# Computer Applications Technology Grade 12 P2 2015 QP (Afr)

> Grade 12 Computer Applications Technology Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2015 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/computer-applications-technology-p2-nov-2015-afr/28af06f4-b39f-441d-bbdf-990cfab5c15d
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Computer Applications Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2015
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Computer Applications Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/computer-applications-technology) › [Computer Applications Technology Grade 12 P2 2015 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/computer-applications-technology-p2-nov-2015-afr/28af06f4-b39f-441d-bbdf-990cfab5c15d)

## About this document

Computer Applications Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2015. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                      GRAAD 12

                     REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2

                                  NOVEMBER 2015

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai-om-asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2          2                      DBE/November 2015
                                         NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit:

         AFDELING A         (25 punte)
         AFDELING B         (75 punte)
         AFDELING C         (50 punte)

2.       Beantwoord AL die vrae.

3.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

4.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

5.       MOENIE in die regterkantlyn van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.

6.       Laat 'n reël oop na ELKE subvraag.

7.       Gewoonlik word een punt per aksie toegeken; dus sal 'n 2 punt-vraag
         gewoonlik TWEE aksies vereis, ensovoorts.

8.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai-om-asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2             3                             DBE/November 2015
                                            NSS

AFDELING A

VRAAG 1: PASITEMS

Kies 'n term/begrip uit KOLOM B wat by 'n beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs
die letter (A–S) langs die vraagnommer (1.1–1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer,
byvoorbeeld 1.11 T.
                KOLOM A                                     KOLOM B
1.1      'n Toegewyde toestel wat gebruik    A    veseloptiese kabel
         kan word om kontant uit 'n
         bankrekening te onttrek             B    skakeltoestel ('switch')

1.2      Die proses om hardeware- of         C    RSS-voer
         sagtewareprobleme te probeer
         oplos                               D    COUNTIF

1.3      'n Medium wat gebruik word om       E    proeflees ('proofing')
         data teen 'n baie hoë spoed te
         stuur en ontvang                    F    SUMIF

1.4      'n Toestel wat gebruik word om      G    Intranet
         rekenaartoestelle in 'n LAN te
         koppel                              H    gesigherkenning ('facial recognition')

1.5      Die handeling om voor te gee dat    I    foutopsporing ('troubleshooting')
         iemand anders se werk jou eie is
                                             J    wolkverwerking ('cloud computing')
1.6      'n Webtuiste wat deur 'n
         maatskappy gebruik word om          K    gedraaidepaarkabel ('twisted pair
         inligting slegs met hulle                cable')
         werknemers te deel
                                             L    formatering
1.7      Die proses om aanlyn met mense
         wat dieselfde belangstellings en    M    kopiereg
         aktiwiteite deel, te skakel
                                             N    OTM
1.8      Die proses om 'n dokument vir
         spel- en taalfoute na te gaan       O    plagiaat

1.9      'n Biometriese sekuriteitsmaatreël P     roeteerder ('router')
         wat toegang tot 'n gebruiker se
         rekenaar of toestel kan beheer     Q     WAN

1.10     'n Sigbladfunksie wat gebruik       R    sosiale netwerking ('social
         word om te bepaal in hoeveel             networking')
         selle die inhoud aan spesifieke
         vereistes voldoen                   S    selfoonbankdienste
                                                                                   (10 x 1)       [10]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai-om-asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2             4                         DBE/November 2015
                                            NSS

VRAAG 2: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (2.1–2.10) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 2.11 D.

2.1      Watter EEN van die volgende sal gewoonlik in 'n deurblaaier besigtig word?

         A     WWW
         B     PAN
         C     USB
         D     OKT ('UPS')                                                                    (1)

2.2      ... is 'n kortpad wat algemeen in baie programme gebruik word om 'n lêer te
         stoor.

         A     Alt + S
         B     Shift + S
         C     Ctrl + S
         D     Alt + Shift + S                                                                (1)

2.3      Watter EEN van die volgende soekfrases sal gewoonlik die woord 'Android'
         uitsluit of ignoreer wanneer 'n soekenjin gebruik word om die woord 'tablette'
         te soek?

         A     tablet AND Android
         B     tablet -Android
         C     tablet OR Android
         D     tablet without Android                                                         (1)

2.4      Watter EEN van die volgende word direk met e-pos verbind?

         A     URL
         B     html
         C     VTA ('SSD')
         D     Bcc                                                                            (1)

2.5      'n ... is NIE 'n voorbeeld van optiese stoorplek NIE.

         A     CD
         B     DVD
         C     HDD
         D     BD                                                                             (1)

2.6      Watter EEN van die volgende is 'n potensiële bedreiging vir die omgewing
         wat deur die wydverspreide gebruik van tegnologie veroorsaak word?

         A     'n Toename in kragverbruik
         B     'n Papierlose kantoor
         C     Die hervul van inkhouers
         D     Herhalende ooreisingsbeserings                                                 (1)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai-om-asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2             5                       DBE/November 2015
                                            NSS

2.7      Watter EEN van die volgende databasisobjekte laat 'n gebruiker toe om data
         een rekord op 'n keer in te voer of te besigtig?

         A     Tabel
         B     Navraag
         C     Vorm
         D     Verslag                                                                      (1)

2.8      Watter EEN van die volgende is die afkorting vir die grootste eenheid wat
         gebruik word om stoorplek te meet?

         A     MG ('MB')
         B     GG ('GB')
         C     TG ('TB')
         D     KG ('KB')                                                                    (1)

2.9      Die ... is 'n hardewarekomponent wat 'n rekenaar toelaat om aan 'n netwerk
         te koppel en daardeur te kommunikeer.

         A     BTAS ('BIOS')
         B     GVE ('GPU')
         C     LAG ('ROM')
         D     NKK ('NIC')                                                                  (1)

2.10     Watter EEN van die volgende is die waarskynlikste rede waarom al die lêers
         gereeld van dieselfde USB-flitsskyf ('flash drive') af verdwyn?

         A     Die flitsskyf is aan 'n USB 3.0-poort gekonnekteer.
         B     Die lêers word outomaties gerugsteun.
         C     Die flitsskyf is leesalleen ('Read Only').
         D     Die lêers is deur 'n virus weggesteek.                                       (1)
                                                                                            [10]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai-om-asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2            6                             DBE/November 2015
                                           NSS

VRAAG 3: WAAR/ONWAAR-ITEMS

Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Kies die antwoord en skryf
'waar' of 'onwaar' langs die vraagnommer (3.1–3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.
Korrigeer die stelling indien dit ONWAAR is. Verander die onderstreepte woord(e) om
die stellings WAAR te maak. (Jy mag nie maar net die woord 'NIE' gebruik om jou
stelling te verander nie.)

VOORBEELDE:

                 VRAAG                                     ANTWOORD
Rekenaarprogram-instruksies word deur
                                             Waar
die SVE ('CPU') uitgevoer.
Stippel, inkspuit en laser is tipes
                                             Onwaar – drukkers
sleutelborde.

3.1      Die www is die multimedia-afdeling of -diens van die Internet.                          (1)

3.2      Die hiperskakel ('hyperlink') is die geskikste databasisveldtipe om prente
         fisies in 'n veld te stoor.                                                             (1)

3.3      Kuberkrakery ('Hacking') verwys na die gebruik van tegnieke soos uitvissing
         (phishing') en e-posflousery ('e-mail spoofing') om 'n gebruiker te kul om
         private inligting soos wagwoorde en rekeningnommers bekend te maak.                     (1)

3.4      Die sigbladeienskap wat selle formateer volgens die waardes wat hulle bevat,
         word nommer-formatering genoem.                                                         (1)

3.5      'n E-posboodskap wat die leser teen 'n probleem soos 'n virus wat nie werklik
         bestaan nie waarsku, word 'n gekskeerdery ('hoax') genoem.                              (1)
                                                                                                 [5]

                                                               TOTAAL AFDELING A:                25

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai-om-asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2              7                        DBE/November 2015
                                             NSS

AFDELING B

VRAAG 4: STELSELTEGNOLOGIEË

Bestudeer die spesifikasies van die twee rekenaars hieronder en beantwoord die vrae
wat volg:

              REKENAAR A                                     REKENAAR B
i3 1.7 GHz-SVE ('CPU')                          i7 3.0 GHz SVE
4 GG ('GB')-DDR3, 1 333 MHz-ETG ('RAM')         8 GG-DDR3, 1 600 MHz-ETG
500 GG-hardeskyf                                1 TB-hardeskyf
2 GG-geïntegreerde HD-grafikakaart              4 GG-toegewyde grafikakaart
Multi-DVD-skrywer                               Multi-DVD-skrywer
USB 3.0                                         USB 3.0
802.11 a/b/g                                    802.11 a/b/g/n
2 MP-webkamera                                  8 MP-webkamera
19''-VKV ('LCD')-monitor                        23''-raakskerm
Windows 7                                       Windows 8.1 Professional
USB-sleutelbord                                 Draadlose sleutelbord

4.1      Noem TWEE hardewarespesifikasies vir Rekenaar B, buiten die grafikakaart,
         wat aandui dat dit 'kragtiger' behoort te wees of beter werkverrigting behoort
         te bied as Rekenaar A.                                                               (2)

4.2      Verduidelik die verskil tussen ETG ('RAM') en 'n hardeskyf ten opsigte van
         elkeen se funksie.                                                                   (2)

4.3      Noem TWEE voorbeelde van kraggebruikers vir wie dit voordelig sal wees om
         'n aparte grafikakaart soos die een wat vir Rekenaar B genoem is, te
         installeer.                                                                          (2)

4.4      Die term 'konvergensie' verwys na 'n algemene neiging in die ontwikkeling
         van rekenaarhardeware en -toestelle.

         4.4.1        Verduidelik die term konvergensie.                                      (1)

         4.4.2        Gee EEN voorbeeld van konvergensie.                                     (1)

4.5      Watter item in die lys spesifikasies sal jy gebruik om 'n drukker aan
         Rekenaar A te koppel?                                                                (1)

4.6      Watter tipe stelselsagteware is spesifiek ontwerp om 'n rekenaar in staat te
         stel om toestelle soos drukkers te beheer en daarmee te kommunikeer?                 (1)

4.7      Noem die tipe sagteware wat benodig word om 'n geskandeerde beeld van
         teks na redigeerbare teks te verander.                                               (1)

4.8      Verduidelik waarom die webkameraspesifikasie vir Rekenaar B moontlik sal
         veroorsaak dat dit meer bandwydte as die webkameraspesifikasie vir
         Rekenaar A sal gebruik.                                                              (2)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai-om-asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2             8                           DBE/November 2015
                                            NSS

4.9      Gee TWEE voordele van VTA's (vastetoestand-aandrywers) ('SSDs'/'solid
         state drives') bo tradisionele hardeskywe.                                             (2)

4.10     Noem 'n hardewaretoestel wat benodig word om 'n rekenaar aan die Internet
         te koppel.                                                                             (1)

4.11     Stemherkenningsagteware kan op die rekenaars gebruik word.

         4.11.1       Noem 'n hardewaretoestel wat NIE vir Rekenaar A óf B
                      gespesifiseer word NIE, maar wat vir stemtoevoer nodig sal wees.          (1)

         4.11.2       Noem TWEE moontlike          nadele   van    die    gebruik     van
                      stemherkenningsagteware.                                                  (2)

4.12     Gee TWEE moontlike sagtewareverwante probleme, buiten kwaadwillige
         sagteware ('malware'), wat 'n skielike afname in die werkverrigting van 'n
         rekenaar kan veroorsaak.                                                               (2)

4.13     Noem TWEE voordele daarvan om 'n VP (verkooppunt)-stelsel ('POS'/'point
         of sale') in 'n winkel te laat installeer.                                             (2)

4.14     Gee TWEE basiese funksies van 'n bedryfstelsel, buiten take wat deur
         nutsprogramme soos die skyfdefragmenteerder ('disk defragmenter')
         uitgevoer word.                                                                        (2)
                                                                                                [25]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai-om-asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2             9                           DBE/November 2015
                                            NSS

VRAAG 5: INTERNET- EN NETWERKTEGNOLOGIEË

5.1      Noem TWEE voordele van die gebruik van SoIP ('VoIP').                                  (2)

5.2      Wat is die hoofverskil tussen 'n bediener en 'n kliënt in 'n netwerk ten opsigte
         van elkeen se rol of funksie?                                                          (1)

5.3      Wat is die algemene naam vir die tipe netwerk wat oor 'n groot area soos
         'n provinsie strek?                                                                    (1)

5.4      Wat is ruitnetrekenarisering ('grid computing')?                                       (2)

5.5      Noem EEN ding wat jy in jou webblaaier sal sien wat wys dat jy aan 'n veilige
         webtuiste gekoppel is wanneer jy aanlyn bankdienste gebruik.                           (1)

5.6      'n Video op 'n webblad wil nie in jou webblaaier speel nie, selfs nadat jy die
         webblad verfris het.

         Stel EEN manier voor hoe jy die probleem kan oplos, buiten om 'n ander
         webblaaier te gebruik of om die video op 'n ander webtuiste of rekenaar
         te kyk.                                                                                (1)

5.7      Gebruikers laai dikwels data op en af deur die Internet te gebruik.

         5.7.1        Verduidelik die verskil tussen die terme oplaai ('uploading') en
                      aflaai ('downloading').                                                   (2)

         5.7.2        Hoe verskil die spoed van dataversending oor 'n ADSL-lyn ten
                      opsigte van oplaai en aflaai?                                             (1)

5.8      Noem TWEE alternatiewe maniere om groot lêers via die Internet te stuur,
         buiten om dit as 'n e-posaanhegsel te stuur.                                           (2)

5.9      Verduidelik kortliks wat webberging ('web caching') is EN ook die grootste
         voordeel wat dit inhou.                                                                (2)
                                                                                                [15]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai-om-asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2             10                          DBE/November 2015
                                            NSS

VRAAG 6: INLIGTINGSBESTUUR

6.1      Motiveer waarom jy 'n vraelys of opname sou gebruik om inligting te bekom,
         selfs al het jy toegang tot soveel inligting op die Internet.                          (1)

6.2      Gee TWEE redes waarom geslote vrae in 'n vraelys of opname gebruik word.               (2)

6.3      Noem TWEE algemene eienskappe van sigblaaie wat dit vir data-ontleding
         geskik maak.                                                                           (2)

6.4      Wat sal jy by 'n woordverwerkingsdokument moet voeg om 'n outomaties
         gegenereerde bibliografie te skep?                                                     (1)

6.5      Noem die woordverwerkingseienskap wat gebruik kan word om outomaties
         die veranderinge aan te dui wat deur verskeie redigeerders of gebruikers aan
         'n dokument aangebring is.                                                             (1)

6.6      Noem TWEE aanduidings dat inligting wat op 'n webtuiste gevind is, moontlik
         nie akkuraat is nie.                                                                   (2)

6.7      Waarom is dit nodig om die datum waarop die inligting van webtuistes verkry
         is in 'n bibliografie in te sluit?                                                     (1)
                                                                                                [10]

VRAAG 7: SOSIALE IMPLIKASIES

7.1       Noem TWEE bedryfstelselinstellings wat verander kan word om die
          batterylewe te verbeter deur krag op 'n draagbare rekenaar te bespaar.                (2)

7.2       Noem TWEE verskillende aksies wat iemand in 'n IKT-konteks aan
          roofkopiëring ('piracy') sal skuldig maak.                                            (2)

7.3       Gee advies aan iemand wat nie 'n ten volle gelisensieerde kopie van die
          Windows 8.1-bedryfstelsel kan bekostig nie, deur TWEE moontlike wettige
          oplossings vir hierdie probleem te gee.                                               (2)

7.4       Stel TWEE maniere voor om dit vir swaksiendes makliker te maak om
          'n webtuiste te gebruik.                                                              (2)

7.5       Verduidelik kortliks wat inligtingsoorlading ('information overload') is EN hoe
          dit spesifiek produktiwiteit beïnvloed.                                               (2)
                                                                                                [10]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai-om-asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2               11                              DBE/November 2015
                                              NSS

VRAAG 8: OPLOSSINGSONTWIKKELING

8.1      'n Woordverwerkingsprogram laat 'n gebruiker toe om 'n possaamvoeging
         ('mail merge') te skep.

         8.1.1       Noem TWEE moontlike databronne wat vir 'n possaamvoeging
                     gebruik kan word.                                                                 (2)

         8.1.2       Hoekom moet jy saamvoegvelde                    ('merge   fields')   in   'n
                     possaamvoegdokument invoeg?                                                       (1)

8.2      Bestudeer die volgende skermkopie van 'n sigblad:

         8.2.1       Bestudeer die funksie in sel E2.

                     Verduidelik, in jou eie woorde, die TWEE kriteria waarvolgens
                     'n persoon volgens hierdie funksie, vir pensioen kwalifiseer.

                     MOENIE in jou antwoord uit die funksie aanhaal of direk daarna
                     verwys NIE.                                                                       (2)

         8.2.2       Wat sal die funksie in sel E2 vertoon?                                            (1)

8.3      Gee EEN voorbeeld van waar of hoekom jy die spesialeplak ('paste special')-
         eienskap van 'n sigbladprogram in plaas van die normale plak ('paste')-
         funksie sal gebruik.                                                                          (1)

8.4      Die HTML-kode van 'n webblad bevat die volgende reël:

                                      <!-- Skoolinligting hier -->

         8.4.1       Wat is die doel van hierdie tipe HTML-kode ('tag')?                               (1)

         8.4.2       Wat word deur hierdie HTML-kode vertoon wanneer die webblad in
                     'n webblaaier vertoon word?                                                       (1)

8.5      Wat is die doel daarvan om die 'Alt'-gedeelte in die HTML-kode hieronder in
         te voeg?

                              <img src=''skool.jpg'' Alt=''Skoolwapen''>                               (1)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai-om-asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2            12                        DBE/November 2015
                                           NSS

8.6   Bestudeer die skermkopie hieronder van die struktuur van 'n tabel wat geskep is
      om rekord te hou van items wat 'n rekenaarwinkel in voorraad het.

      8.6.1          Hoekom sal dit NIE nodig wees om die eienskappe van die
                     VoorraadID-veld in te stel om 'n verpligte ('required') veld
                     te wees NIE?                                                            (1)

      8.6.2          Watter kenmerk of eienskap kan in die Hoeveelheid in voorraad-veld
                     gebruik word om seker te maak dat geen getal hoër as 100 ingelees
                     kan word nie?                                                           (1)

8.7   Verwerkers word as SVE in die Kategorie-veld aangedui.

      Die navraag hieronder (gebaseer op die Voorraad-tabel wat in VRAAG 8.6 beskryf
      is) is geskep om al die SVE's te vind waarvan daar minder as 10 in voorraad is.

      8.7.1          Verduidelik kortliks hoekom hierdie navraag NIE die regte data sal
                     terugstuur NIE EN hoe dit reggestel kan word.                           (2)

      8.7.2          Watter veld in hierdie navraag sal NIE vertoon word wanneer die
                     navraag opgeroep word NIE?                                              (1)
                                                                                             [15]
                                                               TOTAAL AFDELING B:            75

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai-om-asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2               13                         DBE/November 2015
                                              NSS

AFDELING C

VRAAG 9: GEÏNTEGREERDE SCENARIO

'n Skool wil graag 'n rekenaarnetwerk in hulle biblioteek opstel sodat leerders
navorsing vir hulle take kan doen. Mej. Mabona, die RTT-onderwyser, het ingestem om
die bibliotekaris, mnr. Joseph, met enige vrae oor rekenaars te help.

9.1       Noem EEN ergonomiese oorweging wat in gedagte gehou moet word
          wanneer stoele gekoop word sodat die leerders op die rekenaars kan werk.               (1)

9.2       Een van die programme wat mnr. Joseph vir die biblioteek wil koop, het die
          volgende minimum stelselvereistes:

                                   Dubbelkern ('Dual core') 1.8 GHz
                                       2 GG-ETG ('GB RAM')
                                       5 GG-hardeskyfspasie
                                          Windows 8 of 8.1
                                             1024 x 768

          9.2.1       Wat beteken die term minimum stelselvereistes ('minimum system
                      requirements') in hierdie konteks?                                         (2)

          9.2.2       Mej. Mabona stel voor dat die skool rekenaars met hoër
                      spesifikasies as die vereistes hierbo koop.

                      Gee TWEE redes waarom dit goeie raad is.                                   (2)

          9.2.3       Na watter toestel verwys die '1024 x 768'-spesifikasie?                    (1)

          9.2.4       Noem TWEE moontlike nadele van die gebruik van 'n
                      eiendomsregtelike ('proprietary') bedryfstelsel soos Windows in
                      plaas van 'n OBS (oopbronsagteware)-weergawe.                              (2)

          9.2.5       Mnr. Joseph wil die nuwe program installeer, maar die hardeskyf
                      op die rekenaar het tans nie genoeg spasie nie.

                      Noem TWEE moontlike maniere waarop hy skyfspasie op die
                      bestaande hardeskyf beskikbaar kan stel.                                   (2)

          9.2.6       Mnr. Joseph het ook die keuse om webgebaseerde toepassings
                      te gebruik.

                      Gee kortliks TWEE moontlike redes waarom webgebaseerde
                      toepassings NIE 'n goeie oplossing vir die skool sal wees NIE.             (2)

9.3       Mnr. Joseph is aangeraai om 'n dienspakket ('service pack') vir sy
          kantoorpakket te installeer.

          Gee TWEE voordele van die installering van 'n dienspakket.                             (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai-om-asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2               14                           DBE/November 2015
                                              NSS

9.4       Mnr. Joseph wil 'n drukker vir die biblioteek bestel sodat die leerders hulle
          projekte kan druk.

          9.4.1       Gee TWEE voordele daarvan om 'n kaartleser of ekstra USB-poort
                      op 'n drukker te hê.

                      LET WEL: Dit sluit NIE die koppeling van die drukker aan die
                               USB-poort in NIE.                                                   (2)

          9.4.2       Mnr. Joseph het 'n sigblad ontvang met die besonderhede en
                      pryse van al die drukkers wat in sy geval sal werk.

                      Watter sigbladeienskap kan hy gebruik om 'n lys van slegs 'n
                      spesifieke tipe drukker te maak?                                             (1)

          9.4.3       Noem TWEE maniere waarop mnr. Joseph die hoeveelheid papier
                      wat leerders gebruik, kan verminder.                                         (2)

          9.4.4       Noem TWEE omgewingsvriendelike maniere waarop leë inkhouers
                      hanteer kan word.                                                            (2)

9.5       Mnr. Joseph het 'n skandeerder ('scanner') vir die biblioteek gekoop.

          9.5.1       Nadat hy die boks oopgemaak en uitgepak het, sien hy dat hierdie
                      tipe skandeerder nie 'n CD met drywers het nie.

                      Waar kan die drywers vir die skandeerder gevind of verkry word,
                      buiten by 'n winkel?                                                         (1)

          9.5.2       Verduidelik wat elk van die volgende terme met betrekking tot die
                      skandeerder aandui:

                      (a)   Kleurdiepte ('colour depth')
                      (b)   spd ('dpi')                                                            (2)

9.6       Die rekenaars in die biblioteek sal aan die Internet gekoppel word.

          9.6.1       Gee TWEE voordele van die gebruik van die Internet in plaas van
                      die boeke in die biblioteek om navorsing te doen.                            (2)

          9.6.2       Noem die klas of tipe sagteware wat gebruik behoort te word om
                      ongemagtigde toegang tot die rekenaars op die netwerk vanaf die
                      Internet of van die rekenaars na die Internet, te voorkom.                   (1)

          9.6.3       Leerders het Wikipedia vir hulle navorsing gebruik.

                      Wat is 'n wiki?                                                              (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai-om-asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2                15                           DBE/November 2015
                                               NSS

9.7       Leerders en personeel word aangemoedig om wolkberging ('cloud storage')
          te gebruik om hulle werk te stoor.

          9.7.1       Noem TWEE moontlike voordele van die gebruik van wolkberging
                      in plaas van 'n flitsskyf ('flash drive') om data en inligting te stoor.      (2)

          9.7.2       Noem EEN manier waarop personeel kan verseker dat hulle werk
                      gereeld na die wolk gerugsteun word.                                          (1)

9.8       'n Weeklikse kunsklas sal lewend oor die Internet gestroom ('streamed')
          word. Leerders sal deur middel van 'n videokonferensie kan deelneem.

          9.8.1       Noem EEN toevoertoestel wat op die rekenaars geïnstalleer moet
                      word sodat die videokonferensie kan plaasvind.                                (1)

          9.8.2       Gee TWEE voordele ten opsigte van onderrig en leer van die
                      gebruik van videokonferensies soos in hierdie scenario aangedui
                      word.                                                                         (2)

          9.8.3       Noem die hoofvoordeel van videostroming ('streaming').                        (1)

          9.8.4       Mnr. Joseph moet tussen die gebruik van 'n groot rekenaarskerm
                      of 'n dataprojektor vir die videokonferensie kies.

                      Gee TWEE redes waarom dit in hierdie geval beter sal wees om
                      'n groot rekenaarskerm te gebruik.                                            (2)

9.9       Mej. Mabona het voorgestel dat die bediener in 'n vertrek met biometriese
          sekuriteitbeheer geplaas word.

          9.9.1       Waarom moet die bediener in so 'n vertrek gehou word?                         (1)

          9.9.2       Noem TWEE beperkinge waarvan mnr. Joseph bewus moet wees
                      rakende   biometriese   vingerafdruksekuriteit, buiten enige
                      kosteverwante kwessies.                                                       (2)

9.10      Gee TWEE redes vir die gebruik van 'n databasis in plaas van 'n sigblad om
          inligting oor al die boeke in die biblioteek aan te teken.                                (2)

9.11      Mnr. Joseph het 'n databasis geskep om die inligting van al die boeke in
          te voer.

          Stel die geskikste datatipe vir elk van die volgende velde voor:

          9.11.1      Die Koste-veld, wat die vervangingswaarde van elke boek in
                      'rand'-formaat sal stoor en vertoon                                           (1)

          9.11.2      Die ISBN-veld, wat die ISBN-nommer van elke boek sal bevat,
                      byvoorbeeld 918-6-619-42299-5                                                 (1)

          9.11.3      Die Opsomming-veld, wat 'n opsomming van 500 tot 1 000 woorde
                      sal bevat wat elke boek se inhoud beskryf                                     (1)

          9.11.4      Die Voorblad-veld, wat 'n foto van die voorblad van elke boek in die
                      veld self sal stoor                                                           (1)
Kopiereg voorbehou                                                             Blaai-om-asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2            16                        DBE/November 2015
                                           NSS

9.12      Mnr. Joseph het 'n databasis met rekords van al die persone wat skenkings
          vir die projek gemaak het. Hy wil graag 'n verslag van die top 10-skenkers
          skep ten opsigte van die totale bedrae wat hulle vir die projek geskenk het.

          Beskryf die stappe wat hy moet volg om hierdie verslag in die databasis te
          skep in breë trekke.                                                               (3)

                                                              TOTAAL AFDELING C:             50
                                                                  GROOTTOTAAL:               150

Kopiereg voorbehou                                                                       *

## Related documents

- [Computer Applications Technology P2 Nov 2015 Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-applications-technology-p2-nov-2015-eng/c078f157-bdd6-48fb-9bbf-af58939034e2) — Computer Applications Technology · QP · 2015 · Eng
- [CAT P2 Nov 2015 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-nov-2015-memo-afr/115caf00-247d-4a39-8840-ffe617d18f14) — Computer Applications Technology · Memo · 2015 · Afr
- [CAT P2 Nov 2015 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-nov-2015-memo-eng/f1235bb1-b756-4cea-859a-56092ca7b3e0) — Computer Applications Technology · Memo · 2015 · Eng
- [CAT P1 Nov 2015 Afr](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-nov-2015-afr-2/fb9bde27-0b37-4918-9601-b73cffc8a81d) — Computer Applications Technology · QP · 2015 · Afr
- [CATN P2 QP GR12 SEP 2015 ENG](https://www.hlayiso.com/library/catn-p2-qp-gr12-sep-2015-eng/bfe48905-890c-4308-ad92-55c195962a85) — Computer Applications Technology · QP · 2015 · Eng
- [CAT P2 June July 2015 Eng](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-june-july-2015-eng/8122ec6b-13de-460f-a187-089d09ac9bbc) — Computer Applications Technology · QP · 2015 · Eng

## More from Grade 12 Computer Applications Technology

- [CAT P1 MEMO GR12 SEPT 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-memo-gr12-sept-2025-eng-watermark/9df1288f-0f95-46d9-8231-26c401ed1a1b) — Memo · 2025 · Eng
- [CAT P2 GR12 MEMO September 2025 - AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr12-memo-september-2025-afr-watermark/3e182b7b-5d5f-4afc-b54c-b286289512f6) — Memo · 2025 · Afr
- [Computer Applications Technology P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-applications-technology-p1-may-june-2025-mg-eng/8beb5c31-24fa-4cf4-b90c-aedcc234a4dd) — Memo · 2025 · Eng
- [CAT P1 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-memo-gr12-sept-2024-english/91df7fb9-ea6b-4fed-8f93-a1466ec697c3) — Memo · 2024 · Eng
- [Computer Applications Technology P2 May-June 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-computer-applications-technology-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-2-english/a32bb637-25b5-4469-8be9-e72527e65d8a) — Memo · 2024 · Eng
- [Computer Applications Technology P1 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-applications-technology-p1-nov-2023-eng/60311585-04c7-46dc-bcf6-87da09dc1ea5) — QP · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
