# Computer Applications Technology Grade 12 P1 2022 QP (Afr)

> Grade 12 Computer Applications Technology Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2022 (Afrikaans), 23 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/computer-applications-technology-p1-may-june-2022-afr/b6afa706-6b8c-4efb-8b9a-3945a9d12421
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Computer Applications Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 23

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Computer Applications Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/computer-applications-technology) › [Computer Applications Technology Grade 12 P1 2022 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/computer-applications-technology-p1-may-june-2022-afr/b6afa706-6b8c-4efb-8b9a-3945a9d12421)

## About this document

Computer Applications Technology · Grade 12 · NSC June Exam · 2022. Question paper, 23 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                     REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1

                                       2022

                                                                       PUNTE: 150

                                                                         TYD: 3 uur

            Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye, 'n HTML-merkersblad,
           'n toevoermasker-karakterblad, twee bladsye vir beplanning en
                               'n aparte inligtingsblad.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1                2                                 DBE/2022
                                             SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       As gevolg van die aard van hierdie praktiese eksamen is dit belangrik om
         daarop te let dat, selfs as jy die eksamen vroeg klaarmaak, jy NIE toegelaat
         sal word om die eksamenlokaal te verlaat voordat al die administratiewe
         funksies wat met die eksamen geassosieer word, gefinaliseer is NIE.
         Gedurende die eksamen sal die normale reëls oor die verlating van die
         eksamenlokaal geld.

2.       As jy op die netwerk werk, of as die datalêers vooraf op jou stelsel gelaai is,
         moet jy die instruksies volg wat deur die toesighouer/onderwyser gegee word.

3.       Aan die einde van die eksamen moet jy seker maak dat AL jou antwoordlêers
         op die netwerk/rekenaar gestoor is, soos deur die toesighouer/onderwyser
         aan jou verduidelik is.

4.       Maak absoluut seker dat al die lêers gelees kan word. MOENIE onnodige
         lêers/lêergidse stoor NIE en MOENIE duplikaat-antwoordlêers/-lêergidse
         inlewer NIE. MOENIE enige oorspronklike lêers waarop jy nie gewerk het
         nie, verwyder NIE.

5.       Die inligtingsblad wat saam met die vraestel verskaf word, MOET NA
         AFLOOP VAN DIE DRIE-UUR-EKSAMENSESSIE INGEVUL WORD. Lewer
         dit aan die einde van die eksamen by die toesighouer in.

6.       'n Kopie van die meesterlêers ('master files') sal by die toesighouer
         beskikbaar wees. Indien daar enige probleme met 'n lêer is, mag jy die
         toesighouer vir 'n ander kopie vra.

7.       Hierdie vraestel bestaan uit SEWE vrae. Beantwoord AL die vrae.

8.       Lees deur elke vraag voordat jy dit beantwoord of die probleem oplos.
         MOENIE meer doen as wat die vraag vereis NIE.

9.       Maak seker dat jy elke dokument stoor deur die lêernaam wat in die vraestel
         gegee word, te gebruik. Stoor jou werk gereeld as 'n voorsorgmaatreël teen
         moontlike kragonderbrekings.

10.      Jy mag GEEN hulpbronmateriaal gebruik NIE.

11.      Akkuraatheid sal in berekening gebring word.

12.      Maak seker dat die streeksinstellings ('regional settings') op Suid-Afrika
         ('South Africa') ingestel is en dat datum- en tydinstellings, nommerinstellings
         en geldeenheidinstellings ('currency settings') korrek ingestel is.

13.      Vir alle woordverwerkingsvrae moet jy die taal op 'English (South Africa)' stel.
         Neem aan dat die papiergrootte A4 Portret ('Portrait') is, tensy anders
         aangedui. Gebruik sentimeter as maateenheid.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1                 3                                   DBE/2022
                                              SS/NSS

14.      Maak seker dat die 'Developer'-oortjie en die liniaal ('Ruler') geaktiveer is.

15.      Maak seker dat die desimale simbool ('decimal symbol') as 'n punt ('.') gestel
         is en die lys-skeikarakter ('List separator') as 'n komma (',') gestel is.

16.      Formules en/of funksies moet vir ALLE berekeninge in sigbladvrae gebruik
         word. Gebruik absolute selverwysings slegs waar nodig, om seker te maak
         dat formules korrek is wanneer jy dit na ander selle in 'n sigblad kopieer.

         LET WEL: Alle formules en/of funksies moet só ingevoeg word dat die
                  korrekte resultate steeds verkry sal word, selfs as veranderinge
                  aan die bestaande data gemaak word.

17.      Jy mag NIE 'n woordverwerkingsprogram soos Word gebruik om die
         HTML-vraag te beantwoord NIE.

18.      Die eksamendata-lêergids wat jy saam met hierdie vraestel ontvang, bevat
         die lêers wat hieronder aangedui word. Maak seker dat jy al die lêers het
         voordat jy met hierdie eksamen begin.

            1Seychelles                           Prent
            1Types                                Woordverwerkingslêer
            2Confidential                         Saamgeperste lêer ('Zipped file')
            2Top10                                Woordverwerkingslêer
            3Population                           Sigblad
            4Bookings                             Sigblad
            4Logo                                 Prent
            5Details                              Databasis
            6_1Button                             Prent
            6_1Mauritius                          Prent
            6_1Win                                HTML-lêer
            6_2Cocoa                              Prent
            6_2Expensive                          HTML-lêer
            6_2Fregate                            Prent
            6_2Mustique                           Prent
            7Card                                 Woordverwerkingslêer
            7Discount                             Sigblad
            7Entrance                             Sigblad

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1                 4                                 DBE/2022
                                              SS/NSS

SCENARIO

'n Eiland is 'n geïsoleerde stuk land wat deur water omring word. Sommige eilande
word bewoon, terwyl ander verlate bly. Baie van die tropiese eilande is gewilde
toeristebestemmings.

VRAAG 1: WOORDVERWERKING

Maak die 1Types-woordverwerkingsdokument oop, wat interessante feite oor eilande
bevat. Voeg jou eksamennommmer in die bladsyboskrif ('header') of bladsyonderskrif
('footer') in.

1.1    Formateer die opskrif 'Island Types' na die Title-styl.                                   (1)

1.2    Pas 'n woordverwerkingseienskap toe op die vyf prente wat op bladsy 1 gevind
       word, sodat die prente as een objek kan beweeg.                                           (1)

1.3    Vind die teks wat met 'Continental islands …' begin en met '… volcanic origin.'
       eindig en pas 'n 3 pt-skadu-raam ('shadow border') om beide paragrawe toe.                (2)

1.4    Verander die vergrotehoofletter('drop cap')-'O' van die woord 'Oceanic' onder
       die opskrif 'Oceanic Islands' sodat dit oor drie reëls strek en 1 cm vanaf die teks
       verskyn.                                                                                  (2)

1.5    Vind die teks wat met 'How many islands …' begin en met '… island formation.'
       eindig. Verander die uitleg van die teks om soos volg te vertoon:

                                                                                                 (3)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1                5                                  DBE/2022
                                             SS/NSS

1.6    Vind die paragraaf onder die opskrif 'Coral Islands'. Voeg die 1Seychelles-prent
       in en pas 'n prentstyl ('picture style') toe om soos die voorbeeld hieronder te lyk.

       LET WEL: Die posisie van die prent is in lyn met die teks 'calmness, and' aan
                die bokant, en met 'sediment,' aan die onderkant.                                (4)
1.7    Voeg 'n eindnota ('endnote') in op die groen uitgeligte ('highlighted) teks
       'Magma' wat op die laaste bladsy gevind word, soos volg:
          Stel die eindnota se nommeringformaat op Romeinse syfers in bo-kas.
          Voeg die teks 'Dangerous' by die eindnota.                                            (2)
1.8    Redigeer ('Edit') die verwysingsbron ('reference source') vir die outeur 'Tarbuck'
       om die volgende bibliografiese velde in te sluit:
          'City': New Jersey
          'Comments': Island Structure                                                          (2)
1.9    Redigeer ('Edit') die sitaat ('citation') wat op die laaste bladsy gevind word
       om slegs die outeur ('author') se naam, die jaar uitgegee ('year published') en
       bladsye 130–140 te vertoon.                                                               (2)
1.10   Vervang die presiese woord 'Island' met die simbool  (Webdings:
       Karakterkode: 74).                                                                        (3)
Stoor en maak die 1Types-dokument toe.                                                           [22]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1                6                                DBE/2022
                                             SS/NSS

VRAAG 2: WOORDVERWERKING

Maak die 2Top10-woordverwerkingsdokument oop wat inligting oor die top tien eilande
bevat en voeg jou eksamennommer in die bladsyboskrif ('header') in.

2.1     Verander die dekblad ('cover page') soos volg:

           Skuif die inligting wat op bladsy 2 gevind word na die relevante
            inhoudskontroles ('content controls').
           Maak seker dat daar geen leë bladsye of kommentaar in die dokument is
            nie.                                                                               (3)

2.2     Vind die prent onder die opskrif '9. TASMANIA (AUSTRALIA)' en verander die
        prent sodat dit by die ander prente in die dokument pas.                               (3)

2.3     Vind die opskrif '8. BALI (INDONESIA)' en skep 'n skakel ('link') na die begin
        van die dokument.                                                                      (2)

2.4     Verander die oriëntering ('orientation') van slegs die laaste bladsy na landskap
        ('landscape').                                                                         (2)

2.5     Vind die SmartArt-grafika op die laaste bladsy en verander dit om soos
        hieronder te vertoon.

        LET WEL: Ignoreer die kleure van die SmartArt-grafika.

                                                                                               (4)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1                7                                DBE/2022
                                             SS/NSS

2.6     Vervang die teks 'Question 2.6' op die laaste bladsy met 'n veld ('field') sodat
        die lêernaam ('file name') van hierdie dokument in hoofletters vertoon.                (2)

2.7     Voeg outomatiese bladsynommering ('automatic page numbering') in die
        bladsyonderskrif van elke bladsy soos volg in:

           Bladsynommering moet op die derde bladsy met bladsynommer 1 begin.
           Ewe ('Even') bladsye moet links inlyn gestel word.
           Onewe ('Odd') bladsye moet regs inlyn gestel word.
           Die eerste twee bladsye moet nie genommer word nie.                                (5)

Stoor en maak die 2Top10-dokument toe.

Werk met die 2Confidential-lêer.

2.8     Ontzip ('Unzip') die lêer met die wagwoord 1234 en voeg enige 'Confidential'-
        watermerk ('watermark') op die dokument in.                                            (2)

Stoor en maak die 2Confidential-dokument toe.                                                  [23]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1                   8                                  DBE/2022
                                                SS/NSS

VRAAG 3: SIGBLAD

LET WEL:
     Gebruik formules en/of funksies vir ALLE berekeninge in die sigblad.
     Gebruik absolute selverwysings SLEGS waar nodig om seker te maak dat formules
      korrek is wanneer jy dit na ander selle in 'n sigblad kopieer.
     Voeg formules en/of funksies op só 'n manier in dat die korrekte resultate steeds
      verkry sal word, selfs al verander die bestaande data.
     Indien jy boublokke wil gebruik, gebruik die spasie daarvoor in die datalêer
      toegeken.

Maak die 3Population-sigblad oop wat die bevolking en oppervlakte van eilande
regoor die wêreld bevat.

Werk in die Islands-werkblad.

3.1       Verander die kolomwydte ('column width') van kolom B na 40 pt en pas
          teksomvou ('text wrapping') op selle B8:B55 toe.                                          (2)

3.2       Voeg 'n funksie in sel C3 in om die gemiddelde bevolking (kolom E) te
          vertoon.                                                                                  (2)

3.3       Voeg 'n funksie in sel C4 in om die aantal eilande te bepaal waar die woord
          'part' as deel van die beskrywing van die Formasie in kolom B verskyn.                    (4)

3.4       Voeg 'n SUMIFS-funksie in sel C5 in om die totale bevolking (kolom E) vir al
          die 'oceanic'-tipe eilande (kolom C) met 'n oppervlakte groter as 1 000 km2
          (kolom D) te vertoon.                                                                     (5)

3.5       Pas voorwaardelike formatering ('conditional formatting') op Oppervlakte (km2)
          (kolom D) toe, deur die 3 Flags-ikoonstel ('icon set') soos volg te gebruik:

           Kleur van vlaggie                        Oppervlakte km2
           Groen               Groter as en gelyk aan ('Greater than and equal to') 280 000
           Oranje              30 001–279 999
           Rooi                0–30 000                                                             (4)

3.6       Voeg 'n formule in sel F9 in om die bevolking per km2 vir die Bahamas te
          vertoon. Gebruik die oppervlakte (km2) in kolom D en die bevolking in
          kolom E.

          Formateer die antwoord om GEEN desimale plekke te vertoon NIE.                            (3)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1                9                                DBE/2022
                                             SS/NSS

Werk in die Polynesia-werkblad.

3.7     Formateer die grafiek ('chart/graph') om soos hieronder te vertoon.

        LET WEL:
           Grafiek('Chart/Graph')-tipe van die Density (in millions) Digtheid (in
            miljoene)-reeks ('series')
           Area (km2) Oppervlakte (km2)-reeks ('series') is op 'n sekondêre as
            uitgestip
           Primêre vertikale as ('primary vertical axis') vertoon in eenhede ('units')
           Die vertoon van die byskrifte ('legends')                                          (5)

Stoor en maak die 3Population-sigblad toe.                                                     [25]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1                  10                                  DBE/2022
                                                SS/NSS

VRAAG 4: SIGBLAD

LET WEL:

     Gebruik formules en/of funksies vir ALLE berekeninge in die sigblad.
     Gebruik absolute selverwysings SLEGS waar nodig om seker te maak dat formules
      korrek is wanneer jy dit na ander selle in 'n sigblad kopieer.
     Voeg formules en/of funksies op só 'n manier in dat die korrekte resultate steeds
      verkry sal word, selfs al verander die bestaande data.
     Indien jy boublokke wil gebruik, gebruik die spasie daarvoor in die datalêer toegeken.

Maak die 4Bookings-sigblad oop wat data oor reisigers na verskillende eilande bevat.

Werk in die Travellers-werkblad.

4.1      Voeg die 4Logo-prent as die agtergrond ('background') van die werkblad in.                 (1)

4.2      Verander die sigblad sodat die roosterlyne ('gridlines') nie vertoon nie.                  (1)

4.3      Die naam en van van 'n reisiger word in kolom A gestoor.

         Voeg 'n kombinasie van teksfunksies in kolom B in om die reisiger se van uit
         kolom A te onttrek.

         LET WEL: Jy kan aanneem dat 'n reisiger slegs EEN voornaam het.                            (5)

4.4      Die Cost-werkblad stoor die daaglikse verblyfkoste per persoon wat op hulle
         reisstyl gebaseer is, m.a.w. Ekonomies, Gemiddeld of Luuks.

         Voeg 'n geskikte LOOKUP-funksie in sel I15 in om die koste per persoon vir
         Necker Eiland te bepaal.

         Gebruik 'Necker Island' (sel F15) as die opsoekwaarde ('lookup value'), die
         reisstylkode in kolom H EN die tabel in die Cost-werkblad.                                 (5)

Werk in die Style-werkblad.

4.5      Gebruik die subtotaaleienskap ('subtotal feature') om die hoogste groepkoste
         (kolom C) vir elke reisstyl (kolom B) te vertoon.                                          (3)

Stoor en maak die 4Bookings-sigblad toe.                                                            [15]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1                 11                                  DBE/2022
                                               SS/NSS

VRAAG 5: DATABASIS

'n Reisagent hou besonderhede oor sy toergidse, kliënte en toere in 'n databasis.

Maak die 5Details-databasis oop wat inligting oor die toergidse bevat.

5.1     Maak die tbl5_1-tabel in Ontwerpaansig ('Design View') oop.

        5.1.1    Verander die veldgrootte ('field size') vir die Name-veld na 20.                  (1)

        5.1.2    Voeg 'n geskikte valideringsreël ('validation rule') vir die StartDate-veld
                 in wat by die valideringsteks ('validation text') pas.                            (2)

        5.1.3    Skep 'n toevoermasker ('input mask') vir die AccessCode in die
                 volgende formaat:

                    TWEE verpligte letters, gevolg deur
                    Die @-teken, gevolg deur
                    Ten minste DRIE, maar moontlik VIER syfers                                    (4)

        5.1.4    Skep 'n kombinasielys ('combo box') vir die Position-veld met die
                 volgende opsies:

                    'Manager'
                    'Administrator'
                    'Accountant'                                                                  (3)

        5.1.5    Voeg 'n nuwe veld met die naam IDPhoto en stel 'n toepaslike datatipe
                 ('data type') vir die veld.                                                       (2)

        Stoor en maak die tbl5_1-tabel toe.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1                 12                                 DBE/2022
                                               SS/NSS

        LET WEL:       TblData stoor inligting oor reisigers na die verskillende eilande.

5.2     Maak die vorm met die naam frm5_2, wat op die tblData-tabel gebaseer is, in
        Ontwerpaansig ('Design View') oop.

        Verander die vorm om soos in die voorbeeld hieronder te vertoon.

        LET WEL:

           Plaas 'n reghoekkontrole ('rectangle control') as 'n raam ('border') rondom
            die vier velde, soos hierbo getoon.
           Voeg die huidige datum ('current date') in die vormonderskrif ('form footer')
            in dieselfde formaat in soos hierbo getoon.
           Voeg 'n knoppiekontrole ('button control') in om na die volgende rekord
            ('next record') te gaan wanneer die knoppie geklik word. Aanvaar die
            verstekpyltjie ('default arrow') op die knoppie.

        Stoor en maak die frm5_2-vorm toe.                                                        (5)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1                13                             DBE/2022
                                              SS/NSS

5.3     Die qry5_3-navraag is op die tblData-tabel gebaseer. Maak die navraag in
        ontwerpaansig ('Design View') oop en verander die navraag om die volgende
        te vertoon:

                              DestinationIsland   SumOfLeisureCost
                              Bora Bora Island         R12 995.00
                              Calivigny Island           R1 988.00
                              Cayo Espanto               R6 067.00
                              Cerralvo Island            R8 316.00
                              Cocoa Island             R20 051.00
                              Cyprus                     R4 878.00
                              Fogo Island                R4 440.00
                              Fregate Island             R4 364.00
                              Galapagos Islands          R7 033.00
                              Lanai Island               R8 568.00
                              Laucala Island             R5 747.00
                              Moorea Island              R3 785.00
                              Musha Cay                  R9 917.00
                              Mustique Island            R1 640.00
                              Necker Island              R4 775.00
                              Rang Yai Island            R1 752.00

        Stoor en maak die qry5_3-navraag toe.                                                (3)

5.4     Skep 'n navraag met die naam qry5_4 wat op die tblData-tabel gebaseer is.

           Vertoon slegs die Name-, Surname-, DateOfBirth- en DestinationIsland-
            velde.
           Sluit slegs die reisigers in wat na 'Bora Bora Island' of 'Cyprus' vir 'n
            hengelvakansie ('fishing holiday') reis.
           Vertoon die Surname-veld in alfabetiese volgorde.

        Stoor en maak die qry5_4-navraag toe.                                                (7)

5.5     Maak die qry5_5-navraag wat op die tblData-tabel gebaseer is, in
        ontwerpaansig ('Design View') oop.

        Voeg 'n berekende veld met die naam 60&Older in om SLEGS die reisigers
        wat 60 jaar en ouer is, te vertoon.

        Stoor en maak die qry5_5-navraag toe.                                                (5)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1              14                                 DBE/2022
                                            SS/NSS

5.6     Maak die rpt5_6-verslag wat op die tblData-tabel gebaseer is, in
        ontwerpaansig ('Design View') oop en verander dit soos volg:

           Korrigeer die vertoon van die bedrae in die TotalLeisureCost-veld sodat die
            waardes volledig sigbaar is.
           Voeg 'n funksie/berekening in om die gemiddelde koste per ontspannings-
            aktiwiteit ('leisure activity') te vertoon.                                        (3)

        Stoor en maak die rpt5_6-verslag toe.

Stoor en maak die 5Details-databasis toe.                                                      [35]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1                15                                  DBE/2022
                                              SS/NSS

VRAAG 6: WEBONTWERP (HTML)

LET WEL:
     Jy mag NIE 'n woordverwerkingsprogram soos Word gebruik om die HTML-
      vraag te beantwoord NIE.
     'n HTML-merkersblad is vir verwysing aangeheg.
     Alle lêers wat benodig word om hierdie vraag te voltooi, kan in die eksamenlêergids
      gevind word.
6.1      'n Webblad is geskep om mense reisinligting oor Mauritius te gee.

         Maak die onvolledige 6_1Win-lêer in 'n webblaaier ('web browser') en ook in 'n
         teks-/HTML-redigeerder oop.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1                   16                                  DBE/2022
                                                 SS/NSS

        LET WEL:
           Gebruik die voorbeeld op die vorige bladsy as 'n riglyn om jou met hierdie
            vraag te help.
           Vraagnommers verskyn as kommentaar ('comments') in die kodering om
            aan te dui waar jy die antwoord(e) moet invoeg. MOENIE hierdie
            kommentaar verwyder NIE.
        6.1.1        Verander die HTML-kode sodat die dokument in die
                     Tempus Sans ITC-font vertoon, soos in die voorbeeld op die vorige
                     bladsy getoon.                                                                  (1)
        6.1.2        Voeg 'n swart horisontale lyn ('horizontal line') met 'n grootte van
                     5 onder die prent in.                                                           (3)
        6.1.3        Koppel ('Link') die 6_1Button-prent met die webadres wat aan die
                     einde van die dokument gevind word sodat die webtuiste oopmaak
                     wanneer die knoppie geklik word.                                                (2)
        6.1.4        Voeg die teks in wat in die voorbeeld op die vorige blad verskyn, maar
                     wat in die webblad as 'n vlak 3-opskrif ('level 3 heading') uitgelaat is.       (2)
        6.1.5        Verander die lys onderaan die webblad sodat die lys vertoon soos in
                     die voorbeeld op die vorige bladsy getoon.                                      (2)
        Stoor en maak die 6_1Win-lêer toe.
6.2     Maak die onvolledige 6_2Expensive-webblad in 'n webblaaier en ook in 'n
        teks-/HTML-redigeerder oop (NIE 'n woordverwerkingsprogram soos Word
        NIE).
        Voltooi die webblad om presies soos die voorbeeld hieronder te vertoon.

                                                                                                     (4)

        Stoor en maak die 6_2Expensive-lêer toe.
EEN punt sal vir korrekte sluitingsmerkers en korrekte nesting in beide lêers toegeken
word.                                                                                                (1)
                                                                                                     [15]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1                  17                                   DBE/2022
                                                SS/NSS

VRAAG 7: ALGEMEEN

7.1     Maak die 7Discount-sigblad oop.

        Werk in die Code-werkblad.

        7.1.1    Die reisagentskap het besluit om 'n pensioenarisafslag aan sommige
                 van hulle reisigers toe te staan indien hulle geboortejaar voor
                 1960 (kolom B) is. Die reisstyl (kolom C) sal die afslagkode wat 'n
                 pensioenaris sal ontvang, bepaal.

                 Gebruik 'n geneste IF-funksie of 'n formule in sel D2 om die volgende
                 waardes te vertoon:

                    5 indien die reisiger 'n pensioenaris is en 'n gemiddelde ('mid-
                     range') reisstyl het OF
                    4 indien die reisiger 'n pensioenaris is en 'n luukse ('luxury') reisstyl
                     het OF
                    0 vir alle ander reisigers                                                      (6)

        Werk in die List-werkblad.

        7.1.2    Filtreer ('Filter') die werkblad om die rekords van die reisigers wat in
                 die eerste drie maande van 1979 gebore is, te vertoon.                              (3)

        Stoor en maak die 7Discount-sigblad toe.

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1                18                                   DBE/2022
                                              SS/NSS

7.2     Reisigers met 'n luukse styl ('luxury style') sal elk 'n BBP-kaartjie ('VIP ticket')
        ontvang.

        Maak die 7Card-lêer oop en kies 'Yes' in die dialoogblokkie om met die
        possamevoeging ('mail merge') voort te gaan.

        Kies in die databrondialoog ('data source dialog') die 7Entrance-lêer in jou
        datalêer.

           Redigeer die ontvangerslys ('recipient list') om seker te maak dat slegs
            luukse ('Luxury') reisigers BBP-kaartjies sal ontvang.
           Vervang die teks op die etiket ('label') met die toepaslike saamvoegvelde
            ('merge fields').
           Dateer die etikette op ('update') om soos die voorbeeld hieronder te
            vertoon.

        Voltooi die possamevoeging ('mail merge') en stoor die lêer as 7MergedCard.             (6)

        Stoor en maak die 7Card- en 7MergedCard-dokumente toe.                                  [15]

                                                                                 TOTAAL:        150

Kopiereg voorbehou

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
    Rekenaartoepassingstegnologie/V1                                                                         DBE/2022
                                                         SS/NSS
                              HTML–MERKERSBLAD ('HTML TAG SHEET')
Basiese merkers ('Basic Tags')                                    Formateringsmerkers ('Formatting Tags') vervolg
Merker ('Tag')           Beskrywing                               Merker ('Tag')            Beskrywing
                         Definieer die liggaam van die                                      Word voor elke lys-item
<body></body>
                         webblad                                                            ingevoeg, en voeg 'n nommer of
                                                                  <li></li>
<body                    stel die agtergrondkleur van die                                   simbool by afhangende van die
bgcolor="pink">          webblad                                                            tipe lys wat geselekteer is
                         Stel die kleur van die
<body text="black">                                               <img src="name">              Voeg 'n prent in
                         liggaamteks
                                                                  <img src="name"               Stel 'n prent inlyn, kan " right";
<head></head>              Bevat inligting oor die webblad
                                                                  align="left">                 "bottom", "top", "middle" wees
                           Skep 'n HTML-dokument –                <p align="center"><img        Stel 'n prent "center" inlyn, kan
<html></html>
                           begin en eindig 'n webblad             src="name"></p>               ook "middle" wees
                                                                  <img src="name"               Stel die grootte van die raam
<title></title>            Definieer 'n titel vir die webblad
                                                                  border="1">                   rondom 'n prent
                           Voeg 'n reëlbreuk in ('line            <img src="name"
<br/>                                                                                           Stel die hoogte en breedte van
                           break')                                width="200" height
                                                                                                'n prent
<!-- -->                   Kommentaar                             ="200">
Teksmerkers ('Text Tags')                                                                       Vertoon alternatiewe teks
Merker('Tag')             Beskrywing                              <img src="name"               wanneer die muis oor 'n prent
                                                                  alt="alternative text">       gehou word of wanneer die
<hl></hl>                  Skep die grootste opskrif                                            prent nie gevind kan word nie
<h6></h6>                  Skep die kleinste opskrif              <hr/>                         Voeg 'n horisontale lyn in
                                                                                                Stel die grootte (hoogte) van 'n
<b></b>                    Skep teks in vetdruk                   <hr size="3"/>
                                                                                                reël
<i></i>                    Skep teks in skuinsdruk
                                                                                                Stel die breedte van 'n lyn, in
<u></u>                    Skep onderstreepte teks                <hr width=”80%”/>
                                                                                                persentasie of absolute waarde
<font size="3"></font>     Stel fontgrootte van "1" tot "7" "
<font color= "green">
                           Stel fontkleur                         <hr color= "ff0000"/>         Stel die kleur van die lyn
</font>
<font face="Times New                                             Tabelmerkers ('Tabel Tags')
                           Stel fonttipe
Roman"></font>                                                    Merker ('Tag')                Beskrywing
Skakelmerkers ('Links Tags')                                      <table></table>               Skep 'n tabel
Merker ('Tag')             Beskrywing                             <tr></tr>                     Skep 'n ry 'n tabel
<a href="URL"></a>         Skep 'n hiperskakel                    <td></td>                     Skep 'n sel 'n tabel
<a href="URL"><img
                           Skep 'n prentskakel                                                  Skep 'n tabelopskrif ('n sel met
src="name"></a>
                                                                  <th></th>                     vetgedrukte, gesentreerde
                           Skep 'n teikenarea in die
<a name="NAME"></a>                                                                             teks.)
                           dokument
                           Skakel na 'n teikenarea wat
<a href= "#NAME"></a>      elders in die dokument geskep          <table width="50">            Skep die breedte van die tabel
                           is
<a href=                                                                                        Stel die breedte van die raam
                           Skakel na 'n e-posadres                <table border="1">
"mailto:#NAME"></a>                                                                             rondom die selle van die tabel
                                                                                                Stel die spasie tussen die selle
Formateringsmerkers ('Formatting Tags')                           <table cellspacing="1">
                                                                                                van die tabel
                                                                                                Stel die spasie tussen die
Merker('Tag')              Beskrywing                             <table cellpadding="1">
                                                                                                selraam en die inhoud daarvan
<p></p>                    Skep 'n nuwe paragraaf                                               Stel die inlynstelling vir die
                           Stel 'n paragraaf "left" inlyn         <tr align="left">             sel(le) ("left", kan ook "center"
<p align="left">           (verstek), kan ook ''right'' of                                      of "right" wees)
                           ''center'' wees                                                      Stel die vertikale inlynstelling vir
                           Sentreer teks, tabel of prent          <tr valign="top">             sel(le) ("top", kan ook "middle"
<center></center>                                                                               of "bottom" wees)
                           horisontaal
<ol></ol>                  Skep 'n genommerde lys
                                                                                                Stel 'n getal kolomme waaroor
<ol type="A","a",          Definieer die tipe nommers wat         <td colspan="2">
                                                                                                'n sel moet strek
"I","i","1"></ol>          gebruik word
<ul></ul>                  Skep 'n kolpuntlys
                                                                                                Stel die getal rye waaroor 'n sel
<ul type="disc",           Definieer die tipe kolpunte wat        <td rowspan="4">
                                                                                                moet strek
"square","circle"> </ul>   gebruik word

    Kopiereg voorbehou

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
 Rekenaartoepassingstegnologie/V1                                                    DBE/2022
                                          SS/NSS

                 TOEVOERMASKER('INPUT MASK')-KARAKTERBLAD

   Karakter                                         Beskrywing
                     Syfer (0 tot 9, inskrywing vereis, plus [+]- en minus [–]- tekens nie
        0
                     toegelaat nie)
                     Syfer of spasie (inskrywing nie vereis nie, plus [+]- en minus [–]- tekens
        9
                     nie toegelaat nie)
                     Syfer of spasie (inskrywing nie vereis nie; spasies word as oop plekke
                     vertoon terwyl in Redigeringsmodus ('Edit mode'), maar oop plekke
        #
                     word verwyder wanneer data gestoor word, plus [+]- en minus [–]-
                     tekens toegelaat)
        L            Letter (A tot Z, inskrywing vereis)
        ?            Letter (A tot Z, inskrywing opsioneel)
       A             Letter of syfer (inskrywing vereis)
        a            Letter of syfer (inskrywing opsioneel)
       &             Enige karakter of 'n spasie (inskrywing vereis)
       C             Enige karakter of 'n spasie (inskrywing opsioneel)
                     Desimale plekhouer en duisende-, datum- en tydskeikarakters (Die
    .,:;-/           werklike karakter hang van die instellings in die 'Regional Settings
                     Properties'-dialoogblokkie in die 'Windows Control Panel' af.)
                     Veroorsaak dat alle karakters na onderkas ('lower case') omgeskakel
       <
                     word
       >             Veroorsaak dat alle karakters na bo-kas ('upper case') omgeskakel word
                     Veroorsaak dat toevoermasker van regs na links, in plaas van links na
                     regs, vertoon word. Karakters in die masker getik, vul dit altyd van links
        !
                     na regs. Jy kan die uitroepteken op enige plek in die toevoermasker
                     invoeg.
                     Veroorsaak dat die karakter wat volg, as die letterlike karakter vertoon
        \
                     word (bv. \A word slegs as A vertoon)

Kopiereg voorbehou

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
 Rekenaartoepassingstegnologie/V1                           DBE/2022
                                    SS/NSS

JY MAG HIERDIE BLADSY VIR ENIGE BEPLANNINGSDOELEINDES GEBRUIK.

Kopiereg voorbehou

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
 Rekenaartoepassingstegnologie/V1                           DBE/2022
                                    SS/NSS

JY MAG HIERDIE BLADSY VIR ENIGE BEPLANNINGSDOELEINDES GEBRUIK.

Kopiereg voorbehou

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
   Rekenaartoepassingstegnologie/V1                                                           DBE/2022
                                               SS/NSS

                                           Eksamenplakker
                                                                                                  150
                     REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 – 2022
INLIGTINGSBLAD (moet NA die 3 uur-sessie deur die kandidaat ingevul word)
SENTRUMNOMMER __________________________________________________________
EKSAMENNOMMER __________________________________________________________
WERKSTASIENOMMER _______________________________________________________

SUITE GEBRUIK
                              Microsoft        Microsoft      Microsoft
(Maak 'n kruisie in die                                                           Office 365/Office 2021
                             Office 2013      Office 2016    Office 2019
toepaslike blokkie (X))
WEBBLAAIER GEBRUIK                                                                               Ander
                                 Mozilla        Google            Internet    Microsoft       (Spesifiseer)
(Maak 'n kruisie in die
                                 Firefox       Chrome             Explorer     Edge
toepaslike blokkie (X))

LÊERGIDSNAAM _____________________________________________________________
Kandidaat moet die lêernaam/-name vir elke antwoord invul. Maak 'n regmerkie indien
gestoor en/of gepoog
                                 Gestoor     Gepoog
 Vraag-                                                  Maksimum        Punt       Nasiener Voorletters/
                Lêernaam           ()         ()
nommer                                                     Punt         Verdien            Kode

    1        1Types                                         22

             2Confidential
    2                                                       23
             2Top10

    3        3Population                                    25

    4        4Bookings                                      15

    5        5Details                                       35

             6_1Win
    6                                                       15
             6_2Expensive

             7Card

    7        7Discount                                      15

             7MergedCard

                        TOTAAL                              150

Kommentaar: (Slegs vir kantoor/nasiener se gebruik)
 ___________________________________________________________________________
 ___________________________________________________________________________
 Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Computer Applications Technology P2 May June 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-applications-technology-p2-may-june-2022-eng/72d0b5ab-f52d-4c0f-9774-0b77bfd2a0ec) — Computer Applications Technology · QP · 2022 · Eng
- [CAT P1 QP GR12 SEPT 2022 English](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-qp-gr12-sept-2022-english/2c41f16c-52dc-4d98-a4a4-e3296512bace) — Computer Applications Technology · QP · 2022 · Eng
- [Computer Application Technology P1 May June 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-p1-may-june-2021-eng/5be0bf0e-69bd-4481-9ce4-d56745874ad6) — Computer Applications Technology · QP · 2021 · Eng
- [Computer Application Technology P1 May June 2016 Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-p1-may-june-2016-eng/da15995d-25c5-4cb8-a14a-08bf723c628c) — Computer Applications Technology · QP · 2016 · Eng
- [CAT P1 June July 2015 Afr](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-june-july-2015-afr/67e7c672-7961-430c-8360-5aa92c095466) — Computer Applications Technology · QP · 2015 · Afr
- [ERRATA CAT P1](https://www.hlayiso.com/library/errata-cat-p1/363f4b7e-98be-46d4-9d47-fcfea8705198) — Computer Applications Technology · Errata · 2022

## More from Grade 12 Computer Applications Technology

- [CAT P1 MEMO GR12 SEPT 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-memo-gr12-sept-2025-eng-watermark/9df1288f-0f95-46d9-8231-26c401ed1a1b) — Memo · 2025 · Eng
- [CAT P2 GR12 MEMO September 2025 - AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr12-memo-september-2025-afr-watermark/3e182b7b-5d5f-4afc-b54c-b286289512f6) — Memo · 2025 · Afr
- [Computer Applications Technology P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-applications-technology-p1-may-june-2025-mg-eng/8beb5c31-24fa-4cf4-b90c-aedcc234a4dd) — Memo · 2025 · Eng
- [CAT P1 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-memo-gr12-sept-2024-english/91df7fb9-ea6b-4fed-8f93-a1466ec697c3) — Memo · 2024 · Eng
- [Computer Applications Technology P2 May-June 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-computer-applications-technology-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-2-english/a32bb637-25b5-4469-8be9-e72527e65d8a) — Memo · 2024 · Eng
- [Computer Applications Technology P1 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-applications-technology-p1-nov-2023-eng/60311585-04c7-46dc-bcf6-87da09dc1ea5) — QP · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
