# Computer Applications Technology Grade 12 P1 2022 QP (Afr)

> Grade 12 Computer Applications Technology Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2022 (Afrikaans), 22 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/computer-applications-technology-p1-nov-2022-afr/0f8173f4-0038-4e41-af14-0206583ecb65
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Computer Applications Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 22

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Computer Applications Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/computer-applications-technology) › [Computer Applications Technology Grade 12 P1 2022 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/computer-applications-technology-p1-nov-2022-afr/0f8173f4-0038-4e41-af14-0206583ecb65)

## About this document

Computer Applications Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2022. Question paper, 22 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                     REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1

                                 NOVEMBER 2022

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

            Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye, 'n HTML-merkersblad,
           'n toevoermasker-karakterblad, twee bladsye vir beplanning en
                               'n aparte inligtingsblad.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1             2                           DBE/November 2022
                                            NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       As gevolg van die aard van hierdie praktiese eksamen is dit belangrik om
         daarop te let dat, selfs al maak jy die eksamen vroeg klaar, jy NIE toegelaat
         sal word om die eksamenlokaal te verlaat voordat al die administratiewe
         funksies wat met die eksamen geassosieer word, gefinaliseer is NIE.
         Gedurende die eksamen sal die normale eksamenreëls oor die verlating van
         die eksamenlokaal geld.

2.       As jy op die netwerk werk, of as die datalêers vooraf op jou stelsel gelaai is,
         moet jy die instruksies volg wat deur die toesighouer/onderwyser gegee word.

3.       Aan die einde van die eksamen moet jy seker maak dat AL jou antwoordlêers
         op die netwerk/rekenaar gestoor is, soos deur die toesighouer/onderwyser
         aan jou verduidelik is.

4.       Maak absoluut seker dat al die lêers gelees kan word. MOENIE onnodige
         lêers/lêergidse stoor NIE en MOENIE duplikaat-antwoordlêers/-lêergidse
         inlewer NIE. MOENIE enige oorspronklike lêers waarop jy nie gewerk het
         nie, verwyder NIE.

5.       Die inligtingsblad wat saam met die vraestel verskaf word, MOET NA
         AFLOOP VAN DIE DRIE-UUR-EKSAMENSESSIE INGEVUL WORD. Lewer
         dit aan die einde van die eksamen by die toesighouer in.

6.       'n Kopie van die meesterlêers ('master files') sal by die toesighouer
         beskikbaar wees. Indien daar enige probleme met 'n lêer is, mag jy die
         toesighouer vir 'n ander kopie vra.

7.       Hierdie vraestel bestaan uit SEWE vrae. Beantwoord AL die vrae.

8.       Lees deur elke vraag voordat jy dit beantwoord of die probleem oplos.
         MOENIE meer doen as wat die vraag vereis NIE.

9.       Maak seker dat jy elke dokument stoor deur die lêernaam wat in die vraestel
         gegee word, te gebruik. Stoor jou werk gereeld as 'n voorsorgmaatreël teen
         moontlike kragonderbrekings.

10.      Jy mag GEEN hulpbronmateriaal gebruik NIE.

11.      Akkuraatheid sal in berekening gebring word.

12.      Maak seker dat die streeksinstellings ('regional settings') op Suid-Afrika
         ('South Africa') ingestel is en dat datum- en tydinstellings, nommerinstellings
         en geldeenheidinstellings ('currency settings') korrek ingestel is.

13.      Vir alle woordverwerkingsvrae moet jy die taal op 'English (South Africa)' stel.
         Neem aan dat die papiergrootte A4 Portret ('Portrait') is, tensy anders
         aangedui. Gebruik sentimeter as maateenheid.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1              3                            DBE/November 2022
                                             NSS

14.      Maak seker dat die 'Developer'-oortjie en die liniaal ('Ruler') geaktiveer is.

15.      Maak seker dat die desimale simbool ('decimal symbol') as 'n punt ('.') gestel
         is en die lys-skeikarakter ('list separator') as 'n komma (',') gestel is.

16.      Formules en/of funksies moet vir ALLE berekeninge in sigbladvrae gebruik
         word. Gebruik absolute selverwysings slegs waar nodig, om seker te maak
         dat formules korrek is wanneer jy dit na ander selle in 'n sigblad kopieer.

         LET WEL:        Alle formules en/of funksies moet só ingevoeg word dat die
                         korrekte resultate steeds verkry sal word, selfs al word
                         veranderinge aan die bestaande data gemaak.

17.      Jy mag NIE 'n woordverwerkingsprogram soos Word gebruik om die
         HTML-vraag te beantwoord NIE.

18.      Rame ('Borders') wat rondom prente en skermkopieë in hierdie vraestel
         verskyn, is bedoel vir duidelikheid. MOENIE rame invoeg NIE, tensy daar 'n
         instruksie is om dit te doen.

19.      Die eksamendata-lêergids wat jy saam met hierdie vraestel ontvang, bevat
         die lêers wat hieronder aangedui word. Maak seker dat jy al die lêers het
         voordat jy met hierdie eksamen begin.

            1Poster                               Saamgeperste lêer
            1Tourism                              Woordverwerkingslêer
            2Competition                          Woordverwerkingslêer
            3Tourists                             Sigblad
            4Sightings                            Sigblad
            5Bookings                             Databasis
            5Logo                                 Prent
            6_1Beach                              Prent
            6_1Dolphin                            HTML-lêer
            6_2Flamingo                           Prent
            6_2Heritage                           HTML-lêer
            7BigFive                              Sigblad
            7Map                                  Woordverwerkingslêer
            7Travellers                           Sigblad
            7TravelMode                           Databasis

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1               4                          DBE/November 2022
                                              NSS

SCENARIO

KwaZulu-Natal bied baie toeriste-aantreklikhede, soos pragtige strande, berge,
wêrelderfenisterreine en talle wildsreservate.

VRAAG 1: WOORDVERWERKING

Maak die 1Tourism-woordverwerkingsdokument                oop wat 'n uittreksel uit 'n
toerismeverslag van KwaZulu-Natal is.

1.1    Verander die font van die teks 'Extract from Report' na kleinbokas ('small caps').         (1)

1.2    Pas 'n teksvul-effek ('text fill effect') toe op die WordArt-teks 'KWAZULU-NATAL
       TOURISM' soos volg:

          'Rectangular type gradient fill'
          Eerste gradiëntstoppunt ('gradient stop') by die 60%-posisie                           (3)

1.3    Verander die styl met die naam Showcasting sodat al die subopskrifte soos volg
       sal vertoon.

                                                                                                  (3)

1.4    Vind die sitaat ('citation') in die derde paragraaf wat na die '(Department of
       Statistics South Africa)' verwys.

       Skakel die sitaat na statiese teks ('static text') om.                                     (1)

1.5    Vind die teks 'Question/Vraag 1.5' en vervang dit met 'n sirkelverwantskap-
       SmartArt-grafika ('Circle Relationship SmartArt graphic') soos hieronder getoon.

       Formateer die fontgrootte van die teks 'Tourism' na 14 pt.

                                                                                                  (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1             5                            DBE/November 2022
                                            NSS

1.6    Vind en vervang al die kere wat die presiese woord 'tourism' voorkom met 'n
       verhelderde ('highlighted') woord 'tourism'.                                                (2)

1.7    Vind die teks wat met 'PUBLIC RELATIONS AND …' begin en met '… effects of
       the pandemic.' eindig en doen die volgende:
          Plaas die teks in twee kolomme.
          Verander die bladsy-oriëntasie ('page orientation') van SLEGS hierdie teks
           na landskap ('landscape').                                                              (2)

1.8    Vind die opskrif 'Pandemic' en merk dit as 'n indeksinskrywing ('index entry') EN
       voeg 'n subinskrywing ('subentry') 'Covid' by hierdie hoof-indeksinskrywing
       ('main index entry').                                                                       (1)

1.9    Voeg 'n bibliografie ('bibliography') in die Harvard – Anglia-bibliografiestyl onder
       die teks 'Question/Vraag 1.9' in.                                                           (2)

1.10   Voeg 'n indeks ('index') onder die teks 'Question/Vraag 1.10' in sodat die
       bladsynommers regs inlyn met 'n soliede tabelstopgidslyn ('solid line tab leader')
       sal wees.                                                                                   (3)

Stoor en MOENIE die 1Tourism-dokument TOEMAAK NIE.

1.11   Doen die volgende:
          Maak die lêer 1Poster oop deur die wagwoord P1* te gebruik.
          Plak die groep van vyf prente uit die 1Poster-dokument in die 1Tourism-
           dokument onder die teks 'Question/Vraag 1.11' in.
          Redigeer die groep van vyf prente om soos die skermkopie hieronder te
           vertoon.

                                                                                                   (4)

Stoor en maak die 1Tourism-dokument en die 1Poster-dokument toe.                                   [26]
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1              6                           DBE/November 2022
                                             NSS

VRAAG 2: WOORDVERWERKING

Maak die 2Competition-woordverwerkingsdokument oop wat inligting gee oor 'n
kompetisie om 'n vakansie in KwaZulu-Natal te wen.

2.1     Verander die vergrote hoofletter ('Drop Cap') 'W' wat in die eerste paragraaf
        gevind word soos volg:

           Posisioneer die vergrote hoofletter sodat dit nie in die kantlyn verskyn nie.
           Formateer die vergrote hoofletter om oor drie reëls te strek en stel die
            afstand tussen die vergrote hoofletter en die teks op 0.5 cm.                          (3)

2.2     Voeg 'n 3 pt-paragraafraam in om die teks wat met 'Please share via …' begin
        en met '… the number of shares.' eindig.                                                   (2)

2.3     Skep 'n skakel op die teks 'Win! Win! Win!' om na die volgende webtuiste te
        navigeer:

        https://gosafari.co.za                                                                     (1)

2.4     Redigeer die vorm onder die opskrif 'Competition form' soos volg:

        2.4.1   Vervang die teks 'Question/Vraag 2.4.1' met 'n geskikte vormkontrole
                ('form control') met die volgende opsies:

                    <35
                    35 – 55
                    >55                                                                           (2)

        2.4.2   Formateer die Cell Number-veld na 'n toepaslike datatipe en lengte.                (2)

        2.4.3   Die getal ekstra inskrywings sal twee keer soveel wees as die getal
                kere wat 'n persoon die vorm via WhatsApp gedeel het.

                Verander die Extra entries-veld om te bereken hoeveel ekstra
                inskrywings 'n persoon sal kry.

                WENK:      Gebruik die boekmerknaam ('bookmark name') binne die
                           Number shared-veld.                                                     (3)

2.5     Vind die teks wat met 'Backpackers …' begin en met '… friends and family'
        eindig en pas 'n woordverwerkingseienskap toe om die teks soos hieronder te
        vertoon.

                                                                                                   (2)

2.6     Voeg 'n handtekeningreël ('signature line') onder die teks 'Question/Vraag 2.6'
        by EN laat die persoon wat teken toe om kommentaar in te voeg ('add
        comments').                                                                                (2)
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1            7                         DBE/November 2022
                                           NSS

2.7     Vind die opskrif 'Competition Terms and Conditions' en doen die volgende:

            Verander die karakterspasiëring ('character spacing') van hierdie teks na
             saamgepak ('condensed').
            Verander die paragraafspasiëring ('paragraph spacing') van die teks onder
             hierdie opskrif na 15 pt 'after'.                                                 (2)

Stoor en maak die 2Competition-dokument toe.                                                   [19]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
    Rekenaartoepassingstegnologie/V1                8                              DBE/November 2022
                                                   NSS

VRAAG 3: SIGBLAD

LET WEL:
     Gebruik formules en/of funksies vir ALLE berekeninge in die sigblad.
     Gebruik absolute selverwysings SLEGS waar nodig om seker te maak dat formules
      korrek is wanneer jy dit na ander selle in 'n sigblad kopieer.
     Voeg formules en/of funksies op só 'n manier in dat die korrekte resultate steeds
      verkry sal word, selfs al word waardes in die bestaande data verander.
     Indien jy boublokke wil gebruik, gebruik die spasie wat daarvoor in die sigblad-
      datalêer toegeken is.

Maak die 3Tourists-sigblad oop, wat data oor die totale uitgawes deur Suid-Afrikaanse
toeriste gedurende reise in 2020 en 2021 na eThekwini en die omliggende gebiede
bevat.

Werk in die Data-werkblad.

3.1        Formateer sel A3 om presies soos sel A19 te vertoon.                                              (1)

3.2        Formateer selle A4:G4 om soos hieronder vertoon.

                                                  Domestic      Recreation
                                   Food and
         Month    Accommodation                   transport    and culture   Shopping    Question 3.4
                                   beverages
         Maand        Verblyf                    Binnelandse   Ontspanning   Inkopies     Vraag 3.4
                                  Kos en drank
                                                   vervoer      en kultuur
                                                                                                             (2)

3.3        Agt werksgeleenthede is geskep vir elke R100 000 wat toeriste op verblyf
           gespandeer het.

           Voeg 'n formule in sel B18 in te bepaal hoeveel werksgeleenthede in 2020
           geskep is.

           Rond jou antwoord na die volgende heelgetal af.                                                   (4)

3.4        Die maandelikse totaal in kolom G word bereken deur die bedrae in elke kolom
           (kolom B tot F) bymekaar te tel. Indien 'n sel in een van die kolomme leeg is,
           moet die sel in kolom G ook leeg wees.

           Voeg 'n kombinasie van funksies in sel G5 in om die totale uitgawes vir die
           maand ('January') te vertoon en wat die sel leeg sal laat indien enige data in
           daardie ry weggelaat is.

           Kopieer die funksie na selle G6:G16 af.                                                           (5)

3.5        Pas voorwaardelike formatering ('conditional formatting') op selle F20:F31 toe
           om die selle met 'n blou vulkleur ('fill') te formateer wanneer die bedrag vir
           inkopies in 'n spesifieke maand in 2021 groter is as die bedrag vir inkopies in
           dieselfde maand in 2020.                                                                          (4)

    Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
 Rekenaartoepassingstegnologie/V1            9                         DBE/November 2022
                                            NSS

Werk in die Chart-werkblad.

3.6     Die grafiek toon 'n vergelyking van die uitgawes op kos en drank vir elke maand
        van 2020 en 2021.

        Verander die grafiek om soos hieronder te vertoon.

        LET WEL: Die reekswaardes vir 2021 is verkeerd toegepas.                                (5)

Stoor en maak die 3Tourists-sigblad toe.                                                        [21]

 Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
    Rekenaartoepassingstegnologie/V1              10                          DBE/November 2022
                                                 NSS

VRAAG 4: SIGBLAD

LET WEL:
     Gebruik formules en/of funksies vir ALLE berekeninge in die sigblad.
     Gebruik absolute selverwysings SLEGS waar nodig om seker te maak dat formules
      korrek is wanneer jy dit na ander selle in 'n sigblad kopieer.
     Voeg formules en/of funksies op só 'n manier in dat die korrekte resultate steeds
      verkry sal word, selfs al word waardes in die bestaande data verander.
     Indien jy boublokke wil gebruik, gebruik die spasie wat daarvoor in die sigblad-
      datalêer toegeken is.

Maak die 4Sightings-sigblad oop, wat inligting bevat oor leeus wat op wildsritte in die
Hluhluwe-iMfolozi Park gesien is.

Werk in die Lions-werkblad.

4.1        Voeg 'n funksie in sel D3 in om die meeste leeus wat op enige wildsrit gesien is,
           te bepaal.                                                                                  (1)

4.2        Voeg 'n SUMIFS-funksie in sel D4 in om die totale getal leeus te bepaal wat by
           die 'Mpila Camp' (kolom C) gesien is, waar welpies ook gesien is.                           (5)

4.3        Voeg 'n VLOOKUP-funksie in sel A7 in om die bewaarder se van te vertoon wat
           op die ID van die bewaarder en die lys in die Rangers-werkblad gebaseer is.                 (3)

4.4        Wildsritte word soos volg geklassifiseer:

              Gedeelte van dag          Tyd van dag
              Oggend                    Begin voor 12:00
              Middag                    Begin vanaf 12:00 en eindig voor 17:30
              Nag                       Begin vanaf 17:30

           Voeg 'n geneste IF-funksie in sel D7 in om die wildsrittyd te klassifiseer deur die
           tyd in sel E7 en die tyd van die dag in selle J1:O3 te gebruik.                             (6)

4.5        Elke wildsrit duur 2 uur en 45 minute.

           Voeg 'n TIME-funksie in sel F7 in om die tyd wat die wildsrit eindig, te vertoon.           (4)

Stoor en maak die 4Sightings-sigblad toe.                                                              [19]

    Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1                11                          DBE/November 2022
                                               NSS

VRAAG 5: DATABASIS

Die KZN Travel Agency hou 'n databasis by van alle reisigers na KwaZulu-Natal wat
verblyf deur 'n besprekingsagent bespreek.

Maak die 5Bookings-databasis oop.

5.1    Maak die tbl5_1-tabel in ontwerpaansig ('Design View') oop en redigeer dit soos
       volg:

       5.1.1    Verander die veldeienskappe ('field properties') van die Surname-veld
                sodat die veld nie leeg gelaat kan word nie.                                         (1)

       5.1.2    Elke reisiger het 'n unieke kode wat sy/haar besonderhede outomaties
                met die agentskap skakel, bv. h020530@tvl, a990522@tvl, ens.

                Voeg 'n toevoermasker ('input mask') in op die MemberNo-veld in die
                volgende onderkas('lowercase')-formaat:

                    Eerste letter van die reisiger se van, gevolg deur
                    Die geboortedatum soos dit in die ID-nommer verskyn, gevolg deur
                    @tvl                                                                            (4)

       5.1.3    Verander die veldeienskappe ('field properties') van die TravelDate-veld
                soos volg:

                    Pas die mediumdatumformaat ('medium date format') toe.
                    Stel die datumkieser ('Date Picker') sodat dit nie sal vertoon nie.             (2)

       5.1.4    Die Accommodation-veld moet opsies vir die tipes verblyf uit die
                tblAccommodation-tabel vertoon.

                Redigeer die veldeienskappe ('field properties') van die Accommodation-
                veld om die tipe verblyf waar toeriste kan bly, te vertoon.                          (1)

       5.1.5    Voeg 'n veld met die naam IDCopy onder die Surname-veld in wat met 'n
                gesertifiseerde afskrif van 'n identiteitsdokument sal skakel.                       (3)

       Stoor en maak die tbl5_1-tabel toe.

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1             12                          DBE/November 2022
                                            NSS

5.2    Maak die frm5_2-vorm, wat op die tblInfo-tabel gebaseer is, in ontwerpaansig
       ('Design View') oop.

       Verander die vorm om soos die voorbeeld hieronder te vertoon.

       LET WEL:
          Voeg die 5Logo-prent in om 9 cm breed en 4 cm hoog te wees.
          Voeg 'n valideringsreël('validation rule')-eienskap op die Date-veld in om slegs
           datums in die jare 2023 tot 2025 te aanvaar.
          Stoor die veranderings aan die vorm VOORDAT jy jou antwoord toets.

       Stoor en maak die frm5_2-vorm toe.                                                         (5)

5.3    Maak die navraag met die naam qry5_3, wat op die tblInfo-tabel gebaseer is, in
       ontwerpaansig ('Design View') oop.

       Vertoon die rekords van al die reisigers wat 'n groep van meer as drie mense deur
       die EasyStay-besprekingsagent ('booking agent') bespreek het en wat 'n
       huurmotor ('taxi') of private opsie vir vervoer sal gebruik.

       Stoor en maak die qry5_3-navraag toe.                                                      (5)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1            13                            DBE/November 2022
                                           NSS

5.4    Maak die qry5_4-navraag, wat op die tblInfo-tabel gebaseer is, in
       ontwerpaansig ('Design View') oop.

       Vertoon die totale koste per besprekingsagent ('booking agent').

       Stoor en maak die qry5_4-navraag toe.                                                      (2)

5.5    Maak die qry5_5-navraag, wat op die tblInfo-tabel gebaseer is, in
       ontwerpaansig ('Design View') oop.

       Die berekende veld Year bepaal of 'n reisiger in die jaar 19.. of die jaar 20..
       gebore is. MOENIE die Year-veld verander NIE.

       Voeg 'n nuwe berekende veld DOB in om die waarde in die Year-veld en die
       geboortedatum in die ID-veld te kombineer om as yyyymmdd te vertoon,
       bv. 19920731, 20051012, ens.

       Stoor en maak die qry5_5-navraag toe.                                                      (6)

5.6    Skep 'n verslag ('report') met die naam rpt5_6, wat op die tblInfo-tabel
       gebaseer is, soos volg:

          Vertoon die Surname-, Name-, GroupSize-, Accommodation- en Transport-
           velde.
          Vertoon die totale getal mense per vervoertipe ('transport type') in die
           groeponderskrif ('group footer').
          Sorteer die inligting volgens die Surname-veld.

       Stoor en maak die rpt5_6-verslag toe.                                                      (6)

Stoor en maak die 5Bookings-databasis toe.                                                        [35]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
    Rekenaartoepassingstegnologie/V1           14                        DBE/November 2022
                                              NSS

VRAAG 6: WEBONTWERP (HTML)

LET WEL:
     Jy mag NIE 'n woordverwerkingsprogram soos Word gebruik om die HTML-
      vraag te beantwoord NIE.
     'n HTML-merkersblad is vir verwysing aangeheg.
     Alle lêers wat benodig word om hierdie vraag te voltooi, kan in die eksamenlêergids
      gevind word.

Webblaaie is geskep om meer inligting oor die Dolfynkus ('Dolphin Coast') en die
iSimangaliso-vleilandpark ('iSimangaliso Wetland Park') te gee.
6.1        Maak die onvolledige 6_1Dolphin-lêer in 'n webblaaier en ook in 'n teks/HTML-
           redigeerder oop.

           LET WEL:
              Gebruik die voorbeeld hierbo as 'n riglyn wanneer jy hierdie vraag
               beantwoord.
              Vraagnommers verskyn as kommentaar ('comments') in die kodering om aan
               te dui waar jy die antwoord(e) moet invoeg. MOENIE hierdie kommentaar
               uitvee NIE.
    Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
 Rekenaartoepassingstegnologie/V1            15                        DBE/November 2022
                                            NSS

        6.1.1     Voeg 'n attribuut by die liggaamsmerker ('body tag') sodat die hele
                  webblad in 'n blou fontkleur sal vertoon.                                     (1)
        6.1.2     Voeg merkers by om die teks 'Did you know?' as 'n vlak-twee-opskrif
                  ('level two heading') te vertoon.                                             (1)
        6.1.3     Formateer die teks wat met 'The Dolphin Coast … ' begin en met '…
                  year-round tropical climate.' eindig, soos in die skermkopie getoon.          (1)
        6.1.4     Skep 'n skakel na die e-posadres, soos onderaan die webblad getoon.           (3)
        Stoor en maak die 6_1Dolphin-lêer toe.

6.2     Maak die onvolledige 6_2Heritage-webblad in 'n webblaaier en ook in 'n
        teks-/HTML-redigeerder oop.
        Voltooi die webblad om presies soos die voorbeeld hieronder te vertoon.
        LET WEL: Die agtergrondkleur van die tabel is beige.

        Stoor en maak die 6_2Heritage-lêer toe.
EEN punt sal toegeken word vir die korrekte toemaak van merkers en korrekte nesting
in beide lêers.                                                                                 (9)
                                                                                                [15]
 Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
 Rekenaartoepassingstegnologie/V1             16                         DBE/November 2022
                                             NSS

VRAAG 7: ALGEMEEN

Toerisme in KwaZulu-Natal lewer 'n beduidende bydrae tot die land se ekonomie.

7.1     Maak die 7Map-lêer oop.

        7.1.1    Voeg 'n berekening in die tabel om die persentasie van KwaZulu-Natal
                 se bydrae tot toerisme in Suid-Afrika te bepaal.                                 (2)

        7.1.2    Voeg die waarde van KwaZulu-Natal se bydrae by in die teksblokkie
                 ('text box') wat verskaf is.

                 Formateer en posisioneer die teksblokkie om soos die skermkopie
                 hieronder te lyk.                                                                (3)

Stoor en maak die 7Map-dokument toe.

7.2     Maak die 7TravelMode-databasis oop.

        Voer die 7Travellers-sigblad as 'n gekoppelde ('linked') tabel met die naam Info
        in die 7TravelMode-databasis in.

        Stel die eerste ry om as kolomopskrifte ('column headings') te vertoon.                   (3)

        Stoor en maak die 7TravelMode-databasis toe.

 Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
 Rekenaartoepassingstegnologie/V1             17                          DBE/November 2022
                                             NSS

7.3     Maak die 7BigFive-sigblad oop.

        Die KZN Travel Agency bied 'n kompetisie aan om bewustheid oor die
        Groot Vyf('Big Five')-diere te bevorder.

        Soos toeriste die diere in die week sien, word dit in selle B2:H7 aangeteken.
        Elke dier wat gesien is, kan slegs EEN keer gedurende die week aangeteken
        word.

        Bepaal of 'n toeris al die Groot Vyf-diere (B10:B15) teen die einde van die week
        gesien het, deur die volgende stappe te gebruik:
           Die data in selle I2:O7 sal aandui of elke dier wat gesien is, deel van die
            Groot Vyf is of nie.
           Gebruik 'n OR-funksie (NIE 'n IF-stelling NIE) in sel M2 om vas te stel of die
            dier in sel F2 'n Groot Vyf-dier is of nie. Kopieer die funksie na die ander
            selle toe af.
           Gebruik 'n formule in sel P3 om vas te stel of Bonakele al die Groot Vyf-
            diere gesien het.                                                                 (7)

Stoor en maak die 7BigFive-sigblad toe.
                                                                                              [15]

                                                                               TOTAAL:        150

 Kopiereg voorbehou

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
        Rekenaartoepassingstegnologie/V1                                                          DBE/November 2022
                                                                  NSS

                                 HTML-MERKERSBLAD ('HTML TAG SHEET')
Basiese merkers ('Basic Tags')                                          Formateringsmerkers ('Formatting Tags') vervolg
Merker ('Tag')            Beskrywing                                    Merker ('Tag')           Beskrywing
                             Definieer die liggaam van die                                        Word voor elke lys-item
<body></body>
                             webblad                                                              ingevoeg, en voeg 'n nommer of
                                                                        <li></li>
<body                        Stel die agtergrondkleur van die                                     simbool by, afhangend van die
bgcolor="pink">              webblad                                                              tipe lys wat geselekteer is
<body text="black">          Stel die kleur van die liggaamteks         <img src="name">          Voeg 'n prent in
                                                                        <img src="name"           Stel 'n prent inlyn: kan "right",
<head></head>                Bevat inligting oor die webblad
                                                                        align="left">             "bottom", "top", "middle" wees
                             Skep 'n HTML-dokument – begin              <p align="center"><img    Stel 'n prent "center" inlyn, kan
<html></html>
                             en eindig 'n webblad                       src="name"></p>           ook "middle" wees
                                                                        <img src="name"           Stel die grootte van die raam
<title></title>              Definieer 'n titel vir die webblad
                                                                        border="1">               rondom 'n prent
<br/>                        Voeg 'n reëlbreuk in ('line break')        <img src="name"
                                                                                                  Stel die hoogte en breedte van 'n
                                                                        width="200" height
<!-- -->                     Kommentaar                                                           prent
                                                                        ="200">
Teksmerkers ('Text Tags')                                                                         Vertoon alternatiewe teks
Merker ('Tag')            Beskrywing                                    <img src="name"           wanneer die muis oor 'n prent
                                                                        alt="alternative text">   gehou word of wanneer die prent
<hl></hl>                    Skep die grootste opskrif                                            nie gevind kan word nie
<h6></h6>                    Skep die kleinste opskrif                  <hr/>                     Voeg 'n horisontale lyn in
                                                                                                  Stel die grootte (hoogte) van 'n
<b></b>                      Skep teks in vetdruk                       <hr size="3"/>
                                                                                                  reël
<i></i>                      Skep teks in skuinsdruk
                                                                                                  Stel die breedte van 'n lyn, in
<u></u>                      Skep onderstreepte teks                    <hr width=”80%”/>
                                                                                                  persentasie of absolute waarde
<font size="3"></font>       Stel fontgrootte van "1" tot "7" "
<font color= "green">
                             Stel fontkleur                             <hr color= "ff0000"/>     Stel die kleur van die lyn
</font>
<font face="Times New                                                   Tabelmerkers ('Tabel Tags')
                             Stel fonttipe
Roman"></font>                                                          Merker ('Tag')            Beskrywing
Skakelmerkers ('Links Tags')                                            <table></table>           Skep 'n tabel
Merker ('Tag')               Beskrywing                                 <tr></tr>                 Skep 'n ry in 'n tabel
<a href="URL"></a>           Skep 'n hiperskakel                        <td></td>                 Skep 'n sel in 'n tabel
<a href="URL"><img
                             Skep 'n prentskakel
src="name"></a>                                                                                   Skep 'n tabelopskrif ('n sel met
                                                                        <th></th>
                             Skep 'n teikenarea in die                                            vetgedrukte, gesentreerde teks.)
<a name="NAME"></a>
                             dokument
                             Skakel na 'n teikenarea wat
<a href= "#NAME"></a>                                                   <table width="50">        Skep die breedte van die tabel
                             elders in die dokument geskep is
<a href=                                                                                          Stel die breedte van die raam
                             Skakel na 'n e-posadres                    <table border="1">
"mailto:#NAME"></a>                                                                               rondom die selle van die tabel
                                                                                                  Stel die spasie tussen die selle
Formateringsmerkers ('Formatting Tags')                                 <table cellspacing="1">
                                                                                                  van die tabel
                                                                                                  Stel die spasie tussen 'n selraam
Merker ('Tag')               Beskrywing                                 <table cellpadding="1">
                                                                                                  en die inhoud daarvan
<p></p>                      Skep 'n nuwe paragraaf                                               Stel die inlynstelling vir sel(le)
                             Stel 'n paragraaf "left" inlyn             <tr align="left">         ("left", kan ook "center" of "right"
<p align="left">             (verstek), kan ook ''right'' of                                      wees)
                             ''center'' wees                                                      Stel die vertikale inlynstelling vir
<center></center>            Sentreer teks, 'n afdeling, tabel of       <tr valign="top">         sel(le) ("top", kan ook "middle" of
                             prent horisontaal                                                    "bottom" wees)
<ol></ol>                    Skep 'n genommerde lys
                                                                                                  Stel die getal kolomme waaroor
<ol type="A","a",            Definieer die tipe nommers wat             <td colspan="2">
                                                                                                  'n sel moet strek
"I","i","1"></ol>            gebruik word
<ul></ul>                    Skep 'n kolpuntlys
                                                                                                  Stel die getal rye waaroor 'n sel
<ul type="disc",             Definieer die tipe kolpunte wat            <td rowspan="4">
                                                                                                  moet strek
"square","circle"> </ul>     gebruik word

        Kopiereg voorbehou

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1                                           DBE/November 2022
                                             NSS

                  TOEVOERMASKER('INPUT MASK')-KARAKTERBLAD

   KARAKTER                                         BESKRYWING
                      Syfer (0 tot 9, inskrywing vereis, plus[+]- en minus[–]-tekens nie
         0
                      toegelaat nie)
                      Syfer of spasie (inskrywing nie vereis nie, plus[+]- en minus[–]-tekens
         9
                      nie toegelaat nie)
                      Syfer of spasie (inskrywing nie vereis nie; spasies word as oop plekke
                      vertoon terwyl in Redigeringsmodus ('Edit mode'), maar oop plekke
         #
                      word verwyder wanneer data gestoor word, plus[+]- en minus[–]-tekens
                      toegelaat)
         L            Letter (A tot Z, inskrywing vereis)
         ?            Letter (A tot Z, inskrywing opsioneel)
         A            Letter of syfer (inskrywing vereis)
         a            Letter of syfer (inskrywing opsioneel)
         &            Enige karakter of 'n spasie (inskrywing vereis)
         C            Enige karakter of 'n spasie (inskrywing opsioneel)
                      Desimale plekhouer en duisende-, datum- en tydskeikarakters. (Die
      .,:;-/          werklike karakter hang van die instellings in die 'Regional Settings
                      Properties'-dialoogblokkie in die 'Windows Control Panel' af.)
                      Veroorsaak dat alle karakters na onderkas ('lower case') omgeskakel
         <
                      word
         >            Veroorsaak dat alle karakters na bo-kas ('upper case') omgeskakel word
                      Veroorsaak dat die toevoermasker van regs na links, eerder as van links
                      na regs, vertoon word. Karakters in die masker getik, vul dit altyd van
         !
                      links na regs. Jy kan die uitroepteken op enige plek in die
                      toevoermasker invoeg.
                      Veroorsaak dat die karakter wat volg, as die letterlike karakter vertoon
         \
                      word (bv. \A word slegs as A vertoon)

Kopiereg voorbehou

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1                    DBE/November 2022
                                   NSS

JY MAG HIERDIE BLADSY VIR ENIGE BEPLANNINGSDOELEINDES GEBRUIK.

Kopiereg voorbehou

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1                    DBE/November 2022
                                   NSS

JY MAG HIERDIE BLADSY VIR ENIGE BEPLANNINGSDOELEINDES GEBRUIK.

Kopiereg voorbehou

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1                                                DBE/November 2022
                                             NSS

                                      Eksamenplakker
                                                                                              150
          REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 – NOVEMBER 2022
INLIGTINGSBLAD (moet NA die 3 uur-sessie deur die kandidaat ingevul word)
SENTRUMNOMMER _________________________________________________________
EKSAMENNOMMER _________________________________________________________
WERKSTASIENOMMER ______________________________________________________

SUITE GEBRUIK
                              Microsoft      Microsoft      Microsoft                Office 365/
(Maak 'n kruisie in die
                             Office 2013    Office 2016    Office 2019          Microsoft Office 2021
toepaslike blokkie (X))
WEBBLAAIER GEBRUIK                                                                            Ander
                                Mozilla      Google             Internet    Microsoft      (Spesifiseer)
(Maak 'n kruisie in die
                                Firefox      Chrome             Explorer     Edge
toepaslike blokkie (X))

LÊERGIDSNAAM ____________________________________________________________

Kandidaat moet die lêernaam/-name vir elke antwoord invul. Maak 'n regmerkie indien
gestoor en/of gepoog.
                                Gestoor    Gepoog
 Vraag-                                              Maksimum          Punt      Nasiener Voorletters/
               Lêernaam           ()        ()
nommer                                                 Punt           Verdien           Kode

   1       1Tourism                                       26

   2       2Competition                                   19

   3       3Tourists                                      21

   4       4Sightings                                     19

   5       5Bookings                                      35

           6_1Dolphin
   6                                                      15
           6_2Heritage

           7BigFive

   7       7Map                                           15

           7TravelMode

                       TOTAAL                             150

Kommentaar: (Slegs vir kantoor/nasiener se gebruik)
___________________________________________________________________________
___________________________________________________________________________

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Computer Applications Technology P2 Nov 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/computer-applications-technology-p2-nov-2022-afr/fb83ad7c-8c11-47cb-aa4d-2846fbd64cbc) — Computer Applications Technology · QP · 2022 · Afr
- [CAT P1 QP GR12 SEPT 2022 English](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-qp-gr12-sept-2022-english/2c41f16c-52dc-4d98-a4a4-e3296512bace) — Computer Applications Technology · QP · 2022 · Eng
- [Computer Applications Technology P1 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-applications-technology-p1-nov-2023-eng/60311585-04c7-46dc-bcf6-87da09dc1ea5) — Computer Applications Technology · QP · 2023 · Eng
- [Computer Application Technology P1 Nov 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-p1-nov-2021-afr/1470e04d-3b82-4358-bb65-bb03f0dfd093) — Computer Applications Technology · QP · 2020 · Afr
- [Computer Application Technology P1 Nov 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-p1-nov-2021-eng/16875b30-a18d-4a9a-b7ea-711d6393e5a4) — Computer Applications Technology · QP · 2020 · Eng
- [Computer Application Technology P1 Nov 2019 Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-p1-nov-2019-eng/b91547f0-b4ca-4f13-97a6-41dff1f1cae0) — Computer Applications Technology · QP · 2019 · Eng

## More from Grade 12 Computer Applications Technology

- [CAT P1 MEMO GR12 SEPT 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-memo-gr12-sept-2025-eng-watermark/9df1288f-0f95-46d9-8231-26c401ed1a1b) — Memo · 2025 · Eng
- [CAT P2 GR12 MEMO September 2025 - AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr12-memo-september-2025-afr-watermark/3e182b7b-5d5f-4afc-b54c-b286289512f6) — Memo · 2025 · Afr
- [Computer Applications Technology P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-applications-technology-p1-may-june-2025-mg-eng/8beb5c31-24fa-4cf4-b90c-aedcc234a4dd) — Memo · 2025 · Eng
- [CAT P1 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-memo-gr12-sept-2024-english/91df7fb9-ea6b-4fed-8f93-a1466ec697c3) — Memo · 2024 · Eng
- [Computer Applications Technology P2 May-June 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-computer-applications-technology-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-2-english/a32bb637-25b5-4469-8be9-e72527e65d8a) — Memo · 2024 · Eng
- [ERRATA CAT P1](https://www.hlayiso.com/library/errata-cat-p1/363f4b7e-98be-46d4-9d47-fcfea8705198) — Errata · 2022

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
