# Computer Applications Technology Grade 12 P2 2018 QP (Afr)

> Grade 12 Computer Applications Technology Paper 2 question paper from the NSC Supplementary Exam 2018 (Afrikaans). Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-p2-feb-march-2018-afr/349bfbba-2f1b-4183-ba69-883f391a2394
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Computer Applications Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: NSC Supplementary Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 18

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Computer Applications Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/computer-applications-technology) › [Computer Applications Technology Grade 12 P2 2018 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-p2-feb-march-2018-afr/349bfbba-2f1b-4183-ba69-883f391a2394)

## About this document

Computer Applications Technology · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2018. Question paper, 18 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                       GRAAD 12

                     REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2

                             FEBRUARIE/MAART 2018

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2           2                         DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                          NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit:

         AFDELING A (25 punte)
         AFDELING B (75 punte)
         AFDELING C (50 punte)

2.       Beantwoord AL die vrae.

3.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

4.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

5.       MOENIE in die regterkantlyn van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.

6.       Laat 'n reël na ELKE subvraag oop.

7.       Daar word gewoonlik 'n punt per feit toegeken. Dus sal 'n 2 punt-vraag TWEE
         feite vereis, ensovoorts.

8.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2             3                            DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                            NSS

AFDELING A

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1–1.10) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.11 D.

1.1      Watter EEN van die volgende eenhede verwys na verwerkerspoed?

         A     GHz
         B     dpi
         C     Mbps
         D     ppm                                                                               (1)

1.2      Die ...-bedryfstelsel-nutsprogam ('operating system utility') sal nuttig wees vir
         mense wat probleme ondervind om hulle hande te gebruik.

         A     Sticky Keys
         B     Sticky Notes
         C     Magnifier
         D     Narrator                                                                          (1)

1.3      Watter EEN van die volgende akronieme het te doen met sagteware-
         lisensiëring?

         A     GUI
         B     WWW
         C     WLAN
         D     ELO ('EULA')                                                                      (1)

1.4      Watter konsep probeer die tabel hieronder illustreer?

                     Toepassingweergawe 1.0 loop op BS-weergawe 1.0
                     Toepassingweergawe 1.0 loop nie op BS-weergawe 2.0 nie

         A     Aflaai ('Downloading')
         B     Argivering ('Archiving')
         C     Toeganklikheid ('Accessibility')
         D     Aanpasbaarheid ('Compatibility')                                                  (1)

1.5      Watter EEN van die volgende stellings is NIE waar oor webtoepassings NIE?

         A     'n Mens moet dalk vir die diens betaal.
         B     Meer as een persoon kan gelyktydig aan 'n dokument werk.
         C     'n Mens het nie 'n Internetkoppeling nodig vir toegang tot die hulpbronne
               nie.
         D     Data kan oor verskeie toestelle gesinkroniseer word.                              (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2              4                            DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                             NSS

1.6      Terwyl video's op 'n mobiele toestel geredigeer word, sal die meeste van die
         batterylewe deur die ... gebruik word.

         A     mikrofoon
         B     SVE ('CPU')
         C     skerm
         D     luidspreker                                                                        (1)

1.7      Watter EEN van die volgende kriteria sal rekords herwin, gebaseer op 'n
         veldwaarde wat met 'ad' eindig?

         A     ad*
         B     ad
         C     a*d
         D     *ad                                                                                (1)

1.8      Die hooftaak van die Disk Cleanup-nutsprogram is om …

         A     individuele lêers wat deur die gebruiker geselekteer is, uit te vee.
         B     ongebruikte lêers outomaties uit te vee.
         C     die hardeskyf te formateer wanneer dit vol is.
         D     lêers te herorganiseer en verwante lêers bymekaar te hou.                          (1)

1.9      Watter EEN van die volgende akronieme word NIE met hardeware
         geassosieer nie?

         A     HDD
         B     NKK ('NIC')
         C     ELO ('EULA')
         D     BJET ('BYOD')                                                                      (1)

1.10     'n … is nie 'n voorbeeld van kwaadwillige sagteware nie.

         A     Trojaan ('Trojan')
         B     Ad-blokkeerder ('Ad-blocker')
         C     Wurm ('Worm')
         D     Sleutelvaslegger ('Keylogger')                                                     (1)
                                                                                                  [10]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2             5                            DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                            NSS

VRAAG 2: PASITEMS

Kies 'n term/begrip uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs
die letter (A–T) langs die vraagnommer (2.1–2.10) in die ANTWOORDEBOEK neer,
byvoorbeeld 2.11 U.

                   KOLOM A                                    KOLOM B
2.1      Tans die vinnigste standaard vir         A   kasberging ('caching')
         sellulêre dataoordrag
                                                  B   BJET ('BYOD')
2.2      'n Vierkantige rooster wat uit klein
         swart-wit blokkies bestaan wat teks,     C   Instagram
         soos 'n URL, verteenwoordig
                                                  D   ROUNDDOWN
2.3      'n Tegniek wat deur webblaaiers
         gebruik word om bladsye of inhoud        E   VR
         wat onlangs besoek is, te stoor
                                                  F   datalimiet
2.4      'n Kommunikasietegnologie wat 'n
         paring('pairing')-proses vereis          G   Skype

2.5      'n Beleid wat jou toelaat om jou eie     H   ROUNDUP
         rekenaartoestel op 'n werkplek-
         netwerk te gebruik                       I   3G

2.6      'n Tegnologie wat toerusting gebruik     J   strepieskode ('barcode')
         wat 'n gebruiker in staat stel om met
         'n denkbeeldige wêreld in                K   spam
         wisselwerking te wees
                                                  L   vorming ('shaping')
2.7      'n Voorbeeld van sagteware wat vir
         videokonferensies gebruik word           M   strikroof ('phishing')

2.8      'n Tegniek wat deur IDV's (ISPs)         N   QR-kode
         gebruik word om sommige dienste te
         prioritiseer                             O   Wi-Fi

2.9      'n Sigbladfunksie wat 'n waarde van      P   LTE
         8 sal terugstuur wanneer dit op die
         syfer 7.4 toegepas word                  Q   OKH ('OCR')

2.10     'n Ongewenste advertensie-e-pos wat R        Bluetooth
         aan 'n groot aantal gebruikers gestuur
         word                                   S     History

                                                  T   potgooi ('podcast')
                                                                                     (10 x 1)       [10]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2            6                          DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                           NSS

VRAAG 3: WAAR/ONWAAR-ITEMS

Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Kies die antwoord en skryf
'waar' of 'onwaar' langs die vraagnommer (3.1–3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.
Korrigeer die stelling indien dit ONWAAR is. Verander die onderstreepte woord(e) om
die stelling WAAR te maak. (Jy mag nie maar net die woord 'NIE' gebruik om die
stelling te verander nie.)

GEEN punt sal toegeken word indien slegs ONWAAR neergeskryf word NIE.

VOORBEELDE:

                     VRAAG                                 ANTWOORD

Google is die wêreld se gewildste soekenjin.     Waar

'n NKK ('NIC') het gleuwe vir hardeware-
                                                 Onwaar – moederbord
komponente, soos die SVE ('CPU').

3.1      'n Sosiale netwerk blokkeer kuberkraakpogings vanaf die Internet na
         'n LAN.                                                                             (1)

3.2      'n Sleutelvaslegger ('Keylogger') is 'n advertensie wat in 'n nuwe
         webblaaiervenster oopmaak terwyl die gebruiker op die rekenaar werk.                (1)

3.3      'n DoS-aanval kom voor wanneer 'n rekenaar of netwerk met 'n groot
         hoeveelheid nuttelose data oorstroom word.                                          (1)

3.4      Outomatiese indeks ('Automatic index') is 'n term wat gebruik word om
         voorafopgestelde formatering te beskryf.                                            (1)

3.5      'n Taakdefinisie is 'n stel vrae wat 'n keuse van moontlike antwoorde het om
         uit te kies.                                                                        (1)
                                                                                             [5]

                                                             TOTAAL AFDELING A:              25

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2              7                          DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                             NSS

AFDELING B

VRAAG 4: STELSELTEGNOLOGIEË

4.1      Waarom verkies baie gebruikers om 'n eksterne muis te gebruik op 'n
         skootrekenaar wat 'n ingeboude raakpaneel ('trackpad') het?                            (1)

4.2      Gee TWEE redes waarom 'n mens skootrekenaars in plaas van
         tafelrekenaars ('desktop PCs') vir 'n RTT-klaskamer sou aankoop.                       (2)

4.3      Noem TWEE nadele van VTA's ('SSDs') in vergelyking met hardeskyf-
         aandrywers ('hard disk drives').                                                       (2)

4.4      Slimfone het baie gewild geword.

         4.4.1       Gee TWEE voorbeelde van hoe slimfone vir opvoedkundige
                     doeleindes in die klaskamer gebruik kan word.                              (2)

         4.4.2       Bespreek TWEE nadele van die gebruik van slimfone om speletjies
                     te speel in plaas daarvan om tafelrekenaars te gebruik.                    (2)

         4.4.3       Stel TWEE maniere voor om slimfone draadloos aan ander toestelle
                     te koppel (NIE aan ander slimfone NIE).                                    (2)

         4.4.4       Hoe sal 'n mens weet dat die geo-etikettering('geo-tagging')-
                     eienskap van 'n slimfoon gebruik is toe 'n foto geneem is?                 (1)

4.5      Mikro-USB-poorte word algemeen in slimfone gebruik.

         4.5.1       Waarom het hierdie toestelle nie 'n standaard-USB-poort nie?               (1)

         4.5.2       Behalwe vir slimfone/selfone, gee TWEE voorbeelde               van
                     IKT('ICT')-toestelle wat mikro-USB-poorte gebruik.                         (2)

4.6      Jy het 'n e-pos-aanhegsel met die lêernaam Image01.exe ontvang.

         4.6.1       Waarom behoort jy NIE hierdie aanhegsel oop te maak NIE?                   (1)

         4.6.2       Stel EEN manier voor hoe om met hierdie aanhegsel te werk te
                     gaan.                                                                      (1)

4.7      Gee TWEE redes waarom 'n mens nie 'n roofgekopieerde ('pirated')
         antivirusprogram moet gebruik nie.                                                     (2)

4.8      Stel TWEE maniere voor om foutopsporing ('troubleshooting') op 'n rekenaar
         te doen wat herhaaldelik nie die bedryfstelsel laai nadat dit aangeskakel
         is nie.                                                                                (2)

4.9      Bespreek TWEE redes waarom 'n CD wat deur jou vriend gemaak is, nie op
         jou rekenaar werk nie.                                                                 (2)

4.10     Noem TWEE voordele daarvan om die jongste bedryfstelselregstellings
         ('patches') te installeer.                                                             (2)
                                                                                                [25]
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2                8                           DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                               NSS

VRAAG 5: INTERNET- EN NETWERKTEGNOLOGIEË

5.1      Beskou die pakkette hieronder wat Internettoegang vir videostroom tuis
         adverteer.

               PAKKET A                      PAKKET B                   PAKKET C
          5 GG ('GB') data              5 GG ('GB') data           Onbeperkte
          Vesel 100 Mbps                ADSL 2 Mbps                ('Uncapped') data
          Gratis installasie +          Gratis installasie +       Vesel 40 Mbps
          Roeteerder                    Roeteerder                 Gratis installasie +
          R399 p.m.                     R99 p.m.                   Roeteerder
                                                                   R399 p.m.

         5.1.1       Watter pakket sou 'n mens gebruik om daagliks HD-video's tuis te
                     stroom? Gee TWEE redes vir jou antwoord.                                       (3)

         5.1.2       Watter pakket sou voldoende wees vir algemene werk tuis, soos die
                     stuur van e-posse en webblaai, waarvoor geen videostroom vereis
                     word nie? Motiveer jou antwoord.                                               (2)

5.2      Die webblaaierboodskap hieronder word vertoon selfs wanneer 'n ADSL-
         koppeling werk.

         5.2.1       Gee TWEE moontlike redes waarom jy hierdie boodskap sal kry.                   (2)

         5.2.2       Wat is die funksie van die sirkelpyltjie regs van die adresstaaf?              (1)

         5.2.3       Lewer kommentaar op die veiligheid van              die   voorgenome
                     koppelling, gebaseer op die inligting in die URL.                              (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2              9                         DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                             NSS

5.3      Misdadigers gebruik dikwels koppelkolle ('hotspots') om niksvermoedende
         gebruikers te teiken.

         5.3.1       Hoe sal 'n mens 'n mobiele toestel kan gebruik om na te gaan of 'n
                     koppelkol ('hotspot') beskikbaar is?                                      (1)

         5.3.2       Hoe kan 'n mens voorkom dat 'n sleutelvaslegger ('keylogger')
                     inligting na die kuberkraker ('hacker') toe terugstuur?                   (2)

5.4      Gee EEN rede waarom 'n mens 'n webblaaier-inpropprogram ('plug-in') sou
         installeer.                                                                           (1)

5.5      Hoe sal 'n RSS-voer op 'n blog tot voordeel van sy gebruikers wees?                   (1)
                                                                                               [15]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2           10                          DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                          NSS

VRAAG 6: INLIGTINGSBESTUUR

6.1      Wanneer word data inligting?                                                         (1)

6.2      Verduidelik waarom dit 'n doeltreffende opsie is om 'n aanlyn vraelys vir
         dataversameling te gebruik, deur na die volgende te verwys:

             Datavaslegging
             Dataverwerking                                                                  (2)

6.3      Die volgende reël is in 'n databasis ingetik om onakkurate toevoer te
         voorkom:

                                        <=0 OR >=18

         Gee TWEE redes waarom irrelevante of onbruikbare data steeds ingevoer
         kan word.                                                                            (2)

6.4      Verduidelik waarom jy nie inligting sou gebruik wat jy op die Internet gevind
         het nie, selfs al is dit deur 'n kundige outeur geskryf.                             (2)

6.5      Watter woordverwerkingseienskap kan gebruik word om die veranderings wat
         deur verskeie outeurs op 'n enkele dokument gemaak is, te sien?                      (1)

6.6      Hoe kan 'n mens voorkom dat veranderinge aan 'n sigblad gemaak word wat
         in 'n sigbladtoepassing oopgemaak is?                                                (1)

6.7      Hoe kan 'n mens die invoer van duplikaatrekords voorkom wanneer data in 'n
         databasistabel vasgelê word?                                                         (1)
                                                                                              [10]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2            11                        DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                           NSS

VRAAG 7: SOSIALE IMPLIKASIES

7.1      Gee EEN aanduiding dat 'n boodskap wat jy ontvang het, 'n gekskeerdery
         ('hoax') is.                                                                       (1)

7.2      Noem TWEE maniere waarop IKT's ('ICTs') die werkplek negatief kan
         beïnvloed.                                                                         (2)

7.3      Waarom is regerings bekommerd oor die uitgebreide gebruik van Bitcoin?             (2)

7.4      Telependel ('Telecommuting') spaar tyd en reiskoste.

         Waarom laat baie werkgewers steeds nie telependel toe nie?                         (2)

7.5      Slim huishoudelike toestelle kan aan die Internet koppel.

         Noem EEN voordeel daarvan om Internetgekoppelde ('IoT') toestelle, soos
         'n wasmasjien, te hê.                                                              (1)

7.6      Behalwe vir kullery, bespreek TWEE redes waarom sommige skole die
         gebruik van slimfone verbied.                                                      (2)
                                                                                            [10]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2                12                          DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                               NSS

VRAAG 8: OPLOSSINGSONTWIKKELING

8.1      Gee 'n rede waarom 'n HTML-bladsy wat jy geskep het, nie in 'n deurblaaier
         oopmaak nie.                                                                              (1)

8.2      Hoe sou jy seker maak dat prentjies in 'n HTML-dokument nie te klein of te
         groot is wanneer daarna in 'n deurblaaier gekyk word nie?                                 (1)

8.3      Die veldname hieronder is in 'n databasistabel gebruik om die rekords van
         gemeenskapslede te stoor.

                     Veldnaam        Datatipe          Beskrywing
                     Naam            Short Text        Naam van lid
                     Adres           Short Text        Woonadres
                     Geslag
                     Ouderdom        Number            Ouderdom op 1 Januarie
                     Skool           Short Text        Naam van skool
                     Notas           Short Text        Bykomende opmerkings

         8.3.1       Verduidelik waarom geeneen van die velde hierbo as 'n primêre
                     sleutel gebruik kan word nie.                                                 (1)

         8.3.2       Stel TWEE datatipes vir die Geslag-veld voor sodat 'n mens nie die
                     sleutelbord sal hoef te gebruik om waardes in die tabel in te voer nie.       (2)

         8.3.3       Noem 'n databasiseienskap wat gebruik kan word om dieselfde data
                     outomaties in die Skool-veld vir elke nuwe rekord te plaas.                   (1)

         8.3.4       'n Maksimum van slegs 255 karakters kan tans in die Notas-veld
                     ingevoer word.

                     Hoe kan 'n mens meer teks in die Notas-veld stoor?                            (1)

8.4      Watter eienskap van 'n woordverwerkingstoepassing stel jou in staat om
         formatering vinnig van een seksie na 'n ander te kopieer?                                 (1)

8.5      Jy het die volgende data, wat deur tabelstoppe ('tabs') geskei is, vanaf
         Notepad in 'n woordverwerkingsdokument geplak:

         Noem TWEE maniere waarop hierdie teks in 'n tabel met drie kolomme en
         drie rye geplaas kan word.                                                                (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2              13                        DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                             NSS

8.6      Die sigblad hieronder toon supermarkwerknemerslone.

         8.6.1       Die waardes in die Totaal-kolom word nie vertoon nie. Wat kan
                     gedoen word om hierdie waardes korrek te vertoon, sonder om
                     enige formatering te verander?                                            (1)

         8.6.2       Die funksie hieronder (in kolom D gebruik) slaag nie daarin om 'n
                     bonus toe te ken aan werknemers wat langer as 27 uur per week
                     gewerk het nie.

                                            =IF(B4<=27,200,0)

                     Bespreek TWEE alternatiewe maniere waarop die fout in die funksie
                     reggestel kan word.                                                       (2)

         8.6.3       Watter sigbladfunksie sal 'n mens gebruik om die getal bonusse wat
                     aan werknemers betaal word, vas te stel?                                  (1)

8.7      Op watter veld is die verslag hieronder gegroepeer?

                                                                                               (1)
                                                                                               [15]

                                                                TOTAAL AFDELING B:             75

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2               14                       DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                              NSS

AFDELING C: GEÏNTEGREERDE SCENARIO

VRAAG 9

Jou skoolhoof het jou gevra om jou RTT-vaardighede te gebruik om raad te gee oor
die vestiging van 'n aanlyn skoolkoerant. Rekenaartoerusting sal vir hierdie doel
aangekoop moet word.

9.1      Beskryf TWEE hardeware-eienskappe van intreevlakrekenaars ('entry-level
         computers') wat hulle anders maak as gesofistikeerde masjiene.                         (2)

9.2      Stel TWEE voorbeelde van toepassingsagteware voor wat moontlik
         geïnstalleer sal moet word om die publikasie van die skoolkoerant te
         vergemaklik.                                                                           (2)

9.3      Die tuisblad van die koerantwebtuiste sal op 'n templaat ('template') gebaseer
         word.

         Verduidelik wat 'n templaat is.                                                        (1)

9.4      As deel van jou raad het jy 'n diagram geteken van hoe die
         nuuskantoornetwerk (LAN 1) aan die skoolnetwerk (LAN 2) gekoppel moet
         word.

                                                A

                                                      B
                                      LAN 1         LAN 2

         9.4.1       Noem toestel A wat die twee LAN'e verbind.                                 (1)

         9.4.2       Noem toestel B op LAN 2.                                                   (1)

         9.4.3       Noem TWEE maniere waarop toegang tot die LAN1-netwerk beheer
                     kan word.                                                                  (2)

         9.4.4       Noem TWEE voordele daarvan om kabels te gebruik om die
                     rekenaars in die netwerk te koppel.                                        (2)

9.5      Skakels na die koerantartikels sal op sosiale media gepos word.

         Noem TWEE voordele van die gebruik van Facebook om die koerant te deel.                (2)

9.6      Gee EEN rede hoekom GOBS ('FOSS') in plaas van eiendomsregtelike
         sagteware by die nuuskantoor gebruik moet word.                                        (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2              15                         DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                             NSS

9.7      Die foutboodskap hieronder het op een van die rekenaars in die
         koerantkantoor verskyn, wat voorkom het dat opdaterings gekry word.

         9.7.1       Bespreek TWEE moontlike redes vir die fout.                                (2)

         9.7.2       Noem EEN implikasie van die foutboodskap.                                  (1)

9.8      Noem TWEE maniere waarop die skool hulle data kan rugsteun sodat dit op
         'n ander plek gestoor word.                                                            (2)

9.9      'n Databasistabel met outeur- en artikelname as velde sal gebruik word om
         die inligting oor leerders wat tot die inhoud in die koerant bydra, te stoor.

         9.9.1       Bespreek TWEE redes waarom dit beter sou wees om 'n vorm in
                     plaas van die databladaansig ('datasheet view') van 'n tabel te
                     gebruik om data vas te lê.                                                 (2)

         9.9.2       Noem TWEE databasishulpmiddels ('tools') wat gebruik kan word
                     om vas te stel wie die meeste artikels tot die koerant bygedra het.        (2)

9.10     Gee TWEE redes waarom dit 'n goeie beleid sou wees om by verstek
         ('default') USB-poorte op die LAN in die koerantkantoor buite werking te stel?         (2)
                                                                                                [25]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2              16                          DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                             NSS

VRAAG 10

Jou skool bied 'n talentkonsert aan. Jy is gevra om met IKT-verwante sake te help.

10.1     Baie leerders wil graag toegang tot die profiele van deelnemers met gebruik
         van die Internet verkry.

         10.1.1      Noem TWEE mobiele handtoestelle ('hand-held mobile devices') wat
                     vir hierdie doel gebruik kan word.                                         (2)

         10.1.2      Noem TWEE nadele vir deelnemers om profiele te hê wat op die
                     Internet toeganklik is.                                                    (2)

         10.1.3      Noem TWEE maniere waarop jy kan seker maak dat dit wettig is om
                     prente wat op die Internet gekry is, te gebruik.                           (2)

         10.1.4      Die volgende HTML-kode sal gebruik word om 'n tabel met inligting
                     oor elke deelnemer te vertoon:

                     <table border="2" cellpadding="1" cellspacing="4">
                        <tr> <td colspan="2"> </td> <td> </td> </tr>
                        <tr> <td> </td> <td> </td> <td> </td> </tr>
                     </table>

                     Hoeveel rye en kolomme is daar in die tabel?                               (2)

10.2     Jy word gevra om met die opgradering van die ou en stadige rekenaars vir die
         talentkonsert te help.

         10.2.1      Gee TWEE sagteware-verwante redes waarom hierdie rekenaars
                     dalk stadig geword het.                                                    (2)

         10.2.2      Watter hardeware-komponente by ou rekenaars moet gewoonlik
                     vervang word om werkverrigting te verbeter?                                (2)

         10.2.3      Party toepassings wat onlangs geïnstalleer is, werk nie nadat die
                     hardeware opgegradeer is nie.

                     Bespreek TWEE maniere waarop hierdie probleem opgelos kan
                     word.                                                                      (2)

         10.2.4      Stel TWEE strategieë voor waarop rekenaars wat nie opgegradeer
                     kan word nie, hanteer moet word.                                           (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2                   17                               DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                                  NSS

10.3     Die skermkopie hieronder bevat stelselinligting van 'n rekenaar wat vir die
         talentkonsert gebruik sal word.

         10.3.1       Daar is een SVE ('CPU') in die rekenaar.

                      Waarom verskyn die SVE twee keer onder Processors?                                  (1)

         10.3.2       Wat is die rol van die Broadcom 802.11n Network Adapter?                            (1)

10.4     Die sigbladgrafiek hieronder is gebruik om stemuitslae te ontleed.

                                              Stemuitslae
               40

               20                                                                     Series1

                  0
                      Deelnemer 1 Deelnemer 2 Deelnemer 3 Deelnemer 4 Deelnemer 5

         10.4.1       Noem TWEE eienskappe wat by hierdie grafiek gevoeg kon word
                      om die begrip daarvan te verbeter.                                                  (2)

         10.4.2       Noem TWEE sigbladhulpmiddels, behalwe die grafiek, wat gebruik
                      sou kon word om die stemuitslae te ontleed.                                         (2)

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2              18                          DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                             NSS

10.5     Die tabel en navraagresultaat hieronder is deur die beoordelaars gebruik om
         die kompetisieresultate te ontleed.

         10.5.1       Watter datatipe is vir die Score-veld gebruik? Motiveer jou
                      antwoord.                                                                (2)

         10.5.2       Daar is vier rekords vir Deelnemer 2 ('Contestant 2') in die
                      databasistabel.

                      Hoe is die average-funksie gebruik om slegs een ry terug te stuur?       (1)
                                                                                               [25]

                                                                  TOTAAL AFDELING C:           50
                                                                      GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Computer Application Technology P2 Feb March 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-p2-feb-march-2018-eng/5a5ae084-71ac-49b9-bdc5-653f15b33002) — Computer Applications Technology · QP · 2018 · Eng
- [Computer Application Technology P2 Feb March 2018 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-p2-feb-march-2018-memo-afr/f45cd143-50b8-4145-97eb-5d6701ccca16) — Computer Applications Technology · Memo · 2018 · Afr
- [Computer Application Technology P1 Feb March 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-p1-feb-march-2018-afr/ef8c6572-bec0-4517-8d2e-4ee873c81aa5) — Computer Applications Technology · QP · 2018 · Afr
- [CAT P2 GR12 QP SEPT2018 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr12-qp-sept2018-afr-d/0df65fa0-94e7-4c6a-bd37-cb4b5c66bce9) — Computer Applications Technology · QP · 2018 · Afr
- [Computer Application Technology P2 Feb March 2017 Afr](https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-p2-feb-march-2017-afr/4f2b86be-7b1f-410f-8266-238b4f2a258c) — Computer Applications Technology · QP · 2017 · Afr
- [Computer Application Technology P2 Feb March 2017 Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-p2-feb-march-2017-eng/8c6f2567-23b3-406f-b644-73975e589ec7) — Computer Applications Technology · QP · 2017 · Eng

## More from Grade 12 Computer Applications Technology

- [CAT P1 MEMO GR12 SEPT 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-memo-gr12-sept-2025-eng-watermark/9df1288f-0f95-46d9-8231-26c401ed1a1b) — Memo · 2025 · Eng
- [CAT P2 GR12 MEMO September 2025 - AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr12-memo-september-2025-afr-watermark/3e182b7b-5d5f-4afc-b54c-b286289512f6) — Memo · 2025 · Afr
- [Computer Applications Technology P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-applications-technology-p1-may-june-2025-mg-eng/8beb5c31-24fa-4cf4-b90c-aedcc234a4dd) — Memo · 2025 · Eng
- [CAT P1 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-memo-gr12-sept-2024-english/91df7fb9-ea6b-4fed-8f93-a1466ec697c3) — Memo · 2024 · Eng
- [Computer Applications Technology P2 May-June 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-computer-applications-technology-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-2-english/a32bb637-25b5-4469-8be9-e72527e65d8a) — Memo · 2024 · Eng
- [Computer Applications Technology P1 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-applications-technology-p1-nov-2023-eng/60311585-04c7-46dc-bcf6-87da09dc1ea5) — QP · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
