# Computer Applications Technology Grade 12 P2 2022 QP (Afr)

> Grade 12 Computer Applications Technology Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2022 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/computer-applications-technology-p2-nov-2022-afr/fb83ad7c-8c11-47cb-aa4d-2846fbd64cbc
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Computer Applications Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Computer Applications Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/computer-applications-technology) › [Computer Applications Technology Grade 12 P2 2022 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/computer-applications-technology-p2-nov-2022-afr/fb83ad7c-8c11-47cb-aa4d-2846fbd64cbc)

## About this document

Computer Applications Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2022. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                       GRAAD 12

                     REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2

                                  NOVEMBER 2022

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2           2                      DBE/November 2022
                                          NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit:

          AFDELING A (25)
          AFDELING B (75)
          AFDELING C (50)

2.        Beantwoord AL die vrae.

3.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in
          hierdievraestel gebruik is.

4.        Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

5.        MOENIE in die regterkantlyn van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.

6.        Laat 'n reël na ELKE subvraag oop.

7.        Daar word gewoonlik een punt per feit toegeken; 'n 2 punt-vraag sal
          dus TWEE feite vereis, ens.

8.        Lees die vrae aandagtig deur. MOENIE meer antwoorde gee as wat die
          vraag vereis nie aangesien dit NIE nagesien sal word NIE.

9.        Alle antwoorde MOET met Rekenaartoepassingstegnologie verband hou.

10.       Tensy dit anders gespesifiseer word, sal antwoorde soos 'goedkoper',
          'stadiger/vinniger', ens. NIE aanvaar word NIE.

11.       MOENIE handelsname in jou antwoorde gebruik NIE, tensy dit spesifiek
          vereis word.

12.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2               3                           DBE/November 2022
                                              NSS

AFDELING A

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.10) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.11 D.

1.1      Die proses waartydens jou IDV ('ISP') jou internetkonneksie stadiger maak,
         staan as … bekend.

         A     datalimiet ('data cap')
         B     vorming ('shaping')
         C     smoring ('throttling')
         D     bandwydte ('bandwidth')                                                               (1)

1.2      Watter EEN van die volgende prosesse sal jy gebruik om jou data te
         beskerm?

         A     Argivering ('Archiving')
         B     Saampersing ('Compression')
         C     Foutopsporing ('Error checking')
         D     Netskans ('Firewall')                                                                 (1)

1.3      Inprop-en-speel('plug-and-play')-tegnologie word gebruik om …

         A     speletjies op 'n speletjiekonsole ('gaming console') te speel.
         B     toegang tot die inhoud van 'n CD te kry.
         C     'n bedryfstelsel ('operating system') te installeer.
         D     nuwe toestelle op te spoor en te konfigureer ('configure').                           (1)

1.4      'n Bedrieglike proses wat probeer om sensitiewe inligting te bekom, word …
         genoem.

         A     skimkaping ('pharming')
         B     gemorsposstuur ('spamming')
         C     uitvissing ('phishing')
         D     gekskeerdery ('hoaxing')                                                              (1)

1.5      Watter EEN van die volgende is 'n voorbeeld van 'n vraag wat jy NIE by 'n
         vraelys in 'n PAT moet insluit NIE?

         A     Waarom het die prys van rekenaars gestyg?
         B     Wat is jou gunstelingverwerker-handelsmerk?
         C     Watter bedryfstelsel ('operating system') gebruik jy?
         D     Vir hoeveel jaar gebruik jy al rekenaars?                                             (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2             4                       DBE/November 2022
                                            NSS

1.6      Die ... word deur die bedryfstelsel ('operating system') gebruik om met
         hardewaretoestelle te kommunikeer.

         A     Device Manager
         B     Device Driver
         C     Audio Manager
         D     Disk Defragmenter                                                            (1)

1.7      Watter EEN van die volgende is NIE 'n taak wat gewoonlik gedurende die
         verwerkingsfase van die inligtingverwerkingsiklus uitgevoer word NIE?

         A     Stuur na stoorplek
         B     Soek en sorteer
         C     Vergelyk en besluit
         D     Doen berekeninge                                                             (1)

1.8      Watter EEN van die volgende databasisobjekte is 'n gebruikersvriendelike
         koppelvlak ('interface') om data in te voer?

         A     Tabel ('Table')
         B     Navraag ('Query')
         C     Verslag ('Report')
         D     Vorm ('Form')                                                                  (1)

1.9      Watter valideringsreël vir 'n DateOfBirth-veld sal SLEGS datums van mense
         wat in die jare 2003 tot 2013 gebore is, toelaat?

         A     >=2003 OR >=2013
         B     >=#01/01/2003# OR <=#31/12/2013#
         C     >=2003 AND >=2013
         D     >=#01/01/2003# AND <=#31/12/2013#                                            (1)

1.10     Die volgende TWEE sigbladfunksies word op dieselfde selreeks A1:A8
         gebruik:

             =COUNTA(A1:A8) wat 'n waarde van 6 terugstuur
             =COUNT(A1:A8) wat 'n waarde van 3 terugstuur

         Watter EEN van die volgende opsies is WAAR, wat op die resultate hierbo in
         die selreeks A1:A8 gebaseer is?

         A     Daar is slegs een leë of oop sel.
         B     Daar is drie numeriese en drie tekswaardes.
         C     Daar is ses selle met numeriese waardes.
         D     Daar is agt selle wat enige waardes bevat.                                   (1)
                                                                                            [10]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2               5                          DBE/November 2022
                                              NSS

VRAAG 2: PASITEMS

Kies 'n term/begrip uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs
die letter (A–T) langs die vraagnommers (2.1 tot 2.10) in die ANTWOORDEBOEK
neer, bv. 2.11 U.

                    KOLOM A                                      KOLOM B
2.1      Rou getalle of feite wat nie georganiseer    A   SoIP ('VoIP')
         is nie
                                                   B      inligting
2.2      'n Toestel wat op 'n netwerk gebruik word
         om bronne te bestuur en deel              C      BTAS ('BIOS')

2.3      'n Internettegnologie wat mense uit          D   #NAME?
         verskillende lande in staat stel om intyds
         ('in real time') te kommunikeer              E   data

2.4      Hierdie gebruiker benodig in die             F   IDV ('ISP')
         algemeen 'n grafikakaart van goeie
         gehalte                                      G   iemand wat rekenaar-
                                                          speletjies speel ('gamer')
2.5      Fermware ('Firmware') wat die laai('start-
         up')-instruksies van 'n rekenaar bevat       H   wagwoord ('password')

2.6      'n Voorbeeld van HTML-kode wat               I   bedryfstelsel ('operating
         gebruik word om 'n prentjie in 'n nuwe           system')
         webblaaiervenster oop te maak
                                                      J   LAG ('ROM')
2.7      'n Tegnologie wat 'n persoon se unieke
         fisiese eienskappe gebruik om toegang        K   telependel ('telecommuting')
         te beheer
                                                  L       <img src="bird.jpg">
2.8      'n Rede waarom sekere dokumente
         onleesbare inhoud vertoon wanneer jy dit M       biometrika ('biometrics')
         op jou rekenaar oopmaak, selfs al het jy
         'n gepaste toepassing                    N       datavaslegger

2.9      'n Reëling vir werknemers om van die         O   bediener ('server')
         huis af te werk deur IKT's ('ICTs') te
         gebruik                                      P   <a href="bird.jpg">

2.10     'n Sigbladfoutboodskap ('error message')     Q   KKTK ('SOHO')
         wat sal verskyn indien jy die volgende
         funksie invoer: =AVG(B1:B20)                 R   spil ('hub')

                                                      S   sagtewareweergawe

                                                      T   #VALUE!
                                                                                 (10 x 1)       [10]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2             6                       DBE/November 2022
                                            NSS

VRAAG 3: WAAR/ONWAAR-ITEMS

Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf 'waar' of 'onwaar' langs
die vraagnommers (3.1 tot 3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. Indien die stelling
waar is, skryf 'WAAR'. Indien die stelling onwaar is, skryf 'ONWAAR' en verander die
onderstreepte woord(e) om die stelling WAAR te maak. (MOENIE slegs die woord
'NIE' gebruik om die stelling te verander NIE.)

GEEN punt sal toegeken word indien ONWAAR sonder 'n korrekte antwoord geskryf is
nie.

VOORBEELDE:

                     VRAAG                                 ANTWOORD

'n Sleutelbord is 'n toevoer-toestel.         Waar

Sosiale manipulasie is die studie van die
ontwerp van toestelle vir die gerief en       Onwaar, Ergonomika
veiligheid van mense in 'n werksomgewing.

3.1      'n OTM ('ATM') is 'n voorbeeld van 'n toegewyde toestel.                           (1)

3.2      Groenrekenarisering ('Green computing') verwys na ou rekenaartoestelle wat
         mense weggooi en wat in grondopvullingsterreine ('landfill sites') beland.         (1)

3.3      'n Monitor skakel elektroniese data na 'n hardekopie om.                           (1)

3.4      Die funksie van 'n roeteerder ('router') is om data tussen rekenaarnetwerke
         oor te dra.                                                                        (1)

3.5      <br\> word in HTML gebruik om 'n horisontale lyn te skep.                          (1)
                                                                                            [5]

                                                              TOTAAL AFDELING A:            25

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2                7                        DBE/November 2022
                                               NSS

AFDELING B

VRAAG 4: STELSELTEGNOLOGIEË

4.1      Verduidelik wat 'n kantoorpakket ('office suite') is.                                  (2)

4.2      Jy moet die resolusie in ag neem wanneer jy toevoertoestelle soos
         skandeerders of kameras koop.

         4.2.1       Watter meeteenheid word gebruik om resolusie te beskryf?                   (1)

         4.2.2       Gee EEN nadeel daarvan om 'n prent met swak resolusie in te voer.          (1)

4.3      Programfoute ('Software bugs') is onbedoelde foute in sagteware.

         4.3.1       Verduidelik EEN metode wat sagteware-ontwikkelaars gebruik om
                     programfoute ('software bugs') in hulle sagteware te voorkom,
                     voordat die finale weergawe van die sagteware versprei word.               (1)

         4.3.2       Beveel EEN manier aan waarop 'n gebruiker van 'n programfout
                     ontslae kan raak, behalwe om sagteware opgedateer te hou.                  (1)

4.4      Noem die nutsprogram ('utility program') wat jy kan gebruik om 'n program
         wat nie reageer nie, toe te maak.                                                      (1)

4.5      Gee TWEE voorbeelde van metadata wat jy as kriteria kan gebruik wanneer
         jy na 'n lêer soek, behalwe om die lêernaam te gebruik.                                (2)

4.6      Jy gebruik 'n USB-kabel om 'n slimfoon ('smartphone') aan jou rekenaar te
         koppel. Alhoewel die kabel behoorlik gekoppel is, kommunikeer die toestelle
         nie met mekaar nie.

         Stel TWEE maniere voor om hierdie probleem op te los.                                  (2)

4.7      Verduidelik TWEE maniere om die werklike grootte van 'n hardeskyf op
         'n Windows PR ('PC') na te gaan deur die grafiese gebruikerskoppelvlak te
         gebruik.                                                                               (2)

4.8      Gestremde mense het dalk spesiale hardewaretoestelle nodig wat hulle in
         staat stel om IKT's ('ICTs') te gebruik.

         4.8.1       Noem EEN toevoertoestel wat spesifiek vir gestremde gebruikers
                     ontwerp is.                                                                (1)

         4.8.2       Noem EEN afvoertoestel wat spesifiek vir gestremde gebruikers
                     ontwerp is.                                                                (1)

4.9      Jy het 'n video afgelaai wat onder die Creative Commons (CC)-ooreenkoms
         gelisensieer is.

         Verduidelik wat 'n Creative Commons (CC)-lisensie in die algemeen is.                  (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2               8                         DBE/November 2022
                                              NSS

4.10     Die eienaar van 'n restaurant het die advertensie hieronder vir 'n
         verkooppunttoestel ('point of sale (POS) device') gesien.

                       15'' ALLES-IN-1-AANRAAK-PR ('ALL-IN-1 TOUCH PC')
                              VIR VERKOOPPUNT ('POINT OF SALE')

            15" Alles-in-1-raakskermrekenaar
            ('All-in-1 Touch Screen Computer')
            SVE ('CPU') (2.0 GHz) Vierkernverwerker
            ('Quad Core Processor')
            4 GG ETG ('4 GB RAM')
            64 GG VTA ('64 GB SSD')
            6 x USB
            LAN-poort
            1 x VGA
            Win10 Pro 64-bis ('bit')

         4.10.1 Waarom sal dit vir 'n restauranteienaar raadsaam wees om 'n
                Alles-in-1-verkoopunttoestel ('POS device') te koop?                            (1)

         4.10.2 Waarom sal die 64 GG VTA ('64 GB SSD') 'n geskikte kapasiteit vir 'n
                restaurant-verkooppunttoestel hê?                                               (1)

         4.10.3 Gee TWEE nadele van die gebruik van raakskerms.                                 (2)

4.11     Gee TWEE redes waarom jy 'n lêer sal zip/saampers.                                     (2)

4.12     Jy wil graag lêers stoor, maar het nie genoeg stoorplek op jou toestel nie.

         4.12.1 Watter optiese media sal jy aanbeveel om sommige lêers te stoor?                (1)

         4.12.2 Bespreek EEN nadeel van die gebruik van 'n flitsskyf ('flash drive')
                om sommige lêers te stoor.                                                      (1)
                                                                                                [25]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2                9                       DBE/November 2022
                                               NSS

VRAAG 5: INTERNET- EN NETWERKTEGNOLOGIEË

5.1      Watter tipe netwerk kan 'n maatskappy gebruik om hulle kantore regoor die
         land te verbind?                                                                      (1)

5.2      Gee TWEE redes waarom 'n onderwyser sal vereis dat leerders op die
         rekenaarsentrum se netwerk aanteken ('log in').                                       (2)

5.3      Verduidelik TWEE redes waarom jy 'n 'Page not found'-fout kan kry wanneer
         jy probeer om 'n geboekmerkte ('bookmarked') webtuiste oop te maak.                   (2)

5.4      Stel TWEE kriteria voor wat jy in ag moet neem wanneer jy 'n IDV ('ISP') kies.        (2)

5.5      Beveel TWEE netiketreëls aan vir 'n WhatsApp-studie-groepklets ('group
         chat').                                                                               (2)

5.6      Verduidelik ELK van die volgende konsepte:                                            (2)

         5.6.1       Soekenjin ('Search engine')

         5.6.2       Webblaaier ('Web browser')

5.7      Gee 'n rede waarom gebruikers buffering ervaar wanneer hulle video's                  (1)
         stroom.

5.8      Gee TWEE gebruike van IvD ('IoT') in 'n tuisomgewing.                                 (2)

5.9      Noem die stelsel wat 'n navorsingsmaatskappy kan gebruik om die behoefte
         aan meer rekenaarverwerkingskrag ('computer processing power') te oorkom,
         sonder dat hulle nuwe hardeware hoef aan te koop.                                     (1)
                                                                                               [15]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2              10                        DBE/November 2022
                                             NSS

VRAAG 6: INLIGTINGSBESTUUR

6.1      Bespreek TWEE redes waarom die volgende fokusvraag swak geformuleer is:

              Hoe het kubersekuriteit jou lewe beïnvloed en hoe het jy dit opgelos?
                                                                                               (2)

6.2      Verduidelik TWEE nadele van die gebruik van geslote vrae in 'n vraelys.               (2)

6.3      Definieer ELK van die volgende woordverwerkingseienskappe sonder om na
         hulle posisie in 'n dokument te verwys:

            Sitaat ('Citation')
            Bibliografie                                                                      (2)

6.4      Verduidelik TWEE voordele van die gebruik van elektroniese data eerder as
         om data in 'n hardekopie-formaat te gebruik.                                          (2)

6.5      Gee TWEE databasis-opsies/-eienskappe in 'n navraag wat jy kan gebruik om
         data te analiseer.                                                                    (2)
                                                                                               [10]

VRAAG 7: SOSIALE IMPLIKASIES

7.1      Wat is die verskil tussen 'n bot en 'n zombie?                                        (2)

7.2      Verduidelik waarom gebruikers dalk nie agterkom wanneer hulle die
         slagoffers van 'n flousery-aanval ('spoofing attack') is nie.                         (1)

7.3      Gee TWEE redes waarom VDoS('DDoS')-aanvalle skadelik is.                              (2)

7.4      Bespreek die risiko om video's wat jy gemaak het, op sosialemediaplatforms
         (soos TikTok of Instagram) te pos.                                                    (1)

7.5      Gee TWEE maniere om die risiko te verminder dat jou rekenaar deur 'n virus
         besmet kan word, behalwe om 'n antivirusprogram te installeer of om
         sagteware by te hou ('keeping up to date').                                           (2)

7.6      Gee TWEE voorbeelde van hoe kunsmatige intelligensie (KI) ('artificial
         intelligence/AI') in 'n skoolomgewing bruikbaar kan wees.                             (2)
                                                                                               [10]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2                 11                        DBE/November 2022
                                                NSS

VRAAG 8: OPLOSSINGSONTWIKKELING

8.1      Die skermkopie van die sigblad hieronder toon die verdienste van Sam,
         'n verkoopsverteenwoordiger.

         8.1.1       Watter soort formatering is in ry 1 gebruik, behalwe vir die
                     veranderinge aan die font?                                                   (1)

         8.1.2       Watter data in die sigblad het nie konsekwente formatering nie?              (1)

         8.1.3       Die formule wat gebruik is om die bonuskommissie in sel G4 te
                     bereken is:

                     =F4*$G$2.

                     Wat dui die $-simbool aan EN wat is die doel daarvan?                        (2)

         8.1.4       Hoe kan jy die fout wat in sel F9 vertoon, regstel?                          (1)

         8.1.5       Die SUM-funksie wat in sel E9 gebruik is, stuur 'n verkeerde
                     resultaat terug.

                     Gee EEN rede waarom hierdie resultaat verkeerd is.                           (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2                12                         DBE/November 2022
                                               NSS

8.2      'n Maatskappy het 'n databasis geskep om rekord van hulle klante te hou.

         Die skermkopie hieronder toon die velde in hulle databasistabel.

         8.2.1       Identifiseer TWEE velde waar nie-geskikte datatipes gebruik is.              (2)

         8.2.2       Watter veld sal meer toepaslik vir 'n primêre sleutel ('primary key')
                     wees? Motiveer jou antwoord.                                                 (2)

         8.2.3       Waarom sal jy 'n toevoermasker             ('input   mask')   vir   die
                     ContactNumber-veld aanbeveel?                                                (1)

8.3      Die volgende spyskaart vertoon in 'n webblaaier:

         8.3.1       Noem DRIE veranderinge wat jy aan die HTML-kode kan maak om
                     die ontwerp en uitleg van die spyskaart in die webblad te verbeter.          (3)

         8.3.2       Noem EEN voordeel daarvan dat webblaaie op tekslêers gebaseer
                     is.                                                                          (1)
                                                                                                  [15]

                                                                 TOTAAL AFDELING B:               75

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2                13                         DBE/November 2022
                                               NSS

AFDELING C

VRAAG 9: GEÏNTEGREERDE SCENARIO

Jou skool het 'n boekklub begin om leerders aan te moedig om te lees. Die voorsitter
van die boekklub het jou IKT('ICT')-kennis nodig om met die beplanning en
administrasie van die boekklub te help.

9.1      Die voorsitter van die boekklub teken die lede en die boeke wat elke lid lees,
         aan.

         9.1.1       Beveel TWEE veranderinge aan wat jy aan die elektroniese vorm
                     hieronder kan maak om te verseker dat datatoevoer meer akkuraat
                     is.

                                                                                                  (2)

         9.1.2       Watter toepassing kan jy aflyn ('offline') gebruik om 'n elektroniese
                     vorm te skep?                                                                (1)

9.2      Die Ubuntu-projek versprei gratis boeke in PDF- en ander digitale formate.

         Een van die doelwitte van die skoolboekklub is om lesers aan te moedig om
         hierdie boeke op hulle rekenaartoestelle te lees.

         9.2.1       Gee TWEE redes waarom 'n skootrekenaar ('laptop') NIE 'n geskikte
                     toestel is om slegs vir die lees van boeke in digitale formaat te
                     gebruik NIE.                                                                 (2)

         9.2.2       Watter TWEE sagteware-instellings op 'n toestel kan gebruik word
                     om boeke in PDF-formaat vir gesiggestremde gebruikers toeganklik
                     te maak?                                                                     (2)

         9.2.3       Stel TWEE maniere voor om die batterylewe van 'n toestel wat vir
                     lees gebruik word, te verleng.                                               (2)

         9.2.4       Noem die konsep wat gebruik word wanneer leerders hulle eie
                     toestelle, in plaas van die skool se toestelle, gebruik om hierdie
                     PDF-boeke af te laai.                                                        (1)

         9.2.5       Noem TWEE tegnologieë wat leerders kan gebruik om hierdie
                     PDF-boeke in elektroniese formaat te deel sonder die gebruik van
                     die internet of die skool se netwerk.                                        (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2              14                       DBE/November 2022
                                             NSS

9.3      Die klub het 'n sigblad geskep om minder bekende woorde vas te lê wat
         leerders teëgekom het terwyl hulle lees.

         9.3.1       Watter woordverwerkingseienskap kan op 'n spesifieke woord
                     gebruik word om meer woorde met dieselfde betekenis te vertoon?          (1)

         9.3.2       Die voorsitter wil graag weet hoeveel woorde vir elke spesifieke
                     boek verskyn.

                     Stel EEN sigbladeienskap voor wat gebruik kan word om hierdie
                     inligting te vertoon.                                                    (1)

         9.3.3       Sommige van hierdie woorde sal gebruik word om 'n blokraaisel te
                     skep.

                     Noem die funksie wat in selle D90:D95 gebruik is om die getal
                     karakters in elke woord vas te stel.                                     (1)

         9.3.4       Gee TWEE maniere om vas stel of woorde meer as een keer in die
                     sigblad voorkom.                                                         (2)

9.4      Leerders word aangemoedig om 'n blog by te hou waar hulle resensies kan
         skryf oor die boeke wat hulle gelees het.

         9.4.1       Gee TWEE voordele van die gebruik van 'n blog eerder as 'n
                     webtuiste om 'n boekresensie te deel.                                    (2)

         9.4.2       Daar word van leerders verwag om 'n verwysing ('reference') van
                     die boek wat hulle in hulle blog resenseer, te gee.

                     Behalwe die titel, gee TWEE velde wat by die bron('source')-
                     verwysing ingesluit moet word om na die boek te verwys.                  (2)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2               15                       DBE/November 2022
                                              NSS

9.5      Die voorsitter van die boekklub hou rekord van die gereeldheid van die
         bywoning en die getal boeke wat deur elke lid gelees word.

         9.5.1       Stel die mees geskikte toepassing voor om die besonderhede van
                     die lede se bywoning en leesvordering te stoor.                           (1)

         9.5.2       'n Sertifikaat sal uitgereik word aan elke lid wat meer as 80% van
                     die vergaderings bygewoon het.

                     Noem die woordverwerkingseienskap wat gebruik kan word om
                     meervoudige sertifikate met gebruik van een databron te skep.             (1)

         9.5.3       Gee TWEE moontlike redes waarom die drukker halfpad deur die
                     druk van die sertifikate opgehou werk het.                                (2)
                                                                                               [25]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2               16                       DBE/November 2022
                                              NSS

VRAAG 10: GEÏNTEGREERDE SCENARIO

Jou buurvrou, mev. Khumalo, is die eienaar van 'n dagsorgsentrum vir kinders tussen
4 en 10 jaar oud. Jy het in die middae daar begin werk. As deel van jou werk moet jy
met sekere IKT('ICT')-kwessies help.

10.1     Mev. Khumalo het vyf rekenaars in die administrasie-area.

         10.1.1      Gee TWEE redes waarom jy 'n draadlose netwerk ('wireless
                     network') vir hierdie dagsorgsentrum sal aanbeveel.                       (2)

         10.1.2      Watter hardeware het die dagsorgsentrum nodig om hulle in staat te
                     stel om 'n tafelrekenaar ('desktop computer') aan 'n bestaande
                     draadlose netwerk te koppel?                                              (1)

         10.1.3      Gee TWEE nadele van die gebruik van 'n netwerk.                           (2)

         10.1.4      Gee TWEE redes waarom jy vir mev. Khumalo sal aanraai om NIE
                     'n openbare kitstoegangspunt ('public hotspot') by die
                     dagsorgsentrum op te stel nie.                                            (2)

10.2     Sommige ouers het ou rekenaars geskenk wat die dagsorgsentrum kan
         gebruik om vir die kinders rekenaargeletterdheid te leer en om toegang tot
         aanlyn opvoedkundige sagteware te kry.

         10.2.1      Stel TWEE redes waarom jy sou aanbeveel dat die dagsorgsentrum
                     oopbronsagteware ('open-source software/OSS') gebruik om
                     rekenaargeletterdheid te onderrig.                                        (2)

         10.2.2      Watter maatreël kan onderwysers tref om te voorkom dat kinders
                     aan sensitiewe inhoud op die internet blootgestel word?                   (1)

10.3     Jy beveel aan dat mev. Khumalo gereeld plaaslik of in die wolk
         rugsteunkopieë moet maak ('backup').

         10.3.1      Gee EEN rede waarom dit belangrik is om gereeld rugsteunkopieë
                     te maak.                                                                  (1)

         10.3.2      Verduidelik TWEE voordele om wolkgebaseerde stoorplek te
                     gebruik in plaas daarvan om die toestel waarop jy werk, te gebruik
                     om rugsteunkopieë van data te maak.                                       (2)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2                 17                       DBE/November 2022
                                                NSS

10.4     Mev. Khumalo het die volgende boodskap op haar rekenaar ontvang:

                                             Tyd oor: 71:51:19

         10.4.1      Noem die tipe kwaadwillige sagteware ('malware') wat in die
                     voorbeeld hierbo gevind word.                                            (1)

         10.4.2      Gee TWEE redes waarom die persoon wat hierdie boodskap
                     gestuur het, verkies om in kriptogeldeenheid ('cryptocurrency')
                     betaal te word.                                                          (2)

         10.4.3      Kriptogeldeenhede gebruik blokketting('blockchain')-tegnologie.

                     Verduidelik wat blokkettingtegnologie is.                                (2)

10.5     Jy met mev. Khumalo aangeraai om 'n VR-kode ('QR code') op haar
         besigheidskaartjie in te sluit.

         10.5.1      Gee TWEE redes waarom VR-kodes ('QR codes') gebruik kan word
                     om haar besigheid te bevorder.                                           (2)

         10.5.2      Hoe kan sy seker maak dat die VR-kode ('QR code') altyd
                     outomaties in nuutgeskepte woordverwerkingsdokumente sal
                     verskyn?                                                                 (1)

10.6     'n Ouer het 'n 3D-drukker aan die dagsorgsentrum geskenk.

         10.6.1      Noem TWEE maniere waarop mev. Khumalo die 3D-drukker by die
                     dagsorgsentrum kan gebruik om die onderrig van jong kinders te
                     bevorder.                                                                (2)

         10.6.2      Bespreek TWEE redes waarom mev. Khumalo NIE die 3D-drukker
                     in die teenwoordigheid van kinders moet gebruik NIE.                     (2)
                                                                                              [25]

                                                                 TOTAAL AFDELING C:           50
                                                                     GROOTTOTAAL:             150
Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [CAT P2 GR12 SEPT2022 English deaf](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr12-sept2022-english-deaf/54bb9db8-ddb8-49da-98d3-9305d3e38697) — Computer Applications Technology · QP · 2022 · Eng
- [CAT P2 GR12 SEPT2022 English](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr12-sept2022-english/5bf11b7b-3780-438b-a247-980dec6042a6) — Computer Applications Technology · QP · 2022 · Eng
- [Computer Applications Technology P2 May June 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-applications-technology-p2-may-june-2022-eng/72d0b5ab-f52d-4c0f-9774-0b77bfd2a0ec) — Computer Applications Technology · QP · 2022 · Eng
- [Computer Application Technology P2 Nov 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-p2-nov-2019-afr/fe86afd5-0b52-4fb3-964c-f5cb7a49bedb) — Computer Applications Technology · QP · 2019 · Afr
- [Computer Application Technology P2 Nov 2017 Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-p2-nov-2017-eng/6c8784b9-60df-4307-87e9-d5f335ee48d1) — Computer Applications Technology · QP · 2017 · Eng
- [Computer Applications Technology P2 Nov 2015 Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-applications-technology-p2-nov-2015-eng/c078f157-bdd6-48fb-9bbf-af58939034e2) — Computer Applications Technology · QP · 2015 · Eng

## More from Grade 12 Computer Applications Technology

- [CAT P1 MEMO GR12 SEPT 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-memo-gr12-sept-2025-eng-watermark/9df1288f-0f95-46d9-8231-26c401ed1a1b) — Memo · 2025 · Eng
- [CAT P2 GR12 MEMO September 2025 - AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr12-memo-september-2025-afr-watermark/3e182b7b-5d5f-4afc-b54c-b286289512f6) — Memo · 2025 · Afr
- [Computer Applications Technology P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-applications-technology-p1-may-june-2025-mg-eng/8beb5c31-24fa-4cf4-b90c-aedcc234a4dd) — Memo · 2025 · Eng
- [CAT P1 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-memo-gr12-sept-2024-english/91df7fb9-ea6b-4fed-8f93-a1466ec697c3) — Memo · 2024 · Eng
- [Computer Applications Technology P2 May-June 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-computer-applications-technology-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-2-english/a32bb637-25b5-4469-8be9-e72527e65d8a) — Memo · 2024 · Eng
- [Computer Applications Technology P1 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-applications-technology-p1-nov-2023-eng/60311585-04c7-46dc-bcf6-87da09dc1ea5) — QP · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
