# Civil Technology Grade 12 NSC November 2021 QP (Afr)

> Grade 12 Civil Technology question paper from the NSC November Exam 2021 (Afrikaans), 22 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/civil-technology-nov-2021-construction-afr/2d6e213c-0592-4d84-b673-cd57e6698155
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Civil Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2021
- Exam period: NSC November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 22

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Civil Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/civil-technology) › [Civil Technology Grade 12 NSC November 2021 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/civil-technology-nov-2021-construction-afr/2d6e213c-0592-4d84-b673-cd57e6698155)

## About this document

Civil Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2021. Question paper, 22 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                NASIONALE
                            SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                      SIVIELE TEGNOLOGIE: KONSTRUKSIE

                                 NOVEMBER 2021

PUNTE: 200

TYD: 3 uur

             Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye en 6 antwoordblaaie.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Konstruksie               2                          DBE/November 2021
                                           SS/NSS

BENODIGDHEDE:

1.        Tekeninstrumente

2.        'n Nieprogrammeerbare sakrekenaar

3.        ANTWOORDEBOEK

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae.

2.        Beantwoord AL die vrae.

3.        Lees alle vrae noukeurig deur.

4.        Beantwoord elke vraag as 'n geheel. MOENIE onderafdelings van vrae skei
          NIE.

5.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

6.        Begin die antwoord op ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

7.        MOENIE in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.

8.        Jy mag sketse gebruik om jou antwoorde te illustreer.

9.        Skryf ALLE berekeninge en antwoorde in die ANTWOORDEBOEK of op die
          aangehegte ANTWOORDBLAAIE.

10.       Gebruik die puntetoekenning as 'n riglyn vir die lengte van jou antwoorde.

11.       Maak tekeninge en sketse met potlood, volledig gemaatskryf en netjies met
          beskrywende opskrifte en aantekeninge afgerond, in ooreenstemming met die
          SANS/SABS se Gebruikskode vir Boutekenepraktyk.

12.       Vir die doel van hierdie vraestel moet die grootte van 'n steen as
          220 mm x 110 mm x 75 mm geneem word.

13.       Gebruik jou eie oordeel waar afmetings en/of inligting ontbreek.

14.       Beantwoord VRAAG 2, 3.13, 3.14, 6.5, 6.6 en 6.9 op die aangehegte
          ANTWOORDBLAAIE en gebruik tekeninstrumente, waar nodig.

15.       Skryf jou SENTRUMNOMMER en EKSAMENNOMMER op elke
          ANTWOORDBLAD en lewer dit saam met jou ANTWOORDEBOEK in, al het
          jy dit nie gebruik nie.

16.       Tekeninge in die vraestel is NIE volgens skaal NIE as gevolg van elektroniese
          kopiëring.

17.       Google Images is as die bron van alle foto's en prentjies gebruik.

18.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Konstruksie                 3                      DBE/November 2021
                                               NSS

VRAAG 1: WBGV, VEILIGHEID, MATERIAAL, GEREEDSKAP, TOERUSTING EN
         HEGTING (GENERIES)

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

1.1       Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings deur 'n
          woord/term uit die lys hieronder te kies. Skryf slegs die woord/term langs
          die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv.
          1.1.6 swaairaam.

                   vogseëlaar; poeierbedekking; galvanisering; skuur; verf;
                       elektroplatering; nabehandeling; pleister; silikoon

          1.1.1        Bedek staal of yster met 'n laag sink                                  (1)

          1.1.2        Beskikbaar in 'n water- en oliebasis                                   (1)

          1.1.3        Verbeter die meganiese en ingenieurseienskappe van metale              (1)

          1.1.4        Proses om vars beton vogtig te hou                                     (1)

          1.1.5        Aanwending van 'n afwerking op materiale om uiterse temperature
                       te weerstaan                                                           (1)

1.2       FIGUUR 1.2 hieronder toon steierwerk wat op 'n bouterrein gebruik word om
          die boonste dele van 'n gebou te bereik.

                                             FIGUUR 1.2

          1.2.1        Beskryf TWEE aspekte waaraan die steierwerk moet voldoen
                       voordat dit gebruik word.                                              (2)

          1.2.2        Noem die weggelate deel in FIGUUR 1.2 wat aan die platform van
                       die steier geheg moet word om te verhoed dat gereedskap afval.         (1)

          1.2.3        Verduidelik TWEE veiligheidsmaatreëls waaraan voldoen moet
                       word wanneer daar op steiers gewerk word.                              (2)
Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Konstruksie             4                         DBE/November 2021
                                           NSS

1.3       Noem TWEE metodes wat gebruik kan word om afvalmateriaal veilig vanaf
          hoë plekke te verwyder.                                                             (2)

1.4       Beskryf TWEE regulasies rakende die veilige gebruik van boksteiers.                 (2)

1.5       Beskryf EEN voorsorgmaatreël wat jy sal toepas wanneer materiaal en
          toerusting in 'n bouershyser gehys word.                                            (1)

1.6       Verduidelik in DRIE chronologiese stappe hoe jy TWEE soliede
          4 mm-metaalplate met 'n bout en moer sal heg nadat die posisies van die
          gate op die plate gemerk is.                                                        (3)

1.7       Voltooi in jou ANTWOORDEBOEK die inligting in die tabel hieronder deur
          EEN gebruik en EEN manier van versorging van die stuk gereedskap aan te
          dui.

            NAAM VAN STUK              GEBRUIK                MANIER VAN
             GEREEDSKAP                                       VERSORGING
            Multi-detektor        Om vas te stel …      Beskerm die multi-detektor
                                                        teen …                                (2)
                                                                                              [20]

VRAAG 2: GRAFIKA AS KOMMUNIKASIEMIDDEL (GENERIES)

FIGUUR A en B op die volgende bladsy toon verskillende tekeninge wat op 'n bouplan
verskyn. Analiseer die tekeninge en voltooi die tabel op ANTWOORDBLAD 2.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
             Siviele Tegnologie: Konstruksie                                               5                                          DBE/November 2021
                                                                                          NSS
                                                               ERF 33                                                           NOTAS:
                                                           24 500                                                               Kontrakteurs moet alle afmetings en
                                                                                                                                vlakke/hoogtes op die terrein verifieer
                                                                                                                                voordat daar met werk begin word.
                                                                                                        1                       Argitekte moet dadelik van enige
                                         5 000             9 000            3 000     5 000
                                                                                                                                afwykings in kennis gestel word.

                                                                                                                                Muurdiktes:        Buite = 220 mm
                                                                                                        2                                          Binne = 110 mm

                                                                                                             LOERIESTRAAT
                        4 000

                                                                            w                           3                       Argitek se handtekening …………….

                                                           NUWE                                                                 Kliënt se handtekening …………..….
         31 000         13 160
ERF 29
                                                          WOONHUIS

   9                                                                                                    4
                                                                                                                                'n Palissade-omheining moet op die
                                                                                                                                grens van die nuwe woonhuis
                        3 220                                                                           5
                                                                                                                                opgerig word.
                                                 ERF 31
                                                                            w

                        2 000 3 000

                                                       1 000      WYD

                                                           EAGLESTRAAT                                  6
   8

                                                                 ERF 35                                                     7
                        FIGUUR A
                  220                            110                            110
                                         4 000                  4 450
                                                                                                  220
                                                                                                                                HERSIENING 1      DATUM     BESKRYWING
                                       11                 EETKAMER                                                                               20/06/2021 KONTOERLYNE

                                                                                          3 500
                                            KOMBUIS
                                                                                                                                GEDRUK DEUR:           DATUM VAN DRUK:
                                                                                                                                GEMINI DRUKKERS        01/06/2021
                                                           13
                                                                                                                                TEKENINGTITEL:
                                                                             1 : 10
                                                          SITKAMER
                                                                                                  110                           TERREIN- EN VLOERPLAN ERF 31

                                                                                                        10                      PROJEK:

                                                                                          5 000
                                                                                                                                VOORGESTELDE WOONHUIS OP ERF 31,
                                                                                                                                HEROLDSBAAI
                             BADKAMER
                                                                  12
                             M                                                                                                  PROJEKNR.                TEKENING NR.
                                                                                                                                GR 228-510               339P7

                                                                                                  110                           DATUM          GETEKEN       NAGEGAAN
                                                                                                                                18/05/2021     JP BLOM         G BOK

                                                                                          4 000                                 TERREINPLAN              SKAAL: 1 : 200
                                      SLAAPKAMER 1        SLAAPKAMER 2

                                                                                                                                VLOERPLAN                SKAAL 1 : 100

                                                                                          3 000
                                                                                                                                             VERWYSINGSKODE
                                                                                              220                                               QP 2 - 2021
                    FIGUUR B                                      KAMER A

                                                                                                                                                                  [40]
                                                                                                  220
             Kopiereg voorbehou                                                                                                              Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Konstruksie             6                            DBE/November 2021
                                           NSS

VRAAG 3: DAKKE, TRAPPE EN VERBINDING/HEGTING (SPESIFIEK)

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

3.1       Noem EEN balustrade-patroon.                                                          (1)

3.2       Beskryf EEN metode wat oorweeg kan word om houthandrelings teen mure te
          monteer.                                                                              (1)

3.3       Wat is die minimum vertikale afstand tussen die steeklyn en die handreling
          van 'n trap?                                                                          (1)

3.4       Verduidelik waarom skortbalke in trappe gebruik word.                                 (1)

3.5       Onder normale omstandighede wanneer standaardbetonmengsels gebruik
          word, na hoeveel dae kan die bekisting aan die onderkant van 'n trap
          verwyder word?                                                                        (1)

3.6       Wat kan gebruik word om 'n staalkolom te heg aan 'n betonbasis met
          skroefdraadstawe daarin bevestig?                                                     (1)

3.7       Noem EEN tipe gegote anker wat by betonverbindings gebruik word.                      (1)

3.8       Noem die dakkomponent wat bo-op 'n muur geplaas word om die las van die
          dak eweredig te versprei.                                                             (1)

3.9       Noem die dakkomponent van 'n SA(Howe)-dakkap wat die daksparre verbind.               (1)

3.10      Noem die kleur van die dakonderlegsel wat vir teëldakke gebruik word om
          waterlekke te voorkom.                                                                (1)

3.11      Watter tipe dakkap bestaan slegs uit daksparre?                                       (1)

3.12      Watter tipe dakkap bestaan uit twee daksparre en 'n nokbalk?                          (1)

3.13      Gebruik ANTWOORDBLAD 3.13 en teken, in goeie verhouding, 'n netjiese
          skets van die vooraansig van 'n SA(Howe)-dakkap. Gebruik die afstand
          tussen die mure as die spanwydte van die dakkap.                                      (10)

3.14      Gebruik ANTWOORDBLAD 3.14 en teken volgens skaal 1 : 10 die
          vooraansig van 'n sparbintdakkap. Die helling van die dak is 30°.                     (8)
                                                                                                [30]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Konstruksie                  7                            DBE/November 2021
                                                NSS

VRAAG 4: UITGRAWINGS, BEKISTING,                      GEREEDSKAP,        TOERUSTING         EN
         MATERIAAL (SPESIFIEK)

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

4.1       Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by 'n item in KOLOM A pas. Skryf
          slegs die letter (A–L) langs die vraagnommers (4.1.1 tot 4.1.8) in die
          ANTWOORDEBOEK neer, bv. 4.1.9 N.

                        KOLOM A                                   KOLOM B
            4.1.1    Tin                        A      seël lug- en waterlekkasies

            4.1.2    Klaarbeton                 B      maklik om te sweis

            4.1.3    Geelkoper                  C      pomp water na 'n hoër vlak

            4.1.4    Aluminium                  D      nie-suurbestand of alkalibestand

            4.1.5    Lood                       E      koper is die hoofbestanddeel

            4.1.6    PVC (polivinielchloried)   F      rooibruin

            4.1.7    Silikoon                   G      gebruik vir vuilwaterstelsels

            4.1.8    Koper                      H      het regdeur dieselfde digtheid

                                                I      silwerwit van kleur

                                                J      lae smeltpunt

                                                K      voorkom korrosie

                                                L      wapening in 'n betonvloer

                                                                                        (8 x 1)       (8)

4.2       Noem EEN gevolg daarvan as jy nalaat om die ligging van dienste, soos
          waterpype, elektriese kabels en gaslyne te bepaal voordat uitgrawing begin.                 (1)

4.3       Beskryf DRIE veiligheidsmaatreëls wat vir uitgrawingswerk snags in ag
          geneem moet word.                                                                           (3)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Konstruksie                8                          DBE/November 2021
                                              NSS

4.4       FIGUUR 4.4 hieronder toon die onvoltooide bekisting vir 'n vlak sloot in ferm
          grond.

          Bestudeer die tekening en beantwoord die vrae wat volg.

           152 x 38 mm STUTPLANKE

                                             FIGUUR 4.4

          4.4.1        Identifiseer enige TWEE dele wat in FIGUUR 4.4 weggelaat is en
                       voorspel die moontlike gevolg as hierdie dele gedurende
                       uitgrawings weggelaat word.                                                (3)

          4.4.2        Teken in jou ANTWOORDEBOEK 'n netjiese tweedimensionele
                       tekening van die voltooide bekisting vir ferm grond wat AL die dele
                       toon.                                                                      (5)

4.5       Verduidelik die volgende terme met betrekking tot bekisting:

          4.5.1        Aftakeling                                                                 (1)

          4.5.2        Losolie/Vormolie                                                           (1)

          4.5.3        Soffietbord                                                                (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Konstruksie                   9                       DBE/November 2021
                                                 NSS

4.6       FIGUUR 4.6 hieronder toon bekisting vir 'n konstruksieproses.

          Bestudeer die tekening en beantwoord die vrae wat volg.

                                  A

                                                            C
                        B

                                                                               D

                                                            E

                                               FIGUUR 4.6

          4.6.1        Identifiseer die tipe bekisting.                                          (1)

          4.6.2        Identifiseer A tot E.                                                     (5)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Konstruksie              10                         DBE/November 2021
                                            NSS

4.7       Gereedskap en toerusting word op groot skaal op 'n bouterrein gebruik.
          Bestudeer die illustrasies wat in FIGUUR 4.7 hieronder getoon word en
          beantwoord die vrae wat volg.

                       A                      B                           C
                                          FIGUUR 4.7

          4.7.1        Noem DRIE tipes persoonlike beskermingstoerusting wat gedra
                       moet word terwyl die toerusting in FIGUUR 4.7 gebruik word.              (3)

          4.7.2        Beveel EEN metode aan wat gebruik kan word om te voorkom dat
                       die drom in A roes.                                                      (1)

4.8       Noem die tipe toetse wat op beton uitgevoer kan word om onderskeidelik die
          sterkte en werkbaarheid van beton te bepaal.                                          (2)

4.9       Wat is die rustydperk in 'n laboratorium voordat die sterkte van beton getoets
          word?                                                                                 (1)

4.10      Noem die TWEE kategorieë waarin metale geklassifiseer kan word.                       (2)

4.11      Verduidelik TWEE redes waarom bekleding in 'n gebou gebruik word.                     (2)
                                                                                                [40]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Konstruksie                11                          DBE/November 2021
                                              NSS

VRAAG 5: PLEISTER EN VLAKLAAG, STEENWERK                              EN   GRAFIKA        AS
         KOMMUNIKASIEMIDDEL (SPESIFIEK)

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

5.1       Die prentjies in FIGUUR 5.1 hieronder toon stappe van 'n bouproses.
          Bestudeer die prentjies en beantwoord die vrae wat volg.

                  A                 B                 C                    D
                                            FIGUUR 5.1

          5.1.1        Herrangskik die prentjies vir hierdie bouproses in die KORREKTE
                       volgorde vanaf die begin tot die einde deur die letters
                       A tot D te gebruik en gee 'n kort beskrywing wat in ELKE prentjie
                       gedoen word.                                                                 (8)

          5.1.2        Verduidelik waarom die proses by C nodig is.                                 (1)

          5.1.3        Noem EEN bymengsel wat by die materiaal gevoeg kan word om
                       die plastisiteit van die mengsel te verbeter.                                (1)

5.2       Verduidelik die volgende terme wat op plaveisel van toepassing is:

          5.2.1        Verbinding                                                                   (1)

          5.2.2        Vlaklaagsand                                                                 (1)

          5.2.3        Loopvlakke                                                                   (1)

5.3       Teken, in goeie verhouding, netjiese vryhandsketse van die volgende
          plaveiseltipes in jou ANTWOORDEBOEK. Die plaveisel moet vanaf 'n hoek
          gelê word om 'n patroon te vorm.

          5.3.1        Mandjievleg-plaveiselpatroon                                                 (5)

          5.3.2        Visgraat-plaveiselpatroon                                                    (5)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Konstruksie                 12                       DBE/November 2021
                                               NSS

5.4       FIGUUR 5.4 toon die vooraansig van 'n spoumuur.

                                        A
                                             FIGUUR 5.4

          5.4.1        Hoekom is daar 'n behoefte aan die donker en omsirkelde deel A?          (1)

          5.4.2        Beskryf waar die syfergate in 'n spoumuur geplaas moet word.             (1)

          5.4.3        Verduidelik die doel van 'n syfergat.                                    (1)

5.5       Teken, in jou ANTWOORDEBOEK, 'n netjiese skets van die horisontale
          deursnee van 'n staaldeurraam wat in 'n halfsteenmuur ingebou is, met
          siersteen wat aan een kant gepleister is.                                             (4)
                                                                                                [30]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Konstruksie                  13                        DBE/November 2021
                                                NSS

VRAAG 6: WAPENING IN BETON, FONDASIES,                                BETONVLOERE       EN
         HOEVEELHEDE (SPESIFIEK)

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

6.1       Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
          Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
          (6.1.1 tot 6.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 6.1.6 D.

          6.1.1        Hierdie fondasies versprei die laste oor stabiele grond, hetsy dit
                       ondergronds of onder water gebruik word:

                       A    Vlotfondasie
                       B    Trapfondasie
                       C    Heipaalfondasie
                       D    Al die bogenoemde                                                     (1)

          6.1.2        Hierdie fondasie word gebruik waar die lengtes van die heipale
                       verskil:

                       A    Staalpyp-caissonheipale
                       B    Voorafgegiete betonheipaal
                       C    Gedrewe in situ-heipale
                       D    Hol heipale                                                           (1)

          6.1.3        Watter EEN van die volgende faktore sal NIE in aanmerking
                       geneem word wanneer heipaalfondasies geïnstalleer word NIE?

                       A    Tipe bekisting
                       B    Stewige heipaaldekstuk
                       C    Giet van beton
                       D    Tipe grond                                                            (1)

          6.1.4        Die heipaalfondasie kan in ... gebruik word.

                       A    swak grond
                       B    water
                       C    sand
                       D    Al die bogenoemde                                                     (1)

          6.1.5        'n Valhamer word met 'n ... beheer.

                       A    hyskraan
                       B    hyser
                       C    hysbak
                       D    vervoerband                                                           (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Konstruksie                 14                      DBE/November 2021
                                               NSS

6.2       Om die vloer te ondersteun, hoe ver moet die stutte en draers onder die ribbe
          van mekaar geplaas word?                                                              (1)

6.3       Noem die minimum lengte van die punt van die ribbe op die dramure.                    (1)

6.4       Waar sal jy die vogweerlaag plaas voordat jy die rib en blok plaas?                   (1)

6.5       ANTWOORDBLAD 6.5 toon 'n onvoltooide rib-en-blokvloer. Gebruik
          ANTWOORDBLAD 6.5 en teken, in goeie verhouding, die rib-en-blokvloer tot
          op voltooide vloervlak. Dui ALLE weggelate detail aan. Benoem enige EEN
          deel.                                                                                 (9)

6.6       FIGUUR 6.6 hieronder toon 'n onvoltooide vertikale deurneeaansig deur 'n
          aaneenlopende ondersteunde balk. Bestudeer FIGUUR 6.6 en beantwoord
          die vrae wat volg.

                                  A                                B

                                             FIGUUR 6.6

          6.6.1        Identifiseer onderdeel A.                                                (1)

          6.6.2        Identifiseer onderdeel B.                                                (1)

          6.6.3        Gebruik ANTWOORDBLAD 6.6 en teken die wapening van die
                       deel wat omsirkel is. Toon en benoem die minimum beton-
                       dekkingdiepte.                                                           (6)

6.7       Verduidelik TWEE redes waarom dekkingdiepte vir wapening in beton
          belangrik is.                                                                         (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Konstruksie                     15                      DBE/November 2021
                                                   NSS

6.8       Noem die minimum diepte van betondekking vir die volgende voorwaardes
          van blootstelling in mm:

          6.8.1        Erge blootstelling                                                       (1)

          6.8.2        Matige blootstelling                                                     (1)

          6.8.3        Uiters erge blootstelling                                                (1)

6.9       FIGUUR 6.9 hieronder toon die vloerplan van 'n motorhuis met 'n venster en
          'n opening vir 'n deur.

                                                                           4 000

                                  3 000

                                              8 500

                                              FIGUUR 6.9

          Gebruik die volgende spesifikasies:

              Die buitemure is 220 mm dik.
              Die binnemuur is 110 mm dik.
              Die binnemuur is 2 600 mm hoog.
              50 stene word per m2 vir 'n halfsteenmuur gebruik.

          Gebruik die afmetingspapier op ANTWOORDBLAD 6.9 en bereken die
          hoeveelhede van die volgende materiaal:

          6.9.1        Die lengte van die vogweerlaag (VWL) benodig vir buitemure in m          (6)

          6.9.2        Die totale aantal stene wat vir die binnemuur nodig is                   (4)
                                                                                                [40]

                                                                                   TOTAAL:      200

Kopiereg voorbehou

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Konstruksie                         DBE/November 2021
                                           NSS

SENTRUMNOMMER:

EKSAMENNOMMER:

ANTWOORDBLAD 2

NR.                       VRAAG                   ANTWOORD            PUNTE
        Identifiseer die skaal wat jy
1.      onderskeidelik vir die terreinplan en                               2
        vloerplan sal gebruik.
        Wie is daarvoor verantwoordelik om alle
2.      afmetings en vlakke op die terrein te                               1
        verifieer voordat die werk kan begin?
        Watter tipe omheining beveel die
3.                                                                          1
        argitek aan vir die nuwe woning?
        Noem die kleur wat jy sou gebruik om 'n
4.      nuwe woonhuis op die terreinplan aan                                1
        te dui.
5.      Identifiseer nommer 1.                                              1

6.      Identifiseer nommer 2.                                              1

7.      Identifiseer nommer 3.                                              1

8.      Identifiseer nommer 4.                                              1

9.      Identifiseer nommer 5.                                              1

10.     Identifiseer nommer 6.                                              1

11.     Identifiseer nommer 7.                                              1

12.     Identifiseer nommer 8.                                              1

13.     Identifiseer nommer 9.                                              1
        Bepaal die afstand tussen nommer 2 en
14.     die nuwe woning aan die oostelike kant                              1
        van die gebou.
        Lei die erfnommer van die nuwe woning
15.                                                                         1
        uit FIGUUR A af.

        Watter aansig is die naaste aan
16.                                                                         1
        Loeriestraat?

        Wat is die erfnommer van die eiendom
17.                                                                         1
        aan die westelike kant van die woning?

Kopiereg voorbehou

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Konstruksie                      DBE/November 2021
                                               NSS

18.     Lei TWEE foute op FIGUUR B af.                                   2

19.     Watter natuurlike kenmerk is op die                              1
        terreinplan aangedui?
        Wat is verkeerd met die elektriese
20.     installasie in die badkamer in                                   1
        FIGUUR B?
21.     Identifiseer nommer 10.                                          1

22.     Identifiseer nommer 11.                                          1

23.     Identifiseer nommer 12.                                          1

24.     Identifiseer nommer 13.                                          1

        Teken die simbool vir 'n kontaksok/
25.                                                                      2
        kragpunt.

26.     Teken die simbool vir 'n stort.                                  2

        Teken die simbool vir 'n
27.                                                                      2
        muurgemonteerde lig.

        Beveel TWEE gebruike aan vir
28.                                                                      2
        KAMER A.

        Bereken die weggelate horisontale
        afmeting op die terreinplan. Gee jou
29.                                                                      6
        antwoord in mm. Toon ALLE
        berekeninge.

                                                       TOTAAL:           40

Kopiereg voorbehou

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Konstruksie                   DBE/November 2021
                                       NSS

SENTRUMNOMMER:

EKSAMENNOMMER:

ANTWOORDBLAD 3.13

                                   FIGUUR 3.13

    ASSESSERINGKRITERIA            PUNT      KP
Korrektheid van tekening             8
Een byskrif met afmetings            2
                         TOTAAL:    10

Kopiereg voorbehou

### Page 19

Siviele Tegnologie: Konstruksie
                                  Downloaded from hlayiso.com                       DBE/November 2021
                                              NSS

SENTRUMNOMMER:

EKSAMENNOMMER:

ANTWOORDBLAD 3.14

                                                      ASSESSERINGKRITERIA           PUNT        KP
                                                    Korrektheid van tekening          6
                                                    Toepassing van skaal              2
                                                                          TOTAAL:     8

Kopiereg voorbehou

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Konstruksie                         DBE/November 2021
                                         NSS

SENTRUMNOMMER:

EKSAMENNOMMER:

ANTWOORDBLAD 6.5

                                      FIGUUR 6.5

      ASSESSERINGSKRITERIA              PUNT       KP
   Korrektheid van tekening               8
   Een byskrif met afmetings              1
                            TOTAAL:       9

Kopiereg voorbehou

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Konstruksie                  DBE/November 2021
                                      NSS

SENTRUMNOMMER:

EKSAMENNOMMER:

ANTWOORDBLAD 6.6

                                   FIGUUR 6.6

   ASSESSERINGSKRITERIA            PUNT     KP
Korrektheid van tekening             6
                         TOTAAL:     6

Kopiereg voorbehou

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Konstruksie                 DBE/November 2021
                                      NSS

SENTRUMNOMMER:

EKSAMENNOMMER:

ANTWOORDBLAD 6.9

           A       B              C         D
6.9.1

                                                                    (6)
6.9.2

                                                                    (4)

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Civil Technology May June 2021 (Civil Services) Eng](https://www.hlayiso.com/library/civil-technology-may-june-2021-civil-services-eng/dcb7f976-b3d6-42a9-b2b1-44ae9b2d8e3f) — Civil Technology · QP · 2021 · Eng
- [Civil Technology Nov 2021 (Construction) Eng](https://www.hlayiso.com/library/civil-technology-nov-2021-construction-eng/f39d7571-db9f-4ded-b5e7-27008235ca8b) — Civil Technology · QP · 2021 · Eng
- [CIV TECH GR12 QP SEPT2021 Afrikaans Construction](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr12-qp-sept2021-afrikaans-construction/19e5865a-d8a9-4741-b562-b0158255fd68) — Civil Technology · QP · 2021 · Afr
- [CIV TECH GR12 QP SEPT2021 English Construction](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr12-qp-sept2021-english-construction/551ab3e9-47c5-4ab0-a0cf-bc66dda5a956) — Civil Technology · QP · 2021 · Eng
- [Civil Technology May June 2021 (Woodworking) Eng](https://www.hlayiso.com/library/civil-technology-may-june-2021-woodworking-eng/8f870317-4f98-4448-b660-0d528b30c2a4) — Civil Technology · QP · 2021 · Eng
- [Civil Technology May June 2021 (Woodworking) Afr](https://www.hlayiso.com/library/civil-technology-may-june-2021-woodworking-afr/ff7a7835-2450-4747-baaf-85c46ef7d411) — Civil Technology · QP · 2021 · Afr

## More from Grade 12 Civil Technology

- [Civil Technology (Woodworking) (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/civil-technology-woodworking-afrikaans-june-2025-possible-answers/c0a65d19-28ca-4ac3-8c61-d4627d2a3133) — Memo · 2025 · Afr
- [Civil Technology Nov 2025 (Construction) MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-civil-technology-2025-nsc-november-exam-memorandum/0e265899-dc44-4809-aabf-8f374f1af392) — Memo · 2025 · Eng
- [CIV TECH GR12 MEMO SEPT2024 Construction Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr12-memo-sept2024-construction-afrikaans/162bcc65-80ad-4384-b293-36da22468b06) — Memo · 2024 · Afr
- [CIV TECH GR12 MEMO SEPT2024 Civil Services English](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr12-memo-sept2024-civil-services-english/c1f2441d-22ba-4ae6-9e56-137cc442080c) — Memo · 2024 · Eng
- [CIV TECH GR12 MEMO SEPT2024 Construction English](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr12-memo-sept2024-construction-english/4d9c54ef-f526-46ad-82d4-8dd419eafb50) — Memo · 2024 · Eng
- [CIV TECH GR12 MEMO SEPT2024 Woodworking English](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr12-memo-sept2024-woodworking-english/6e7f4be5-4ffb-4654-b98b-b4cc4dfc4cc7) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
