# Computer Applications Technology Grade 12 P2 2021 QP (Afr)

> Grade 12 Computer Applications Technology Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2021 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-p2-nov-2020-afr/40f5dd2f-03c2-4bbb-a198-aef9fae3b22f
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Computer Applications Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2021
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Computer Applications Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/computer-applications-technology) › [Computer Applications Technology Grade 12 P2 2021 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-p2-nov-2020-afr/40f5dd2f-03c2-4bbb-a198-aef9fae3b22f)

## About this document

Computer Applications Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2021. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                            SENIOR SERTIFIKAAT/
                       NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT

                                       GRAAD 12

                     REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2
                                  NOVEMBER 2020

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2            2                      DBE/November 2020
                                         SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit:

         AFDELING A (25)
         AFDELING B (75)
         AFDELING C (50)

2.       Beantwoord AL die vrae.

3.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

4.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

5.       MOENIE in die regterkantlyn van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.

6.       Laat 'n reël na ELKE subvraag oop.

7.       Daar word gewoonlik een punt per feit toegeken; 'n 2 punt-vraag sal dus
         TWEE feite vereis, ens.

8.       Lees die vrae aandagtig deur. MOENIE meer inligting gee as wat die vraag
         vereis nie aangesien dit NIE nagesien sal word NIE.

9.       Alle antwoorde MOET met Rekenaartoepassingstegnologie verband hou.

10.      Antwoorde soos 'goedkoper', 'vinniger'/'stadiger' en 'makliker' sal SLEGS
         aanvaar word indien dit saam met 'n rede of 'n verduideliking gebruik is.

11.      MOENIE handelsname in jou antwoorde gebruik NIE, tensy dit spesifiek
         vereis word.

12.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2               3                          DBE/November 2020
                                            SS/NSS

AFDELING A

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.10) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.11 D.

1.1      'n Flitsende vertikale staaf wat die posisie van die teks aandui wat in 'n
         teksredigeerder getik word, word 'n … genoem.

         A     verheldering ('highlight')
         B     raam ('border')
         C     simbool ('symbol')
         D     wyser ('cursor')                                                                  (1)

1.2      Die kommunikasiemedium wat algemeen vir 'n ADSL-internetkoppeling
         gebruik word, is ...

         A     koperkabel.
         B     radiogolwe.
         C     veseloptiese kabel ('fibre-optic cable').
         D     klankgolwe.                                                                       (1)

1.3      Watter EEN van die volgende is nou verwant aan biometriese sekuriteit?

         A     Netskans ('Firewall')
         B     Wagwoord
         C     Vingerafdrukleser ('Fingerprint reader')
         D     Enkripsiesleutel ('Encryption key')                                               (1)

1.4      'n … is 'n moontlike rede waarom 'n program nie sal installeer nie.

         A     Stadige aflaaispoed ('download speed')
         B     Stadige laaiproses ('start-up process')
         C     Verandering van streeksinstellings ('regional settings')
         D     Beperkte gebruikersrekening ('user account')                                      (1)

1.5      Bestudeer die volgende onvolledige geneste IF-stelling:

         =IF(A1=1, IF(B1=4, "Ja", "Nee"

         Watter EEN van die volgende opsies sal die stelling voltooi om 'Ja' of 'Nee' te
         vertoon afhangend van die voorwaardes hieronder?

          Ja – as die waarde in sel A1=1 EN die waarde in sel B1=4, OF
          Nee – as enigeen van hierdie voorwaardes nie nagekom word nie

         A     ))
         B     ), "Nee")
         C     ), "Nee"))
         D     , ""))                                                                            (1)
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2                4                      DBE/November 2020
                                             SS/NSS

1.6      Watter EEN van die volgende sal jy gebruik om die probleem op te los
         wanneer jou rekenaar onvoorspelbaar hang nadat 'n drywer opgedateer is?

         A     'System Restore'
         B     'Disk Cleanup'
         C     'System Backup'
         D     'Task Scheduler'                                                               (1)

1.7      Een van die moontlike beperkings van groot data ('big data') is …

         A     'n verlies aan inkomste.
         B     'n verlies aan gebruikersprivaatheid.
         C     'n besmetting met kwaadwillige sagteware ('malware').
         D     beskikbare bandwydte.                                                          (1)

1.8      'n Draadlose roeteerder ('router') kan beskadig word as gevolg van ... indien
         dit langs 'n mikrogolfoond geplaas of gebruik word.

         A     die hitte
         B     vibrasie
         C     steuring ('interference')
         D     'n brandgevaar                                                                 (1)

1.9      'n Boekmerk is 'n eienskap van 'n woordverwerker wat ... gebruik.

         A     hiperskakels ('hyperlinks')
         B     style
         C     tabelle
         D     afdelings ('sections')                                                         (1)

1.10     Bestudeer die volgende HTML-kode noukeurig:

         <font face="Arial" colour="green"> First website </font>

         Neem aan dat al die kode voor die reël hierbo korrek is. Watter EEN van die
         volgende fontkleure sal gebruik word wanneer die teks 'First website' in 'n
         deurblaaier ('browser') vertoon word?

         A     Rooi ('Red')
         B     Swart ('Black')
         C     Groen ('Green')
         D     Oranje ('Orange')                                                              (1)
                                                                                              [10]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2              5                         DBE/November 2020
                                           SS/NSS

VRAAG 2: PASITEMS

Kies 'n term/begrip uit KOLOM B wat by 'n beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs
die letter (A–T) langs die vraagnommers (2.1 tot 2.10) in die ANTWOORDEBOEK
neer, bv. 2.11 U.

                  KOLOM A                                    KOLOM B
2.1      'n Veldeienskap wat outomaties 'n       A   SoIP ('VoIP')
         waarde in 'n veld vir elke nuwe
         rekord in 'n databasistabel invoeg      B   #NULL

2.2      Kwaadwillige sagteware ('Malware')      C   zombie
         wat dikwels met Bitcoin verbind word
                                                 D   spioenware ('spyware')
2.3      'n Tegnologie wat gebruik word om
         'n redigeerbare sagtekopie van 'n       E   botnet
         geskandeerde dokument te maak
                                                 F   meningsopname ('survey')
2.4      'n Protokol wat gebruik word om
         telefoonoproepe met gebruik van die     G   bpm ('ppm')
         internet moontlik te maak
                                                 H   OKH ('OCR')
2.5      'n Sigbladfoutboodskap wat verskyn
         wanneer die waarde in 'n sel langer     I   attribuut
         as die selbreedte is
                                                 J   onderhoud ('interview')
2.6      'n Sellulêre tegnologie wat hoë
         dataoordragspoed verskaf                K   valideringsreël ('validation rule')

2.7      'n Stel karakters wat aan die einde     L   LOP ('FTP')
         van 'n lêernaam bygevoeg word om
         die lêertipe te identifiseer            M   Edge

2.8      'n Metingseenheid vir drukresolusie     N   uitbreiding ('extension')

2.9      'n Groep geïnfekteerde rekenaars        O   MRI ('HCI')
         wat oor 'n afstand beheer kan word
         om ander rekenaars/netwerke aan te      P   verstekwaarde ('default value')
         val
                                                 Q   afkoopsagteware ('ransomware')
2.10     'n Stel vrae vir navorsingsdoeleindes
         wat elektronies deur 'n groot groep     R   LTE
         mense beantwoord sal word
                                                 S   #####

                                                 T   SPD ('DPI')
                                                                                 (10 x 1)       [10]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2                 6                      DBE/November 2020
                                              SS/NSS

VRAAG 3: WAAR/ONWAAR-ITEMS

Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Kies die antwoord en skryf
'waar' of 'onwaar' langs die vraagnommers (3.1 tot 3.5) in die ANTWOORDEBOEK
neer. Korrigeer die stelling indien dit ONWAAR is. Verander die onderstreepte
woord(e) om die stelling WAAR te maak. (MOENIE slegs die woord 'NIE' gebruik om
die stelling te verander NIE.) GEEN punt sal toegeken word indien slegs ONWAAR
geskryf word NIE.

VOORBEELDE:

                     VRAAG                                   ANTWOORD
Die aanvanklike laai-instruksies ('start-up
instructions') vir 'n rekenaar word in die       Waar
LAG('ROM') gestoor.
NVK('NFC')-toestelle kan tot op 'n afstand
                                                 Onwaar – Bluetooth
van 10 meter met mekaar koppel.

3.1      Ruitnetrekenarisering ('Grid computing') is 'n stelsel waar hulpbronne van baie
         rekenaars terselfdertyd op verskillende plekke gebruik word om 'n enkele taak
         te voltooi.                                                                           (1)

3.2      'n Perseel('Site')-lisensie laat 'n maatskappy toe om slegs een kopie van die
         sagteware te installeer.                                                              (1)

3.3      'n Aanhegsel ('Attachment') is 'n lêer wat saam met 'n e-posboodskap gestuur
         kan word.                                                                             (1)

3.4      Die AVERAGE-funksie sal die gemiddeld van 'n stel waardes in 'n databasis
         gee.                                                                                  (1)

3.5      Inligtingsoorlading ('Information overload') is die proses waar analoog-
         tegnologieë wat vir uitsendingdienste gebruik word, met digitale tegnologieë
         vervang word.                                                                         (1)
                                                                                               [5]

                                                               TOTAAL AFDELING A:              25

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2                7                        DBE/November 2020
                                             SS/NSS

AFDELING B

VRAAG 4: STELSELTEGNOLOGIEË

4.1      Bestudeer die skootrekenaar ('laptop') se spesifikasies in die advertensie
         hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                   Intel Core i5
                                   15.6"-skerm (1920 x 1080)
                                   128 GG('GB')-VTA ('SSD')
                                   3 x USB-poorte
                                   VGA-poort
                                   Webkamera met mikrofoon
                                   802.11 b/g/n
                                   SD-kaartleser
                                   6 sel-battery
                                   Office 365 (1 jaar-lisensie)

         4.1.1       Aan watter algemene sagtewarekategorie behoort Office 365?                 (1)

         4.1.2       Gee TWEE moontlike redes waarom skermresolusie bykomend tot
                     skermgrootte in die spesifikasies hierbo aangedui word.                    (2)

         4.1.3       Gee TWEE redes waarom nuwer modelle skootrekenaars nie optiese
                     aandrywers ('optical drives') het nie.                                     (2)

         4.1.4       Gee EEN moontlike rede waarom 'n VTA ('SSD') in plaas van 'n
                     hardeskyf vir hierdie rekenaar gespesifiseer is.                           (1)

         4.1.5       Gee TWEE eienskappe van 'n USB-poort wat dit so 'n gewilde keuse
                     maak om randtoestelle te koppel.                                           (2)

         4.1.6       Bespreek waarom jy nie sou verwag om 'n VGA-poort in die
                     spesifikasies van hierdie skootrekenaar te sien nie EN noem watter
                     ander poort jy eerder sou verwag om te vind.                               (2)

         4.1.7       Noem TWEE spesifikasies in die advertensie wat dit moontlik sou
                     maak om biometriese sekerheid ('biometric security') op hierdie
                     skootrekenaar op te stel.                                                  (2)

         4.1.8       Noem 'n noodsaaklike spesifikasie wat werkverrigting beïnvloed, wat
                     NIE in hierdie advertensie genoem word NIE.                                (1)

4.2      Noem TWEE voordele daarvan om aanlyn bankdienste te gebruik teenoor 'n
         fisiese besoek aan 'n bank.                                                            (2)

4.3      Stel EEN manier voor om seker te maak dat dokumente wat in nuwe
         weergawes van die sagteware geskep is, by ouer weergawes van die
         sagteware aanpasbaar ('compatible') is.                                                (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2            8                         DBE/November 2020
                                         SS/NSS

4.4      Gee TWEE redes waarom jy kan besluit om 'n tafelrekenaar eerder as 'n
         skootrekenaar te koop.                                                              (2)

4.5      Gee TWEE redes waarom 'n rekenaar 'n gebruiker kan aanpor om die
         bedryfstelsel, bv. Windows, in veilige modus ('safe mode') te laai.                 (2)

4.6      'n Drukker druk nie die dokument wat daarheen gestuur is nie, al werk dit en
         is dit aangeskakel en behoorlik gekoppel.

         Bespreek TWEE maniere om hierdie probleem op te los.                                (2)

4.7      Noem die nutsprogram ('utility program') wat dele van lêers wat oor die
         hardeskyf verstrooi is, herrangskik sodat dit langs mekaar gestoor word.            (1)

4.8      Gee TWEE redes vir die gebruik van die 'Task Scheduler'-nutsprogram.                (2)
                                                                                             [25]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2              9                          DBE/November 2020
                                           SS/NSS

VRAAG 5: INTERNET- EN NETWERKTEGNOLOGIEË

5.1      Wat is die hoofdoel van 'n IDV ('ISP')?                                                (1)

5.2      Noem TWEE funksies van 'n roeteerder ('router') soos dit in 'n tuisnetwerk
         gebruik word.                                                                          (2)

5.3      Noem TWEE voordele van 'n veseloptiese koppeling ('fibre connection') bo 'n
         gekabelde ADSL-koppeling.                                                              (2)

5.4      Waarom sou 'n gebruiker verkies om 'n ongevormde ('unshaped') koppeling in
         plaas van 'n gevormde ('shaped') koppeling aan die internet te hê?                     (1)

5.5      Noem TWEE voordele daarvan om 'n deurblaaier-gebaseerde ('browser-
         based') aanlyn toepassing te gebruik om dokumente te redigeer eerder as 'n
         losstaande ('stand-alone') toepassing wat op 'n tafelrekenaar geïnstalleer
         word.                                                                                  (2)

5.6      Noem TWEE nadele daarvan om deurblaaier('browser')-inpropprogramme
         ('plug-ins') en -uitbreidings te gebruik.                                              (2)

5.7      Waarom sal jy 'n 'Page Not Found'- of 'Not Found'-foutboodskap kry wanneer
         jy probeer om toegang tot 'n webblad te kry?                                           (1)

5.8      Baie openbare plekke bied dikwels gratis internettoegang aan.

         5.8.1       Wat word hierdie tipe koppeling genoem?                                    (1)

         5.8.2       Noem EEN probleem met hierdie tipe gratis internetkoppeling,
                     behalwe vir sekerheidsrisiko's.                                            (1)

5.9      Wat is die hooffunksie van 'n netskans ('firewall')?                                   (1)

5.10     Hoe sou 'n werknemer vanaf 'n vergeleë ligging veilige ('secure') toegang tot
         sy maatskappy se netwerk kry?                                                          (1)
                                                                                                [15]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2              10                          DBE/November 2020
                                            SS/NSS

VRAAG 6: INLIGTINGSBESTUUR

6.1      Gee TWEE redes waarom 'n taakdefinisie nodig is wanneer die navorsing vir
         jou praktiese assesseringstaak (PAT) beplan word.                                       (2)

6.2      Verduidelik hoe jy kan voorkom dat baie verskillende of onverwante resultate
         van 'n webblaaier ('web browser') verkry word wanneer jy na 'n spesifieke
         onderwerp op die internet soek.                                                         (1)

6.3      Wanneer jy 'n vraelys opstel, is dit belangrik om die verwagte formaat van die
         antwoorde op geslote vrae te oorweeg omdat dit jou kan help om die data te
         verwerk en te analiseer.

         6.3.1       Gee TWEE antwoordtipes/-formate wat waardes sal terugstuur wat
                     na 'n .csv-lêer uitgevoer ('exported') kan word.                            (2)

         6.3.2       Hoe kan hierdie data visueel in 'n sigblad voorgestel word?                 (1)

6.4      Verduidelik waarom dit belangrik is dat navorsers NIE bevooroordeelde
         ('biased') bronne by hulle navorsing of verslae insluit NIE.                            (2)

6.5      Gee TWEE maniere waarop databasisnavrae nuttig kan wees wanneer data
         geanaliseer word.                                                                       (2)
                                                                                                 [10]

VRAAG 7: SOSIALE IMPLIKASIES

7.1      Beskryf 'n situasie wat as aanlyn teistering ('online harassment') sou
         kwalifiseer.                                                                            (1)

7.2      Stel TWEE maniere voor waarop rekenaargebruikers HSB ('RSI') aan hulle
         hande en gewrigte kan voorkom.                                                          (2)

7.3      Noem TWEE maniere waarop jy kan voorkom dat jy 'n slagoffer van e-pos-
         uitvissing ('e-mail phishing') word.                                                    (2)

7.4      Bestuurderlose motors/Selfbestuurmotors ('Driverless cars/Self-driving cars')
         kan in die toekoms meer algemeen word.

         Gebruik jou rekenaarkennis om TWEE potensiële probleme te bespreek wat
         met bestuurderlose motors/selfbestuurmotors geassosieer kan word.                       (2)

7.5      Noem EEN nadeel van skarebefondsing ('crowd funding') vir iemand wat in 'n
         nuwe onderneming belê.                                                                  (1)

7.6      Noem TWEE nadele van die gebruik van gratis wolkbergingsdienste ('cloud
         storage services').                                                                     (2)
                                                                                                 [10]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2             11                            DBE/November 2020
                                           SS/NSS

VRAAG 8: OPLOSSINGSONTWIKKELING

8.1      Jy het die woord 'text' getik, maar  het verskyn.

         Hoe kan jy seker maak dat die woord 'text' in plaas van die simbole vertoon
         word?                                                                                    (1)

8.2      Noem EEN instelling wat aangepas kan word deur die liniaal ('ruler') van 'n
         woordverwerker te gebruik.                                                               (1)

8.3      Wat moet jy doen voordat jy 'n geoutomatiseerde sitaat ('citation') in 'n
         woordverwerkingsdokument kan invoeg?                                                     (1)

8.4      Data verskyn in selle A1:W100 in 'n sigblad.

         Watter sigblad-opsie sal jy gebruik om slegs die selreeks A1:D10 te druk?                (1)

8.5      Jy wil 'n grafiek uit 'n sigblad in 'n woordverwerkingsdokument plak ('paste').

         Watter 'Paste Special'-opsie sal jy gebruik om die grafiek in die woord-
         verwerkingsdokument te laat opdateer wanneer die data in die sigblad
         verander?                                                                                (1)

8.6      Waarom verskyn die letters C en D nie in die sigblad nie, soos in die
         skermkopie hieronder getoon?

                                                                                                  (1)

8.7      Verduidelik die konsep van 'n sirkelverwysing ('circular reference') in 'n sigblad.      (1)

8.8      Die LOOKUP-funksie wat in sel C5 gebruik word, poog om die punt vir
         spesifieke leerders uit die opsoektabel ('lookup table') (selle E4:I5) te vertoon,
         soos in die skermkopie hieronder getoon, maar die funksie stuur 'n
         foutboodskap terug.

         Stel EEN manier voor om seker te maak dat die korrekte punte vir al die
         leerders in die lys verskyn.                                                             (1)
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2            12                          DBE/November 2020
                                          SS/NSS

8.9      Microsoft Access laat jou toe om 'n teksblokkie ('text box') in te voeg wanneer
         jy 'n databasisvorm ontwerp.

         Gee TWEE redes vir die gebruik van 'n teksblokkie in 'n databasisvorm.                (2)

8.10     Die volgende boodskap het verskyn toe jy 'n databasisnavraag laat uitvoer
         het ('ran'):

         Gee TWEE redes waarom die databasis vereis dat jy 'n parameterwaarde
         invoer.                                                                               (2)

8.11     Terwyl jy na 'n webblad in die deurblaaier ('browser') kyk, besluit jy dat jy
         graag die HTML-kode wil ondersoek.

         Wat sal jy doen om die HTML-kode van daardie webblad te laat vertoon?                 (1)

8.12     Gee TWEE wenke wat jou sal help om foute te voorkom of wat jou met
         foutopsporing ('troubleshooting') sal help wanneer jy in HTML kodeer.                 (2)
                                                                                               [15]

                                                               TOTAAL AFDELING B:              75

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2              13                          DBE/November 2020
                                            SS/NSS

AFDELING C: GEÏNTEGREERDE SCENARIO

VRAAG 9

Jou graad 12-klas reël 'n fliekaand as fondsinsameling vir jou skool. Jy moet met die
reëlings help.

9.1      Jy het 'n skootrekenaar en 'n dataprojektor nodig om die flieks in die skoolsaal
         te wys.

         9.1.1       Noem TWEE eienskappe, behalwe vir die resolusie, wat jy sal
                     oorweeg wanneer jy 'n dataprojektor koop.                                   (2)

         9.1.2       Verduidelik waarom dit NIE nodig sal wees dat die skootrekenaar 'n
                     toegewyde grafikakaart moet hê om flieks te vertoon NIE.                    (1)

9.2      Gee EEN rede waarom jy NIE 'n muis saam met 'n skootrekenaar hoef te
         gebruik NIE.                                                                            (1)

9.3      In plaas daarvan om al die flieks af te laai wat jy gedurende die fliekaand wil
         vertoon, het een van jou vriende voorgestel dat jy dit vanaf dienste soos
         Netflix of YouTube stroom.

         9.3.1       Noem die tipe sagteware wat nodig is om flieks te speel.                    (1)

         9.3.2       Verduidelik hoe bandwydte die stroom van flieks beïnvloed.                  (2)

         9.3.3       Bespreek TWEE beperkings daarvan om 'n 4G sellulêre koppeling
                     te gebruik om 'n fliek te stroom.                                           (2)

9.4      Identifiseer TWEE risiko's waaraan jou skootrekenaar blootgestel kan word
         deur aan die internet gekoppel te wees EN stel 'n manier voor om skade te
         voorkom van ELKE risiko wat jy identifiseer.                                            (4)

9.5      Die skoolhoof vereis dat jy ná die fliekaand 'n verslag met hoof- en
         subopskrifte moet skep.

         9.5.1       Watter stappe moet jy doen voordat 'n outomatiese inhoudsopgawe
                     ('Table of Contents') by 'n woordverwerkingsdokument gevoeg kan
                     word?                                                                       (2)

         9.5.2       Die verslag sal op 'n webblad gepubliseer word.

                     Noem TWEE moontlike plekke waarheen hiperskakels in die verslag
                     kan wys.                                                                    (2)

         9.5.3       Jy sal die possamevoegingseienskap ('mail merge feature') in
                     die woordverwerker gebruik om die verslag aan ander onderwysers
                     te stuur.

                     Noem TWEE voordele van die gebruik van die possamevoegings-
                     eienskap om verpersoonlikte e-posboodskappe te skep.                        (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2              14                         DBE/November 2020
                                            SS/NSS

9.6      Die organiseerders verwag van die ouers om 'n elektroniese vorm in te vul
         wat op die skool se blog gepubliseer sal word om die sukses van die
         fliekaand te evalueer.

         9.6.1       Gee TWEE voordele vir die organiseerders om die aanlyn vorm op
                     die skool se blog te publiseer.                                            (2)

         9.6.2       Noem TWEE webgebaseerde sigbladprogramme teenoor 'n
                     sigbladprogram wat by verstek op die skootrekenaar geïnstalleer is.        (2)

         9.6.3       Die data van die elektroniese vorm is na 'n sigblad uitgevoer.
                     Die organiseerders wil vasstel hoeveel ouers 'n gradering van meer
                     as 7 vir al drie kriteria gegee het, m.a.w. Fliekgradering,
                     Lokaalgradering en Spysenieringsgradering.

                     Bestudeer die skermkopie hieronder en verduidelik waarom die
                     COUNTIF-funksie wat in die adresstaaf ('address bar') van sel E2
                     vertoon word, nie die korrekte antwoord gee nie.

                                                                                                (2)
                                                                                                [25]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2              15                         DBE/November 2020
                                            SS/NSS

VRAAG 10

Jou skool reël 'n reünie. Leerders wat die afgelope 50 jaar hier skoolgegaan het, sal
uitgenooi word.

10.1     'n Skakel ('link') na die uitnodiging sal na elke voormalige leerder gestuur
         word. Die antwoorde sal in 'n databasis vasgelê word.

         10.1.1      Die GPS-koördinate van die venue word by die uitnodiging ingesluit.

                     Verduidelik die konsep GPS. (MOENIE slegs die akroniem in
                     woorde skryf NIE.)                                                         (2)

         10.1.2      Watter e-poseienskap kan gebruik word om die skakel ('link')
                     gelyktydig na al die voormalige leerders te stuur?                         (1)

         10.1.3      Watter tipe toepassing kan gebruik word om die probleem van 'n
                     skakeladres ('link address') wat baie lank is, op te los?                  (1)

         10.1.4      Noem die databasisobjek ('database object') wat gebruik kan word
                     om 'n gedrukte opsomming van die getal mans en vroue wat verwag
                     word, te gee.                                                              (1)

         10.1.5      Gee TWEE sekerheidsmaatreëls ('security measures') om
                     vertroulikheid van die data van die gaste wat op die lys in die
                     databasis is, te verseker.                                                 (2)

10.2     Voormalige leerders kan op sosiale media gevind word en                       'n
         sosialemediablad sal gebruik word om inligting oor die reünie te deel.

         10.2.1      Gee TWEE redes waarom mense NIE sosialemedia-rekeninge wil
                     hê NIE.                                                                    (2)

         10.2.2      Noem TWEE riglyne wat by 'n skoolbeleid oor die gebruik van
                     sosiale media ingesluit kan word.                                          (2)

         10.2.3      Bespreek TWEE maniere waarop voormalige leerders opgespoor
                     kan word deur sosiale media te gebruik.                                    (2)

10.3     'n Dinee, gevolg deur 'n dans, sal vir die voormalige leerders gehou word.

         10.3.1      Noem TWEE tegnologieë wat gebruik kan word om die gaste te
                     identifiseer en by die dans toe te laat, behalwe vir biometriese
                     tegnologie.                                                                (2)

         10.3.2      Die gaste sal kos vanaf 'n spyskaarttoep ('app') wat op 'n tablet
                     geïnstalleer is, kan kies.

                     Gee TWEE redes waarom die bestuur van maaltydkeuses van 'n
                     spyskaarttoep makliker is as vanaf 'n gedrukte spyskaart.                  (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2               16                           DBE/November 2020
                                             SS/NSS

10.4     Die gaste sal toeps ('apps') vir aangepaste realiteit ('augmented reality/AR')
         vir vermaak gebruik.

         Noem TWEE maniere waarop aangepaste realiteit (AR) van virtuele realiteit
         ('virtual reality/VR') verskil.                                                        (2)

10.5     Daar sal 'n aanbieding oor die gebruik van die Internet van Dinge (IvD)
         ('Internet of Things/IoT') by die skool wees.

         Verduidelik die konsep Internet van Dinge (IvD).                                       (2)

10.6     Die gaste sal foto's met hulle slimfone neem.

         10.6.1      Foto's sal met gebruik van Bluetooth vanaf die gaste se slimfone na
                     'n skootrekenaar oorgedra word.

                     Noem TWEE voordele daarvan om die foto's kabelloos van die
                     slimfone na 'n skootrekenaar oor te dra eerder as om 'n USB-kabel
                     te gebruik om die foto's oor te dra.                                       (2)

         10.6.2      Al die foto's van die reünie sal by 'n PowerPoint-aanbieding ingesluit
                     word.

                     Wat kan jy doen om die lêergrootte van die PowerPoint-aanbieding
                     te verklein sonder om dit saam te pers?                                    (1)

         10.6.3      Die PowerPoint-aanbieding sal na die wolk ('cloud') opgelaai word.

                     Hoe kan hierdie aanbieding aan voormalige leerders, wat nie
                     toegang tot die internet het nie, beskikbaar gemaak word?                  (1)
                                                                                                [25]

                                                                  TOTAAL AFDELING C:            50
                                                                      GROOTTOTAAL:              150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Computer Application Technology P2 Nov 2020 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-p2-nov-2020-memo-eng/549aa96b-d6a9-4246-9d63-80e2ba254c10) — Computer Applications Technology · Memo · 2021 · Eng
- [CAT P2 GR12 QP SEPT2021 English](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr12-qp-sept2021-english/11ae334d-913d-4246-abdc-be3c7dffc6ce) — Computer Applications Technology · QP · 2021 · Eng
- [Computer Application Technology P2 May June 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-p2-may-june-2021-eng/f262d2a6-b39f-4f53-92a0-efc9f47b0e06) — Computer Applications Technology · QP · 2021 · Eng
- [Computer Applications Technology P2 Nov 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/computer-applications-technology-p2-nov-2022-afr/fb83ad7c-8c11-47cb-aa4d-2846fbd64cbc) — Computer Applications Technology · QP · 2022 · Afr
- [Computer Application Technology P2 Nov 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-p2-nov-2019-afr/fe86afd5-0b52-4fb3-964c-f5cb7a49bedb) — Computer Applications Technology · QP · 2019 · Afr
- [Computer Application Technology P2 Nov 2017 Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-p2-nov-2017-eng/6c8784b9-60df-4307-87e9-d5f335ee48d1) — Computer Applications Technology · QP · 2017 · Eng

## More from Grade 12 Computer Applications Technology

- [CAT P1 MEMO GR12 SEPT 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-memo-gr12-sept-2025-eng-watermark/9df1288f-0f95-46d9-8231-26c401ed1a1b) — Memo · 2025 · Eng
- [CAT P2 GR12 MEMO September 2025 - AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr12-memo-september-2025-afr-watermark/3e182b7b-5d5f-4afc-b54c-b286289512f6) — Memo · 2025 · Afr
- [Computer Applications Technology P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-applications-technology-p1-may-june-2025-mg-eng/8beb5c31-24fa-4cf4-b90c-aedcc234a4dd) — Memo · 2025 · Eng
- [CAT P1 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-memo-gr12-sept-2024-english/91df7fb9-ea6b-4fed-8f93-a1466ec697c3) — Memo · 2024 · Eng
- [Computer Applications Technology P2 May-June 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-computer-applications-technology-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-2-english/a32bb637-25b5-4469-8be9-e72527e65d8a) — Memo · 2024 · Eng
- [Computer Applications Technology P1 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-applications-technology-p1-nov-2023-eng/60311585-04c7-46dc-bcf6-87da09dc1ea5) — QP · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
