# Civil Technology Grade 12 NSC November 2018 QP (Afr)

> Grade 12 Civil Technology question paper from the NSC November Exam 2018 (Afrikaans), 25 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/civil-technology-nov-2018-civil-services-afr/f0eeb751-cd66-4e0f-9849-d2c7d4545e50
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Civil Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: NSC November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 25

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Civil Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/civil-technology) › [Civil Technology Grade 12 NSC November 2018 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/civil-technology-nov-2018-civil-services-afr/f0eeb751-cd66-4e0f-9849-d2c7d4545e50)

## About this document

Civil Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2018. Question paper, 25 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                NASIONALE
                            SENIOR SERTIFIKAAT

                                   GRAAD 12

                     SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE

                                 NOVEMBER 2018

PUNTE: 200

TYD: 3 uur

             Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye en 8 antwoordblaaie.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Siviele Dienste           2                            DBE/November 2018
                                             NSS

BENODIGHEDE:

1.        Tekeninstrumente

2.        'n Nieprogrammeerbare sakrekenaar

3.        ANTWOORDEBOEK

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae.

2.        Beantwoord AL die vrae.

3.        Beantwoord elke vraag as 'n geheel. MOENIE onderafdelings van vrae
          skei NIE.

4.        Begin die antwoord op ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

5.        MOENIE in die kantlyn van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.

6.        Jy mag sketse gebruik om jou antwoorde te illustreer.

7.        Skryf ALLE berekeninge en antwoorde in die ANTWOORDEBOEK of op die
          aangehegte ANTWOORDBLAAIE.

8.        Gebruik die puntetoekenning as 'n riglyn vir die lengte van jou antwoorde.

9.        Maak tekeninge en sketse met potlood, volledig gemaatskryf en netjies met
          beskrywende opskrifte en aantekeninge afgerond, in ooreenstemming met die
          SANS/SABS se Gebruikskode vir Boutekenepraktyk.

10.       Vir die doel van hierdie vraestel moet die grootte van 'n steen as
          220 mm x 110 mm x 75 mm geneem word.

11.       Gebruik jou eie oordeel waar afmetings en/of inligting ontbreek.

12.       Beantwoord VRAAG 2, 3.2, 3.6, 5.2, 5.3 en 6.3 op die aangehegte
          ANTWOORDBLAAIE en gebruik tekeninstrumente, waar nodig.

13.       Skryf jou SENTRUMNOMMER en EKSAMENNOMMER op elke
          ANTWOORDBLAD en lewer dit saam met jou ANTWOORDEBOEK in, al het
          jy dit nie gebruik nie.

14.       Tekeninge in die vraestel is NIE volgens skaal NIE as gevolg van elektroniese
          oordrag.

15.       Google Images is as die bron vir alle foto's en prentjies gebruik.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Siviele Dienste           3                            DBE/November 2018
                                             NSS

VRAAG 1:        WBGV, MATERIAAL, GEREEDSKAP, TOERUSTING EN HEGTING
                (GENERIES)

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
1.1       Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by 'n item in KOLOM A pas. Skryf slegs
          die letter (A–G) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.5) in die
          ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.6 H.

                           KOLOM A                               KOLOM B
           1.1.1      Voetbalk/Voetplaat    A      moet nie in die nabyheid van
                                                   elektriese kabels gebruik word nie
           1.1.2      Aluminiumleer
                                            B      om yster en staal met 'n laag sink te
           1.1.3      Steier                       bedek om te keer dat dit roes

           1.1.4      Veiligheidsnet        C      voorkom die spat van chemikalieë

           1.1.5      Galvanisering         D      beskerm metaal, hout en ander
                                                   materiaal teen roes en verwering

                                            E      voorkom dat vallende voorwerpe
                                                   werkers beseer

                                            F      voorkom dat vertikale staanders in
                                                   die grond insink

                                            G      moet van skopplate voorsien word
                                                   om te keer dat voorwerpe afval
                                                                                  (5 x 1)         (5)

1.2       Beskryf TWEE veiligheidsmaatreëls wat gevolg moet word wanneer daar op
          'n steier gewerk word.                                                                  (2)

1.3       Wat is die doel van die skutreling van 'n steier ten opsigte van veiligheid?            (2)

1.4       Verduidelik die doel van verf.                                                          (2)

1.5       Beskryf EEN voordeel van die nabehandelingsproses van beton.                            (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Siviele Dienste             4                           DBE/November 2018
                                               NSS

1.6       FIGUUR 1.6 hieronder toon                   'n   gereedskapstuk   wat       in   die
          boukonstruksiebedryf gebruik word.

                                                                                  A

                                             FIGUUR 1.6

          1.6.1      Identifiseer gereedskapstuk A.                                                (1)

          1.6.2      Verduidelik TWEE gebruike van gereedskapstuk A.                               (2)

          1.6.3      Verduidelik waarom die battery uit die gereedskapstuk gehaal moet
                     word wanneer dit vir 'n lang tydperk nie gebruik word nie.                    (1)

1.7       FIGUUR 1.7 hieronder toon hegstukke wat op bouterreine en in werkswinkels
          gebruik word.

                                A                                      B
                                             FIGUUR 1.7

          1.7.1      Identifiseer hegstuk A en hegstuk B.                                          (2)

          1.7.2      Verduidelik EEN gebruik van hegstuk A en hegstuk B onderskeidelik.            (2)
                                                                                                   [20]

VRAAG 2: GRAFIKA AS KOMMUNIKASIEMIDDEL (GENERIES)

FIGUUR 2 op die volgende bladsy toon verskillende tekeninge wat op 'n bouplan
voorkom. Analiseer die tekeninge en voltooi die tabel op ANTWOORDBLAD 2.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
    Siviele Tegnologie: Siviele Dienste                5                             DBE/November 2018
                                                      NSS

                                                                   1       NOTAS:
                                                                           Kontrakteurs moet alle afmetings en
                                                                           hoogtes op die terrein bevestig voor
                                                                           daar met die werk begin word.
                                                                           Argitekte moet onmiddellik van
                                                                   2       enige afwykings in kennis gestel
                                                                           word.
7
                                                                           ARGITEK SE HANDTEKENING ……………
                                                                   3
                                                                           KLIËNT SE HANDTEKENING ………………

                        V1                 V2                              Die volgende moet voor die
                                                                           skuifdeur geplaas word:
                                                                   4

                                                                                            1 : 10
8
                                                                   5
                                           V3
                                                VVV                        Toegang tot die eerste verdieping
                                                                   6
                                                                           moet deur middel van die volgende
                                                                           wees:
                                   FIGUUR A

                                                                           HERSIENING       DATUM        BESKRYWING

                                                                           GEDRUK DEUR:            DRUKDATUM:
        220              3 000            110
220                                                                220
                                                                           NKOSI DRUKKERS          2018/10/02

                                                                           TEKENINGTITEL:
                                                                           TERREINPLAN ERF 1843

                    9                                                      PROJEK:
                                                                           VOORGESTELDE WONING OP ERF 1843,

2 000                                                              2 000
                   BADKAMER
                                                                           DIEPRIVIER
              V4     10

                        11                                                 PROJEKNR.            TEKENINGNR.
         12                                SITKAMER                        GR 557-102           557P9
         13    W   14
                              15                                           DATUM GETEKEN NAGESIEN              SKAAL
110                                                     V3                 25/4/2018 JP MALOI P BRITZ          1 : 100

              V3
                                                                   4 000            VERWYSINGKODE
                             KANTOOR                                                   QP 1 - 2018

                                                                               VENSTER 2                 VENSTER 3

                                                                                    900                      2 000
                                              V2
                                110        2 800             220   220      1 200                1 200

                                    FIGUUR B

                                                      FIGUUR 2                                                   [40]

    Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Siviele Dienste            6                     DBE/November 2018
                                              NSS

VRAAG 3:        KONSTRUKSIE WAT MET SIVIELE DIENSTE VERBAND HOU,
                WBGV EN HOEVEELHEDE (SPESIFIEK)

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

3.1       FIGUUR 3.1 hieronder toon 'n deursneeaansig van 'n mangat. Bestudeer die
          tekening en beantwoord die vrae wat volg.

                             A
                             B

                                            FIGUUR 3.1

          3.1.1        Wat is die hooffunksie van 'n mangat?                                (1)

          3.1.2        Identifiseer A.                                                      (1)

          3.1.3        Identifiseer B.                                                      (1)

          3.1.4        Mangate wat dieper as 750 mm is, moet in raamwerke gegiet/
                       gebou word en rame moet gesmeerde dubbelafdigtingseëls hê.
                       Gee TWEE redes waarom gesmeerde dubbelafdigtingseëls
                       geïnstalleer word.                                                   (2)

3.2       ANTWOORDBLAD 3.2 toon 'n boaansig van 'n T-aansluiting van 'n
          halfsteenmuur wat in strykverband met gewone/pleisterstene gebou is. Teken
          die deursneevooraansig op snylyn A-A deur dit van die boaansig te
          projekteer. Die vooraansig moet VYF steenlae hê.                                  (10)

3.3       Noem DRIE regulasies wat werkers gedurende uitgrawings beskerm.                   (3)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Siviele Dienste           7                         DBE/November 2018
                                             NSS

3.4       FIGUUR 3.4 hieronder toon TWEE verskillende tipes skoring/bekisting.

                                  A                 B

                                            FIGUUR 3.4

          3.4.1        Verskillende tipes bekisting word vir verskillende grondtipes
                       gebruik.

                       Watter tipe bekisting, A of B, sal geskik wees om in los of
                       waterdeurdrenkte grond te gebruik?                                      (1)

          3.4.2        Motiveer jou antwoord op VRAAG 3.4.1.                                   (1)

3.5       Kies die korrekte woord/term tussen hakies. Skryf slegs die woord/term langs
          die vraagnommers (3.5.1 tot 3.5.2) in die ANTWOORDEBOEK neer.

          3.5.1        Om in beperkte ruimtes, soos 'n (mangat/stapelriool/uitgrawing),
                       te werk, is een van die gevaarlikste take.                              (1)

          3.5.2        'n Veiligheidsharnas word aan 'n tou vasgeknip wat as 'n
                       (veiligheidstou/lewenslyn) bekend staan.                                (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Siviele Dienste             8                         DBE/November 2018
                                               NSS

3.6       FIGUUR 3.6 hieronder toon 'n onvoltooide deursneeaansig deur die stene en
          betonvloerblad van 'n mangat.

          Gebruik ANTWOORDBLAD 3.6 en beantwoord die volgende vrae.

                                               900

                                  1 000

                                  125

                                                             75

                                   1 150                     1 000

                                              1 000

                                             FIGUUR 3.6

          3.6.1        Bereken die volume beton wat vir die fondasie gebruik sal word.
                                                                                                 (4)
                       Rond jou antwoord tot TWEE desimale af.

          3.6.2        Bereken die aantal stene wat vir die mangat benodig word.

                       Spesifikasies:

                            Die muur is 'n eensteenmuur
                            Die hartlyn vir die steenwerk van die mangat is 4,96 m
                            100 stene per vierkante meter (m²) word vir 'n eensteenmuur
                             benodig                                                             (4)
                                                                                                 [30]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Siviele Dienste            9                          DBE/November 2018
                                              NSS

VRAAG 4:        KOUE- EN WARMWATERTOEVOER, GEREEDSKAP, TOERUSTING
                EN MATERIAAL (SPESIFIEK)

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

4.1       FIGUUR 4.1 hieronder toon 'n geiser/waterverwarmer.

                                             FIGUUR 4.1

          4.1.1        Identifiseer die tipe geiser/waterverwarmer in FIGUUR 4.1 hierbo.         (1)

          4.1.2        Watter deel binne die geiser/waterverwarmer verhit die water?             (1)

          4.1.3        Geisers/Waterverwarmers gebruik baie elektrisiteit. Beveel EEN
                       ander toestel aan waarmee water verhit kan word sonder om
                       elektrisiteit te gebruik.                                                 (1)

4.2       Daar kan baie verskillende foute in warmwaterstelsels voorkom.

          Beskryf EEN oorsaak van die volgende foute in warmwaterstelsels:

          4.2.1        Druppende geiser-/waterverwarmeroorloop                                   (1)

          4.2.2        Geen warm water nie                                                       (1)

          4.2.3        Water wat deur die plafon lek                                             (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Siviele Dienste               10                          DBE/November 2018
                                                 NSS

4.3       Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by 'n item in KOLOM A pas. Skryf slegs
          die letter (A–G) langs die vraagnommers (4.3.1 tot 4.3.5) in die
          ANTWOORDEBOEK neer, bv. 4.3.6 H.

                        KOLOM A                                      KOLOM B
          4.3.1         Vakuumbreker              A    los pypwerk

          4.3.2         Hittepomp                 B    geleë bo die sonpaneel

          4.3.3         Drukbeheerklep            C    geleë onder die sonpaneel

          4.3.4         Elektriese isolator       D    skakel die elektrisiteitstoevoer na
                                                       die geiser aan en af
          4.3.5         Watertenk
                                                  E    verminder die druk van inkomende
                                                       watertoevoer

                                                  F    laat lug toe om in die pyp in te kom
                                                       wanneer nodig

                                                  G    onttrek hitte uit die lug en gebruik dit
                                                       om warm water te genereer
                                                                                       (5 x 1)       (5)

4.4        Teken die SANS-goedgekeurde simbole vir die volgende toebehore wat in
           warmwaterstelsels gebruik word:

          4.4.1        Outomatiese afsluitklep                                                       (2)

          4.4.2        Terugslagklep                                                                 (2)

          4.4.3        Drukreduseerklep                                                              (2)

4.5        Verduidelik, in VIER stappe, hoe jy 'n lekkende koperpyp met druklasse sal
           herstel. Die watertoevoer is reeds afgesluit.                                             (4)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Siviele Dienste            11                         DBE/November 2018
                                              NSS

4.6       FIGUUR 4.6 hieronder toon 'n komponent wat onder 'n opwasbak gebruik kan
          word.

                                                                          B
                            A
                            C

                                             FIGUUR 4.6

          4.6.1        Identifiseer die komponent in FIGUUR 4.6.                                    (1)

          4.6.2        Noem die materiaal waarvan hierdie komponent vervaardig word.                (1)

          4.6.3        Watter deel, A of B, sal aan die onderkant van die opwasbak
                       gekoppel word?                                                               (1)

          4.6.4        Beskryf die doel van die seël by C.                                          (1)

4.7       FIGUUR A en FIGUUR B hieronder toon twee verskillende tipes krane.

                            FIGUUR A                            FIGUUR B

          4.7.1        Identifiseer die krane in FIGUUR A en B onderskeidelik.                      (2)

          4.7.2        Beskryf waar jy ELK van die krane hierbo sal gebruik.                        (2)

          4.7.3        Verduidelik die voordeel van plastiekkrane bo geelkoperkrane aan
                       die buitekant van 'n gebou.                                                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Siviele Dienste           12                         DBE/November 2018
                                             NSS

4.8       Verduidelik die doel van die installasie van 'n watermeter op die inkomende
          toevoerpyp van 'n huis.                                                                 (1)

4.9       Materiaal reageer verskillend wanneer gebruik word.

          4.9.1        Beskryf ontsinking.                                                        (2)

          4.9.2        Beskryf die probleme wat ontsinking kan veroorsaak.                        (3)

4.10       Beveel EEN metode aan om aanpaksel of roes van 'n metaaloppervlak te
           verwyder.                                                                              (1)

4.11      Een funksie van 'n sentrifugale pomp is om kinetiese energie na 'n ander tipe
          energie om te sit.

          Noem hierdie tipe energie.                                                              (1)

4.12      Watter stuk gereedskap sou jy gebruik om blokkasies in rioolpype te
          verwyder?                                                                               (1)

4.13      Beveel EEN stuk gereedskap aan wat gebruik kan word om vir lekkasies in 'n
          ondergrondse rioleringstelsel te toets.                                                 (1)
                                                                                                  [40]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Siviele Dienste            13                          DBE/November 2018
                                              NSS

VRAAG 5: GRAFIKA AS KOMMUNIKASIEMIDDEL, DAKWERK EN STORMWATER
         (SPESIFIEK)

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

5.1       Gee EEN woord(e)/term vir elk van die volgende beskrywings deur 'n
          woord(e)/term uit die lys hieronder te kies. Skryf slegs die woord(e)/term
          langs die vraagnommers (5.1.1 tot 5.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv.
          5.1.6 Vakuumbreker.

           lengte van die dak; gegalvaniseerde plaatmetaal; geutseël; betonskoen;
                   mangat; nok van die dak; doodloopent; geut; randsteen

          5.1.1        Hierdie passtuk kan gebruik word om die geut by die ente te seël            (1)

          5.1.2        Een faktor om in ag te neem voor die installering van 'n voegskort          (1)

          5.1.3        'n Materiaal wat vir voegskorte gebruik kan word                            (1)

          5.1.4        Hierdie deel versamel reënwater wat vanaf die dak vloei                     (1)

          5.1.5        'n Verhewe rand op die pad wat water na stormwaterstelsels lei              (1)

5.2       FIGUUR 5.2 op ANTWOORDBLAD 5.2 toon 'n onvolledige tekening van 'n
          dakkonstruksie.

          Voltooi die tekening van die dak deur die volgende dele te teken:

          5.2.1        Vierkantige geut                                                            (2)

          5.2.2        Geutpyp met knikpyp                                                         (3)

          5.2.3        Pypboei                                                                     (2)

5.3        ANTWOORDBLAD 5.3 toon die voor- en boaansig van 'n afgeknotte
           keël/keëlstomp waar die bokant nie parallel met die basis is nie.

           Gebruik die tekening en die inligting op die ANTWOORDBLAD en teken die
           ontwikkeling van die keël. Die ontwikkeling moet 'n 3 mm-soom aan beide
           kante hê.

           Toon ALLE konstruksielyne.
           MOENIE die tekening oorteken NIE, projekteer die ontwikkeling vanaf die
           gegewe tekening.                                                                        (18)
                                                                                                   [30]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Siviele Dienste               14                        DBE/November 2018
                                                 NSS

VRAAG 6: RIOLERING, SANITÊRE TOEBEHORE EN HEGTING (SPESIFIEK)

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

6.1       Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
          Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
          (6.1.1 tot 6.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 6.1.6 C.

          6.1.1        'n Inspeksieoog word by … in die rioolstelsel geplaas.

                       A    steekoë
                       B    aansluitings
                       C    rioolputte
                       D    Al die bogenoemde                                                        (1)

          6.1.2        Gom kan gebruik word om … pype te heg.

                       A    PVC-
                       B    koper- en PVC-
                       C    koper- en gegalvaniseerde
                       D    koper-, PVC- en gegalvaniseerde                                          (1)

          6.1.3        'n Reguit pankraag word gebruik om die … aan die uitlaatpyp te
                       heg.

                       A    waterklosetpan
                       B    T-aansluiting
                       C    reguit verbindings
                       D    kruisaansluiting                                                         (1)

          6.1.4        Die … laat toe dat reuke en gasse uit die rioolstelsel ontsnap.

                       A    vuilwaterpyp
                       B    vuilpyp
                       C    rioollugpyp
                       D    Al die bogenoemde                                                        (1)

          6.1.5        Alle takpype moet die hoofrioolpyp teen 'n hoek van … verbind.

                       A    90°
                       B    135°
                       C    120°
                       D    Geeneen van die bogenoemde nie                                           (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Siviele Dienste            15                        DBE/November 2018
                                              NSS

6.2       FIGUUR 6.2 hieronder toon 'n deel van 'n rioolstelsel. Bestudeer die tekening
          en beantwoord die vrae wat volg.

                                            FIGUUR 6.2

          6.2.1        Identifiseer komponent C.                                                (1)
          6.2.2        Beskryf EEN doel van A.                                                  (1)
          6.2.3        Verduidelik waarom B teen 'n hoek met die hoofpyp is.                    (1)

6.3       FIGUUR 6.3 op ANTWOORDBLAD 6.3 toon die lyndiagram van 'n deel van 'n
          gebou met sanitêre toebehore en rioolkomponente.

          Gebruik ANTWOORDBLAD 6.3 en ontwikkel en teken 'n eenpyp-riooluitleg vir
          hierdie gebou tot by die aangeduide mangat.

          ALLE regulasies en ontwerpbeginsels van 'n goeie rioleringstelsel moet in
          aanmerking geneem word en geskikte simbole en afkortings moet gebruik
          word.

          Die rioleringstelsel moet bestaan uit:

                 2 x steekoë
                 5 x inspeksie-oë
                 1 x lugpyp
                 Hoofrioolpype
                 Takpype                                                                       (10)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Siviele Dienste            16                       DBE/November 2018
                                              NSS

6.4        FIGUUR 6.4 hieronder toon die onvolledige deursneeaansig van 'n
           stortinstallasie.

           Bestudeer FIGUUR 6.4 en beantwoord die vrae wat volg.

                                             FIGUUR 6.4

          6.4.1        Wat is die diameter van die waterpype wat gewoonlik vir 'n stort
                       gebruik word?                                                           (1)

          6.4.2        Identifiseer A.                                                         (1)

          6.4.3        Hoekom is oppervlak B teen 'n val na C?                                 (1)

          6.4.4        Beskryf die funksie van C.                                              (1)

          6.4.5        Die pypwerk vanaf komponent A na komponent D bestaan uit
                       koperpype. Noem EEN metode waarop hierdie pype geheg kan
                       word indien jy nie van 'n druklas gebruik kan maak nie.                 (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Siviele Dienste            17                    DBE/November 2018
                                              NSS

6.5       Beskryf die funksie van 'n teenhewelingspyp/-slukpyp.                          (1)

6.6       Onderskei tussen FIGUUR A en FIGUUR B hieronder ten opsigte van hulle
          gebruike.

                            FIGUUR A                          FIGUUR B                   (2)

6.7       Noem EEN tipe sanitêre toestel wat drekwater wegvoer.                          (1)

6.8       Teken die SANS-goedgekeurde simbole vir die volgende komponente:

          6.8.1        Urinaal                                                           (2)

          6.8.2        Vetvanger                                                         (2)

          6.8.3        Stort                                                             (2)

6.9       Noem TWEE soorte materiaal wat algemeen gebruik word in die
          vervaardiging van sanitêre toebehore.                                          (2)

6.10      Noem TWEE tipes soldeersel wat in die boubedryf gebruik kan word.              (2)

6.11      Gee EEN gebruik van 'n chemiese anker.                                         (1)

6.12      FIGUUR 6.12 hieronder toon 'n las tussen twee stukke metaal. Bestudeer die
          tekening en beantwoord die vrae wat volg.

                                                             A

                                                             B

                                            FIGUUR 6.12

          6.12.1       Identifiseer A.                                                   (1)

          6.12.2       Verduidelik die funksie van B.                                    (1)
                                                                                         [40]

                                                                          TOTAAL:        200

Kopiereg voorbehou

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Konstruksie                              DBE/November 2018
                                                NSS

EKSAMENNOMMER:

SENTRUMNOMMER:
ANTWOORDBLAD 2

NO.                        VRAE                       ANTWOORDE            PUNTE

  1     Identifiseer FIGUUR A.                                                   1

  2     Identifiseer FIGUUR B.                                                   1

  3     Identifiseer nommer 4.                                                   1

  4     Identifiseer nommer 5.                                                   1

  5     Identifiseer nommer 9.                                                   1

  6     Identifiseer nommer 10.                                                  1

  7     Identifiseer nommer 11.                                                  1

        Op watter datum is die bouplan
  8                                                                              1
        gedruk?

  9     Wie het die bouplan geteken?                                             1

        Noem die kenmerk in die nota-kolom
 10     in FIGUUR 2 wat voor die skuifdeur                                       1
        geïnstalleer moet word.

        Noem die kenmerk in die nota-kolom
 11     in FIGUUR 2 wat toegang tot die                                          1
        eerste vloer moet gee.

        Identifiseer die tipe dak wat vir die
 12                                                                              1
        gebou in FIGUUR A gebruik word.

 13     Verduidelik die doel van nommer 1.                                       1

 14     Verduidelik die doel van nommer 2.                                       1

Kopiereg voorbehou

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Konstruksie                      DBE/November 2018
                                               NSS

        Verduidelik die afkorting VVV by
 15                                                                      1
        nommer 6.

 16     Verduidelik die doel van nommer 7.                               1

        Verduidelik die betekenis van die pyl
 17     op die kenmerk wat voor die skuifdeur                            1
        geïnstalleer moet word.

        Verduidelik wat met 1 : 10 bedoel
 18     word wat op die simbool in die notas                             1
        aangedui word.

        Watter vertrek sal kenmerk 15
 19                                                                      1
        bedien?

        Verduidelik die kort strepieslyne op die
 20                                                                      1
        vensters.

        Lei die hoogte van venster 2 vanaf die
 21                                                                      1
        vensterskedule af.

        Lei die wydte van venster 3 vanaf die
 22                                                                      1
        vensterskedule af.

        Op watter aansig van die gebou is die
 23                                                                      1
        badkamervenster geleë?

        Onderskei tussen komponent
 24                                                                      2
        nommer 3 en komponent nommer 8.

        Onderskei tussen die lig in die
 25                                                                      2
        sitkamer en die lig in die badkamer.

        Stel 'n geskikte vloerbedekking vir die
 26                                                                      1
        badkamer voor.

        Stel 'n geskikte skaal voor
 27     waarvolgens FIGUUR A volgens                                     1
        SANS geteken moet word.

        Beveel 'n alternatiewe sanitêre toestel
 28     aan om nommer 11 te vervang, wat                                 1
        dieselfde doel sal dien.

Kopiereg voorbehou

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Siviele Dienste                        DBE/November 2018
                                            NSS

        Bereken die binneoppervlakte van die
 29                                                                            3
        kantoor in m². Toon ALLE berekeninge.

        Bereken die omtrek van die gebou.
 30                                                                            7
        Toon ALLE berekeninge.

                                                  TOTAAL                       40

Kopiereg voorbehou

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Siviele Dienste                                        DBE/November 2018
                                                 NSS

SENTRUMNOMMER:

EKSAMENNOMMER:

ANTWOORDBLAD 3.2

                                           A                A

                                  ASSESSERINGSKRITERIA               PUNT     KANDIDAAT
                                                                               SE PUNT
                                  VYF lae stene in strykverband
                                                                      5
                                  korrek geteken
                                  Halfstene elke alternatiewe laag
                                                                      3
                                  aan linkerkant
                                  Snit korrek geteken                  1
                                  Arseringslyne                        1
                                  TOTAAL:                             10

Kopiereg voorbehou

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Siviele Dienste                                      DBE/November 2018
                                             NSS

SENTRUMNOMMER:

EKSAMENNOMMER:

ANTWOORDBLAD 3.6

          A          B                C                         D
3.6.1                                      Volume van beton vir fondasie:
                                           Volume = ℓ x b x h
         1/
               ________

               ________

               ________        ________    ________ m³ beton word benodig                (4)

3.6.2                                      Getal stene benodig vir die mangat:

         1/
               ________                    Hartlyn van muur = 4,96 m

               ________

               ________         ________   ________ stene word benodig                   (4)

Kopiereg voorbehou

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Siviele Dienste                               DBE/November 2018
                                               NSS

SENTRUMNOMMER:

EKSAMENNOMMER:

ANTWOORDBLAD 5.2

                                      FIGUUR 5.2

                                      ASSESSERINGSKRITERIA   PUNT    KANDIDAAT
                                                                      SE PUNT
                                      Vierkantige geut        2
                                      Geutpyp met knikpyp     3
                                      Pypboei                 2
                                      TOTAAL:                 7

Kopiereg voorbehou

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Siviele Dienste                                               DBE/November 2018
                                                 NSS

SENTRUMNOMMER:

EKSAMENNOMMER:

ANTWOORDBLAD 5.3

              VOORAANSIG

                                      Ø 50   ASSESSERINGSKRITERIA                         PUNT        KP
                                             Konstruksielyne na toppunt van keël            2
                                             Konstruksielyne van buitesirkel                2
                                             Verdeel buitesirkel in 12 dele                 1
                                             Konstruksielyne vanaf toppunt van keël na      3
                                             buitesirkel
                                             Keëlafmeting (afmerk/oorgedra) vanaf           6
                                             vooraansig om die boonste gedeelte van die
                                             ontwikkeling te bepaal.
                                             Buitelyne van ontwikkeling                     2
                                             3 mm soom aan beide kante                      2
                                             TOTAAL:                                       18
                BOAANSIG

Kopiereg voorbehou

### Page 25

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Siviele Dienste                                     DBE/November 2018
                                              NSS

SENTRUMNOMMER:

EKSAMENNOMMER:

ANTWOORDBLAD 6.3

      MG

                                ASSESSERINGSKRITERIA             PUNT      KANDIDAAT
                                                                            SE PUNT
                         2 x steekoë korrek geposisioneer         2
                         5 x inspeksie-oë korrek geposisioneer    5
                         1 x lugpyp korrek geposisioneer          1
                         Rioolpype korrek geteken (hoof- en
                                                                  2
                         takpype)
                         TOTAAL                                   10

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Civil Technology Nov 2018 (Construction) Afr](https://www.hlayiso.com/library/civil-technology-nov-2018-construction-afr/be54c81a-cc52-4da7-a74c-ec3f0bddf626) — Civil Technology · QP · 2018 · Afr
- [Civil Technology Nov 2018 (Woodworking) Afr](https://www.hlayiso.com/library/civil-technology-nov-2018-woodworking-afr/8a4b5aba-d78e-4505-aae9-e127ef45df85) — Civil Technology · QP · 2018 · Afr
- [Civil Technology Nov 2018 (Woodworking) Memo FINAL Eng](https://www.hlayiso.com/library/civil-technology-nov-2018-woodworking-memo-final-eng/2cdca6a9-a7a6-411c-9a30-4575c8e6a5cf) — Civil Technology · Memo · 2018 · Eng
- [Civil Technology Nov 2018 (Civil Services) FINAL Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/civil-technology-nov-2018-civil-services-final-memo-eng/f4e1d2a3-db17-47d5-8ae8-6332d121a6d3) — Civil Technology · Memo · 2018 · Eng
- [Civil Technology Nov 2018 (Construction) FINAL Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/civil-technology-nov-2018-construction-final-memo-eng/90041771-68e0-4915-bc37-7a4f246b369f) — Civil Technology · Memo · 2018 · Eng
- [CVLT GR12 QP AFR SEPT2018 SIVIELE DIENSTE D](https://www.hlayiso.com/library/cvlt-gr12-qp-afr-sept2018-siviele-dienste-d/831c422e-f613-4a8c-adf9-061114273b23) — Civil Technology · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Civil Technology

- [Civil Technology (Woodworking) (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/civil-technology-woodworking-afrikaans-june-2025-possible-answers/c0a65d19-28ca-4ac3-8c61-d4627d2a3133) — Memo · 2025 · Afr
- [Civil Technology Nov 2025 (Construction) MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-civil-technology-2025-nsc-november-exam-memorandum/0e265899-dc44-4809-aabf-8f374f1af392) — Memo · 2025 · Eng
- [CIV TECH GR12 MEMO SEPT2024 Construction Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr12-memo-sept2024-construction-afrikaans/162bcc65-80ad-4384-b293-36da22468b06) — Memo · 2024 · Afr
- [CIV TECH GR12 MEMO SEPT2024 Civil Services English](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr12-memo-sept2024-civil-services-english/c1f2441d-22ba-4ae6-9e56-137cc442080c) — Memo · 2024 · Eng
- [CIV TECH GR12 MEMO SEPT2024 Construction English](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr12-memo-sept2024-construction-english/4d9c54ef-f526-46ad-82d4-8dd419eafb50) — Memo · 2024 · Eng
- [CIV TECH GR12 MEMO SEPT2024 Woodworking English](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr12-memo-sept2024-woodworking-english/6e7f4be5-4ffb-4654-b98b-b4cc4dfc4cc7) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
