# Computer Applications Technology Grade 12 P2 2018 QP (Afr)

> Grade 12 Computer Applications Technology Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2018 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-p2-nov-2018-afr/9cc89bff-219f-490e-b174-5fd30bfff82c
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Computer Applications Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Computer Applications Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/computer-applications-technology) › [Computer Applications Technology Grade 12 P2 2018 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-p2-nov-2018-afr/9cc89bff-219f-490e-b174-5fd30bfff82c)

## About this document

Computer Applications Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2018. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                       GRAAD 12

                     REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2

                                  NOVEMBER 2018

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2           2                         DBE/November 2018
                                          NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit:

         AFDELING A       (25)
         AFDELING B       (75)
         AFDELING C       (50)

2.       Beantwoord AL die vrae.

3.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

4.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

5.       MOENIE in die regterkantlyn van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.

6.       Laat 'n reël oop na ELKE subvraag.

7.       Daar word gewoonlik een punt per feit toegeken. 'n 2 punt-vraag sal dus
         TWEE feite vereis, ens.

8.       Alle antwoorde MOET met Rekenaartoepassingstegnologie verband hou.

9.       Antwoorde soos 'goedkoper', 'vinniger/stadiger', 'makliker', ens. sal SLEGS
         aanvaar word indien dit saam met 'n rede of 'n verduideliking gebruik is.

10.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2              3                           DBE/November 2018
                                             NSS

AFDELING A

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.10) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.11 D.

1.1      Watter EEN van die volgende is beide 'n toevoertoestel EN 'n afvoertoestel?

         A     Stilus ('Stylus')
         B     Raakskerm ('Touch screen')
         C     Laserdrukker ('Laser printer')
         D     Vingerafdrukskandeerder ('Fingerprint scanner')                                   (1)

1.2      Die digitale kloof ('digital divide') verwys na die gaping tussen mense wat …

         A     toegang tot IKT's ('ICTs') het en mense sonder toegang tot IKT's.
         B     in landelike gebiede woon en mense wat in stede woon.
         C     opleiding ontvang en mense wat nie opleiding ontvang nie.
         D     mobiele toestelle gebruik en mense wat tafelrekenaars gebruik.                    (1)

1.3      Watter lys van kabellose tegnologieë hieronder is vanaf die langste reikwydte
         ('range') tot die kortste reikwydte ('range') gesorteer?

         A     NVK ('NFC'), WiMAX, Bluetooth
         B     WiMAX, NVK ('NFC'), Bluetooth
         C     Bluetooth, NVK ('NFC'), WiMAX
         D     WiMAX, Bluetooth, NVK ('NFC')                                                     (1)

1.4      Inprop-en-speel('Plug-and-play')-tegnologie ...

         A     laat slegs handspeletjiekonsoles ('hand-held gaming consoles') toe om
               aan 'n rekenaar te koppel.
         B     laat nuwe toestelle toe om aan rekenaars sonder USB-poorte te koppel.
         C     installeer die drywer outomaties wanneer 'n nuwe toestel gekoppel word.
         D     laat slegs een stoortoestel op 'n keer toe om aan 'n rekenaar gekoppel
               te word.                                                                          (1)

1.5      Watter EEN van die volgende is NIE 'n voordeel van ruitnetrekenarisering
         ('grid computing') NIE?

         A     Dit laat toe dat hoë volumes data verwerk kan word.
         B     Dit spaar elektrisiteitskoste en datagebruikskoste.
         C     Die aantal rekenaars wat in 'n ruitnet gebruik word, kan verskil.
         D     Dit kombineer die verwerkingskrag van baie rekenaars.                             (1)

1.6      'n … is die veiligste manier om 'n slimfoon teen ongemagtigde toegang
         te beskerm.

         A     USB-koppeling
         B     Skermsluitpatroon ('Screen lock pattern')
         C     Wagwoord
         D     Vingerafdruk                                                                      (1)
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2             4                            DBE/November 2018
                                            NSS

1.7      Watter EEN van die volgende is 'n oorheersstring('wild card')-karakter wat
         gebruik kan word wanneer jy 'n lêer soek?

         A     *
         B     @
         C     #
         D     &                                                                                 (1)

1.8      'n Klanklêer ('audio file') wat van die internet na 'n toestel afgelaai kan word,
         word 'n ... genoem.

         A     blog
         B     potgooi ('podcast')
         C     vlog
         D     videosending ('vodcast')                                                          (1)

1.9      'n E-pos kan in 'n afsender se uitmandjie ('Outbox') bly omdat die ...

         A     afsender nie die ontvanger se e-posadres gespesifiseer het nie.
         B     ontvanger se e-posadres verkeerd gespel is.
         C     afsender nie op daardie oomblik aan die internet gekoppel was nie.
         D     ontvanger se posbus ('mailbox') vol is en nie nog e-posse kan ontvang
               nie.                                                                              (1)

1.10     'n Databasisnavraag ('query') vertoon die volgende rekords wanneer dit loop:

                  Naam           Van       Bedrag
                Lego          Komane       R 8 000.00
                Joseph        Sithole     R 21 000.00
                Zaheed        Kamir       R 15 870.00
                Carel         Fourie       R 7 800.00

         Watter EEN van die volgende kriteria is in die Bedrag-veld gebruik om die
         rekords wat vertoon word, te selekteer?

         A     >=7 800 And <21 000
         B     >7 800 And <=21 000
         C     >=7 800 And <=21 000
         D     <=7 800 And >=21 000                                                              (1)
                                                                                                 [10]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2               5                           DBE/November 2018
                                              NSS

VRAAG 2: PASITEMS

Kies 'n term/begrip uit KOLOM B wat by 'n beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs
die letter (A–T) langs die vraagnommers (2.1 tot 2.10) in die ANTWOORDEBOEK
neer, bv. 2.11 U.

                    KOLOM A                                    KOLOM B
2.1      Gebruik van IKT's ('ICTs') om jou in       A   RFID-etiket ('RFID tag')
         staat te stel om weg van jou kantoor af
         te werk                                    B   valideringsreël ('validation
                                                        rule')
2.2      'n Eksterne poort wat gebruik word om
         toestelle direk aan 'n rekenaar te         C   regstelling ('patch')
         koppel
                                                    D   uitgebreide realiteit
2.3      'n Webgebaseerde toepassing wat                ('augmented reality/AR')
         gebruik word om inligting oor 'n
         spesifieke onderwerp op die                E   USB
         Wêreldwye Web te vind
                                                    F   strepieskode ('barcode')
2.4      Druktake ('Print jobs') wat wag om na      G   VPN
         'n drukker toe gestuur te word
                                                    H   SoIP ('VoIP')
2.5      'n Sagtewareopdatering ('Software
         update') wat ontwerp is om 'n              I   webblaaier ('browser')
         spesifieke programfout ('bug') te
         korrigeer                                  J   spil ('hub')

2.6      'n Protokol wat video-oproepe oor die      K   drukkerdatabuffer ('printer
         internet moontlik maak                         spooling')

2.7      Tegnologie wat in rekenaarspeletjies       L   soekenjin ('search engine')
         gebruik word om denkbeeldige
         karakters by werklike tonele ('real-life   M   dienspakket ('service pack')
         scenes') te voeg
                                                    N   metadata
2.8      Tegnologie wat dikwels gebruik word
         om hardlopers in 'n marathon te volg       O   toevoermasker ('input mask')

2.9      'n Boodskap wat vertoon word               P   drukkertou ('printer queue')
         wanneer gebruikertoevoer in 'n
         databasistabel ongeldig is                 Q   virtuele realiteit ('virtual reality/
                                                        VR')
2.10     Addisionele data wat in 'n prentlêer
                                                R       valideringsteks ('validation
         gestoor word, soos die datum
         afgeneem, ligging en afmetings van die         text')
         prent                                  S       geo-etiket ('geotag')

                                                    T   telependel ('telecommuting')
                                                                               (10 x 1)            [10]
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2            6                           DBE/November 2018
                                           NSS

VRAAG 3: WAAR/ONWAAR-ITEMS

Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Kies die antwoord en skryf
'waar' of 'onwaar' langs die vraagnommers (3.1 tot 3.5) in die ANTWOORDEBOEK
neer. Korrigeer die stelling indien dit ONWAAR is. Verander die onderstreepte
woord(e) om die stelling WAAR te maak. (MOENIE slegs die woord 'NIE' gebruik om
die stelling te verander NIE. GEEN punt sal toegeken word indien slegs ONWAAR
geskryf word NIE.)

VOORBEELDE:

                   VRAAG                                    ANTWOORD
Rekenaarprograminstruksies word deur
                                              Waar
die SVE ('CPU') uitgevoer.
'n NKK ('NIC') het gleuwe vir hardeware-
                                              Onwaar – moederbord
komponente.

3.1      Toepassingsagteware beheer al die aktiwiteite op 'n toestel.                          (1)

3.2      'n OKT ('UPS') stel die rekenaar in staat om vir 'n beperkte tyd te loop sodat
         dokumente gestoor kan word en toepassings toegemaak kan word wanneer
         'n kragonderbreking voorkom.                                                          (1)

3.3      Uitvissing ('Phishing') is 'n tipe kwaadwillige sagteware ('malware') wat
         'n betaling eis om die lêers wat dit onwettig geënkripteer het, te herstel
         ('restore').                                                                          (1)

3.4      Sosiale manipulasie ('Social engineering') is 'n wettige manier om finansiële
         ondersteuning vir 'n projek te kry deur bydraes aanlyn van 'n aantal mense in
         te samel.                                                                             (1)

3.5      'n Berekening wat al die rekords in 'n databasisverslag insluit, moet in
         die verslagonderskrif ('report footer') gedoen word.                                  (1)
                                                                                               [5]

                                                              TOTAAL AFDELING A:               25

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2                 7                           DBE/November 2018
                                                NSS

AFDELING B

VRAAG 4: STELSELTEGNOLOGIEË

4.1      Wat is die doel van 'n drywerprogram?                                                       (2)

4.2      'n Rekenkundige klerk gebruik 'n sleutelbord wat nie 'n numeriese syferbord
         ('numeric keypad') het nie. Verduidelik waarom 'n sleutelbord met 'n
         numeriese syferbord 'n beter opsie sou wees.                                                (2)

4.3      'n Lys lêers wat op 'n rekenaar gestoor is, word hieronder getoon.

         4.3.1       Watter tipe inhoud sal in 'n lêer met 'n .mp4-uitbreiding gevind word?          (1)

         4.3.2       Gee die volle naam van die sigblad wat 'n nuwer lêerformaat het in
                     die lys lêers hierbo.                                                           (1)

         4.3.3       Books.dotx is 'n templaatlêer ('template file'). Wat is 'n templaatlêer?        (1)

         4.3.4       Gee EEN rede waarom 'n saamgeperste ('compressed') lêer, soos
                     Books.zip, geskep word.                                                         (1)

4.4      Noem TWEE voordele vir skootrekenaars wat in slaapmodus ('sleep mode')
         ingaan.                                                                                     (2)

4.5      Verduidelik die term rugwaartse versoenbaarheid ('backward compatibility').                 (2)

4.6      Verskillende tipes geheue/stoor word dikwels op een toestel gebruik.

         4.6.1       Gee 'n voorbeeld van geheue wat sy inhoud verloor as die rekenaar
                     afgeskakel word.                                                                (1)

         4.6.2       Gee TWEE redes waarom moderne mobiele toestelle meer
                     waarskynlik ingeboude vastetoestandaandrywers ('solid state drives')
                     in plaas van hardeskywaandrywers ('hard disk drives') sal hê.                   (2)

         4.6.3       Waarom is Blu-Ray-stoor gewild by mense wat rekenaarspeletjies
                     speel?                                                                          (1)

         4.6.4       Noem TWEE maniere waarop data, wat op 'n SD-kaart in 'n kamera
                     gestoor is, na 'n persoonlike rekenaar oorgedra kan word.                       (2)
Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2          8                         DBE/November 2018
                                         NSS

4.7      Gee DRIE voorbeelde van toeganklikheidsagteware-eienskappe ('accessibility
         software features') wat deel is van die bedryfstelsel.                            (3)

4.8      Noem TWEE maniere om toegang tot 'n webtuiste te kry sonder om die URL
         of die IP-adres in 'n webblaaier in te tik.                                       (2)

4.9      Een van die funksies van die bedryfstelsel is om 'n gebruikerskoppelvlak
         ('user interface') te verskaf.

         Gee TWEE bykomende basiese funksies van die bedryfstelsel.                        (2)
                                                                                           [25]

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2            9                           DBE/November 2018
                                           NSS

VRAAG 5: INTERNET- EN NETWERKTEGNOLOGIEË

5.1      Noem TWEE faktore wat sorgvuldig oorweeg moet word wanneer 'n IDV
         (internetdiensverskaffer/'ISP') gekies word, behalwe koste.                           (2)

5.2      Gee TWEE beperkings wanneer 'n ADSL-konneksie gebruik word.                           (2)

5.3      Noem TWEE tegnologieë/protokolle wat enkripsie gebruik om kommunikasie
         oor 'n wye-areanetwerk ('wide-area network') veilig te hou.                           (2)

5.4      Wat is die voordele van 'n kabellose LAN bo 'n gekabelde LAN?                         (2)

5.5      Verduidelik waarom groot video's gedurende kantoorure stadig stroom
         ('stream'), maar dieselfde video's stroom laatnag vinniger, selfs al gebruik jy
         dieselfde rekenaar en dieselfde internetkonneksie. E-posse en lêers laai egter
         ewe vinnig bedags of snags af.                                                        (3)

5.6      Jy gebruik jou slimfoon slegs vir kitsboodskappe ('instant messaging') en
         selfoonoproepe. Die maandelikse datalimiet ('cap') van 5 GB op jou slimfoon
         is opgebruik voor die einde van die maand.

         Gee TWEE moontlike redes waarom die datalimiet nie die hele maand gehou
         het nie.                                                                              (2)

5.7      Noem TWEE netiketreëls vir 'n groepklets ('group chat') op sosiale media.             (2)
                                                                                               [15]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2               10                       DBE/November 2018
                                              NSS

VRAAG 6: INLIGTINGSBESTUUR

6.1      Die voorbeeld hieronder toon drie vrae wat deel was van 'n vraelys vir
         leerders wat Wiskunde as laerskoolvak neem.

         VRAELYS

         Vraag 1:     Het jy Wiskunde deurgekom?
         Vraag 2:     Hoeveel leerders in Suid-Afrika neem Wiskunde as 'n vak?
         Vraag 3:     Watter impak het Wiskunde op die ekonomie?

         Beantwoord die volgende vrae wat op die vraelys hierbo gebaseer is.

         6.1.1       Identifiseer EEN oop vraag uit die vrae hierbo.                            (1)

         6.1.2       Watter vraag (Vraag 1, Vraag 2 of Vraag 3) in die vraelys sal meer
                     waarskynlik bruikbare data gee indien laerskoolleerders die vraelys
                     voltooi het?                                                               (1)

6.2      Noem TWEE maniere waarop 'n onderwyser kan nagaan of 'n leerder plagiaat
         vanaf die internet gepleeg het.                                                        (2)

6.3      Gee TWEE wenke wat leerders kan gebruik om die gehalte van inligting na te
         gaan wanneer navorsing oor 'n onderwerp op die internet gedoen word.                   (2)

6.4      Noem TWEE breë kategorieë van sigbladeienskappe/-opsies wat gebruik kan
         word om data van 'n vraelys te interpreteer.                                           (2)

6.5      Waarom het jy 'n sitaat ('citation') in die liggaam van 'n navorsingsverslag en
         'n bibliografie aan die einde van 'n navorsingsverslag nodig?                          (2)
                                                                                                [10]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2            11                       DBE/November 2018
                                           NSS

VRAAG 7: SOSIALE IMPLIKASIES

7.1      'n Gebruiker deel soms sy/haar persoonlike besonderhede wanneer sosiale
         media gebruik word, bv. 'n selfoonnommer of 'n e-posadres.

         Waarom moet 'n gebruiker goed daaroor dink voordat hy/sy dié inligting op
         sosialemedia-webtuistes deel?                                                       (1)

7.2      Noem TWEE maniere waarop 'n stelseladministrateur 'n netwerk teen
         kuberkrakers ('hackers') kan beskerm.                                               (2)

7.3      Waarom sal 'n navorsingsmaatskappy baat vind by die gebruik van 'groot
         data' ('big data')?                                                                 (2)

7.4      Verduidelik waarom jy wil hê dat jou vriend 'n privaat deurblaaiermodus
         ('private browsing mode'), soos incognito-modus, gebruik wanneer hy jou
         rekenaar gebruik om op sy webgebaseerde e-posdiens aan te teken.                    (2)

7.5      'n Skool wil e-leer ('e-learning') bevorder deur die BJET('BYOD')-konsep op
         'n Wi-Fi-netwerk te gebruik.

         7.5.1       Verduidelik die BJET('BYOD')-konsep. (MOENIE slegs die akroniem
                     uitskryf nie.)                                                          (1)

         7.5.2       Noem TWEE probleme wat hierdie skool kan ondervind wanneer 'n
                     BJET-beleid geïmplementeer word.                                        (2)
                                                                                             [10]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2            12                         DBE/November 2018
                                           NSS

VRAAG 8: OPLOSSINGONTWIKKELING

8.1      Gee EEN rede waarom woorde soos 'color' en 'favor' (in plaas van die
         verwagte 'colour' en 'favour') NIE as spelfoute geïdentifiseer word wanneer jy
         'n speltoets ('spell check') op 'n woordverwerkingsdokument uitvoer NIE.             (1)

8.2      Gee TWEE moontlike redes waarom 'n hoofpossamevoegingsdokument
         ('main mail merge document') nie die databron ('data source') laai wanneer jy
         dit probeer oopmaak nie.                                                             (2)

8.3      Die databasistabel hieronder is geskep om leerders se toetspunte vas te lê.

         Kopieer die tabel hieronder in jou ANTWOORDEBOEK en voltooi dit deur 'n
         geskikte datatipe vir ELK van die DRIE oorblywende velde (8.3.1 tot 8.3.3) by
         te voeg.

          Field Name                             Data Type
          Naam                                   Text
          ID-Nommer                              8.3.1
          Datum van Toets                        8.3.2
          Punt                                   8.3.3                                        (3)

8.4      Hoe sou jy seker maak dat 'n ander gebruiker NIE data by sekere selle in
         'n sigblad kan invoeg NIE?                                                           (1)

8.5      Die volgende foutboodskap word in 'n sigbladsel vertoon: #VALUE!

         Verduidelik hoe jy die fout, wat veroorsaak dat die boodskap hierbo verskyn,
         sal regstel.                                                                         (2)

8.6      Die twee onderstreepte argumente in die funksie hieronder voorkom dat die
         funksie korrek werk wanneer dit afgekopieer word:

                               =VLOOKUP("A1", L1:M5, 2, FALSE)

         Stel EEN verbetering vir ELK van die TWEE onderstreepte argumente voor.
         (MOENIE na die spasies in die funksie in jou antwoord verwys NIE.)                   (2)

8.7      Stel EEN funksie voor wat gebruik kan word om die hele formule in ELK van
         die volgende gevalle te vervang:

         8.7.1       =A1&A2&A3                                                                (1)

         8.7.2       =(A1+A2+A3+A4+A5)/5                                                      (1)

8.8      Verduidelik die doel van ELK van die volgende HTML-merkers ('tags'):

         8.8.1       <a name="NAME">                                                          (1)

         8.8.2       <a href="#NAME">                                                         (1)
                                                                                              [15]

                                                              TOTAAL AFDELING B:              75
Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2                 13                       DBE/November 2018
                                                NSS

AFDELING C: GEÏNTEGREERDE SCENARIO

VRAAG 9

Leerders gebruik digitale tegnologieë wat 'n positiewe en 'n negatiewe impak op hulle
lewens kan hê. Jy moet 'n paar vrae oor digitale tegnologieë beantwoord.

9.1      Die meeste leerders gebruik mobiele toestelle om deur die Web te blaai.

         9.1.1       Sommige leerders verwar die terme internet en Wêreldwye Web.
                     Verduidelik die terme internet en Wêreldwye Web.                            (2)

         9.1.2       Watter term word gebruik om die konsep te verduidelik waar 'n
                     leerder tegelykertyd meer as een toep ('app') op dieselfde toestel
                     kan gebruik?                                                                (1)

         9.1.3       Gee EEN rede waarom 'n webblad nie in die deurblaaier ('browser')
                     op 'n mobiele toestel oopmaak nie.                                          (1)

         9.1.4       Noem EEN argument daarteen om toegang tot die internet deur
                     'n openbare Wi-Fi-toegangspunt ('Wi-Fi hotspot') te verkry.                 (1)

9.2      Die skool se internetkonnektiwiteit maak dit vir leerders moontlik om die skool
         se rekenaars te gebruik om toegang tot sosialemedia-webtuistes te verkry.

         9.2.1       Beveel TWEE reëls aan wat by 'n skool se sosialemedia-beleid
                     ingesluit moet word.                                                        (2)

         9.2.2       Leerders kan geklikkaap ('click-jacked') word wanneer hulle deur 'n
                     sosialemedia-webtuiste blaai.

                     Verduidelik die term klikkaping ('click-jacking').                          (2)

         9.2.3       Leerders deel gereeld foto's op sosiale media.

                     Noem TWEE eienskappe van 'n slimfoon wat bepaal hoeveel foto's
                     daarop gestoor kan word.                                                    (2)

         9.2.4       Die deurblaaier toon 'n boodskap wat aanbied om 'n inpropprogram
                     ('plug-in') te installeer wanneer jy op 'n Facebook-blad klik.

                     Verduidelik wat 'n inpropprogram ('plug-in') is.                            (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2              14                        DBE/November 2018
                                             NSS

9.3      Leerders gebruik gereeld die skool se mobiele toestelle vir lang rukke elke
         dag om hulle leerervaring in die klaskamer te verryk.

         9.3.1       Noem TWEE maniere waarop leerders oogooreising kan voorkom
                     wanneer hulle baie tyd op hierdie mobiele toestelle bestee.               (2)

         9.3.2       Noem TWEE moontlike geestesgesondheidskwessies wat die
                     aanhoudende gebruik van tegnologie kan veroorsaak.                        (2)

         9.3.3       Noem TWEE positiewe invloede wat tegnologie op onderwys het.              (2)

         9.3.4       Stel TWEE maniere voor waarop onderwysers kan voorkom dat
                     leerders se aandag afgelei word wanneer hulle die skool se mobiele
                     toestelle in die klaskamer gebruik.                                       (2)

9.4      'n Woordverwerkingstoep is gebruik om die prent hieronder te skep om die
         gewildheid van sosiale netwerke te vergelyk, dit is Twitter 28%, Facebook
         67% en Instagram 9%.

         Stel 'n kombinasie van TWEE woordverwerkingstegnieke voor om die
         voorkoms van die prent hieronder te verbeter sodat al die teks in die objekte
         duidelik sigbaar is.

         LET WEL: MOENIE na 'cut and paste', 'hertik' of 'herskep' in jou antwoord
                  verwys nie.

                                                                                               (2)

9.5      'n Graad 12-RTT-leerder het die prent hieronder by sy/haar PAT-verslag
         ingevoeg om sy/haar navorsingsuitslae te toon.

         Bespreek TWEE redes waarom die inligting in die prent moeilik is om te
         interpreteer.

                                                                                               (2)
                                                                                               [25]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2               15                        DBE/November 2018
                                              NSS

VRAAG 10: GEÏNTEGREERDE SCENARIO

AcademyOne is 'n groot akademiese biblioteek wat boeke na kleiner biblioteke
dwarsoor die land stuur. Jy moet die personeel met IKT-verwante kwessies help.
Werknemerdata en finansiële data moet beskerm word.

10.1     Die meeste van die bestaande rekenaars in die biblioteek is intreevlak-
         rekenaars.

         10.1.1      Jy moet die minimum stelselvereistes ('minimum system
                     requirements') van die rekenaars nagaan om vas te stel of hulle
                     spesifieke sagteware kan uitvoer ('run').

                     Definieer minimum stelselvereistes.                                         (2)

         10.1.2      Noem TWEE hardewarekomponente, behalwe 'n moederbord, wat
                     waarskynlik opgedateer moet word om dit moontlik te maak om
                     groot hoeveelhede data te verwerk en die data-analise-sagteware
                     uit te voer.                                                                (2)

         10.1.3      Gee TWEE redes waarom rekenaars oor 'n tydperk stadiger kan
                     word.                                                                       (2)

10.2     Die rekenaars in die AcademyOne-biblioteek moet aan 'n netwerk gekoppel
         word sodat hulpbronne gedeel kan word.

         10.2.1      Watter komponent, indien dit nog nie deel van die moederbord is
                     nie, moet in elke rekenaar geïnstalleer word om die rekenaars in
                     staat te stel om aan die netwerk te koppel?                                 (1)

         10.2.2      Die biblioteek gebruik 'n groot aantal rekenaars.

                     Waarom sal 'n eweknienetwerk ('peer-to-peer network') NIE vir
                     hierdie biblioteek geskik wees nie?                                         (2)

         10.2.3      Stel gekabelde media voor wat geskik sal wees om die biblioteek se
                     rekenaars in 'n netwerk te koppel.                                          (1)

         10.2.4      Watter toestel sal nodig wees om die biblioteek se LAN aan die
                     internet te koppel?                                                         (1)

10.3     Data moet gereeld gerugsteun word. Die internet verskaf verskeie aanlyn
         stoorfasiliteite.

         10.3.1      Gee TWEE redes waarom die biblioteek wolkberging ('cloud
                     storage') sal gebruik om lêers te stoor en rugsteunkopieë te maak.          (2)

         10.3.2      Gee TWEE redes om data vanuit 'n rugsteun te herstel ('restore').           (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2                16                           DBE/November 2018
                                               NSS

10.4     Jy moet 'n webtuiste voltooi deur HTML te gebruik.

         10.4.1      Watter merker ('tag') sal gebruik word om 'n kolpuntlys ('bulleted list')
                     in HTML te skep?                                                                (1)

         10.4.2      Watter merker sal gebruik word om 'n oop reël in 'n paragraaf in
                     HTML te skep?                                                                   (1)

         10.4.3      Wanneer die HTML-kode hieronder in 'n deurblaaier uitgevoer word,
                     behoort dit 'n tabel met drie rye en twee kolomme te skep. Die kode
                     vertoon nie die tabel korrek nie.

                     Bestudeer die kode en beantwoord die vraag wat volg.

                       <table border=1>
                            <td> Ry 1 Sel 1 </td> <td> Ry 1 Sel 2 </td>
                            <td> Ry 2 Sel 1 </td> <td> Ry 2 Sel 2 </td>
                       </table>
                            <td> Ry 3 Sel 1 </td> <td> Ry 3 Sel 2 </td>

                     Stel TWEE veranderinge aan die kode voor sodat die tabel korrek
                     vertoon.

                     LET WEL: MOENIE die kode oorskryf NIE.                                          (2)

10.5     Die skermkopie hieronder toon 'n paar rekords uit 'n groter datastel wat
         gebruik is om die salarisse van deeltydse werknemers by kleiner biblioteke
         dwarsoor die land te vertoon. Die bedrae verdien (kolom E) is gebaseer op
         die aantal dae gewerk.

         10.5.1      Watter sigbladeienskap kan gebruik word om die inhoud van sel E1
                     volledig te vertoon sonder om die kolombreedte te verander?                     (1)

         10.5.2      Watter formatering is op die selwaardes in die reeks A2:A6
                     toegepas?                                                                       (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2                17                          DBE/November 2018
                                               NSS

         10.5.3      Die opsies hieronder kan gebruik word om die totale bedrag wat
                     deur die deeltydse werknemers van Kaapstad verdien is, te bepaal.

                      Opsie 1:       =SUMIF(B2:B37492,"Kaapstad",E2:E37492)
                      Opsie 2:       =E3+E6+E11+E17+ … +E37492

                     Watter EEN van die twee opsies hierbo sal die geskikste vir die taak
                     wees? Motiveer jou antwoord.                                               (2)

         10.5.4      Indien 'n werknemer ouer as 30 is en meer as R10 000 in die jaar
                     verdien het, moet die teks 'Ja' in kolom F vertoon word, anders moet
                     'Nee' vertoon word.

                     Die IF-stelling in sel F2 (hieronder getoon) is na die res van die selle
                     in die kolom afgekopieer:

                     =IF(D2>30,IF(E2>10000,"Nee","Ja"))

                     Gee TWEE redes waarom die IF-stelling NIE korrek werk NIE.                 (2)
                                                                                                [25]

                                                                   TOTAAL AFDELING C:           50
                                                                       GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Computer Application Technology P2 Nov 2018 FINAL Memo Eng1](https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-p2-nov-2018-final-memo-eng1/f2cc1f64-6313-4ca1-a9d6-bae862968fc7) — Computer Applications Technology · Memo · 2018
- [Computer Application Technology P1 Nov 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-p1-nov-2018-eng/54c5d733-e29c-480b-a1f6-c42b4367a67b) — Computer Applications Technology · QP · 2018 · Eng
- [Computer Application Technology P1 Nov 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-p1-nov-2018-afr/1a115f56-4f67-4685-80e4-a1e1a898665c) — Computer Applications Technology · QP · 2018 · Afr
- [CAT P2 GR12 QP SEPT2018 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr12-qp-sept2018-afr-d/0df65fa0-94e7-4c6a-bd37-cb4b5c66bce9) — Computer Applications Technology · QP · 2018 · Afr
- [Computer Application Technology P2 Feb March 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-p2-feb-march-2018-eng/5a5ae084-71ac-49b9-bdc5-653f15b33002) — Computer Applications Technology · QP · 2018 · Eng
- [Computer Applications Technology P2 Nov 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/computer-applications-technology-p2-nov-2022-afr/fb83ad7c-8c11-47cb-aa4d-2846fbd64cbc) — Computer Applications Technology · QP · 2022 · Afr

## More from Grade 12 Computer Applications Technology

- [CAT P1 MEMO GR12 SEPT 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-memo-gr12-sept-2025-eng-watermark/9df1288f-0f95-46d9-8231-26c401ed1a1b) — Memo · 2025 · Eng
- [CAT P2 GR12 MEMO September 2025 - AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr12-memo-september-2025-afr-watermark/3e182b7b-5d5f-4afc-b54c-b286289512f6) — Memo · 2025 · Afr
- [Computer Applications Technology P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-applications-technology-p1-may-june-2025-mg-eng/8beb5c31-24fa-4cf4-b90c-aedcc234a4dd) — Memo · 2025 · Eng
- [CAT P1 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-memo-gr12-sept-2024-english/91df7fb9-ea6b-4fed-8f93-a1466ec697c3) — Memo · 2024 · Eng
- [Computer Applications Technology P2 May-June 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-computer-applications-technology-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-2-english/a32bb637-25b5-4469-8be9-e72527e65d8a) — Memo · 2024 · Eng
- [Computer Applications Technology P1 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-applications-technology-p1-nov-2023-eng/60311585-04c7-46dc-bcf6-87da09dc1ea5) — QP · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
