# Computer Applications Technology Grade 12 P2 2016 QP (Afr)

> Grade 12 Computer Applications Technology Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2016 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-p2-may-june-2016-afr/a49699c2-010e-4623-bdd9-482f93762d38
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Computer Applications Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Computer Applications Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/computer-applications-technology) › [Computer Applications Technology Grade 12 P2 2016 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-p2-may-june-2016-afr/a49699c2-010e-4623-bdd9-482f93762d38)

## About this document

Computer Applications Technology · Grade 12 · NSC June Exam · 2016. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                       SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                     REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2

                                         2016

                                                                      PUNTE: 150

                                                                        TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2           2                                     DBE/2016
                                          SSE

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit:

         AFDELING A         (25 punte)
         AFDELING B         (75 punte)
         AFDELING C         (50 punte)

2.       Beantwoord AL die vrae.

3.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

4.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

5.       MOENIE in die regterkantlyn van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.

6.       Laat 'n reël oop na ELKE subvraag.

7.       Gewoonlik word een punt per feit toegeken; dus sal 'n 2 punt-vraag gewoonlik
         TWEE feite vereis, ensovoorts.

8.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai-om-asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2              3                                     DBE/2016
                                             SSE

AFDELING A

VRAAG 1: PASITEMS

Kies 'n term/begrip uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs
die letter (A–S) langs die vraagnommer (1.1–1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer,
byvoorbeeld 1.11 T.

                    KOLOM A                                     KOLOM B
1.1      'n Voorbeeld van 'n brëebandkonneksie        A   Trojan

1.2      Bykomende inligting in 'n lêer of            B   GPS
         dokument, soos die naam van die outeur
                                                      C   'FTP'
1.3      'n Tegnologie wat gebruik word om 'n
         mens se geografiese posisie te bepaal        D   multiverwerking

1.4      Die gebruik van baie rekenaars in            E   LTE
         'n netwerk om saam 'n probleem op
         te los                                       F   ETG ('RAM')

1.5      'n Eienskap ('feature') van 'n e-pos-        G   metadata
         toepassing wat boodskappe volgens die
         gebruiker se voorkeure organiseer            H   netboek

1.6      'n Skadelike program wat vermom word         I   skakellyn ('dial-up')
         om soos 'n betroubare of nuttige
         toepassing te lyk                            J   Dropbox

1.7      Geheue wat die laai-instruksies van 'n       K   ruitnetrekenarisering ('grid
         rekenaar bevat wat gebruik word om die           computing')
         bedryfstelsel te laai
                                                      L   ultraboek
1.8      Die deel van 'n lêernaam wat die tipe lêer
         identifiseer                                 M   NVK ('NFC')

1.9      'n Baie kragtige tipe draagbare rekenaar     N   SoIP ('VoIP')
         met verminderde kragverbruik
                                                      O   posrëel
1.10     'n Voorbeeld van 'n aanlyn stoorfasiliteit
         of -diens                                    P   hardeskyf

                                                      Q   wurm

                                                      R   LAG ('ROM')

                                                      S   uitbreiding
                                                                                  (10 x 1)       [10]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai-om-asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2                4                              DBE/2016
                                               SSE

VRAAG 2: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (2.1–2.10) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 2.11 D.

2.1      Om die mees relevante resultate vir 'n websoektog te ontvang, moet 'n mens
         spesifieke … insleutel.

         A     sleutelwoorde
         B     tabelinstellings ('tab settings')
         C     vorms
         D     HTML-merkers                                                                 (1)

2.2      Watter EEN van die volgende verwys na die oriëntasie van 'n bladsy in 'n
         woordverwerkingsdokument?

         A     Seksiebreuk
         B     Kantlyne
         C     Inkeping
         D     Landskap                                                                     (1)

2.3      Watter EEN van die volgende woordverwerkingseienskappe ('word
         processing features') sou jy gebruik om woorde met dieselfde of die
         teenoorgestelde betekenis op te soek?

         A     Indeks
         B     Bronne
         C     Boekmerke
         D     Tesourus                                                                     (1)

2.4      'Magnifier' is 'n …-eienskap ('feature') in Windows.

         A     sekuriteits
         B     opdaterings
         C     toeganklikheids
         D     instandhoudings                                                              (1)

2.5      Watter EEN van die volgende is 'n beginsel wat na die uitwerking van
         menslike foute op afvoer verwys?

         A     LIEU ('LIFO')
         B     KKTK ('SOHO')
         C     GIGU ('GIGO')
         D     T/A ('I/O')                                                                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai-om-asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2              5                                       DBE/2016
                                             SSE

2.6      Watter EEN van die volgende kan as 'n vorm van biometriese toevoer gebruik
         word?

         A     Stem
         B     Stilus
         C     Braille
         D     Bandwydte                                                                           (1)

2.7      Om 'n rolprent onwettig af te laai en te versprei, staan as ... bekend.

         A     herwinning ('recycling')
         B     roofkopiëring ('piracy')
         C     kuberkrakery ('hacking')
         D     kubersluipery ('cyberstalking')                                                     (1)

2.8      Watter EEN van die volgende faktore sal, in die algemeen, die waarskynlikste
         die gehalte van inligting wat in 'n opname versamel is, beïnvloed?

         A     Die getal mense (respondente) wat aan die opname deelneem
         B     Die sienings van die mense (respondente) wat aan die opname
               deelneem
         C     Die gemiddelde ouderdom van die mense (respondente) wat aan die
               opname deelneem
         D     Die geslag van die mense (respondente) wat aan die opname deelneem                  (1)

2.9      'n Sirkelverwysing is 'n fout waar 'n formule in 'n sigblad verwys na …

         A     'n ander sel in 'n werkblad sonder om absolute selverwysing te gebruik.
         B     'n saamgesmelte sel in dieselfde sigblad.
         C     dieselfde sel as waarin die formule gestoor is.
         D     'n sel wat met die verkeerde getal desimale plekke geformateer is.                  (1)

2.10     Watter EEN van die volgende opsies is NIE 'n voorbeeld van draagbare
         berging NIE?

         A     USB-flitsskyf ('USB flash drive')
         B     Wolkberging ('cloud storage')
         C     Eksterne 2.5" HDD
         D     CD                                                                                  (1)
                                                                                                   [10]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai-om-asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2            6                                   DBE/2016
                                           SSE

VRAAG 3: WAAR-/ONWAAR-ITEMS

Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Kies die antwoord en skryf
'waar' of 'onwaar' langs die vraagnommer (3.1–3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.
Korrigeer die stelling indien dit ONWAAR is. Verander die onderstreepte woord(e) om
die stelling WAAR te maak. (Jy mag nie maar net die woord 'NIE' gebruik om die
stelling te verander nie. GEEN punt sal toegeken word indien slegs ONWAAR
neergeskryf word NIE.)

VOORBEELDE:

                     VRAAG                                 ANTWOORD

Google is die wêreld se gewildste soekenjin.     Waar

'n NKK ('NIC') het gleuwe vir hardeware-
                                                 Onwaar – moederbord
komponente soos die SVE ('CPU').

3.1      Die leesalleen('Read Only')-kenmerk kan op 'n lêer toegepas word om te
         voorkom dat enige veranderinge aan die lêer aangebring word.                        (1)

3.2      'n E-posversoek met 'n skakel om 'n mens se bankdiens-wagwoord op te
         dateer, staan as gemorspos stuur ('spamming') bekend.                               (1)

3.3      Die skyfskoonmaak('Disk Cleanup')-nutsprogram help 'n mens om 'n
         toepassing toe te maak wat nie meer reageer nie.                                    (1)

3.4      CTRL+A is 'n sleutelbordkortpad wat dikwels gebruik word om die hele inhoud
         van 'n dokument te selekteer.                                                       (1)

3.5      Die grootte van 'n skerm word aan die getal horisontale en vertikale pixels
         gemeet.                                                                             (1)
                                                                                             [5]

                                                            TOTAAL AFDELING A:               25

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai-om-asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2              7                                       DBE/2016
                                             SSE

AFDELING B

VRAAG 4: STELSELTEGNOLOGIEË

4.1      Noem TWEE maniere waarop 'n drukker aan 'n rekenaar gekoppel kan word.                    (2)

4.2      Gee EEN moontlike oorsaak waarom 'n drukker nie werk nie, selfs al is dit
         aangeskakel en aanlyn.                                                                    (1)

4.3      Noem TWEE voordele van konvergensie ('convergence') vir die gewone
         gebruiker.                                                                                (2)

4.4      Identifiseer die beeld hieronder wat op 'n skool se nuusbrief verskyn EN
         verduidelik hoe dit gebruik sou word deur na 'n gepaste voorbeeld te verwys.

                                                                                                   (3)

4.5      'n Vastetoestandaandrywer (VTA) ('SSD') word in 'n rekenaar gebruik in plaas
         van 'n hardeskyfaandrywer (HDD).

         4.5.1        Noem TWEE voordele van 'n VTA ('SSD') bo 'n HDD.                             (2)

         4.5.2        Waarom het VTA's ('SSDs') nog nie heeltemal HDD's vervang nie,
                      selfs al het dit soveel voordele? Moet NIE in jou antwoord na koste
                      verwys NIE.                                                                  (1)

4.6      Verduidelik die verskil tussen 'n sagtewarefout ('software bug') en 'n virus.             (2)

4.7      Verduidelik hoe 'n Android-foon van 'n Windows-foon verskil, afgesien van
         koste of die feit dat hulle deur verskillende maatskappye vervaardig word.                (2)

4.8      Wat beteken dit as 'n drukker as die verstekdrukker ('default printer')
         gemerk is?                                                                                (1)

4.9      Rugsteun is belangrik om te verseker dat data nie verlore raak nie.

         4.9.1        Verduidelik waarom 'n rugsteunkopie NIE op dieselfde plek as die
                      oorspronklike data gestoor moet word NIE, behalwe die feit dat dit
                      addisionele spasie sal opneem.                                               (1)

         4.9.2        Noem 'n stoortoestel wat geskik sou wees om data groter as
                      1 TG ('TB') (teragreep) te rugsteun.                                         (1)

4.10     Noem TWEE voordele daarvan om sagteware-opdaterings te skeduleer om
         deur die nag te loop.                                                                     (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai-om-asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2          8                                   DBE/2016
                                         SSE

4.11     Gee TWEE moontlike maniere om 'n rekenaar se werkverrigting te verbeter
         sonder om enige hardeware te vervang.                                             (2)

4.12     Noem TWEE voordele van die gebruik van webgebaseerde toepassings in
         plaas van toepassings wat plaaslik op 'n rekenaar geïnstalleer is.                (2)

4.13     Jy moet 'n elektroniese kopie van 'n gedrukte dokument skep, maar het nie
         toegang tot 'n aftaster ('scanner') nie.

         Stel EEN manier voor om 'n elektroniese kopie van die dokument te skep
         sonder om 'n aftaster ('scanner') te gebruik.                                     (1)
                                                                                           [25]

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai-om-asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2              9                                         DBE/2016
                                             SSE

VRAAG 5: INTERNET- EN NETWERKTEGNOLOGIEË

5.1      Gee TWEE redes waarom rekenaars in 'n netwerk gekoppel word.                                (2)

5.2      Noem 'n e-pos- of IM(kitsboodskap)-eienskap ('feature') wat dit maklik maak
         om te sien of die gestuurde boodskap gelees is of nie.                                      (1)

5.3      Hoe verdien 'n sosiale netwerk soos Facebook die meeste van hulle geld?                     (1)

5.4      Noem TWEE moontlike nadele van die gebruik van Bluetooth vir
         kommunikasie.                                                                               (2)

5.5      Gee TWEE voorbeelde van waar 'n mens 'n breëbandkonneksie sou benodig
         om die Internet te kan gebruik.                                                             (2)

5.6      Gee TWEE redes vir die samepersing ('compression') van lêers voordat dit na
         wolkberging opgelaai word.                                                                  (2)

5.7      Noem EEN tegnologie wat gebruik kan word om sekuriteit te verbeter terwyl
         'n mens die Internet gebruik.                                                               (1)

5.8      Watter kommunikasietegnologie of -protokol stel toestelle in staat om in 'n
         WLAN gekoppel te word?                                                                      (1)

5.9      Gee TWEE redes waarom jy opwipvensters ('pop-ups') sou blok.                                (2)

5.10     Wat is die doel van die 'History'-knoppie of -oortjie ('tab') in 'n webblaaier?             (1)
                                                                                                     [15]

VRAAG 6: INLIGTINGSBESTUUR

6.1      Verduidelik die verskil tussen 'n opname ('survey') en 'n onderhoud.                        (2)

6.2      Gee TWEE redes waarom 'n mens altyd die betroubaarheid en akkuraatheid
         van inligting wat op die Internet gevind word, moet nagaan.                                 (2)

6.3      Verduidelik wat elk van die volgende terme beteken:

         6.3.1        Kopiereg                                                                       (1)

         6.3.2        Plagiaat                                                                       (1)

6.4      Noem TWEE voordele van die gebruik van elektroniese vorms wanneer data
         in 'n opname versamel word.                                                                 (2)

6.5      Gee EEN rede vir die gebruik van 'n tabel op 'n vorm om nommers, soos 'n
         ID-nommer, in te vul, soos hieronder getoon.

                                                                                                     (1)

6.6      Noem EEN eienskap van 'n sigblad wat gebruik kan word om groot
         hoeveelhede data op 'n betekenisvolle wyse te rangskik.                                     (1)
                                                                                                     [10]
Kopiereg voorbehou                                                              Blaai-om-asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2               10                                     DBE/2016
                                              SSE

VRAAG 7: SOSIALE IMPLIKASIES

7.1       Gee EEN rede waarom sommige mense nie aanlyn regeringsdienste, soos
          'eFiling' van die SAID ('SARS'), gebruik nie.                                            (1)

7.2       Baie kameras het die vermoë om foto's te geo-etiketteer ('geotag').

          7.2.1       Verduidelik die term geo-etikettering ('geotagging').                        (1)

          7.2.2       Waarom raai sekere wildreservate besoekers af om foto's van
                      renosters met geo-etikette op sosiale media te plaas?                        (1)

7.3       Stel TWEE maniere voor om die hoeveelheid gemorspos wat in jou e-pos-
          inmandjie ('inbox') beland, te verminder.                                                (2)

7.4       Noem EEN moontlike manier om te voorkom dat ander gebruikers jou in
          foto's op Facebook etiketteer ('tag').                                                   (1)

7.5       Gee TWEE voordele van die gebruik van sosiale netwerke vir besighede.                    (2)

7.6       Noem TWEE voordele van motors wat aan die Internet gekoppel is.                          (2)
                                                                                                   [10]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai-om-asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2               11                                  DBE/2016
                                              SSE

VRAAG 8: OPLOSSINGSONTWIKKELING

8.1      Bestudeer die skermkopie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         8.1.1       Sel C4:C9 moet die relevante eenheidsprys uit die data in die
                     selreeks A12:B15 vertoon, na gelang van die waarde in kolom A.

                     Die volgende funksie is in sel C4 verkeerd gebruik:

                     =VLOOKUP(B4,$A$13:$B$15,1)

                     Identifiseer die TWEE foute in die funksie.                                (2)

         8.1.2       Waarom sou die formule = A4*B4 'n foutboodskap gee?                        (1)

8.2      Wat is die verskil in gebruik tussen die COUNT- en die COUNTA-
         sigbladfunksies?                                                                       (2)

8.3      Hoekom moet 'n mens die ROUND-funksie in 'n sigblad gebruik om getalle af
         te rond, in plaas daarvan om slegs die getalle te formateer?                           (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai-om-asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2                 12                                 DBE/2016
                                                SSE

8.4      In elk van die volgende gevalle, noem die woordverwerkingseienskap
         ('feature') wat eers gebruik of toegepas moet word voordat dit sal werk:

         8.4.1       Outomatiese inhoudsopgawe                                                   (1)

         8.4.2       Outomatiese bibliografie                                                    (1)

8.5      Gee 'n voorbeeld van 'n program (NIE 'n webtuiste NIE) wat gebruik kan word
         om HTML-lêers te redigeer.                                                              (1)

8.6      Wat is die verwantskap tussen 'n webblad en 'n webtuiste?                               (1)

8.7      Wat is die verband tussen die <head>-afdeling van 'n HTML-webblad en die
         inligting wat in die webblaaieroortjie ('browser tab') vertoon word?                    (1)

8.8      Identifiseer TWEE foute in die volgende HTML-kode:

                                        </ul>
                                          <li>Item 1</li>
                                          <li>Item 2</li>
                                        <ol>                                                     (2)

8.9      Wat is die hoofrede vir die gebruik van 'n vorm in 'n databasis?                        (1)

8.10     Die volgende het in 'n navraag verskyn:

                                           Totaal: [T1]+[T2]

         Watter uitwerking het 'n berekening in 'n navraag op die waardes in 'n
         databasistabel?                                                                         (1)
                                                                                                 [15]

                                                               TOTAAL AFDELING B:                75

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai-om-asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2              13                                      DBE/2016
                                             SSE

AFDELING C

VRAAG 9: GEÏNTEGREERDE SCENARIO

Jy is die kans gegun om by 'n plaaslike selfoonwinkel te werk. Die bestuurder van die
winkel weet van jou RTT-agtergrond en het jou gevra om met van die tegniese vrae te
help wat deur klante gevra kan word.

9.1       'n Slimfoon met die volgende spesifikasies is tans op 'n spesiale aanbieding
          by die winkel:

          •   Quad Core 1.7 GHz
          •   2 GG ('GB') ETG ('RAM')
          •   16 GG ('GB') interne stoorplek
          •   MicroSD-kaartgleuf (tot en met 128 GG ('GB'))
          •   5.0'' Multi-Touch-skerm
          •   Android 5.1
          •   Bluetooth 4.1, 802.11 a/b/g/n
          •   12 MP-kamera

         Beantwoord die volgende vrae van klante:

          9.1.1       Watter grootte skerm het die toestel?                                        (1)

          9.1.2       Verduidelik wat 'n Multi-Touch-skerm is.                                     (1)

          9.1.3       Gee EEN voorbeeld van 'n handeling wat 'n mens op 'n
                      Multi-Touch-skerm kan uitvoer.                                               (1)

          9.1.4       Die spesifikasies hierbo dui aan dat die slimfoon 16 GG ('GB')
                      interne geheue het.

                      Verduidelik waarom minder as 16 GG geheue beskikbaar sal
                      wees, selfs wanneer klante die slimfoon vir die eerste keer het.             (1)

          9.1.5       Hoe kan klante meer stoorkapasiteit by die foon voeg?                        (1)

          9.1.6       Gee TWEE redes waarom dit 'n goeie idee is om op te gradeer na
                      'n slimfoon wat dieselfde tipe bedryfstelsel het.                            (2)

          9.1.7       Noem TWEE basiese funksies van 'n bedryfstelsel.                             (2)

          9.1.8       Watter spesifikasie hierbo verwys na resolusie?                              (1)

9.2       Beskryf TWEE maniere waarop die winkel op 'n verantwoordelike manier van
          ou selfone en selfoononderdele ontslae kan raak.                                         (2)

9.3       Beskryf hoe RFID-merkers ('tags') gebruik kan word om te voorkom dat
          toets- of demonstrasiefone uit die winkel gesteel word.                                  (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai-om-asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2               14                                     DBE/2016
                                              SSE

9.4       Klante is bekommerd oor veiligheidsbedreigings op hul slimfone en tablette.

          Verduidelik kortliks elk van die volgende veiligheidsbedreigings:

          9.4.1       E-posflousery ('e-mail spoofing')                                            (1)

          9.4.2       Skimkaping ('pharming')                                                      (2)

          9.4.3       Sleutelvaslegging ('keylogging')                                             (1)

9.5       Die rekenaars in die winkel is in 'n netwerk gekoppel.

          9.5.1       Watter tipe rekenaar in die netwerk sal hulpbronne en dienste aan
                      die ander rekenaars verskaf?                                                 (1)

          9.5.2       Noem TWEE items wat benodig word om 'n netwerk te skep,
                      buiten rekenaars en sagteware.                                               (2)

9.6       Gee TWEE redes waarom 'n klant SoIP ('VoIP') in plaas van 'n normale
          selfoonoproep sou gebruik.                                                               (2)

9.7       Die bestuurder het 'n webblad vir klante geskep om die diens te beoordeel,
          sodat terugvoering oor klantetevredenheid verkry kan word.

          Noem DRIE ontwerpoorwegings wat die bestuurder in gedagte moet hou
          wanneer die webblad ontwerp word.                                                        (3)

9.8       Die tegnikus wat slimfone by die winkel herstel, het besluit om basiese wenke
          op 'n blog te plaas, sodat klante probleempies self kan oplos.

          9.8.1       Gee TWEE redes waarom hy 'n blog in plaas van e-pos sou
                      gebruik om die wenke te versprei.                                            (2)

          9.8.2       Noem TWEE maniere waarop hy kan seker maak dat klante die
                      blog gereeld besoek.                                                         (2)

9.9       'n Klant ontvang die volgende foutboodskap wanneer sy haar slimfoon aan
          'n skootrekenaar probeer koppel:

                            'Driver not found' ('Drywer nie gevind nie')

          9.9.1       Wat is die doel van 'n drywer in 'n rekenaar?                                (1)

          9.9.2       Noem EEN moontlike manier waarop sy hierdie probleem kan
                      oplos sonder om enige hardeware te vervang.                                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai-om-asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2               15                                     DBE/2016
                                              SSE

9.10      Sommige tafelrekenaars in die winkel moet vervang word.

          9.10.1      Noem TWEE moontlike nadele van die gebruik van 'n kabellose
                      sleutelbord en muis op die nuwe rekenaars, buiten diefstal.                  (2)

          9.10.2      Dit is belangrik om toestelle te kies wat ergonomies ontwerp is.

                      Wat beteken die term ergonomies in hierdie konteks?                          (2)

          9.10.3      Noem TWEE voordele daarvan om die tafelrekenaars met
                      skootrekenaars te vervang.                                                   (2)

          9.10.4      Stel TWEE maniere voor om te voorkom dat die skootrekenaars
                      gesteel word.                                                                (2)

9.11      Die eienaar het probeer om 'n basiese webtuiste te skep om die huidige
          spesiale aanbiedinge te adverteer. Bestudeer die HTML-kode hieronder.

          <title>
               Huidige spesiale aanbiedinge
               <hr />
          </title>

          <body>
              <h1> ONS BESTE SPESIALE AANBIEDINGE NOG! </h1>
          <font colour="red">
          Kom nou na ons winkel vir groot besparings!
          </font> <br />

          </body>

         Verduidelik hoe jy die volgende foute sou regstel:

          9.11.1      Die horisontale lyn word nie vertoon nie.                                    (1)

          9.11.2      Die opskrif 'ONS BESTE SPESIALE AANBIEDINGE NOG!' moet
                      kleiner wees.                                                                (1)

          9.11.3      Die teks 'Kom nou na ons winkel vir groot besparings!' moet in
                      'n rooi font vertoon word, maar word in swart vertoon.                       (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai-om-asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2               16                                 DBE/2016
                                              SSE

9.12      'n Databasis is geskep om rekord te hou van huidige voorraadvlakke by die
          winkel.

          9.12.1      Bestudeer die skermkopie hieronder en noem die datatipe wat vir
                      die Specifications-veld gebruik moet word om 'n groot hoeveelheid
                      teks in te voer.

                                                                                              (1)

          9.12.2      Hoekom is die Autonumber-datatipe altyd geskik om as 'n
                      primêresleutel-veld te gebruik?                                         (1)

          9.12.3      Die navraag hieronder is geskep om al die items in voorraad te
                      vertoon waar die handelsmerk met die woord Smart begin en die
                      verkoopprys ('selling price') minder as R100 of meer as R500 is.

                      Identifiseer TWEE foute in die ontwerp van hierdie navraag wat
                      veroorsaak dat die verkeerde inligting vertoon word.                    (2)

9.13      Verduidelik kortliks waarvoor elk van die volgende in 'n woordverwerkings-
          toepassing gebruik sou word:

          9.13.1      Aaneenlopende seksiebreuk ('continuous section break')                  (2)

          9.13.2      Boekmerk ('bookmark')                                                   (1)

                                                               TOTAAL AFDELING C:             50
                                                                   GROOTTOTAAL:               150

Kopiereg voorbehou                                                                        *

## Related documents

- [Computer Application Technology P2 May June 2016 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-p2-may-june-2016-memo-afr/7216afa6-018e-4e0b-beae-69fc2a549639) — Computer Applications Technology · Memo · 2016 · Afr
- [Computer Application Technology P1 May June 2016 Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-p1-may-june-2016-eng/da15995d-25c5-4cb8-a14a-08bf723c628c) — Computer Applications Technology · QP · 2016 · Eng
- [Computer Applications Technology P2 May June 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-applications-technology-p2-may-june-2022-eng/72d0b5ab-f52d-4c0f-9774-0b77bfd2a0ec) — Computer Applications Technology · QP · 2022 · Eng
- [Computer Application Technology P2 May June 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-p2-may-june-2021-eng/f262d2a6-b39f-4f53-92a0-efc9f47b0e06) — Computer Applications Technology · QP · 2021 · Eng
- [CAT P2 June July 2015 Eng](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-june-july-2015-eng/8122ec6b-13de-460f-a187-089d09ac9bbc) — Computer Applications Technology · QP · 2015 · Eng
- [Computer Application Technology P1 May June 2016 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-p1-may-june-2016-memo-eng/fb474999-ae1e-4cfe-b1bd-c4aac95bb1b8) — Computer Applications Technology · Memo · 2016 · Eng

## More from Grade 12 Computer Applications Technology

- [CAT P1 MEMO GR12 SEPT 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-memo-gr12-sept-2025-eng-watermark/9df1288f-0f95-46d9-8231-26c401ed1a1b) — Memo · 2025 · Eng
- [CAT P2 GR12 MEMO September 2025 - AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr12-memo-september-2025-afr-watermark/3e182b7b-5d5f-4afc-b54c-b286289512f6) — Memo · 2025 · Afr
- [Computer Applications Technology P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-applications-technology-p1-may-june-2025-mg-eng/8beb5c31-24fa-4cf4-b90c-aedcc234a4dd) — Memo · 2025 · Eng
- [CAT P1 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-memo-gr12-sept-2024-english/91df7fb9-ea6b-4fed-8f93-a1466ec697c3) — Memo · 2024 · Eng
- [Computer Applications Technology P2 May-June 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-computer-applications-technology-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-2-english/a32bb637-25b5-4469-8be9-e72527e65d8a) — Memo · 2024 · Eng
- [Computer Applications Technology P1 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-applications-technology-p1-nov-2023-eng/60311585-04c7-46dc-bcf6-87da09dc1ea5) — QP · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
