# Computer Applications Technology Grade 12 P1 2020 QP (Afr)

> Grade 12 Computer Applications Technology Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2020 (Afrikaans), 21 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-p1-nov-2021-afr/1470e04d-3b82-4358-bb65-bb03f0dfd093
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Computer Applications Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2020
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 21

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Computer Applications Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/computer-applications-technology) › [Computer Applications Technology Grade 12 P1 2020 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-p1-nov-2021-afr/1470e04d-3b82-4358-bb65-bb03f0dfd093)

## About this document

Computer Applications Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2020. Question paper, 21 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                     REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1

                                NOVEMBER 2021

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

            Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye, 'n HTML-merkersblad,
           'n toevoermasker-karakterblad, twee bladsye vir beplanning en
                              en 'n aparte inligtingsblad.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1             2                           DBE/November 2021
                                            NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.      As gevolg van die aard van hierdie praktiese eksamen is dit belangrik om
        daarop te let dat, selfs as jy die eksamen vroeg klaarmaak, jy NIE toegelaat
        sal word om die eksamenlokaal te verlaat voordat al die administratiewe
        funksies wat met die eksamen geassosieer word, gefinaliseer is NIE.
        Gedurende die eksamen sal die normale reëls oor die verlating van die
        eksamenlokaal geld.

2.      As jy op die netwerk werk, of as die datalêers vooraf op jou stelsel gelaai is,
        moet jy die instruksies volg wat deur die toesighouer/onderwyser gegee
        word.

3.      Aan die einde van die eksamen moet jy seker maak dat AL jou
        antwoordlêers op die netwerk/rekenaar gestoor is, soos deur die
        toesighouer/onderwyser aan jou verduidelik is.

4.      Maak absoluut seker dat al die lêers gelees kan word. MOENIE onnodige
        lêers/lêergidse stoor NIE en MOENIE duplikaat-antwoordlêers/-lêergidse
        inlewer NIE. MOENIE enige oorspronklike lêers waarop jy nie gewerk
        het nie, verwyder NIE.

5.      Die inligtingsblad wat saam met die vraestel verskaf word, MOET NA
        AFLOOP VAN DIE DRIE-UUR-EKSAMENSESSIE INGEVUL WORD. Lewer
        dit aan die einde van die eksamen by die toesighouer in.

6.      'n Kopie van die meesterlêers ('master files') sal by die toesighouer
        beskikbaar wees. Indien daar enige probleme met 'n lêer is, mag jy die
        toesighouer vir 'n ander kopie vra.

7.      Hierdie vraestel bestaan uit SEWE vrae. Beantwoord AL die vrae.

8.      Lees deur elke vraag voordat jy dit beantwoord of die probleem oplos.
        MOENIE meer doen as wat die vraag vereis NIE.

9.      Maak seker dat jy elke dokument stoor deur die lêernaam wat in die vraestel
        gegee word, te gebruik. Stoor jou werk gereeld as 'n voorsorgmaatreël teen
        moontlike kragonderbrekings.

10.     Jy mag GEEN hulpbronmateriaal gebruik NIE.

11.     Akkuraatheid sal in berekening gebring word.

12.     Maak seker dat die streeksinstellings ('regional settings') op Suid-Afrika
        ('South Africa') ingestel is en dat datum- en tydinstellings, nommerinstellings
        en geldeenheidinstellings ('currency settings') korrek ingestel is.

13.     Vir alle woordverwerkingsvrae moet jy die taal op 'English (South Africa)' stel.
        Neem aan dat die papiergrootte A4 Portret ('Portrait') is, tensy anders
        aangedui. Gebruik sentimeter as maateenheid.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1              3                            DBE/November 2021
                                             NSS

14.     Maak seker dat die 'Developer'-oortjie en die liniaal ('Ruler') geaktiveer is.

15.     Maak seker dat die desimale simbool ('decimal symbol') as ŉ punt ('.') gestel
        is en die lys-skeikarakter ('List separator') as 'n komma (',') gestel is.

16.     Formules en/of funksies moet vir ALLE berekeninge in sigbladvrae gebruik
        word. Gebruik absolute selverwysings slegs waar nodig, om seker te maak
        dat formules korrek is wanneer jy dit na ander selle in 'n sigblad kopieer.

        LET WEL:        Alle formules en/of funksies moet só ingevoeg word dat die
                        korrekte resultate steeds verkry sal word, selfs as veranderinge
                        aan die bestaande data gemaak word.

17.     Jy mag NIE 'n woordverwerkingsprogram soos Word gebruik om die
        HTML-vraag te beantwoord NIE.

18.     Die eksamendata-lêergids wat jy saam met hierdie vraestel ontvang, bevat
        die lêers wat hieronder aangedui word. Maak seker dat jy al die lêers het
        voordat jy met hierdie eksamen begin.

           1Clean                                 Prent
           1Health                                Woordverwerkingslêer
           2Marine                                Woordverwerkingslêer
           3Logo                                  Prent
           3Projects                              Sigblad
           4Air                                   Sigblad
           5Save                                  Databasis
           6_1Clean                               HTML-lêer
           6_1Plastic                             Prent
           6_2Pollute                             HTML-lêer
           7Company                               Sigblad
           7Date                                  Sigblad
           7Letter                                Woordverwerkingslêer
           7Picture                               Saamgeperste lêer

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1             4                           DBE/November 2021
                                            NSS

SCENARIO

Besoedeling is tans een van die grootste omgewingsaangeleenthede. Afvalprodukte
kan land-, water- en lugbesoedeling veroorsaak. 'n Groeiende bewustheid van die
negatiewe invloed van besoedeling moedig mense aan om betrokke te raak by
projekte om besoedeling te keer en die omgewing skoon te maak.

VRAAG 1: WOORDVERWERKING

Maak die 1Health-woordverwerkingsdokument oop en voeg jou eksamennommer in
die bladsyboskrif ('header') of bladsyonderskif ('footer') in.

1.1    Verander die bladsygrootte van die dokument na A4.                                         (1)

1.2    Verander die lynspasiëring van die paragraaf wat met 'The following is …' begin
       en met '… by air pollution.' eindig om dieselfde te wees as die lynspasiëring van
       die eerste paragraaf.                                                                      (1)

1.3    Vervang al die gevalle van die presiese teks 'ozone' om in Arial Narrow, vetdruk
       ('bold') en skuinsdruk ('italic') te vertoon.                                              (3)

1.4    Voeg 'n teksblokkie van 9 cm hoog by 8 cm wyd in en skuif die teks wat met
       'Nitrogen dioxide …' begin en met '… from heart disease.' eindig in die
       teksblokkie in.

       Die teksblokkie moet vertoon soos hieronder getoon.

       Die bokant van die teksblokkie is relatief tot die woord 'air' en die onderkant van
       die teksblokkie is relatief tot die woord 'Ground'.

                                                                                                  (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1            5                         DBE/November 2021
                                           NSS

1.5    Vind die teks wat met die opskrif 'DOES IT MAKE A DIFFERENCE WHERE I
       LIVE?' begin en met '… fuels and vehicles.' eindig.
          Verander die uitleg van die teks om in twee kolomme te vertoon.
          Stel die breedte van die eerste kolom op 8 cm.
          Stel die spasie tussen die kolomme op 1 cm.                                            (3)

1.6    Vind die teks wat met die opskrif 'On the road' begin en met '… keeping
       windows closed.' eindig.
       Pas veelvlak-lysnommering ('multilevel list numbering') op die teks om te
       vertoon soos hieronder getoon.

                                                                                                  (7)

1.7    Verander die 'UK Health Departement'-bron na 'n webtuiste-bron met die URL
       http://www.airquality.co.uk.                                                               (2)

1.8    Voeg 'n outomatiese bibliografie onder die opskrif 'Bibliography' aan die einde
       van die dokument by.                                                                       (1)

1.9    Voeg die prent 1Clean as 'n watermerk by die dokument in. Stel die skaal van
       die watermerkprent na 150%.                                                                (2)

1.10   Ondersoek die dokument vir enige kwessies ('issues') en verwyder alle
       versteekte teks ('hidden text') uit die dokument.                                          (1)

Stoor en maak die 1Health-dokument toe.                                                           [25]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1             6                          DBE/November 2021
                                            NSS

VRAAG 2: WOORDVERWERKING

Maak die 2Marine-woordverwerkingsdokument oop en voeg jou eksamennommer in
die bladsyboskrif ('header') of bladsyonderskif ('footer') in.

2.1     Verander die font van die dokumenttitel 'UNESCO: Marine Pollution' na
        kleinbokas ('Small caps').                                                               (1)

2.2     Formateer die opskrifte van die dokument sodat jy 'n inhoudsopgawe ('table of
        contents') onder die opskrif 'TABLE OF CONTENTS' kan invoeg, om soos
        hieronder te vertoon.

                                                                                                  (3)

2.3     Verwyder die outomatiese woordafbreking ('automatic hyphenation') uit die
        dokument.                                                                                (1)

2.4     Voeg 'n byskrif ('caption') by die prent onder die opskrif 'What is polluting our
        Oceans?'. Die byskrifteks kan in die prent se alternatiewe teks gevind word.             (2)

2.5     Verwyder die hiperskakel op die prent deur Chris Deacutis.                               (1)

2.6     Herstel (Restore') die prent onder die opskrif 'What can I do?' na die
        oorspronklike kleur.                                                                     (1)

2.7     Vind die teks 'Question 2.6' onder die opskrif 'What is IOC UNESCO doing?'.

        Vervang die teks 'Question 2.6' met 'n kruisverwysing ('cross-reference') na die
        IOC UNESCO-prent en vertoon slegs die bladsynommer.                                      (2)

2.8     Voeg 'n voetnota soos volg in op die teks 'UNEP' wat op die laaste bladsy van
        die dokument gevind word:

           Stel die voetnota-nommeringformaat na A, B, C, …
           Stel die voetnota-nommering om op elke bladsy weer te begin.
           Voeg die voetnotateks 'Environment Programme' by.                                    (4)

2.9     Voeg 'n veld in onder die teks 'INSERT HERE' om die aantal woorde in die
        dokument te vertoon.                                                                     (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1           7                         DBE/November 2021
                                          NSS

2.10    Voeg outomatiese bladsynommering in die bladsyonderskrif van die dokument
        soos volg in:

           Gebruik die Tildes-formaat.
           Maak seker dat nommering nie op die voorblad ('cover page') en 'Table of
            Contents'-bladsy verskyn nie.
           Maak seker dat die nommer '~1~,' op die bladsy ná die 'Table of Contents'
            verskyn.
           Maak seker dat die bladsynommering op al die bladsye wat volg, voortgesit
            word.                                                                             (4)

Stoor en maak die 2Marine-dokument toe.                                                       [20]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
    Rekenaartoepassingstegnologie/V1             8                           DBE/November 2021
                                                NSS

VRAAG 3: SIGBLAD
LET WEL:
     Gebruik formules en/of funksies vir ALLE berekeninge in die sigblad.
     Gebruik absolute selverwysings SLEGS waar nodig om seker te maak dat formules
      korrek is wanneer jy dit na ander selle in ŉ sigblad kopieer.
     Voeg formules en/of funksies op só 'n manier in dat die korrekte resultate steeds
      verkry sal word, selfs al verander die bestaande data.
     Indien jy boublokke wil gebruik, gebruik die spasie daarvoor in die sigblad-datalêer
      toegeken.

Maak die 3Projects-sigblad oop wat besonderhede bevat oor skoonmaakprojekte wat in
2019 begin het, insluitend 'n paar projekte wat vir die toekoms beplan word.

Werk in die Sheet1-werkblad.
3.1        Voeg die 3Logo-prent, in jou eksamenlêergids gevind, in sel A1 in sodat dit die
           hele sel bedek.                                                                            (2)
3.2        Vul sel A3 om soos sel A2 te lyk.                                                          (1)
3.3        Hernoem die werkblad Sheet1 na Missions.                                                   (1)
3.4        Gebruik 'n COUNTIF-funksie in sel F3 om te bepaal hoeveel projekte 'n
           begroting groter as R 55 000.00 (kolom F) het.                                             (2)
3.5        Die data in kolom G vertoon verkeerdelik waardes vir die herwinning van
           lugbesoedeling.

           Pas 'n sigbladeienskap op kolom G toe om die selle met 'n kleur van jou keuse
           te vul wanneer die geteikende besoedeling (kolom C) as lugbesoedeling
           aangedui is.                                                                               (5)
3.6        'n Projek word as klein, medium of groot gekategoriseer, afhangend van die
           aantal deelnemers (kolom D) wat by die projek betrokke is.

           Voeg 'n geskikte LOOKUP-funksie in sel J6 in om die projek-kategorie vir die
           eerste projek te bepaal, gebaseer op die aantal deelnemers (kolom D) en die
           lys in die Categories-werkblad.                                                            (4)
3.7        Die projekkoördineerder sal kennisgewings aan voornemende deelnemers stuur
           vir projekte wat binne die volgende 60 dae (kolom E) sal begin, die huidige
           datum ingesluit.

           Gebruik 'n geneste IF-funksie/-formule in sel K6 om die volgende boodskappe te
           vertoon:

              'Notify' as 'n projek binne 60 dae vanaf die huidige datum sal begin, OF
              '*' as die projek ná 60 dae vanaf die huidige datum begin, OF
              'Complete' as die projek voltooi is.

           Pas die funksie/formule op die res van die kolom K toe.                                    (6)
Stoor en maak die 3Projects-sigblad toe.                                                              [21]

    Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
    Rekenaartoepassingstegnologie/V1             9                         DBE/November 2021
                                                NSS

VRAAG 4: SIGBLAD

LET WEL:
     Gebruik formules en/of funksies vir ALLE berekeninge in die sigblad.
     Gebruik absolute selverwysings SLEGS waar nodig om seker te maak dat formules
      korrek is wanneer jy dit na ander selle in ŉ sigblad kopieër.
     Voeg formules en/of funksies op só 'n manier in dat die korrekte resultate steeds
      verkry sal word, selfs al verander die bestaande data.
     Indien jy boublokke wil gebruik, gebruik die spasie daarvoor in die sigblad-datalêer
      toegeken.

Die sigblad bevat inligting oor die lugkwaliteit-indeks (LKI) by verskillende meetstasies in
Suid-Afrika gemeet, asook verwante gesondheidsinsidente vanaf 2012 tot 2019.

Maak die 4Air-sigblad oop en werk in die Quality-werkblad.

4.1        Voeg 'n funksie in sel D3 in om die tweede kleinste lugkwaliteit-indeks(LKI)-
           telling per jaar (kolom E) te bepaal.                                                    (3)

4.2        Voeg die opsie 'Urban' by die bestaande datavalideringsreël in sel B7 deur die
           lys in selle J7:J8 te gebruik.                                                           (1)

4.3        'n Risikogradering (kolom G) word aan die meetstasie gegee, afhangend van
           die LKI-vlak in kolom F, bv. 'n LKI-vlak van L1 sal 'n risikogradering van een
           uitroepteken (!) vertoon.

           Voeg 'n kombinasie van teksfunksies in sel G7 in om die aantal uitroeptekens (!)
           te vertoon deur die LKI-vlak in kolom F en die data in sel D4 te gebruik.                (4)

4.4        Stel die drukarea na selle A6:H40.                                                       (1)

Werk in die Graph-werkblad.

4.5        Gebruik 'n SUMIFS-funksie in sel H2 en die data in die Quality-werkblad om die
           totale aantal gesondheidsinsidente van al die meetstasies in 2018 in die Oos-
           Kaap ('Eastern Cape') te bepaal.                                                         (5)

    Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
 Rekenaartoepassingstegnologie/V1            10    DBE/November 2021
                                            NSS

4.6     Skep 'n grafiek om soos volg te vertoon:

                                                                           (5)

Stoor en maak die 4Air-sigblad toe.                                        [19]

 Kopiereg voorbehou                                   Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1              11                       DBE/November 2021
                                             NSS

VRAAG 5: DATABASIS

Die munisipaliteit hou rekord van maatskappye wat tot die besoedelingsprobleem bydra.
As deel van die poging het hulle ook die inwoners se herwinningsgewoontes ten opsigte
van die oplossing van die besoedelingsprobleem ondersoek.

Maak die 5Save-databasis oop.

5.1    Maak die tbl5_1-tabel in ontwerpaansig ('Design View') oop en redigeer soos
       volg:

       5.1.1    Verander die veldgrootte van die Coverage-veld na 'Decimal'.                    (1)

       5.1.2    Voeg 'n kombinasielys ('combo box') vir die PollutionType-veld in met die
                waardes 'Air', 'Land' en 'Water'.                                               (2)

       5.1.3    Waardes wat vir die Level-veld ingevoer word, moet strek vanaf 100 tot
                1 000.

                Voeg 'n geskikte valideringsreël in om seker te maak dat die data wat
                ingevoer word, geldig is.                                                       (3)

       5.1.4    Voeg 'n veld met die naam Evidence met 'n geskikte datatipe in sodat
                dokumente/lêers met bewyse van aksies in hierdie veld ingesluit kan
                word.                                                                           (2)

       Stoor en maak die tbl5_1-tabel toe.

5.2    Verander die vorm met die naam frm5_2, wat op die tblData-tabel gebaseer is, in
       ontwerpaansig ('Design View'), soos volg:

          Verander die opskrif in die vormboskrif na 'Survey'.
          Voeg 'n datumkontrole in die vormonderskrif in sodat slegs die datum vertoon.
          Pas die Ion-tema ('Ion theme') op die vorm toe.
          Verander die formaat van die YearBorn-veld na 'Medium Date'.

       Stoor en maak die frm5_2-vorm toe.                                                       (5)

5.3    Maak die navraag qry5_3, wat op die tbl_Data-tabel gebaseer is, in
       ontwerpaansig ('Design View') oop.

       Vertoon die gemiddelde aantal kere wat items vir elke soort herwinningsaktiwiteit
       afgelaai is ('DropOff'). Maak seker dat die gemiddeld ('average') 'n
       heelgetalwaarde ('integer value') sal vertoon.

       Stoor en maak die qry5_3-navraag toe.                                                    (3)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1           12                           DBE/November 2021
                                          NSS

5.4    Verander die qry5_4-navraag, wat op die tbl_Data-tabel gebaseer is, in
       ontwerpaansig ('Design View') oop.

          Vertoon slegs die velde Name, Surname, YearBorn, Knowledge,
           RecyclingActivity en DropOff.
          Sorteer die navraag alfabeties op Surname.
          Vertoon slegs die rekords waar inwoners aangedui het dat hulle oor kennis
           van herwinning beskik OF waar die RecyclingActivity-veld 'n waarde van
           'Very Active' EN 'n DropOff-getal van 15 het.

       Stoor en maak die qry5_4-navraag toe.                                                    (7)

5.5    Maak die qry5_5-navraag, wat op die tbl_Data-tabel gebaseer is, in
       ontwerpaansig ('Design View') oop.

          Vertoon slegs die rekords van mense wat na 1990 gebore is.
          Voeg 'n berekende veld met die naam NewDrop in om 'n toename van 10% in
           die getal kere wat herwinbare materiaal afgelaai is ('DropOff') te bepaal.

       Stoor en maak die qry5_5-navraag toe.                                                    (5)

5.6    Maak die rpt5_6-verslag oop, op die qry5_4-navraag in ontwerpaansig ('Design
       View') gebaseer en verander dit om soos hieronder te vertoon. Gebruik enige
       agtergrondkleur vir die verslagboskrif.

                                                                                                (7)
       Stoor en maak die rpt5_6-verslag toe.

Stoor en maak die 5Save-databasis toe.                                                          [35]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
    Rekenaartoepassingstegnologie/V1           13                        DBE/November 2021
                                              NSS

VRAAG 6: WEBONTWERP (HTML)

LET WEL:
     Jy mag NIE 'n woordverwerkingsprogram soos Word gebruik om die HTML-
      vraag te beantwoord NIE.
     'n HTML-merkersblad is vir verwysing aangeheg.
     Alle lêers wat benodig word om hierdie vraag te voltooi, kan in die eksamenlêergids
      gevind word.

'n Webblad is geskep om meer inligting oor 'n moontlike toekoms sonder besoedeling
te gee.

6.1        Maak die onvolledige 6_1Clean-lêer in 'n webblaaier en ook in 'n
           teks-/HTML-redigeerder oop.

    Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
 Rekenaartoepassingstegnologie/V1            14                         DBE/November 2021
                                            NSS

        LET WEL:
           Gebruik die voorbeeld op die vorige bladsy as 'n riglyn om jou met hierdie
            vraag te help.
           Vraagnommers verskyn as kommentaar ('comments') in die kodering om aan
            te dui waar jy die antwoord(e) moet invoeg. MOENIE hierdie kommentaar
            verwyder NIE.

        6.1.1     Voeg jou eksamennommer in sodat dit in die oortjie van die webblad
                  vertoon.                                                                       (2)

        6.1.2     Verander die fontkleur van die opskrif 'The Global Crisis of Plastic
                  Pollution' na rooi.                                                            (1)

        6.1.3     Verander die kode sodat die prent vertoon.                                     (2)

        6.1.4     Verander die tabel sodat dit vertoon soos in die prent van die webblad
                  op die vorige bladsy getoon word.                                              (3)

        Stoor en maak die 6_1Clean-lêer toe.

6.2     Maak die involledige 6_2Pollute-lêer in 'n webblaaier en ook in 'n
        teks-/HTML-redigeerder oop.

        Voltooi die webblad om presies soos in die voorbeeld hieronder te vertoon.

        Stoor en maak die 6_2Pollute-lêer toe.                                                   (6)

EEN punt sal vir korrekte sluitingsmerkers en korrekte nesting in beide lêers toegeken
word.                                                                                            (1)
                                                                                                 [15]

 Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
 Rekenaartoepassingstegnologie/V1             15                         DBE/November 2021
                                             NSS

VRAAG 7: ALGEMEEN

Besoedeling wek kommer by baie maatskappye en die verantwoordelikheid om dit te
beheer, hang van die bestuur van die maatskappye af.

7.1     Nadat die besoedeling in 'n spesifieke gebied gemonitor is, moet 'n brief vir die
        maatskappye met 'n kommerwekkende besoedelingsgeskiedenis voorberei
        word.

        Maak die 7Letter-dokument oop om vir 'n possamevoeging te gebruik.

        7.1.1     Verander die vormkontroles in die brief soos volg:

                     Verander die vormveldkontrole ('form field control') onder die teks
                      'Date:' om die huidige datum te vertoon.
                     Voeg die opsie '14' in die aftrekvormveldkontrole ('drop-down form
                      field control') langs die teks 'Reply required within:'.

                  Stoor die 7Letter-dokument, maar moet dit NIE toemaak NIE.                      (2)

        7.1.2     Berei die possamevoeging soos volg voor:

                     Skakel die 7Letter-dokument met die databron, die 7Company-
                      sigblad.
                     Kies slegs die maatskappye wat 'n 'high'- en 'very high'-vlak het.
                     Vervang die teks '<Company>' en '<Level>' om die 'company' en
                      die 'level' vanuit die 7Company-sigblad te vertoon.

                  Stoor die 7Letter-dokument, maar moet dit NIE toemaak NIE.

                  Voltooi die possamevoeging en stoor die saamgevoegde dokument as
                  7Merge.                                                                         (6)

        Maak die 7Letter-dokument toe.

Die Besoedelingsbeheerraad ('Pollution Control Board') sal sertifikate aan maatskappye
met 'n konsekwente lae vlak van besoedeling gee. Die sertifikate sal uitgereik word in
die maand wat met die monitordatum ooreenstem.

Maak die 7Date-sigblad oop.

Werk in die Monthly-werkblad.

7.2     Voltooi die funksie/formule in sel D3 om die name te vertoon van die
        maatskappye wat 'n lae vlak (kolom B) van besoedeling het en waar die
        monitordatum (kolom C) in November was.                                                   (3)

 Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
 Rekenaartoepassingstegnologie/V1           16                         DBE/November 2021
                                           NSS

Werk in die 7.3-werkblad.

7.3     Vertoon 'n alfabetiese lys van name van al die maatskappye met 'n 'Very high'-
        vlak van besoedeling en waar die monitordatum in 2021 was.                         (3)

        Stoor en maak die 7Date-sigblad toe.

7.4     Onttrek die prentlêer uit die wagwoordbeskermde lêergids met die naam
        7Picture deur wagwoord 'November' te gebruik.                                      (1)
                                                                                           [15]

                                                                            TOTAAL:        150

 Kopiereg voorbehou

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
    Rekenaartoepassingstegnologie/V1                                                         DBE/November 2021
                                                             NSS

                              HTML-MERKERSBLAD ('HTML TAG SHEET')
Basiese merkers ('Basic Tags')                                     Formateringsmerkers ('Formatting Tags') vervolg
Merker ('Tag')           Beskrywing                                Merker ('Tag')           Beskrywing
                         Definieer die liggaam van die                                      Word voor elke lys-item
<body></body>
                         webblad                                                            ingevoeg, en voeg 'n nommer
                                                                   <li></li>
<body                    stel die agtergrondkleur van die                                   of simbool by afhangende van
bgcolor="pink">          webblad                                                            die tipe lys wat geselekteer is
                         Stel die kleur van die
<body text="black">                                                <img src="name">           Voeg 'n prent in
                         liggaamteks
                                                                   <img src="name"            Stel 'n prent inlyn, kan " right";
<head></head>              Bevat inligting oor die webblad
                                                                   align="left">              "bottom", "top", "middle" wees
                           Skep 'n HTML-dokument –                 <p align="center"><img     Stel 'n prent "center" inlyn, kan
<html></html>
                           begin en eindig 'n webblad              src="name"></p>            ook "middle" wees
                                                                   <img src="name"            Stel die grootte van die raam
<title></title>            Definieer 'n titel vir die webblad
                                                                   border="1">                rondom 'n prent
                         Voeg 'n reëlbreuk in ('line               <img src="name"
<br/>                                                                                         Stel die hoogte en breedte van
                         break')                                   width="200" height
                                                                                              'n prent
<!-- -->                 Kommentaar                                ="200">
Teksmerkers ('Text Tags')                                                                     Vertoon alternatiewe teks
Merker('Tag')            Beskrywing                                <img src="name"            wanneer die muis oor 'n prent
                                                                   alt="alternative text">    gehou word of wanneer die
<hl></hl>                  Skep die grootste opskrif                                          prent nie gevind kan word nie
<h6></h6>                  Skep die kleinste opskrif               <hr/>                      Voeg 'n horisontale lyn in
                                                                                              Stel die grootte (hoogte) van 'n
<b></b>                    Skep teks in vetdruk                    <hr size="3"/>
                                                                                              reël
<i></i>                    Skep teks in skuinsdruk
                                                                                              Stel die breedte van 'n lyn, in
<u></u>                    Skep onderstreepte teks                 <hr width=”80%”/>
                                                                                              persentasie of absolute waarde
<font size="3"></font>     Stel fontgrootte van "1" tot "7" "
<font color= "green">
                           Stel fontkleur                          <hr color= "ff0000"/>      Stel die kleur van die lyn
</font>
<font face="Times New                                              Tabelmerkers ('Tabel Tags')
                           Stel fonttipe
Roman"></font>                                                     Merker ('Tag')             Beskrywing
Skakelmerkers ('Links Tags')                                       <table></table>            Skep 'n tabel
Merker ('Tag')             Beskrywing                              <tr></tr>                  Skep 'n ry 'n tabel
<a href="URL"></a>         Skep 'n hiperskakel                     <td></td>                  Skep 'n sel 'n tabel
<a href="URL"><img
                           Skep 'n prentskakel                                                Skep 'n tabelopskrif ('n sel met
src="name"></a>
                                                                   <th></th>                  vetgedrukte, gesentreerde
                           Skep 'n teikenarea in die
<a name="NAME"></a>                                                                           teks.)
                           dokument
                           Skakel na 'n teikenarea wat
<a href= "#NAME"></a>      elders in die dokument geskep           <table width="50">         Skep die breedte van die tabel
                           is
<a href=                                                                                      Stel die breedte van die raam
                           Skakel na ŉ e-posadres                  <table border="1">
"mailto:#NAME"></a>                                                                           rondom die selle van die tabel
                                                                                              Stel die spasie tussen die selle
Formateringsmerkers ('Formatting Tags')                            <table cellspacing="1">
                                                                                              van die tabel
                                                                                              Stel die spasie tussen die
Merker('Tag')              Beskrywing                              <table cellpadding="1">
                                                                                              selraam en die inhoud daarvan
<p></p>                    Skep 'n nuwe paragraaf                                             Stel die inlynstelling vir die
                           Stel 'n paragraaf "left" inlyn          <tr align="left">          sel(le) ("left", kan ook "center"
<p align="left">           (verstek), kan ook ''right'' of                                    of "right" wees)
                           ''center'' wees
                                                                                              Stel die vertikale inlynstelling vir
<ol></ol>                  Skep 'n genommerde lys                  <tr valign="top">          sel(le) ("top", kan ook "middle"
<ol type="A","a",          Definieer die tipe nommers wat                                     of "bottom" wees)
"I","i","1"></ol>          gebruik word
                                                                                              Stel 'n getal kolomme waaroor
<ul></ul>                  Skep 'n kolpuntlys                      <td colspan="2">
                                                                                              'n sel moet strek
<ul type="disc",           Definieer die tipe kolpunte wat                                    Stel die getal rye waaroor 'n sel
                                                                   <td rowspan="4">
"square","circle"> </ul>   gebruik word                                                       moet strek

    Kopiereg voorbehou

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1                                            DBE/November 2021
                                            NSS

                  TOEVOERMASKER('INPUT MASK')-KARAKTERBLAD

     Karakter                                        Beskrywing
                      Syfer (0 tot 9, inskrywing vereis, plus [+]- en minus [–]- tekens nie
         0
                      toegelaat nie)
                      Syfer of spasie (inskrywing nie vereis nie, plus [+]- en minus [–]- tekens
         9
                      nie toegelaat nie)
                      Syfer of spasie (inskrywing nie vereis nie; spasies word as oop plekke
                      vertoon terwyl in Redigeringsmodus ('Edit mode'), maar oop plekke
         #
                      word verwyder wanneer data gestoor word, plus [+]- en minus [–]-
                      tekens toegelaat)
         L            Letter (A tot Z, inskrywing vereis)
         ?            Letter (A tot Z, inskrywing opsioneel)
         A            Letter of syfer (inskrywing vereis)
         a            Letter of syfer (inskrywing opsioneel)
         &            Enige karakter of 'n spasie (inskrywing vereis)
         C            Enige karakter of 'n spasie (inskrywing opsioneel)
                      Desimale plekhouer en duisende-, datum- en tydskeikarakters. (Die
      .,:;-/          werklike karakter hang van die instellings in die 'Regional Settings
                      Properties'-dialoogblokkie in die 'Windows Control Panel' af.)
                      Veroorsaak dat alle karakters na onderkas ('lower case') omgeskakel
         <
                      word
         >            Veroorsaak dat alle karakters na bo-kas ('upper case') omgeskakel word
                      Veroorsaak dat toevoermasker van regs na links, in plaas van links na
                      regs, vertoon word. Karakters in die masker getik, vul dit altyd van links
         !
                      na regs. Jy kan die uitroepteken op enige plek in die toevoermasker
                      invoeg.
                      Veroorsaak dat die karakter wat volg, as die letterlike karakter vertoon
         \
                      word (bv. \A word slegs as A vertoon)

Kopiereg voorbehou

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1                    DBE/November 2021
                                   NSS

JY MAG HIERDIE BLADSY VIR ENIGE BEPLANNINGSDOELEINDES GEBRUIK.

Kopiereg voorbehou

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1                    DBE/November 2021
                                   NSS

JY MAG HIERDIE BLADSY VIR ENIGE BEPLANNINGSDOELEINDES GEBRUIK.

Kopiereg voorbehou

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
 Rekenaartoepassingstegnologie/V1                                             DBE/November 2021
                                              NSS

                                       Eksamenplakker

                                                                                               150
          REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 – NOVEMBER 2021

 INLIGTINGSBLAD (moet NA die 3 uur-sessie deur die kandidaat ingevul word)
 SENTRUMNOMMER _________________________________________________________
 EKSAMENNOMMER _________________________________________________________
 WERKSTASIENOMMER ______________________________________________________

 SUITE GEBRUIK
                               Microsoft     Microsoft     Microsoft
 (Maak 'n kruisie in die                                                          Office 365
                              Office 2013   Office 2016   Office 2019
 toepaslike blokkie (X))
 WEBBLAAIER GEBRUIK                                                                        Ander
                                 Mozilla       Google       Internet       Microsoft    (Spesifiseer)
 (Maak 'n kruisie in die
                                 Firefox      Chrome        Explorer        Edge
 toepaslike blokkie (X))

 LÊERGIDSNAAM ____________________________________________________________

 Kandidaat moet die lêernaam/-name vir elke antwoord invul. Maak 'n regmerkie indien
 gestoor en/of gepoog.
                                    Gestoor   Gepoog
 Vraag-                                                   Maksimum       Punt     Nasiener Voorletters/
                   Lêernaam           ()       ()
nommer                                                      Punt        Verdien         Kode

   1        1Health                                         25

   2        2Marine                                         20

   3        3Projects                                       21

   4        4Air                                            19

   5        5Save                                           35

            6_1Clean
   6                                                        15
            6_2Pollute

            7Letter

            7Merge
   7                                                        15
            7Date
            7Picture

                        TOTAAL                              150

Kommentaar: (Slegs vir kantoor/nasiener se gebruik)
 ___________________________________________________________________________
___________________________________________________________________________
 Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Computer Application Technology P1 Nov 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-p1-nov-2021-eng/16875b30-a18d-4a9a-b7ea-711d6393e5a4) — Computer Applications Technology · QP · 2020 · Eng
- [CAT P1 GR12 QP SEPT 2020 English](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-gr12-qp-sept-2020-english/6e7f27db-454b-4095-a4e8-522ceffa7412) — Computer Applications Technology · QP · 2020 · Eng
- [Computer Applications Technology P1 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-applications-technology-p1-nov-2023-eng/60311585-04c7-46dc-bcf6-87da09dc1ea5) — Computer Applications Technology · QP · 2023 · Eng
- [Computer Application Technology P1 Nov 2019 Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-p1-nov-2019-eng/b91547f0-b4ca-4f13-97a6-41dff1f1cae0) — Computer Applications Technology · QP · 2019 · Eng
- [Computer Application Technology P1 Nov 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-p1-nov-2018-eng/54c5d733-e29c-480b-a1f6-c42b4367a67b) — Computer Applications Technology · QP · 2018 · Eng
- [Computer Application Technology P1 Nov 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-p1-nov-2018-afr/1a115f56-4f67-4685-80e4-a1e1a898665c) — Computer Applications Technology · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Computer Applications Technology

- [CAT P1 MEMO GR12 SEPT 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-memo-gr12-sept-2025-eng-watermark/9df1288f-0f95-46d9-8231-26c401ed1a1b) — Memo · 2025 · Eng
- [CAT P2 GR12 MEMO September 2025 - AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr12-memo-september-2025-afr-watermark/3e182b7b-5d5f-4afc-b54c-b286289512f6) — Memo · 2025 · Afr
- [Computer Applications Technology P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-applications-technology-p1-may-june-2025-mg-eng/8beb5c31-24fa-4cf4-b90c-aedcc234a4dd) — Memo · 2025 · Eng
- [CAT P1 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-memo-gr12-sept-2024-english/91df7fb9-ea6b-4fed-8f93-a1466ec697c3) — Memo · 2024 · Eng
- [Computer Applications Technology P2 May-June 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-computer-applications-technology-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-2-english/a32bb637-25b5-4469-8be9-e72527e65d8a) — Memo · 2024 · Eng
- [ERRATA CAT P1](https://www.hlayiso.com/library/errata-cat-p1/363f4b7e-98be-46d4-9d47-fcfea8705198) — Errata · 2022

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
