOORDBLAD 3.7 met die korrekte simbole. Alle regulasies en
          ontwerpbeginsels van 'n goeie rioolstelsel moet nagekom word.

          •    1 x steekoog
          •    1 x rioolput
          •    1 x ventilasiepyp
          •    2 x takpype
          •    2 x inspeksie-oë
          •    Enige DRIE afkortings vir rioolkomponente                                       (10)
                                                                                               [30]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                            13                      DBE/November 2017
                                             NSS

VRAAG 4: HOEVEELHEDE, MATERIAAL EN VERBINDING

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

4.1       Hieronder is foto's van hegmiddels wat op 'n bouterrein gebruik word. Skryf
          die naam en EEN gebruik van ELKE hegmiddel langs die vraagnommer
          (4.1.1–4.1.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.

              4.1.1                  4.1.2                   4.1.3

                                                                                                (6)

4.2       Noem EEN hegmiddel wat jy sal gebruik wanneer kaplatte aan daksparre
          (kapsparre/kapbene) geheg word.                                                       (1)

4.3       Noem TWEE voordele van spykers bo skroewe.                                            (2)

4.4       Noem EEN pyp wat deur middel van 'n kompressielas geheg kan word.                     (1)

4.5       FIGUUR 4.5 op die volgende bladsy toon die uitleg van die latwerk van
          'n plafonkonstruksie en die vier mure. Bestudeer die tekening en voltooi die
          onvoltooide snylys. Skryf die antwoord langs die vraagnommer (4.5.1–4.5.7)
          in die ANTWOORDEBOEK neer.

          Gebruik die volgende spesifikasies om die vraag te beantwoord:

          •     Plafonbord: 6,4 mm x 900 mm x 3 600 mm
          •     Plafonlatte: 38 mm x 38 mm
          •     Plafonlatte word 75 mm vanaf elke muur geplaas
          •     Kroonlyste: 75 mm x 75 mm
          •     Houtdekstroke: 45 mm x 10 mm                                                    (7)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                               14                          DBE/November 2017
                                                NSS

                                                                                     3 600

                                          4 800

                                        FIGUUR 4.5

                                   SNYLYS VIR PLAFON
                     HOEVEEL-   EEN-                                TOTALE
     DEEL                              LENGTE     BREEDTE   DIKTE               MATERIAAL
                       HEID     HEID                                LENGTE
 Langmuur-
 plafonlatte/           2       mm     4 800          38    4.5.1   9 600       SA den
 Plafonlatte
 Intermediêre
 plafonlatte/         4.5.2     mm     4 574          38     38     13 722      SA den
 Plafonlatte
 Kortmuur-
 plafonlatte/           2       mm      4.5.3         38     38     6 748       SA den
 Plafonlatte
 Plafonborde            6       mm      4.5.4         900    6,4    21 600      Gipsbord
 Kroonlyste:
                        2       mm     4 800          75     75      4.5.5      Gipsbord
 Lang muur
 Kroonlyste:
                        2       mm      4.5.6         75     75     7 200       Gipsbord
 Kort muur
 Houtdek-
                        5       mm     3 450          45     10      4.5.7      SA den
 stroke

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                               15                         DBE/November 2017
                                                NSS

4.6       FIGUUR 4.6 hieronder toon die vloerplan van 'n vertrek. Jy moet plafonborde
          en vloerlyste in hierdie vertrek installeer.

          SPESIFIKASIES:

          •    Buiteafmetings van die vertrek: 7 000 mm x 4 000 mm
          •    Die buitemure is eensteenmure (220 mm)
          •    Grootte van skuifdeur: 3 000 mm breed x 2 000 mm hoog
          •    Grootte van plafonborde: 4 200 mm x 1 200 mm

                                                   7 000

                     4 000

                                               FIGUUR 4.6

          Gebruik ANTWOORDBLAD 4.6 en beantwoord die volgende vrae:

          4.6.1         Bereken die binne-oppervlakte van die vertrek in vierkante
                        meter (m²). Rond jou antwoord tot TWEE desimale plekke af.                 (6)

          4.6.2         Bereken die oppervlakte van EEN plafonbord in vierkante meter (m²).

          4.6.3         Bereken die lengte van die vloerlys benodig in meter (m). Ignoreer
                        die dagwange.                                                              (4)
                                                                                                   [30]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                            16                        DBE/November 2017
                                             NSS

VRAAG 5: TOEGEPASTE MEGANIKA

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

5.1       FIGUUR 5.1 hieronder toon 'n gevormde lamel. Alle afmetings is in millimeter.

          Bestudeer die lamel en bereken die sentroïed van die lamel vanaf A-A.
          Rond jou antwoord tot TWEE desimale plekke af.

          WENK: Gebruik die formule op die FORMULEBLAD.

                                        15             30      15
                                   A

                            45
                                                   2

                            60                          1

                                   A                   60

                                          FIGUUR 5.1                                           (10)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                                  17                              DBE/November 2017
                                                   NSS

5.2       FIGUUR 5.2 toon die ruimtediagram van 'n dakkap met twee puntlaste en
          'n spanwydte van 10 meter.

                                                   40 N

                                               B
                                      60 N
                                                                  C

                                               F          G
                             A
                                      E
                             45°             45°                      45°
                                                          D
                                                   10 m
                     RL = 65 N                                              RR = 35 N

                                              FIGUUR 5.2

          5.2.1      Gebruik ANTWOORDBLAD 5.2 en ontwikkel en teken 'n
                     vektordiagram om die aard en grootte van die kragte in die dele
                     (onderdele) van die dakkap grafies te bepaal.
                     Gebruik skaal 1 mm = 1 N.                                                               (8)

          5.2.2      Gebruik die inligting in die ruimtediagram en vektordiagram en
                     voltooi die tabel op ANTWOORDBLAD 5.2.                                                  (4)

5.3       FIGUUR 5.3 hieronder toon die ruimtediagram van 'n balk met 'n spanwydte
          van 12 meter, met drie puntlaste en 'n egalig verspreide las. Bestudeer die
          diagram en beantwoord die vrae wat volg.

                                 5N       5 N/m           7N                 4N

                        2m                   4m                       3m           3m
                A                B            C               D              E                  F
              RL = 22 N                                                                 RR = 14 N

                                               FIGUUR 5.3

          5.3.1      Herlei die egalig verspreide las tot 'n puntlas en skryf die waarde
                     van die herleide puntlas neer.                                                          (1)

          5.3.2      Bepaal die afstand van die herleide egalig verspreide las wat nou
                     'n puntlas vanaf RR is.                                                                 (1)
Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                           18                        DBE/November 2017
                                            NSS

          5.3.3      Bepaal die afstand van die herleide egalig verspreide las wat nou
                     'n puntlas vanaf RL is.                                                  (1)

          5.3.4      Die waarde van die buigmomente by A = 0 Nm, B = 44 Nm,
                     C = 68 Nm, D = 72 Nm, E = 42 Nm en F = 0 Nm. Gebruik al
                     die beskikbare inligting en teken die buigmomentdiagram op
                     ANTWOORDBLAD 5.3. Gebruik skaal 1 mm = 1 Nm.                             (5)
                                                                                              [30]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
    Siviele Tegnologie                           19                      DBE/November 2017
                                                NSS

    VRAAG 6: GRAFIKA EN KOMMUNIKASIE

    6.1       FIGUUR 6.1 hieronder toon die suidaansig van 'n voorgestelde woonhuis.

              Bestudeer die tekening en voltooi die tabel op ANTWOORDBLAD 6.1.

                                                                                                   1

                                                                                                   2

                                                                                                   3

4

                           7                             6
                                   Skaal 1 : 100
                                                                                                   5
                                   Suidaansig

                                        FIGUUR 6.1                                              (15)

    Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                                20                    DBE/November 2017
                                                 NSS

6.2       FIGUUR 6.2 hieronder toon die vloerplan van 'n eenslaapkamerhuis.

                 3 000             2 000                3 500

220                      110               110                             220   220

                                                                                       2 000

                                                                                 110

                                                                                       2 000
                     B

                     B                                                           220

                                    FIGUUR 6.2
          Teken op ANTWOORDBLAD 6.2, volgens skaal 1 : 20, 'n vertikale
          deursneeaansig op snylyn B–B om die boonste gedeelte van die bobou-muur
          en 'n bietjie meer as die helfte van die SA (Howe)-dakkap met 'n geslote (toe)
          dakrand en 'n oorhang van 500 mm te toon. Begin jou tekening vanaf die punt
          wat op die antwoordblad gegee is.
          SPESIFIKASIES:
          •    Muur: 220 mm, aan beide kante gepleister
          •    Pleister: 20 mm dik
          •    Muurplaat: 114 mm x 38 mm
          •    Spanwydte van dak: 4 110 mm
          •    SA (Howe)-dakkap met 'n geslote (toe) dakrand
          •    Helling van dak: 30°
          •    Bindbalk: 114 mm x 38 mm
          •    Daksparre/Kapsparre/Kapbene: 114 mm x 38 mm
          •    Hoofstyl: 114 mm x 38 mm
          •    Hangstyl: 114 mm x 38 mm
          •    Stut: 114 mm x 38 mm
          •    Fassiebord: 228 mm x 32 mm

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                            21       DBE/November 2017
                                             NSS

          Geslote (Toe) dakrand:

          •    Hangers: 38 mm x 38 mm
          •    Draers: 38 mm x 38 mm
          •    Veselsement-plafonborde/Soffietborde

          Drukskryf die titel onderaan die tekening.

          Toon enige DRIE byskrifte op die tekening.                       (25)
                                                                           [40]

                                                            TOTAAL:        200

Kopiereg voorbehou

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                            DBE/November 2017
                                   NSS

SENTRUMNOMMER:

EKSAMENNOMMER:

ANTWOORDBLAD 1.7

                                 FIGUUR 1.7

  ASSESSERINGS-          PUNT   KANDIDAAT
      KRITERIA                   SE PUNT
Stryklaag                 1
Hoeksteen                 1
Vrousluiter               1
Koplaag                   1
TOTAAL                    4

Kopiereg voorbehou

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                               DBE/November 2017
                                      NSS

SENTRUMNOMMER:

EKSAMENNOMMER:

ANTWOORDBLAD 2.7

                                   FIGUUR 2.7

    ASSESSERINGS-           PUNT     KANDIDAAT
        KRITERIA                      SE PUNT
Skuifstaaf korrek geteken    1
Beuels korrek geteken        1
TOTAAL                       2

Kopiereg voorbehou

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                                              DBE/November 2017
                                           NSS

SENTRUMNOMMER:

EKSAMENNOMMER:

ANTWOORDBLAD 2.11

                                   FIGUUR 2.11

            ASSESSERINGS-                        PUNT   KANDIDAAT
                KRITERIA                                 SE PUNT
Bekleding korrek geteken                          1
Lyswerk by plafon en muur korrek geteken          1
Lyswerk by vloer en muur korrek geteken           1
TOTAAL                                            3

Kopiereg voorbehou

### Page 25

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                                       DBE/November 2017
                                       NSS

SENTRUMNOMMER:

EKSAMENNOMMER:

ANTWOORDBLAD 3.6

                                       C         YSKAS

                                A

                       B

                                    FIGUUR 3.6

    ASSESSERINGS-          PUNT        KANDIDAAT
         KRITERIA                       SE PUNT
Fluoresseerlig              2
Verdeelbord                 2
Dubbelpoolligskakelaar
                            2
(eenrigting)
Elektriese bedrading        2
TOTAAL                      8

Kopiereg voorbehou

### Page 26

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                              DBE/November 2017
                                     NSS

SENTRUMNOMMER:

EKSAMENNOMMER:

ANTWOORDBLAD 3.7

                                                 MG

                                                 RIOOLTENK

                                  FIGUUR 3.7

    ASSESSERINGS-          PUNT     KANDIDAAT
        KRITERIA                     SE PUNT
Steekoog                    1
Rioolput                    1
Ventilasiepyp               1
Takpype 45°                 2
Inspeksie-oë                2
Enige DRIE afkortings       3
TOTAAL                      10

Kopiereg voorbehou

### Page 27

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                                                    DBE/November 2017
                                          NSS

SENTRUMNOMMER:

EKSAMENNOMMER:

ANTWOORDBLAD 4.6

Skryf jou antwoorde in die ruimtes wat met _________ aangedui is.

          A          B      C                              D
                                    Binne-afmetings van vertrek:
                                    Lang mure = ______ – 2/_____
                                                = ______
                                    Kort mure = ______ – 2/_____
                                                = ______
                                                                             (4)
          1/    _____               Binne-oppervlakte van vertrek:
                _____    _____ m²
                                                                             (2)
                                    Oppervlakte van een plafonbord:
          1/    _____               Een bord is ______ mm x ______ mm
                _____    _____ m²                                            (3)

                                    Lengte van vloerlys:
                                    =
                                    =
                                    =

                                                                             (4)

Kopiereg voorbehou

### Page 28

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                                                          DBE/November 2017
                                               NSS

SENTRUMNOMMER:

EKSAMENNOMMER:

ANTWOORDBLAD 5.2
                                               40 N

                                           B
                                  60 N
                                                          C

                                           F          G
                           A
                                  E
                           45°           45°                  45°
                                                      D
                                               10 m
                     RL = 65 N                                      RR = 35 N

                                                                                       a

                                                                                                (8)
ONDERDEEL             AARD            GROOTTE
AE
DG

Toleransie van 1 N na elke kant                                                                 (4)

Kopiereg voorbehou

### Page 29

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                                          DBE/November 2017
                                       NSS

SENTRUMNOMMER:

EKSAMENNOMMER:

ANTWOORDBLAD 5.3

                          5N   5 N/m   7N         4N

                     2m         4m           3m        3m
        A                 B      C     D          E           F
      RL = 22 N                                         RR = 14 N

            A             B      C     D          E          F

Kopiereg voorbehou

### Page 30

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                                              DBE/November 2017
                                             NSS

SENTRUMNOMMER:

EKSAMENNOMMER:

ANTWOORDBLAD 6.1

NR.                     VRAE                        ANTWOORDE          PUNTE
  1     Wat is die titel van die tekening?                                 1

  2     Identifiseer nommer 1.                                             1

  3     Identifiseer nommer 2.                                             1

  4     Identifiseer nommer 3.                                             1

  5     Identifiseer nommer 4.                                             1

  6     Identifiseer nommer 5.                                             1

  7     Identifiseer nommer 6.                                             1

  8     Identifiseer nommer 7.                                             1

        Noem die tipe dak aan die oostekant
  9                                                                        1
        van die huis.
        Noem die tipe dak aan die westekant
 10                                                                        1
        van die huis.
        Noem die materiaal wat vir die
 11                                                                        1
        fassiebord gebruik kan word.
        Aan hoeveel kante van die gebou sal
 12                                                                        1
        jy fassieborde vind?
        Teken die boaansig (daklyn) van die
 13     dak vir die aansig wat in FIGUUR 6.1                               3
        aangedui is.
                                               TOTAAL                     15

Kopiereg voorbehou

### Page 31

Siviele Tegnologie
                     Downloaded from hlayiso.com               DBE/November 2017
                                 NSS
                                                  ASSESSERINGS-
                                                                          PUNTE   LP
SENTRUMNOMMER:                                         KRITERIA
                                             Korrektheid van tekening       3
EKSAMENNOMMER:                               Buitemuur                      1
                                             Simbool vir muur                1
ANTWOORDBLAD 6.2                             Pleister                       2
                                             Muurplaat                       1
                                             Bindbalk                       1
                                             Daksparre/Kapsparre/
                                                                            2
                                             Kapbene
                                             Stut                            1
                                             Hangstyl                        1
                                             Hoofstyl                        1
                                             Fassiebord                      1
                                             Hanger                          1
                                             Draer                           1
                                             Veselsement-plafonbord         1
                                             Enige DRIE byskrifte            3
                                             Drukskryf titel                1
                                             Toepassing van skaal
                                             Een of twee verkeerd = 3
                                             Drie of vier verkeerd = 2
                                             Meer as vyf verkeerd = 1
                                             Geen afmeting korrek nie = 0   3
                                             TOTAAL                         25

              A

Kopiereg voorbehou

### Page 32

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie                                                        DBE/November 2017
                                               NSS

                                      FORMULEBLAD

BELANGRIKE AFKORTINGS

SIMBOOL         BESKRYWING       SIMBOOL        BESKRYWING SIMBOOL           BESKRYWING
   c              Sentroïed         b           Breedte/Wydte  r                Radius
    ℓ              Lengte           s                Sy       A               Oppervlakte

FORMULES

OPPERVLAKTE              FORMULE                FORMULE         FORMULE VIR DIE POSISIE
    VAN                 (in woorde)            (in simbole)        VAN SENTROÏEDE
                                                                   X-as          Y-as
                                                                    s             s
Vierkant                   sy x sy                   s×s
                                                                    2             2
                                                                     ℓ            b
Reghoek               lengte x breedte               ℓ×b
                                                                    2             2
Reghoekige                                                          b             h
                     ½ x basis x hoogte          ½b × h
driehoek                                                            3             3
Gelyksydige
driehoek/                                                             b              h
                     ½ x basis x hoogte          ½b × h
Gelykbenige                                                           2              3
driehoek

                                                 (A1× d) ± (A2 × d)
                      Posisie van sentroïed =
                                                Totale oppervlakt e

                                            OF

                                          Y=
                                                ∑ Ay
                                                ∑A

                                            OF

                                          X=
                                                ∑ Ax
                                                ∑A

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Civil Technology Nov 2017 Eng](https://www.hlayiso.com/library/civil-technology-nov-2017-eng/3bf1e781-deea-4626-883d-f87f96194cca) — Civil Technology · QP · 2017 · Eng
- [CIVIL TECH GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/civil-tech-gr12-qp-sept2017-afrikaans/34ee00b4-5e69-4625-8608-29bedd7c351e) — Civil Technology · QP · 2017 · Afr
- [Civil Technology Feb March 2017 Afr](https://www.hlayiso.com/library/civil-technology-feb-march-2017-afr/7edd3752-0a76-447c-9045-6774cbc6d9ac) — Civil Technology · QP · 2017 · Afr
- [Civil Technology Feb March 2017 Eng](https://www.hlayiso.com/library/civil-technology-feb-march-2017-eng/f64054c6-cf10-48ae-b3d8-ab4a4f6d275a) — Civil Technology · QP · 2017 · Eng
- [Civil Technology Nov 2023 (Construction) Eng](https://www.hlayiso.com/library/civil-technology-nov-2023-construction-eng/e6743728-8140-42ae-838d-282654a975a5) — Civil Technology · QP · 2023 · Eng
- [Civil Technology Nov 2023 (Civil Services) Afr](https://www.hlayiso.com/library/civil-technology-nov-2023-civil-services-afr/b820ac91-947c-4aed-821f-256aa13aabe1) — Civil Technology · QP · 2023 · Afr

## More from Grade 12 Civil Technology

- [Civil Technology (Woodworking) (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/civil-technology-woodworking-afrikaans-june-2025-possible-answers/c0a65d19-28ca-4ac3-8c61-d4627d2a3133) — Memo · 2025 · Afr
- [Civil Technology Nov 2025 (Construction) MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-civil-technology-2025-nsc-november-exam-memorandum/0e265899-dc44-4809-aabf-8f374f1af392) — Memo · 2025 · Eng
- [CIV TECH GR12 MEMO SEPT2024 Construction Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr12-memo-sept2024-construction-afrikaans/162bcc65-80ad-4384-b293-36da22468b06) — Memo · 2024 · Afr
- [CIV TECH GR12 MEMO SEPT2024 Civil Services English](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr12-memo-sept2024-civil-services-english/c1f2441d-22ba-4ae6-9e56-137cc442080c) — Memo · 2024 · Eng
- [CIV TECH GR12 MEMO SEPT2024 Construction English](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr12-memo-sept2024-construction-english/4d9c54ef-f526-46ad-82d4-8dd419eafb50) — Memo · 2024 · Eng
- [CIV TECH GR12 MEMO SEPT2024 Woodworking English](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr12-memo-sept2024-woodworking-english/6e7f4be5-4ffb-4654-b98b-b4cc4dfc4cc7) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
