# Computer Applications Technology Grade 12 P2 2019 QP (Afr)

> Grade 12 Computer Applications Technology Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2019 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/computer-applications-technology-p2-may-june-2019-afr/258f5c40-ebe6-4fb4-88c7-1096106b4985
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Computer Applications Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Computer Applications Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/computer-applications-technology) › [Computer Applications Technology Grade 12 P2 2019 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/computer-applications-technology-p2-may-june-2019-afr/258f5c40-ebe6-4fb4-88c7-1096106b4985)

## About this document

Computer Applications Technology · Grade 12 · NSC June Exam · 2019. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                     REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2

                                          2019

                                                                     PUNTE: 150

                                                                      TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2            2                                 DBE/2019
                                         SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit:

         AFDELING A       (25)
         AFDELING B       (75)
         AFDELING C       (50)

2.       Beantwoord AL die vrae.

3.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

4.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

5.       MOENIE in die regterkantlyn van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.

6.       Laat 'n reël oop na ELKE subvraag.

7.       Daar word gewoonlik een punt per feit toegeken. 'n 2 punt-vraag sal dus
         TWEE feite vereis, ens.

8.       Alle antwoorde MOET met Rekenaartoepassingstegnologie verband hou.

9.       Antwoorde soos 'goedkoper', 'vinniger/stadiger' en 'makliker' sal SLEGS
         aanvaar word indien dit saam met 'n rede of 'n verduideliking gebruik is.

10.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2              3                                          DBE/2019
                                           SS/NSS

AFDELING A

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.10) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.11 D.

1.1      Watter EEN van die volgende is 'n voorbeeld van 'n datalimiet ('data cap')?

         A     10 GB
         B     100 Mbps
         C     512 kB
         D     2 GHz                                                                                   (1)

1.2      Watter EEN van die volgende is NIE 'n eienskap ('feature') van 'n
         databasisprogram NIE?

         A     Filter
         B     Sorteer ('Sort')
         C     Sitaat ('Citation')
         D     Groepering ('Grouping')                                                                 (1)

1.3      Watter EEN van die volgende lêertipes kan NIE deur 'n sigbladprogram
         oopgemaak word NIE?

         A     .xls
         B     .zip
         C     .csv
         D     .txt                                                                                    (1)

1.4      'n Hoër resolusiebeeld beteken dat die beeld …

         A     uit meer beeldelemente ('pixels') bestaan.
         B     minder stoorspasie benodig.
         C     minder beeldelement-inligting ('pixel information') bevat.
         D     uit groter beeldelemente ('pixels') bestaan.                                            (1)

1.5      Die gebruik van virtuele-realiteit(VR)-tegnologie kan die gebruiker bevoordeel
         omdat dit …

         A     gespesialiseerde en duur toerusting benodig.
         B     dalk die gebruiker teen kubermisdaad kan beskerm.
         C     meer inligting gee oor 'n plek wat besoek word.
         D     vir veiliger opleiding in gevaarlike situasies gebruik kan word.                        (1)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2              4                                     DBE/2019
                                           SS/NSS

1.6      Die hoofdoel van OKH ('OCR') is om 'n dokument te skep wat ... kan word.

         A     in PDF-formaat gestoor
         B     geredigeer en geformateer
         C     as 'n prent gestoor
         D     via e-pos of IM gestuur                                                            (1)

1.7      Die sigbladfunksie NOW sal altyd die ..., vertoon.

         A     datum waarop die sigblad oopgemaak word
         B     Excel-kode vir hh mm ss as tyd geformateer
         C     huidige datum-tyd as datum en tyd geformateer
         D     datum en tyd waarop die funksie ingevoer is                                        (1)

1.8      Fopnuus ('Fake news') is wanneer …

         A     jy, sonder dat jy daarvan weet, na 'n vals webtuiste gestuur word.
         B     vals en dikwels sensasionele inligting op sosiale media versprei word.
         C     die bron van 'n boodskap vervals word om dit aanvaarbaar te laat
               voorkom.
         D     iemand probeer om jou persoonlike en finansiële inligting te bekom.                (1)

1.9      Foutiewe sagteware bevat programfoute ('bugs') wat …

         A     programme beskadig deur die manier waarop 'n rekenaar werk, te
               beïnvloed.
         B     hulpbronne gebruik deur die kode herhaaldelik oor die programme te
               kopieer.
         C     binne 'n wettige program wegkruip en skadelike instruksies bevat.
         D     foute in die kode is wat probleme veroorsaak en dit onwerkbaar maak.               (1)

1.10     'n Databasisnavraag om die besonderhede van onderwysers en leerders wat
         meer as R10.00 skuld, te onttrek, word hieronder vertoon.

         Die navraag sal nie die verlangde resultaat terugstuur nie, want die ...

         A     kriterium van die AmountOwed-veld moet '<10' wees.
         B     'And' in the Category-veld moet in bokas wees.
         C     'Or'-operator moet in die Category-veld gebruik word.
         D     kriterium van die AmountOwed-veld moet '>=10' wees.                                (1)
                                                                                                  [10]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2                5                                        DBE/2019
                                             SS/NSS

VRAAG 2: PASITEMS

Kies 'n term/begrip uit KOLOM B wat by 'n beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs
die letter (A–S) langs die vraagnommers (2.1 tot 2.10) in die ANTWOORDEBOEK
neer, bv. 2.11 T.

                KOLOM A                                       KOLOM B
2.1     Datastelle wat deur rekenaars          A      ETG ('RAM')
        geanaliseer kan word om neigings
        en patrone bloot te lê                 B      samepersing ('compression')

2.2     'n Toestel wat die konsep van          C      geo-etikettering ('geotagging')
        konvergensie toon
                                           D          LAG ('ROM')
2.3     'n Spesifieke lêereienskap ('file
        property') wat gebruik kan word om E          inligtingsverwerkingsiklus
        na sekere lêers te soek
                                           F          MP3-speler
2.4     Tipe internetverbinding
                                           G          taakdefinisie
2.5     'n Metode wat gebruik word om
        lêergroottes te verklein           H          GPS

2.6     Die proses om liggingsinligting by     I      SoIP ('VoIP')
        'n video-lêer te voeg
                                               J      satelliet
2.7     'n Tipe geheue wat nodig is om
        permanente data en instruksies te      K      groot data ('big data')
        stoor
                                               L      datum
2.8     Sagteware wat bykomende
        funksionaliteit aan 'n webblaaier      M      phablet
        verskaf
                                               N      metadata
2.9     Toevoer, afvoer, verwerking, stoor
        en kommunikasie van data               O      inligtingsoorlading

2.10    Verduidelik hoe die ondersoek in 'n    P      WLAN
        navorsingsprojek uitgevoer sal
        word                                   Q      ontzip ('unzip')

                                               R      inpropprogram ('plug-in')

                                               S      fokusvraag
                                                                                      (10 x 1)         [10]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2              6                                      DBE/2019
                                           SS/NSS

VRAAG 3: WAAR/ONWAAR-ITEMS

Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Kies die antwoord en skryf
'waar' of 'onwaar' langs die vraagnommers (3.1 tot 3.5) in die ANTWOORDEBOEK
neer. Korrigeer die stelling indien dit ONWAAR is. Verander die onderstreepte
woord(e) om die stelling WAAR te maak. (MOENIE slegs die woord 'NIE' gebruik om
die stelling te verander NIE. GEEN punt sal toegeken word indien slegs ONWAAR
geskryf word NIE.)

VOORBEELDE:

                     VRAAG                                  ANTWOORD
Google is die wêreld se gewildste soekenjin. Waar
'n NKK ('NIC') het gleuwe vir hardeware-
                                               Onwaar – moederbord
komponente soos die SVE.

3.1     JPG is 'n lêeruitbreiding wat algemeen vir prentlêers gebruik word.                        (1)

3.2     VGA-kabels kan beide oudiodata ('audio data') en videodata oor dieselfde
        kabel oordra.                                                                              (1)

3.3     'n Videokonferensie is 'n elektroniese vergadering van mense wat mekaar kan
        sien en met mekaar kan praat alhoewel hulle op verskillende plekke is.                     (1)

3.4     RSS-voere ('RSS feeds') is webtuistes wat boodskappe ('posts') in die vorm
        van 'n dagboek bevat.                                                                      (1)

3.5     'n Vorm is 'n databasisobjek wat gebruik word om 'n opsomming van data in 'n
        drukbare formaat aan te bied.                                                              (1)
                                                                                                   [5]

                                                               TOTAAL AFDELING A:                  25

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2             7                                    DBE/2019
                                          SS/NSS

AFDELING B

VRAAG 4: STELSELTEGNOLOGIEË

4.1     Noem TWEE tipes gebruikers vir wie die werkverrigting van 'n standaard
        intreevlakrekenaar vir hulle behoeftes geskik is.                                       (2)

4.2     Hoe verskil 'n oopbronbedryfstelsel ('open-source operating system'), soos
        Linux, van 'n ondernemingsbedryfstelsel ('enterprise operating system'), soos
        Windows?                                                                                (2)

4.3     Noem TWEE voordele vir 'n student wat webgebaseerde ('web-based')
        toepassings eerder as geïnstalleerde ('installed') toepassings gebruik.                 (2)

4.4     Gee TWEE praktiese voorbeelde van waar RFID-etikette ('tags') gebruik word.             (2)

4.5     Gee TWEE redes waarom raakskerms algemeen in draagbare toestelle
        gebruik word.                                                                           (2)

4.6     Noem TWEE voordele van die gebruik van 'n mikro-USB-poort eerder as die
        standaard USB-poort op 'n slimfoon ('smartphone').                                      (2)

4.7     Eksterne hardeskywe en herskryfbare ('rewritable') DVD's word dikwels vir
        rugsteundoeleindes gebruik.
        4.7.1    Gee TWEE redes waarom dit beter kan wees om 'n eksterne
                 hardeskyf eerder as 'n DVD te gebruik om data te rugsteun. (Moet NIE
                 in jou antwoord na koste verwys NIE.)                                          (2)
        4.7.2    Stel TWEE maniere voor waarop meer spasie op 'n eksterne
                 hardeskyf, wat amper vol is, geskep kan word.                                  (2)
        4.7.3    Gee TWEE redes waarom lêers op 'n eksterne hardeskyf korrup kan
                 word terwyl rugsteunkopieë gemaak word.                                        (2)

4.8     Jy sien dat daar geen beeld op die skerm vertoon wanneer jy jou rekenaar
        aanskakel nie.
        Bespreek TWEE redes, behalwe vir 'n foutiewe skerm, waarom daar geen
        beeld is nie.                                                                           (2)

4.9     Die jongste weergawe van 'n program is van die internet afgelaai, maar
        wanneer die gebruiker die installeerder ('installer') laat loop, installeer die
        program nie.
        Gee TWEE redes waarom die program nie installeer nie.                                   (2)

4.10    Buiten die kostefaktor, noem EEN beperking van die gebruik van 'n 3D-drukker.           (1)

4.11    'n Korrek geformateerde woordverwerkingsdokument is gedruk, maar sommige
        van die teks op die rand van die bladsy is 'afgesny'.
        Bespreek TWEE moontlike redes hiervoor.                                                 (2)
                                                                                                [25]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2              8                                     DBE/2019
                                           SS/NSS

VRAAG 5: INTERNET- EN NETWERKTEGNOLOGIEË

5.1     Baie skole of besighede koppel rekenaars in 'n LAN.

        5.1.1    Noem die toestel wat verskeie rekenaars in 'n LAN koppel.                        (1)

        5.1.2    Noem die komponent in elke rekenaar wat dit moontlik maak om aan
                 'n netwerk te koppel.                                                            (1)

        5.1.3    Noem TWEE beperkings van 'n gekabelde ('wired') LAN in vergelyking
                 met 'n kabellose ('wireless') LAN.                                               (2)

5.2     Ruitnetrekenarisering  ('grid  computing')    verskaf          buigsame   aanlyn
        verwerkingsvermoë ('computing power') aan instellings.

        5.2.1    Definieer ruitnetrekenarisering ('grid computing').                              (2)

        5.2.2    Gee EEN voorbeeld van 'n situasie in die werklike lewe waar ruitnet-
                 rekenarisering gebruik kan word.                                                 (1)

5.3     Bespreek TWEE maniere om ongewenste inhoud outomaties in die webblaaier
        te blok.                                                                                  (2)

5.4     Hoe word kliënte bevoordeel wanneer hulle internetkonneksie deur 'n IDV
        ('ISP') gevorm ('shaped') word? (Moet NIE in jou antwoord na koste verwys
        NIE.)                                                                                     (2)

5.5     Lewendige videostroming ('live video streaming') en om video's oor die internet
        te deel, het baie gewild geraak.

        5.5.1    Verduidelik die konsep van stroming ('streaming').                               (2)

        5.5.2    Bespreek TWEE maniere waarop 'n gebruiker onderbrekings
                 ('buffering') kan voorkom/verminder terwyl 'n video stroom.                      (2)
                                                                                                  [15]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2              9                                     DBE/2019
                                           SS/NSS

VRAAG 6: INLIGTINGSBESTUUR

6.1     Noem TWEE maniere waarop inligting gevind kan word as jy nie toegang tot
        die internet het nie.                                                                     (2)

6.2     Gee TWEE redes waarom 'n aftrekvormveld ('drop-down form field') in plaas
        van 'n teksvormveld ('text form field') op 'n elektroniese vorm gebruik word.             (2)

6.3     'n Student het inligting van die volgende webblad afgelaai:

                      https://en.wikipedia.org/wiki/Information_management

        Verduidelik waarom die inligting moontlik nie betroubaar is nie.                          (2)

6.4     Bestudeer die sigblad hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

        6.4.1    Identifiseer DRIE probleme in hierdie sigblad wat die gehalte van data
                 sal beïnvloed wanneer dit in 'n databasis ingevoer word.                         (3)

        6.4.2    Buiten die probleme wat in VRAAG 6.4.1 geïdentifiseer is, waarom sal
                 dit NIE moontlik wees om 'n betekenisvolle grafiek met die data hierbo
                 te skep nie?                                                                     (1)
                                                                                                  [10]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2           10                                    DBE/2019
                                         SS/NSS

VRAAG 7: SOSIALE IMPLIKASIES

7.1     Werkgewers behoort 'n beleid te implementeer om slegs ergonomies-
        ontwerpte rekenaars te koop om HSB ('RSI')/KTS ('CTS') onder hulle werkers
        te voorkom.

        7.1.1    Beskryf EEN ergonomies-ontwerpte toestel wat KTS (karpale
                 tonnelsindroom) sal voorkom.                                                  (1)

        7.1.2    Bespreek TWEE redes waarom die implementering van so 'n beleid 'n
                 goeie handelswyse vir 'n werkgewer sal wees.                                  (2)

7.2     Noem TWEE sekerheidsmaatreëls ('security measures') om rekenaardiefstal
        by 'n skool te voorkom, buiten om diefwering en veiligheidshekke by die
        rekenaarsentrum aan te bring.                                                          (2)

7.3     Die publiek het toegang tot sagteware wat volgens verskillende bepalings en
        voorwaardes gepubliseer word.

        7.3.1    Watter wette beskerm die regte van mense wat oorspronklike inhoud
                 skep?                                                                         (1)

        7.3.2    Wat is 'n ELO ('EULA')? (MOENIE slegs die akroniem uitskryf NIE.)             (1)

        7.3.3    Gee TWEE redes waarom mense NIE roofsagteware ('pirated
                 software') moet gebruik NIE.                                                  (2)

7.4     Waarom is dit potensieel 'n waagstuk om Bitcoin te gebruik om items te koop
        en verkoop?                                                                            (1)
                                                                                               [10]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2                        11                                               DBE/2019
                                                      SS/NSS

VRAAG 8: OPLOSSINGONTWIKKELING

8.1     Watter eienskap van 'n woordverwerker kan gebruik word om spesifieke plekke
        in 'n dokument te merk sodat 'n gebruiker vinnig na hierdie plekke kan gaan?                                (1)

8.2     Hoe kan 'n woordverwerkingsdokument gestoor word sodat die teks op 'n
        ander rekenaar, waarop daar nie 'n woordverwerker geïnstalleer is nie,
        geredigeer kan word?                                                                                        (1)

8.3     Waarom word seksiebreuke ('section breaks') in 'n woordverwerkings-
        dokument gevoeg?                                                                                            (1)

8.4     'n Databasis bevat die vanne en name van leerders.

        Die volgende kriterium verskyn in die Surname-veld as 'n databasisnavraag:

                                                      ''Like Smi*''

        8.4.1     Gee die term wat gebruik word om die sterretjie ('*') te beskryf
                  wanneer dit in die kriterium gebruik word.                                                        (1)

        8.4.2     Gee die doel van die gebruik van die sterretjie in die navraag.                                   (2)

8.5     Die besonderhede van kliëntbestellings verskyn in die Orders-werkblad, en die
        voorraadkodes en beskrywings verskyn in 'n tabel in die Codes-werkblad, in
        dieselfde sigblad, soos hieronder getoon.

             1: Besonderhede van kliëntebestellings                   2: Voorraadkodes en -beskrywings
                                                                      and descriptions

        8.5.1     Watter sigbladfunksie sal jy in die Orders-werkblad gebruik om 'n
                  produkbeskrywing ('product description') vir elke kode te vertoon?                                (1)

        8.5.2     Hoe kan jy seker maak dat die funksie korrek sal werk indien jy dit vir
                  al die kliënte in die Orders-sigblad afkopieer?                                                   (1)

        8.5.3     Watter verandering moet aan die Stock-tabel in die Codes-werkblad
                  gemaak word om te verseker dat die funksie nie 'n foutboodskap sal
                  terugstuur nie?                                                                                   (1)

8.6     Die funksie =MAX(D2:D5) is in 'n sel ingelees.

        Waarom sal die teks '=MAX(D2:D5)' in die sel verskyn in plaas van die
        verlangde resultaat van die funksie, bv. 25?                                                                (1)

Kopiereg voorbehou                                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2                12                                   DBE/2019
                                              SS/NSS

8.7     Bestudeer die skermkopie hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

        Die funksie in sel B8 moet die getal graad 3-leerders wat 80% of meer behaal
        het, vertoon.

        Gee TWEE redes waarom die funksie in sel B8 nie die korrekte resultaat sal
        vertoon nie.                                                                             (2)

8.8     'n Webblad is ontwerp met gebruik van die volgende kode:
                      <html>
                        <head>
                           <title>Fund-raising</title>
                        </head>
                        <body>
                           <h1>< font style="Arial">Crowd Funding></font>
                               <p> How to start a campaign</p>
                        </body>
                      <html>

        Daar is foute in die kode en die webblad vertoon in werklikheid soos volg:

                                   Crowd Funding
                                   How to start a campaign
        Die ontwerper wou hê dat die kode soos volg moet vertoon:

                                   Crowd Funding
                                   How to start a campaign

        8.8.1    Stel 'n verandering aan die kode voor sodat al die teks in die
                 liggaamseksie ('body section') in Arial-font sal vertoon.                       (1)
        8.8.2    Stel 'n verandering aan die kode voor sodat die teks 'How to start a
                 campaign' NIE as 'n opskrif ('heading') geformateer, sal vertoon nie.           (1)
        8.8.3    Waar sal die teks 'Fund-raising' verskyn wanneer die bladsy in 'n
                 deurblaaier vertoon word?                                                       (1)
                                                                                                 [15]
                                                               TOTAAL AFDELING B:                 75

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2            13                                      DBE/2019
                                          SS/NSS

AFDELING C: GEÏNTEGREERDE SCENARIO

VRAAG 9

Jou skool wil graag 'n akademiese ondersteuningsprogram, wat IKT's gebruik, vir
leerders begin. Die skool het jou hulp nodig om besluite oor die toerusting en
sagteware vir die leersentrum te neem.

9.1     Rekenaars word vir die leersentrum benodig.

        9.1.1    Gee 'n rede waarom hardeskywe 'n beter keuse vir hierdie rekenaars
                 as vastetoestandskywe ('solid-state drives') sal wees.                          (1)

        9.1.2    Al die rekenaars in die leersentrum het 4 GG ('GB') ETG ('RAM').

                 Stel TWEE redes voor waarom meer ETG ('RAM') geïnstalleer moet
                 word.                                                                           (2)

        9.1.3    Gee TWEE redes waarom gebruikersprofiele ('user profiles') nodig sal
                 wees.                                                                           (2)

9.2     Die sentrum-administrateur gebruik kantoorpakket('office suite')-sagteware om
        leerderbywoning en leerderprestasie te bestuur.

        9.2.1    Noem TWEE voordele om 'n databasisvorm ('database form') te
                 gebruik om leerders toe te laat om hulle persoonlike besonderhede in
                 die databasis in te voer, eerder as om die data direk in die
                 databasistabel in te voer.                                                      (2)

        9.2.2    Noem die woordverwerkingseienskap wat gebruik kan word om
                 individuele kennisgewings aan ouers te genereer deur data in 'n
                 sigblad te gebruik.                                                             (1)

9.3     Leerders sal selfstudie tuis doen deur 'n onderrigtoep ('tutoring app') op hulle
        slimfone ('smartphones') te gebruik.

        9.3.1    Noem TWEE internetdienste wat onderwysers kan gebruik om
                 opvoedkundige inhoud met hulle leerders te deel.                                (2)

        9.3.2    Stel TWEE maniere waarop 'n leerder kan seker maak dat die battery
                 van sy/haar slimfoon voor nie vinnig sal dreineer nie.                          (2)

        9.3.3    Noem TWEE maniere om 'n onderrigtoep te evalueer om te sien of dit
                 aan jou behoeftes sal voldoen voordat dit afgelaai word. (Moet NIE in
                 jou antwoord na koste verwys NIE.)                                              (2)

        9.3.4    Waarom kan studiegroepdeelnemers dikwels dieselfde onderrigtoep
                 gebruik, al het hulle dalk nie dieselfde bedryfstelsel ('operating
                 system') op hulle toestelle nie?                                                (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2              14                                 DBE/2019
                                            SS/NSS

9.4     'n Aanlyn studiegroep is met gebruik van sosiale media geskep om
        vakverwante inhoud oor te dra.

        Gee TWEE redes waarom leerders nie ontoepaslike inhoud op hierdie
        studiegroep moet deel nie.                                                             (2)

9.5     Noem TWEE maniere waarop die skool kan seker maak dat die
        rekenaartoestelle in die leersentrum minder elektrisiteit gebruik.                     (2)

9.6     Een van die beheerliggaamlede stel voor dat hulle 'n OKT ('UPS') koop.

        9.6.1    Wat is die funksie van 'n OKT?                                                (1)

        9.6.2    Waarom sal 'n OKT nie help om krag te bespaar nie?                            (1)

9.7     Die sentrumadministrateur is verantwoordelik vir die instandhouding van die
        sagteware in die leersentrum.

        9.7.1    Wat is die doel van 'n regstelling ('patch')?                                 (1)

        9.7.2    Watter stelselsagteware-nutsprogram ('utility program') kan die
                 administrateur help om die algehele werkverrigting van elke rekenaar
                 op die stelsel te verbeter?                                                   (1)

9.8     Deelware('shareware')-programme word by die leersentrum gebruik.

        Noem TWEE maniere waarop deelware-programme aan die einde van die
        toetsperiode ('trial period') sal reageer.                                             (2)
                                                                                               [25]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2            15                                    DBE/2019
                                          SS/NSS

VRAAG 10: GEÏNTEGREERDE SCENARIO

'n Skoolklub met die naam TTDM (Tieners Teen Dwelmmisbruik) wil IKT's in hulle
bewusmakingsveldtog oor die gevolge van dwelmmisbruik gebruik.

10.1    Slimfone ('smartphones') sal vir klublede aangekoop word.

        10.1.1 Buiten 'n mikro-USB of USB-poort, watter hardewarekomponent op die
               slimfoon sal toelaat dat meer stoorplek bygevoeg kan word?                       (1)

        10.1.2 Waarom het baie slimfone 'n vorentoe-gerigte ('front-facing') kamera
               sowel as 'n kamera agter op die foon?                                            (1)

        10.1.3 Verduidelik TWEE vereistes vir die gebruik van NVK ('NFC') om foto's
               te deel.                                                                         (2)

        10.1.4 Bluetooth en Wi-Fi is tegnologieë wat dikwels op slimfone aangetref
               word.

                 Verduidelik wat hierdie twee tegnologieë in gemeen het.                        (1)

10.2    Die klub het 'n webtuiste geskep en gepubliseer wat inligting oor
        dwelmmisbruik bevat.

        10.2.1 Gee TWEE redes waarom die klub 'n webtuiste gepubliseer het.                     (2)

        10.2.2 Noem TWEE maniere om te verseker dat die webtuiste nie sensitiewe
               kykers sal aanstoot gee nie.                                                     (2)

        10.2.3 Noem TWEE maniere om die webtuiste gebruikersvriendelik te maak.                 (2)

        10.2.4 Hoe sal kykers weet dat die webtuiste 'n veilige ruimte ('secure site')
               is?                                                                              (1)

        10.2.5 Gee TWEE redes waarom sommige webtuiste-elemente moontlik nie
               vertoon wanneer die HTML-kode in die deurblaaier uitgevoer word nie.             (2)

10.3    Die klub wil hê dat lede hulle e-posadresse gebruik om op die webtuiste te
        registreer.

        10.3.1 Noem TWEE maatreëls wat die klub kan implementeer om hulle lede
               se data veilig te hou.                                                           (2)

        10.3.2 Lede kla dat hulle ongewenste e-pos ontvang nadat hulle op die
               webtuiste geregistreer het.

                 Gee die term vir hierdie e-posse EN stel 'n oplossing vir hierdie
                 probleem voor.                                                                 (2)

10.4    Stel TWEE redes voor waarom dit nie 'n goeie idee sal wees om 'n Bluetooth-
        netwerk op te stel om die internetkonnektiwiteit oor die skool te versprei nie.         (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2            16                                    DBE/2019
                                          SS/NSS

10.5    Die sekretaris van die klub het 'n databasisverslag geskep wat volgens die tipe
        verslawing gegroepeer is. Hy het die verkeerde funksie =sum([Name]) gebruik
        om die getal leerders wat deur elke tipe probleem beïnvloed word, te vertoon.

        10.5.1 Watter databasisfunksie moet die sekretaris gebruik om die getal
               leerders wat beïnvloed word, te bereken?                                      (1)

        10.5.2 In watter deel van die verslag moet die sekretaris 'n funksie plaas om
               die getal leerders wat deur elke probleem geaffekteer word, te
               bereken?                                                                      (1)

10.6    Die skoolklub het die behoefte om 'n dwelmrehabilitasiesentrum in die
        gemeenskap op te rig, geïdentifiseer. Hulle het besluit om die moontlikheid te
        ondersoek om skarebefondsing ('crowd funding') te gebruik om geld in te
        samel om hierdie sentrum te begin.

        10.6.1 Verduidelik kortliks die konsep van skarebefondsing.                          (2)

        10.6.2 Gee EEN rede waarom skarebefondsing NIE 'n goeie idee is om die
               nodige fondse vir hierdie projek in te samel nie.                             (1)
                                                                                             [25]

                                                              TOTAAL AFDELING C:             50
                                                                  GROOTTOTAAL:               150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Computer Application Technology P2 Nov 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-p2-nov-2019-afr/fe86afd5-0b52-4fb3-964c-f5cb7a49bedb) — Computer Applications Technology · QP · 2019 · Afr
- [Computer Applications Technology P2 May June 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-applications-technology-p2-may-june-2022-eng/72d0b5ab-f52d-4c0f-9774-0b77bfd2a0ec) — Computer Applications Technology · QP · 2022 · Eng
- [Computer Application Technology P2 May June 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-p2-may-june-2021-eng/f262d2a6-b39f-4f53-92a0-efc9f47b0e06) — Computer Applications Technology · QP · 2021 · Eng
- [CAT P2 June July 2015 Eng](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-june-july-2015-eng/8122ec6b-13de-460f-a187-089d09ac9bbc) — Computer Applications Technology · QP · 2015 · Eng
- [Computer Applications Technology P1 May June 2019 Memo](https://www.hlayiso.com/library/computer-applications-technology-p1-may-june-2019-memo/513a7ad1-9ade-48ef-b406-7b5d8a936ddf) — Computer Applications Technology · Memo · 2019
- [CAT P2 GR12 MEMO SEPT2019 English](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr12-memo-sept2019-english/be90bdf5-3d2f-40b0-8dfd-16e7142e74e6) — Computer Applications Technology · Memo · 2019 · Eng

## More from Grade 12 Computer Applications Technology

- [CAT P1 MEMO GR12 SEPT 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-memo-gr12-sept-2025-eng-watermark/9df1288f-0f95-46d9-8231-26c401ed1a1b) — Memo · 2025 · Eng
- [CAT P2 GR12 MEMO September 2025 - AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr12-memo-september-2025-afr-watermark/3e182b7b-5d5f-4afc-b54c-b286289512f6) — Memo · 2025 · Afr
- [Computer Applications Technology P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-applications-technology-p1-may-june-2025-mg-eng/8beb5c31-24fa-4cf4-b90c-aedcc234a4dd) — Memo · 2025 · Eng
- [CAT P1 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-memo-gr12-sept-2024-english/91df7fb9-ea6b-4fed-8f93-a1466ec697c3) — Memo · 2024 · Eng
- [Computer Applications Technology P2 May-June 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-computer-applications-technology-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-2-english/a32bb637-25b5-4469-8be9-e72527e65d8a) — Memo · 2024 · Eng
- [Computer Applications Technology P1 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-applications-technology-p1-nov-2023-eng/60311585-04c7-46dc-bcf6-87da09dc1ea5) — QP · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
