# Computer Applications Technology Grade 12 P2 2017 QP (Afr)

> Grade 12 Computer Applications Technology Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2017 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-p2-nov-2017-afr/22c87390-1e2e-487e-b11f-6edbc135066b
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Computer Applications Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Computer Applications Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/computer-applications-technology) › [Computer Applications Technology Grade 12 P2 2017 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-p2-nov-2017-afr/22c87390-1e2e-487e-b11f-6edbc135066b)

## About this document

Computer Applications Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2017. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                      GRAAD 12

                     REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2

                                  NOVEMBER 2017

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2           2                          DBE/November 2017
                                          NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit:

         AFDELING A (25 punte)
         AFDELING B (75 punte)
         AFDELING C (50 punte)

2.       Beantwoord AL die vrae.

3.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

4.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

5.       MOENIE in die regterkantlyn van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.

6.       Laat 'n reël na ELKE subvraag oop.

7.       Daar word gewoonlik 'n punt per feit toegeken. Dus sal 'n 2 punt-vraag TWEE
         feite vereis, ensovoorts.

8.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2               3                          DBE/November 2017
                                              NSS

AFDELING A

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.10) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D.

1.1      Watter hardewaretoestel kan elektroniese kopieë van dokumente skep deur
         'n beeld vas te lê?

         A     Drukker ('Printer')
         B     Skandeerder
         C     Stilus
         D     Monitor                                                                         (1)

1.2      Watter SVE ('CPU') in die volgende lys is die beste keuse vir video-redigering?

         A     i3
         B     i7
         C     Pentium
         D     Celeron                                                                         (1)

1.3      Watter stoortoestel sal die waarskynlikste breek indien dit per ongeluk laat val
         word?

         A     HDD
         B     USB-flitsskyf ('flash disk')
         C     VTA ('SSD')
         D     MicroSD-kaart                                                                   (1)

1.4      Programme wat nie reageer nie, word die beste toegemaak deur … te
         gebruik.

         A     Disk Cleanup
         B     System Restore
         C     Task Manager
         D     Disk Defragmenter                                                               (1)

1.5      Indien die beeld op 'n monitor lyk asof dit die verkeerde grootte is of nie in
         fokus is nie, kan dit reggemaak word deur die … van die monitor te verander.

         A     posisie ('position')
         B     helderheid ('brightness')
         C     resolusie ('resolution')
         D     kontras ('contrast')                                                            (1)

1.6      Die funksie =SUM(A1:B2) sal waardes in … invoeg.

         A     al die selle in ry 1 en 2
         B     selle A1, A2, B1 en B2
         C     selle B1 en B2
         D     al die selle in kolom A en B                                                    (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2              4                      DBE/November 2017
                                             NSS

1.7      Om 'n hulpprogram ('wizard') te gebruik om data uit 'n CSV-lêer in
         'n toepassing te kry, word … genoem.

         A     uitvoer ('exporting')
         B     tussentydse databuffering ('spooling')
         C     invoer ('importing')
         D     saampers ('compressing')                                                   (1)

1.8      Watter EEN van die volgende toestelle in 'n LAN sal die waarskynlikste
         'n ingeboude netskans ('firewall') hê?

         A     Drukker ('Printer')
         B     Roeteerder ('Router')
         C     Draagbare kliënt ('Mobile client')
         D     Werkstasie ('Workstation')                                                 (1)

1.9      'n Patroon van dataverandering met verloop van tyd word die beste deur die
         term … beskryf.

         A     neiging ('trend')
         B     proses
         C     rygskakel ('thread')
         D     grafiek                                                                    (1)

1.10     Watter EEN van die volgende prosesse is nuttig wanneer data geanaliseer
         word?

         A     Herwinning ('Recycling')
         B     Skoonmaak ('Cleaning')
         C     Argivering ('Archiving')
         D     Vergelyking ('Comparing')                                                  (1)
                                                                                          [10]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2               5                                DBE/November 2017
                                              NSS

VRAAG 2: PASITEMS

Kies 'n term/begrip uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs
die letter (A–T) langs die vraagnommer (2.1–2.10) in die ANTWOORDEBOEK neer,
byvoorbeeld 2.11 U.

                 KOLOM A                                          KOLOM B
2.1      Meeteenheid wat op bandwydte van           A   MHz
         toepassing is
                                                    B   oogspoor ('eye tracking')
2.2      'n Voorbeeld van 'n aspekratio
         ('aspect ratio') wat algemeen              C   kasberging ('caching')
         gebruik word
                                                D       DIMM
2.3      'n Stadium in die inligtingverwerking-
         siklus                                 E       oorverhitting

2.4      'n Tegnologie wat in toestelle vir         F   limiet/plafon ('cap')
         verlamde gebruikers gebruik word
                                                    G   wurm
2.5      Die rede waarom 'n rekenaarskerm
         ná 'n vasgestelde tyd afskakel             H   argivering

2.6      'n Medium vir 'n vinnige en stabiele       I   UTP-kabel
         Internetkoppeling
                                                    J   19 : 37
2.7      Samepersing van lêers vir
         langtermynstoor                            K   vorming ('shaping')

2.8      'n Kwaadwillige program ('malware')        L   teks-na-spraak ('text-to-speech')
         wat voorgee om 'n nuttige
         toepassing te wees                         M   afvoer

2.9      Kasgeheue word hier gevind                 N   Mbps

2.10     'n Maandelikse beperking op data           O   16 : 9
         wat oor 'n Internetkoppeling gebruik
         word                                       P   kragbesparend

                                                    Q   enkripsie

                                                    R   SVE ('CPU')

                                                    S   optiese vesel ('fibre optics')

                                                    T   Trojan
                                                                                      (10 x 1)          [10]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2              6                             DBE/November 2017
                                             NSS

VRAAG 3: WAAR/ONWAAR-ITEMS

Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf 'waar' of 'onwaar' langs
die vraagnommer (3.1–3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. Korrigeer die stelling
indien dit ONWAAR is. Verander die onderstreepte woord(e) om die stelling WAAR te
maak. (Jy mag nie maar net die woord 'NIE' gebruik om die stelling te verander nie.
GEEN punt sal toegeken word indien slegs ONWAAR neergeskryf word NIE.)

VOORBEELDE:

                     VRAAG                                     ANTWOORD

Google is die wêreld se gewildste soekenjin.       Waar

'n NKK ('NIC') het gleuwe vir hardeware-
                                                   Onwaar – moederbord
komponente, soos die SVE ('CPU').

3.1      'n Asterisk wat in soekkriteria gebruik word, word 'n oorheersstring ('wild card')
         genoem.                                                                                     (1)

3.2      Linux is 'n eiendomsregtelike bedryfstelsel.                                                (1)

3.3      Wanneer 'n USB-flitsskyf ('flash disk') geformateer word, sal dit enige data
         wat daarop gestoor is, rugsteun.                                                            (1)

3.4      Groepering ('Grouping') kan gebruik word om outomaties spesifieke waardes
         in 'n sigblad volgens 'n reël te verhelder.                                                 (1)

3.5      Die sigbladfunksies LEFT en RIGHT kan deur die funksie CONCATENATE
         vervang word om dieselfde resultaat te verkry.                                              (1)
                                                                                                     [5]

                                                                 TOTAAL AFDELING A:                  25

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2             7                           DBE/November 2017
                                            NSS

AFDELING B

VRAAG 4: STELSELTEGNOLOGIEË

4.1      Noem TWEE nadele van draadlose sleutelborde.                                            (2)

4.2      Noem TWEE maniere waarop die GGK ('GUI') van 'n mobiele toep ('mobile
         app') van die tafel('desktop')-weergawe van dieselfde toep ('app') verskil.             (2)

4.3      Watter soort tafelrekenaar ('desktop computer') is die resultaat van
         konvergensie?                                                                           (1)

4.4      Stel TWEE maniere voor om 'n muiswyser ('mouse pointer') reg te maak wat
         op 'n onvoorspelbare manier beweeg, sonder om die muis te vervang.                      (2)

4.5      Gee TWEE redes waarom baie moderne skootrekenaars nie meer 'n optiese
         aandrywer insluit nie.                                                                  (2)

4.6      Noem TWEE gebruike van NVK ('NFC') op slimfone.                                         (2)

4.7      Wat moet 'n gebruiker doen            wanneer     die   proeftydperk     van     'n
         sagtewareproduk verval het?                                                             (1)

4.8      PDF is 'n gewilde lêerformaat.

         4.8.1       Noem EEN voordeel van die gebruik van die PDF-lêerformaat.                  (1)

         4.8.2       Hoe sou jy 'n kantoorsuite-dokument na PDF omskakel?                        (1)

         4.8.3       Jy ontvang twee dokumente in PDF-formaat. Albei is een bladsy
                     lank.

                     Verduidelik waarom hulle verskillende lêergroottes het EN waarom
                     dit nie moontlik is om 'n tekssoektog in een van die twee te doen
                     nie.                                                                        (2)

4.9      Verduidelik TWEE maniere om 'n program op jou rekenaar te vind,
         BEHALWE om die Start Menu te gebruik.                                                   (2)

4.10     Verduidelik hoe 'n verkooppunttoestel ('POS device') 'n produk se prys vind
         nadat dit geskandeer is.                                                                (2)

4.11     Noem      TWEE    eienskappe    ('features') waarna       'n  mens     by
         skootrekenaarhardeware moet oplet wat opgradering in die toekoms makliker
         sal maak.                                                                               (2)

4.12     Virtuele realiteit (VR)-toerusting word meer bekostigbaar.

         4.12.1      Noem TWEE toerustingitems wat 'n mens vir VR sal benodig.                   (2)

         4.12.2      Noem EEN manier waarop VR gebruik kan word.                                 (1)
                                                                                                 [25]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2             8                          DBE/November 2017
                                            NSS

VRAAG 5: INTERNET- EN NETWERKTEGNOLOGIEË

5.1      Noem 'n toestel wat 'n LAN aan 'n WAN koppel.                                        (1)

5.2      Noem TWEE nadele van die gebruik van Bluetooth om toestelle in
         'n huisareanetwerk (HAN) te koppel.                                                  (2)

5.3      Gee TWEE redes waarom 'n skool moontlik nie wolkberging ('cloud storage')
         vir die stoor van groot volumes data sal wil gebruik nie.                            (2)

5.4      Noem EEN tipe tegnologie wat radiogolwe vir data-oordrag gebruik.                    (1)

5.5      Wat is die funksie van 'n netwerkskakel ('network switch')?                          (1)

5.6      Gebruikertoegangsregte kan dit wat 'n gebruiker op 'n netwerk kan doen,
         beperk.

         Gee TWEE voorbeelde van toegangsregte ('access rights') wat 'n gebruiker
         op 'n netwerk beperk.                                                                (2)

5.7      Watter sagteware word benodig om toegang tot 'n maatskappy se intranet te
         verkry?                                                                              (1)

5.8      Die Internet word toenemend gebruik om oproepe ('voice calls') te maak.

         5.8.1       Gee 'n voorbeeld van 'n program wat VoIP ondersteun, behalwe
                     Skype.                                                                   (1)

         5.8.2       Waarom word dit nie aanbeveel dat VoIP vir noodoproepe gebruik
                     word nie?                                                                (1)

         5.8.3       Waarom sou 'n gebruiker die kwaliteit van VoIP-oproepe verlaag?          (1)

5.9      Stel TWEE maniere voor waarop 'n gebruiker na musiek kan luister op 'n
         slimfoon wat nie 'n kopstukprop/-poort ('headphone jack/port') het nie.              (2)
                                                                                              [15]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2                 9                            DBE/November 2017
                                                NSS

VRAAG 6: INLIGTINGSBESTUUR

6.1      Waarom sou 'n outeur se naam nie genoeg wees om 'n bron as betroubaar te
         beskou nie?                                                                                 (1)

6.2      'n Internetsoektog het 'n skakel van 'n adverteerder boaan die stel resultate
         gelewer.

         Gee 'n rede waarom dit moontlik nie 'n goeie idee is om hierdie skakel te
         volg nie.                                                                                   (1)

6.3      Die grafieke hieronder stel die verandering in manlike en vroulike
         leerdergetalle oor 'n tydperk voor.

                   Manlik vs. Vroulik                         Manlik vs. Vroulik
                        (2016)                                     (2017)

             48%                    52%                 53%                   47%

                                              Manlik                                  Manlik
                                              Vroulik                                 Vroulik

         6.3.1       Watter gevolgtrekking kan uit die data hierbo gemaak word?                      (1)

         6.3.2       Watter tipe grafiek sou jy gebruik om die inligting in die grafieke
                     hierbo te kombineer?                                                            (1)

6.4      Hoe beïnvloed die aantal respondente die uitslag van 'n opname?                             (1)

6.5      Gee EEN rede waarom die waardes in die Naam-kolom en Punte-kolom
         hieronder nie korrek gesorteer is nie.

                  Oorspronklike data                                 Gesorteerde data
           Van         Naam         Punte                     Van         Naam      Punte
           Tlou        Lerato            54                   Harms       Frikkie        54
           Hlongwana Bulisa              89                   Hlongwana Bulisa           89
           Rhadebe     Julius            28                   Howell      Liam           28
           Harms       Frikkie           17                   Rhadebe     Julius         17
           Howell      Liam              43                   Tlou        Lerato         43          (2)

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2          10                         DBE/November 2017
                                         NSS

6.6      Identifiseer DRIE probleme in die hulpprogram ('wizard') hieronder wat die
         kwaliteit van data sal beïnvloed wanneer die invoerproses voltooi is.

                                                                                          (3)
                                                                                          [10]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2             11                           DBE/November 2017
                                            NSS

VRAAG 7: SOSIALE IMPLIKASIES

7.1      Noem die rekenaarmisdaad wat te doen het met die aanlyn pos van vals
         inligting/beskuldigings oor 'n ander persoon.                                        (1)

7.2      Stel TWEE reëls vir 'n aanvaarbare gebruiksbeleid (AGB/'AUP') in
         'n skoolrekenaarsentrum met Internettoegang voor.                                    (2)

7.3      Terwyl jy sagteware geïnstalleer het, is jy nie gevra om 'n produksleutel in te
         voer nie.

         Gee TWEE redes waarom dit gebeur het.                                                (2)

7.4      'n Maatskappy stoor die persoonlike inligting van sy kliënte.

         Stel TWEE riglyne vir die maatskappy voor om kliëntedata eties te bestuur.           (2)

7.5      Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         LET WEL: Neem aan dat BANKZA die naam van 'n wettige Suid-Afrikaanse
                  bank is.

         7.5.1       Identifiseer die tipe bedrogspul ('scam') wat in die prent hierbo
                     voorgestel word.                                                         (1)

         7.5.2       Noem TWEE maniere waarop 'n gebruiker dit as 'n bedrogspul
                     ('scam') kan identifiseer.                                               (2)
                                                                                              [10]
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2               12                            DBE/November 2017
                                              NSS

VRAAG 8: OPLOSSINGSONTWIKKELING

8.1      Waarom sou 'n mens die formateringsimbole aanskakel, soos wat in die
         skermkopie hieronder gedoen is?

                                                                                                 (1)

8.2      Kyk na die skermkopie van 'n tabel hieronder en beantwoord die vrae
         wat volg.

         8.2.1       Wat is die huidige bladsybreedte sonder die kantlyne?                       (1)

         8.2.2       Stel 'n manier voor om die aantal selle in die tabel te verminder
                     SONDER om enige teks uit te vee.                                            (1)

         8.2.3       Noem TWEE algemene maniere om die speltoetser ('spell checker')
                     in te stel om van die outomatiese onderstreping ontslae te raak.            (2)

         8.2.4       Die tabel in die skermkopie hierbo is te breed om korrek te vertoon.

                     Stel EEN manier voor om die tabel op die bladsy te laat pas.                (1)

8.3      Die EINTLIKE grootte van 'n prent met die naam 'google.jpg' is 1080x900.

         Hierdie prent behoort kleiner te vertoon wanneer die volgende HTML-kode
         uitgevoer word:

                          <img src="google.jpg" width="540" height="50" />

         8.3.1       Hoe beïnvloed die prentgrootte wat in die HTML-kode gespesifiseer
                     word, die oorspronklike grootte van die prent wat op 'n skyf
                     gestoor is?                                                                 (1)

         8.3.2       Waarom lyk die prent wat vertoon word asof dit kromgetrek is?               (1)

         8.3.3       Lewer kommentaar op die toeganklikheid van die prent in die
                     webblad vir blinde gebruikers. Motiveer jou antwoord.                       (2)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2               13                               DBE/November 2017
                                              NSS

8.4      Kyk na die skermkopie van 'n sigblad hieronder en beantwoord die vrae wat
         volg.

         8.4.1       Gee die term vir die eienskap wat toegepas is om die
                     'Value error'-dialoog as 'n resultaat te gee.                                  (1)

         8.4.2       Wat is die doel van die aftrekknoppies ('dropdown buttons') langs die
                     kolomopskrifte in die prent?                                                   (1)

         8.4.3       'n Benoemde reeks ('named range') is in die sigblad hierbo
                     gedefinieer.

                     Wat word hierdie benoemde reeks genoem?                                        (1)

         8.4.4       Jy moet die data in die sigblad na 'n databasis uitvoer.

                     Watter veld sou jy as 'n primêre sleutel kies? Verduidelik die rede vir
                     jou keuse.                                                                     (2)
                                                                                                    [15]

                                                                  TOTAAL AFDELING B:                75

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2               14                            DBE/November 2017
                                              NSS

AFDELING C: GEÏNTEGREERDE SCENARIO

VRAAG 9

Die plaaslike munisipaliteit het jou gevra om jou kennis van IKT's te gebruik om hulle te
help om 'n doeltreffende waterbesparingsveldtog te implementeer.

9.1      Hulle wil 'n inligtingsboekie met prentjies vir die veldtog skep.

         9.1.1       Noem 'n toepassing wat gebruik kan word om so 'n boekie te ontwerp.         (1)

         9.1.2       Waarom sou A2-grootte papier 'n slegte keuse wees om die boekie
                     te druk?                                                                    (1)

         9.1.3       Stel TWEE maniere voor om ink te bespaar wanneer 'n projek
                     gedruk word.                                                                (2)

         9.1.4       Beveel 'n kostedoeltreffende alternatief vir drukwerk aan om 'n groot
                     aantal boekies te versprei.                                                 (1)

         9.1.5       'n Digitale kamera sal gebruik word om foto's vir die boekie te neem.

                     Noem TWEE tipes stoormedia wat 'n mens saam met die digitale
                     kamera kan gebruik om die foto's te stoor.                                  (2)

9.2      Die munisipaliteit sal 'n lys van inwoners wat die maand die meeste water
         gespaar of vermors het, aanlyn publiseer.

         9.2.1       Watter TWEE objekte in 'n databasisprogram kan gebruik word om
                     watergebruik deur elke klant in te voer?                                    (2)

         9.2.2       Identifiseer 'n veld in die lys hieronder waarin dieselfde data
                     herhaaldelik ingevoer moet word EN stel 'n kenmerk ('property') voor
                     wat 'n mens kan instel om te voorkom dat duplikaatdata met die
                     hand vasgelê word.
                       Klant_ID     Gebruiksperiode Water_Gebruik                                (2)

         9.2.3       Watter databasis-tegniek kan die munisipaliteit gebruik om die
                     toptien-waterbespaarders te bepaal?                                         (1)

         9.2.4       Watter webtuiste-eienskap kan elke keer wat die toptienlys
                     verander, outomatiese opdaterings aan munisipale klante verskaf?            (1)

         9.2.5       Bespreek TWEE implikasies daarvan om die name van die
                     toptien-oortreders aanlyn te pos.                                           (2)

         9.2.6       Noem TWEE ontwerpbeginsels wat dit maklik sal maak om die
                     munisipale webtuiste te gebruik.                                            (2)

         9.2.7       Hoe kan 'n kuberkraker ('hacker') die munisipale webtuiste dwing om
                     aflyn ('offline') te gaan?                                                  (1)

         9.2.8       Verduidelik hoe dit moontlik is dat die webtuiste, sonder die klant se
                     medewete, vanaf 'n klant se rekenaar aangeval kan word.                     (2)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2              15                        DBE/November 2017
                                             NSS

9.3      Die munisipaliteit wil 'n waterbewustheidsopname doen.

         9.3.1       Noem TWEE probleme met die gebruik van die vraag hieronder wat
                     in die opname verskyn het.

                      Hoe bespaar jy water tuis?

                                                                                             (2)

         9.3.2       Noem TWEE metodes om hierdie waterbewustheidsopname te
                     doen.                                                                   (2)

         9.3.3       Wat is die implikasies vir die opname-bevindings indien dieselfde
                     mense meer as een opname-antwoord kan indien?                           (1)
                                                                                             [25]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2              16                          DBE/November 2017
                                             NSS

VRAAG 10

Jou munisipaliteit het 'n komitee saamgestel om rampbestuur te hanteer.

10.1     Mobiele noodbeamptes sal IKT-toerusting ontvang.

         10.1.1      Watter Internetkoppeling moet die beamptes kry?                          (1)

         10.1.2      Gee TWEE redes vir die gebruik van 'n VTA ('SSD') eerder as 'n
                     tradisionele hardeskyf op die beamptes se skootrekenaars.                (2)

         10.1.3      Gee 'n spesifikasie van die skootrekenaarskerm wat die gebruik
                     daarvan in sonlig sal beïnvloed.                                         (1)

         10.1.4      Watter gewilde kitsboodskapdiens ('instant messaging service') kan
                     gebruik word om groepe te skep om rampwaarskuwings vir die
                     gebied te deel?                                                          (1)

10.2     Die plaaslike regering wil 'n toep ('app') ontwikkel wat mense kan gebruik om
         'n insident aan te meld sodra dit gebeur. Hulle sal op die gemeenskap
         staatmaak om die projek te befonds.

         10.2.1      Noem TWEE nadele van skarebefondsing ('crowd-funding') vir die
                     individu wat geld bydra.                                                 (2)

         10.2.2      Watter tegnologie sou inwoners gebruik om die presiese posisie vas
                     te stel van 'n natuurlike ramp wat hulle sien gebeur?                    (1)

         10.2.3      Watter inligting verskaf 'n speld ('pin') op 'n kaart by 'n
                     kaartdienstoep ('mapping service app') soos Google Maps?                 (1)

10.3     Mense sal moontlik hulle huise moet verlaat wanneer hulle deur 'n ramp
         getref word. Hulle sal in gemeenskapsale of kerke gehuisves word.

         10.3.1      Noem 'n voordeel van die gebruik van RFID-merkers ('RFID tags')
                     vir mense wat as gevolg van 'n ramp ontwortel is.                        (1)

         10.3.2      Biometriese toestelle sal by die verskillende plekke geïnstalleer
                     word.

                     Gee TWEE voorbeelde van biometriese toestelle.                           (2)

         10.3.3      Noem TWEE maniere waarop 'n gebruikersrekening, soos 'n
                     rekening by Google, Apple of Microsoft, nuttig kan wees wanneer 'n
                     slimfoon wegraak.                                                        (2)

         10.3.4      Watter diens kan die munisipaliteit by die verblyfplekke opstel om
                     gratis draadlose Internettoegang te verskaf aan die mense wat daar
                     gehuisves word?                                                          (1)

         10.3.5      Noem TWEE voorsorgmaatreëls wat 'n mens behoort te tref
                     wanneer 'n openbare rekenaar gebruik word.                               (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2             17                           DBE/November 2017
                                            NSS

10.4     Die volgende boodskap verskyn op 'n rekenaar wat in een van die plekke
         beskikbaar gestel is:

          Ons is jammer, maar ons het AL die lêers op jou rekenaar geënkripteer
          (deurmekaar gemaak). Om jou rekenaar weer te laat werk, betaal asseblief
          3 Bitcoin aan die rekening wat verskaf is.

          Jy help die slagoffers van hongersnood deur hierdie bedrag te betaal.

          Baie dankie.

         10.4.1      Watter tipe sagteware word vir die boodskap hierbo geblameer?        (1)

         10.4.2      Wat is Bitcoin?                                                      (1)

         10.4.3      Noem 'n voordeel vir die outeurs van die boodskap om in Bitcoin
                     betaal te word.                                                      (1)

         10.4.4      Watter stappe kan die munisipale IT-afdeling doen om op hierdie
                     dreigement te reageer?                                               (1)

10.5     'n Voorbeeldsigblad met die besonderhede van die oorlewendes van 'n
         natuurramp is soos volg opgestel:

         10.5.1      Waarom vertoon die ID-nommer in sel A2 nie korrek nie?               (1)

         10.5.2      Die volgende funksie sal gebruik word om die gemiddelde ouderdom
                     van die oorlewendes te bereken:

                                          =AVERAGE(D2:D200)

                     Waarom sal dit nie die gemiddelde ouderdom van die oorlewendes
                     gee nie?                                                             (1)

         10.5.3      Noem TWEE maniere om die woord 'Ouderdomsgroep' in sel E1
                     volledig te vertoon.                                                 (2)
                                                                                          [25]

                                                                TOTAAL AFDELING C:         50
                                                                    GROOTTOTAAL:          150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Computer Application Technology P2 Nov 2017 Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-p2-nov-2017-eng/6c8784b9-60df-4307-87e9-d5f335ee48d1) — Computer Applications Technology · QP · 2017 · Eng
- [Computer Application Technology P2 Feb March 2017 Afr](https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-p2-feb-march-2017-afr/4f2b86be-7b1f-410f-8266-238b4f2a258c) — Computer Applications Technology · QP · 2017 · Afr
- [Computer Application Technology P2 Feb March 2017 Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-p2-feb-march-2017-eng/8c6f2567-23b3-406f-b644-73975e589ec7) — Computer Applications Technology · QP · 2017 · Eng
- [Computer Applications Technology P2 Nov 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/computer-applications-technology-p2-nov-2022-afr/fb83ad7c-8c11-47cb-aa4d-2846fbd64cbc) — Computer Applications Technology · QP · 2022 · Afr
- [Computer Application Technology P2 Nov 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-p2-nov-2019-afr/fe86afd5-0b52-4fb3-964c-f5cb7a49bedb) — Computer Applications Technology · QP · 2019 · Afr
- [Computer Applications Technology P2 Nov 2015 Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-applications-technology-p2-nov-2015-eng/c078f157-bdd6-48fb-9bbf-af58939034e2) — Computer Applications Technology · QP · 2015 · Eng

## More from Grade 12 Computer Applications Technology

- [CAT P1 MEMO GR12 SEPT 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-memo-gr12-sept-2025-eng-watermark/9df1288f-0f95-46d9-8231-26c401ed1a1b) — Memo · 2025 · Eng
- [CAT P2 GR12 MEMO September 2025 - AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr12-memo-september-2025-afr-watermark/3e182b7b-5d5f-4afc-b54c-b286289512f6) — Memo · 2025 · Afr
- [Computer Applications Technology P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-applications-technology-p1-may-june-2025-mg-eng/8beb5c31-24fa-4cf4-b90c-aedcc234a4dd) — Memo · 2025 · Eng
- [CAT P1 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-memo-gr12-sept-2024-english/91df7fb9-ea6b-4fed-8f93-a1466ec697c3) — Memo · 2024 · Eng
- [Computer Applications Technology P2 May-June 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-computer-applications-technology-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-2-english/a32bb637-25b5-4469-8be9-e72527e65d8a) — Memo · 2024 · Eng
- [Computer Applications Technology P1 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-applications-technology-p1-nov-2023-eng/60311585-04c7-46dc-bcf6-87da09dc1ea5) — QP · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
