# Computer Applications Technology Grade 12 P2 2022 QP (Afr)

> Grade 12 Computer Applications Technology Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2022 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/computer-applications-technology-p2-may-june-2022-afr/a536cfc2-fb86-4c16-8064-73fbe73eef69
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Computer Applications Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Computer Applications Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/computer-applications-technology) › [Computer Applications Technology Grade 12 P2 2022 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/computer-applications-technology-p2-may-june-2022-afr/a536cfc2-fb86-4c16-8064-73fbe73eef69)

## About this document

Computer Applications Technology · Grade 12 · NSC June Exam · 2022. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                     REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2

                                         2022

                                                                       PUNTE: 150

                                                                         TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
 Rekenaartoepassingstegnologie/P2             2                               DBE/2022
                                          SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit:

         AFDELING A         (25)
         AFDELING B         (75)
         AFDELING C         (50)

2.       Beantwoord AL die vrae.

3.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

4.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

5.       MOENIE in die regterkantlyn van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.

6.       Laat 'n reël na ELKE subvraag oop.

7.       Daar word gewoonlik een punt per feit toegeken; 'n 2 punt-vraag sal dus
         TWEE feite vereis, ens.

8.       Lees die vrae aandagtig deur. MOENIE meer opsies gee as wat die vraag
         vereis nie aangesien dit NIE nagesien sal word NIE.

9.       Alle antwoorde MOET met Rekenaartoepassingstegnologie verband hou.

10.      Tensy dit anders gespesifiseer word, sal antwoorde soos 'goedkoper',
         'stadiger/vinniger', ens. NIE aanvaar word NIE.

11.      MOENIE handelsname in jou antwoorde gebruik NIE, tensy dit spesifiek
         vereis word.

12.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
 Rekenaartoepassingstegnologie/P2                 3                                 DBE/2022
                                              SS/NSS

AFDELING A

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.10) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.11 D.

1.1      'n Gebruiker kan aan ... ly wanneer hy/sy baie tyd voor die rekenaar bestee.

         A     HOB ('RSI')
         B     RLE ('ALU')
         C     IKT ('ICT')
         D     MRI ('HCI')                                                                    (1)

1.2      Watter EEN van die volgende is mees waarskynlik die grootte van 'n
         databondel wat deur 'n gebruiker gekoop is?

         A     1 MG ('MB')
         B     100 KG ('KB')
         C     1 GG ('GB')
         D     5 TG ('TB')                                                                    (1)

1.3      'n … kan gebruik word om data in te voer in plaas daarvan om die
         nommersleutels op 'n sleutelbord te gebruik.

         A     Strepieskode-skandeerder ('Barcode scanner')
         B     Raakpaneel ('Touch pad')
         C     Speelstok ('Joystick')
         D     Speletjiebeheerder ('Game controller')                                         (1)

1.4      Watter EEN van die volgende is NIE 'n voorbeeld van 'n biometriese
         toevoertoestel nie?

         A     Vingerafdrukleser ('Fingerprint reader')
         B     Mikrofoon ('Microphone')
         C     Raakpaneel ('Touch pad')
         D     Kamera ('Camera')                                                              (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
 Rekenaartoepassingstegnologie/P2               4                                   DBE/2022
                                            SS/NSS

1.5      Bestudeer die skermkopie hieronder en beantwoord die vraag wat volg,

         Watter EEN van die volgende opsies sal die KORREKTE resultaat vir sel D2
         vertoon?
         A     Fail
         B     30
         C     ""
         D     Pass                                                                         (1)
1.6      Watter EEN van die volgende funksies word in 'n databasis gebruik, maar NIE
         in 'n sigblad NIE?
         A     LEN
         B     AVG
         C     MAX
         D     COUNT                                                                        (1)
1.7      In 'n woordverwerker maak die … woorde wat verkeerd gespel is sonder
         gebruikertoevoer reg.
         A     'Thesaurus'
         B     'Find and Replace'
         C     'Spelling & Grammar'
         D     'AutoCorrect'                                                                (1)
1.8      Hierdie tipe lêer bevat data wat waarskynlik deur kommas geskei word:
         A     csv
         B     doc
         C     xls
         D     ppt                                                                          (1)
1.9      Watter EEN van die volgende is die vinnigste opsie vir permanente stoor?
         A     DVD
         B     LAG ('ROM')
         C     HDD
         D     Kasgeheue ('Cache')                                                          (1)
1.10     'n Verkooppunt(VP)-stelsel ('Point of sales (POS) system') word tipies aan 'n
         ... gekoppel.
         A     sigblad
         B     databasis
         C     tekslêer
         D     jpeg-lêer                                                                    (1)
                                                                                            [10]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
 Rekenaartoepassingstegnologie/P2                 5                                     DBE/2022
                                              SS/NSS

VRAAG 2: PASITEMS

Kies 'n term/begrip uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs
die letter (A–T) langs die vraagnommers (2.1 tot 2.10) in die ANTWOORDEBOEK
neer, bv. 2.11 U.

                     KOLOM A                                     KOLOM B
2.1     'n Program wat 'n gebruiker toelaat      A     ETG ('RAM")
        om sy/haar lêers en lêergidse te
        organiseer                               B     LTE

2.2     'n Toepassing wat die geskikste vir      C     woordverwerking
        data-analise is
                                                 D     resolusie
2.3     Sagteware wat probeer om inligting
        oor 'n gebruiker in te samel sonder      E     WAN
        sy/haar toestemming
                                                 F     vorming ('shaping')
2.4     'n Sigbladfunksie wat teksdata onttrek
                                                 G     Disk Cleanup
2.5     'n Standaard, in draadlose
        kommunikasie gebruik, wat hoëspoed- H          spioenware ('spyware')
        data-oordrag verskaf
                                            I          SUM
2.6     Sekere internetdienste word
        bandwydte-voorkeur bo ander dienste J          gemorspos ('spam')
        gegee
                                            K          MID
2.7     'n Belangrike oorweging wanneer 'n
        monitor aangekoop word              L          sleutelbord

2.8     'n Hardwarekomponent wat die             M     LAN
        werkverrigting van 'n rekenaar sal
        verbeter                                 N     uitvissing ('phishing')

2.9     Tipe netwerk wat kantore van 'n          O     VoIP
        maatskappy, wat in verskillende stede
        geleë is, koppel                         P     Explorer

2.10    Ongewenste e-pos wat na 'n groot         Q     advertensieware ('adware')
        aantal gebruikers gestuur word
                                                 R     sigblad

                                                 S     helderheid ('brightness')

                                                 T     Bluetooth
                                                                                    (10 x 1)      [10]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
 Rekenaartoepassingstegnologie/P2                6                                   DBE/2022
                                             SS/NSS

VRAAG 3: WAAR/ONWAAR-ITEMS

Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf 'waar' of 'onwaar' langs
die vraagnommers (3.1 tot 3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. Indien die stelling waar
is, skryf 'WAAR'. Indien die stelling onwaar is, skryf 'ONWAAR' en verander die
onderstreepte woord(e) om die stelling WAAR te maak. (MOENIE slegs die woord 'NIE'
gebruik om die stelling te verander NIE.)

GEEN punt sal toegeken word indien ONWAAR sonder 'n korrekte antwoord geskryf is
nie.

VOORBEELDE:

                    VRAAG                                     ANTWOORD
Die aanvanklike laai-instruksies ('start-up
instructions') word in die LAG ('ROM')           Waar
gestoor.
'n NKK ('NIC') het gleuwe vir
hardewarekomponente soos die SVE ('CPU').        Onwaar – Moederbord

3.1      HDMI-kabels dra slegs videoseine oor.                                                     (1)

3.2      NVK ('NFC') vereis dat die toestelle baie naby aan mekaar moet wees vir data-
         oordrag.                                                                                  (1)

3.3      Dataoordragspoed in 'n Wi-Fi-netwerk kan verbeter word indien fisiese
         versperrings verwyder word.                                                               (1)

3.4      Ruitnetrekenarisering ('Grid computing') stel rekenaars in staat om intellektuele
         take, soos besluitneming en probleemoplossing, uit te voer.                               (1)

3.5      Kriptogeldeenhede is baie groot datastelle wat geanaliseer word om tendense
         ('trends') bloot te lê.                                                                   (1)
                                                                                                   [5]

                                                                 TOTAAL AFDELING A:                25

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
 Rekenaartoepassingstegnologie/P2                  7                                   DBE/2022
                                               SS/NSS

AFDELING B

VRAAG 4: STELSELTEGNOLOGIEË

4.1     Bespreek die konsep van kommunikasie in die inligtingsverwerkingsiklus
        ('information processing cycle').                                                            (1)

4.2     Gee EEN rede waarom 'n hardeskyfaandrywer nie in 'n skootrekenaar verkies
        word nie.                                                                                    (1)

4.3     Jy wil 'n 'klein-kantoor-tuis-kantoor' (KKTK) ('small office home office') (SOHO)
        met vier rekenaars opstel.

        4.3.1        Verduidelik TWEE kriteria wat gebruik kan word om 'n drukker vir
                     hierdie kantoor te kies.                                                        (2)

        4.3.2        Watter tipe sagtewarelisensie sal jy verkies wanneer jy 'n kantoorsuite
                     vir hierdie kantoor opstel? Motiveer jou antwoord.                              (2)

        4.3.3        Gee TWEE voordele van die koop van 'n OKT ('UPS') vir hierdie
                     kantoor.                                                                        (2)

        4.3.4        Watter probleem kan voorkom indien die drukker wat vir hierdie
                     kantoor aangekoop is, NIE as die verstek('default')-drukker opgestel is
                     NIE?                                                                            (1)

4.4     Gee TWEE nadele van die gebruik van oopbron('open source')-sagteware.                        (2)

4.5     Verduidelik waarom 'n gebruiker sou verkies om 'n virtuele sleutelbord in plaas
        van 'n fisiese sleutelbord te gebruik.                                                       (1)

4.6     Dit is goeie praktyk om rugsteunkopieë ('backups') van data te maak.

        4.6.1        Gee TWEE redes waarom dit belangrik is om aflyn ('offline')
                     rugsteunkopieë te maak.                                                         (2)

        4.6.2        Waarom moet jy nooit 'n aflyn rugsteunkopie van jou werk op
                     dieselfde toestel as die oorspronklike werk maak nie?                           (1)

        4.6.3        Noem 'n lêeruitbreiding wat tipies met rugsteunkopieë waar die
                     lêergroottes verklein is, geassosieer word.                                     (1)

4.7     Watter verandering moet aan die resolusie van 'n monitor gemaak word om 'n
        gesiggestremde gebruiker te help?                                                            (1)

4.8     Waarvoor word die Task Manager die algemeenste gebruik?                                      (1)

4.9     Gee TWEE redes waarom dit nie aanbeveel word dat 'n rekenmeester 'n
        proefweergawe ('trial version') van finansiële sagteware gebruik nie.                        (2)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
 Rekenaartoepassingstegnologie/P2               8                                 DBE/2022
                                            SS/NSS

4.10    Stel TWEE maniere voor om die probleem op te los van 'n muis wat nie
        behoorlik werk nie, behalwe om die muis te vervang.                                    (2)

4.11    Noem TWEE soorte inligting wat in die metadata van 'n lêer gevind word.                (2)

4.12    Bespreek die doel van 'n QR-kode.                                                      (1)
                                                                                               [25]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
 Rekenaartoepassingstegnologie/P2                9                                   DBE/2022
                                             SS/NSS

VRAAG 5: INTERNET- EN NETWERKTEGNOLOGIEË

5.1      Noem 'n tipe internetkonneksie wat jy vir 'n skool sal voorstel EN motiveer jou
         antwoord.                                                                                 (2)

5.2      Wat is die voordeel van die gebruik van die https-protokol bo die
         http-protokol?                                                                            (1)

5.3      Stel TWEE maniere voor waarop sagteware gebruik kan word om 'n netwerk
         teen ongemagtigde gebruikers te beskerm.                                                  (2)

5.4      Gee TWEE redes waarom sommige gebruikers verkies om na 'n potgooi
         ('podcast') te luister in plaas daarvan om teks te lees.                                  (2)

5.5      'n Sekere roeteerder ('router') het slegs vier netwerkkabelpoorte.

         Noem TWEE maniere om meer as vier toestelle aan hierdie roeteerder te
         koppel.                                                                                   (2)

5.6      Gee TWEE redes waarom internettoegang vir gebruikers van rekenaartoestelle
         belangrik is.                                                                             (2)

5.7      Bespreek TWEE voordele van die gebruik van 'n VPN.                                        (2)

5.8      Jy kan nie aan die rekenaarnetwerk in jou klaskamer koppel nie.

         Stel TWEE moontlike maniere voor om hierdie probleem op te los.                           (2)
                                                                                                   [15]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
 Rekenaartoepassingstegnologie/P2                   10                                     DBE/2022
                                                SS/NSS

VRAAG 6: INLIGTINGSBESTUUR

6.1      Voltooi die tabel hieronder om aan te dui of elke vraag geskik is of nie geskik is
         nie om in 'n vraelys te gebruik, en gee 'n motivering vir jou antwoord.

               1                       2                       3                   4
             Vraag-                                         Geskik/
            nommer                  Vraag                Nie geskik nie       Motivering
                          Wat is die voordele van
           Vraag 1
                          wolkrekenarisering?
                          Stoor jy jou data in die
           Vraag 2
                          wolk?

         Kopieer slegs kolom 1, 3 en 4 in ANTWOORDEBOEK om hierdie vraag te
         beantwoord.                                                                                   (4)

6.2      Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         Cape Town University Press

         Giant Elon Musk rocket is about to CRASH into the Moon after '7 years of chaos'

         Harry Pettit, Deputy Technology and Science Editor

         14:15, 25 Jan 2022            Updated: 17:01, 25 Jan 2022

         A FOUR-TONNE chunk of a SpaceX is on a collision course with the Moon, according
         to online space junk trackers.

         The out-of-control booster was launched from Florida in February 2015 as part of the
         rocket firm's first interplanetary mission.

         6.2.1       Wat maak van Harry Pettit 'n betroubare bron?                                     (1)

         6.2.2       Hoe sal jy nagaan of die inligting hierbo akkuraat is?                            (1)

6.3      Watter TWEE woordverwerkingeienskappe kan gebruik word om na 'n bron in
         'n dokument te verwys?                                                                        (2)

6.4      Jy het data van verskillende bronne ingesamel toe jy jou PAT gedoen het. Jy
         wil graag grafieke gebruik om jou data-analise in die verslag te vertoon.

         6.4.1       Gee EEN rede om 'n sirkelgrafiek ('pie chart') te gebruik.                        (1)

         6.4.2       Gee EEN rede om 'n lyngrafiek ('line chart') te gebruik.                          (1)
                                                                                                       [10]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
 Rekenaartoepassingstegnologie/P2              11                                   DBE/2022
                                           SS/NSS

VRAAG 7: SOSIALE IMPLIKASIES

7.1      Gee 'n voorbeeld van 'n produk wat as intellektuele eiendom beskou word.              (1)

7.2      Gee TWEE riglyne wat in 'n skool se BJET('BYOD')-beleid gevind kan word.              (2)

7.3      Stel TWEE maniere voor waarop rekenaarhardewarediefstal in skole voorkom
         kan word.                                                                             (2)

7.4      Verduidelik TWEE maniere om jou privaatheid te beskerm wanneer jy die
         internet deur 'n openbare toegangspunt ('hotspot') gebruik.                           (2)

7.5      Gee EEN rede waarom sommige maatskappye NIE hulle werknemers sal
         toelaat om te telependel ('telecommute') nie.                                         (1)

7.6      Bespreek TWEE negatiewe effekte wat 'n gebruiker kan ervaar indien hy/sy
         sosiale media oormatig gebruik.                                                       (2)
                                                                                               [10]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
 Rekenaartoepassingstegnologie/P2                   12                                 DBE/2022
                                                SS/NSS

VRAAG 8: OPLOSSINGSONTWIKKELING

8.1      Wat is die doel daarvan om 'n boekmerk in 'n woordverwerkingsdokument te
         gebruik?                                                                                (1)

8.2      Hoe kan jy die opskrifte ('headings') in 'n woordverwerkingsdokument
         voorberei om in 'n outomatiese inhoudsopgawe ('table of contents') te
         verskyn?                                                                                (1)

8.3      Bestudeer die ontwerp van die volgende databasistabel:
                       Field Name      Data Type     Description (Optional)
                       sNaam           Short Text    Naam van student
                       sVan            Short Text    Van van student
                       SA_ID           Short Text    Suid-Afrikaanse ID
                       Geslag          Short Text    Manlik of Vroulik
                       Ouderdom        Number        Ouderdom in huidige jaar
                       Skool           Short Text    Naam van skool

         8.3.1       Stel 'n geskikte grootte vir die sNaam-veld voor.                           (1)

         8.3.2       Watter veld sal geskik wees om as die primêre sleutel ('primary key')
                     te gebruik?                                                                 (1)

         8.3.3       Watter datatipe kan vir die Geslag-veld gebruik word om 'n geskikte
                     opsie te kies?                                                              (1)

         8.3.4       Watter veldeienskap van die Skool-veld sal data outomaties in
                     daardie veld invoeg?                                                        (1)

8.4      'n Databasis bevat verskeie uniforme hulpbronadresse ('URLs').

         Hoe sal jy al die rekords van 'URLs' wat in '.com' eindig, in 'n
         databasisnavraag kan vertoon?                                                           (1)

8.5      Watter sigbladeienskap kan gebruik word om die resultate van 'n formule van
         een sigblad te kopieer om in 'n ander sigblad te verskyn, sonder om die
         formule te kopieer?                                                                     (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
 Rekenaartoepassingstegnologie/P2                   13                               DBE/2022
                                                SS/NSS

8.6      Die sigblad hieronder dui die punte van 'n paar leerders aan.

         8.6.1       Die punte in kolom B is aangepas om die volgende heelgetal in
                     kolom C te vertoon.

                     Watter sigbladfunksie is gebruik om die volgende heelgetal na
                     kolom C terug te stuur?                                                   (1)

         8.6.2       Die funksie wat in die formulestaaf ('formula bar') vertoon word, is
                     gebruik om die resultaat in sel C6 te gee.

                     Waarom is die resultaat in sel C6 'n '0' (nul)?                           (1)

         8.6.3       Watter sigbladfunksie kan gebruik word om die getal leerders wat in
                     die sigblad gelys word, te bepaal?                                        (1)

8.7      Die volgende HTML-kode het in 'n HTML-redigeerder verskyn:

                     <html>
                     <body>

                     <h1>Shopping List</h1>

                     <ul>
                     <li>Butter</li>
                     <li>Eggs</li>
                     <li>Flour</li>
                     </ul>

                     <ol start="20">
                     <li>Soap</li>
                     <li>Shampoo</li>
                     <li>Toothpaste</li>
                     </ol>

                     </body>
                     </html>

         Illustreer hoe hierdie webblad sal vertoon.                                           (4)
                                                                                               [15]

                                                                   TOTAAL AFDELING B:          75

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
 Rekenaartoepassingstegnologie/P2                   14                                   DBE/2022
                                                SS/NSS

AFDELING C
VRAAG 9: GEÏNTEGREERDE SCENARIO
Die Verteenwoordigende Raad van Leerders (VRL) van jou skool beplan om 'n
talentvertoning ('talent show') te hou om fondse in te samel. Jy moet jou
rekenaarkennis gebruik om die VRL by te staan.

9.1      Die skool sal rekenaars gebruik om die talentvertoning te bestuur.

         9.1.1       Voltooi die ontbrekende spesifikasies van 'n intree('entry-level')-vlak
                     rekenaar wat die VRL kan gebruik. Skryf die antwoord langs die
                     vraagnommer (9.1.1(a) tot (c)) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                                             Rekenaarspesifikasies
                              Monitor              17" VKV('LCD')-beeld ('display')
                              (a) …                Celeron
                              Stoortoestel         (b) …
                              (c) …                802.11
                                                                                                   (3)

         9.1.2       Waarom sou die VRL verkies om tablette vir die registrasie van
                     deelnemers in die talentvertoning te gebruik?                                 (1)

         9.1.3       Een van die VRL-lede het aanbeveel dat hulle stemherkenning-
                     sagteware ('voice recognition software') vir die registrasie gebruik.

                     Gee EEN motivering om hierdie voorstel te ondersteun EN EEN
                     motivering om hierdie voorstel NIE te ondersteun NIE.                         (2)

9.2      Gee TWEE redes waarom dit beter sal wees om aanlyn stoor vir
         fondsinsamelingsdata te gebruik.                                                          (2)

9.3      Sommige deelnemers kla dat wanneer hulle op die skakel na die
         talentvertoning se webtuiste klik, 'n onverwagte webtuiste oopmaak.

         Gee EEN rede waarom dit gebeur EN hoe dit in die toekoms vermy kan word.                  (2)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
 Rekenaartoepassingstegnologie/P2                  15                                    DBE/2022
                                               SS/NSS

9.4      Die werkblad hieronder som die kaartjieverkope vir een aand vir die
         talentvertoning op.

         9.4.1       Noem TWEE sigbladeienskappe wat die VRL kan gebruik sodat
                     minder foute gemaak word wanneer data vasgelê word.                         (2)

         9.4.2       Die data van die kaartjieverkope word in 'n ander werkblad gestoor.

                     Noem TWEE metodes wat moontlik gebruik is om die getal kaartjies
                     wat verkoop is in kolom C te vertoon, behalwe om dit te kopieer en
                     te plak.                                                                    (2)

         9.4.3       Stel TWEE formateringsveranderings voor wat die werkblad meer
                     gebruikersvriendelik kan maak.                                              (2)

9.5      Bespreek TWEE maniere waarop IKT's gebruik kan word om programme,
         plakkate, kaartjies en diensroosters vir die talentvertoning te versprei, in plaas
         daarvan om dit te druk.                                                                 (2)

9.6      Na die talentvertoning kan die gehoor hulle slimfone ('smartphones') gebruik
         om vir die beste optrede te stem.

         Gee TWEE voordele van die gebruik van 'n aanlyn vorm om te stem.                        (2)

9.7      Trofees sal op die aand van die talentvertoning oorhandig word.

         Gee TWEE voordele van die druk van trofees met 'n 3D-drukker.                           (2)

9.8      'n Lid van die VRL sal op die aand van die talentvertoning foto's neem.

         9.8.1       Noem EEN moontlike probleem wanneer 'n slimfoon in die aand
                     gebruik word om foto's te neem.                                             (1)

         9.8.2       Stel TWEE riglyne voor om te             volg   voordat    foto's   op
                     sosialemediaplatforms gepos word.                                           (2)
                                                                                                 [25]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/P2                16                                      DBE/2022
                                              SS/NSS

VRAAG 10: GEÏNTEGREERDE SCENARIO

'n Opvoedkundige organisasie bied aanlyn lesse en afstandsonderrig aan. Die
organisasie vereis dat IKT's glad moet verloop.

10.1     Die organisasie se skootrekenaars moet opgegradeer word.

         Gee 'n rede waarom die organisasie moontlik nie die skootrekenaars sal kan
         opgradeer nie.                                                                         (1)

10.2     Internetkonnektiwiteit is baie belangrik in 'n aanlyn opvoedkundige omgewing.

         10.2.1      Gee die definisie van breëband ('broadband').                              (2)

         10.2.2      Wat is die meeteenheid vir data-oordrag('data transfer')spoed?             (1)

         10.2.3      Watter effek kan smoring ('throttling') op die gebruikers hê terwyl
                     hulle aanlyn leer?                                                         (1)

10.3     Gee TWEE nadele van videokonferensies om aanlynlesse aan te bied of om
         toegang tot aanlynlesse te kry.                                                        (2)

10.4     Enige organisasie moet van privaatheid- en sekuriteitskwessies bewus wees.

         10.4.1      Verduidelik waarom 'n sleutelvaslegger ('keylogger') 'n bedreiging
                     vir aanlyn privaatheid en sekuriteit is.                                   (2)

         10.4.2      Gee TWEE voordele van twee-faktor- of multi-faktor-egverklaring
                     ('authentication') vir die gebruiker.                                      (2)

         10.4.3      Gee TWEE voorbeelde van webdienste wat twee-faktor- of multi-
                     faktor-egverklaring gebruik.                                               (2)

10.5     Gee TWEE redes waarom sommige studente nie e-posse wat uitgestuur is,
         ontvang het nie.                                                                       (2)

10.6     Studente sal byvoegprogramme ('add-ons') nodig hê om die organisasie se
         sagteware te gebruik.

         10.6.1      Wat is die voordeel van 'n byvoegprogram?                                  (1)

         10.6.2      Gee EEN voorbeeld van 'n byvoegprogram.                                    (1)

10.7     Sommige lesse benodig aangepaste werklikheid ('augmented reality').

         Verduidelik die konsep van aangepaste werklikheid.                                     (1)

10.8     Gee TWEE voordele van aanlyn leer vir die leerder.                                     (2)

10.9     Die organisasie vereis dat leerders hulle werk as PDF-lêers indien.

         Watter toepassing, behalwe vir 'n PDF-leser, kan onderwysers gebruik om
         PDF-lêers oop te maak?                                                                 (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/P2                17                                  DBE/2022
                                              SS/NSS

10.10    'n Deel van die organisasie se webtuiste vertoon nie korrek nie.

         Bestudeer die HTML-kode hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                   <html>
                                   <title>Online Courses<title>
                                      <body>
                                        <img src="online.jpg"/>
                                        <h1>Select a course</h1>
                                        <table border="1">
                                           <tr>
                                             <td>Options</td>
                                           </tr>
                                           <tr>
                                             <td>Blue</td>
                                             <td>Green</td>
                                         </tr>
                                          </table>
                                      </body>
                                   </html>

         10.10.1 Waarom word die titel 'Online Courses' nie soos verwag in die
                 webblaaier-oortjie vertoon nie?                                          (1)

         10.10.2 Hoeveel kolomme sal in die eerste ry van die tabel verskyn as die
                 HTML-kode hierbo in 'n webblaaier vertoon word?                          (1)

10.11    'n Prent in 'n ander webblad van die organisasie vertoon nie korrek nie. Die
         lêernaam en lêeruitbreiding is korrek in die HTML-kode, maar slegs 'n deel
         van die prent vertoon in die deurblaaier ('browser').
         Stel TWEE maniere voor om te verseker dat die prent volledig sigbaar is.         (2)
                                                                                          [25]

                                                               TOTAAL AFDELING C:         50
                                                                   GROOTTOTAAL:           150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Computer Applications Technology P2 May June 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-applications-technology-p2-may-june-2022-eng/72d0b5ab-f52d-4c0f-9774-0b77bfd2a0ec) — Computer Applications Technology · QP · 2022 · Eng
- [CAT P2 GR12 SEPT2022 English deaf](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr12-sept2022-english-deaf/54bb9db8-ddb8-49da-98d3-9305d3e38697) — Computer Applications Technology · QP · 2022 · Eng
- [CAT P2 GR12 SEPT2022 English](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr12-sept2022-english/5bf11b7b-3780-438b-a247-980dec6042a6) — Computer Applications Technology · QP · 2022 · Eng
- [Computer Applications Technology P2 Nov 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/computer-applications-technology-p2-nov-2022-afr/fb83ad7c-8c11-47cb-aa4d-2846fbd64cbc) — Computer Applications Technology · QP · 2022 · Afr
- [Computer Application Technology P2 May June 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-p2-may-june-2021-eng/f262d2a6-b39f-4f53-92a0-efc9f47b0e06) — Computer Applications Technology · QP · 2021 · Eng
- [CAT P2 June July 2015 Eng](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-june-july-2015-eng/8122ec6b-13de-460f-a187-089d09ac9bbc) — Computer Applications Technology · QP · 2015 · Eng

## More from Grade 12 Computer Applications Technology

- [CAT P1 MEMO GR12 SEPT 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-memo-gr12-sept-2025-eng-watermark/9df1288f-0f95-46d9-8231-26c401ed1a1b) — Memo · 2025 · Eng
- [CAT P2 GR12 MEMO September 2025 - AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr12-memo-september-2025-afr-watermark/3e182b7b-5d5f-4afc-b54c-b286289512f6) — Memo · 2025 · Afr
- [Computer Applications Technology P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-applications-technology-p1-may-june-2025-mg-eng/8beb5c31-24fa-4cf4-b90c-aedcc234a4dd) — Memo · 2025 · Eng
- [CAT P1 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-memo-gr12-sept-2024-english/91df7fb9-ea6b-4fed-8f93-a1466ec697c3) — Memo · 2024 · Eng
- [Computer Applications Technology P2 May-June 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-computer-applications-technology-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-2-english/a32bb637-25b5-4469-8be9-e72527e65d8a) — Memo · 2024 · Eng
- [Computer Applications Technology P1 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-applications-technology-p1-nov-2023-eng/60311585-04c7-46dc-bcf6-87da09dc1ea5) — QP · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
