# Computer Applications Technology Grade 12 P1 2023 QP (Afr)

> Grade 12 Computer Applications Technology Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2023 (Afrikaans), 21 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/computer-applications-technology-p1-nov-2023-afr/bc380ca8-1ef1-408b-a3cc-4b5e0ca464d6
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Computer Applications Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 21

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Computer Applications Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/computer-applications-technology) › [Computer Applications Technology Grade 12 P1 2023 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/computer-applications-technology-p1-nov-2023-afr/bc380ca8-1ef1-408b-a3cc-4b5e0ca464d6)

## About this document

Computer Applications Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2023. Question paper, 21 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                NASIONALE
                            SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                     REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1

                                NOVEMBER 2023

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

            Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye, 'n HTML-merkersblad,
           'n toevoermasker-karakterblad, twee bladsye vir beplanning en
                               'n aparte inligtingsblad.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1              2                            DBE/November 2023
                                             NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       As gevolg van die aard van hierdie praktiese eksamen is dit belangrik om
         daarop te let dat, selfs as maak jy die eksamen vroeg klaar, jy NIE toegelaat
         sal word om die eksamenlokaal te verlaat voordat al die administratiewe take
         wat met die eksamen geassosieer word, gefinaliseer is NIE. Gedurende
         die eksamen sal die normale eksamenreëls oor die verlating van die
         eksamenlokaal geld.

2.       As jy op die netwerk werk, of as die datalêers vooraf op jou stelsel gelaai is,
         moet jy die instruksies volg wat deur die toesighouer/onderwyser gegee word.

3.       Aan die einde van die eksamen moet jy seker maak dat AL jou antwoordlêers
         op die netwerk/rekenaar gestoor is, soos deur die toesighouer/onderwyser
         aan jou verduidelik is.

4.       Maak absoluut seker dat al die lêers gelees kan word. MOENIE onnodige
         lêers/lêergidse stoor NIE en MOENIE duplikaat-antwoordlêers/-lêergidse
         inlewer NIE. MOENIE enige oorspronklike lêers waarop jy nie gewerk het
         nie, verwyder NIE.

5.       Die inligtingsblad wat saam met die vraestel verskaf word, MOET NA
         AFLOOP VAN DIE DRIE-UUR-EKSAMENSESSIE INGEVUL WORD. Lewer
         dit aan die einde van die eksamen by die toesighouer in.

6.       'n Kopie van die meesterlêers ('master files') sal by die toesighouer
         beskikbaar wees. Indien daar enige probleme met 'n lêer is, mag jy die
         toesighouer vir 'n ander kopie vra.

7.       Hierdie vraestel bestaan uit SEWE vrae. Beantwoord AL die vrae.

8.       Lees deur elke vraag voordat jy dit beantwoord of die probleem oplos.
         MOENIE meer doen as wat die vraag vereis NIE.

9.       Maak seker dat jy elke dokument stoor deur die lêernaam wat in die vraestel
         gegee word, te gebruik. Stoor jou werk gereeld as 'n voorsorgmaatreël teen
         moontlike kragonderbrekings.

10.      Jy mag GEEN hulpbronmateriaal gebruik NIE.

11.      Akkuraatheid sal in berekening gebring word.

12.      Maak seker dat die streeksinstellings ('regional settings') op Suid-Afrika
         ('South Africa') ingestel is en dat datum- en tydinstellings, nommerinstellings
         en geldeenheidinstellings ('currency settings') korrek ingestel is.

13.      Vir alle woordverwerkingsvrae moet jy die taal op 'English (South Africa)' stel.
         Neem aan dat die papiergrootte A4 Portret ('Portrait') is, tensy anders
         aangedui. Gebruik sentimeter as maateenheid.

14.      Maak seker dat die 'Developer'-oortjie en die liniaal ('Ruler') geaktiveer is.

15.      Maak seker dat die desimale simbool ('decimal symbol') as 'n punt ('.') gestel
         is en die lys-skeikarakter ('list separator') as 'n komma (',') gestel is.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1              3                           DBE/November 2023
                                             NSS

16.      Formules en/of funksies moet vir ALLE berekeninge in sigbladvrae gebruik
         word. Gebruik absolute selverwysings slegs waar nodig, om seker te maak
         dat formules korrek is wanneer jy dit na ander selle in 'n sigblad kopieer.
         LET WEL: Alle formules en/of funksies moet só ingevoeg word dat die
                  korrekte resultate steeds verkry sal word, selfs as veranderinge
                  aan die bestaande data gemaak word.

17.      Jy mag NIE 'n woordverwerkingsprogram soos Word gebruik om die
         HTML-vraag te beantwoord NIE.

18.      Die rame ('borders') wat rondom prente en skermkopieë in hierdie vraestel
         verskyn, is bedoel vir duidelikheid. MOENIE rame invoeg NIE, tensy daar 'n
         instruksie is om dit te doen.

19.      Die datalêers wat jy nodig het om die vraestel te voltooi, is aan jou gegee op
         die skyf/CD/DVD/geheuestokkie of op die skyfspasie wat aan jou toegeken is.
         Die lêers word in die vorm van 'n wagwoordbeskermde uitvoerbare lêer
         verskaf.
         Doen die volgende:
            Dubbelklik op die wagwoordbeskermde uitvoerbare lêer:
             CAT P1 Nov 2023 DATA.exe
            Klik op die 'Extract'-knoppie.
            Klik die 'Show Password'-merkblokkie.
            Sleutel die volgende wagwoord in: 1234cars
            Nadat dit onttrek ('extracted') is, verifieer die inhoud van die lêergids
             ('folder') deur een of meer lêers oop te maak.
            Sodra die inhoud van die lêers geverifieer is, hernoem ('rename') die gids
             ('folder') CAT P1 Nov 2023 DATA met jou eksamennommer.
         Die volgende lys lêers sal in die leêrgids ('folder') beskikbaar wees:
            1Top10                                Woordverwerkingslêer
            1Toyota                               Prent
            2Tips                                 Woordverwerkingslêer
            3CarSales                             Sigblad
            4Sales                                Sigblad
            5Bus                                  Prent
            5Card                                 Prent
            5Shuttle                              Databasis
            6_1Rover                              Prent
            6_1Win                                HTML-lêer
            6_2Father                             Prent
            6_2Logo                               Prent
            6_2Opening                            HTML-lêer
            7Bookings                             Sigblad
            7New                                  Woordverwerkingslêer

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1               4                       DBE/November 2023
                                              NSS

SCENARIO

Verskillende tipes vervoer word gebruik om mense en goedere van een plek na 'n
ander te vervoer. Alhoewel baie mense openbare vervoer gebruik, het motors oor die
jare meer gewild geraak.

VRAAG 1: WOORDVERWERKING

Maak die 1Top10-woordverwerkingsdokument oop en voeg jou eksamennommer in
die bladsyboskrif ('header') of bladsyonderskif ('footer') in.

Die dokument bevat inligting oor die top tien motorhandelsnaam-verkope gedurende
2022 in Suid-Afrika.

1.1      Voeg die 'Retrospect'-voorblad soos volg in:

            Dokumenttitel: 'Popular Cars'
            Verwyder die subtitelkontrole ('subtitle control').                                (3)

1.2      Vind die opskrif wat met 'These were South …' begin en gebruik font-
         formatering ('font formatting') om die opskrif soos hieronder te laat vertoon.

                                                                                                (2)

1.3      Vind die teks 'Question/Vraag 1.3' en vervang dit met die prent 1Toyota. Pas
         'n 'Soft-Edge Rectangle'-prentstyl op die prent toe.                                   (2)

1.4      Soek en vervang al die voorkomste van die woord 'Hilux' sodat dit gestrek
         ('expanded') met 1 pt en 'n skaal van 150% vertoon.                                    (3)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1              5                            DBE/November 2023
                                             NSS

1.5      Vind die tabel onder die opskrif wat met 'South Africa's 10 …' begin en
         verander dit om soos in die voorbeeld hieronder te vertoon.

         LET WEL: Die data vir Volkswagen is na binne in die tabel geskuif.                         (5)

1.6      Vind die grafiek onder die teks wat met 'The graph below …' begin en voeg
         die byskrif ('caption') in om as 'Graph 2: Bestsellers' te vertoon.                        (2)

1.7      Vind die letter 'D' onder die opskrif 'Expectations for new …' en formateer die
         letter soos in die voorbeeld hieronder getoon.

         LET WEL: Die agtergrondkleur van die letter D moet in 'n groen skakering
                  vertoon.                                                                          (4)

1.8      Vind die opskrif wat met 'The top 10 …' begin en die tabel onder die opskrif.

         Verander die instellings om seker te maak dat die opskrif en die tabel altyd
         bymekaar sal bly.                                                                          (1)

1.9      Voeg die lêerpad ('file path') in die bladsyboskrif van slegs die laaste bladsy in.        (2)

Stoor en maak die 1Top10-dokument toe.                                                              [24]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1             6                          DBE/November 2023
                                            NSS

VRAAG 2: WOORDVERWERKING

Maak die 2Tips-woordverwerkingsdokument oop en voeg jou eksamennommer in die
bladsyboskrif ('header') of bladsyonderskif ('footer') in.

Die dokument bevat wenke wat gevolg kan word wanneer 'n voertuig aangekoop word.

2.1      Verander die kantruimtes van die dokument na smal ('narrow') kantruimtes.               (1)

2.2      Voeg 'n 3 pt-raam aan die linker- en regterkant van slegs die eerste bladsy in.         (3)

2.3      Skep 'n skakel soos volg:

            Vind die teks 'Contact form' en skep 'n boekmerk met die naam 'Contact'.
            Voeg 'n skakel op die teks 'choosing' in die eerste paragraaf na die
             'Contact'-boekmerk in.                                                              (3)

2.4      Vind die teks wat met '1. A new vehicle …' begin en met '… start the
         research:' eindig.

         Verander die genommerde lys na 'n kolpuntlys met die simbool                 
         (Webdings: Karakterkode: 142).                                                          (2)

2.5      Redigeer die vormkontroles ('form controls') onder die opskrif 'Contact form'
         soos volg:

         2.5.1       Vind die teksvormveld langs die teks 'Surname' en pas 'n
                     woordverwerkingseienskap op die teksvormveld toe sodat dit soos
                     die res van die vormvelde vertoon.                                          (1)

         2.5.2       Verander die teksvormveld langs die teks 'Name' om die data in
                     hoofletters te vertoon.                                                     (1)

         2.5.3       Redigeer die teksvormveld langs die teks 'Contact number' sodat
                     dit slegs die korrekte aantal syfers kan aanvaar.

                     Voorbeelde: 0825893654 of 0359586321                                        (1)

         2.5.4       Redigeer die teksvormveld langs die teks 'Preferred time to call'
                     sodat 'n gebruiker 'n spesifieke tyd van die dag in die
                     formaat h:mm am/pm kan invoeg.                                              (2)

2.6      Voeg 'n vorm ('shape') in om soos in die voorbeeld hieronder te vertoon.

                                                                                                 (3)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1           7                         DBE/November 2023
                                          NSS

2.7      Vind die SmartArt op die laaste bladsy en formateer die SmartArt om soos in
         die voorbeeld hieronder te vertoon.

         LET WEL: 'n '3D Cartoon'-styl is toegepas.                                          (4)

Stoor en maak die 2Tips-dokument toe.                                                        [21]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1               8                          DBE/November 2023
                                              NSS

VRAAG 3: SIGBLAD

LET WEL:

     Gebruik formules en/of funksies vir ALLE berekeninge in die sigblad.
     Gebruik absolute selverwysings SLEGS waar nodig om seker te maak dat formules
      korrek is wanneer jy dit na ander selle in 'n sigblad kopieer.
     Voeg formules en/of funksies op só 'n manier in dat die korrekte resultate steeds
      verkry sal word, selfs al verander waardes in die bestaande data.
     Indien jy boublokke wil gebruik, gebruik die spasie wat daarvoor in die sigblad-
      datalêer toegeken is.

Maak die 3CarSales-sigblad oop, wat die aantal motors bevat wat vir die periode
Oktober 2022 tot September 2023 deur die verkoopspersone verkoop is.

Werk in die Total-werkblad.

3.1        Verander die opskrif in ry 1 soos volg:

              Voeg selle A1:J1 saam en sentreer dit.
              Pas 'n 'Distributed (Indent)' horisontale teksinlynstelling met 'n inkeping
               van 13 toe.                                                                         (3)

3.2        Die totale getal motors wat vir die tydperk 2022/2023 deur elke
           verkoopspersoon verkoop is, is in ry 7.

           Voeg 'n funksie in sel E3 in om die tweede laagste aantal motors wat vir die
           tydperk 2022/2023 deur 'n verkoopspersoon verkoop is, te bepaal.                        (2)

3.3        Voeg 'n funksie in sel E4 in om die aantal maande waarin die totale
           maandelikse verkope van motors minder as 15 was, te bepaal.                             (2)

3.4        Pas 'n sigbladeienskap op selle C9:I20 toe om die persentasie waardes
           van 0 tot 50 in 'n tweekleurskaal('two-colour scale')-formaatstyl te vertoon.
           Verander die kleur van die minimum waarde na blou.                                      (4)

3.5        Voeg 'n opsoekfunksie ('lookup function') in sel F23 in om die naam van die
           verkoopspersoon wat vir die tydperk 2022/2023 die meeste motors verkoop
           het, te vertoon.                                                                        (6)

Stoor en maak die 3CarSales-sigblad toe.                                                           [17]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1               9                         DBE/November 2023
                                              NSS

VRAAG 4: SIGBLAD

LET WEL:

     Gebruik formules en/of funksies vir ALLE berekeninge in die sigblad.
     Gebruik absolute selverwysings SLEGS waar nodig om seker te maak dat formules
      korrek is wanneer jy dit na ander selle in 'n sigblad kopieer.
     Voeg formules en/of funksies op só 'n manier in dat die korrekte resultate steeds
      verkry sal word, selfs al verander waardes in die bestaande data.
     Indien jy boublokke wil gebruik, gebruik die spasie wat daarvoor in die sigblad-
      datalêer toegeken is.

Maak die 4Sales-sigblad oop, wat inligting bevat oor motors wat in September 2023 by
Sam's Dealership gekoop is.

LET WEL: 'n Dialoogblokkie sal vertoon wanneer die lêer oopgemaak word. Klik op OK.

Werk in die Sales-werkblad.

4.1        Verander die formaat van kolom H na 'n meer gepaste datatipe en maak
           seker dat al die inligting in die kolom sigbaar is.                                    (2)

4.2        Die funksie in sel C3 was 'n poging om te bepaal of die totale rente (sel E3)
           8% van die totale motorpryse (kolom E) is.

           Die funksie vertoon egter 'n verkeerde resultaat.

           Maak die formule in sel C3 reg om die korrekte resultaat te vertoon.                   (1)

4.3        Voeg 'n funksie in sel C5 in om die totale prys (kolom E) vir al die
           Hyundai i-modelle te bereken.                                                          (6)

4.4        Verander die funksie in sel A11 om slegs die voorletter(s) van die klant
           (kolom B) te vertoon.                                                                  (4)

4.5        Die totale koste vir 'n motor word bereken deur die prys by die rente te tel.
           Wanneer 'n koper egter ekstra bykomstighede (kolom G) wil byvoeg, word 'n
           addisionele 5% by die totale koste getel.

           Voeg 'n formule/funksie in sel H10 in om die finale totale koste vir Basson te
           bereken.                                                                               (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1             10                          DBE/November 2023
                                            NSS

Werk in die Chart-werkblad.

4.6      Verander die grafiek om soos in die voorbeeld hieronder te vertoon.

         LET WEL: Die kolomkleure is gestel om vir elke punt ('point') te varieer.                (6)

Stoor en maak die 4Sales-sigblad toe.                                                             [23]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1             11                         DBE/November 2023
                                            NSS

VRAAG 5: DATABASIS

Die databasis bevat inligting oor die bestuurders en kliënte van 'n pendelmaatskappy
('shuttle company').

Maak die 5Shuttle-databasis oop.

5.1      Maak die tbl5_1-tabel in ontwerpaansig ('Design View') oop.

         5.1.1       Verander die eienskappe ('properties') van die Name-veld om seker
                     te maak dat 'n naam altyd ingesleutel word.                                 (1)

         5.1.2       Redigeer die eienskappe van die StartDate-veld om te vertoon in
                     die formaat:

                     dd-mmm-yy                                                                   (2)

         5.1.3       'n Bestuurder se lisensienommer moet in 'n spesifieke formaat
                     ingesleutel word.

                     Verander die eienskappe van die LicenceNo-veld sodat 'n gebruiker
                     data soos volg sal insleutel:

                        SES verpligte nommers; gevolg deur
                        DRIE hoofletters; gevolg deur
                        EEN opsionele nommer

                     Voorbeelde: 435698XKJ8 of 963214PJH                                         (4)

         5.1.4       Verander die eienskappe van die Rating-veld om SLEGS
                     graderings van 1 tot 5 te aanvaar. Geen verstekwaarde ('default
                     value') moet in hierdie veld vertoon nie.                                   (2)

         5.1.5       Voeg 'n nuwe veld met die naam LicenceCard bokant die
                     LicenceNo-veld in.

                     Voeg die 5Card-prent, in databladaansig ('Datasheet View'), vir die
                     bestuurder, Mark Lopez, in.                                                 (4)

         Stoor en maak die tbl5_1-tabel toe.

5.2      Maak die frm5_2-vorm, wat op die Pre-bookings-tabel gebaseer is, in
         ontwerpaansig ('Design View') oop en redigeer soos volg:

            Voeg die 5Bus-prent in die vormboskrif as 'n logo in.
            Verander die eienskappe van die Reason-veld na 'n kombinasielys
             ('combo box') om die opsies 'Business' en 'Personal' te vertoon.

         Stoor en maak die frm5_2-vorm toe.
                                                                                                 (5)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1              12                           DBE/November 2023
                                             NSS

5.3      Skep 'n navraag met die naam qry5_3, wat op die Pre-bookings-tabel
         gebaseer is, soos volg:

         Vertoon slegs die naam, van en kontaknommer van die volgende kliënte:

            Besigheidskliënte wat meer as 30 km reis
            Enige kliënte wat 10 km of minder reis

         Stoor en maak die qry5_3-navraag toe.                                                      (5)

5.4      Maak die qry5_4-navraag, wat op die Pre-bookings-tabel gebaseer is, in
         ontwerpaansig ('Design View') oop.

         Verander die navraag om kliënte te vertoon wat die pendeldienste ('shuttle
         services') sal gebruik om in Desember te vertrek.

         Stoor en maak die qry5_4-navraag toe.                                                      (3)

5.5      Maak die qry5_5-navraag, wat op die Pre-bookings-tabel gebaseer is, in
         ontwerpaansig ('Design View') oop.

         Voeg 'n nuwe veld, Total, in om die totale reiskoste vir 'n kliënt vir 'n retoerrit
         te bepaal. Die koste vir die kliënt is R6,25 per kilometer gereis.

         Stoor en maak die qry5_5-navraag toe.                                                      (4)

5.6      Maak die rpt5_6-verslag, wat op die Pre-bookings-tabel gebaseer is, in
         ontwerpaansig ('Design View') oop en verander soos volg:

            Voeg 'n funksie in die groep-onderskrif in om die totale kliënte per Reason
             aan te dui.
            Verander die bladsy-oriëntasie na landskap.
            Voer die verslag as 'n PDF-dokument met die naam 5Pre-bookings na
             jou data-lêergids uit ('export').

         Stoor en maak die rpt5_6-verslag toe.                                                      (5)

Stoor en maak die 5Shuttle-databasis toe.                                                           [35]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1             13                        DBE/November 2023
                                            NSS

VRAAG 6: WEBONTWERP (HTML)

LET WEL:

     Jy mag NIE 'n woordverwerkingsprogram soos Word gebruik om die HTML-
      vraag te beantwoord NIE.
     'n HTML-merkersblad is vir verwysing aangeheg.
     Alle lêers wat benodig word om hierdie vraag te voltooi, kan in die datalêergids
      gevind word.

'n Webblad is vir 'n bemarkingskompetisie geskep om 'n motor van Sam's Dealership
te wen.

6.1        Maak die onvoltooide 6_1Win-lêer in 'n webblaaier en ook in 'n teks/HTML-
           redigeerder oop.

           Jou finale webblad moet soos die voorbeeld hieronder lyk.

           LET WEL:
              Gebruik die voorbeeld hierbo as 'n riglyn wanneer jy hierdie vraag
               beantwoord.
              Vraagnommers verskyn as kommentaar ('comments') in die kodering om
               aan te dui waar jy die antwoord(e) moet invoeg. MOENIE hierdie
               kommentaar uitvee NIE.
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1             14                          DBE/November 2023
                                            NSS

         6.1.1       Voeg 'n attribuut by die liggaamsmerker ('body tag') sodat die
                     webblad se kleur ligblou vertoon.                                            (2)

         6.1.2       Verander die prentmerker-attribute sodat die prente vertoon soos
                     in die voorbeeld op die vorige bladsy.                                       (2)

         6.1.3       Verander die HTML-kode sodat die 'Home'-teks in die tabel vertoon
                     soos in die voorbeeld op die vorige bladsy.                                  (1)

         6.1.4       Voeg 'n merker in die tabel-opskrif 'Ts and Cs' in sodat dit met die
                     6_1Win-webblad sal koppel.                                                   (2)

         6.1.5       Verander die HTML-kode om die lys soos in die voorbeeld op die
                     vorige bladsy te vertoon.                                                    (2)

         Stoor en maak die 6_1Win-lêer toe.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1            15                         DBE/November 2023
                                           NSS

6.2      Maak die onvoltooide 6_2Opening-webblad in 'n webblaaier en ook in 'n
         teks/HTML-redigeerder oop.

         Voltooi die webblad om soos die voorbeeld hieronder te lyk.

         Stoor en maak die 6_2Opening-lêer toe.                                                (5)

         EEN punt sal vir korrekte sluitingsmerkers en korrekte nesting in beide lêers
         toegeken word.                                                                        (1)
                                                                                               [15]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1               16                          DBE/November 2023
                                              NSS

VRAAG 7: ALGEMEEN

Maak die 7New-woordverwerkingsdokument oop.

7.1      Die pendelmaatskappy is besig om hulle logo op te gradeer. Gebruik WordArt
         en die prente in die lêer om 'n nuwe logo te skep, soos hieronder getoon.

         LET WEL:

            Die finale logo moet een prent wees.
            Stoor die finale logo as 'n prent met die naam 7NewLogo.                          (5)

Stoor en maak die 7New-dokument toe.

7.2      Maak die 7Bookings-sigblad oop.

         7.2.1       Pendelbestuurders moet een en 'n half uur voor 'n kliënt se
                     vertrektyd daarvan in kennis gestel word.

                     Voeg 'n funksie in sel D8 in om te bereken hoe laat die bestuurder
                     in kennis gestel moet word.                                               (5)

         7.2.2       Voeg 'n formule in kolom G in om die aantal dae tussen die
                     vertrekdatums en die terugkeerdatums vir al die kliënte te bereken.       (3)

         7.2.3       Redigeer die werkblad soos volg:

                        Verander die instellings om seker te maak dat, wanneer die
                         hele werkblad gedruk word, die inligting in kolomme A tot G op
                         die eerste bladsy sal verskyn.
                        Redigeer die druk-opsies om die ry- en kolomopskrifte in te sluit.    (2)

Stoor en maak die 7Bookings-sigblad toe.                                                       [15]

                                                                                TOTAAL:        150

Kopiereg voorbehou

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
        Rekenaartoepassingstegnologie/V1                                                              DBE/November 2023
                                                                   NSS

                                  HTML-MERKERSBLAD ('HTML TAG SHEET')
Basiese merkers ('Basic Tags')                                           Formateringsmerkers ('Formatting Tags') vervolg
Merker ('Tag')            Beskrywing                                     Merker ('Tag')           Beskrywing
                          Definieer die liggaam van die                                              Word voor elke lys-item ingevoeg,
<body></body>
                          webblad                                                                    en voeg 'n nommer of simbool by
                                                                         <li></li>
<body                     Stel die agtergrondkleur van die                                           afhangende van die tipe lys wat
bgcolor="pink">           webblad                                                                    geselekteer is
                                                                         <img src="name"             Stel 'n prent inlyn, kan " right";
<body text="black">          Stel die kleur van die liggaamteks
                                                                         align="left">               "bottom", "top", "middle" wees
<head></head>                Bevat inligting oor die webblad             <img src="name">            Voeg 'n prent in
                             Skep 'n HTML-dokument – begin               <p align="center"><img      Stel 'n prent "center" inlyn, kan ook
<html></html>
                             en eindig 'n webblad                        src="name"></p>             "middle" wees
                                                                         <img src="name"             Stel die grootte van die raam
<title></title>              Definieer 'n titel vir die webblad
                                                                         border="1">                 rondom 'n prent
<br/>                        Voeg 'n reëlbreuk in ('line break')         <img src="name"
                                                                                                     Stel die hoogte en breedte van 'n
                                                                         width="200" height
<!-- -->                     Kommentaar                                                              prent
                                                                         ="200">
Teksmerkers ('Text Tags')                                                                            Vertoon alternatiewe teks wanneer
Merker ('Tag')            Beskrywing                                     <img src="name"             die muis oor 'n prent gehou word of
                                                                         alt="alternative text">     wanneer die prent nie gevind kan
<h1></h1>                    Skep die grootste opskrif                                               word nie
<h6></h6>                    Skep die kleinste opskrif                   <hr/>                       Voeg 'n horisontale lyn in
<b></b>                      Skep teks in vetdruk                        <hr size="3"/>              Stel die grootte (hoogte) van 'n reël
<i></i>                      Skep teks in skuinsdruk
                                                                                                     Stel die breedte van 'n lyn, in
<u></u>                      Skep onderstreepte teks                     <hr width=”80%”/>
                                                                                                     persentasie of absolute waarde
<font size="3"></font>       Stel fontgrootte van "1" tot "7" "
<font color= "green">
                             Stel fontkleur                              <hr color= "ff0000"/>       Stel die kleur van die lyn
</font>
<font face="Times New                                                    Tabelmerkers ('Tabel Tags')
                             Stel fonttipe
Roman"></font>                                                           Merker ('Tag')            Beskrywing
Skakelmerkers ('Links Tags')                                             <-tabel></-tabel>         Skep 'n tabel
Merker ('Tag')            Beskrywing                                     <tr></tr>                 Skep 'n ry in 'n tabel
<a href="URL"></a>        Skep 'n hiperskakel                            <td></td>                 Skep 'n sel in 'n tabel
<a href="URL"><img
                          Skep 'n prentskakel
src="name"></a>                                                                                      Skep 'n tabelopskrif ('n sel met
                                                                         <th></th>
                          Skep 'n teikenarea in die                                                  vetgedrukte, gesentreerde teks)
<a name="NAME"></a>
                          dokument
                          Skakel na 'n teikenarea wat elders
<a href= "#NAME"></a>                                                    <-tabel width="50">         Skep die breedte van die tabel
                          in die dokument geskep is
<a href=                                                                                             Stel die breedte van die raam
                          Skakel na 'n e-posadres                        <-tabel border="1">
"mailto:#NAME"></a>                                                                                  rondom die selle van die tabel
                                                                                                     Stel die spasie tussen die selle van
Formateringsmerkers ('Formatting Tags')                                  <-tabel cellspacing="1">
                                                                                                     die tabel
                                                                                                     Stel die spasie tussen die selraam
Merker ('Tag')               Beskrywing                                  <-tabel cellpadding="1">
                                                                                                     en die inhoud daarvan
<p></p>                      Skep 'n nuwe paragraaf                                                  Stel die inlynstelling vir die sel(le)
                             Stel 'n paragraaf "left" inlyn              <tr align="left">           ("left", kan ook "center" of "right"
<p align="left">             (verstek); kan ook ''right'' of                                         wees)
                             ''center'' wees                                                         Stel die vertikale inlynstelling vir
<center></center>            Sentreer teks, 'n tabel of 'n prent         <tr valign="top">           sel(le) ("top", kan ook "middle" of
                             horisontaal                                                             "bottom" wees)
<ol></ol>                    Skep 'n genommerde lys
                                                                                                     Stel 'n getal kolomme waaroor 'n sel
<ol type="A","a",            Definieer die tipe nommers wat              <td colspan="2">
                                                                                                     moet strek
"I","i","1"></ol>            gebruik word
<ul></ul>                    Skep 'n kolpuntlys
                                                                                                     Stel die getal rye waaroor 'n sel
<ul type="disc",             Definieer die tipe kolpunte wat             <td rowspan="4">
                                                                                                     moet strek
"square","circle"> </ul>     gebruik word

        Kopiereg voorbehou

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1                                          DBE/November 2023
                                              NSS

                  TOEVOERMASKER('INPUT MASK')-KARAKTERBLAD

  KARAKTER                                          BESKRYWING
                     Syfer (0 tot 9, inskrywing vereis, plus[+]- en minus[–]- tekens nie
        0
                     toegelaat nie)
                     Syfer of spasie (inskrywing nie vereis nie, plus [+]- en minus[–]-tekens nie
        9
                     toegelaat nie)
                     Syfer of spasie (inskrywing nie vereis nie; spasies word as oop plekke
                     vertoon terwyl in Redigeringsmodus ('Edit mode'), maar oop plekke word
        #
                     verwyder wanneer data gestoor word, plus[+]- en minus[–]-tekens
                     toegelaat)
        L            Letter (A tot Z, inskrywing vereis)
        ?            Letter (A tot Z, inskrywing opsioneel)
        A            Letter of syfer (inskrywing vereis)
        a            Letter of syfer (inskrywing opsioneel)
        &            Enige karakter of 'n spasie (inskrywing vereis)
        C            Enige karakter of 'n spasie (inskrywing opsioneel)
                     Desimale plekhouer en duisende-, datum- en tydskeikarakters. (Die
     .,:;-/          werklike karakter hang van die instellings in die 'Regional Settings
                     Properties'-dialoogblokkie in die 'Windows Control Panel' af.)
                     Veroorsaak dat alle karakters na onderkas ('lower case') omgeskakel
        <
                     word
        >            Veroorsaak dat alle karakters na bo-kas ('upper case') omgeskakel word
                     Veroorsaak dat die toevoermasker van regs na links, eerder as van links
                     na regs, vertoon word. Karakters in die masker getik, vul dit altyd van
         !
                     links na regs. Jy kan die uitroepteken op enige plek in die toevoermasker
                     invoeg.
                     Veroorsaak dat die karakter wat volg, as die letterlike karakter vertoon
         \
                     word (bv. \A word slegs as A vertoon)

Kopiereg voorbehou

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1                    DBE/November 2023
                                   NSS

JY MAG HIERDIE BLADSY VIR ENIGE BEPLANNINGSDOELEINDES GEBRUIK.

Kopiereg voorbehou

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1                     DBE/November 2023
                                   NSS

JY MAG HIERDIE BLADSY VIR ENIGE BEPLANNINGSDOELEINDES GEBRUIK.

Kopiereg voorbehou

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
 Rekenaartoepassingstegnologie/V1                                     DBE/November 2023
                                              NSS

                                       Eksamenplakker
                                                                                    150
          REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 – NOVEMBER 2023

INLIGTINGSBLAD (moet NA die 3 uur-sessie deur die kandidaat ingevul word)

SENTRUMNOMMER __________________________________________________________
EKSAMENNOMMER __________________________________________________________
WERKSTASIENOMMER _______________________________________________________

SUITE GEBRUIK
                         Microsoft       Microsoft     Microsoft
(Maak 'n kruisie in die                                             Office 365
                        Office 2016     Office 2019   Office 2021
toepaslike blokkie (X))
WEBBLAAIER GEBRUIK                                                                   Ander
                           Mozilla        Google         Internet   Microsoft     (Spesifiseer)
(Maak 'n kruisie in die
                           Firefox        Chrome         Explorer    Edge
toepaslike blokkie (X))

LÊERGIDSNAAM _____________________________________________________________
Kandidaat moet die lêernaam/-name vir elke antwoord invul. Maak 'n regmerkie indien
gestoor en/of gepoog.
                                                                                     Nasiener
 Vraag-                             Gestoor     Gepoog     Maksimum      Punt
                   Lêernaam                                                         Voorletters/
nommer                                ()         ()        Punt       Verdien
                                                                                      Kode
   1       1Top10                                              24
   2       2Tips                                               21
   3       3CarSales                                           17
   4       4Sales                                              23

   5       5Shuttle                                            35

           6_1Win
   6                                                           15
           6_2Opening
           7Bookings
   7       7New                                                15
           7NewLogo
                        TOTAAL                                150

Kommentaar: (slegs vir kantoor/nasiener se gebruik)
 ___________________________________________________________________________
 ___________________________________________________________________________

 Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Computer Applications Technology P1 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-applications-technology-p1-nov-2023-eng/60311585-04c7-46dc-bcf6-87da09dc1ea5) — Computer Applications Technology · QP · 2023 · Eng
- [Computer Application Technology P1 Nov 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-p1-nov-2021-afr/1470e04d-3b82-4358-bb65-bb03f0dfd093) — Computer Applications Technology · QP · 2020 · Afr
- [Computer Application Technology P1 Nov 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-p1-nov-2021-eng/16875b30-a18d-4a9a-b7ea-711d6393e5a4) — Computer Applications Technology · QP · 2020 · Eng
- [Computer Application Technology P1 Nov 2019 Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-p1-nov-2019-eng/b91547f0-b4ca-4f13-97a6-41dff1f1cae0) — Computer Applications Technology · QP · 2019 · Eng
- [Computer Application Technology P1 Nov 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-p1-nov-2018-eng/54c5d733-e29c-480b-a1f6-c42b4367a67b) — Computer Applications Technology · QP · 2018 · Eng
- [Computer Application Technology P1 Nov 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-p1-nov-2018-afr/1a115f56-4f67-4685-80e4-a1e1a898665c) — Computer Applications Technology · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Computer Applications Technology

- [CAT P1 MEMO GR12 SEPT 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-memo-gr12-sept-2025-eng-watermark/9df1288f-0f95-46d9-8231-26c401ed1a1b) — Memo · 2025 · Eng
- [CAT P2 GR12 MEMO September 2025 - AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr12-memo-september-2025-afr-watermark/3e182b7b-5d5f-4afc-b54c-b286289512f6) — Memo · 2025 · Afr
- [Computer Applications Technology P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-applications-technology-p1-may-june-2025-mg-eng/8beb5c31-24fa-4cf4-b90c-aedcc234a4dd) — Memo · 2025 · Eng
- [CAT P1 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-memo-gr12-sept-2024-english/91df7fb9-ea6b-4fed-8f93-a1466ec697c3) — Memo · 2024 · Eng
- [Computer Applications Technology P2 May-June 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-computer-applications-technology-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-2-english/a32bb637-25b5-4469-8be9-e72527e65d8a) — Memo · 2024 · Eng
- [ERRATA CAT P1](https://www.hlayiso.com/library/errata-cat-p1/363f4b7e-98be-46d4-9d47-fcfea8705198) — Errata · 2022

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
