# Computer Applications Technology Grade 12 P2 2021 Guideline

> Grade 12 Computer Applications Technology Paper 2 exam guideline from the Computer Applications Technology 2021. Free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-gr-12-exam-guidelines-2021-afr/5262a1c1-fa26-4d47-a0fc-7049e5bfcf53
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Computer Applications Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Exam guideline
- Year: 2021
- Exam period: Computer Applications Technology
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Computer Applications Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/computer-applications-technology) › [Computer Applications Technology Grade 12 P2 2021 Guideline](https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-gr-12-exam-guidelines-2021-afr/5262a1c1-fa26-4d47-a0fc-7049e5bfcf53)

## About this document

Computer Applications Technology · Grade 12 · Computer Applications Technology · 2021. Exam guideline, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                REKENAARTOEPASSINGS-
                     TEGNOLOGIE

                          EKSAMENRIGLYNE

                                  GRAAD 12

                                       2021

                        Hierdie riglyne bestaan uit 17 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoespassingstegnologie            2                                      DBE/2021
                                     Eksamenriglyne

INHOUDSOPGAWE
                                                                                   Bladsy

1.    INLEIDING                                                                        3

2.    KOGNITIEWE EISE EN MOEILIKHEIDSVLAKKE                                            4
2.1   Kognitiewe eise                                                                  4
2.2   Moeilikheidsvlakke                                                               4

3.    ASSESSERING IN VRAESTEL 1 (PRAKTIES)                                             5
3.1   Sagteware                                                                        5
      Omvang (soos volgens die Januarie 2021 Verkorte Afdeling 4 ('Abridged            6
3.2
      Section 4)-wysigings van die KABV
3.3   Inhoud                                                                           6

4.    ASSESSERING IN VRAESTEL 2 (TEORIE)                                               8
4.1   Aksie-/Werkwoorde wat in eksamenvraestelle gebruik word                          8
4.2   Omvang                                                                          10
4.3   Inhoud                                                                          11
      4.3.1 Uitklaring van 'n paar bestaande konsepte en nuwer tegnologieë vir        12
             Vraestel 2
      4.3.2 Tegnologieë/Konsepte wat nie meer geëksamineer gaan word nie              15
      4.3.3 Uitklaring van onduidelike tegnologieë/konsepte                           15

5.    SLOT                                                                            15

BYLAE A: HTML-MERKERSBLAD ('HTML TAG SHEET')                                          16

BYLAE B: TOEVOERMASKER('INPUT MASK')-KARAKTERBLAD                                     17

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie                  3                                         DBE/2021
                                          Eksamenriglyne

1.     INLEIDING

Die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) vir Rekenaartoepassingstegnologie
beskryf die aard en doel van die vak Rekenaartoepassingstegnologie. Dit gee leiding aan die
filosofie wat die basis is van die onderrig en assessering van die vak in graad 12.

Die doel van hierdie Eksamenriglyne, wat alle vroeër weergawes vervang, is om:

    Bystand te verleen aan onderwysers om leerders voldoende vir die eksamens voor te berei
    Duidelikheid te gee oor die diepte en omvang van die inhoud wat in die graad 12 Nasionale
     Seniorsertifikaat(NSS)-eksamen in Rekenaartoepassingstegnologie geassesseer gaan word
    Die inhoud van die Verkorte Afdeling 4 ('Abridged Section 4')-wysingings van die KABV uit te
     brei
    Inligting te verskaf oor wat nie meer eksamineerbaar is nie
    Aan te dui wat in die onderwerpe wat 'Nuwe Neigings en Tegnologieë' noem, ingesluit sal
     word

Hierdie dokument gee aandag aan die finale graad 12 eksterne eksamens en nie aan die SBA of
PAT op sigself nie. Daar word egter sterk aanbeveel dat die beginsels en die nuwe inhoud in
hierdie riglyne vir die SBA en die PAT, waar van toepassing, gebruik word.

Hierdie Eksamenriglyne moet gelees word saam met:

    Die Nasionale Kurrikulumstelling (NKS) se Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring
     (KABV): Rekenaartoepassingstegnologie, spesifiek
     o Afdeling 3 – Inhoud en omvang per onderwerp
     o Afdeling 4 – Januarie 2021 Verkorte Afdeling 4 ('Abridged Section 4') wysigings van die
         NKS KABV: Rekenaartoepassingstegnologie
    Bylae G: Staatskoerant ('Government Gazette') Nr. 37651, 16 Mei 2014 (voorheen in
     Staatskoerant ('Government Gazette') Nr. 31337 van 29 Augustus 2008): 'Regulations
     pertaining to the conduct, administration and management of assessment for the National
     Senior Certificate'.
    Die Nasionale Protokol vir Assessering: 'n Addendum tot die beleidsdokument, die Nasionale
     Senior Sertifikaat: 'n Kwalifikasie op Vlak 4 op die Nasionale Kwalifikasieraamwerk (NKR)
     rakende die Nasionale Protokol vir Assessering (Graad R–12)
    Die nasionale beleid met betrekking tot die program- en promosievereistes van die Nasionale
     Kurrikulumstelling, graad R–12

Onderwysers moet kennis neem dat hierdie riglyne is. Veranderinge en ontwikkelinge in die
tegnologiese omgewing moet in ag geneem word wanneer onderwerpe onderrig word.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie                           4                                                   DBE/2021
                                                   Eksamenriglyne

2.          KOGNITIEWE EISE EN MOEILIKHEIDSVLAKKE
In beide die Praktiese en die Teorie-vraestelle word elke vraag beoordeel in terme van die
kognitiewe eise en die moeilikheidsvlak daarvan.
2.1         Kognitiewe eise

    VLAK           TAKSONOMIE                                          BESKRYWING

                Kennis,                   Herroep feitelike/proses-kennis afsonderlik, m.a.w. een
                 Onthou/Herroep            stap/stel basiese stappe/instruksie/proses op 'n slag.
    V1/K1
                Roetineprosedures         Byvoorbeeld definisies in die teoriegedeelte en eenvoudige
                Inligtinginsameling       prosedures wat in die toepassingspakkette gevind word

                                           Demonstreer begrip van stappe/prosesse/afsonderlike
                                           stukke, soos die wysiging van een vorm van voorstelling na 'n
                Verstaan, Toepas          ander, bv. wysiging van prente, simbole, diagramme,
                                           skermskote, 'woorde'/wiskundige vergelykings na,
                Multistap-
                                           byvoorbeeld, sigbladformules. Hierdie vrae kan herskepping
    V2/K2        prosedures
                                           van aspekte van dokumente insluit.
                Verwerking van
                 inligting/Bou begrip      Dit vereis ook die gebruik van bekende roetines/stappe/
                                           prosesse in 'n bekende konteks om 'n taak, waar al die
                                           nodige inligting onmiddellik aan die leerder beskikbaar is,
                                           te voltooi.
                                      Vereis redenasie/ondersoek/ontwikkeling van 'n plan of
                                      volgorde van stappe; bevat sekere kompleksiteit waar
                                      kandidate moet kan sien hoe dele met 'n geheel verband hou
                                      en die voltooiing van 'n taak wat meer as een moontlike
                Analiseer, Evalueer, benadering kan hê.
                 Skep                 Dit kan ook die opweeg van moontlikhede vereis,
                Probleemoplossing besluitneming oor die geskikste oplossing en toets om
    V3/K3
                Produktiewe denke/ foute/probleme op te los, asook patroonherkenning en
                 Toepassing van       veralgemening.
                 begrip               Die vrae sal aksies/strategieë/prosedures insluit waar daar
                                      van kandidate verwag kan word om hul eie oplossings vir
                                      uitdagings te skep, wat anders mag wees as dit wat leerders
                                      in die klaskamer teëgekom het. Hierdie vrae kan die analise
                                      van dokumente of data en besluitneming insluit.

2.2         Moeilikheidsvlakke
Moeilikheidsvlakke word in die volgende kategorieë ingedeel:
M1:         Maklik vir die gemiddelde1 graad 12-kandidaat om te beantwoord
M2:         Matige uitdaging vir die gemiddelde graad 12-kandidaat om te beantwoord
M3:         Moeilik vir die gemiddelde graad 12-kandidaat om te beantwoord
M4:         Baie moeilik vir die gemiddelde graad 12-kandidaat om te beantwoord. Die vaardighede en
            kennis wat vereis word om vrae op hierdie vlak te beantwoord, maak dit moontlik om 'n
            A-graad kandidaat (besondere hoë-prestasie-/vermoë-leerder) van ander hoë-vermoë-/
            vaardigheid-kandidate te onderskei.

1
 Die term gemiddelde graad 12-kandidaat verwys na 'n gemiddelde Graad 12 kandidaat in Suid-Afrika aan wie die
hele kurrikulum deur ’n gekwalifiseerde onderwyser onderrig is met gebruik van die korrekte hulpbronne en nie na die
gemiddelde leerder in 'n skool of klas nie.

Kopiereg voorbehou                                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie                         5                                               DBE/2021
                                                 Eksamenriglyne

In die beoordeling van die moeilikheidsgraad van elke vraag word beide die eise wat elke vraag
op die kognitiewe vermoë van 'n gemiddelde graad 12-RTT leerder stel en die intrinsieke
moeilikheid van die vraag of taak in ag geneem. Tydens die beoordeling word die moeilikheid of
maklikheid van 'n bepaalde vraag geïdentifiseer. 'n Vier-kategorie-raamwerk2 vir denke oor die
vraag- of item-moeilikheid, aangepas uit Leong (2006), is in hierdie identifikasieproses gebruik.
Hierdie raamwerk bestaan uit die volgende vier algemene kategorieë van moeilikheid:

     Inhoud-moeilikheid: Dit verwys na die moeilikheidsgraad van die onderwerp, tema of
      konseptuele kennis; sekere inhoud is inherent moeiliker as ander inhoud.
     Stimulus-moeilikheid: Dit hou verband met die taalkundige kenmerke van die vraag en die
      uitdaging wat kandidate in die gesig staar by die lees, interpretasie en begrip van die vraag.
     Taak-moeilikheid: Dit verwys na die moeilikheidsgraad wat kandidate in die gesig staar
      wanneer hulle probeer om 'n antwoord te formuleer of te gee. In hierdie verband is antwoorde
      wat paragrawe vereis, inherent moeiliker as vrae wat 'n eenwoord/frase-antwoord vereis.
     Verwagte-antwoord-moeilikheid: Dit verwys na moeilikheidsgraad as gevolg van die
      nasienskema of memorandum/nasienriglyne, met ander woorde hoe punte toegeken gaan
      word. Dus kan antwoorde op meervoudigekeuse-vrae oor 'n spesifieke onderwerp makliker
      wees as vrae waar 'n kandidaat 'n koherente antwoord moet saamstel.

Die beraamde persentasies vir elke moeilikheidsvlak binne elke kognitiewe vlak soos in die
Januarie 2021 Verkorte Afdeling 4-wysigings van die KABV word in die tabel hieronder getoon.

                                  M1            M2           M3            M4        TOTAAL

                 K1              ±10%         ±10%          ±10%            -          ±30%
                 K2              ±10%         ±15%          ±13%          ±2%          ±40%
                 K3              ±10%         ±10%           ±7%          ±3%          ±30%
                 TOTAAL          ±30%         ±35%          ±30%          ±5%          100%

3.        ASSESSERING IN VRAESTEL 1 (PRAKTIES)

3.1       Sagteware

     Toepassingsagteware
      o    In Omsendbrief S9 van 2015 staan die volgende: 'As from January 2016, the DBE will
           only use Microsoft Office to implement and assess the CAT curriculum.'
      o    Die volgende drie weergawes van MS Office sal gebruik word: MS Office 2019/Microsoft
           365, MS Office 2016 en MS Office 2013.
      o    Indien nuwer weergawes van MS Office vrygestel word, sal die uitfasering van ouer
           weergawes en die implementering van nuwe weergawes deur die DBE aan alle
           belanghebbendes oorgedra word.

     Webontwerpsagteware
      o    'n Teksredigeerder, verkieslik Notepad++, MOET gebruik word om die webontwikkeling-
           vraag in die vraestel te beantwoord.
      o    ENIGE HTML-VRAAG WAT BEANTWOORD IS DEUR GEBRUIK TE MAAK VAN 'N
           WOORDVERWERKER, OF ENIGE ANDE ANDER WEBONTWERPSAGTEWARE (BV.
           DREAMWEAVER, WIX, WORDPRESS) SAL NIE NAGESIEN WORD NIE.

2
 Verwys na die 'Exemplar Book on Effective Questioning: Computer Applications Technology' wat by
https://www.umalusi.org.za/documents/reports/#1558861306122-1980558e-2e8a gevind kan word.

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie                  6                                          DBE/2021
                                          Eksamenriglyne

Verwys na Bylae G: Staatskoerant ('Government Gazette') Nr. 37651, 16 Mei 2014 (voorheen in
Staatskoerant ('Government Gazette') Nr. 31337 van 29 Augustus 2008) ('Regulations pertaining
to the conduct, administration and management of assessment for the National Senior Certificate')
met betrekking tot die afneem van 'n praktiese rekenaargebaseerde eksamen en die
veiligheidsprosedures wat gereed moet wees.

3.2    Omvang (soos volgens die Januarie 2021 Verkorte Afdeling 4 ('Abridged Section 4)-
       wysigings van die KABV

ONDERWERP             PUNTE                             INHOUD/FOKUS

Woord-                           Een of meer hoofvrae wat subvrae bevat, wat betrekking het op
verwerking             ±45       die inhoud, konsepte en vaardighede in woordverwerking

                                 Een of meer hoofvrae wat subvrae bevat, wat betrekking het op
Sigblaaie              ±40
                                 die inhoud, konsepte en vaardighede in sigblaaie

                                 Een of meer hoofvrae wat subvrae bevat, wat betrekking het op
                                 die inhoud, konsepte en vaardighede in databasisse
Databasisse            ±35
                                 'n Toevoermasker-karakterblad sal ingesluit word om saam met
                                 die vrae oor die databasistoepassing te gebruik.

                                 Een of meer hoofvrae wat subvrae bevat, wat betrekking het op
Web-                             die inhoud, konsepte en vaardighede in webontwikkeling
                       ±15
ontwikkeling                     'n Inligtingsblad met HTML-merkers sal ingesluit word om saam
                                 met die vrae oor webontwikkeling te gebruik.

                                 Integrasie en toepassing van tegnieke, kennis en prosedure-
Algemeen               ±15
                                 vaardighede wat al die toepassings wat bestudeer is, kan insluit

TOTAAL               150 punte

3.3    Inhoud

Verdere verduideliking van bestaande en bykomende inhoud vir Vraestel 1:

Lêerbestuur

Daar kan van leerders verwag word om lêers uit saamgeperste lêers te onttrek, óf as deel van die
eksamen, óf daar kan van hulle verwag word om al die lêers wat in die eksamen gebruik gaan
word, uit 'n saamgeperste lêer te onttrek ('unzip'). Dit beteken dat die data in die vorm van 'n
uitvoerbare lêer wat met 'n wagwoord beskerm is, versprei kan word, bv. RTTV1DataNov2022.exe.

Leerders moet die volgende doen:
 Maak die wagwoordbeskermde, uitvoerbare lêer oop.
 Klik op die onttrek('extract')-knoppie.
 Voer die wagwoord in wat in die eksamenvraestel gegee word, bv. #@Nb!”.

Wanneer die lêers onttrek is, sal die datalêers wat in die eksamen gebruik moet word, in die
lêergids RTTP1DataNov20xx gevind word.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie                 7                                          DBE/2021
                                         Eksamenriglyne

Woordverwerking

   Samel data via elektroniese/aanlyn vorms in, bv. Microsoft-vorms, Google-vorms, ens.
    (KABV bl. 31 en bl. 41).
   Die gebruik van woordverwerking elektroniese vorms: Oorgeërfde kontroles ('Legacy
    controls') moet gebruik word om vrae met betrekking tot elektroniese vorms te beantwoord.
    Sluit radioknoppies ('radio buttons') as deel van die GGK ('GUI') in. (KABV bl. 31 en bl. 41).
   Verwysingeienskappe ('Referencing features'), insluitend Indeks ('Index') en Figuurtabel
    ('Table of Figures') (KABV bl. 36).

Sigblaaie

   Sigbladfunkisies teenoor sigbladformules: Vir eksamendoeleindes in RTT word 'n funksie
    gesien as 'n enkele ingeboude of voorafgedefinieerde formule in Excel wat argumente tussen
    hakies ontvang. 'n Formule word deur die gebruiker gedefinieer en mag twee of meer
    ingeboude funksies bevat.
   'n Formule of 'n formule wat bestaan uit 'n kombinasie van meer as een funksie mag nodig
    wees om meer ingewikkelde probleme op te los.
   Basiese datum- en tydfunksies (KABV p. 40): YEAR, MONTH, DAY, DATE, DAYS, HOUR,
    MINUTE, SECOND, TIME, TODAY, NOW
   Benoemde reekse ('Named ranges') in sigblaaie, d.w.s. die benoeming van selle en selreekse
   Variasies van bekende funksies: COUNTIFS, SUMIFS (KABV bl. 40)
   Funksies soos IFS en XLOOKUP is opsioneel (vir skole wat Microsoft 365 gebruik) en kan
    gebruik word wanneer vrae in die praktiese vraestel beantwoord word.
   Opsoek ('Lookup') en verwysingsfunksies: VLOOKUP, HLOOKUP
   Bykomende sigbladfunksies: (ER 2017)
    o RANDBETWEEN
    o UPPER, LOWER
    o AND, OR
   Bykomende sigbladeienskap: SUBTOTAL-eienskap ('feature') (nie funksie nie)

Databasisse

   Kandidate moet data en inligting in databasistabelle kan interpreteer en aflei. Byvoorbeeld,
    hulle moet die datatipe of valideringsreëls van sekere velde kan aflei sonder dat hulle
    presiese instruksies ontvang oor die datatipe wat gebruik moet word.

HTML (Verwys na Bylae A: HTML-merkersblad ('HTML tag sheet')

   Die onderstreep-merker ('underline tag'): <u> </u>
   Skakels ('Links') na boekmerke, e-pos, webtuistes en lêers
   Die aanhalingsmerker ('cite tag') om bronne vir die PAT te erken: <cite>

Algemeen

   Oordrag van vaardighede – vaardighede wat in een toepassing geleer is, kan in 'n ander
    toepassing getoets word. Byvoorbeeld, voorwaardelike formatering of datavalidering wat in
    Excel onderrig word, kan ook in Access gevra word, en so kan lyste/kombinasielyste oor al
    die toepassings geëksamineer word, Find and Select wat in Word onderrig word, kan in
    Access en Excel voorkom, ens.
   Kandidate moet kan onderskei tussen vaardighede wat baie dieselfde is, bv. skakeer
    ('shade') en skaduwee ('shadow'), ens.
   Soos in 3.2, is die totale punt vir die praktiese eksamen (Vraestel 1) 150 punte en nie meer
    180 punte nie.
    Hierdie verandering sal soos volg in die vraestel geakkommodeer word:
    Die aantal subvrae sal verminder word om meer leerders tyd toe te gee om die vraestel te
    voltooi.
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie                       8                                             DBE/2021
                                               Eksamenriglyne

      Akkuraatheid in die demonstrasie van vaardighede is geleidelik oor die afgelope paar jaar
      ingebring en moet nou in alle vrae toegepas word. Met ander woorde, geen punt sal
      toegeken word as 'n vaardigheid onakkuraat gedemonstreer word nie, bv. waar die
      vaardigheid op die teks op die verkeerde plek toegepas word, of die voorgeskrewe kleur nie
      by voorwaardelike formatering gebruik word nie. Waar 'n vraag egter meer as een punt tel,
      sal gedeeltelike punte toegeken word waar die vaardigheid wat gedemonstreer moet word,
      meervoudige aksies vereis en net 'n gedeelte van die antwoord korrek gegee word.

4.      ASSESSERING IN VRAESTEL 2 (TEORIE)

4.1     Aksie-/Werkwoorde wat in eksamenvraestelle gebruik word

Woorde, soos definieer, beskryf, bespreek en noem word vir 'n rede gebruik: verskillende
kognitiewe vlakke word getoets. 'n Baie hoër kognitiewe vlak word getoets wanneer 'n mens iets
moet bespreek as wanneer jy slegs iets moet noem of 'n lys van items moet verskaf.

In 'n eksamenvraestel kan aksie-/werkwoorde die leerders lei in presies wat om in hulle antwoorde
in te sluit. Kennis van die betekenis van die aksiewoorde in die vrae sal leerders lei om te weet
wat van die vrae verwag word. Die lys hieronder is omvattend, maar nie volledig nie, en gee 'n
algemene riglyn oor wat verwag word wanneer die aksiewoorde gebruik word.

Aksiewoord              Betekenis                     Voorbeeld                        Notas

                 Vind die kernidees,            Analiseer die              Verdeel in dele/seksies.
                 watter verband tussen          korrekte gebruik van       Bestudeer elke deel/seksie –
Analiseer        hul bestaan en waarom          woordverwerkings-          kyk na die besonderhede.
                 hul belangrik is.              funksies in die
                                                volgende skermkopie:
                 Orden die items deur           Rangskik die               Rangskik van klein na groot,
                 verskeie items (terme of       stoormedia volgens         min na baie, stadig na vinnig,
Rangskik         gebeurtenisse) in die          hul kapasiteit.            skryf die stappe neer in die
                 korrekte volgorde te                                      regte volgorde, ens
                 plaas.
                 Groepeer                       Kategoriseer die           Watter kategorieë kan die
                 konsepte/idees wat             volgende rekenaar-         funksies/kenmerke die beste
                 dieselfde is/dieselfde         toestelle: sleutelbord,    beskryf?
Kategoriseer/
                 kenmerke/funksies het          SVE (CPU), drukker,        Verstaan verhoudings
Klassifiseer
                 of by mekaar hoort.            muis, hardeskyf, SSD
                                                na gelang van hul
                                                hooffunksie.
                 Toon beide die verskille       Vergelyk ROM en            Vind 'n verwantskap tussen
Vergelyk /       en die ooreenkomste            RAM.                       twee konsepte.
Onderskei        van spesifieke konsepte.                                  Watter kenmerke/funksies/
                                                                           gebruike is dieselfde/verskil?
                 Gee 'n duidelike,              Definieer die term         Gebruik kort, bondige
                 bondige formele                klikkaping ('phishing').   beskrywing van belangrikste
Definieer
                 betekenis van 'n term of                                  funksies, fokus op feite – in 'n
                 konsep.                                                   sin of twee.
                 Gee die hooffunksies           Beskryf klikkaping         Toon dat jy die konsep
Beskryf          deur op die stelling uit te    ('phishing').              begryp.
                 brei.
                 Skep 'n grafiek of maak        Maak 'n diagram om         Visuele aanbieding van die
                 'n skets. Maak seker           'n generiese IKT-          hoof-idees/konsepte/
Maak 'n
                 daar is byskrifte en voeg      stelsel te illustreer.     gedeeltes van iets
diagram
                 'n kort verduideliking
                 by, indien nodig.
Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie                    9                                          DBE/2021
                                            Eksamenriglyne

Aksiewoord             Betekenis                  Voorbeeld                       Notas

                Bied argumente vir en    Bespreek die gebruik         Kyk na die voordele en
                teen 'n standpunt aan en van 'n PAN in 'n             nadele, besluit wat sal
Bespreek        kom tot 'n               tuiskantoor.                 werk/nie werk nie, verduidelik
                gevolgtrekking.                                       waarom dit 'n goeie idee is of
                                                                      nie.
                Gee 'n mening, wys die       Evalueer die             Hoekom sal rekenaar X beter
                voordele en die nadele.      verdienste van die       wees as rekenaar A?
Evalueer
                                             koop van rekenaar X      Beoordeel die waarde van 'n
                                             vir persoon Y.           situasie/raad/konsep.
                Gee volledige redes of       Verduidelik hoe          Verduidelik dinge oor die
                regverdiging vir iets, of    klikkaping (phishing)    onderwerp soos:
                hoe en hoekom iets           werk.                    Wat is dit? Waar/Wanneer
                gebeur het of werk.                                   word dit gevind/gebruik? Hoe
Verduidelik
                                                                      word dit gebruik?
                                                                      Verduidelikings moet kort
                                                                      wees en sal nie noodwendig
                                                                      tegniese detail vereis nie.
                Gee EEN of meer              Gee TWEE redes om        Gebruik wanneer redes of
Gee             rede(s) of voorbeeld(e)      'n ISP te gebruik.       voorbeelde benodig word.
                in 'n volsin.
                Herken en noem of            Identifiseer die poort   Soortgelyk aan noem
                voorsien 'n feit.            wat gebruik word om
Identifiseer
                Sonder uit tussen ander      die drukker te koppel.
                inligting.
                Maak 'n stelling oor         Regverdig die            Wat is die situasie?
                waarom jy dink iets is       gebruik van 'n tabel     Waarom is die een beter as
Regverdig       soos dit is.                 eerder as                die ander?
('Justify')     Gee redes vir jou            tabelstoppunte in die
                stelling of                  volgende geval:
                gevolgtrekking.
                Noem – gee een woord    Noem EEN                      Gebruik vir alle eenwoord-
                vir 'n term of 'n konsep.
                                        stoortoestel.                 antwoorde of antwoorde wat
                Maak 'n lys – wanneer   Maak 'n lys van die           uit lyste van items bestaan.
Noem/
                twee of meer items      tipe inligtingsbronne
Maak 'n lys
                vereis word             wat jy kan gebruik
                                        wanneer jy navorsing
                                        doen.
                Verskaf 'n rede of      Motiveer die gebruik          Waarom sê jy so/stel jy dit
                regverdiging vir 'n     van lyn- en paragraaf-        voor? Hoekom het dit gebeur,
Motiveer
                antwoord of stelling.   spasiëring wanneer jy         Hoekom is hierdie beter as
                                        in Word werk.                 daardie?
                Analiseer of ondersoek Stel 'n rekenaar-              Wat is die situasie/wat is
                'n probleem/saak en gee konfigurasie vir mnr. X       gegee?
Gee 'n
                moontlike redes/idees/  voor.                         Wat is nodig? Wat sal die
voorstel
                oplossings.                                           beste wees?
                                                                      Hoekom dit?

WAAR/ONWAAR-antwoord vrae

Daar word van leerders verwag om die woord ONWAAR te skryf en die term te gee wat om die
onwaar stelling WAAR te maak. Wanneer 'n leerder egter slegs die term verskaf om die stelling
WAAR te maak, behoort hy/sy nie gepenaliseer te word nie. Geen punt sal toegeken word as
slegs die woord ONWAAR verskyn nie.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie                   10                                                DBE/2021
                                           Eksamenriglyne

4.2    Omvang

      ONDERWERP            PUNTE                              INHOUD/FOKUS

                                            AFDELING A

                                      Hierdie afdeling sal al/sommige van die volgende insluit:

Kortvrae                        25       Meervoudigekeuse-vrae wat al die onderwerpe dek
                                         Pasitem-vrae wat al die onderwerpe dek
                                         Aangepaste Waar/Onwaar-vrae wat al die onderwerpe dek

                                            AFDELING B

                                      Vrae met betrekking tot die inhoud, konsepte en vaardighede in
                                      die onderwerp soos in die KABV-dokument gelys, insluitend (maar
                                      NIE beperk NIE tot):
                                         Rekenaarhardeware in al die verskillende vorme               en
                                          konfigurasies
Stelseltegnologieë              ±25      Randapparatuur, bv. drukkers, roeteerders, skandeerders
                                         Stelsel- en toepassingsagteware
                                         Instandhoudingstake en bestuur van rekenaartoestelle
                                         Basiese foutopsporing, ens.
                                      Verwys na die KABV-dokument vir 'n gedetailleerde lys van
                                      onderwerpe wat in hierdie afdeling gevra kan word.

                                      Vrae met betrekking tot die inhoud, konsepte en vaardighede in
                                      die onderwerp soos in die KABV-dokument gelys, insluitend (maar
                                      NIE beperk NIE tot):
                                         Wat is 'n netwerk en waarom sal 'n mens 'n netwerk wil
                                          gebruik?
                                         Netwerkhardeware en -sagteware
Internet- en                    ±15      Tipes netwerke, bv. PAN, LAN, WAN
Netwerktegnologieë                       Die internet en internetdienste en die Wêreldwye Web
                                         Webtuistes/-blaaie, webtegnologieë en webblaaiers
                                         E-kommunikasie, insluitend e-pos, kitsboodskappe ('instant
                                          messaging')
                                      Verwys na die KABV-dokument vir 'n gedetailleerde lys van
                                      onderwerpe wat in hierdie afdeling gevra kan word.

                                      Vrae met betrekking tot die inhoud, konsepte en vaardighede in
                                      die onderwerp soos in die KABV-dokument gelys, insluitend (maar
                                      NIE beperk NIE tot):
                                         Formulering van sleutelvrae om data te vind                  en
                                          probleemoplossing te rig
Inligtingsbestuur               ±10      Kies, vind en toegang kry tot toepaslike databronne
                                         Die nagaan van die gehalte en akkuraatheid van data
                                         Dataverwerking
                                         Interpretasie van data en inligting, ens.
                                      Verwys na die KABV-dokument vir 'n gedetailleerde lys van
                                      onderwerpe wat in hierdie afdeling gevra kan word.

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie                             11                                           DBE/2021
                                                     Eksamenriglyne

         ONDERWERP                 PUNTE                              INHOUD/FOKUS

                                               Vrae met betrekking tot die inhoud, konsepte en vaardighede in
                                               die onderwerp soos in die KABV-dokument gelys, insluitend (maar
                                               NIE beperk NIE tot):
                                                   Die impak van IKT's op die samelewing
                                                   Wetlike, etiese en sekuriteitskwessies wat verband hou met
    Sosiale implikasies               ±10           die gebruik van IKT's
                                                   Opvoedkundige en ergonomiese kwessies
                                                   Omgewingskwessies, insluitend groenrekenarisering, ens
                                               Verwys na die KABV-dokument vir 'n gedetailleerde lys van
                                               onderwerpe wat in hierdie afdeling gevra kan word.

                                               Vrae wat fokus op die kennis, begrip en ontwikkeling van
                                               oplossings deur toepassingsagteware te gebruik. Hierdie vrae sal
    Oplossingsontwikkeling            ±15
                                               in wese handel oor die teoretiese aspekte van die toepassings wat
                                               bestudeer is.

                                                      AFDELING C

                                               Kandidate sal TWEE waarheidsgetroue scenario's kry waaroor
                                               vrae, wat al die onderwerpe dek, gevra sal word. Die vrae sal
                              3     2 x ±25    kandidate se begrip toets oor tegnologieë, hul vermoë om ingeligte
    Geïntegreerde Scenario
                                     = ±50     besluite te neem, wat strek van die keuse van tegnologie,
                                               toepassingsagteware wat gebruik gaan word, netwerke, ens., tot
                                               die verantwoordelike gebruik van sulke tegnologieë.

LET WEL:
 Die inhoud in die tabel hierbo is NIE 'n volledige lys van al die inhoud NIE – verwys ook na
   die KABV-dokument wat 'n lys van alle moontlike inhoud wat gedek moet word, bevat.
 Sommige van die onderwerpe kan in twee of meer fokusareas val, dus mag onderwerpe van
   jaar tot jaar in verskillende afdelings/vrae geëksamineer word, afhangend van eksaminator-
   diskresie.
 Operasionele kennis uit Vraestel 1 in terme van waar, hoe en waarom verskeie funksies,
   tegnieke en konsepte in probleemoplossingskontekste toegepas word, kan ook in enige van
   die afdelings van hierdie vraestel geëksamineer word. Dit sluit ook die interpretasie van
   eenvoudige foutboodskappe en evaluering van die beste opsies en strategieë in 'n gegewe
   situasie, in.
4.3        Inhoud
Die KABV (bl. 18) stel voor dat nuwer tegnologie ingesluit word en ou tegnologieë
uitgefaseer word omdat daar 'n vinnige ontwikkeling in die vak plaasvind wat weerspieël
moet word in dit wat die leerders onderrig word en wat geëksamineer word. Hierdie
Eksamenriglyne-dokument bevat 'n lys van die nuwe tegnologieë wat in die eksamen-
vraestel verwag kan word en beskryf in breë trekke die diepte van die kennis wat vir 'n
eindgebruiker vereis word.
Die diepte van kennis wat vir al die bestaande konsepte en terminologie hieronder vereis
word, sluit in, inter alia:
 Definisie – wat dit is
 Doel/Funksie – wat dit doen, waarom dit nodig is
 Voordele/Nadele
 Voordele/Beperkings
 Toepassing in 'n IKT-omgewing

3
    Die twee vrae in Afdeling C kan elkeen 'n ander scenario hê.

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie                  12                                         DBE/2021
                                          Eksamenriglyne

4.3.1   Uitklaring van 'n paar bestaande konsepte en nuwer tegnologieë vir Vraestel 2

Die meeste van die tegnologieë en konsepte hieronder is in die KABV gelys. Die diepte van
kennis wat vereis word, is soos in 4.2 hierbo gelys, maar sommige aspekte ten opsigte van
hierdie tegnologieë/konsepte word hieronder uitgeklaar.

Stoortoestelle en media:

   Vastetoestand-aandrywer ('Solid-state drive'): 'n Aandrywer wat geen bewegende dele het
    nie, wat dit stiller en sterker maak. Dit werk baie vinniger as die tradisionele hardeskyf
    aangesien dit data elektronies stoor en nie magneties nie, soos met 'n tradisionele hardeskyf.
    (KABV bl. 22)
   Kaartleser ('Card reader'): 'n Toestel wat aan 'n rekenaar gekoppel word wat ontwerp is om
    data uit verskillende soorte stoormedia, soos SIM- en SD-kaarte en flitsskywe, te aanvaar en
    te lees. (KABV bl. 22)

Toevoer- en afvoertoestelle:

   Multi-aanrakingskerm ('Multi-touch screen'): Eienskap van 'n skerm wat dit toelaat om
    meer as een punt wat gelyktydig aangeraak word, te registreer. (KABV bl. 22)
   HDMI: Hoë-definisie- multimedia koppelvlak ('High-definition multimedia interface') is 'n
    standaard/poort vir die koppeling van hoë-definisie-videotoestelle, soos rekenaarmonitors,
    videoprojektors en digitale televisie. HDMI dra hoë-gehalte-video- en klankseine, en daar is
    geen behoefte vir aparte klankkabels nie, soos met VGA. (KABV bl. 30)
   3D-druk/-drukkers ('3D printing/printers'): 3D-drukkers kan driedimensionele soliede
    objekte (bv. motoronderdele, menslikeweefsel-vervanging, juwele, klere, klein geboue, klein
    bote) vanaf 'n digitale model van die item skep deur opeenvolgende lae materiaal bo-op
    mekaar te plaas. (KABV bl. 20)

Kommunikasie en kommunikasietoestelle:

   Standaarde vir draadlose kommunikasie wat hoëspoed-dataoordrag tussen sellulêre
    toestelle (soos slimfone en tablette) en IDV's verskaf. Elke generasie, bv. 5G of 6G,
    vermeerder die kapasiteit en spoed van vorige mobiele koppelings. (KABV bl. 35)
   NVK ('NFC'): Naby-veld-kommunikasie ('Near field communication') (NVK/'NFC') is 'n
    standaard wat toestelle, soos slimfone, toelaat om kabelloos te kommunikeer deur die
    toestelle aan mekaar te laat raak of naby aan mekaar te bring, om byvoorbeeld lêers uit te ruil
    deur twee slimfone aan mekaar te laat raak of 'n lêer kabelloos van 'n slimfoon na 'n drukker
    te stuur. (KABV bl. 35)
   Video-kommunikasie – sluit ook platforms soos Zoom, Microsoft Teams en Google Meet in.

Internettegnologieë:

   URL-verkorter ('URL shortener'): Dit is 'n instrument of diens, soos TinyURL.com, wat 'n
    lang URL na 'n korter weergawe omskakel. Hierdie korter weergawe van die URL sal die
    gebruiker na dieselfde webadres neem, maar dit is makliker om te onthou of te tik.
    (KABV bl. 25)
   Internet van Dinge ('Internet of Things') (IoT): Dit verwys na die tendens waarvolgens
    allerhande voorwerpe en toestelle toenemend met mekaar verbind word deur middel van die
    internet. Dit kan strek van bewaking-/toesigstelsels tot geisers, wasmasjiene, 'slim' motors en
    verkeersligte, ens. Verskeie sensors in die toestelle kan data vir allerhande doeleindes
    verskaf, insluitend die meer doeltreffende diagnose en bestuur van stelsels. (ER 2017)
   Outonome voertuie: 'n Selfbesturende ('self-driving') motor, wat ook as outonome voertuie
    bekend staan, of 'robo-car', is 'n voertuig wat sy omgewing kan waarneem en veilig met min
    of geen menslike toevoer rondbeweeg.
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie                 13                                         DBE/2021
                                         Eksamenriglyne

   Hommeltuig('drone')-tegnologie: 'n Hommeltuig is 'n onbemande vliegtuig. In wese is 'n
    hommeltuig 'n vlieënde robot wat op 'n afstand beheer kan word of wat outonoom deur
    sagtewarebeheerde vlugplanne in hulle ingeboude stelsel kan vlieg, in samewerking met
    sensors aan boord en GPS. Dit word dikwels in landbou, fotografie, wildbewaring, die
    aflewering van pakkies, ens. gebruik.
   Drabare toestelle en tegnologieë ('Wearable devices and technologies'): Drabare
    tegnologieë, soos elektroniese mobiele toestelle wat as bykomstighede of deel van klere
    gedra word, bv. slimhorlosies of fiksheid-/gesondheid-spoortoestelle, ('smart glasses'), wat
    voordurend data van verskeie omgewings genereer en met ander toestelle/PR's/netwerke
    kommunikeer.
   Vorming ('Shaping/Network tuning'): 'n Tegniek waarvolgens aan sekere netwerk-
    (internet)-dienste, bv. e-pos, voorkeur gegee word, terwyl ander, soos sosiale netwerke, laer
    prioriteit kry sodat uitvoering vir die meer kritieke dienste volgehou kan word. (ER 2017)
   Vertraging (Polisiëring) ('Throttling (Policing)'): Dit vind plaas wanneer jou ISP jou
    internetverbinding stadiger maak. Dit kom meestal voor as jou ISP jou aansien as iemand wat
    oormatige hoeveelhede data aflaai. Elke diensverskaffer het 'n aanvaarbare gebruikskode
    ('acceptable use policy'/'AUP') wat spesifiseer hoe dit bepaal en geïmplementeer word.
    (ER 2017)

Eienskappe/Metadata:

   Geo-etikettering ('Geo-tagging'): 'n Proses waar 'n geografiese posisie van waar 'n foto
    geneem is, by die metadata van 'n lêer gevoeg word, soos om die lengte- en breedtegraad by
    te voeg. (KABV bl. 40)

Kubersekuriteitskwessies:

   Klikkaping ('Click-jacking'): Gebruikers word om die bos gelei om op 'n item op 'n webblad,
    wat as 'n versteekte skakel optree, te klik. (KABV bl. 42)
   Lospryssagteware ('Ransomware'): 'n Tipe skadelike sagteware wat ontwerp is om
    toegang tot jou rekenaarstelsel en lêers te blokkeer totdat jy 'n som geld/losprys ('ransom')
    betaal. (ER 2017)
   Skermsluitpatroon ('Screen lock pattern'): 'n Manier om 'n toestel te sluit deur 'n patroon te
    skep wat jy op die skerm moet teken of natrek om die toestel oop te sluit. (ER 2017)
   Verifikasie (Internetveiligheid): Twee-faktor(twee-stap)-verifikasie: sluit die gebruik van
    CAPTCHA, OTP ('one time pin/password'), ApproveIt-boodskappe, ens. In.

Hoe tegnologie die samelewing kan bevoordeel/sosiale implikasies

   Skarebefondsing ('Crowd funding'): 'n Proses waar 'n enkele idee of besigheidspraktyk
    deur 'n menigte klein donasies van vrywillige bydraers befonds word, gewoonlik voordat die
    sakeonderneming begin word. Die bydraers ontvang dan die produk wanneer dit uiteindelik
    vervaardig word. Voorbeelde: www.indiegogo.com en www.kickstarter.com. (KABV bl. 45)
   BJET ('BYOD'): 'Bring jou eie toestel' ('Bring your own device') verwys na 'n konsep waar
    werknemers/studente toegelaat word om op hul eie draagbare toestelle, soos slimfone,
    skootrekenaars, tablette, te werk en toegang tot die netwerk te kry, in plaas daarvan om 'n
    toestel wat deur die maatskappy/instelling besit/verskaf word, te gebruik. (KABV bl. 32)
   Groot data ('Big data'): Baie groot gestruktureerde en ongestruktureerde datastelle wat met
    behulp van rekenaars ontleed word om tendense en assosiasies te onthul. Dit bied
    uitdagings, soos stoor, kurasie, bevraagtekening, visualisering. (ER 2017)
   Kripto-geldeenhede ('Cryptocurrencies') (bv. Bitcoin, Ethereum, Luno): Dit is 'n vorm van
    'n virtuele, digitale geldeenheid. Bitcoins kan geruil word vir ander geldeenhede, produkte en
    dienste. Dit het kommer gewek aangesien dit dikwels gebruik word vir betaling in kriminele
    aktiwiteite soos afkoop-sagteware('ransomware')-eise. Al hoe meer wettige maatskappye
    aanvaar dit egter as betaalmiddel. (ER 2017)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie                  14                                          DBE/2021
                                          Eksamenriglyne

   E-Leer ('E-learning'): Die skep van 'n leeromgewing waar individue hulle rekenaars gebruik
    om aan onderrig en leer deel te neem om hulle opleiding te verbeter.
   Mobiele of M-Leer ('Mobile or M-Learning'): 'n Vorm van onderwys en opleiding verskaf en
    uitgevoer met behulp van mobiele toestelle, soos tablette en slimfone, deur die internet. Dit is
    ontwerp om buigsaam te wees, sodat leerders/werkers/studente altyd en oral toegang tot
    onderrig het (ER 2017)
   Virtuele werklikheid ('Virtual reality')/(VR): Dit verwys na die gebruik van tegnologie om 'n
    simulasie van 'n 3D-omgewing te skep waarmee 'n persoon op 'n oënskynlik werklike of
    fisieke manier in wisselwerking kan tree. Dit word bereik deur die gebruik van toerusting, soos
    helms met skerms en handskoene wat sensors het. (ER 2017).
   Vergrote werklikheid ('Augmented reality')/(AR) gebruik 'n soortgelyke tipe tegnologie,
    maar skep nie 'n totale virtuele omgewing soos VR nie. In plaas daarvan neem dit die fisiese
    wêreld en voeg voorwerpe by ('augment'), bv. grafika binne-in die regte wêreld. Beide VR en
    'augmented reality' word op gebiede gebruik wat wissel van vermaak (bv. die 'augmented'
    realiteitspeletjie Pokémon GO), opleiding in vliegtuigsimuleerders en gesondheidsorg (bv. 'n
    toep wat gebruik word om are te verhelder wanneer 'n drup ingesit word of chirurge wat in
    staat is om afstandsoperasies op pasiënte uit te voer.
   Kunsmatige intelligensie ('AI/Artificial Intelligence'): Verwys na die simulasie van
    menslike intelligensie in masjiene wat geprogrammeer word om soos mense te dink en hulle
    aksies na te boots, veral eienskappe wat met die menslike verstand verband hou, soos leer
    en probleemoplossing. Masjien-leer is die studie van rekenaar-algoritmes wat outomaties
    deur ondervinding en deur die gebruik van data verbeter word. Dit word gesien as 'n deel van
    kunsmatige intelligensie.
   4IR (die vierde industriële revolusie): 4IR is 'n manier om die vervaende (onduidelike)
    grense tussen die fisiese, digitale en biologiese wêreld te beskryf. Dit is 'n mengsel van die
    vordering in kunsmatige intelligensie ('AI'), robotika, die Internet van Dinge ('IoT'), 3D-druk,
    genetiese ingenieurswese, kwantumrekenarisering en ander tegnologieë. Dit skep baie
    produkte en dienste wat vinnig besig is om noodsaaklik vir die moderne lewe te word en is die
    gesamentlike krag wat omtrent elke besigheidsektor ontwrig.
   5IR (die vyfde industriële revolusie): 5IR ontwikkel tegelyk en langs 4IR en gebruik die
    voordele wat 4IR het om die fokus terug op mense en menslike strewe te plaas, deur die
    etiek en die impak van tegnologie wat in die 4IR ontwikkel is, te definieer.
   Blokketting ('Blockchain'): Die naam vir 'n hele nuwe tegnologie. Dit is 'n volgorde van
    blokke of groepe transaksies wat saamgeketting word en onder gebruikers versprei word.
    'The blockchain is an incorruptible digital ledger of economic transactions that can be
    programmed to record not just financial transactions, but virtually everything of value.'
    – Don & Alex Tapscott
    Dit werk as 'n onbetwisbare rekord van transaksies wat nie op 'n eksterne outoriteit
    berus om die outentiekheid en integriteit van die data te valideer nie. Transaksies is tipies
    ekonomies, maar 'n mens kan enige tipe inligting in die blokke stoor.

           [Aangepas uit https://medium.com/swlh/blockchain-for-dummies-d3daf2170068]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie                 15                                        DBE/2021
                                         Eksamenriglyne

4.3.2   Tegnologie/Konsepte wat nie meer geëksamineer gaan word nie

Soos tegnologie verbeter, word baie tegnologieë verouderd of sal nie meer relevant wees nie en
sal om daardie rede nie meer geëksamineer word nie.

Konsepte/Tegnologieë wat nie meer vanaf 2021 geassesseer word nie:

    CRT-monitors                                        PDA
    Digitale migrasie                                   RSS-voere ('RSS feeds') (sosialemedia-
    Encarta                                              platforms en e-possubskripsies blyk om
    Faks/Faks-modems                                     dit deesdae 'n tegnologie te maak wat
    FireWire                                             minder gebruik word.)
    'Freeware'/'Shareware'-sagteware                    Second Life
    FTP                                                 Alleenstaande teenoor geïntegreerde
    MIKH ('MICR')                                        sagteware in terme van kantoorpakkette
    Myspace                                              ('Office Suites')
    OMH ('OMR')                                         Bal('Trackball')-muis
                                                         Hulptuie ('Widgets')

4.3.3   Uitklaring van onduidelike tegnologieë/konsepte

In ander gevalle kan die gestelde verskille tussen toestelle/tegnologieë onduidelik word, met die
gevolg dat sommige van hierdie konsepte/toestelle nie geëksamineer sal word nie om verwarring
vir die kandidate en tydens die nasienproses te voorkom.

    Toestelle soos drukkers SAL geëksamineer word, maar die vergelykings tussen verskillende
     drukkertipes sal NIE geëksamineer word NIE.
    802.11 a/b/g/n – Kandidate moet weet dat 802.11 na Wi-Fi-konnektiwiteitstandaarde verwys.
     Die details van die spesifieke standaarde (d.w.s. a/b/g/n, sal NIE eksamineerbaar wees NIE.
     (KABV bl. 35)
    Die konsep van 'n inpropprogram ('plug-in') as 'n manier om die webblaaier te pasmaak, is
     grotendeels deur 'n byvoeging ('add-on') vervang, wat 'n uitbreiding van die sagteware is.
     Daar sal NIE van kandidate verwag word om tussen die twee konsepte te onderskei NIE. Die
     term byvoeging ('add-on') sal verkies word.
    Daar sal nie meer van kandidate verwag word om tussen 'n tablet en 'n phablet te onderskei
     nie. 'n Phablet is 'n kleinskerm-tablet of 'n grootskerm-selfoon.
    Modem en roeteerder ('router'): Onderskei tussen die funksie van 'n modem en die funksie
     van 'n roeteerder, selfs as dit een gekonvergeerde toestel is.
    Differensiasie tussen LCD- en LED-monitors sal NIE geëksamineer word NIE.

5.      SLOT

Hierdie Eksamenriglyne-dokument is bedoel om die assesseringsaspirasies wat in die KABV-
dokument voorgestaan word, te verwoord. Dit is derhalwe nie 'n plaasvervanger van die KABV-
dokument, wat onderwysers vir onderrig moet gebruik, nie.

Kwalitatiewe kurrikulum-dekking, soos uiteengesit in die KABV, kan nie oorbeklemtoon word nie.

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [CAT P2 GR12 QP SEPT2021 English](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr12-qp-sept2021-english/11ae334d-913d-4246-abdc-be3c7dffc6ce) — Computer Applications Technology · QP · 2021 · Eng
- [Computer Application Technology P2 May June 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-p2-may-june-2021-eng/f262d2a6-b39f-4f53-92a0-efc9f47b0e06) — Computer Applications Technology · QP · 2021 · Eng
- [Computer Application Technology P2 Nov 2020 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-p2-nov-2020-memo-eng/549aa96b-d6a9-4246-9d63-80e2ba254c10) — Computer Applications Technology · Memo · 2021 · Eng
- [CAT P1 MEMO GR12 SEPT 2021 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-memo-gr12-sept-2021-afr-d/528606a4-6c50-4abf-95fd-6bf9eee17db9) — Computer Applications Technology · Memo · 2021 · Afr
- [CAT P1 MEMO GR12 SEPT 2021 ENG D](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-memo-gr12-sept-2021-eng-d/1b3ca7d1-9908-4164-be1b-cb607c6c21e1) — Computer Applications Technology · Memo · 2021 · Eng
- [Computer Application Technology P1 May June 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-p1-may-june-2021-eng/5be0bf0e-69bd-4481-9ce4-d56745874ad6) — Computer Applications Technology · QP · 2021 · Eng

## More from Grade 12 Computer Applications Technology

- [CAT P1 QP GR12 SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-qp-gr12-sept-2024-afrikaans/82b87849-4ee6-4b20-8b30-633307bd7329) — QP · 2024 · Afr
- [CAT P1 QP GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-qp-gr12-sept-2024-english/bf2518c3-ae79-4251-8145-1b062895b12f) — QP · 2024 · Eng
- [CAT P2 GR12 QP SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr12-qp-sept-2024-english/b8b0a9f3-f8c6-4f0a-8ddf-30b58008b603) — QP · 2024 · Eng
- [Computer Applications Technology P1 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/computer-applications-technology-p1-nov-2024-afr/502fe6df-4d11-41d1-8e23-b219565e715b) — QP · 2024 · Afr
- [Computer Applications Technology P2 May-June 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-computer-applications-technology-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-2-english/a32bb637-25b5-4469-8be9-e72527e65d8a) — Memo · 2024 · Eng
- [Computer Applications Technology P1 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-applications-technology-p1-nov-2023-eng/60311585-04c7-46dc-bcf6-87da09dc1ea5) — QP · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
