# Computer Applications Technology Grade 12 P2 2020 QP (Afr)

> Grade 12 Computer Applications Technology Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2020 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-p2-nov-2021-afr/e01397f8-2d75-4955-95b0-286ed7103f19
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Computer Applications Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2020
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 18

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Computer Applications Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/computer-applications-technology) › [Computer Applications Technology Grade 12 P2 2020 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-p2-nov-2021-afr/e01397f8-2d75-4955-95b0-286ed7103f19)

## About this document

Computer Applications Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2020. Question paper, 18 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                       GRAAD 12

                     REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2

                                  NOVEMBER 2021

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2          2                       DBE/November 2021
                                         NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit:

         AFDELING A (25)
         AFDELING B (75)
         AFDELING C (50)

2.       Beantwoord AL die vrae.

3.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

4.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

5.       MOENIE in die regterkantlyn van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE

6.       Laat 'n reël na ELKE subvraag oop.

7.       Daar word gewoonlik een punt per feit toegeken; 'n 2 punt-vraag sal dus
         TWEE feite vereis, ens.

8.       Lees die vrae aandagtig deur. MOENIE meer opsies gee as wat die vraag
         vereis nie aangesien dit NIE nagesien sal word NIE.

9.       Alle antwoorde MOET met Rekenaartoepassingstegnologie verband hou.

10.      Tensy dit anders gespesifiseer word, sal antwoorde soos 'goedkoper',
         'stadiger/vinniger', ens. NIE aanvaar word NIE.

11.      MOENIE handelsname in jou antwoorde gebruik NIE, tensy dit spesifiek
         vereis word.

12.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2             3                       DBE/November 2021
                                            NSS

AFDELING A

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.10) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.11 D.

1.1      Watter EEN van die volgende opsies laat toe dat data bruikbare inligting
         word?

         A     Rugsteun
         B     Verwerking
         C     Kommunikasie
         D     Stoor                                                                         (1)

1.2      … is 'n aanlyn inkomstebelastingopgawe-diens wat deur die Suid-Afrikaanse
         regering aan sy burgers gebied word.

         A     e-Filing
         B     e-Learning
         C     e-Portal
         D     e-Government                                                                  (1)

1.3      'n Rekenaar wat aan die internet gekoppel is en deur 'n kraker ('hacker') in
         gevaar gestel is, staan as 'n … bekend.

         A     bediener
         B     werkstasie
         C     zombie
         D     netskans ('firewall')                                                         (1)

1.4      Watter EEN van die volgende woorde sal 'n resultaat van 4 terugstuur
         wanneer dit saam met die LEN-funksie in 'n sigblad gebruik word?

         A     Array
         B     Text string
         C     Number
         D     Link                                                                          (1)

1.5      Watter EEN van die volgende opsies is NIE 'n funksie van die bedryfstelsel
         ('operating system') NIE?

         A     Bestuur rekenaarhardeware
         B     Verskaf wolkberging ('cloud storage')
         C     Verskaf die gebruikerskoppelvlak
         D     Bestuur die programme                                                         (1)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2                  4                  DBE/November 2021
                                                 NSS

1.6      …-tegnologie kan wildbewaarders help om wildstropingsaktiwiteite te monitor
         en op te spoor.

         A     Stelsel ('Systems')
         B     Blokkeerketting ('Blockchain')
         C     Bystands ('Assistive')
         D     Hommeltuig ('Drone')                                                          (1)

1.7      Die … -attribuut in HTML spesifiseer die afstand tussen die raam van 'n
         tabelsel en die teks binne die sel.

         A     selafwerking ('cellpadding')
         B     selinlynstelling ('cell align')
         C     selspasiëring ('cellspacing')
         D     selwydte ('cell width')                                                       (1)

1.8      Die datum en tyd wanneer 'n foto geneem is, kan in die … van die foto gevind
         word.

         A     resolusie
         B     metadata
         C     pixels
         D     aspekverhouding                                                               (1)

1.9      … gebruik spesiale hoëspoedgeheue om data wat dikwels gebruik word, te
         stoor om rekenaarwerkverrigting te verbeter.

         A     Sinchronisering ('Syncing')
         B     Rugsteun ('Backup')
         C     Samepersing ('Compression')
         D     Kasberging ('Caching')                                                        (1)

1.10     Watter kommunikasietegnologie stel 'n persoon in staat om sy/haar bankkaart
         op 'n toestel te tik om te betaal?
         A     LTE
         B     Wi-Fi
         C     NVK ('NFC')
         D     Bluetooth                                                                     (1)
                                                                                             [10]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2            5                          DBE/November 2021
                                           NSS

VRAAG 2: PASITEMS

Kies 'n term/begrip uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs
die letter (A–T) langs die vraagnommers (2.1 tot 2.10) in die ANTWOORDEBOEK
neer, bv. 2.11 U.

                    KOLOM A                                      KOLOM B
2.1      'n Wetlike ooreenkoms tussen 'n         A   SUMIF
         sagtewaremaatskappy en 'n gebruiker
         vir die gebruik van hulle sagteware     B   KI ('AI')

2.2      'n Nutsprogram wat spasie op 'n         C   RFID
         stoormedium beskikbaar kan stel
                                              D      moederbord
2.3      Die daad wanneer 'n bankrekening met
         gebruik van iemand anders se         E      uitvissing ('phishing')
         persoonlike besonderhede oopgemaak
         word                                 F      LAG ('ROM')

2.4      'n Sigbladfunksie wat op grond van 'n   G   netskans ('firewall')
         sekere voorwaarde die totale waardes
         in 'n reeks kan bereken                 H   voetnoot

2.5      Sagteware wat alle pogings om           I   USB-poort
         toegang tot jou rekenaar te kry, kan
         monitor                                 J   ELO ('EULA')

2.6      'n Tegnologie wat probeer om            K   'Disk Clean-Up'
         probleme op dieselfde manier as
         mense op te los                         L   antivirus

2.7      Data moet in hierdie tipe geheue gelaai M   OKH ('OCR')
         word voordat dit verwerk kan word
                                                 N   identiteitsdiefstal
2.8      'n Verwysing wat aan die einde van 'n
         bladsy in 'n woordverwerkings-          O   eindnota
         dokument gevind word
                                                 P   VW ('AR')
2.9      Tegnologie wat radiogolwe gebruik om
         met 'n etiket ('tag') wat aan 'n objek  Q   IF
         gekoppel is te kommunikeer
                                                 R   AGB ('AUP')
2.10     'n Stroombaanbord ('circuit board') wat
         foutief kan wees as jou rekenaar nie    S   defragmenteerder
         wil laai nie
                                                 T   ETG ('RAM')
                                                                                 (10 x 1)       [10]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2            6                         DBE/November 2021
                                           NSS

VRAAG 3: WAAR/ONWAAR-ITEMS

Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf 'waar' of 'onwaar' langs
die vraagnommers (3.1 tot 3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. Indien die stelling
waar is, skryf 'WAAR'. Indien die stelling onwaar is, skryf 'ONWAAR' en verander die
onderstreepte woord(e) om die stelling WAAR te maak.

GEEN punt sal toegeken word indien ONWAAR sonder 'n korrekte antwoord geskryf is
nie.

VOORBEELDE:

                    VRAAG                                  ANTWOORD
Die aanvanklike laai-instruksies ('start-up
instructions') word in die LAG ('ROM')           Waar
gestoor.
Sosiale ingenieurswese is die studie van die
ontwerp van toestelle vir die gemak en           Onwaar, Ergonomika
veiligheid van mense in ŉ werksomgewing.

3.1      'n Internetgebaseerde protokol vir die stuur en ontvang van webblaaie is
         www.                                                                                (1)

3.2      Sosiale netwerke skep 'n platform om groepe mense met dieselfde
         belangstellings met mekaar te verbind.                                              (1)

3.3      Smoring ('Throttling') veroorsaak dat sekere internetdienste voorkeur bo
         ander geniet.                                                                       (1)

3.4      Wanneer jy 'n dokument herstel ('restore'), sal die program-ikoon op die
         taakbalk ('task bar') verskyn en die dokument sal nie meer op die werkskerm
         ('desktop') vertoon nie.                                                            (1)

3.5      Lêereienskappe ('File properties') kan gebruik word om te sien op watter
         datum toegang tot 'n lêer verkry is.                                                (1)
                                                                                             [5]

                                                             TOTAAL AFDELING A:              25

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2               7                           DBE/November 2021
                                              NSS

AFDELING B

VRAAG 4: STELSELTEGNOLOGIEË

4.1      Wat is die doel van 'n produksleutel ('product key') wanneer sagteware
         geïnstalleer word?                                                                       (1)

4.2      Gee TWEE verskille tussen die gebruikerskoppelvlakke ('user interfaces') van
         skootrekenaars en slimfone.                                                              (2)

4.3      Verduidelik kortliks TWEE maniere om 'n flitsskyf ('flash drive') te herstel
         wanneer die bedryfstelsel rapporteer dat daar foute op is.                               (2)

4.4      Alle hardeware in 'n rekenaar benodig drywers om te kan werk.

         4.4.1       Wat is 'n drywer EN wat is die hooffunksie daarvan?                          (2)

         4.4.2       Waarom hoef jy NIE 'n drywer te installeer wanneer jy inprop-en-
                     speel('plug-and-play')-toestelle koppel NIE?                                 (1)

4.5      Die SD-kaart op jou kamera is vol.

         Watter toestel sou jy gebruik op die foto's na jou rekenaar op te laai sonder
         om jou kamera aan die rekenaar te koppel?                                                (1)

4.6      Gesondheidnaspoortoestelle ('Health trackers') word dikwels deur atlete en
         gesondheidsbewuste mense gedra.

         Noem TWEE tipes afvoer wat 'n gebruiker kan verwag om op sy/haar
         gesondheidnaspoortoestel te vind.                                                        (2)

4.7      Jy het 'n dokument wat jy graag aan 'n vriend wil stuur, op jou rekenaar
         geformateer.

         4.7.1       Gee TWEE redes waarom die dokument soms nie op jou vriend se
                     rekenaar sal vertoon op die manier waarop jy dit geskep het nie.             (2)

         4.7.2       Hoe kan jy seker maak dat 'n dokument wat jy op jou rekenaar skep,
                     op iemand ander se rekenaar sal vertoon soos wat jy dit geskep het?          (1)

4.8      Gee TWEE redes waarom die gebruik van aanlyn toepassings/sagteware
         gewild geword het.                                                                       (2)

4.9      Die gehalte van kameras op slimfone verbeter elke jaar.

         Verduidelik waarom slimfoonkameras nog nie toegewyde kameras in onbruik
         laat verval het nie.                                                                     (2)

4.10     Gee TWEE redes vir die gebruik van stemherkenningsagteware.                              (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2             8                         DBE/November 2021
                                            NSS

4.11     Noem TWEE moontlike probleme wat met 3D-druk geassosieer word.                       (2)

4.12     Opwipvensters ('Pop-ups') kan skielik in die deurblaaier('browser')-venster
         verskyn wanneer jy op die internet blaai.

         4.12.1      Gee TWEE nadele van opwipvensters wat op 'n webblad in 'n
                     deurblaaiervenster verskyn, behalwe dat dit vir die gebruiker
                     steurend en irriterend is.                                               (2)

         4.12.2      Waarom blokkeer 'n opwipvensterblokkeerder ('pop-up blocker') nie
                     outomaties alle opwipvensters nie?                                       (1)
                                                                                              [25]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2              9                          DBE/November 2021
                                             NSS

VRAAG 5: INTERNET- EN NETWERKTEGNOLOGIEË

5.1      Gee TWEE voordele van ruitnetrekenarisering ('grid computing').                         (2)

5.2      Gee TWEE ooreenkomste tussen SoIP ('VoIP') en stroming.                                 (2)

5.3      Bestudeer die diagram hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         5.3.1       Noem die tegnologie wat deur die diagram hierbo voorgestel word.            (1)

         5.3.2       Wat word deur die pyltjies in die diagram verteenwoordig?                   (1)

         5.3.3       Noem EEN bekommernis wat rondom die tegnologie in die diagram
                     hierbo kan ontstaan.                                                        (1)

5.4      Waarom sou jy 'n deurblaaier-byvoeging ('browser add-on') gebruik?                      (1)

5.5      Gee EEN rede waarom jy die tuisbladinstellings ('home page settings') in 'n
         deurblaaier sal verstel.                                                                (1)

5.6      Vanuit die oogpunt van 'n eindgebruiker, verduidelik TWEE nadele daarvan
         om die deurblaaiergeskiedenis en kasgeheue ('cache') uit te vee.                        (2)

5.7      Verduidelik die konsep van 'n limiet ('cap') in die konteks van internettoegang.        (2)

5.8      Stel TWEE voordele voor om die kalender in 'n webgebaseerde e-poskliënt te
         sinchroniseer.                                                                          (2)
                                                                                                 [15]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2              10                        DBE/November 2021
                                             NSS

VRAAG 6: INLIGTINGSBESTUUR

6.1      Verduidelik waarom dit belangrik is om huidige ('current') inligting vir
         navorsing te gebruik en nie op inligting wat oud is, staat te maak nie.               (1)

6.2      Gee TWEE moontlike negatiewe invloede op die samelewing as gevolg van
         navorsing wat op fopnuus ('fake news') gebaseer is.                                   (2)

6.3      Bespreek TWEE redes waarom jy NIE blogs as bronne vir akademiese
         navorsing moet gebruik NIE.                                                           (2)

6.4      Meningsopnames ('Surveys') word in die algemeen gebruik om inligting in te
         samel.

         6.4.1       Gee EEN rede waarom jy 'n meningsopname sal doen in plaas
                     daarvan om navorsing op die internet te doen.                             (1)

         6.4.2       Gee TWEE verskillende maniere waarop 'n meningsopname gedoen
                     kan word sonder dat die respondent op dieselfde fisiese plek is as
                     die persoon wat die vrae stel.                                            (2)

6.5      Noem TWEE oorwegings wanneer jy 'n gebruikersvriendelike en goed
         saamgestelde webtuiste ontwerp.                                                       (2)
                                                                                               [10]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2               11                            DBE/November 2021
                                              NSS

VRAAG 7: SOSIALE IMPLIKASIES

7.1      Gee die term vir 'n tipe kwaadwillige sagteware ('malware') wat ontwerp is om
         toegang tot jou rekenaarstelsel en lêers te enkripteer of te blokkeer ('encrypt')
         totdat jy 'n som geld betaal.                                                                  (1)

7.2      Waarom gaan werwingsagentskappe                die   sosialemedia-rekeninge         van
         werksoekers na?                                                                                (1)

7.3      Sommige gratis toeps ('free apps') is nie regtig gratis nie.

         Gee EEN rede wat die stelling hierbo ondersteun.                                               (1)

7.4      Verduidelik hoe gebruikersgesentreerde ontwerp ('user-centred design/UCD')
         toegepas kan word wanneer 'n elektroniese vorm geskep word wat deur
         swaksiende persone gebruik sal word.                                                           (2)

7.5      Gee TWEE maatreëls om te voorkom dat kuberkriminele toegang tot 'n
         rekenaarstelsel kry.                                                                           (2)

7.6      Bestudeer die diagram hieronder wat 'n groep op sosiale media voorstel.
                     Vincent
                                                         PC-speletjies

                                   Lerato                          Sagteware-
                                                                  ontwikkelings-
                                                                   programme

                     Thando                     Koos

                                                                     Kletsrym-
                                                       hou van    ('rap') musiek
                                            Lucy

         7.6.1        Wat is die doel van hierdie diagram?                                              (1)

         7.6.2        Stel 'n produk voor wat vir hierdie spesifieke sosiale groep
                      geadverteer kan word. Motiveer jou antwoord.                                      (2)
                                                                                                        [10]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2               12                         DBE/November 2021
                                              NSS

VRAAG 8: OPLOSSINGSONTWIKKELING

8.1      Gee TWEE redes waarom jy die woordafbreking('hyphenation')-eienskap in 'n
         woordverwerkingsdokument sal gebruik.                                                    (2)

8.2      'n Diagram wat vyf verskillende vorme gebruik, is in 'n woordverwerkings-
         dokument geskep.

         Hoe sal jy hierdie diagram na 'n nuwe posisie in die dokument skuif sodat dit
         as een volledige diagram beweeg?                                                         (1)

8.3      Hoe sal jy AL die teks uit 'n ander lang dokument in 'n bestaande
         woordverwerkingsdokument invoeg sonder om die kopieer-en-plak('copy and
         paste')-metode te gebruik?                                                               (1)

8.4      Bestudeer die 'Mail Merge Recipients'-dialoogblok hieronder en beantwoord
         die vrae wat volg:

         8.4.1       Verduidelik die doel van die 'Then by'-opsie in die 'Filter and Sort'-
                     dialoogblokkie.                                                              (1)

         8.4.2       Sommige rekords in die 'Subject'-kolom is uitgesluit omdat dit nie in
                     die 'Mail Merge Recipients'-dialoogblokkie gemerk is nie, soos hierbo
                     getoon.

                     Verduidelik hoe jy dieselfde resultaat kan verkry sonder om die
                     regmerkie ('tick') met die hand te verwyder ('uncheck') of om die
                     merkblokkie te deselekteer.                                                  (2)
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2             13                          DBE/November 2021
                                            NSS

8.5      Die sigbladvenster ('spreadsheet window') in die prent hieronder vertoon nie
         die volle geneste IF in die formulestaaf ('formula bar') vir sel K1 nie, soos
         hieronder getoon.

         Verduidelik TWEE maniere waarop jy die hele funksie sal kan sien.                       (2)

8.6      In die prent hieronder, bevat die selle in kolom D 'n funksie wat na selle in
         kolom C verwys.

         Noem die funksie wat in kolom D gebruik is om die getalle in kolom C sonder
         die voorafgaande nulle te vertoon.                                                      (1)

8.7      Watter datatipe in 'n databasistabel word met die invoer van 'n prent in 'n veld
         geassosieer?                                                                            (1)

8.8      'n Veld in 'n databasistabel vereis die invoer van 'n getal in die reeks van
         100 na 200.

         Watter datavalideringstegniek ('data validation technique') sou jy gebruik om
         seker te maak dat 'n waarde wat ingevoer word, aan die kriteria voldoen?                (1)

8.9      Beskryf die afvoer ('output') van die volgende HTML-kode deur na die vorm
         EN die element wat op die webblad vertoon sal word, te verwys:

                            <img src="1.jpg" width="250" height="250">                           (2)

8.10     Wat is die doel daarvan om 'n horisontale lyn ('horizontal rule/line') in te voeg
         wanneer 'n webblad geskep word?                                                         (1)
                                                                                                 [15]

                                                                TOTAAL AFDELING B:               75

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2             14                        DBE/November 2021
                                            NSS

AFDELING C

VRAAG 9: GEÏNTEGREERDE SCENARIO

Jou skool het aangebied om 'n leidende rol te neem in die gebruik van IKT's ('ICTs')
om leerders te help om hulle uitslae te verbeter. Leerders sal aanlyn hulp kan kry of
sal fisies oor naweke klasse kan bywoon.

9.1      Die skoolbestuur wil graag skootrekenaars ('laptops') vir 'n rekenaarsentrum
         koop wat vir selfstudie of navorsingsdoeleindes gebruik sal word.

         9.1.1       Hoe sal die skool se IT-tegnikus sagteware op die skootrekenaars
                     laai as die skool besluit om skootrekenaars te koop wat NIE
                     CD/DVD-aandrywers het NIE?                                               (2)

         9.1.2       Noem EEN hardeware-spesifikasie wat gebruik kan word om te keer
                     dat ander mense toegang tot 'n skootrekenaar kan kry en dit
                     gebruik.                                                                 (1)

         9.1.3       Verduidelik die konsep van mobiele leer ('mobile learning') EN
                     waarom dit by die hulpprogram ingesluit moet word.                       (2)

         9.1.4       'n Dataprojektor kan nie aan 'n skootrekenaar koppel nie, al werk
                     beide toestelle perfek.

                     Stel EEN rede voor waarom die dataprojektor nie aan die
                     skootrekenaar kan koppel nie EN gee 'n moontlike oplossing om die
                     probleem op te los.                                                      (2)

9.2      Die skool beplan om 'n sigblad te skep om klasbywoningsdata vas te lê.

         9.2.1       Watter aanlyn stelsel kan die skool gebruik vir leerders om hulle
                     bywoningsbesonderhede te kan indien ('submit') sodat die
                     onderwysers die response outomaties in 'n sigblad sal ontvang? Jy
                     mag 'n handelsnaam in jou antwoord gebruik.                              (1)

         9.2.2       Stel EEN sigbladeienskap voor wat gebruik kan word om 'n patroon
                     in die bywoningsgedrag van die leerders aan te dui.                      (1)

         9.2.3       Die skermkopie hieronder toon hoe leerderbywoning vir elke
                     naweek in 'n sigblad vasgelê is.

                     Gee EEN sigbladfunksie wat gebruik kan word om vas te stel
                     hoeveel leerders op 'n spesifieke datum afwesig was.                     (1)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2              15                        DBE/November 2021
                                             NSS

9.3      Gee TWEE redes waarom 'n netwerk in die rekenaarsentrum opgestel word.                (2)

9.4      Internettoegang sal in die rekenaarsentrum verskaf word.

         9.4.1       Bespreek TWEE redes waarom die skool 'n veselverbinding ('fibre
                     connection') vir internettoegang in die rekenaarsentrum behoort te
                     gebruik.                                                                  (2)

         9.4.2       Noem TWEE maniere om te verseker dat leerders nie die
                     internettoegang misbruik nie.                                             (2)

9.5      Onderwysers beplan om videokonferensies te gebruik om aanlyn lesse met
         leerders te doen.

         9.5.1       Noem TWEE hardewaretoestelle wat elke rekenaar moet hê om
                     videokonferensies moontlik te maak.                                       (2)

         9.5.2       Gee TWEE voorbeelde van sagteware wat gebruik kan word om
                     videokonferensies te hou. Jy mag handelsname in jou antwoord
                     gebruik.                                                                  (2)

         9.5.3       Noem EEN manier waarop leerders hulle datagebruik tydens 'n
                     videokonferensie kan verminder.                                           (1)

9.6      Die skoolbestuur sal oor die sukses van die ingrypingsprogram moet
         rapporteer.

         9.6.1       Die skoolsekretaresse het 'n teksdokument in 'n sigbladprogram
                     voorberei.

                     Gee TWEE redes waarom 'n sigbladprogram minder geskik as 'n
                     woordverwerker vir hierdie taak is.                                       (2)

         9.6.2       Watter aansig('View')-opsie in 'n woordverwerker sal die
                     sekretaresse toelaat om die opskrifte te sien en die aanwyser
                     ('cursor') vinnig na die posisie van 'n opskrif in die dokument te
                     beweeg?                                                                   (1)

         9.6.3       Gee EEN woordverwerkingseienskap wat gebruik kan word om
                     bronne in 'n dokument te erken.                                           (1)
                                                                                               [25]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2              16                        DBE/November 2021
                                             NSS

VRAAG 10: GEÏNTEGREERDE SCENARIO

Die hoof vra jou om navorsing te doen en om maniere voor te stel om die impak van
beurtkrag ('load shedding') op die IKT-toerusting van die skool te verminder.

10.1     Toe jy begin het om vir oplossings op die internet te soek, het die volgende
         boodskap verskyn:

             Do more with Microsoft Edge

         10.1.1      Verduidelik die rede vir die boodskap om die verstekdeurblaaier
                     ('default browser') te verander.                                          (1)

         10.1.2      Noem die bedryfstelsel ('operating system') wat met die Edge-
                     deurblaaier geassosieer word.                                             (1)

         10.1.3      Gee TWEE maniere waarop jy inligting wat op 'n webtuiste gevind
                     word, sal evalueer.                                                       (2)

         10.1.4      Jy het 'n geskikte webtuiste oor beurtkragoplossings gevind, maar
                     het nie tyd gehad om dit onmiddellik te lees nie.

                     Watter deurblaaier-eienskap sal jy gebruik sodat jy in die toekoms
                     vinnig toegang tot daardie webtuiste kan kry?                             (1)

10.2     Die skoolhoof het jou gevra om moontlike OKT('UPS')-oplossings vir die
         rekenaarsentrum tydens beurtkrag na te vors.

         10.2.1      Noem TWEE funksies van 'n OKT ('UPS').                                    (2)

         10.2.2      Verduidelik die doel van 'n twee-stap-egtheidsverklaring('two-step
                     authentication')-proses indien die OKT aanlyn gekoop en betaal
                     word.                                                                     (1)

         10.2.3      Gee EEN voorbeeld van 'n twee-stap-egtheidsverklaring-
                     kennisgewing tydens aanlyn aankope.                                       (1)

         10.2.4      Noem die toestel wat aan die OKT ('UPS') gekoppel moet word om
                     seker te maak dat die rekenaarsentrum tydens beurtkrag
                     internettoegang sal hê.                                                   (1)

10.3     Die skoolhoof wil graag maniere ondersoek om tydens beurtkrag aan die
         internet te koppel.

         10.3.1      Noem die draadlose tegnologie wat internettoegang sal toelaat deur
                     kommunikasietorings wat batteryrugsteun het.                              (1)

         10.3.2      Noem TWEE maniere waarop jy kan verifieer dat die skool aan die
                     internet kan koppel via 'n spesifieke verbinding wat
                     kommunikasietorings met 'n batteryrugsteun gebruik.                       (2)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2              17                          DBE/November 2021
                                             NSS

10.4     Jy het die kragvoorsiener se beurtkragskedule afgelaai om te sien hoe jou
         skool en woongebied beïnvloed word.

         Bestudeer die skermkopie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         10.4.1      Hoe is dit moontlik dat ry 63 direk na ry 7 in die skermkopie volg?         (1)

         10.4.2      Verduidelik waarom die inhoud van sel B65 NIE as 'n datum
                     vertoon NIE, al is die formule '=DAY(TODAY())' gebruik.                     (1)

         10.4.3      Watter sigbladeienskap kon gebruik word om meervoudige selle in
                     die reeks G4:P7 op een slag te formateer?                                   (1)

10.5     Party mense verkies 'n beurtkragtoep ('app') wat waarskuwings sal stuur as
         daar veranderinge aan die beurtkragskedule is.

         10.5.1       Watter toep ('app') op jou slimfoon laat jou toe om meer toeps af
                      te laai en te installeer? Jy mag 'n handelsnaam in jou antwoord
                      gebruik.                                                                   (1)

         10.5.2       Watter tegnologie sal die toep gebruik om outomaties vir jou die
                      skedule te gee vir die gebied waarin jy op die oomblik is?                 (1)

         10.5.3       Noem TWEE maniere waarop onderwysers kan keer dat onderrig-
                      en leertyd vermors word wanneer 'n rekenaar gebruik word as
                      hulle weet wanneer beurtkrag sal plaasvind.                                (2)

10.6     Maak 'n voorstel hoe om elektrisiteit wat deur IKT's by jou skool gebruik
         word, te verminder.

         Gebruik die volgende aspekte in jou antwoord:
            Hardeware
            Sagteware
            Gebruikersgedrag                                                                    (3)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2            18                        DBE/November 2021
                                           NSS

10.7     Sekere programme op die skool se rekenaars moet outomaties gedurende
         die dag loop.

         Watter nutsprogram ('utility') kan gebruik word om seker te maak dat hierdie
         programme NIE gedurende beurtkragtye loop NIE?                                   (1)

10.8     Die anti-kwaadwillige-sagteware('anti-malware')-program is opgestel om op
         te dateer sodra die rekenaarsentrum ná beurtkrag aanlyn kom om moontlike
         infeksies te voorkom.

         Noem die tipe kwaadwillige sagteware ('malware') wat gebruikers kul sodat
         hulle op 'n item klik wat 'n skakel na 'n ander webtuiste versteek.              (1)
                                                                                          [25]

                                                             TOTAAL AFDELING C:           50
                                                                 GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Computer Application Technology P1 Nov 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-p1-nov-2021-afr/1470e04d-3b82-4358-bb65-bb03f0dfd093) — Computer Applications Technology · QP · 2020 · Afr
- [Computer Application Technology P1 Nov 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-p1-nov-2021-eng/16875b30-a18d-4a9a-b7ea-711d6393e5a4) — Computer Applications Technology · QP · 2020 · Eng
- [CAT P2 GR12 QP SEPT2020 English](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr12-qp-sept2020-english/497f003b-193b-4666-867a-4761ef9d3e33) — Computer Applications Technology · QP · 2020 · Eng
- [Computer Applications Technology P2 Nov 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/computer-applications-technology-p2-nov-2022-afr/fb83ad7c-8c11-47cb-aa4d-2846fbd64cbc) — Computer Applications Technology · QP · 2022 · Afr
- [Computer Application Technology P2 Nov 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-p2-nov-2019-afr/fe86afd5-0b52-4fb3-964c-f5cb7a49bedb) — Computer Applications Technology · QP · 2019 · Afr
- [Computer Application Technology P2 Nov 2017 Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-p2-nov-2017-eng/6c8784b9-60df-4307-87e9-d5f335ee48d1) — Computer Applications Technology · QP · 2017 · Eng

## More from Grade 12 Computer Applications Technology

- [CAT P1 MEMO GR12 SEPT 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-memo-gr12-sept-2025-eng-watermark/9df1288f-0f95-46d9-8231-26c401ed1a1b) — Memo · 2025 · Eng
- [CAT P2 GR12 MEMO September 2025 - AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr12-memo-september-2025-afr-watermark/3e182b7b-5d5f-4afc-b54c-b286289512f6) — Memo · 2025 · Afr
- [Computer Applications Technology P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-applications-technology-p1-may-june-2025-mg-eng/8beb5c31-24fa-4cf4-b90c-aedcc234a4dd) — Memo · 2025 · Eng
- [CAT P1 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-memo-gr12-sept-2024-english/91df7fb9-ea6b-4fed-8f93-a1466ec697c3) — Memo · 2024 · Eng
- [Computer Applications Technology P2 May-June 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-computer-applications-technology-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-2-english/a32bb637-25b5-4469-8be9-e72527e65d8a) — Memo · 2024 · Eng
- [Computer Applications Technology P1 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-applications-technology-p1-nov-2023-eng/60311585-04c7-46dc-bcf6-87da09dc1ea5) — QP · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
