# Computer Applications Technology Grade 12 P1 2019 QP (Afr)

> Grade 12 Computer Applications Technology Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2019 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/computer-applications-technology-p1-may-june-2019-afr/afe426b4-a396-428b-b78c-94f7c0930098
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Computer Applications Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 19

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Computer Applications Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/computer-applications-technology) › [Computer Applications Technology Grade 12 P1 2019 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/computer-applications-technology-p1-may-june-2019-afr/afe426b4-a396-428b-b78c-94f7c0930098)

## About this document

Computer Applications Technology · Grade 12 · NSC June Exam · 2019. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                     REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1

                                        2019

                                                                       PUNTE: 180

                                                                           TYD: 3 uur

           Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye, 'n HTML-merkersblad,
             'n toevoermasker-karakterblad en 'n aparte inligtingsblad.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1               2                                 DBE/2019
                                            SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       As gevolg van die aard van hierdie praktiese eksamen is dit belangrik om
         daarop te let dat, selfs as jy die eksamen vroeg klaarmaak, jy NIE toegelaat
         sal word om die eksamenlokaal te verlaat voordat al die administratiewe
         funksies wat met die eksamen geassosieer word, gefinaliseer is NIE.
         Gedurende die eksamen sal die normale reëls oor die verlating van die
         eksamenlokaal geld.

2.       As jy op die netwerk werk, of die datalêers vooraf gelaai is, moet jy die
         instruksies volg wat deur die toesighouer/onderwyser gegee word. Anders sal
         die toesighouer 'n CD/DVD/geheueskyf ('flash drive') met al die lêers wat vir
         die eksamen benodig word, aan jou gee. Indien 'n CD/DVD/geheueskyf ('flash
         drive') aan jou uitgereik is, moet jy jou sentrumnommer en eksamennommer
         op die CD/DVD/geheueskyf ('flash drive') skryf.

3.       Aan die einde van die eksamen moet jy die CD/DVD/geheueskyf ('flash drive')
         inlewer wat deur die toesighouer aan jou gegee is, met AL jou antwoordlêers
         daarop gestoor, OF jy moet seker maak dat AL jou antwoordlêers op die
         netwerk/rekenaar gestoor is, soos wat deur die toesighouer/onderwyser aan
         jou verduidelik is.

4.       Maak absoluut seker dat al die lêers gelees kan word. MOENIE onnodige
         lêers/lêergidse stoor NIE en MOENIE duplikaat-antwoordlêers/-lêergidse
         inlewer NIE. MOENIE enige oorspronklike lêers waarop jy nie gewerk het
         nie, verwyder NIE.

5.       Die inligtingsblad wat saam met die vraestel verskaf word, MOET NA
         AFLOOP VAN DIE DRIE-UUR-EKSAMENSESSIE INGEVUL WORD. Lewer
         dit aan die einde van die eksamen by die toesighouer in.

6.       'n Kopie van die meesterlêers ('master files') sal by die toesighouer
         beskikbaar wees. Indien daar enige probleme met 'n lêer is, mag jy die
         toesighouer vir 'n ander kopie vra.

7.       Hierdie vraestel bestaan uit SEWE vrae. Beantwoord AL die vrae.

8.       Lees deur elke vraag voordat jy dit beantwoord of die probleem oplos.
         MOENIE meer doen as wat die vraag vereis NIE.

9.       Maak seker dat jy elke dokument stoor deur die lêernaam wat in die vraestel
         gegee word, te gebruik. Stoor jou werk gereeld as 'n voorsorgmaatreël teen
         moontlike kragonderbrekings.

10.      Jy mag GEEN hulpbronmateriaal gebruik NIE.

11.      Akkuraatheid sal in berekening gebring word, bv. indien 'n vraag vereis dat
         die antwoord in sel F3 in 'n sigblad moet wees, en jy voer die antwoord in sel
         G4 in, sal dit NIE nagesien word NIE.

12.      Maak seker dat die streeksinstellings ('regional settings') op 'South Africa'
         ingestel is en dat datum- en tydinstellings, nommerinstellings en
         geldeenheidsinstellings ('currency settings') korrek ingestel is.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1                3                                  DBE/2019
                                             SS/NSS

13.      Vir alle woordverwerkingsvrae moet jy die taal op 'English (South Africa)' stel.
         Neem aan dat die papiergrootte A4 Portret ('Portrait') is, tensy anders
         aangedui. Gebruik sentimeters as meeteenheid.

14.      Formules en/of funksies moet vir ALLE berekeninge in sigbladvrae gebruik
         word. Gebruik absolute selverwysings slegs waar nodig, om seker te maak
         dat formules korrek is wanneer jy dit na ander selle in 'n sigblad kopieer.

         LET WEL:       Alle formules en/of funksies moet só ingevoeg word dat die
                        korrekte resultate steeds verkry sal word, selfs as veranderinge
                        aan die bestaande data gemaak word.

15.      Jy mag NIE 'n woordverwerkingsprogram soos Word gebruik om die HTML-
         vraag te beantwoord NIE.

16.      Die eksamenlêergids/CD/DVD/geheueskyf ('flash drive’) wat jy saam met
         hierdie vraestel ontvang, bevat die lêers wat hieronder aangedui word. Maak
         seker dat jy al die lêers het voordat jy met hierdie eksamen begin.

            1Street                              Woordverwerkingslêer
            2Donations                           Woordverwerkingslêer
            2Donors                              Sigblad
            3Comp                                Sigblad
            4Entries                             Sigblad
            5Gallery                             Databasis
            5Street                              Prent
            6_1                                  Prent
            6_2                                  Prent
            6_3                                  Prent
            6_4                                  Prent
            6_5                                  Prent
            6_Art                                Prent
            6Famous                              HTML-lêer
            7Art                                 Sigblad
            7Europe                              HTML-lêer
            7Globe                               Woordverwerkingslêer
            7Logo                                Woordverwerkingslêer

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1                     4                                      DBE/2019
                                                  SS/NSS

SCENARIO

Die kunskomitee in jou woonbuurt wil kuns gebruik om die strate te versier. Jy is gevra
om hulle inligting oor straatkuns te gee.

VRAAG 1: WOORDVERWERKING

Maak die 1Street-woordverwerkingsdokument, wat inligting oor straatkuns bevat, oop
en voeg jou eksamennommer in die bladsyboskrif ('header') of bladsyonderskif
('footer') in.

1.1      Verander die voorblad ('cover page') soos volg:

         1.1.1       Voeg die teks 'Street' by die 'Title'-inhoudkontrole ('content control')
                     in.                                                                                   (1)

         1.1.2       Verander die fontgrootte van die 'A' na 200 pt.                                       (1)

         1.1.3       Vertoon SLEGS die binnerame van die tabel in 'n rooi kleur.                           (2)

         1.1.4       Stel die prent in die onderste sel links in die tabel inlyn sodat dit in
                     die middel van die sel vertoon.                                                       (1)

1.2      Die inskrywing 'http://www.widewalls.ch/defining-street-art/' moet NIE in die
         inhoudsopgawe ('table of contents') op die tweede bladsy vertoon NIE.

         Maak die nodige veranderinge                sodat    die    inskrywing     NIE    in   die
         inhoudsopgawe sal vertoon NIE.

         Dateer die inhoudsopgawe op.                                                                      (2)

1.3      Verander die onderste bladsykantruimte na 2 cm vanaf die onderkant, vanaf
         bladsy 3 en verder.                                                                               (2)

1.4      Vind die paragraaf wat met 'What exactly is …' begin en met '… go from
         here?' op die derde bladsy eindig.

         1.4.1       Verander die paragraaf se lynspasiëring na ten minste 20 pt ('20 pt
                     at least').                                                                           (2)

         1.4.2       Verander die inkeping ('indentation') om soos volg te vertoon:

                         What exactly is the question we are facing here? How would it be
                         possible to define street art? It could be argued that it is a question
                         for art historians or cultural theorists. However, the first group of
                         thinkers seems to be in need of a temporal distance – there has to
                                                                                                           (2)

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1                 5                                  DBE/2019
                                              SS/NSS

1.5      Daar word na die dekades verwys as 1970's, 1980's, ens. Gebruik 'n
         woordverwerkingseienskap om die afkappingsteken tussen die dekades en
         die 's' te verwyder, bv. 1970s.

         WENK: Gebruik 0 en nie die volle jaartal nie.                                             (3)

1.6      Verhelder ('highlight') die teks waarna die boekmerk 'Graffiti' verwys met
         enige kleur van jou keuse.                                                                (1)

1.7      Vind die prent ná die opskrif 'Repetition and Evolution'.

         Voeg 'n outomatiese byskrif ('caption') met die teks 'Art 1: Vhils process' in EN
         vertoon die byskrif bokant die prent.                                                     (3)

1.8      Verander die genommerde lys na die opskrif 'Defining Street Art Does (not)
         Have a Conclusion' na 'n kolpuntlys ('bulleted list').

         Gebruik die simbool '' (Wingdings 2, karakterkode 147) vir die kolpunt.                  (2)

1.9      Voeg 'n outomatiese figuurtabel in ná die teks 'Table of Figures' op die laaste
         bladsy om slegs die 'Figure'-prente te vertoon.                                           (2)

1.10     Verwyder die bron ('source'), 'Banksy, J.R.; Just Google it', uit die bronne
         ('sources').                                                                              (1)

1.11     Voeg 'n outomatiese bibliografie op die laaste bladsy in.                                 (1)

1.12     Voeg bladsynommers soos volg in die bladsyonderskrif in:

            Gebruik enige 'Mosaic'-bladsynommeringstyl.
            Stel die ongelyke bladsynommers links van die bladsyonderskrif ('footer')
             in lyn.
            Stel die gelyke bladsynommers regs van die bladsyonderskrif ('footer') in
             lyn.                                                                                  (4)

Stoor en maak die 1Street-dokument toe.                                                            [30]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1                    6                                   DBE/2019
                                                 SS/NSS

VRAAG 2: WOORDVERWERKING

Maak die 2Donations-woordverwerkingsdokument, wat inligting bevat oor skenkings
vir kuns wat deur Banksy geskep is, oop en voeg jou eksamennommer in die
bladsyboskrif ('header') of bladsyonderskif ('footer') in.

2.1      Korrigeer die spelfout in die dokument.                                                       (1)

2.2      Verander die vormkontrole langs die teks 'Date' op die eerste bladsy om die
         huidige datum ('current date') in die formaat dd MMMM yyyy te vertoon.                        (2)

2.3      Vind die teks wat met '1. Set an example' begin en met '… others who need
         it.' eindig.

            Formateer hierdie teks om in vier kolomme te verskyn.
            Maak seker dat 'n genommerde opskrif boaan elke kolom verskyn.                            (2)

2.4      Voeg soos volg 'n eindnoot ('endnote') langs die teks 'Utopia' in:

            Gebruik Romeinse syfers in hoofletters vir die nommerformaat.
            Voeg die teks 'Perfect world' as die eindnoot by.
            Voeg die eindnoot aan die einde van die seksie by.                                        (4)

2.5      Vind die tabel onder die teks 'Choose an …' en doen die volgende:

         2.5.1       Pas enige tabelstyl, buiten die 'Table Grid'-styl, op die tabel toe.              (1)

         2.5.2       Vervang die -simbool in die tweede ry van die tweede kolom met
                     'n geskikte vormveld.                                                             (2)

         2.5.3       Voeg helpteks by die teksblokkievormveld in die tweede ry van die
                     derde kolom van die tabel by sodat, as F1 gedruk word, die teks
                     'Enter amount' vertoon.                                                           (2)

         2.5.4       Vervang die teks 'Insert calculation' in die laaste ry van die tabel met
                     'n formule wat die totale bedrag van die donasies bereken.                        (2)

         Stoor die 2Donations-dokument, maar MOENIE dit toemaak NIE.

2.6      Hierdie dokument sal na spesifieke ontvangers gestuur word. Gebruik die
         2Donors-sigblad as die databron vir 'n possamevoeging ('mail merge').

            Selekteer slegs die skenkers wat R50 000 of meer geskenk het.
            Verwyder Roland Lewis vanaf die ontvangerlys ('recipient list') in die
             possamevoeging.
            Vervang die teks <<Name>> <<Surname>> aan die einde van die
             dokument met die saamvoegvelde ('merge fields') Name en Surname.
            Stoor die dokument voordat die possamevoeging voltooi word.
            Voltooi die possamevoeging en stoor die nuwe saamgevoegde dokument
             as 2Merged.                                                                               (4)

Stoor en maak die 2Donations-dokument toe.                                                             [20]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1                  7                                 DBE/2019
                                               SS/NSS

VRAAG 3: SIGBLAD

LET WEL:

     Gebruik formules en/of funksies vir ALLE berekeninge in die sigblad.
     Gebruik absolute selverwysings SLEGS waar nodig om seker te maak dat formules
      korrek is wanneer jy dit na ander selle in dieselfde kolom kopieer (afkopieer/'copy
      down').
     Voeg alle formules en/of funksies op só 'n manier in dat die korrekte resultate
      steeds verkry sal word, selfs al word veranderinge aan die bestaande data gemaak.
     Gebruik die toegekende spasie in die sigblad indien jy boublokke wil gebruik.

Jy is gevra om met die administrasie van die Street Art-kompetisie te help.

Maak die 3Comp-sigblad oop.

Werk in die Entries_Inskrywings-werkblad.

3.1        Voeg selle A1:M1 saam en sentreer die data vertikaal.                                   (2)

3.2        Vul die selle A1:M1 met enige blou patroon van jou keuse.                               (2)

3.3        Gaan voort met die nommeringpatroon in selle A3:A6 gegee om 'n nommer
           aan ELKE deelnemer toe te ken.                                                          (1)

3.4        Voeg 'n formule in sel D3 in om slegs die deelnemers se voorletters vanaf
           kolom B te vertoon.

           LET WEL: Sommige deelnemers het meer as een voorletter.                                 (5)

3.5        Voeg 'n formule in sel F4 in om soos volg 'n unieke kode aan elke deelnemer
           toe te ken:

              Die waarde in sel A4, gevolg deur
              Die provinsie in sel E4, gevolg deur
              'n Ewekansig ('random') gegenereerde tweesyfer-nommer                               (5)

3.6        Gebruik 'n funksie in sel G5 om die volle naam van die provinsie vir die kode
           in sel E5 te bepaal.

           Gebruik die data in die Province_Provinsie-werkblad en maak seker dat die
           formule korrek sal werk wanneer dit na die res van die selle gekopieer word.            (5)

3.7        Voeg 'n funksie in sel M3 in om die gemiddelde punt van die drie rondes in
           selle J3:L3 te bepaal.

           Formateer die antwoord om geen desimale plekke te vertoon nie.                          (3)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1             8                                DBE/2019
                                          SS/NSS

3.8      Die wenner van die kompetisie sal 31 dae ná die sluitingsdatum aangekondig
         word, bv. as die sluitingsdatum 30/07/2019 is, sal die aankondiging op
         30/08/2019 gedoen word.

         Bepaal die datum in sel P2 waarop die wenner aangekondig sal word deur
         die datum in sel P1 en toepaslike DATE-funksies te gebruik.                         (4)

Werk in die Subtotal-werkblad.

3.9      Gebruik die SUBTOTAL-eienskap om die maksimum totale punt vir elke
         kategorie te vertoon.                                                               (3)

Stoor en maak die 3Comp-sigblad toe.                                                         [30]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1                 9                                   DBE/2019
                                              SS/NSS

VRAAG 4: SIGBLAD

LET WEL:

     Gebruik formules en/of funksies vir ALLE berekeninge in die sigblad.
     Gebruik absolute selverwysings SLEGS waar nodig om seker te maak dat formules
      korrek is wanneer jy dit na ander selle in dieselfde kolom kopieer (afkopieer/'copy
      down').
     Voeg alle formules en/of funksies op só 'n manier in dat die korrekte resultate
      steeds verkry sal word, selfs al word veranderinge aan die bestaande data
      gemaak.
     Gebruik die toegekende spasie in die sigblad indien jy boublokke wil gebruik.

Die organiseerder van die kompetisie wil graag 'n opsomming van die inligting van die
kompetisie per provinsie hê.

Maak die 4Entries-sigblad oop.

4.1        Verander die tabeloortjiekleur van die Chart_Grafiek-werkblad na geel.                 (1)

4.2        Ruil die volgorde van die twee werkblaaie                   om    sodat     die
           Provinces_Provinsies-werkblad eerste verskyn.                                          (1)

Werk in die Provinces_Provinsies-werkblad.

4.3        Voeg 'n funksie in sel M7 in om die getal inskrywings uit Limpopo (LP)
           (kolom C) te bepaal.                                                                   (3)

4.4        Sorteer slegs die data in selle L3:M11 in dalende orde volgens die provinsie.          (2)

4.5        Gebruik 'n sigbladeienskap om enige skakering ('shading') toe te pas op al
           die selle wat data bevat wat meer as een keer in kolom E verskyn.                      (2)

4.6        Gebruik 'n formule in kolom J om die van ('surname') van die algehele
           wenner wat die hoogste totale punte (kolom I) bereik het, te vertoon.

           Kopieer die formule af na die ander selle in kolom J.                                  (7)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1                    10                                          DBE/2019
                                                  SS/NSS

Werk in die Chart_Grafiek-werkblad.

4.7      Verander die grafiek om soos die een hieronder te vertoon.

                                                 Province
             WC                                                                 27
              FS                                                 22
              EC                                                 22
              LP                                                  23
             MP                                            18
             NC                         10
             KZN                                                  23
             GP                                                                              32

                   0         5         10         15        20        25             30           35
                        GP       KZN        NC     MP      LP    EC        FS        WC

         LET WEL:

             Verander die grafiek na 'n staafgrafiek.
             Verwyder die data van die provinsie met die kleinste getal inskrywings uit
              die grafiek. MOENIE die data uit die sigblad verwyder NIE.
             Pas enige gloei-effek ('glow effect') op die datareeks toe.
             Verander die gapingswydte ('gap width') na 50%.
             Verander die kleur van die hoof vertikale gidslyne ('major gridlines') na
              rooi.                                                                                            (5)

Stoor en maak die 4Entries-dokument toe.                                                                       [21]

Kopiereg voorbehou                                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1                  11                               DBE/2019
                                                SS/NSS

VRAAG 5: DATABASIS

Maak die 5Gallery-databasis, wat besonderhede van galerye en uitstallings bevat, oop.

5.1      Maak die tblExhibit-tabel in Ontwerpaansig ('Design View') oop en doen die
         volgende:

         5.1.1       Verander die City-veldgrootte ('field size') na 50.                          (1)

         5.1.2       Verander die formaat ('format') van die GalleryName-veld om altyd
                     die data in hoofletters te vertoon.                                          (1)

         5.1.3       Die PostCode-veld moet altyd vier syfers bevat, bv. 0001, 0235,
                     1245.

                     Verander die PostCode-veld-eienskappe ('field properties') sodat dit
                     altyd SLEGS vier syfers sal aanvaar en vertoon.                              (3)

         5.1.4       Die voorraad in die galery moet vir 25% meer as die totale waarde
                     van die voorraad (TotalValue) verseker word.

                     Voeg 'n nuwe veld met die naam 'Insure' met 'n berekende datatipe
                     ('calculated data type') in om die versekerde waarde van die
                     voorraad te bepaal.

                     LET WEL: Ignoreer die formaat van die nuwe veld.                             (5)

         Stoor en maak die tblExhibit-tabel toe.

5.2      Skep 'n vorm ('form') met die naam frm5_2, soos volg:

            Baseer die vorm op die qry5_2-navraag.
            Sluit al die velde van die navraag in.
            Verander die opskrif in die vormboskrif ('form header') na 'Street Art'.
            Voeg die 5Street-prent, gevind in jou eksamenlêergids, as die agtergrond
             van die vorm in.
            Sorteer die data in die vorm alfabeties volgens die GalleryName-veld.

          Stoor en maak die frm5_2-vorm toe.                                                      (8)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1                  12                               DBE/2019
                                                SS/NSS

5.3      Maak die qry5_3-navraag ('query') in Ontwerpaansig ('Design View') oop.

         Verander die navraag sodat die totale voorraadwaarde van al die galerye in
         elke provinsie soos volg vertoon word:

                                     Province      SumOfStockValue
                               EC                        R763 229.28
                               GP                      R4 453 601.24
                               KZN                       R189 898.68
                               WC                      R4 056 752.64

         LET WEL:       MOENIE enige rekords insluit, waar die provinsie nie aangedui
                        is NIE.

         Stoor en maak die qry5_3-navraag toe.                                                    (3)

5.4      Maak die qry5_4-navraag in Ontwerpaansig ('Design View') oop en verander
         die navraag om die volgende inligting te vertoon:

            Vertoon slegs die GalleryName- en NoInStock-velde.
            Vertoon slegs 'street art' waar die galery-naam die woord 'gallery' bevat EN
             waar die provinsie onbekend is.

         Stoor en maak die qry5_4-navraag toe.                                                    (7)

5.5      Maak die qry5_5-navraag in Ontwerpaansig ('Design View') oop.

         Galerye wat 150 of meer items in voorraad het, beplan om vir 30 dae 'n
         uitstalling te hou.

            Voeg 'n berekende veld met die naam End by om die datum te bepaal
             wanneer die uitstalling behoort te eindig.
            Vertoon slegs galerye in Johannesburg waar daar meer as 150 items in
             voorraad is.
            Vertoon slegs die galerye waar die datum waarop die uitstalling begin, in
             2019 is.

         Stoor en maak die qry5_5-navraag toe.                                                    (8)
5.6      Maak die rpt5_6-verslag ('report') in Ontwerpaansig ('Design View') oop en
         doen die volgende:

            Verwyder die Province-groepering en enige ander verwysing na die
             Province-data of -etiket.
            Voeg 'n funksie in die teksblokkie ('textbox') in die verslag-onderskrif
             ('report footer') in om die gemiddelde waarde van al die voorraad in die
             galerye te vertoon.

         Stoor en maak die rpt5_6-verslag toe.                                                    (4)
Stoor en maak die 5Gallery-databasis toe.                                                         [40]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1              13                             DBE/2019
                                            SS/NSS

VRAAG 6: WEBONTWERP (HTML)

'n Webblad is geskep om die top vyf straatkuns-kunswerke te vertoon.

Maak die onvolledige 6Famous-webblad in 'n webblaaier en ook in 'n
teks-/HTML-redigeerder oop. Jy mag NIE 'n woordverwerkingsprogram soos Word
gebruik om die HTML-vraag te beantwoord NIE.

LET WEL:
   Vraagnommers word as kommentaar ('comments') by die kodering ingevoeg om
    aan te dui ongeveer waar die antwoord(e) ingevoeg moet word. MOENIE hierdie
    kommentaar uitvee NIE.
   'n HTML-merkersblad is as verwysing aangeheg.

Jou finale webblad behoort soos die voorbeeld hieronder te lyk.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1                  14                                 DBE/2019
                                                SS/NSS

LET WEL: Gebruik die voorbeeld op die vorige bladsy om jou met hierdie vrae te help.

EEN punt sal vir die korrekte gebruik van sluitingsmerkers, driehoekige hakies en
nesvorming ('nesting') toegeken word.                                                             (1)

6.1      Vertoon die teks 'Famous Street Art' as die titel in die tabeloortjie van die
         webblaaier.                                                                              (1)

6.2      Stel die selafwerking ('cell padding') van die hele tabel na 8.                          (2)

6.3       Stel ('Align') die prent 6_Art na regs op die bladsy in lyn.                            (1)

6.4       Vertoon die opskrif 'Street Art' in Calibri-font.                                       (1)

6.5       Verander die wydte van die 6_5.jpg prent na 195 en die hoogte na 145.                   (2)

6.6      Korrigeer die HTML-kodering onder die kommentaar <!--6.6--> sodat die tabel
         'n ry insluit wat die prent 6_3.jpg en die teks '3. Glasses in Russia …' tot
         '… glasses to life.' bevat, soos aangedui in die voorbeeld op die vorige
         bladsy.                                                                                  (7)

6.7      Pas kolpunte ('bullets') op die data in die sewende ry van die tabel toe.                (2)

6.8      Voeg 'n hiperskakel ('hyperlink') in op die teks 'Read More' om met die
         webtuiste Google.com te skakel.                                                          (3)

Stoor en maak die 6Famous-webblad toe.                                                            [20]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1                  15                            DBE/2019
                                                SS/NSS

VRAAG 7: ALGEMEEN

Sommige dokumente in verband met straatkuns moet voltooi word.

7.1      Maak die 7Logo-dokument oop.

         Gebruik die prente wat in die dokument verskaf is om 'n logo te skep wat soos
         die een hieronder lyk.

         Stoor en maak die 7Logo-dokument toe.                                                 (7)

7.2      Maak die 7Globe-woordverwerkingsdokument oop.

          7.2.1      Voeg 'n tekswatermerk met die teks 'Graffiti' in.                         (2)

          7.2.2      Sorteer die paragrawe onder die opskrif 'North America' vanaf die
                     teks 'New York City …' tot by die teks '… colourful imagery' in
                     dalende volgorde.                                                         (2)

          7.2.3      Voeg die teks van die 7Europe.html-lêer, gevind           in   jou
                     eksamenlêergids aan die einde van die dokument, in.

                     LET WEL:      Die teks moet aan die oorspronklike dokument
                                   gekoppel ('linked') wees.                                   (2)

          Stoor en maak die 7Globe-dokument toe.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1                  16                                 DBE/2019
                                                SS/NSS

7.3      Die 7Art-sigblad bevat inligting oor kunsuitstallings.

          7.3.1      'n Kunsgalery sal slegs vir 'n prys oorweeg word as hulle uitstallings
                     voor of op die huidige datum ('current date') plaasvind EN as daar
                     meer as 100 uitstallers is.

                     Voeg 'n funksie in sel G3 in om te bepaal of 'n kunsgalery vir die
                     prys kwalifiseer, of nie. Vertoon "TRUE" as 'n galery kwalifiseer.

                     LET WEL: Gebruik die datum wat in sel I2 verskaf is.                       (5)

          7.3.2      Die provinsie met die hoogste getal uitstallers sal 'n prys ontvang.

                     Bepaal watter provinsie die prys sal kry. Tik jou antwoord in
                     sel A1.

                     LET WEL:

                        Jy mag enige metode/toepassing gebruik om die finale antwoord
                         te verkry.
                        Maak seker dat jou finale antwoord in die 7Art-dokument
                         vertoon.                                                               (1)

         Stoor en maak die 7Art-dokument toe.                                                   [19]

                                                                                  TOTAAL:       180

Kopiereg voorbehou

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1                                                                      DBE/2019
                                                          SS/NSS

                             HTML-MERKERSBLAD ('HTML TAG SHEET')
        Basiese Merkers ('Basic Tags')                        Formateringsmerkers ('Formatting Tags') vervolg
    Merker ('Tag')            Beskrywing                       Merker ('Tag')               Beskrywing
<body></body>         Definieer  die liggaam van                                 Word voor elke lysitem
                      die webblad                           <li></li>            ingevoeg, en voeg 'n nommer of
<body                 Stel die agtergrondkleur                                   simbool by afhangende van die
bgcolor="pink">       van die webblad                                            tipe lys wat geselekteer is
<body                 Stel die kleur van die                <img src="name">       Voeg 'n prent in
text="black">         liggaamteks
                                                                                   Stel 'n prent inlyn, kan "left","
                                                            <img src="name"
<head></head>
                        Bevat inligting oor die             align="left">          right"; "bottom", "top", "middle"
                        webblad                                                    wees
                                                            <p align=
                                                            "center"><img          Stel 'n prent "center" inlyn
<html></html>
                        Skep 'n HTML-dokument –             src="name"></p>
                        begin en eindig 'n webblad
                                                            <img src="name"        Stel die grootte van die raam
<title></title>       Definieer 'n titel vir die            border="1">            rondom 'n prent
                      webblad
<br/>                 Voeg 'n reëlbreuk in                  <img src="name"
<!-- -->                                                    width="200"            Stel die hoogte en breedte van
                      Kommentaar
                                                            height ="200">         'n prent
           Teksmerkers ('Text Tags')
    Merker ('Tag')            Beskrywing                                           Vertoon alternatiewe teks
                                                            <img src="name"
<h1></h1>             Skep die grootste opskrif                                    wanneer die muis oor 'n prent
                                                            alt="alternative
                                                            text">                 gehou word of wanneer die
<h6></h6>               Skep die kleinste opskrif                                  prent nie gevind kan word nie
                                                            <hr/>                  Voeg 'n horisontale lyn in
<b></b>                                                     <hr size="3"/>
                                                                                   Stel die grootte (hoogte) van 'n
                        Skep teks in vetdruk
                                                                                   reël
                                                            <hr width=             Stel die breedte van 'n lyn, in
<i></i>                 Skep teks in skuinsdruk             "80%"/>                persentasie of absolute waarde
<font                   Stel fontgrootte van "1" tot        <hr color=
size="3"></font>                                            "ff0000"/>             Stel die kleur van die lyn
                        "7"
<font                                                                    Tabelmerkers ('Tabel Tags')
color="green">          Stel fontkleur
</font>                                                        Merker ('Tag')                 Beskrywing
<font face="Times                                           <table></table>        Skep 'n tabel
New Roman"></font>      Stel fonttipe
                                                            <tr></tr>              Skep 'n ry in 'n tabel
         Skakelmerkers ('Links Tags')                       <td></td>              Skep 'n sel in 'n tabel
     Beskrywing              Beskrywing                                            Skep 'n tabelopskrif ('n sel met
                                                            <th></th>
<a href="URL"></a>   Skep 'n hiperskakel                                           vetgedrukte, gesentreerde teks)
<a href="URL"><img                                          <table
src="name"></a>         Skep 'n prentskakel                 width="50">            Stel die breedte van die tabel
<a                    Skep 'n teikenarea in die             <table                 Stel die breedte van die raam
name="NAME"></a>      dokument                              border="1">            rondom die selle van die tabel
                      Skakel na 'n teikenarea               <table                 Stel die spasie tussen die selle
<a
                      wat elders in die dokument            cellspacing="1">       van die tabel
href="#NAME"></a>
                      geskep is                             <table                 Stel die spasie tussen 'n
    Formateringsmerkers ('Formatting Tags')                 cellpadding="1">       selraam en die inhoud daarvan
    Merker ('Tag')           Beskrywing                                            Stel die inlynstelling vir die
                                                            <tr align="left">      sel(le) ("left", kan ook "center" of
<p></p>                 Skep 'n nuwe paragraaf
                                                                                   "right" wees)
                        Stel 'n paragraaf "left" inlyn                             Stel die vertikale inlynstelling vir
<p align="left">        (verstek), kan ook ''right'' of     <tr valign="top">      sel(le) ("top", kan ook "middle"
                        ''center'' wees                                            of "bottom" wees)
<br/>
                        Voeg 'n reëlbreuk ('line
                                                            <td colspan="2">       Stel 'n getal kolomme waaroor 'n
                        break') in
<ol></ol>
                                                                                   sel moet strek
                        Skep 'n genommerde lys
<ol type="A","a",       Definieer die tipe nommers                                 Stel die getal rye waaroor 'n sel
                                                            <td rowspan="4">
"I","i","1"></ol>       wat gebruik word                                           moet strek
<ul></ul>               Skep 'n kolpuntlys
<ul type="disc",
"square","circle">      Definieer die tipe kolpunte
</ul>                   wat gebruik word

Kopiereg voorbehou

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1                                                         DBE/2019
                                                 SS/NSS

                      TOEVOERMASKER('INPUT MASK')-KARAKTERBLAD

   KARAKTER                                           BESKRYWING

         0            Syfer (0 tot 9, inskrywing vereis, plus[+]- en minus[–]-tekens nie toegelaat nie)
                      Syfer of spasie (inskrywing nie vereis nie, plus[+]- en minus[–]-tekens nie
         9
                      toegelaat nie)
                      Syfer of spasie (inskrywing nie vereis nie; spasies word as oop plekke vertoon
         #            terwyl in Redigeringsmodus ('Edit mode'), maar oop plekke word verwyder
                      wanneer data gestoor word, plus[+]- en minus[–]-tekens toegelaat)

         L            Letter (A tot Z, inskrywing vereis)

         ?            Letter (A tot Z, inskrywing opsioneel)

         A            Letter of syfer (inskrywing vereis)

         a            Letter of syfer (inskrywing opsioneel)

         &            Enige karakter of 'n spasie (inskrywing vereis)

         C            Enige karakter of 'n spasie (inskrywing opsioneel)

                      Desimale plekhouer en duisende-, datum- en tydskeiers (Die werklike karakter
      .,:;-/          hang van die instellings in die 'Regional Settings Properties'-dialoogblokkie
                      in die 'Windows Control Panel' af.)

         <            Veroorsaak dat alle karakters na onderkas ('lowercase') omgeskakel word

         >            Veroorsaak dat alle karakters na bo-kas ('uppercase') omgeskakel word

                      Veroorsaak dat invoermasker van regs na links, in plaas van links na regs
         !            vertoon word. Karakters in die invoermasker getik, vul altyd van links na regs.
                      Jy kan die uitroepteken op enige plek in die invoermasker invoeg.

                      Veroorsaak dat die karakter wat volg, as die letterlike karakter vertoon word
         \
                      (bv. \A word slegs as A vertoon).

Kopiereg voorbehou

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
 Rekenaartoepassingstegnologie/V1                                                         DBE/2019
                                                    SS/NSS

                                                 Eksamenplakker
                                                                                                180

                      REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 – 2019
INLIGTINGSBLAD (moet NA die 3 uur-sessie deur die kandidaat ingevul word)
SENTRUMNOMMER ___________________________________________________________
EKSAMENNOMMER ___________________________________________________________
WERKSTASIENOMMER ________________________________________________________

SUITE GEBRUIK
                              Microsoft Office     Microsoft Office    Microsoft Office
(Maak 'n kruisie in die                                                                    Office 365
                                   2010                 2013                2016
toepaslike blokkie (X))
WEBBLAAIER GEBRUIK                                                                           Ander
(Maak 'n kruisie in die        Mozilla Firefox     Google Chrome      Internet Explorer   (Spesifiseer)
toepaslike blokkie (X))

LÊERGIDSNAAM _____________________________________________________________
Lêername is vir elke antwoord ingevul. Maak 'n regmerkie indien dit gestoor en/of gepoog is.

   Vraag-                       Gestoor    Gepoog       Maksimum
                Lêernaam                                              Nasiener     SN      HN         IM/EM
  nommer                          ()        ()          punt

     1            1Street                                    30

               2Donations
     2                                                       20
                 2Merged

     3            3Comp                                      30

     4           4Entries                                    21

     5           5Gallery                                    40

     6          6Famous                                      20

                  7Logo

     7            7Globe                                     19

                   7Art

                          TOTAAL                           180

Kommentaar (slegs vir kantoor/nasiener se gebruik)
____________________________________________________________________________
____________________________________________________________________________

 Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Computer Applications Technology P1 May June 2019 Memo](https://www.hlayiso.com/library/computer-applications-technology-p1-may-june-2019-memo/513a7ad1-9ade-48ef-b406-7b5d8a936ddf) — Computer Applications Technology · Memo · 2019
- [Computer Application Technology P1 Nov 2019 Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-p1-nov-2019-eng/b91547f0-b4ca-4f13-97a6-41dff1f1cae0) — Computer Applications Technology · QP · 2019 · Eng
- [Computer Application Technology P1 May June 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-p1-may-june-2021-eng/5be0bf0e-69bd-4481-9ce4-d56745874ad6) — Computer Applications Technology · QP · 2021 · Eng
- [Computer Application Technology P1 May June 2016 Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-p1-may-june-2016-eng/da15995d-25c5-4cb8-a14a-08bf723c628c) — Computer Applications Technology · QP · 2016 · Eng
- [CAT P1 June July 2015 Afr](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-june-july-2015-afr/67e7c672-7961-430c-8360-5aa92c095466) — Computer Applications Technology · QP · 2015 · Afr
- [CAT P1 GR12 MEMO SEPT 2019 English](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-gr12-memo-sept-2019-english/ef2df5b1-6950-4769-9979-f22d14b986c1) — Computer Applications Technology · Memo · 2019 · Eng

## More from Grade 12 Computer Applications Technology

- [CAT P1 MEMO GR12 SEPT 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-memo-gr12-sept-2025-eng-watermark/9df1288f-0f95-46d9-8231-26c401ed1a1b) — Memo · 2025 · Eng
- [CAT P2 GR12 MEMO September 2025 - AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr12-memo-september-2025-afr-watermark/3e182b7b-5d5f-4afc-b54c-b286289512f6) — Memo · 2025 · Afr
- [Computer Applications Technology P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-applications-technology-p1-may-june-2025-mg-eng/8beb5c31-24fa-4cf4-b90c-aedcc234a4dd) — Memo · 2025 · Eng
- [CAT P1 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-memo-gr12-sept-2024-english/91df7fb9-ea6b-4fed-8f93-a1466ec697c3) — Memo · 2024 · Eng
- [Computer Applications Technology P2 May-June 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-computer-applications-technology-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-2-english/a32bb637-25b5-4469-8be9-e72527e65d8a) — Memo · 2024 · Eng
- [Computer Applications Technology P1 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-applications-technology-p1-nov-2023-eng/60311585-04c7-46dc-bcf6-87da09dc1ea5) — QP · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
