# Computer Applications Technology Grade 12 P1 2024 QP (Afr)

> Grade 12 Computer Applications Technology Paper 1 question paper from the November 2024 NSC (Afrikaans), 21 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/computer-applications-technology-p1-nov-2024-afr/502fe6df-4d11-41d1-8e23-b219565e715b
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Computer Applications Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: November 2024 NSC
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 21

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Computer Applications Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/computer-applications-technology) › [Computer Applications Technology Grade 12 P1 2024 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/computer-applications-technology-p1-nov-2024-afr/502fe6df-4d11-41d1-8e23-b219565e715b)

## About this document

Computer Applications Technology · Grade 12 · November 2024 NSC · 2024. Question paper, 21 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Vertroulik

                                NASIONALE
                            SENIOR SERTIFIKAAT

                                   GRAAD 12

                     REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1

                                 NOVEMBER 2024

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

            Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye, 'n HTML-merkersblad,
           'n toevoermasker-karakterblad, twee bladsye vir beplanning en
                               'n aparte inligtingsblad.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 2

Rekenaartoepassingstegnologie/V1              2                            DBE/November 2024
                                         NSS Vertroulik

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.       As gevolg van die aard van hierdie praktiese eksamen is dit belangrik om
          daarop te let dat, selfs al maak jy die eksamen vroeg klaar, jy NIE toegelaat sal
          word om die eksamenlokaal te verlaat voordat al die administratiewe take wat
          met die eksamen geassosieer word, gefinaliseer is NIE. Gedurende die
          eksamen sal die normale eksamenreëls oor die verlating van die
          eksamenlokaal geld.

 2.       As jy op die netwerk werk, of as die datalêers vooraf op jou stelsel gelaai is,
          moet jy die instruksies volg wat deur die toesighouer/onderwyser gegee word.

 3.       Aan die einde van die eksamen moet jy seker maak dat AL jou antwoordlêers
          op die netwerk/rekenaar gestoor is, soos deur die toesighouer/onderwyser aan
          jou verduidelik is.

 4.       Maak absoluut seker dat al die lêers gelees kan word. MOENIE onnodige
          lêers/lêergidse stoor NIE en MOENIE duplikaat-antwoordlêers/-lêergidse
          inlewer NIE. MOENIE enige oorspronklike lêers waarop jy nie gewerk het
          nie, verwyder NIE.

 5.       Die inligtingsblad wat saam met die vraestel verskaf word, MOET NÁ AFLOOP
          VAN DIE DRIE-UUR-EKSAMENSESSIE INGEVUL WORD. Lewer dit aan die
          einde van die eksamen by die toesighouer in.

 6.       'n Kopie van die meesterlêers ('master files') sal by die toesighouer beskikbaar
          wees. Indien daar enige probleme met 'n lêer is, mag jy die toesighouer vir 'n
          ander kopie vra.

 7.       Hierdie vraestel bestaan uit SEWE vrae. Beantwoord AL die vrae.

 8.       Lees deur elke vraag voordat jy dit beantwoord of die probleem oplos. MOENIE
          meer doen as wat die vraag vereis NIE.

 9.       Maak seker dat jy elke dokument stoor deur die lêernaam wat in die vraestel
          gegee word, te gebruik. Stoor jou werk gereeld as 'n voorsorgmaatreël teen
          moontlike kragonderbrekings.

 10.      Jy mag GEEN hulpbronmateriaal gebruik NIE.

 11.      Akkuraatheid sal in berekening gebring word.

 12.      Maak seker dat die streeksinstellings ('regional settings') op Suid-Afrika
          ('South Africa') ingestel is en dat datum- en tydinstellings, nommerinstellings
          en geldeenheidinstellings ('currency settings') korrek ingestel is.

 13.      Vir alle woordverwerkingsvrae moet jy die taal op 'English (South Africa)' stel.
          Neem aan dat die papiergrootte A4 Portret ('Portrait') is, tensy anders
          aangedui. Gebruik sentimeter as maateenheid.

 14.      Maak seker dat die 'Developer'-oortjie en die liniaal ('Ruler') geaktiveer is.
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 3

Rekenaartoepassingstegnologie/V1                3                               DBE/November 2024
                                           NSS Vertroulik

 15.      Maak seker dat die desimale simbool ('decimal symbol') as 'n punt ('.') gestel is
          en die lys-skeikarakter ('list separator') as 'n komma (',') gestel is.   Nov

 16.      Formules en/of funksies moet vir ALLE berekeninge in sigbladvrae gebruik
          word. Gebruik absolute selverwysings slegs waar nodig, om seker te maak dat
          formules korrek is wanneer jy dit na ander selle in 'n sigblad kopieer.
          LET WEL: Alle formules en/of funksies moet só ingevoeg word dat die
                   korrekte resultate steeds verkry sal word, selfs as veranderinge
                   aan die bestaande data gemaak word.

 17.      Jy mag NIE 'n woordverwerkingsprogram soos Word gebruik om die
          HTML-vraag te beantwoord NIE.

 18.      Die rame ('borders') wat rondom prente en skermkopieë in hierdie vraestel
          verskyn, is bedoel vir duidelikheid. MOENIE rame invoeg NIE, tensy daar 'n
          instruksie is om dit te doen.

 19.      Gebruik die korrekte instellings of eienskappe in die toepassingsprogram
          ('app') soos deur 'n vraag vereis.

 20.      Die datalêers wat jy nodig het om hierdie vraestel te voltooi, is aan jou gegee
          op die skyf/CD/DVD/geheuestokkie of op die skyfspasie wat aan jou toegeken
          is. Die lêers word in die vorm van 'n wagwoordbeskermde uitvoerbare lêer
          verskaf.

          Doen die volgende:

             Dubbelklik op die wagwoordbeskermde uitvoerbare lêer:
              CAT P1 Nov 2024 DATA.exe
             Klik op die 'Extract'-knoppie.
             Klik die 'Show Password'-merkblokkie.
             Sleutel die volgende wagwoord in: N#24@
             Nadat dit onttrek ('extracted') is, verifieer die inhoud van die lêergids ('folder')
              deur een of meer lêers oop te maak.
             Vee die .exe-lêer uit.
             Sodra die inhoud van die lêers geverifieer is, hernoem ('rename') die gids
              ('folder') CAT P1 Nov 2024 DATA met jou eksamennommer.

          Die lys met lêers ('files') op die volgende bladsy sal in die lêergids ('folder')
          beskikbaar wees.

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 4

Rekenaartoepassingstegnologie/V1        4                            DBE/November 2024
                                   NSS Vertroulik

             1Back                           Prent
             1Solar                          Woordverwerkingslêer
             2Moon                           Woordverwerkingslêer
             3Sales                          Sigblad
             4Shows                          Sigblad
             5Events                         Sigblad
             5Inventory                      Databasis
             5Logo                           Prent
             6_1Button                       Prent
             6_1Galaxy                       Prent
             6_1Gift                         Prent
             6_1Star                         HTML
             6_2Mars                         HTML
             6_2Planet                       Prent
             7Chart                          Woordverwerkingslêer
             7Envelope                       Woordverwerkingslêer
             7Inventory                      Sigblad
             7Members                        Sigblad
             7Stock                          Sigblad

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 5

Rekenaartoepassingstegnologie/V1             5                             DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

 SCENARIO

 Daar is baie sterre en planete in die sonnestelsel, onder andere asteroïede, komete en
 meteoriete. Die buitenste ruimte is die area direk buite die Aarde se atmosfeer. Baie
 mense het na die ruimte en na die maan gereis.

 VRAAG 1: WOORDVERWERKING

 Maak die 1Solar-woordverwerkingsdokument oop, wat inligting oor ons sonnestelsel
 bevat.

 Voeg jou eksamennommer in die bladsyboskrif ('header') van die dokument in.

 1.1       Redigeer die outeureienskap ('author properties') om jou eksamennommer te
           vertoon.                                                                               (1)

 1.2       Verander die skaduwee-effek ('shadow effect') vir die styl 'Solar' na enige blou
           kleur en verander die afstand ('distance') na 50 pt vanaf die teks.                    (3)

 1.3       Maak seker dat die opskrif '4. The solar system …', paragraaf en prent altyd
           bymekaar bly.                                                                          (1)

 1.4       Voeg 'n kruisverwysing ('cross-reference') in op die teks 'Question/Vraag 1.4'
           wat na die 'Venus'-boekmerk gaan.                                                      (2)

 1.5       Vind die woord 'NASA' en voeg 'n eindnota ('endnote') soos volg op die
           woord in:

              Pas die 'a, b, c, …'-nommerformaat toe.
              Voeg die eindnota-teks 'America' by.                                               (3)

 1.6       Redigeer die prent onder die opskrif 'Planets:' om soos volg te vertoon.

           LET WEL:
            Die dikte van die prent se raam is 3 pt.
            Ignoreer die kleur.

                                                                                                  (4)

 1.7       Skakel die teks onder die opskrif 'Differences between the …' na 'n tabel om
           en pas enige List Tables-styl daarop toe.                                              (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Rekenaartoepassingstegnologie/V1               6                              DBE/November 2024
                                          NSS Vertroulik

 1.8       Formateer en verander die huidige lysstyl ('current list style'), 'Planets', van die
           lys wat met '1. Mercury: …' begin en met '… 14 known moons.' eindig, om soos
           in die voorbeeld hieronder te vertoon.

                                                                                                      (3)

 1.9       Voeg bladsynommering soos volg by die bladsyonderskrif ('footer'):

              Voeg outomatiese bladsynommers in die formaat Page X of Y in.
              Stel ongelyke ('odd') bladsynommers links in lyn en gelyke ('even')
               bladsynommers regs.                                                                    (4)

 1.10      Voeg die 1Back-prent as 'n watermerk op slegs die laaste bladsy in.                        (2)

 Stoor en maak die 1Solar-dokument toe.                                                               [25]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 7

Rekenaartoepassingstegnologie/V1               7                              DBE/November 2024
                                          NSS Vertroulik

VRAAG 2: WOORDVERWERKING

Maak die 2Moon-woordverwerkingsdokument oop, wat inligting oor die maan bevat.

Voeg jou eksamennommer in die bladsyboskrif ('header') van die dokument in.

2.1        Voeg die Slice (Dark)-voorblad ('cover page') in en verwyder die addisionele
           inhoudskontrole ('content control'), behalwe die titel.                                    (2)

2.2        Verander die lynspasiëring van die paragrawe wat met 'Introduction' begin en
           met '… Moon since then.' eindig na presies ('exactly') 20 pt met 'n hangende
           inkeping ('hanging indent') van 1 cm.                                                      (3)

2.3        Soek en vervang al die voorkomste van die presiese woord 'planet' met 'n
           kleinbokas('small caps')-effek-formatering en lig ('raise') die posisie van die teks
           met 3 pt.                                                                                  (3)

2.4        Voeg 'n outomatiese bibliografie onder die teks 'Question/Vraag 2.4' in die
           APA-styl in.                                                                               (2)

2.5        Vind die teks onder die opskrif 'Moon Phases for 2024' en formateer die teks
           om soos hieronder te verskyn.

                                                                                                      (4)

2.6        Verander die bladsyoriëntering ('page orientation') van slegs die laaste bladsy
           na landskap ('landscape').                                                                 (2)

2.7        Vervang die tekswatermerk met die-simbool (Webdings-karakterkode 224)
           met 'n 800 pt-grootte.                                                                     (3)

2.8        Voeg die lêerpad ('file path') by bladsyonderskrif ('footer') van die dokument.            (1)

Stoor en maak die 2Moon-dokument toe.                                                                 [20]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 8

Rekenaartoepassingstegnologie/V1               8                             DBE/November 2024
                                          NSS Vertroulik

 VRAAG 3: SIGBLAD

 LET WEL:

      Gebruik formules en/of funksies vir ALLE berekeninge in die sigblad.
      Gebruik absolute selverwysings SLEGS waar nodig om seker te maak dat formules
       korrek is wanneer jy dit na ander selle in 'n sigblad kopieer.
      Voeg formules en/of funksies op só 'n manier in dat die korrekte resultate steeds
       verkry sal word, selfs al verander waardes in die bestaande data.
      Indien jy boublokke wil gebruik, gebruik die spasie wat daarvoor in die sigblad-
       datalêer toegeken is.

 Maak die 3Sales-sigblad oop, wat inligting bevat oor die gewildste produkte wat
 gedurende September 2024 deur die SPACE OUT-winkel verkoop is.

 Werk in die Target-werkblad.

 3.1        Skuif die Target-werkblad na 'n nuwe werkboek. Stoor die nuwe werkboek as
            3Target in jou eksamenlêergids.                                                          (2)

 Stoor en maak die 3Target-sigblad toe.

 Werk in die Sales-werkblad.

 3.2        Voeg kommentaar ('comment') in sel A1 in met die teks 'Popular'.                         (1)

 3.3        Voeg 'n funksie in sel D3 in om die prys te vertoon van die goedkoopste produk
            wat verkoop is.                                                                          (1)

 3.4        Voeg 'n COUNTIFS-funksie in sel D5 in om te bepaal hoeveel produkte 'n
            'delivery'-versendingsmetode met 'n totale koste van R1 000 of meer het.                 (4)

 3.5        Voeg 'n kombinasie van funksies in sel A12 in om 'n kwitansienommer vir die
            'Galaxy (T-shirt)'-produk te skep.

            Die kwitansienommer word soos volg geskep:

               Die dag van die maand waarop die produk gekoop is, gevolg deur
               Die eerste drie letters van die produk, gevolg deur
               @SO                                                                                  (5)

 3.6        Voeg 'n formule in sel F11 in om die totale BTW (15%) betaalbaar op die prys
            van die produk wat verkoop is, te bereken.                                               (3)

 3.7        Pas 'n sigbladeienskap op kolom G toe om al die selle met 'n geel agtergrond-
            vulkleur ('fill') te vertoon, waar die versendingsmetode dieselfde is as die keuse
            wat in sel H3 gemaak is.                                                                 (5)

 Stoor en maak die 3Sales-sigblad toe.                                                               [21]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 9

Rekenaartoepassingstegnologie/V1               9                               DBE/November 2024
                                          NSS Vertroulik

 VRAAG 4: SIGBLAD

 LET WEL:

      Gebruik formules en/of funksies vir ALLE berekeninge in die sigblad.
      Gebruik absolute selverwysings SLEGS waar nodig om seker te maak dat formules
       korrek is wanneer jy dit na ander selle in 'n sigblad kopieer.
      Voeg formules en/of funksies op só 'n manier in dat die korrekte resultate steeds
       verkry sal word, selfs al verander waardes in die bestaande data.
      Indien jy boublokke wil gebruik, gebruik die spasie wat daarvoor in die sigblad-
       datalêer toegeken is.

 Maak die 4Shows-sigblad oop, wat inligting bevat oor die planetariumvertonings wat vir
 November 2024 tot Desember 2024 by die SPACE OUT-winkel bespreek is.

 Werk in die Sheet1-werkblad.

 4.1        Hernoem Sheet1 tot Shows.                                                                 (1)

 4.2        Voeg 'n funksie in sel D3 in om die vierde hoogste getal mense te bepaal wat
            'n vertoning sal bywoon.                                                                  (2)

 4.3        Voeg 'n funksie in sel D5 in om die totale getal mense te bereken wat die
            'Milky Way'-vertonings sal bywoon.                                                        (3)

 4.4        Voeg 'n funksie in sel C10 in om die sessie van Pieterse, B te bepaal. Gebruik
            die vertoningtyd en die Session-werkblad.                                                 (4)

 4.5        Voeg 'n formule in sel D12 in om die getal dae vanaf die huidige datum totdat
            die vertoning begin, te bepaal.                                                           (2)

 4.6        Die finale koste word bereken deur die koste per persoon met die getal mense
            te vermenigvuldig, en dan afslag te gee, indien van toepassing.

            Afslag word soos volg gegee:

               Indien die sessie 'n 'morning'-sessie is en die organisasie 'n 'school' is, word
                5%-afslag gegee.
               Indien die organisasie 'n 'business' is, word 3%-afslag gegee.
               Geen afslag word in alle ander gevalle gegee nie.

            Voeg 'n geneste IF in sel J10 om die finale koste te bereken.                             (7)

 Stoor en maak die 4Shows-sigblad toe.                                                                [19]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 10

Rekenaartoepassingstegnologie/V1              10                             DBE/November 2024
                                         NSS Vertroulik

 VRAAG 5: DATABASIS

 Die databasis bevat inligting oor die SPACE OUT-winkel se werknemers, klante en
 voorraad.

 Maak die 5Inventory-databasis oop.

 5.1       Maak die tbl5_1-tabel in ontwerpaansig ('Design View') oop en redigeer dit
           soos volg:

           5.1.1     Redigeer die veldeienskappe ('field properties') van die Name-veld
                     sodat die naam in hoofletters sal vertoon.                                     (1)

           5.1.2     Verander die IDNo-veld soos volg:

                        Maak seker dat 'n werknemer slegs een keer ingevoer kan word.
                        Redigeer die veldgrootte ('field size') om 'n Suid-Afrikaanse
                         ID-nommer sonder spasies te aanvaar.                                       (2)

           5.1.3     Voeg 'n valideringsreël ('validation rule') vir die StartDate-veld in om
                     seker te maak dat slegs geldige datums soos volg ingevoer word:

                        Die maatskappy het op 1 Junie 2021 begin.
                        Werknemers kan nie ná die huidige datum aangestel word nie.
                        Voeg 'n gepaste valideringteks ('validation text') by.                     (4)

           5.1.4     Verander die opsoek-eienskappe ('lookup properties') vir die
                     Designation-veld sodat die waardes soos in die voorbeeld hieronder
                     vertoon wanneer dit in databladaansig ('Datasheet View') besigtig
                     word.

                                                                                                    (2)

           Stoor en maak die tbl5_1-tabel toe.

           5.1.5     Voer ('Import') die 5Events-sigblad as 'n nuwe tabel tblEvents in die
                     databasis in. Maak seker dat daar geen primêre sleutel ('primary key')
                     in die tabel is nie.                                                           (3)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 11

Rekenaartoepassingstegnologie/V1             11                            DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

 5.2       Verander die vorm frm5_2, wat op die tblMembers-tabel gebaseer is, om te
           vertoon soos in die voorbeeld hieronder.

           LET WEL:

              Die grootte van die prent ('image') 5Logo is 5 cm x 3 cm.
              'n Toevoermasker ('input mask') is by die CellNo-veld gevoeg sodat data in
               die korrekte formaat ingevoer word.

           Stoor en maak die frm5_2-vorm toe.                                                     (6)

 5.3       Maak die navraag met die naam qry5_3, wat op die tblStock-tabel gebaseer
           is, in ontwerpaansig oop.

           Voeg 'n berekende veld Profit in om die bedrag wins wat op elke produk
           gemaak sal word, te bereken.

           Stoor en maak die qry5_3-navraag toe.                                                  (3)

 5.4       Maak die qry5_4-navraag, wat op die tblStock-tabel gebaseer is, in
           ontwerpaansig oop.

           Skep 'n lys om die 'T-shirt'-produkte wat minder as vyf items in voorraad het of
           enige ander produk met 15 of meer items in voorraad, te vertoon.

           Stoor en maak die qry5_4-navraag toe.                                                  (5)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Rekenaartoepassingstegnologie/V1                 12                        DBE/November 2024
                                            NSS Vertroulik

 5.5       Maak die qry5_5-navraag, wat op die tblStock-tabel gebaseer is, in
           ontwerpaansig oop.

           Verander die navraag om soos die voorbeeld hieronder te vertoon.

                                   qry5_5
                                      Category SumOfInventoryValue
                                   Puzzle               R15 020.00
                                   Coffee Mug           R16 400.00
                                   Building Blocks      R16 791.00
                                   Bedding              R17 964.00
                                   Astronomy            R29 234.00
                                   Clothing             R29 935.00
                                   Toys                 R59 000.00
                                   Decorative           R76 774.00

           Stoor en maak die qry5_5-navraag toe.                                                  (5)

 5.6       Maak die rpt5_6-verslag, wat op die tblStock-tabel gebaseer is, in
           ontwerpaansig oop en verander dit soos volg:

              Vervang die verslagboskrif ('report header') met die teks 'Stock'.
              Voeg 'n funksie by die Category-onderskrif ('footer') om die aantal produkte
               per kategorie te vertoon.
              Voeg 'n gepaste etiket ('label') by die funksie.

           Stoor en maak die rpt5_6-verslag toe.                                                  (4)

 Stoor en maak die 5Inventory-databasis toe.                                                      [35]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Rekenaartoepassingstegnologie/V1              13                           DBE/November 2024
                                         NSS Vertroulik

 VRAAG 6: WEBONTWERP (HTML)

 LET WEL:
      Jy mag NIE 'n woordverwerkingsprogram soos Word gebruik om die HTML-
       vrae te beantwoord NIE.
      'n HTML-merkersblad is vir verwysing aangeheg.
      Alle lêers wat benodig word om hierdie vraag te voltooi, kan in die eksamenlêergids
       gevind word.

 'n Webblad is geskep om die inisiatief te bevorder om 'n ster 'n naam te gee.

 6.1        Maak die onvolledige 6_1Star-lêer in 'n webblaaier en ook in 'n teks/HTML-
            redigeerder oop (NIE 'n woordverwerkingsprogram soos Word NIE).

            Jou finale webblad moet soos die voorbeeld hieronder lyk.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Rekenaartoepassingstegnologie/V1             14                           DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

           LET WEL:
              Gebruik die voorbeeld op die vorige bladsy as 'n riglyn wanneer jy hierdie
               vraag beantwoord.
              Vraagnommers verskyn as kommentaar ('comments') in die kodering om
               aan te dui waar jy die antwoord(e) moet invoeg. MOENIE hierdie
               kommentaar uitvee NIE.

           6.1.1     Voeg jou eksamennommer as kommentaar in die webblad in.                      (1)

           6.1.2     Voeg die prent 6_1Gift in sodat dit verskyn soos in die voorbeeld op
                     die vorige bladsy.                                                           (2)

           6.1.3     Formateer die tabel soos volg:

                        Stel die spasie tussen die teks en die selle op 15 pt.
                        Redigeer die kolomme en die lys om soos in die voorbeeld op die
                         vorige bladsy te verskyn.                                                (6)

           6.1.4     Voeg merkers ('tags') in op die prent 6_1Button wat dit met die 'URL'
                     onderaan die webblad koppel.                                                 (2)

           Stoor en maak die 6_1Star-lêer toe.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 15

Rekenaartoepassingstegnologie/V1           15                         DBE/November 2024
                                      NSS Vertroulik

 6.2       Maak die onvoltooide 6_2Mars-lêer in 'n webblaaier en ook in 'n teks/HTML-
           redigeerder oop (NIE 'n woordverwerkingsprogram soos Word nie).

           Verander die bestaande HTML-kode sodat jou finale webblad soos die
           voorbeeld hieronder vertoon.

           LET WEL: MOENIE die agtergrondkleur verander NIE.

           Stoor en maak die 6_2Mars-lêer toe.                                               (3)

          EEN punt sal vir sluitingsmerkers en korrekte nesting in beide webblaaie
          toegeken word.                                                                     (1)
                                                                                             [15]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 16

Rekenaartoepassingstegnologie/V1             16                        DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

 VRAAG 7: ALGEMEEN

 Maak die 7Envelope-dokument oop.

 7.1      Berei koeverte ('envelopes') voor en gebruik possamevoeging ('mail merge')
          soos volg:

          Slegs nuwe lede van die SPACE OUT-winkel sal 'n brief ontvang.

             Gebruik die 7Members-sigblad as die databron ('data source') vir die
              7Envelope-dokument.
             Vervang die teks <<ADDRESS>> met die Address-veld.
             Stoor die 7Envelope-dokument in jou eksamenlêergids, maar MOENIE dit
              toemaak NIE.
             Voltooi die samevoeging en stoor die dokument as 7Merged.                    (5)

 Maak die 7Envelope-dokument toe.

 Maak die 7Chart-dokument oop.

 7.2      Verander die grafiek in die 7Chart-dokument om soos volg te verskyn:

                                                                                           (4)

 7.3      Voeg 'n gekoppelde ikoon ('linked icon') na die 7Stock-sigblad in, onder die
          teks 'Question/Vraag 7.3', wat outomaties opdateer.                              (2)

 Stoor en maak die 7Chart-dokument toe.

 Maak die 7Inventory-sigblad oop.

 7.4      Werk in die Total-werkblad.

          Pas 'n sigbladeienskap toe wat die totale voorraadwaarde vir elke kategorie
          vertoon. Maak seker dat elke kategorie op 'n nuwe bladsy vertoon.                (4)

 Stoor en maak die 7Inventory-sigblad toe.                                                 [15]

                                                                            TOTAAL:        150
Kopiereg voorbehou

### Page 17

Rekenaartoepassingstegnologie/V1                                                                  DBE/November 2024
                                                             NSS Vertroulik

                               HTML-MERKERSBLAD ('HTML TAG SHEET')

Basiese merkers ('Basic Tags')                                         Formateringsmerkers ('Formatting Tags') vervolg
Merker ('Tag')            Beskrywing                                   Merker ('Tag')           Beskrywing
                          Definieer die liggaam van die                                           Word voor elke lys-item ingevoeg,
<body></body>
                          webblad                                                                 en voeg 'n nommer of simbool by
                                                                       <li></li>
<body                     Stel die agtergrondkleur van die                                        afhangende van die tipe lys wat
bgcolor="pink">           webblad                                                                 geselekteer is
                                                                       <img src="name"            Stel 'n prent inlyn, kan " right";
<body text="black">        Stel die kleur van die liggaamteks
                                                                       align="left"/>             "bottom", "top" wees
<head></head>              Bevat inligting oor die webblad             <img src="name"/>          Voeg 'n prent in
                           Skep 'n HTML-dokument – begin               <p align="center"><img     Stel 'n prent "center" inlyn, kan ook
<html></html>
                           en eindig 'n webblad                        src="name"/></p>           "middle" wees
                                                                       <img src="name"            Stel die grootte van die raam
<title></title>            Definieer 'n titel vir die webblad
                                                                       border="1"/>               rondom 'n prent
<br/>                      Voeg 'n reëlbreuk in ('line break')         <img src="name"
                                                                                                  Stel die hoogte en breedte van 'n
                                                                       width="200" height
<!-- -->                   Kommentaar                                                             prent
                                                                       ="200"/>
Teksmerkers ('Text Tags')                                                                         Vertoon alternatiewe teks wanneer
Merker ('Tag')            Beskrywing                                   <img src="name"            die muis oor 'n prent gehou word of
                                                                       alt="alternative text"/>   wanneer die prent nie gevind kan
<h1></h1>                  Skep die grootste opskrif                                              word nie
<h6></h6>                  Skep die kleinste opskrif                   <hr/>                      Voeg 'n horisontale lyn in
<b></b>                    Skep teks in vetdruk                        <hr size="3"/>             Stel die grootte (hoogte) van 'n reël
<i></i>                    Skep teks in skuinsdruk
                                                                                                  Stel die breedte van 'n lyn, in
<u></u>                    Skep onderstreepte teks                     <hr width=”80%”/>
                                                                                                  persentasie of absolute waarde
<font size="3"></font>     Stel fontgrootte van "1" tot "7" "
<font color= "green">
                           Stel fontkleur                              <hr color= "ff0000"/>      Stel die kleur van die lyn
</font>
<font face="Times New                                                  Tabelmerkers ('Tabel Tags')
                           Stel fonttipe
Roman"></font>                                                         Merker ('Tag')           Beskrywing
Skakelmerkers ('Links Tags')                                           <table></table>          Skep 'n tabel
Merker ('Tag')           Beskrywing                                    <tr></tr>                Skep 'n ry in 'n tabel
<a href="URL"></a>       Skep 'n hiperskakel                           <td></td>                Skep 'n sel in 'n tabel
<a href="URL"><img
                         Skep 'n prentskakel
src="name"></a>                                                                                   Skep 'n tabelopskrif ('n sel met
                                                                       <th></th>
                         Skep 'n teikenarea in die                                                vetgedrukte, gesentreerde teks)
<a name="NAME"></a>
                         dokument
                         Skakel na 'n teikenarea wat
<a href= "#NAME"></a>                                                  <table width="50">         Skep die breedte van die tabel
                         elders in die dokument geskep is
<a href=                                                                                          Stel die breedte van die raam
                         Skakel na 'n e-posadres                       <table border="1">
"mailto:#NAME"></a>                                                                               rondom die selle van die tabel
                                                                                                  Stel die spasie tussen die selle van
Formateringsmerkers ('Formatting Tags')                                <table cellspacing="1">
                                                                                                  die tabel
                                                                                                  Stel die spasie tussen die selraam
Merker ('Tag')             Beskrywing                                  <table cellpadding="1">
                                                                                                  en die inhoud daarvan
<p></p>                    Skep 'n nuwe paragraaf                                                 Stel die inlynstelling vir die sel(le)
                           Stel 'n paragraaf "left" inlyn              <tr align="left">          ("left", kan ook "center" of "right"
<p align="left">           (verstek); kan ook ''right'' of                                        wees)
                           ''center'' wees                                                        Stel die vertikale inlynstelling vir
<center></center>          Sentreer teks, 'n seksie, 'n tabel          <tr valign="top">          sel(le) ("top", kan ook "middle" of
                           of 'n prent horisontaal                                                "bottom" wees)
<ol></ol>                  Skep 'n genommerde lys
                                                                                                  Stel die getal kolomme waaroor 'n
<ol type="A","a",          Definieer die tipe nommers wat              <td colspan="2">
                                                                                                  sel moet strek
"I","i","1"></ol>          gebruik word
<ul></ul>                  Skep 'n kolpuntlys
                                                                                                  Stel die getal rye waaroor 'n sel
<ul type="disc",           Definieer die tipe kolpunte wat             <td rowspan="4">
                                                                                                  moet strek
"square","circle"> </ul>   gebruik word

    Kopiereg voorbehou

### Page 18

Rekenaartoepassingstegnologie/V1                                           DBE/November 2024
                                         NSS Vertroulik

                  TOEVOERMASKER('INPUT MASK')-KARAKTERBLAD

   KARAKTER                                          BESKRYWING
                      Syfer (0 tot 9, inskrywing vereis, plus[+]- en minus[–]-tekens nie toegelaat
         0
                      nie)
                      Syfer of spasie (inskrywing nie vereis nie, plus[+]- en minus[–]-tekens nie
         9
                      toegelaat nie)
                      Syfer of spasie (inskrywing nie vereis nie; spasies word as oop plekke
                      vertoon terwyl in Redigeringsmodus ('Edit mode'), maar oop plekke word
         #
                      verwyder wanneer data gestoor word, plus[+]- en minus[–]-tekens
                      toegelaat)
         L            Letter (A tot Z, inskrywing vereis)
         ?            Letter (A tot Z, inskrywing opsioneel)
         A            Letter of syfer (inskrywing vereis)
         a            Letter of syfer (inskrywing opsioneel)
         &            Enige karakter of 'n spasie (inskrywing vereis)
         C            Enige karakter of 'n spasie (inskrywing opsioneel)
                      Desimale plekhouer en duisende-, datum- en tydskeikarakters. (Die
      .,:;-/          werklike karakter hang van die instellings in die 'Regional Settings
                      Properties'-dialoogblokkie in die 'Windows Control Panel' af.)
                      Veroorsaak dat alle karakters na onderkas ('lower case') omgeskakel
         <
                      word
         >            Veroorsaak dat alle karakters na bo-kas ('upper case') omgeskakel word
                      Veroorsaak dat die toevoermasker van regs na links, eerder as van links
                      na regs, vertoon word. Karakters in die masker getik, vul dit altyd van
          !
                      links na regs. Jy kan die uitroepteken op enige plek in die toevoermasker
                      invoeg.
                      Veroorsaak dat die karakter wat volg, as die letterlike karakter vertoon
          \
                      word (bv. \A word slegs as A vertoon)

Kopiereg voorbehou

### Page 19

Rekenaartoepassingstegnologie/V1                     DBE/November 2024
                                   NSS Vertroulik

JY MAG HIERDIE BLADSY VIR ENIGE BEPLANNINGSDOELEINDES GEBRUIK.

Kopiereg voorbehou

### Page 20

Rekenaartoepassingstegnologie/V1                      DBE/November 2024
                                   NSS Vertroulik

JY MAG HIERDIE BLADSY VIR ENIGE BEPLANNINGSDOELEINDES GEBRUIK.

Kopiereg voorbehou

### Page 21

Rekenaartoepassingstegnologie/V1                                        DBE/November 2024
                                       NSS Vertroulik

                                      Eksamenplakker
                                                                                    150
           REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 – NOVEMBER 2024
INLIGTINGSBLAD (moet NÁ die 3 uur-sessie deur die kandidaat ingevul word)
SENTRUMNOMMER _______________________________________________________
EKSAMENNOMMER _______________________________________________________
WERKSTASIENOMMER ____________________________________________________
SUITE GEBRUIK
                         Microsoft   Microsoft           Microsoft
(Maak 'n kruisie in die                                                      Office 365
                        Office 2016 Office 2019         Office 2021
toepaslike blokkie (X))
WEBBLAAIER GEBRUIK                                                                    Ander
                          Mozilla     Google             Internet      Microsoft   (Spesifiseer)
(Maak 'n kruisie in die
                          Firefox    Chrome              Explorer       Edge
toepaslike blokkie (X))
LÊERGIDSNAAM __________________________________________________________
Kandidaat moet die lêernaam/-name vir elke antwoord invul. Maak 'n regmerkie indien
gestoor en/of gepoog.
                                                                                    Nasiener
  Vraag-                            Gestoor      Gepoog      Maksimum       Punt
                  Lêernaam                                                         Voorletters/
 nommer                               ()          ()         Punt        Verdien
                                                                                     Kode
    1        1Solar                                              25
    2        2Moon                                               20
             3Sales
    3                                                            21
             3Target
    4        4Shows                                              19
    5        5Inventory                                          35
             6_1Star
    6                                                            15
             6_2Mars
             7Envelope
             7Chart
    7                                                            15
             7Inventory
             7Merged
                          TOTAAL                                 150

Kommentaar: (slegs vir kantoor/nasiener se gebruik)
 ________________________________________________________________________
________________________________________________________________________

 Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [CAT P1 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-memo-gr12-sept-2024-english/91df7fb9-ea6b-4fed-8f93-a1466ec697c3) — Computer Applications Technology · Memo · 2024 · Eng
- [CAT P1 QP GR12 SEPT 2022 English](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-qp-gr12-sept-2022-english/2c41f16c-52dc-4d98-a4a4-e3296512bace) — Computer Applications Technology · QP · 2022 · Eng
- [Computer Application Technology P1 May June 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-p1-may-june-2021-eng/5be0bf0e-69bd-4481-9ce4-d56745874ad6) — Computer Applications Technology · QP · 2021 · Eng
- [CAT P1 GR12 QP SEPT 2020 English](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-gr12-qp-sept-2020-english/6e7f27db-454b-4095-a4e8-522ceffa7412) — Computer Applications Technology · QP · 2020 · Eng
- [Computer Application Technology P1 Nov 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-p1-nov-2021-afr/1470e04d-3b82-4358-bb65-bb03f0dfd093) — Computer Applications Technology · QP · 2020 · Afr
- [Computer Application Technology P1 Nov 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-p1-nov-2021-eng/16875b30-a18d-4a9a-b7ea-711d6393e5a4) — Computer Applications Technology · QP · 2020 · Eng

## More from Grade 12 Computer Applications Technology

- [CAT P1 MEMO GR12 SEPT 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-memo-gr12-sept-2025-eng-watermark/9df1288f-0f95-46d9-8231-26c401ed1a1b) — Memo · 2025 · Eng
- [CAT P2 GR12 MEMO September 2025 - AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr12-memo-september-2025-afr-watermark/3e182b7b-5d5f-4afc-b54c-b286289512f6) — Memo · 2025 · Afr
- [Computer Applications Technology P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-applications-technology-p1-may-june-2025-mg-eng/8beb5c31-24fa-4cf4-b90c-aedcc234a4dd) — Memo · 2025 · Eng
- [Computer Applications Technology P2 May-June 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-computer-applications-technology-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-2-english/a32bb637-25b5-4469-8be9-e72527e65d8a) — Memo · 2024 · Eng
- [ERRATA CAT P1](https://www.hlayiso.com/library/errata-cat-p1/363f4b7e-98be-46d4-9d47-fcfea8705198) — Errata · 2022
- [CAT P1 MEMO GR12 SEPT 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-memo-gr12-sept-2022-afrikaans/f2668d9e-7e46-4aab-9a85-3adafc9338a0) — Memo · 2022 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
