# Computer Applications Technology Grade 12 P2 2019 QP (Afr)

> Grade 12 Computer Applications Technology Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2019 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-p2-nov-2019-afr/fe86afd5-0b52-4fb3-964c-f5cb7a49bedb
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Computer Applications Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Computer Applications Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/computer-applications-technology) › [Computer Applications Technology Grade 12 P2 2019 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-p2-nov-2019-afr/fe86afd5-0b52-4fb3-964c-f5cb7a49bedb)

## About this document

Computer Applications Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2019. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                       GRAAD 12

                     REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2
                                  NOVEMBER 2019

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2           2                         DBE/November 2019
                                          NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit:

         AFDELING A         (25)
         AFDELING B         (75)
         AFDELING C         (50)

2.       Beantwoord AL die vrae.

3.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

4.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

5.       MOENIE in die regterkantlyn van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.

6.       Laat 'n reël oop na ELKE subvraag.

7.       Daar word gewoonlik een punt per feit toegeken; 'n 2 punt-vraag sal dus
         TWEE feite vereis, ens.

8.       Lees die vrae sorgvuldig en MOENIE meer inligting gee as wat die vraag
         vereis nie aangesien dit NIE nagesien sal word NIE.

9.       Alle antwoorde MOET met Rekenaartoepassingstegnologie verband hou.

10.      Antwoorde soos 'goedkoper', 'vinniger/stadiger', 'makliker', ens. sal SLEGS
         aanvaar word indien dit gemotiveer word.

11.      MOENIE handelsname in antwoorde gebruik NIE, tensy dit spesifiek vereis
         word.

12.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2             3                          DBE/November 2019
                                            NSS

AFDELING A

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.10) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.11 D.

1.1      'n SVE ('CPU') kan maklik op 'n ... verander word.

         A     klankkaart ('sound card')
         B     hardeskyf ('hard drive')
         C     geheueskyfie ('memory chip')
         D     moederbord ('motherboard')                                                      (1)

1.2      Watter EEN van die volgende tipes sagteware stel jou in staat om 'n program
         uit te toets voordat jy dit koop?

         A     Gratisware ('Freeware')
         B     Kwaadwillige sagteware ('Malware')
         C     Deelware ('Shareware')
         D     Advertensieware ('Adware')                                                      (1)

1.3      Daar word na enige dokument wat op 'n rekenaar gestoor word, as
         'n ...-kopie verwys.

         A     harde
         B     sagte
         C     rugsteun
         D     wolk                                                                            (1)

1.4      Wanneer 'n gebruiker 'n kombinasie sleutels op 'n sleutelbord druk om
         'n aksie uit te voer, word dit 'n ... genoem.

         A     hiperskakel ('hyperlink')
         B     kortpad ('shortcut')
         C     funksie
         D     paragraaf                                                                       (1)

1.5      'n … word benodig om na 'n gesimuleerde wêreld in 3D te kyk.

         A     VR-kopstuk ('VR headset')
         B     Webkamera ('webcam')
         C     3D-drukker ('3D printer')
         D     GPS-toestel ('GPS device')                                                      (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2             4                            DBE/November 2019
                                            NSS

1.6      'n Lêernaam wat met die lêeruitbreiding ... eindig, is 'n tipe lêer wat data in
         teks-alleen('text only')-formaat stoor.

         A     .exe
         B     .zip
         C     .pdf
         D     .csv                                                                              (1)

1.7      'n Neiging in tegnologie wat huishoudelike toestelle toelaat om aan die
         internet te koppel:

         A     https
         B     VoIP
         C     IoT
         D     IM                                                                                (1)

1.8      Watter EEN van die volgende opsies is NIE noodsaaklik om samewerking
         gedurende M-leer toe te laat NIE? Leerders ...

         A     kan in reële tyd hulle werk deel en terugvoering daaroor kry.
         B     moet oor die nodige rekenaarvaardighede beskik.
         C     kan te alle tye toegang tot die internet kry en daaraan koppel.
         D     moet die jongste duur draagbare tegnologieë hê.                                   (1)

1.9      'n Sigbladeienskap of 'n kombinasie van eienskappe wat gebruik word om
         waardes of data, wat aan sekere kriteria voldoen, te vertoon, staan as ...
         bekend.

         A     datavalidering ('data validation')
         B     soek en selekteer ('find and select')
         C     formateer en redigeer ('format and edit')
         D     sorteer en filtreer ('sort and filter')                                           (1)

1.10     Watter EEN van die volgende opsies sal die simbool 'A' vir 'n leerderpunt van
         80 vertoon wat in sel A1 van die sigblad gevind word?

         A     = IF (A1=80, "A", "")
         B     = IF (A1=80, "", "A")
         C     = IF (A1<80, "A", "")
         D     = IF (A1>80, "A", "")                                                             (1)
                                                                                                 [10]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2               5                              DBE/November 2019
                                              NSS

VRAAG 2: PASITEMS

Kies 'n term/begrip uit KOLOM B wat by 'n beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs
die letter (A–T) langs die vraagnommers (2.1 tot 2.10) in die ANTWOORDEBOEK
neer, bv. 2.11 U.

                  KOLOM A                                      KOLOM B
2.1      'n Toestel wat 'n rekenaar toelaat om      A   eiendomsregtelik ('proprietary')
         aan 'n netwerk te koppel
                                                    B   kuberafknouery ('cyberbullying')
2.2      Die praktyk waar 'n IDV ('ISP')
         voorkeur gee aan sekere                    C   vorm
         netwerkdienste, bv. e-pos
                                                    D   VPN
2.3      Sagteware waar al die kode vrylik
         beskikbaar is                              E   NKK ('NIC')

2.4      Die gebruik van IKT's ('ICTs') om van      F   onderhoud ('interview')
         die huis af te werk in plaas daarvan
         om werk toe te reis                        G   verslag

2.5      'n Program wat mense in staat stel         H   meningsopname ('survey')
         om die Wêreldwye Web te verken
                                                    I   smoring ('throttling')
2.6      'n Openbare koppeling aan die
         internet in restaurante en winkels         J   sleutelvaslegging ('keylogging')

2.7      Om 'n gebruiker te kul om 'n               K   deurblaaier ('browser')
         versteekte skakel op 'n webtuiste te
         volg                                       L   oopbron ('open-source')

2.8      'n Persoonlike ontmoeting waar 'n          M   sleutelbord
         persoon navorsingsvrae beantwoord
                                                    N   telekonferensie
2.9      'n Databasisobjek wat een rekord op
         'n keer vertoon                            O   vorming ('shaping')

2.10     Die handeling om aanlyn voor te gee P          koppelkol ('hotspot')
         om iemand anders te wees
                                             Q          HTML-redigeerder

                                                    R   identiteitsdiefstal

                                                    S   telependel ('telecommuting')

                                                    T   klikkaping ('click-jacking')
                                                                                    (10 x 1)          [10]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2              6                         DBE/November 2019
                                             NSS

VRAAG 3: WAAR/ONWAAR-ITEMS

Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Kies die antwoord en skryf
'waar' of 'onwaar' langs die vraagnommers (3.1 tot 3.5) in die ANTWOORDEBOEK
neer. Korrigeer die stelling indien dit ONWAAR is. Verander die onderstreepte
woord(e) om die stelling WAAR te maak. (MOENIE slegs die woord 'NIE' gebruik om
die stelling te verander NIE.)

GEEN punt sal toegeken word indien slegs ONWAAR geskryf word NIE.

VOORBEELDE:

                  VRAAG                                     ANTWOORD
Die aanvanklike laai-instruksies vir 'n
                                               Waar
rekenaar word in LAG ('ROM') gestoor.
NVK('NFC')-toestelle kan tot op 'n afstand
                                               Onwaar – Bluetooth
van 10 meter met mekaar koppel.

3.1      'n LAN is 'n tipe netwerk wat kantore in Durban en Kaapstad kan koppel.               (1)

3.2      BJET ('BYOD') is 'n konsep waar werknemers toegelaat word om hulle
         persoonlike toestelle op 'n maatskappy se netwerk te gebruik.                         (1)

3.3      'n Trojaan is 'n sagtewareprogram wat die bedryfstelsel in staat stel om met 'n
         hardewaretoestel te kommunikeer.                                                      (1)

3.4      Die defragmenteer('defragment')-nutsprogram kan gebruik word om tydelike
         of ongebruikte lêers uit te vee.                                                      (1)

3.5      Spraak-na-teks ('Speech-to-text') stel 'n gehoorgestremde gebruiker in staat
         om toegang tot 'n stempos ('voice note') te kry.                                      (1)
                                                                                               [5]

                                                               TOTAAL AFDELING A:              25

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2                 7                         DBE/November 2019
                                                NSS

AFDELING B

VRAAG 4: STELSELTEGNOLOGIEË

4.1      Noem TWEE toevoertoestelle wat op 'n skootrekenaar gevind kan word,
         buiten 'n raakskerm.                                                                     (2)

4.2      Die gebruiker kan nie die volle teks sien terwyl 'n e-pos op 'n
         raakskermtoestel getik word nie.

         Gee TWEE redes waarom dit gebeur.                                                        (2)

4.3      Gee TWEE funksies van 'n OKT ('UPS').                                                    (2)

4.4      Bespreek TWEE redes waarom 'n aanbieder tydens 'n aanbieding eerder 'n
         dataprojektor as 'n monitor sal gebruik.                                                 (2)

4.5      Noem TWEE voordele van 'HDMI'-kabels bo 'VGA'-kabels om 'n televisie aan
         'n rekenaar te koppel.                                                                   (2)

4.6      Gee TWEE redes waarom 3D-drukkers nie algemeen in 'n tuiskantoor gebruik
         word nie, behalwe koste.                                                                 (2)

4.7      Die volgende stelselvereistes is nodig om 'n kantoorsuite te installeer:

                                      1 GHz of vinniger SVE ('CPU')
                                      2 GG ('GB') of meer ETG ('RAM')
                                      3 GG ('GB') beskikbare skyfspasie
                                      1024x768 of hoër
                                      Windows 7 of nuwer

         4.7.1       Verduidelik waarom dit VERKEERD is om te sê dat 1024x768 die
                     grootte van die monitor is.                                                  (1)

         4.7.2       Gee die term wat gebruik word om die rede te beskryf waarom
                     hierdie kantoorsuite nie op 'n vroeër weergawe van die bedryfstelsel
                     hierbo gespesifiseer, sal uitvoer nie.                                       (1)

4.8      Gee TWEE redes waarom jy sal kies om 'n kantoorsuite te koop eerder as om
         verskillende toepassings by verskillende sagteware-ontwikkelaars te koop,
         behalwe koste.                                                                           (2)

4.9      Gee TWEE moontlike oorsake waarom 'n toepassing ophou reageer.                           (2)

4.10     'n Prentjie is in 'n grafiese redigeerder ('graphics editor') gemanipuleer en toe
         gestoor.

         Gee TWEE redes waarom die gestoorde prentjie nou dof vertoon of
         onduidelik is.                                                                           (2)

4.11     Verduidelik hoe konvergensie ('convergence') tot groen rekenarisering ('green
         computing') bydra.                                                                       (2)
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2              8                          DBE/November 2019
                                             NSS

4.12     'n Televisiestasie beplan om ouer analoogtegnologie met tegnologie vir
         digitale uitsending te vervang.

         4.12.1      Skryf die algemene term neer vir die proses waar uitsaaidienste van
                     analoog- na digitale tegnologie verander word.                             (1)

         4.12.2      Noem TWEE voordele van digitale uitsaaitegnologie vir die kykers.          (2)
                                                                                                [25]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2             9                           DBE/November 2019
                                            NSS

VRAAG 5: INTERNET- EN NETWERKTEGNOLOGIEË

5.1      Gee TWEE voordele van die koppeling van rekenaars in 'n netwerk eerder as
         om losstaande rekenaars te gebruik.                                                     (2)

5.2      Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                ← Poort A

                                                ← Poort B

         5.2.1       Watter poort moet iemand gebruik om 'n rekenaar aan 'n gekabelde
                     netwerk te koppel?                                                          (1)

         5.2.2       Verduidelik hoe om 'n rekenaar aan 'n draadlose netwerk te koppel
                     deur een van die poorte te gebruik.                                         (1)

5.3      Noem die tipe internetkonneksie wat lig vir dataoordrag gebruik.                        (1)

5.4      Alle gebruikers op 'n LAN het geldige toegangsregte, maar wanneer hulle
         probeer om met hulle korrekte wagwoorde aan te teken, is hulle onsuksesvol.

         Stel EEN oplossing vir hierdie probleem voor.                                           (1)

5.5      Waarom vries ('buffer') 'n video partymaal terwyl dit vanaf die internet stroom?        (1)

5.6      Wat is die doel van die tuisbladinstelling in 'n webblaaier?                            (1)

5.7      Noem TWEE uitkomste wat bereik kan word deur op 'n webtuiste-hiperskakel
         te klik.                                                                                (2)

5.8      Stel TWEE maniere voor waarop jy beter privaatheid op sosiale media, soos
         Facebook of Whatsapp, kan verseker.                                                     (2)

5.9      Gee TWEE beperkings van e-handel.                                                       (2)

5.10     Noem die tegnologie wat deur banke en ook die skeppers van
         afkoopsagteware ('ransomware') gebruik word om die uitruil van inligting oor
         die internet te beveilig.                                                               (1)
                                                                                                 [15]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2                    10                         DBE/November 2019
                                                   NSS

VRAAG 6: INLIGTINGSBESTUUR

6.1      Verwys na 'n formele geskrewe verslag, soos jou PAT, en verduidelik die doel
         van 'n:

         6.1.1       Uittreksel ('Abstract')                                                          (1)

         6.1.2       Inleiding ('Introduction')                                                       (1)

6.2      Toe jy navorsing vir jou PAT gedoen het, het jy inligting oor die onderwerp
         gevind wat gelyk het asof dit geskik is.

         Gee TWEE redes waarom jy sommige van hierdie inligting NIE in jou verslag
         kan gebruik NIE.                                                                             (2)

6.3      Geslote vrae het 'n stel antwoorde waaruit gekies kan word.

         6.3.1       Bespreek EEN beperking van die gebruik van geslote vrae in
                     'n vraelys.                                                                      (1)

         6.3.2       Gee TWEE voordele vir 'n navorser wanneer geslote vrae
                     elektronies beantwoord word.                                                     (2)

6.4      Bestudeer die grafiek hieronder wat die finale uitkoms van 'n nasionale
         verkiesing toon en beantwoord die vraag wat volg.

                                   80.7%

                                   80.6%
                                               Nasionale
                                   80.5%
                                           Verkiesingsuitslae
                                   80.4%

                                   80.3%                   80.6%     Series1

                                   80.2%           80.4%

                                   80.1%   80.2%

                                   80.0%
                                           Party 1 Party 2 Party 3

         Gee DRIE redes waarom dit moeilik is om die grafiek te interpreteer.                         (3)
                                                                                                      [10]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2             11                        DBE/November 2019
                                            NSS

VRAAG 7: SOSIALE IMPLIKASIES

7.1      Daar word baie gevalle van internetverslawing gerapporteer.

         7.1.1       Noem TWEE aktiwiteite waaraan gebruikers op die internet
                     deelneem wat tot verslawing kan lei.                                     (2)

         7.1.2       Gee TWEE tekens wat jou kan waarsku dat iemand dalk 'n internet-
                     of speletjieverslawing kan hê.                                           (2)

7.2      Noem TWEE potensiële etiese probleme wat kan ontstaan wanneer
         maatskappye toegang tot groot data ('big data') het.                                 (2)

7.3      Hoe    kan      wetstoepassingsowerhede      vermeende     kubermisdadigers
         ondersoek?                                                                           (1)

7.4      Gee EEN manier waarop sosiale media openbare menings kan beïnvloed.                  (1)

7.5      Noem TWEE negatiewe invloede van sagtewareroofkopiëring ('software
         piracy') vir die skeppers van sagteware.                                             (2)
                                                                                              [10]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2               12                         DBE/November 2019
                                              NSS

VRAAG 8: OPLOSSINGONTWIKKELING

8.1      Gee EEN voordeel van die gebruik van style vir opskrifte in 'n lang
         woordverwerkingsdokument.                                                                (1)

8.2      Stel TWEE redes voor vir die gebruik van seksiebreuke ('section breaks') in 'n
         woordverwerkingsdokument.                                                                (2)

8.3      Noem TWEE woordverwerkingseienskappe wat 'n nasiener ('reviewer') kan
         gebruik om voorgestelde veranderings vir die outeur van 'n dokument aan te
         dui.                                                                                     (2)

8.4      Bestudeer die skermkopie van 'n woordverwerkingsdokument hieronder.

         8.4.1       Waarom word die nie-druk('non-printing')-simbole in die dokument
                     vertoon?                                                                     (1)

         8.4.2       Waarom verskyn die woord 'Shelter' sonder 'n kolpunt ('bullet')?             (1)

8.5      Hoe sou jy die bladsy-onderbrekingvoorskou ('Page Break Preview') van
         'n sigblad gebruik om die getal rye of kolomme wat per bladsy gedruk word, te
         manipuleer?                                                                              (1)

8.6      Wat dui die uitroepteken (!) in die formulestaaf ('formula bar') vir sel E1 in die
         skermkopie hieronder aan?

                                                                                                  (1)

8.7      Bestudeer die skermkopie hieronder. Die formule wat in sel D3 gebruik word
         om die tyd gewerk ('Time worked') te bereken, is korrek, alhoewel dit nie die
         regte antwoord vertoon nie.

         Watter selformatering moet op sel D3 toegepas word om die korrekte
         antwoord van 2 ure te verkry?                                                            (1)
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2              13                            DBE/November 2019
                                             NSS

8.8      Die formule in sel B2 is afgekopieer ('copied down') om die BTW ('VAT')
         (sel E1) vir alle bedrae in kolom A te bereken.

         Identifiseer TWEE foute in die formule wat voorkom dat die waardes in die
         selreeks B3 tot B5 korrek vertoon.                                                        (2)

8.9      Beskou die formule =[Price]*[Markup], wat in 'n berekening in 'n databasis-
         navraag of -verslag gebruik is.

         Waarom word vierkantige hakies in hierdie formule gebruik?                                (1)

8.10     Wat sal gebeur as 'n =COUNT(*)-funksie vanaf die groeponderskrif
         ('group footer') na die verslagonderskrif ('report footer') in 'n databasis verskuif
         word?                                                                                     (1)

8.11     Wat moet gedoen word sodat die teks 'December holidays' op 'n webblaaier-
         oortjie ('web browser tab') vertoon?

                      <html>
                            <head> December holidays
                                  <title> </title>
                            </head>
                            <body> </body>
                      </html>
                                                                                                   (1)
                                                                                                   [15]

                                                                  TOTAAL AFDELING B:               75

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2              14                         DBE/November 2019
                                             NSS

AFDELING C

VRAAG 9: GEÏNTEGREERDE SCENARIO

Jou skool is die gasheer vir 'n kookkompetisie waar leerders in spanne sal kook en
deur professionele sjefs beoordeel sal word. Mobiele ('mobile') kombuise sal op die
sportveld opgestel word.

9.1      Rekenaartoestelle sal gebruik word om die resepte te vertoon en om die
         resultate vas te lê.

         Bestudeer die spesifikasies van die volgende twee toestelle:

                  TAFELBLADREKENAAR                              TABLET
                 ('DESKTOP COMPUTER')

             2.4 GHz-SVE ('CPU')                      1300 MHz-SVE ('CPU')
             8 GG('GB')-DDR4                          2 GG('GB')-ETG ('RAM')
             256 GG ('GB') Vaste Toestand             16 GG ('GB') interne stoor
             4 GG('GB')-videokaart                    Raakskerm ('Touch screen')
             21" Monitor                              25.6 cm (10.1")-vertoon
             4 x USB-poorte                           Agterste ('Rear') kamera 8 MP
             Geïntegreerde 10/100/1000-               4G standaard LTE, Wi-Fi
              netwerkpoort                             Bluetooth-weergawe BT 4.0
             Geïntegreerde HDMI-poort                 2G standaard, GSM, 4G
             FHD-webkamera, 1920x1080                 SD-kaartgleuf
             SD-kaartgleuf
             Perseelwaarborg ('On-site
              warranty')

         9.1.1       Wat is die spoed van die vinniger verwerker wanneer die twee
                     toestelle vergelyk word?                                                   (1)

         9.1.2       Waarom is die tablet meer geskik vir buitenshuise gebruik?                 (1)

         9.1.3       Noem TWEE maniere waarop die stoorplek van die tablet vergroot
                     kan word.                                                                  (2)

         9.1.4       Verduidelik waarom die tafelbladrekenaar beter is vir grafika-
                     verwerking deur na die spesifikasies daarvan te verwys, behalwe vir
                     die SVE ('CPU').                                                           (1)

         9.1.5       Verduidelik wat 'n perseelwaarborg ('on-site warranty') is EN
                     waarom 'n tablet gewoonlik nie 'n perseelwaarborg het nie.                 (2)
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2               15                         DBE/November 2019
                                              NSS

9.2      Deelnemers kan kundige sjefs in reële tyd ('real time') vir bystand kontak.

         9.2.1       Wat is die voordeel daarvan dat deelnemers in reële tyd met
                     kundige sjefs kan kommunikeer?                                              (1)

         9.2.2       Noem TWEE tipes internetkonneksies wat geskik sal wees om
                     gedurende hierdie kompetisie te gebruik.                                    (2)

         9.2.3       Noem TWEE hardewaretoestelle wat nodig is vir 'n video-/
                     webkonferensie met 'n kenner, behalwe netwerktoestelle.                     (2)

9.3      'n Video wat gedurende die kompetisie geneem is, sal ná die gebeurtenis
         aanlyn gepubliseer word.

         9.3.1       Noem TWEE e-kommunikasiedienste (aanlyn platforms) waar
                     hierdie video's gepubliseer kan word. Jy mag handelsname gebruik.           (2)

         9.3.2       Verduidelik hoe 'n mens 'n soekenjin kan gebruik om 'n video van
                     hierdie kookkompetisie te vind.                                             (2)

         9.3.3       Noem TWEE kameraspesifikasies wat die gehalte van die video's
                     beïnvloed, behalwe die sensor.                                              (2)

         9.3.4       Gee TWEE redes vir die gebruik van lêerkompressie om die
                     lêergrootte kleiner te maak.                                                (2)

9.4      Die punte van verskeie beoordelaars sal in 'n sigblad vasgelê word.

         9.4.1       Noem TWEE eienskappe van 'n sigblad wat die gebruiker sal help
                     om die punte akkuraat vas te lê.                                            (2)

         9.4.2       Die totale punt vir elke span kan bereken word deur die volgende
                     formule te gebruik:
                                              =A1+A2+A3+A4
                     Watter sigbladfunksie kan gebruik word om dieselfde resultaat te
                     bereik?                                                                     (1)

         9.4.3       Watter sigbladfunksie of kombinasie van funksies kan op die data
                     hieronder gebruik word om die punt te onttrek wat deur 'n spesifieke
                     beoordelaar (bv. Beoordelaar 2) aan 'n spesifieke span (bv. Span 2)
                     gegee is?

                                                                                                 (1)

         9.4.4       Hoe kan 'n beoordelaar seker maak dat die formatering wat op die
                     sigblad toegepas is, nie verander nie, selfs al word dit op 'n ander
                     rekenaar met 'n ander bedryfstelsel of sonder 'n sigbladprogram
                     bekyk?                                                                      (1)
                                                                                                 [25]
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2               16                           DBE/November 2019
                                              NSS

VRAAG 10: GEÏNTEGREERDE SCENARIO

Jy werk gedurende die vakansie as 'n assistent by die weerburo.

10.1     Die weerburo moet 'n drukker vir kantoorgebruik aankoop.

         Noem TWEE spesifikasies om in aanmerking te neem wanneer 'n drukker
         aangekoop word, behalwe koste.                                                               (2)

10.2     Die rekenaars by die weerburo moet teen kragstuwings ('power surges')
         beskerm word.

         10.2.1      Watter tipe skade kan 'n kragstuwing aan 'n rekenaar aanrig?                     (1)

         10.2.2      Stel TWEE omgewingsvriendelike maniere voor waarop jy van
                     'n beskadigde rekenaar ontslae kan raak.                                         (2)

10.3     Streng sekuriteitsmaatreëls moet deur die netwerkadministrateur ingestel
         word sodat nie alle werknemers toegang tot die bediener van die weerburo
         sal hê nie.

         10.3.1      Noem die tipe gebruiker wat met hoëvlak('high-end')hardeware en
                     -sagteware werk.                                                                 (1)

         10.3.2      Die netwerkadministrateur stel toegangsregte en 'n netskans
                     ('firewall') op.

                     Gee TWEE redes waarom fisiese toegang tot die bedienerkamer
                     ook beperk moet word.                                                            (2)

         10.3.3      Gee TWEE redes waarom die netwerkadministrateur die
                     ongebruikte USB-poorte op die werknemers se rekenaars buite
                     werking gestel het.                                                              (2)

10.4     Bespreek TWEE voordele van ruitnetrekenarisering ('grid computing') vir die
         weerburo.                                                                                    (2)

10.5     Die netwerkadministrateur moet altyd die sagteware op die rekenaars van die
         weerburo opgedateer hou.

         10.5.1      'n Weeranalisetoepassing       stuur   ná   'n   onlangse     opdatering
                     verkeerde resultate terug.

                     Gee 'n term vir die oorsaak van die probleem EN stel 'n oplossing
                     voor.                                                                            (2)

         10.5.2      Gee TWEE redes waarom die netwerkadministrateur moontlik nie
                     wil hê dat 'n bedryfstelsel outomaties opdaterings ('updates') op die
                     genetwerkte rekenaars aflaai en installeer nie.                                  (2)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2               17                          DBE/November 2019
                                              NSS

10.6     Rugsteun is belangrik sodat data nie verloor word nie.

         10.6.1      Gee TWEE redes waarom die weerburo outomatiese rugsteunlêers
                     moet maak.                                                                (2)

         10.6.2      Stel TWEE riglyne voor om by die beleid oor die maak van
                     rugsteulêers by die weerburo in te sluit, behalwe om gereelde
                     rugsteune te maak of outomatiese rugsteune op te stel.                    (2)

10.7     Elke weerstasie moet die plek waar foto's geneem is, in dié foto's vaslê
         ('embed').

         10.7.1      Watter tegnologie laat die verkryging van akkurate liggingsdata
                     toe?                                                                      (1)

         10.7.2      Gee die term vir die data wat in 'n prentlêer vasgelê word wat die
                     ligging van waar 'n foto geneem is, verskaf.                              (1)

10.8     Die volgende databasistabelstruktuur is geskep om daaglikse temperature
         vas te lê:

                            StasieID                 Short Text
                            StasieNaam               Short Text
                            Koördinate               Short Text
                            Datum                    Date/Time
                            GemidTemperatuur         Number
                            Reënval                  Number

         10.8.1      Slegs getalle sal in die StasieID-veld verskyn, bv. 3452, 0198, 187.

                     Waarom is die datatipe vir hierdie veld Short Text en nie Number
                     nie?                                                                      (1)

         10.8.2      Die volgende skerm het gedurende die skep van 'n verslag verskyn:

                     Watter stappe moet geneem word om 'n lys                   van   die
                     reënvalwaardes vir elke stasie in stygende orde te toon?                  (2)
                                                                                               [25]

                                                                  TOTAAL AFDELING C:           50
                                                                      GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Computer Application Technology P2 Nov 2019 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-p2-nov-2019-memo-afr/2f72e6ce-b51a-4e66-9a85-593b7ef5e1aa) — Computer Applications Technology · Memo · 2019 · Afr
- [Computer Application Technology P1 Nov 2019 Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-p1-nov-2019-eng/b91547f0-b4ca-4f13-97a6-41dff1f1cae0) — Computer Applications Technology · QP · 2019 · Eng
- [Computer Applications Technology P2 Nov 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/computer-applications-technology-p2-nov-2022-afr/fb83ad7c-8c11-47cb-aa4d-2846fbd64cbc) — Computer Applications Technology · QP · 2022 · Afr
- [Computer Application Technology P2 Nov 2017 Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-p2-nov-2017-eng/6c8784b9-60df-4307-87e9-d5f335ee48d1) — Computer Applications Technology · QP · 2017 · Eng
- [Computer Applications Technology P2 Nov 2015 Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-applications-technology-p2-nov-2015-eng/c078f157-bdd6-48fb-9bbf-af58939034e2) — Computer Applications Technology · QP · 2015 · Eng
- [CAT P2 Nov 2014 Afr](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-nov-2014-afr/8317b83b-3993-4393-8c5e-76fe68c6441b) — Computer Applications Technology · QP · 2014 · Afr

## More from Grade 12 Computer Applications Technology

- [CAT P1 MEMO GR12 SEPT 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-memo-gr12-sept-2025-eng-watermark/9df1288f-0f95-46d9-8231-26c401ed1a1b) — Memo · 2025 · Eng
- [CAT P2 GR12 MEMO September 2025 - AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr12-memo-september-2025-afr-watermark/3e182b7b-5d5f-4afc-b54c-b286289512f6) — Memo · 2025 · Afr
- [Computer Applications Technology P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-applications-technology-p1-may-june-2025-mg-eng/8beb5c31-24fa-4cf4-b90c-aedcc234a4dd) — Memo · 2025 · Eng
- [CAT P1 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-memo-gr12-sept-2024-english/91df7fb9-ea6b-4fed-8f93-a1466ec697c3) — Memo · 2024 · Eng
- [Computer Applications Technology P2 May-June 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-computer-applications-technology-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-2-english/a32bb637-25b5-4469-8be9-e72527e65d8a) — Memo · 2024 · Eng
- [Computer Applications Technology P1 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-applications-technology-p1-nov-2023-eng/60311585-04c7-46dc-bcf6-87da09dc1ea5) — QP · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
