# Computer Applications Technology Grade 12 P2 2017 QP (Afr)

> Grade 12 Computer Applications Technology Paper 2 question paper from the NSC Supplementary Exam 2017 (Afrikaans). Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-p2-feb-march-2017-afr/4f2b86be-7b1f-410f-8266-238b4f2a258c
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Computer Applications Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: NSC Supplementary Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 21

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Computer Applications Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/computer-applications-technology) › [Computer Applications Technology Grade 12 P2 2017 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-p2-feb-march-2017-afr/4f2b86be-7b1f-410f-8266-238b4f2a258c)

## About this document

Computer Applications Technology · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2017. Question paper, 21 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                       GRAAD 12

                     REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2

                             FEBRUARIE/MAART 2017

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 21 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2           2                         DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                          NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit:

         AFDELING A: (25 punte)
         AFDELING B: (75 punte)
         AFDELING C: (50 punte)

2.       Beantwoord AL die vrae.

3.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

4.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

5.       MOENIE in die regterkantlyn van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.

6.       Laat 'n reël oop na ELKE subvraag.

7.       Daar word gewoonlik 'n punt per feit toegeken. Dus sal 'n 2 punt-vraag TWEE
         feite vereis, ensovoorts.

8.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2              3                          DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                             NSS

AFDELING A

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Skryf die
vraagnommer (1.1.1–1.1.10) neer, kies die antwoord en maak 'n kruisie (X) oor die
letter (A–D) van jou keuse in die ANTWOORDEBOEK.

VOORBEELD:

 1.1.11       A              B         C           D

1.1       Watter EEN van die volgende toepassings pas NIE logies by die ander NIE
          (met ander woorde, die een wat nie pas nie)?

          A          Mozilla Firefox
          B          Adobe Reader
          C          Google Chrome
          D          Microsoft Edge                                                            (1)

1.2       Watter EEN van die volgende is NIE 'n draadlose Internetkonneksie nie?

          A          LTE
          B          ADSL
          C          3G
          D          WiMAX                                                                     (1)

1.3       Die aflaai van groot lêers het 'n impak op …

          A          ergonomie.
          B          bandwydte.
          C          resolusie.
          D          herwinning.                                                               (1)

1.4       Watter EEN van die volgende is NIE 'n veiligheidsmaatreël wat met
          aanlynbankdienste gebruik word NIE?

          A          Wagwoord
          B          Pinkode
          C          EKW (een-keer-wagwoord) ('OTP/one-time password')
          D          Vingerafdrukherkenning                                                    (1)

1.5       Watter EEN van die volgende funksies sal die getal selle in die reeks A1:A13
          wat 'n waarde van 5 of meer het, bereken?

          A          =COUNTIF(A1:A13, ''<5'')
          B          =COUNTIF(A1:A13, ''>5'')
          C          =COUNTIF(A1:A13, ''>=5'')
          D          =COUNTIF(A1:A13, ''<>5'')                                                 (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2                  4                       DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                                 NSS

1.6      Watter EEN van die volgende is NIE 'n voorbeeld van 'n multifunksie-toestel/
         rekenaar nie?

         A           Webkamera
         B           Phablet
         C           Netboek
         D           Tablet                                                                     (1)

1.7      Die … -oortjie op die Microsoft Word-lint ('ribbon') sluit funksies soos die
         aanvaar en afkeur van veranderinge in.

         A           Insert
         B           Review
         C           References
         D           Mailings                                                                   (1)

1.8      Watter EEN van die volgende is die waarskynlikste oorsaak van
         aanpasbaarheidsprobleme of sou aanpasbaarheidsprobleme hê tydens die
         opgegradering na 'n nuwe weergawe van 'n bedryfstelsel?

         A           Woordverwerkingslêers
         B           Netskans ('firewall')
         C           Drywers ('drivers')
         D           Deurblaaier ('browser')                                                    (1)

1.9      Watter van die volgende               sal altyd   WAAR wees   ten opsigte    van
         oopbronsagteware?

         (i)         Dit is gratis.
         (ii)        Die bronkode is beskikbaar.
         (iii)       Veranderinge kan gemaak en versprei word.
         (iv)        Dit word net met nuwe rekenaars versprei.

         A           (i) en (ii)
         B           (iv) en (ii)
         C           (iv) en (iii)
         D           (ii) en (iii)                                                              (1)

1.10     Watter EEN van die volgende spesifikasies sal die waarskynlikste aandui dat
         'n rekenaar 'n skootrekenaar is?

         A           1 TB HDD
         B           Raakpaneel ('Touchpad')
         C           Windows 10 Home (64 bis)
         D           USB 3.0                                                                    (1)
                                                                                                [10]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2               5                           DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                              NSS

VRAAG 2: PASITEMS

Kies 'n term/begrip uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs
die letter (A–S) langs die vraagnommer (2.1–2.10) in die ANTWOORDEBOEK neer,
byvoorbeeld 2.11 T.

                   KOLOM A                                     KOLOM B
2.1     'n Toeganklikheidsopsie wat toelaat         A   spioenware ('spyware')
        dat 'n gebruiker sleutelkombinasies,
        soos Ctrl+Alt+Delete, een sleutel op 'n     B   OKH ('OCR')
        slag kan druk
                                                    C   drukker
2.2     'n Toestel wat gebruik kan word om die
        konsep van konvergensie te illustreer  D        GG ('GB')

2.3     'n Tipe sagteware wat karakters in 'n       E   templaat
        geskandeerde ('scanned') beeld
                                                    F   WAN
        herken
                                                    G   sleutelbord op skerm
2.4     Die tipe tydelike netwerk wat
                                                        ('on-screen keyboard')
        byvoorbeeld gevorm word wanneer 'n
        gebruiker 'n slimfoon aan 'n                H   wiki
        skootrekenaar koppel
                                                    I   SVE ('CPU')
2.5     'n Bedryfstelseleienskap wat ontwerp
        is om rekenaars vir siggestremde            J   slimfoon
        gebruikers toeganklik te maak
                                                    K   klankkaart
2.6     'n Dokument wat die formatering- en
        uitlegvoorstelle vir 'n spesifieke tipe     L   afkoopsagteware ('ransomware')
        dokument, soos 'n faks of agenda,
        bevat                                       M   EFO ('EFT')

2.7     Kwaadwillige sagteware ('malware')          N   PAN
        wat 'n gebruiker se data kodeer sodat
        dit nie oopgemaak kan word voordat          O   ruitnetrekenarisering ('grid
        geld aan die misdadiger wat met die             computing')
        kwaadwillige sagteware werk, betaal
                                                    P   stadige terugkeer-sleutels
        word nie
                                                        ('sticky keys')
2.8     'n Hardeware-komponent wat 'n mens
                                                    Q   skermleser ('screen reader ')
        heel waarskynlik vir videoredigering
        moet opgradeer                              R   OTM
2.9     Die proses wanneer geld via die             S   PDF
        Internet oorgeplaas word

2.10    Die gebruik van die gesamentlike
        verwerkingskrag van baie rekenaars
        om 'n enkele, gemeenskaplike taak te
        verrig
                                                                                   (10 x 1)       (10)
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2            6                          DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                           NSS

VRAAG 3: WAAR/ONWAAR-ITEMS

Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Kies die antwoord en skryf
'waar' of 'onwaar' langs die vraagnommer (3.1–3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.
Korrigeer die stelling indien dit ONWAAR is. Verander die onderstreepte woord(e) om
die stelling WAAR te maak. (Jy mag nie maar net die woord 'NIE' gebruik om die
stelling te verander nie. GEEN punt sal toegeken word indien slegs ONWAAR
neergeskryf word NIE.)

VOORBEELDE:

                     VRAAG                                  ANTWOORD

Google is die wêreld se gewildste soekenjin.     Waar

'n NKK ('NIC') het gleuwe vir hardeware-
                                                 Onwaar – moederbord
komponente soos die SVE ('CPU').

3.1      Verspreide rekenarisering ('distributed computing') verwys na die proses waar
         geld via veelvoudige klein skenkings ingesamel word deur die Internet te
         gebruik.                                                                             (1)

3.2      Die COUNTA-sigbladfunksie tel hoeveel selle in 'n spesifieke reeks
         numeriese waardes bevat.                                                             (1)

3.3      SATA is 'n tipe koppelvlak wat monitors/dataprojektors aan rekenaars koppel.         (1)

3.4      Die kontrasverhouding van 'n vertoontoestel is die verhouding tussen die
         breedte en hoogte van 'n beeld op die skerm, soos 4 : 3.                             (1)

3.5      Die korrekte sigbladfunksie om die tweede vinnigste tyd te bepaal wat deur 'n
         groep 100 meter-kortafstandatlete gehardloop is, is die SMALL-funksie.               (1)
                                                                                              [5]

                                                             TOTAAL AFDELING A:               25

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2                7                         DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                               NSS

AFDELING B

VRAAG 4: STELSELTEGNOLOGIE

4.1      Baie nuwe motors en taxi's het GPS-stelsels en webkameras wat op hulle
         paneelborde gemonteer is. Data, insluitend die video, word gereeld op 'n VTA
         ('SSD') gestoor.

         4.1.1        Wat is die hoofrede waarom taxibestuurders 'n GPS-stelsel sou
                      gebruik?                                                                   (1)

         4.1.2        Gee EEN rede waarom die GPS-stelsel gereeld opgedateer moet
                      word, buiten die verwydering van foute en die verbetering van die
                      sagteware se veiligheid.                                                   (1)

         4.1.3        Gee DRIE redes waarom 'n maatskappy 'n webkamera EN 'n
                      GPS-stelsel in 'n bus of taxi sou installeer en gebruik om die reis
                      op te neem.                                                                (3)

         4.1.4        Waarom sou die bus- of taximaatskappy 'n VTA in plaas van 'n
                      'HDD' (hardeskyfaandrywer) installeer om die video en data in die
                      voertuig te stoor?                                                         (1)

4.2      Verduidelik hoekom jy nog steeds die grafika op jou rekenaar kan gebruik
         selfs al het jy die grafikakaart uitgehaal wat jy gekoop het.                           (1)

4.3      Bestudeer die volgende spesifikasies van 'n slimfoon:

                                   •   5.5'' LED-raakskerm
                                   •   18 MP-kamera
                                   •   4 GG ('GB') aanboord-stoorplek
                                   •   Android 6.0.1

         4.3.1        Wat is die moontlike nadeel van die hoë 'MP'-waarde van die
                      kamera op hierdie slimfoon?                                                (1)

         4.3.2        Gee EEN verstelling wat op die slimfoon gemaak kan word sodat
                      die battery langer kan hou.                                                (1)

         4.3.3        Gee TWEE voordele daarvan om 'n raakskerm op 'n slimfoon
                      te hê.                                                                     (2)

4.4      Noem TWEE moontlike nadele van lêersinchronisasie ('file synching').                    (2)

4.5      POS-stelsels ('point of sale systems') word in die meeste winkels gebruik.

         4.5.1        Watter ander toevoertoestel kan gebruik word deur die kassier
                      indien die strepieskodeleser stukkend is?                                  (1)

         4.5.2        Waar moet die prys van 'n produk reggestel word indien daar
                      opgelet word dat die prys wat deur die POS-stelsel geskandeer
                      word, verkeerd is?                                                         (1)
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2              8                            DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                             NSS

4.6      Wat laat 'n perseellisensie ('site licence') 'n gebruiker toe om te doen?                (2)

4.7      Hoekom sou 'n gebruiker die 'Task Manager' oopmaak indien sy rekenaar
         'baie stadig begin werk'?                                                                (2)

4.8      Wat beteken die term onstabiel ('volatile') met verwysing na ETG ('RAM')?                (1)

4.9      Noem TWEE maniere waarop gebruiker-egverklaring ('user authentication')
         op 'n slimfoon kan plaasvind.                                                            (2)

4.10     Gee TWEE redes waarom e-pos-aanhegsels gereeld op draagbare toestelle,
         soos slimfone, gestel word om nie outomaties af te laai nie.                             (2)

4.11     Wat is die maklikste manier om meer USB-poorte op 'n rekenaar beskikbaar
         te stel?                                                                                 (1)
                                                                                                  [25]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2              9                          DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                             NSS

VRAAG 5: INTERNET- EN NETWERKTEGNOLOGIEË

5.1      Noem TWEE voordele daarvan om by 'n aanlynwinkel te koop, behalwe vir
         moontlike laer pryse.                                                                  (2)

5.2      Verduidelik die betekenis van die teks 'mobi' in die 'URL' 'www.vicbayfm.mobi'.        (1)

5.3      Beskou die volgende advertensie:

                         •   ADSL tot en met 10 Mbps
                         •   5 gratis e-pos-addresse
                         •   10 GG ('GB') gratis wolkberging
                         •   Gratis ADSL-roeteerder ('router')

         5.3.1        Die advertensie dui aan dat die maksimum spoed 'tot en met
                      10 Mbps' is.

                      Gee TWEE moontlike redes waarom 'n ADSL-lyn nie teen die
                      maksimum spoed sou werk nie.                                              (2)

         5.3.2        Wat is die doel van die roeteerder wat hierbo genoem word?                (1)

5.4      Waarom, dink jy, word wolkberging nie so baie in Suid-Afrika as in ander
         lande gebruik nie? Gee TWEE redes.

         LET WEL: Eenwoord-antwoorde sal NIE aanvaar word NIE.                                  (2)

5.5      Noem TWEE maniere waarop 'n gebruiker emosies in 'n kitsboodskap ('IM')
         kan oordra.                                                                            (2)

5.6      Onderwysers by 'n plaaslike skool pos take op die intranet waar leerders
         toegang daartoe het.

         5.6.1        Watter tipe toepassing sou gebruik word om toegang tot die take
                      op die intranet te hê?                                                    (1)

         5.6.2        Verduidelik hoe leerders steeds toegang tot hulle take op die
                      intranet kan hê deur hulle rekenaars by die huis te gebruik EN
                      motiveer jou antwoord.                                                    (2)

5.7      Waarvoor word 'FTP'-bedieners en -dienste gebruik?                                     (1)

5.8      Watter hardeware- en sagtewaretegnologie word gereeld gebruik om toegang
         tussen 'n netwerk en die Internet te beheer en monitor?                                (1)
                                                                                                [15]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2               10                        DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                              NSS

VRAAG 6: INLIGTINGSBESTUUR

6.1      'n Gedeelte van 'n vorm wat ontwerp is om data vir 'n meningsopname oor die
         matriekafskeid vas te lê, word hieronder getoon.

         Matriekafskeid-tema                   Finaal

         Naam*                                            Klas*
         Tema ☒         Tema 2 ☐       Tema 3 ☐     Tema 4 ☐

         6.1.1        Verduidelik waarom die kontrole(s) wat gebruik word om die
                      gebruiker se reaksie oor die tema te kry, 'n slegte keuse was.            (1)

         6.1.2        Gee EEN rede waarom die knoppiekontrole ('Finaal') op hierdie
                      vorm moontlik verwarrend kan wees vir 'n gebruiker.                       (1)

         6.1.3        Verduidelik waarom 'n lysblokkie ('list box') 'n beter keuse sou
                      wees om die klas te kies eerder as die kombinasielys ('combo box')
                      in die voorbeeld hierbo.                                                  (3)

6.2      Die kasberging ('caching') van webblaaie kan beteken dat webtuistes wat
         voorheen besoek is, moontlik in 'n webblaaier vertoon mag word.

         Verduidelik hoe dit die gehalte van inligting op die webblad kan beïnvloed.
         Wat kan 'n mens doen indien hy/sy vermoed dat hy/sy na 'n gebergte
         ('cached') webblad kyk?                                                                (2)

6.3      'n Onderwyser wil graag die prestasies van die 27 leerders in haar klas
         ontleed volgens die vlakke wat hulle in die eksamen behaal het, deur die
         inligting hieronder te gebruik.

                                        A           B         C
                                   1 Vlak      Nommer
                                   2      1       2
                                   3      2       3
                                   4      3       4
                                   5      4       5
                                   6      5       6
                                   7      6       4
                                   8      7       3
                                   9 Totaal      27

         6.3.1        Gee die naam van die funksie in sel B2 wat gebruik sou kon word
                      om die getal leerders te bepaal wat op vlak 1 presteer het.               (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2             11                        DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                            NSS

         6.3.2        Die onderwyser wil 'n grafiek gebruik om die prestasies van die
                      leerders te ontleed.

        Grafiek 1                                  Grafiek 2

         Die onderwyser weet dat die grafiek soos Grafiek 1 (links) moet lyk, maar
         wanneer sy probeer om die grafiek te teken, lyk dit soos Grafiek 2 (regs).

         Verduidelik wat waarskynlik die probleem is EN hoe die probleem herstel kan
         word.                                                                                (2)
                                                                                              [10]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2              12                         DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                             NSS

VRAAG 7: SOSIALE IMPLIKASIES

7.1      Hoekom sou sleutelvasleggersagteware ('keylogger software') geen skadelike
         uitwerking hê indien dit op 'n rekenaar geïnstalleer word wat nooit aan 'n
         netwerk of die Internet gekoppel word nie?                                               (1)

7.2      Groenrekenarisering ('green computing') is 'n bekommernis vir elke gebruiker.

         7.2.1        Wat beteken die term groenrekenarisering?                                   (1)

         7.2.2        Gee TWEE redes waarom ongewenste of                     ongebruikte
                      IKT-toestelle NIE in 'n asblik gegooi moet word NIE.                        (2)

7.3      Noem TWEE moontlike maniere waarop telependel ('telecommuting') tot
         voordeel van 'n werkgewer ('n besigheid se eienaar) kan wees.                            (2)

7.4      Verduidelik wat uitvissing ('phishing') is EN hoekom die opdatering van jou
         antivirusprogram nie sal voorkom dat jy 'n slagoffer van uitvissing word nie.            (2)

7.5      Noem TWEE etiese oorwegings om in gedagte te hou wanneer jy aan iemand
         anders se Internetkonneksie koppel.                                                      (2)
                                                                                                  [10]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2             13                       DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                            NSS

VRAAG 8: OPLOSSINGONTWIKKELING

8.1      Die volgende foutboodskap word vertoon wanneer iemand probeer om 'n
         outomatiese inhoudsopgawe in 'n woordverwerkingsdokument in te voeg,
         selfs al is style by die opskrifte bygevoeg:

                               'No table of contents entries found'

         Verduidelik hoe jy hierdie probleem sou regmaak.                                    (1)

8.2      Wat is die beste manier om 'n opskrif wat in 'n kolom met teks vertoon word,
         na die bokant van die volgende kolom in 'n woordverwerkingsdokument
         te skuif?                                                                           (1)

8.3      Noem TWEE woordverwerkingseienskappe wat gebruik kan word om teks
         'weg van die kantlyn' te plaas, buiten om die spasiebalk te gebruik.                (2)

8.4      Wat is 'n boekmerk EN hoe word dit in 'n woordverwerkingsdokument
         gebruik?                                                                            (2)

8.5      Bestudeer die uittreksel van 'n sigblad hieronder en beantwoord die vrae wat
         volg.

         8.5.1        Die werknemerskode in kolom B word geskep deur die voorletters
                      van die werknemer met 'n ewekansige getal kleiner as 30 te
                      kombineer.

                      Noem enige TWEE sigbladfunksies wat moontlik gebruik kon word
                      om die werknemerskodes te skep.                                        (2)

         8.5.2        Kolom E moet die getal jare vertoon wat die werknemer by die
                      maatskappy gewerk het.

                      Die volgende formule is in sel E2 gebruik, maar dit gee die
                      verkeerde antwoord:
                                                  =D2-C2
                      Verduidelik wat die waardes tans in kolom E verteenwoordig EN
                      noem EEN manier waarop die regte antwoord vertoon kan word.            (2)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2             14                         DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                            NSS

8.6      Verslae laat 'n mens toe om data in 'n databasis op te som en te vertoon.

         8.6.1        Verduidelik wat die resultaat van of antwoord op die volgende
                      funksie in die verslagonderskrif van 'n databasis sou voorstel:

                                             =Count([Betaal])

                      LET WEL: 'Betaal' is 'n veld in die databasistabel waarop die
                               verslag gebaseer is.                                            (2)

         8.6.2        Wat sou die funksie =Now() in die bladsyonderskrif van 'n
                      databasisverslag vertoon?                                                (1)

8.7      In 'n HTML-dokument word die <b>-merker gebruik om die opskrif in vetdruk
         ('bold') te vertoon.

         Gee die waarskynlikste rede waarom die res van die teks onder die opskrif
         ook in vetdruk verskyn.                                                               (1)

8.8      Wat is die waarskynlikste rede waarom 'n prentjie nie in 'n webblaaier vertoon
         word nie, selfs al is die regte HTML-kode gebruik?                                    (1)
                                                                                               [15]

                                                                TOTAAL AFDELING B:             75

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2               15                          DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                              NSS

AFDELING C: GEÏNTEGREERDE SCENARIO

VRAAG 9

Jou skool bied 'n Wetenskap-ekspo aan. Deelnemers kan hulle eie toestelle bring om
hulle projekte te demonstreer. Internettoegang sal vir al die deelnemers en
beoordelaars vereis word.

9.1      Die belangrikste deel van die opstelling van die ekspo is om Internettoegang
         (voorsien deur 'n IDV ('ISP')) te deel met al die toestelle wat op die perseel
         gebruik sal word deur middel van die skool se Wi-Fi-fasiliteite.

         9.1.1        Noem TWEE voordele daarvan om Wi-Fi in hierdie situasie te
                      gebruik om toestelle te koppel.                                             (2)

         9.1.2        Party deelnemers is te ver van die hoof-venue af weg om die
                      Wi-Fi-sein op te tel.

                      Stel EEN tegnologie voor wat hulle kon gebruik om nog steeds
                      'draadlose' Internettoegang te hê, sonder om Wi-Fi te gebruik.              (1)

         9.1.3        Noem TWEE hardeware-komponente wat moontlik nodig sal wees
                      om die Wi-Fi-dekking te vergroot of uit te brei na al die plekke wat
                      vir die ekspo gebruik word.                                                 (2)

         9.1.4        Gee TWEE dienste wat 'n IDV ('ISP') kan voorsien buiten
                      Internettoegang.                                                            (2)

         9.1.5        Wat is die hoofrede vir die opstel en gebruik van 'n AGB ('AUP') in
                      die konteks van Internetgebruik?                                            (1)

         9.1.6        Mense van regoor die wêreld kan die ekspo volg deur na 'n
                      lewende stroming ('live stream') op 'n webtuiste te kyk.

                      Noem TWEE moontlike nadele van die gebruik van lewende
                      stroming ('live streaming').                                                (2)

9.2      Die organiseerders is gratis gebruik van aanlyn toepassings vir die duur van
         die ekspo aangebied.

         Verduidelik TWEE voordele van aanlyn toepassings in vergelyking met
         toepassings wat op die rekenaars geïnstalleer is.                                        (2)

9.3      Die skool het 'n BJET('BYOD')-beleid ingestel om deelnemers toe te laat om
         hulle eie toestelle te bring en aan die netwerk te koppel.

         Beskryf EEN van die waarskynlikste tegniese probleme wat die skool mag
         teëkom wanneer deelnemers hulle toestelle koppel.                                        (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2                16                           DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                               NSS

9.4      Deelnemers en gaste sal vir die projekte by die ekspo stem.

         Die IT-afdeling het 'n Android-toep ('Android app') gevind om die stemproses
         te beheer. Hierdie toep ('app') kan vanaf die skool se netwerkbediener na die
         selfone en tablette van die deelnemers en gaste afgelaai word.

         9.4.1        Wat is die algemene rol van 'n bediener in enige netwerk?                     (1)

         9.4.2        Noem TWEE voordele vir gaste van die aflaai van die toep vanaf
                      die skool se netwerkbediener teenoor die aflaai van die toep vanaf
                      die toepwinkel ('app store').                                                 (2)

         9.4.3        Baie gaste is bekommerd dat die toep moontlik 'n Trojaan kan
                      wees.

                      Wat is 'n Trojaan EN hoe word dit gewoonlik geïnstalleer?                     (2)

9.5      Die organiseerders van die ekspo sal 'n rekenaar gebruik om stemme vanaf
         al die toestelle te ontvang, die stemme bymekaar te maak en al die data van
         die ekspo te verwerk.

         Bestudeer die volgende spesifikasies van die rekenaar wat vir hierdie doel
         gebruik gaan word:

                              •    Intel i5 3.1 GHz
                              •    4 GG ('GB') ETG ('RAM')
                              •    128 GG ('GB') VTA ('SSD')
                              •    1 TB HDD
                              •    DVD- skrywer
                              •    21'' LED-raakskerm 1920 x 1080
                              •    Windows 10 Pro (64 bis)
                              •    Bluetooth-sleutelbord en -muis

         9.5.1        Hoeveel permanente stoorplek is op die rekenaar beskikbaar?                   (1)

         9.5.2        Die Windows 10-bedryfstelsel is nie op die 1 TB HDD geïnstalleer
                      nie.

                      Op watter toestel in die lys hierbo is die bedryfstelsel gelaai?              (1)

         9.5.3        Watter komponent moet by die lys van spesifikasies gevoeg word
                      om die rekenaar in staat te stel om aan die skool se netwerk te
                      koppel sonder om Wi-Fi te gebruik?                                            (1)

         9.5.4        Watter verandering in die spesifikasies in die lys hierbo sal die
                      grootste uitwerking hê in terme van die verbetering van die
                      algehele werkverrigting van die rekenaar?                                     (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2            17                        DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                           NSS

9.6      Die volgende stelling is deur een van die deelnemers by die ekspo gemaak:

         'Windows 10 het geen opsie om outomatiese stelselopdaterings af te skakel
         nie.'

         9.6.1        Gee TWEE redes waarom 'n sagteware-ontwikkelaar opdaterings
                      uitgee.                                                               (2)

         9.6.2        Hoekom sou 'n sagteware-ontwikkelaar NIE aan 'n gebruiker die
                      keuse gee om outomatiese opdaterings af te skakel nie?                (1)

         9.6.3        Noem EEN moontlike nadeel daarvan om nie in staat te wees om
                      outomatiese opdaterings te deaktiveer nie.                            (1)
                                                                                            [26]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2                18                        DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                               NSS

VRAAG 10

Die organiseerders van die ekspo sal vir alle administratiewe take by die ekspo
verantwoordelik wees, registrasies en die stemproses ingesluit.

10.1       Noem EEN moontlike nadeel daarvan om WhatsApp te gebruik om die ekspo
           te adverteer.                                                                           (1)

10.2       Een van die deelnemers aan die ekspo het 'n studie van inligtingoorlading
           gemaak.

           10.2.1      Wat is inligtingoorlading?                                                  (1)

           10.2.2      Noem TWEE maniere waarop inligtingoorlading verminder kan
                       word.                                                                       (2)

10.3       Elke deelnemer aan die ekspo moet 'n week voor die ekspo 'n registrasiefooi
           betaal.

           10.3.1      Stel TWEE tegnologieë voor wat deelnemers kan gebruik om die
                       registrasiefooi te betaal indien hulle nie gedurende besigheidsure
                       by die skool of 'n bank kan uitkom nie.                                     (2)

           10.3.2      Hoe kan die organiseerders van die ekspo bevestig dat die
                       registrasiefooi betaal is, behalwe om die bank te bel?                      (1)

10.4       'n Inskrywingsvorm vir die ekspo word hieronder vertoon.

       Van:
       Voorletters:                                  Selnr:

       Ekspotipe:     XP1    XP2      XP3      XP4      XP5    XP6     XP7       XP8       XP9
       e-pos:
       Faksnr:                                                Datum:   JJJJ      MM        DD

           10.4.1      Verduidelik waarom die gebruik van 'n tabelformaat om die
                       gebruiker se selfoonnommer in te lees, 'n goeie idee is.                    (1)

           10.4.2      Stel TWEE maniere voor om die uitleg van die vorm te verbeter.              (2)

10.5       Al die data op die administrasie-rekenaar moet streng vertroulik gehou word.

           Gee TWEE maniere waarop die organiseerders kan verseker dat die data op
           hierdie rekenaar nie gesteel kan word of onwettige toegang daartoe verkry
           kan word nie, behalwe vir die beskerming daarvan teen fisiese diefstal.                 (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2                   19                           DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                                  NSS

10.6     'n Databasistabel is geskep om die stemme wat ontvang is, te stoor. Die
         tabeldefinisie word hieronder getoon.

               Veldnaam                Datatipe         Beskrywing
           Naam                    Text                 Naam van die persoon wat stem
           Van                     Text                 Van van die persoon wat stem
           DVG                     Date/Time            Geboortedatum van die persoon wat stem
           Datum                   Date/Time            Datum waarop gestem is
           Gunstelingprojek        Text                 Naam van die projek waarvoor gestem is

         10.6.1       Waarom is die DVG-veld nie geskik om as 'n primêre sleutel op te
                      tree nie?                                                                        (1)

         10.6.2       Elke projek sal 'n unieke kode kry wat kiesers sal gebruik om in die
                      Gunstelingprojek-veld te stem, bv. Wet312.

                      Watter databasiseienskap kan gebruik word om te verseker dat 'n
                      gebruiker drie letters gevolg deur drie syfers moet inlees?                      (1)

         10.6.3       Watter databasiseienskap kan gebruik word om te verseker dat die
                      Naam- en Van-velde NIE leeg gelaat kan word NIE?                                 (1)

         10.6.4       Watter databasiseienskap kan gebruik word om te verseker dat
                      tikfoute nie plaasvind wanneer data in die Gunstelingprojek-veld
                      ingelees word nie?                                                               (1)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2             20                         DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                            NSS

10.7     'n Deelnemer het die organiseerder gevra om 'n dokument uit te druk wat hy
         op sy flitsskyf gebring het. Toe hulle die dokument met die 'Open With'-opsie
         probeer oopmaak het, het die volgende dialoogblokkie verskyn:

         10.7.1       Verduidelik hoekom of wanneer 'n mens gewoonlik die 'Open With'-
                      opsie sou probeer gebruik om 'n lêer oop te maak.                       (1)

         10.7.2       Een van die opsies wat voorsien word, is die Adobe Acrobat
                      Reader wat PDF-lêers lees.

                      Gee TWEE redes waarom die PDF-lêerformaat gebruik kan word.             (2)

         10.7.3       Hoekom sou 'n mens die merkblokkie in die linkerhoek onderaan
                      die dialoogblokkie merk?                                                (1)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2               21                          DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                              NSS

10.8      Die volgende sigblad is geskep om tred te hou van betaalde registrasiefooie:

          Die volgende funksie is in sel F2 gebruik en toe na die res van die selle in
          kolom F afgekopieer:

                                       =IF(D2="Ja",0,C2*B9)

          Die funksie moet die hoeveelheid stalletjies in kolom C met die registrasiefooi
          in sel B9 vermenigvuldig indien 'n 'Nee' in kolom D verskyn.

          10.8.1      Waarom is dit beter om die selverwysing B9 in die funksie te
                      gebruik in plaas van net die waarde van 250?                              (1)

          10.8.2      Die funksie vertoon die regte antwoord in sel F2.

                      Verduidelik waarom die funksie nie die korrekte bedrae vir party
                      van die selle in kolom F uitwerk nie EN herskryf die funksie sodat
                      dit korrek sou afgekopieer.                                               (2)

          10.8.3      Verduidelik of dit moontlik sou wees om 'n betekenisvolle grafiek te
                      skep uit die data in die reeks B2:B7.                                     (1)
                                                                                                [24]

                                                                 TOTAAL AFDELING C:             50
                                                                     GROOTTOTAAL:               150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Computer Application Technology P2 Feb March 2017 Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-p2-feb-march-2017-eng/8c6f2567-23b3-406f-b644-73975e589ec7) — Computer Applications Technology · QP · 2017 · Eng
- [Computer Application Technology P2 Feb March 2017 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-p2-feb-march-2017-memo-eng/8354da81-a171-4c06-b3cd-aca65bc03199) — Computer Applications Technology · Memo · 2017 · Eng
- [Computer Application Technology P2 Feb March 2017 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-p2-feb-march-2017-memo-afr/8d0b7d74-55f5-4123-839b-d2b624dbfa92) — Computer Applications Technology · Memo · 2017 · Afr
- [Computer Application Technology P1 Feb March 2017 Afr](https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-p1-feb-march-2017-afr/5202d242-87ee-4a25-a640-e1382d1c2f52) — Computer Applications Technology · QP · 2017 · Afr
- [Computer Application Technology P2 Nov 2017 Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-p2-nov-2017-eng/6c8784b9-60df-4307-87e9-d5f335ee48d1) — Computer Applications Technology · QP · 2017 · Eng
- [Computer Application Technology P2 Feb March 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-p2-feb-march-2018-eng/5a5ae084-71ac-49b9-bdc5-653f15b33002) — Computer Applications Technology · QP · 2018 · Eng

## More from Grade 12 Computer Applications Technology

- [CAT P1 MEMO GR12 SEPT 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-memo-gr12-sept-2025-eng-watermark/9df1288f-0f95-46d9-8231-26c401ed1a1b) — Memo · 2025 · Eng
- [CAT P2 GR12 MEMO September 2025 - AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr12-memo-september-2025-afr-watermark/3e182b7b-5d5f-4afc-b54c-b286289512f6) — Memo · 2025 · Afr
- [Computer Applications Technology P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-applications-technology-p1-may-june-2025-mg-eng/8beb5c31-24fa-4cf4-b90c-aedcc234a4dd) — Memo · 2025 · Eng
- [CAT P1 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-memo-gr12-sept-2024-english/91df7fb9-ea6b-4fed-8f93-a1466ec697c3) — Memo · 2024 · Eng
- [Computer Applications Technology P2 May-June 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-computer-applications-technology-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-2-english/a32bb637-25b5-4469-8be9-e72527e65d8a) — Memo · 2024 · Eng
- [Computer Applications Technology P1 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-applications-technology-p1-nov-2023-eng/60311585-04c7-46dc-bcf6-87da09dc1ea5) — QP · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
