# Computer Applications Technology Grade 12 P2 2016 QP (Afr)

> Grade 12 Computer Applications Technology Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2016 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-p2-nov-2016-afr/fe9086bf-4888-4b32-9242-235742d9b731
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Computer Applications Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Computer Applications Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/computer-applications-technology) › [Computer Applications Technology Grade 12 P2 2016 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-p2-nov-2016-afr/fe9086bf-4888-4b32-9242-235742d9b731)

## About this document

Computer Applications Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2016. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                      GRAAD 12

                     REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2

                                  NOVEMBER 2016

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2           2                         DBE/November 2016
                                          NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit:

         AFDELING A         (25 punte)
         AFDELING B         (75 punte)
         AFDELING C         (50 punte)

2.       Beantwoord AL die vrae.

3.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

4.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

5.       MOENIE in die regterkantlyn van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.

6.       Laat 'n reël oop na ELKE subvraag.

7.       Daar word gewoonlik 'n punt per feit toegeken. Dus sal 'n 2 punt-vraag TWEE
         feite vereis, ensovoorts.

8.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2                  3                       DBE/November 2016
                                                 NSS

AFDELING A

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Skryf
die vraagnommer (1.1–1.10) neer, kies die antwoord en maak 'n kruisie (X) oor die
letter (A–D) van jou keuse in die ANTWOORDEBOEK.

VOORBEELD:

1.1.11       A            B            C               D

1.1      'n Lêer wat op 'n hardeskyf uitgevee ('delete') is, kan uit die … herstel word.

         A       taakbalk ('taskbar')
         B       herwinningsdrom ('Recycle Bin')
         C       'My Documents'-lêergids
         D       toep('Apps')-lêergids                                                              (1)

1.2      Watter EEN van die volgende lêers sal die waarskynlikste direk in die 'Paint'-
         program oopmaak indien dit gedubbelklik word?

         A       Agenda.tiff
         B       Data.mpeg
         C       Grafiek.xlsx
         D       Prent.mp3                                                                          (1)

1.3      Die 'Snipping Tool'-hulpprogram ('accessory') word gebruik om …

         A       die resolusie van foto's te verlaag.
         B       lêers saam te pers.
         C       skermkopieë te maak.
         D       lêers tussen lêergidse rond te skuif.                                              (1)

1.4      Wat dui die 'regmerkie'-simbool by drukkerikoon 1 aan?

                         1                   2              3              4

         A       Die drukker se drywers is opgedateer.
         B       Dit is die verstekdrukker ('default printer').
         C       Dit is 'n multifunksie('multifunction')-drukker.
         D       Die drukkersagteware is vir virusse nagegaan.                                      (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2             4                         DBE/November 2016
                                            NSS

1.5      Watter maatskappy vervaardig bedryfstelsels soos Jelly Bean, KitKat en
         Lollipop?
         A     Apple
         B     Google
         C     Microsoft
         D     Avast                                                                           (1)
1.6      Wat beteken dit as die aanwyser/ikoon hieronder op die skerm verskyn?

         A     Die luidsprekers is ontkoppel.
         B     Die mikrofoonkonneksie is gedeaktiveer.
         C     Die toeganklikheidseienskappe ('accessibility features') vir gestremde
               gebruikers is geaktiveer.
         D     Die klank is gedemp ('mute') of 'geblok'.                                       (1)
1.7      Die beste manier om 'n baie groot lêer met baie gebruikers oor die Internet te
         deel, is 'n ...
         A     USB-flitsskyf ('flash drive').
         B     e-posaanhegsel ('attachment')
         C     wolkbergingsfasiliteit.
         D     faksmasjien.                                                                    (1)
1.8      Watter EEN van die volgende velde in 'n databasistabel, wat rekords van
         hoërskoolleerders stoor, is die mees gepaste veld waarop 'n bestekwaarde
         ('default value') gestel kan word?
         A     Huistaal
         B     Van
         C     Adres
         D     Telefoonnommer                                                                  (1)
1.9      Watter EEN van die volgende is die waarskynlikste rede waarom dit nodig
         mag wees om absolute adressering ('absolute addressing') in 'n sigblad te
         gebruik?
         A     Wanneer 'n grafiek in 'n aparte werkblad geskep word
         B     Wanneer die spesialeplak('paste special')-opsie gebruik word
         C     Wanneer enige datum- of tydfunksie gebruik word
         D     Wanneer 'n formule of funksie na ander selle gekopieer word                     (1)
1.10     Watter EEN van die volgende verwys na 'n metode of tegniek wat gebruik kan
         word om foutopsporing ('troubleshooting') van sagteware- en hardeware-
         probleme op 'n rekenaar te doen?
         A     Veilige modus ('safe mode')
         B     Hibernasie ('hibernation')
         C     Inprop-en-speel ('plug-and-play')
         D     Rugsteun ('backup')                                                             (1)
                                                                                               [10]
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2             5                         DBE/November 2016
                                            NSS

VRAAG 2: PASITEMS

Kies 'n term/begrip uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs
die letter (A–S) langs die vraagnommer (2.1–2.10) in die ANTWOORDEBOEK neer,
byvoorbeeld 2.11 T.

                     KOLOM A                                     KOLOM B
2.1      'n Voorbeeld van 'n gewilde, gratis, aanlyn    A   nutsprogramme ('utilities')
         kantoorpakket
                                                        B   BPM ('PPM')
2.2      'n Funksie wat as alternatief gebruik kan
         word vir die 'RIGHT'- en/of 'LEFT'-            C   uitvissing ('phishing')
         sigbladfunksie
                                                        D   Google Docs
2.3      Die algemene sagtewareklas waaronder
         Trojane en wurms val                           E   kommentaar

2.4      'n Webtuiste wat 'n persoon se lewe, opinies   F   kuberafknouery
         en belangstellings in die vorm van video's         ('cyberbullying')
         dokumenteer
                                                        G   ETG ('RAM')
2.5      'n Woordverwerkingseienskap ('word
         processing feature') wat elke gebruiker se     H   SPD ('DPI')
         bydraes of veranderinge aan die inhoud van
         'n gedeelde ('shared') dokument toon           I   opsoekgidsprogram
                                                            ('lookup wizard')
2.6      'n Toestel wat gebruik kan word om data
         permanent te stoor                             J   Google Chrome

2.7      'n Moontlike maatskaplike probleem wat met     K   stroming ('streaming')
         sosialenetwerk-webtuistes geassosieer
         word                                           L   tussentydse databuffering
                                                            ('spooling')
2.8      Die proses waar gebruikers herlei word na
         'n ander webtuiste as die een waarvan hulle    M   LEN
         die adres in die webblaaier ingesleutel het
                                                        N   veranderingspoor
2.9      Die eenheid waarin die gehalte van                 ('track changes')
         drukwerk gemeet word
                                                        O   VTA ('SSD')
2.10     'n Databasis-ontwerpeienskap ('design
         feature') wat 'n lys opsies skep waaruit die   P   vlog
         gebruiker kan kies wanneer data in 'n veld
         ingevoer word                                  Q   skimkaping ('pharming')

                                                        R   kwaadwillige sagteware
                                                            ('malware')

                                                        S   MID
                                                                                (10 x 1)       [10]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2            6                         DBE/November 2016
                                           NSS

VRAAG 3: WAAR/ONWAAR-ITEMS

Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Kies die antwoord en skryf
'waar' of 'onwaar' langs die vraagnommer (3.1–3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.
Korrigeer die stelling indien dit ONWAAR is. Verander die onderstreepte woord(e) om
die stelling WAAR te maak. (Jy mag nie maar net die woord 'NIE' gebruik om die
stelling te verander nie. GEEN punt sal toegeken word indien slegs ONWAAR
neergeskryf word NIE.)

VOORBEELDE:

                     VRAAG                                  ANTWOORD

Google is die wêreld se gewildste soekenjin.     Waar

'n NKK ('NIC') het gleuwe vir hardeware-
                                                 Onwaar – moederbord
komponente soos die SVE ('CPU').

3.1      Die inhoud van HTML-merkers kan kabelloos ('wireless') gelees word en word
         gereeld in langafstandfietswedrenne en -padwedlope gebruik waartydens die
         merkers deur deelnemers gedra word.                                                  (1)

3.2      'n Blog is 'n area in 'n plek soos 'n kafee, hotel of lughawe waar mense met
         toestelle wat Wi-Fi-geaktiveerd is, aan die Internet kan koppel.                     (1)

3.3      'n Hiperskakel kan gebruik word om op webblaaie en webtuistes te navigeer.           (1)

3.4      GoPro is 'n vervaardiger van drabare aksiekameras wat gereeld gebruik word
         om die aksie in sport af te neem.                                                    (1)

3.5      Plagiaat verwys na die wetlike regte van die gebruiker of skepper ten opsigte
         van die gebruik en verspreiding van sy/haar eie werk.                                (1)
                                                                                              [5]

                                                             TOTAAL AFDELING A:               25

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2                7                           DBE/November 2016
                                               NSS

AFDELING B

VRAAG 4: STELSELTEGNOLOGIEË

4.1      Aan watter tipe of kategorie toepassingsagteware behoort Microsoft Edge
         en Mozilla Firefox?                                                                          (1)

4.2      Gee TWEE redes waarom jy die hardeware van jou rekenaar sou wou of moet
         opgradeer, behalwe wanneer hardeware onklaar raak.                                           (2)

4.3      Noem TWEE maniere waarop 'n gebruiker sagteware op 'n rekenaar wat nie
         'n optiese aandrywer het nie, kan installeer.                                                (2)

4.4      Gee TWEE moontlike nadele daarvan om na 'n nuwer weergawe van
         'n kantoorpakket op te gradeer, behalwe vir enige addisionele koste betrokke.                (2)

4.5      Gee TWEE voordele daarvan                om    'HDMI'-tegnologie   in     plaas    van
         'VGA'-tegnologie te gebruik.                                                                 (2)

4.6      Noem TWEE waardevolle tipes inligting wat 'POS'(verkooppunt)('point-of-
         sale')-stelsels aan winkeleienaars verskaf.                                                  (2)

4.7      'n Karakter het herhaaldelik, sonder toevoer vanaf die gebruiker, in 'n
         dokument begin verskyn.

         Stel TWEE maniere voor waarop hierdie probleem opgelos kan word.                             (2)

4.8      Gee die sleutelbordkortpad-sleutelkombinasies (byvoorbeeld CTRL+F1) vir elk
         van die volgende take:

         4.8.1       Selekteer al die teks in 'n dokument.                                            (1)

         4.8.2       Beweeg na die 'vorige' kontrole (die een voor die een wat jy tans
                     besigtig) op 'n vorm.                                                            (1)

4.9      Wanneer jy 'n rekenaar opstel, word jy gereeld aangeraai om 'n nuwe rekening
         ('account') te skep en te gebruik en nie die verstek('default')-'Administrator'-
         rekening nie, behalwe wanneer dit spesifiek vereis word.

         Gee TWEE redes waarom dit goeie praktyk is.                                                  (2)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2               8                         DBE/November 2016
                                              NSS

4.10     'n Vriend het baie vinnig die volgende spesifikasies van 'n rekenaar wat hy
         in 'n advertensie gesien het, neergeskryf en dit aan jou gestuur:

                                   •   Intel Core i5 1.7 MHz
                                   •   4 GG ('GB') ETG ('RAM')
                                   •   1.56"
                                   •   Windows 9 (64 bis)
                                   •   500 GG ('GB') HDD
                                   •   USB 3.0
                                   •   Bluetooth 4.0

         Identifiseer die spesifikasies wat definitief VERKEERD is deur te motiveer wat
         met elkeen fout is. Jy mag die korrekte spesifikasies as deel van jou
         motivering gee.

         LET WEL: Geen punte sal toegeken word indien slegs die verkeerde
                  spesifikasies sonder 'n gepaste motivering neergeskryf word nie.              (2)

4.11     'n Vriend was besig om 'n lêer te probeer oopmaak toe 'n boodskap verskyn
         wat voorstel dat hy 'n toep in die winkel soek ('Look for an app in the Store').

         Verduidelik wat 'n toepwinkel ('app store') is en hoekom dit in hierdie konteks
         gebruik sal word.                                                                      (2)

4.12     Gee TWEE redes waarom dit nodig is om 'n bedryfstelsel opgedateer te hou.              (2)

4.13     Noem TWEE maniere waarop 'n virusinfeksie voorkom kan word, behalwe die
         opdatering van geïnstalleerde antivirussagteware.                                      (2)
                                                                                                [25]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2               9                            DBE/November 2016
                                              NSS

VRAAG 5: INTERNET- EN NETWERKTEGNOLOGIEË

5.1     As wat staan die '802.11'-kommunikasietegnologie of -standaard beter bekend?                (1)

5.2     Verduidelik wat die algemene funksie van 'n netskans ('firewall') is.                       (2)

5.3     Noem TWEE Internettegnologieë wat gebruik kan word om 'n maatskappy se
        maandelikse telefoonrekening te verlaag.                                                    (2)

5.4     Gee TWEE voordele vir 'n gebruiker wanneer 'n toep ('app') op 'n foon in plaas
        van 'n webblaaier gebruik word om toegang tot 'n bank se webwerf of
        Facebook te kry.                                                                            (2)

5.5     Verduidelik kortliks wat lêersinchronisering ('file synching'/'file sinchronisation')
        is en hoekom dit so nuttig is.                                                              (2)

5.6     Noem TWEE maniere waarop webtuistes of Internetdienste jou toelaat om
        weer toegang tot jou bestaande rekening te kry indien jy jou wagwoord verloor
        het.                                                                                        (2)

5.7     Stel TWEE realistiese maniere voor waarop jy kan verseker dat die datalimiet
        ('cap') van jou Internet die hele maand hou, sonder dat jy die hoeveelheid tyd
        verminder wat jy op die Internet spandeer.                                                  (2)

5.8     Die boekmerke/gunstelinge ('bookmarks'/'favourites') en geskiedenis('history')-
        eienskappe op webblaaiers kan gebruik word om 'n webtuiste te vind wat
        voorheen besoek is.

        Gee TWEE redes waarom dit beter mag wees om die boekmerke/gunstelinge
        ('bookmarks'/'favourites')-eienskap te gebruik om 'n webtuiste te 'onthou' wat
        voorheen besoek is, in plaas daarvan om die geskiedenis('history')-funksie te
        gebruik.                                                                                    (2)
                                                                                                    [15]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2            10                        DBE/November 2016
                                           NSS

VRAAG 6: INLIGTINGSBESTUUR

6.1      Die volgende item het in 'n vraelys verskyn:

             Vul asseblief u geboortedatum in:

         Gee TWEE kritiese opmerkings oor die uitleg en formaat van hierdie item
         in die vraelys.                                                                      (2)

6.2      Wat word gewoonlik deur 'n asterisk ('*')-karakter aangedui op die etiket
         ('label') van 'n vorm waar jy data moet invoer (byvoorbeeld Name * of
         Address *)?                                                                          (1)

6.3      'n Aanlynopname met die volgende 'URL' is geskep:

         www.myforms/mydocuments/dp/B003FSUDM4/3Mdp/Y27P3M/survey.html

         Verduidelik waarom jy 'n 'URL'-verkortingsdiens soos TinyURL sal gebruik en
         noem die hoofvoordeel van die gebruik van so 'n diens.                               (2)

6.4      Wanneer is 'n aanlynopname miskien NIE die beste opsie NIE indien die
         teikengroep (die mense wat die opname moet beantwoord) in gedagte gehou
         word?                                                                                (1)

6.5      Gee TWEE moontlike voordele van die gebruik van navrae ('queries') in plaas
         van filters in 'n databasis.                                                         (2)

6.6      Noem EEN motivering vir die insluiting van 'n vraag oor 'n respondent se
         geslag by 'n vraelys oor sosiale media.                                              (1)

6.7      Een van die kriteria wat gebruik word om die gehalte van inligting op
         'n webtuiste na te gaan, is om te kyk na die datum waarop dit gepubliseer
         of laas opgedateer is.

         Beskryf kortliks EEN situasie waar hierdie kriterium NIE 'n belangrike faktor
         sal wees NIE.                                                                        (1)
                                                                                              [10]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2            11                          DBE/November 2016
                                           NSS

VRAAG 7: SOSIALE IMPLIKASIES

7.1      Verduidelik kortliks hoe 'n webblad of diens soos Kickstarter.com werk om
         finansieel vir entrepreneurs of nuwe maatskappye voordelig te wees.                   (2)

7.2      Die geo-etikettering('geo-tagging')-funksie van moderne kameras is nuttig vir
         vakansiegangers en toeriste.

         Verduidelik wat hierdie stelling        beteken   deur   te   verduidelik   wat
         geo-etikettering ('geo-tagging') is.                                                  (2)

7.3      Noem TWEE algemene drukopsies wat in die meeste programme voorsien
         word, wat gebruik kan word om groen rekenarisering te bevorder.                       (2)

7.4      Rekenaars kan op 'n afstand ('remotely') deur misdadigers beheer word.

         7.4.1        Wat is die algemene naam vir 'n groep rekenaars wat oorgeneem
                      is en op 'n afstand deur misdadigers beheer word?                        (1)

         7.4.2        Gee EEN voorbeeld van 'n kriminele of kwaadwillige taak wat
                      hierdie groepe rekenaars kan uitvoer.                                    (1)

7.5      Gee TWEE moontlike nadele van e-leer ('e-learning') wanneer dit vergelyk
         word met die tradisionele klaskamerbenadering, behalwe vir enige
         kostefaktore.                                                                         (2)
                                                                                               [10]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2               12                          DBE/November 2016
                                              NSS

VRAAG 8: OPLOSSINGONTWIKKELING

8.1      Gee 'n algemene naam vir 'n HTML-element soos '<h1>' of '</b>'.                          (1)

8.2      Verduidelik hoekom webblaaie verkieslik NIE in 'TXT'-formaat gestoor moet
         word NIE.                                                                                (1)

8.3      Verduidelik waarom die kode vir die volgende HTML horisontale lyn NIE die
         lyn se wydte outomaties vir verskillende skermgroottes sal aanpas nie:

                                          <hr width="600">                                        (1)

8.4      Verduidelik die verskil tussen selspasiëring ('cell spacing') en selafwerking
         ('cell padding') in tabelle in woordverwerkingsdokumente en HTML-blaaie.                 (2)

8.5      Verduidelik wat die verskil in die resultaat sal wees indien die AVG-funksie in
         'n groeponderskrif ('group footer') in plaas van die verslagonderskrif ('report
         footer') in 'n databasisverslag gebruik sou word.                                        (2)

8.6      Wat is die doel of funksie van 'n saamvoegveld ('merge field') in 'n
         possaamvoegdokument?                                                                     (1)

8.7      Verduidelik wat valideringsteks ('validation text') in die konteks van 'n
         databasistabel is.                                                                       (2)

8.8      'n Franse frase ('De meilleures compétences') is in 'n woordverwerkings-
         dokument ingesleutel.

         8.8.1        Hoe sal jy die 'é'-karakter insleutel of invoeg indien dit NIE op die
                      sleutelbord verskyn NIE?                                                    (1)

         8.8.2        Noem TWEE maniere waarop jy kan voorkom dat die Franse frase
                      as 'n spel- of taalfout aangedui word.                                      (2)

8.9      Die volgende funksie is in 'n sigblad gebruik:

                                      =COUNTIF(A4:A7,"A*")

         Verduidelik die funksie of doel van die asterisk ('*') in die funksie deur te
         verduidelik wat die funksie sal doen (met ander woorde, wat die 'antwoord' sal
         verteenwoordig).                                                                         (2)
                                                                                                  [15]

                                                                 TOTAAL AFDELING B:               75

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2                13                        DBE/November 2016
                                               NSS

AFDELING C: GEÏNTEGREERDE SCENARIO'S
VRAAG 9
'n Nuwe hospitaal is onlangs in jou buurt gebou. Die hospitaal gaan 'n verskeidenheid
tegnologieë gebruik om dienslewering te verbeter en om meer effektief te funksioneer.
9.1       Dokters sal slimfone of tabletrekenaars gebruik om inligting aan te teken
          wanneer hulle pasiënte besoek. Al die inligting sal sentraal op 'n bediener
          gestoor word.
          9.1.1       Noem TWEE voordele daarvan om hierdie vorderingsverslae
                      elektronies beskikbaar te hê, in plaas daarvan om handgeskrewe
                      verslae te gebruik.                                                        (2)
          9.1.2       Noem TWEE maniere waarop rekords direk vanaf die slimfone of
                      tabletrekenaars oorgedra en op die bediener gestoor kan word,
                      selfs wanneer die netwerk nie werk nie.                                    (2)
9.2       Apteekrekords sal vanuit sigbladlêers na 'n sentrale databasis ingevoer
          ('import') word.
          9.2.1       Wat is die algemene doel of gebruik van 'n invoerfunksie?                  (1)
          9.2.2       'n Gidsprogram ('wizard') word gebruik om die gebruiker deur die
                      invoerproses te help. Verduidelik kortliks wat 'n gidsprogram
                      ('wizard') in hierdie konteks is.                                          (2)
          9.2.3       Die invoergidsprogram ('import wizard') vertoon die volgende
                      opsies:
                      •   Import
                      •   Append
                      •   Link
                      Verduidelik wat die 'append'-opsie jou toelaat om te doen.                 (1)
9.3       Die personeel is gevra om die pad ('path') as 'n veld by te voeg in al die
          dokumente wat hulle op die bediener stoor.
          9.3.1       Wat is 'n pad ('path') in hierdie konteks?                                 (1)
          9.3.2       Verduidelik die voordeel daarvan om die pad by te voeg in al die
                      dokumente wat op die bediener gestoor word.                                (1)
          9.3.3       Hoekom is dit belangrik om die pad as 'n veld by te voeg?                  (1)
9.4       Die hospitaalpersoneel sal die Internet en e-pos vir kommunikasie gebruik.
          9.4.1       Stel TWEE riglyne voor wat die hospitaalpersoneel kan volg sodat
                      hulle NIE slagoffers van uitvissing ('phishing') word NIE.                 (2)
          9.4.2       Baie personeellede het 'n Gmail-e-posrekening met willekeurige
                      syfers in die adres, byvoorbeeld JohnSmith999@gmail.com
                      of XolaM1024@gmail.com.
                      Hoekom, dink jy, het soveel van die personeel syfers in hulle
                      e-posadresse?                                                              (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2              14                          DBE/November 2016
                                             NSS

9.5       Die hospitaalbestuur wil 'n administrasie-sagtewarepakket aankoop.

          9.5.1       Die sagteware-ontwikkelaars het vir die hospitaal 'n proef('trial')-
                      weergawe van 'n program gestuur.

                      Wat is die algemene naam wat gebruik word om sagteware te
                      beskryf wat vir 'n proeftydperk gebruik kan word?                          (1)

          9.5.2       Gee TWEE voordele daarvan om 'n proefweergawe van sagteware
                      te gebruik voordat die volle weergawe geïnstalleer word.                   (2)

          9.5.3       Die pakket voorsien 'n aantal template              soos    fakture,
                      memorandums en agendas vir besighede.

                      Verduidelik kortliks wat 'n templaat is, asook hoe 'n mens dit sal
                      gebruik.                                                                   (2)

9.6       Die hospitaal oorweeg 'n BJET('BYOD')(bring jou eie toestel)-beleid wat
          personeel sal toelaat om hulle eie draagbare toestelle, soos slimfone,
          skootrekenaars en fablette ('phablets') saam te bring om op te werk en om
          toegang tot die hospitaal se netwerk te verkry.

          9.6.1       Beskryf kortliks DRIE van die grootste moontlike tegniese
                      probleme wat die hospitaal kan ondervind met die implementering
                      van hulle BJET('BYOD')-beleid.

                      Moenie enige kosteverwante faktore by jou antwoord insluit nie.            (3)

          9.6.2       'n Instaanbediener ('proxy server') word ook vir toegang tot die
                      Internet benodig.

                      Noem TWEE voordele van die gebruik van 'n instaanbediener,
                      behalwe om eenvoudig Internettoegang te voorsien.                          (2)
                                                                                                 [24]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2             15                          DBE/November 2016
                                            NSS

VRAAG 10

Jy en jou mede-RTT-leerders gaan jou RTT-onderwyser help om klasse aan te bied vir
ouers wat wil leer hoe om sigblaaie of databasisse te gebruik.

10.1      Ouers sal vir die klasse registreer deur 'n e-pos na die RTT-onderwyser te
          stuur met die woord 'SIGBLAAIE' of 'DATABASISSE' in die onderwerpreël
          ('subject line').

          10.1.1      Watter funksie van e-possagteware kan gebruik word om die
                      e-posse outomaties volgens die kursus waarvoor hulle ingeskryf
                      het, te groepeer of te skei?                                               (1)

          10.1.2      Die onderwyser het opgemerk dat hy party e-posse nie ontvang het
                      nie, al is dit suksesvol deur die ouers gestuur.

                      Wat kon met hierdie e-posse gebeur het?                                    (1)

10.2      'n YouTube-video wat 'n inleiding tot sigblaaie gee, is afgelaai, maar jy kan
          nie onthou wat die video se naam is of waar dit op jou hardeskyf is nie.

          Gee TWEE eienskappe/soekfilters wat jy kan gebruik om na die lêer te soek
          deur die soekfasiliteit van jou bedryfstelsel te gebruik.

          Verduidelik kortliks hoekom jy elkeen van dié eienskappe/filters sal gebruik.          (2)

10.3      Rugsteunkopieë van die toetsrekords van die kursus sal gereeld na die wolk
          ('cloud') gemaak word.

          Stel TWEE maniere voor waarop die skool kan verseker dat data wat na die
          wolk gerugsteun word, veilig is.                                                       (2)

10.4      Die rekenaars wat vir die kursus gebruik word, is met VTA's ('SSDs')
          toegerus. Een van die VTA's ('SSDs') word nie deur 'n rekenaar opgespoor
          nie.

          Bespreek TWEE moontlike maniere waarop die probleem gevind en opgelos
          kan word.                                                                              (2)

10.5      Die RTT-onderwyser sal 'n blog met 'n RSS-voer ('RSS feed') gebruik om
          ouers buite klastyd te help.

          10.5.1      Noem TWEE riglyne vir die skep en instandhouding van 'n
                      suksesvolle blog, buiten die toevoeging van 'n RSS-voer
                      ('RSS feed').                                                              (2)

          10.5.2      Verduidelik wat 'n RSS-voer ('RSS feed') is en hoekom dit vir 'n
                      gebruiker tyd spaar.                                                       (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2               16                             DBE/November 2016
                                              NSS

10.6      Die onderwyser wil QR-kodes (soos die een wat hier getoon
          word) gebruik om inligting met die ouers te deel oor die kursus en
          die webtuiste wat vir die kursus gebruik gaan word.

          Gee TWEE moontlike nadele van die gebruik van QR-kodes in hierdie
          konteks.                                                                                   (2)

10.7      Die volgende vrae is opgestel om die ouers se kennis aan die einde van die
          kursus te toets:
          10.7.1      'n Sigbladgrafiek is as 'n geskakelde objek ('linked object') in 'n
                      woordverwerkingsdokument geplak, maar na 'n ruk het die grafiek
                      nie meer reg vertoon nie.

                      Stel TWEE maniere voor om hierdie probleem op te los.                          (2)

          10.7.2     Beskou die uittreksel hieronder van 'n sigblad wat toets of die
                     ID-nommers (kolom A) die korrekte getal karakters (13) bevat:

                                                    A              B
                                        1          ID            Korrek
                                        2     9802045081086        J
                                        3      980112003081        N
                                        4    97122500900801        N

                      Watter TWEE sigbladfunksies sal in die formules in sel B2:B4
                      gebruik word om die afvoer te kry wat in hierdie selle vertoon
                      word?                                                                          (2)

          10.7.3      Beskou die sigblad hieronder, wat elke werknemer se bonus
                      bereken, gebaseer op die getal items verkoop en die jare wat die
                      persoon gewerk het.

                                           A              B               C
                                   1   Getal items       Jare
                                        verkoop         gewerk        Bonus
                                   2      100              5         R1 000.00
                                   3      150              1             R0.00
                                   4      200              4             R0.00

                      Die volgende geneste-IF('nested IF')-funksie is in sel C2 gebruik
                      om die bonus te bereken:
                                      =IF(A2<100,0,IF(B2>=5,10*A2,0))

                      Beskryf watter TWEE kriteria gebruik word om te bepaal of die
                      werknemer 'n bonus kry sonder om in jou antwoord direk na die
                      funksie te verwys.                                                             (2)

          10.7.4     Watter uitwerking sal die byvoeging van die kriterium 'Is Null' op 'n
                     veld hê wanneer 'n databasisnavraag laat loop word?                             (1)
Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2             17                         DBE/November 2016
                                            NSS

10.8      Een van die ouers telependel ('telecommutes') (met ander woorde, hy werk
          van die huis af, in plaas daarvan om by die werkplek teenwoordig te wees).

          10.8.1      Gee TWEE algemene voordele van telependel of telewerk
                      ('teleworking') vir die werknemer.                                    (2)

          10.8.2      Noem TWEE algemene Internettegnologieë of webnutsmiddels
                      ('web tools') wat dit vir hom kan moontlik maak om steeds aan die
                      klasse deel te neem, selfs al kan hy dit nie fisies bywoon nie.       (2)

10.9      Gee EEN voordeel daarvan dat die RTT-onderwyser 'n dataprojektor in plaas
          van 'n grootskerm-TV-stel gebruik om die kursus aan te bied, buiten enige
          kostefaktore.                                                                     (1)
                                                                                            [26]

                                                                 TOTAAL AFDELING C: 50
                                                                     GROOTTOTAAL: 150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Computer Application Technology P2 Nov 2016 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-p2-nov-2016-memo-eng/c48002a4-cbe6-4755-ac3b-caa2ebf9663c) — Computer Applications Technology · Memo · 2016 · Eng
- [Computer Applications Technology P2 Nov 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/computer-applications-technology-p2-nov-2022-afr/fb83ad7c-8c11-47cb-aa4d-2846fbd64cbc) — Computer Applications Technology · QP · 2022 · Afr
- [Computer Application Technology P2 Nov 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-p2-nov-2019-afr/fe86afd5-0b52-4fb3-964c-f5cb7a49bedb) — Computer Applications Technology · QP · 2019 · Afr
- [Computer Application Technology P2 Nov 2017 Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-p2-nov-2017-eng/6c8784b9-60df-4307-87e9-d5f335ee48d1) — Computer Applications Technology · QP · 2017 · Eng
- [Computer Applications Technology P2 Nov 2015 Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-applications-technology-p2-nov-2015-eng/c078f157-bdd6-48fb-9bbf-af58939034e2) — Computer Applications Technology · QP · 2015 · Eng
- [CAT P2 Nov 2014 Afr](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-nov-2014-afr/8317b83b-3993-4393-8c5e-76fe68c6441b) — Computer Applications Technology · QP · 2014 · Afr

## More from Grade 12 Computer Applications Technology

- [CAT P1 MEMO GR12 SEPT 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-memo-gr12-sept-2025-eng-watermark/9df1288f-0f95-46d9-8231-26c401ed1a1b) — Memo · 2025 · Eng
- [CAT P2 GR12 MEMO September 2025 - AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr12-memo-september-2025-afr-watermark/3e182b7b-5d5f-4afc-b54c-b286289512f6) — Memo · 2025 · Afr
- [Computer Applications Technology P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-applications-technology-p1-may-june-2025-mg-eng/8beb5c31-24fa-4cf4-b90c-aedcc234a4dd) — Memo · 2025 · Eng
- [CAT P1 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-memo-gr12-sept-2024-english/91df7fb9-ea6b-4fed-8f93-a1466ec697c3) — Memo · 2024 · Eng
- [Computer Applications Technology P2 May-June 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-computer-applications-technology-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-2-english/a32bb637-25b5-4469-8be9-e72527e65d8a) — Memo · 2024 · Eng
- [Computer Applications Technology P1 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-applications-technology-p1-nov-2023-eng/60311585-04c7-46dc-bcf6-87da09dc1ea5) — QP · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
