# Computer Applications Technology Grade 12 P2 2023 QP (Afr)

> Grade 12 Computer Applications Technology Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2023 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/computer-applications-technology-p2-nov-2023-afr/0762c8b5-ce83-4c0c-919a-4d1b5cb45194
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Computer Applications Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Computer Applications Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/computer-applications-technology) › [Computer Applications Technology Grade 12 P2 2023 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/computer-applications-technology-p2-nov-2023-afr/0762c8b5-ce83-4c0c-919a-4d1b5cb45194)

## About this document

Computer Applications Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2023. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                     REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2

                                  NOVEMBER 2023

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2          2                       DBE/November 2023
                                         NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit:

         AFDELING A         (25)
         AFDELING B         (75)
         AFDELING C         (50)

2.       Beantwoord AL die vrae.

3.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

4.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

5.       MOENIE in die regterkantlyn van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.

6.       Laat 'n reël na ELKE subvraag oop.

7.       Daar word gewoonlik een punt per feit toegeken; 'n 2 punt-vraag sal dus
         TWEE feite vereis, ens.

8.       Lees die vrae aandagtig deur. MOENIE meer antwoorde gee as wat die
         vraag vereis nie aangesien dit NIE nagesien sal word NIE.

9.       Alle antwoorde MOET met Rekenaartoepassingstegnologie verband hou.

10.      Tensy dit anders gespesifiseer word, sal antwoorde soos 'goedkoper',
         'stadiger/vinniger', ens. NIE aanvaar word NIE.

11.      MOENIE handelsname in jou antwoorde gebruik NIE, tensy dit spesifiek
         vereis word.

12.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2             3                           DBE/November 2023
                                            NSS

AFDELING A

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (AD) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.10) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.11 D.

1.1      Watter EEN van die volgende kan as 'n sterk wagwoord beskou word?

         A     qwerty1234
         B     Sunshine
         C     Spr!ng+w@t3r
         D     Password                                                                          (1)

1.2      Jy moet 'n hele hardeskyf rugsteun. Watter van die volgende toestelle is die
         geskikste vir hierdie doel?

         A     Draagbare hardeskyf
         B     Geheuestokkie
         C     DVD
         D     Wolkberging                                                                       (1)

1.3      'n …-komponent sal waarskynlik nie in 'n nuwe rekenaar gevind word nie.

         A     Moederbord
         B     Vastetoestand-aandrywer
         C     Verwerker
         D     DVD-skrywer                                                                       (1)

1.4      'n … is NIE 'n voorbeeld van randapparatuur NIE.

         A     Drukker
         B     Moederbord
         C     Sleutelbord
         D     Monitor                                                                           (1)

1.5      Die URL van 'n webtuiste verwys na …

         A     'n manier waarop gebruikers 'n webtuiste op die internet kan identifiseer.
         B     die relatiewe rang van die webtuiste deur 'n soekenjin.
         C     die wagwoord wat nodig is om toegang tot die webtuiste te verkry.
         D     die e-posadres van die webmeester van die webtuiste.                              (1)

1.6      Indien jy dink dat die webblad waarna jy kyk, verouderd (oud) is, kan jy …

         A     na 'n ander IDV ('ISP') verander.
         B     jou antivirussagteware opdateer.
         C     na 'n 4G-konneksie verander.
         D     die bladsy verfris ('refresh').                                                   (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2            4                         DBE/November 2023
                                           NSS

1.7      Watter opgradering sal waarskynlik die werkverrigting van 'n PR verbeter?

         A     Byvoeging van meer geheue (ETG/'RAM')
         B     Versnelling van die verfristempo van die monitor
         C     Byvoeging van 'n tweede hardeskyf
         D     Installering van 'n videovaslê-kaart                                           (1)

1.8      … verwys na die gebruik van navorsingsbronne sonder erkenning.

         A     Data-diefstal
         B     Plagiaat
         C     Identiteitsdiefstal
         D     Data-kloning                                                                   (1)

1.9      Watter EEN van die volgende behoort NIE as 'n databron gebruik te word
         NIE?

         A     'n Sigbladwerkblad
         B     'n Databasisverslag
         C     'n Woordverwerkingsdokument
         D     'n Notepad++-tekslêer                                                          (1)

1.10     Vir watter EEN van die volgende velde in 'n databasis sal jy waarskynlik 'n
         toevoermasker gebruik?

         A     Die selfoonnommer van 'n kliënt
         B     'n Kliënt se van
         C     Die aantal items deur 'n kliënt bestel
         D     Die webadres van 'n kliënt se maatskappy                                       (1)
                                                                                              [10]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2              5                          DBE/November 2023
                                             NSS

VRAAG 2: PASITEMS

Kies 'n term/begrip uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs
die letter (A–T) langs die vraagnommers (2.1 tot 2.10) in die ANTWOORDEBOEK
neer, bv. 2.11 U.

                KOLOM A                                     KOLOM B
2.1      Hoëspoed-internetkonneksie,            A   skakeltoestel ('switch')
         waarna as 'altyd aan' verwys word
                                                B   webblad
2.2      'n Versameling instruksies wat 'n
         rekenaar in staat stel om spesifieke   C   breëband
         take te verrig
                                                D   bedrog
2.3      Word gebruik om baie toestelle
         binne 'n LAN te koppel                 E   KI ('AI')

2.4      'n Voorkomende aksie om jou werk       F   netskans ('firewall')
         teen roofkopiëring te beskerm
                                                G   VPN
2.5      Word gebruik om jou internet-
         verkeer te enkripteer en te beveilig   H   sagteware

2.6      Masjiene wat take kan uitvoer          I   bandwydte
         (outonoom) wat normaalwag
         menslike aksie sou benodig             J   regstelling ('patch')

2.7      Die instel van die spasie tussen die   K   selspasiëring ('cell spacing')
         inhoud van 'n sel en sy raam in 'n
         HTML-tabel                             L   blokketting ('blockchain')

2.8      Word gebruik om 'n spesifieke          M   AR
         programmeringsprobleem in
         sagteware reg te maak                  N   kopiereg ('copyright')

2.9      Die elektroniese rekord van 'n         O   digitale voetspoor
         persoon se aanlyn aktiwiteit
                                                P   webtuiste
2.10     'n Enkele HTML-lêer op die internet
                                                Q   Bluetooth

                                                R   dienspakket ('service pack')

                                                S   selafwerking ('cell padding')

                                                T   spil ('hub')
                                                                                  (10 x 1)       [10]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2               6                          DBE/November 2023
                                              NSS

VRAAG 3: WAAR/ONWAAR-ITEMS

Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf 'waar' of 'onwaar' langs
die vraagnommers (3.1 tot 3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. Indien die stelling
waar is, skryf 'WAAR'. Indien die stelling onwaar is, skryf 'ONWAAR' en verander die
onderstreepte woord(e) om die stelling WAAR te maak. (MOENIE slegs die woord 'NIE'
gebruik om die stelling te verander NIE.)

GEEN punt sal toegeken word indien ONWAAR sonder 'n korrekte antwoord geskryf
word nie.

VOORBEELDE:

                         VRAAG                                       ANTWOORD

Die aanvanklike laai-instruksies ('start-up instructions')
                                                             Waar
word in die LAG ('ROM') gestoor.

'n NKK ('NIC') het gleuwe vir hardeware-komponente,
                                                             Onwaar, moederbord
soos die SVE ('CPU').

3.1      'n Spil ('Hub') stel 'n rekenaar in staat om data via 'n telefoonlyn te stuur en
         ontvang.                                                                                (1)

3.2      IDV ('ISP') is 'n maatskappy wat 'n diens verskaf, soos webbladhuisvesting.             (1)

3.3      Die data-etiket is 'n visuele aanduider op 'n grafiek van verwante stelle
         waardes in 'n Excel-werkblad/-sigblad.                                                  (1)

3.4      Groenrekenarisering is die studie van die impak van tegnologie op gebruikers.           (1)

3.5      In woordverwerking kan outomatiese nommering ook begin wanneer jy 'n
         syfer met 'n punt tik, dan 'n spasie, gevolg deur teks.                                 (1)
                                                                                                 [5]

                                                                    TOTAAL AFDELING A:           25

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2              7                           DBE/November 2023
                                             NSS

AFDELING B

VRAAG 4: STELSELTEGNOLOGIEË

4.1      Gee EEN voorbeeld van 'n toestel wat as 'n toevoer- en afvoertoestel
         geklassifiseer kan word.                                                                    (1)

4.2      Beskryf TWEE maniere waarop kommunikasie in 'n inligtingsiklus kan
         plaasvind.                                                                                  (2)

4.3      Data en inligting is noodsaaklike elemente in 'n IKT('ICT')-stelsel.

         4.3.1       Beskryf wat met data bedoel word en gee 'n voorbeeld.                           (3)

         4.3.2       Beskryf TWEE prosesse wat data in inligting sal omskakel.                       (2)

4.4      Beskryf TWEE maniere hoe jy kan bepaal of jou rekenaar deur kwaadwillige
         sagteware geïnfekteer is.                                                                   (2)

4.5      Noem TWEE maniere waarop tussentydse databuffering ('spooling') in 'n
         netwerkdrukker gebruik kan word.                                                            (2)

4.6      Gee TWEE nadele van die gereelde defragmentering van 'n hardeskyf.                          (2)

4.7      Verduidelik kortliks die doel van 'n gebruikerskoppelvlak ('user interface/(UI'))
         en gee 'n voorbeeld van 'n toevoertoestel wat algemeen met 'n
         gebruikerskoppelvlak gebruik word.                                                          (2)

4.8      Die nuwe monitor wat jy aan jou rekenaartoestel gekoppel het, vertoon 'n
         resolusie-foutboodskap.

         Waar sou jy die resolusie verander om hierdie foutboodskap op te los/reg te
         maak?                                                                                       (1)

4.9      Gee TWEE nadele van konvergensie.                                                           (2)

4.10     Gee TWEE redes waarom 'n maatskappy sou kies om ruitrekenarisering
         ('grid computing') te gebruik.                                                              (2)

4.11     Noem TWEE beperkings van netskanse ('firewalls').                                           (2)

4.12     Gee TWEE moontlike oplossings om beperkings (bottelnekke) in datavloei,
         wat in lokale stoorareas voorkom, te oorkom.                                                (2)
                                                                                                     [25]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2            8                         DBE/November 2023
                                           NSS

VRAAG 5: INTERNET- EN NETWERKTEGNOLOGIEË

5.1      Gee TWEE redes waarom jy 'n koordlose netwerk vir 'n huis of 'n klein
         besigheid sal kies.                                                                 (2)

5.2      Noem TWEE goeie riglyne/wenke vir gebruikers van videokonferensies.                 (2)

5.3      Wat is die funksie van 'n NKK ('NIC')?                                              (1)

5.4      Noem enige TWEE tegnologieë wat deel is van die Vierde Industriële
         Revolusie (4IR).                                                                    (2)

5.5      Gee TWEE voordele van wolkverwerking ten opsigte van berging.                       (2)

5.6      Noem TWEE faktore om in gedagte te hou tydens die installering van
         koordlose toegangpunte in 'n netwerk.                                               (2)

5.7      Gee TWEE nadele van die gebruik van 'n PAN.                                         (2)

5.8      Analiseer die prent hieronder en gee die term en beskrywing van die proses.

                                                                                             (2)
                                                                                             [15]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2             9                           DBE/November 2023
                                            NSS

VRAAG 6: INLIGTINGSBESTUUR

6.1      Hoekom is die skryf van 'n verslag in die PAT belangrik?                                  (1)

6.2      Gee TWEE oorwegings wanneer 'n taakdefinisie geformuleer word.                            (2)

6.3      'n Leerder wil aandui hoe die aantal e-boek-lesers oor 'n tydperk
         toegeneem/afgeneem het, deur 'n grafiek te gebruik.

         Watter sigbladeienskap kan gebruik word om dit op die grafiek aan te dui?                 (1)

6.4      Noem TWEE aspekte om in gedagte te hou wanneer 'n vraelys beplan word.                    (2)

6.5      Evaluering van die inhoud van 'n webtuiste tydens navorsing is noodsaaklik.

         6.5.1       Verduidelik kortliks waarom evaluering noodsaaklik is.                        (2)

         6.5.2       Noem TWEE kriteria wat gebruik word om webtuistes te evalueer.                (2)
                                                                                                   [10]

VRAAG 7: SOSIALE IMPLIKASIES

7.1      Beskryf kortliks die positiewe impak van IKT ('ICT') op die globale
         gemeenskap.                                                                               (2)

7.2      Noem TWEE algemene internet-aanvalle, buiten kwaadwillige sagteware
         ('malware').                                                                              (2)

7.3      Verduidelik kortliks wat databeskerming is EN gee EEN metode om
         data/inligting te beskerm, enige fisiese metodes uitgesluit.                              (2)

7.4      Wat is die verantwoordelikhede van 'n netwerkadministrateur om netwerk-
         sekuriteit te verseker?                                                                   (2)

7.5      Noem TWEE maniere hoe 'n maatskappy dataverlies kan voorkom wanneer
         ongeskeduleerde kragonderbrekings plaasvind.                                              (2)
                                                                                                   [10]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2              10                           DBE/November 2023
                                             NSS

VRAAG 8: OPLOSSINGONTWIKKELING

8.1      Bespreek TWEE redes waarom jy bladsyboskrifte en bladsyonderskrifte in 'n
         dokument sal gebruik EN gee 'n voorbeeld van die tipe inligting wat in
         'n bladsyboskrif of 'n -onderskrif ingesluit kan word.                                     (3)

8.2      Jou vriend genereer 'n sigblad vir skryfbehoefte-items wat aan 'n klant
         verkoop word. Die totaal vir al die skryfbehoefte-items vertoon egter nul as 'n
         antwoord.

         Bestudeer die skermkopie hieronder en gee TWEE redes waarom die funksie
         'n nul as antwoord terugstuur.

                                                                                                    (2)

8.3      Microsoft Access verskaf veldeienskap-instellings soos valideringsreëls om
         die akkuraatheid van datavaslegging te verbeter.

         Noem TWEE ander addisionele veldeienskappe wat gebruik kan word.                           (2)

8.4      Noem 'n woordverwerkingseienskap wat sekere teks na die begin van die
         volgende kolom sal forseer.                                                                (1)

8.5      Verduidelik kortliks die kriteria van die volgende valideringsreël:

                                            <0 or >=5                                               (2)

8.6      Die volgende kriteria verskyn vir die Username-veld in 'n databasisnavraag:

                                           Like "??an*"

         Verduidelik die afvoer van hierdie navraag.                                                (3)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2             11                          DBE/November 2023
                                            NSS

8.7      Ondersoek die HTML-kode hieronder wat gebruik word om die prent op die
         webblad in te voeg:

                <img src = "School.jpg" width = "120" alt = "image of school">

         Watter effek sal die ontbrekende 'height'-attribuut op die prent hê?                    (1)

8.8      Gee EEN rede waarom jy die knoppie in die prentjie hieronder in 'n Access-
         databasistabel sou gebruik.

                                                                                                 (1)
                                                                                                 [15]

                                                                TOTAAL AFDELING B:               75

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2              12                         DBE/November 2023
                                             NSS

AFDELING C

VRAAG 9: GEÏNTEGREERDE SCENARIO

Die bestuur van die gemeenskapsaal het besluit om 'n speletjieskamer oop te maak.
Die speletjieskamer sal toegang tot bordspeletjies en videospeletjies insluit.

9.1      Die bestuur moet rekenaars ('PCs') vir die speletjieskamer aankoop en
         oorweeg rekenaars met die spesifikasies hieronder.

                                     REKENAARSPESIFIKASIES
                     AMD Ryzen 7 5700X 8-Core 3.4 GHz (tot by 4.6 GHz)
                     MSI GeForce RTX 3070-grafikakaart
                     MSI x570-skyfiestel ('chipset') AM4 ATX-moederbord
                     32 GG ('GB') DDR4 3 600 MHz speletjies('gaming')-geheue
                     1TB Gen4 NVMe SSD
                     Corsair Airflow 5000D ATX speletjies('gaming')-onderstel
                     Microsoft Windows 11
                     NOD32-antivirus
                     Office 365
                     Microsoft-muis en -sleutelbord
                     Stuurwiel/Speelstok ('Joystick') ingesluit

         9.1.1        Watter tipe rekenaargebruiker sal waarskynlik 'n rekenaar met
                      hierdie spesifikasies gebruik?                                            (1)

         9.1.2        Hoe word die grootte van monitors gewoonlik gemeet?                       (1)

         9.1.3        Noem TWEE tipes nutssagteware wat op hierdie rekenaar gebruik
                      kan word.                                                                 (2)

         9.1.4        Stel TWEE addisionele hardewaretoestelle voor wat vir hierdie
                      rekenaar aangekoop kan word.                                              (2)

9.2      'n Klein netwerk moet met tien rekenaars in die speletjieskamer geskep word.

         9.2.1        Watter tipe gekabelde media sal waarskynlik gebruik word om die
                      rekenaars te koppel? Motiveer jou antwoord.                               (2)

         9.2.2        Gee EEN rede waarom hierdie netwerk NIE 'n bediener ('server')
                      nodig sal hê NIE.                                                         (1)

         9.2.3        'n Drukker sal vir administratiewe doeleindes bygevoeg word.

                      Noem TWEE faktore wat oorweeg moet word wanneer 'n drukker
                      gekoop word.                                                              (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2                13                      DBE/November 2023
                                               NSS

9.3      Die nuwe rekenaars moet beveilig en beskerm word.

         9.3.1       Noem TWEE fisiese veiligheidsmaatreëls om die rekenaars te
                     beskerm.                                                                     (2)

         9.3.2       Watter tegnologie kan die bestuur by die rekenaars/toerusting voeg
                     om maklike opsporing/beheer van toestelle/toerusting te verseker?            (1)

9.4      Die veilige stoorplek word beskerm deur 'n slot wat oopmaak deur 'n
         vingerafdruk te skandeer.

         Verduidelik kortliks wat hierdie tipe sekuriteit genoem word en gee EEN
         nadeel.                                                                                  (2)

9.5      Virtuele-realiteit(VR)-speletjies is baie gewild onder die gemeenskapslede.

         9.5.1       Verduidelik kortliks wat virtuele realiteit is.                              (2)

         9.5.2       Gee TWEE nadele of beperkings van virtuele realiteit.                        (2)

9.6      Die bestuur van die gemeenskapsaal het besluit om 'n speletjiestoernooi aan
         te bied.

         9.6.1       Spesiale speletjiestoele ('gaming chairs') is vir die toernooi
                     aangekoop.

                     Gee EEN eienskap wat 'n speletjiestoel moet hê.                              (1)

         9.6.2       Gee TWEE voorbeelde van hoe IKT gebruik kan word om die
                     toernooi te adverteer.                                                       (2)

         9.6.3       Watter Microsoft Office-toepassing sal die geskikste wees om die
                     individuele inskrywings vir die toernooi vas te lê en te stoor?              (1)

         9.6.4       Die bestuur wil 'n standaardbrief aan al die toernooideelnemers
                     stuur om hulle te bedank.

                     Watter woordverwerkingseienskap kan gebruik word om vinnig 'n
                     persoonlike, standaardbedankingsbrief vir elke deelnemer te
                     genereer?                                                                    (1)
                                                                                                  [25]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2              14                         DBE/November 2023
                                             NSS

VRAAG 10: GEÏNTEGREERDE SCENARIO

Jou skool het besluit om 'n span-renmotorkompetisie te hou. Spanne moet hulle eie
renmotors van nuuts af skep deur spesifieke riglyne met betrekking tot die motor se
gewig te gebruik. Spanne bestaan uit leerders in dieselfde graad. 'n Maksimum van
10 bestuurders per span word toegelaat.

10.1     Bestudeer die inskrywingsvorm vir registrasie hieronder en beantwoord die
         vrae wat volg:

                      1.   Team name _________________________
                      2.   Car weight____________________________________
                      3.   Number of drivers ______________________________
                      4.   Do you have a disabled team member? Yes/No
                      5.              Grade 8 9 10 11 12

         10.1.1      Stel DRIE maniere voor waarop die uitleg van hierdie vorm vir
                     elektroniese gebruik verbeter kan word.                                       (3)

         10.1.2      Skryf EEN vraag in die vorm neer wat verbeter kan word deur dit
                     na 'n geslote vraag te verander. Beskryf hoe jy dit sou verbeter.             (2)

10.2     Inligting vanaf die elektroniese vorms word na 'n sigblad gestuur.

         10.2.1      Noem EEN aanlyn toepassing wat gebruik kan word om die
                     inskrywingsvorm se data in te sleutel.                                        (1)

         10.2.2      Gee TWEE voordele van die gebruik van aanlyn vorms.                           (2)

         10.2.3      Noem 'n sigbladeienskap wat jou in staat sal stel om al die
                     renmotors wat aan 'n sekere kriterium voldoen, te verhelder.                  (1)

10.3     Hoe kan 'n 3D-drukker gebruik word om 'n onderskeidende eienskap vir elke
         motor te skep?                                                                            (1)

10.4     Die wedrenne sal gedurende die geleentheid gestroom ('streamed') word.

         10.4.1      Verduidelik kortliks wat stroming is.                                         (2)

         10.4.2      'n Kamera wat op 'n hommeltuig ('drone') vasgemaak is, sal die
                     wedrenne opneem.

                     Noem TWEE maniere hoe data vanaf die hommeltuigkamera vir
                     stroming na die rekenaar oorgedra kan word.                                   (2)

         10.4.3      Die uitsendingrekenaar moet 'n hoëspoed-konneksie hê.

                     Gee 'n voorbeeld van 'n hoëspoed-konneksie.                                   (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2              15                          DBE/November 2023
                                             NSS

10.5     Internetspoed word gewoonlik in die volgende formaat aangedui:

                                           30/5 Mbps

         10.5.1      Wat word gewoonlik deur die syfers verteenwoordig?                       (2)

         10.5.2      Watter maateenheid word vir internetspoed gebruik?                       (1)

10.6     Sertifikate word in 'n woordverwerker geskep deur 'n gestandaardiseerde
         dokument te gebruik.

         Wat word hierdie gestandaardiseerde dokument genoem?                                 (1)

10.7     Die renmotorkompetisie sal deur die skoolkoerant gedek word.

         10.7.1      Die skoolkoerant sal foto's van die geleentheid publiseer.

                     Watter woordverwerkingseienskap sal hulle gebruik om 'n sigbare
                     beskrywing bo/onder die foto's in te voeg?                               (1)

         10.7.2      Wanneer die tabel met die uitslae van die wedrenne gekopieer
                     word, pas dit nie oor die breedte van die bladsy van die
                     woordverwerkingsdokument in nie.

                     Stel 'n geskikte aksie voor om hierdie probleem op te los.               (1)

         10.7.3      Stel TWEE maniere voor hoe die skoolkoerant erkenning kan gee
                     aan gemeenskapslede wat foto's en artikels oor die wedrenne
                     bygedra het.                                                             (2)

10.8     Volgens die POPI Wet word geografiese inligting as privaat beskou.

         Buiten geografiese metadata, gee TWEE voorbeelde van metadata wat by
         foto's gevoeg kan word.                                                              (2)
                                                                                              [25]

                                                                TOTAAL AFDELING C:            50
                                                                    GROOTTOTAAL:              150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Computer Applications Technology P1 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-applications-technology-p1-nov-2023-eng/60311585-04c7-46dc-bcf6-87da09dc1ea5) — Computer Applications Technology · QP · 2023 · Eng
- [Computer Applications Technology P2 Nov 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/computer-applications-technology-p2-nov-2022-afr/fb83ad7c-8c11-47cb-aa4d-2846fbd64cbc) — Computer Applications Technology · QP · 2022 · Afr
- [Computer Application Technology P2 Nov 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-p2-nov-2019-afr/fe86afd5-0b52-4fb3-964c-f5cb7a49bedb) — Computer Applications Technology · QP · 2019 · Afr
- [Computer Application Technology P2 Nov 2017 Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-p2-nov-2017-eng/6c8784b9-60df-4307-87e9-d5f335ee48d1) — Computer Applications Technology · QP · 2017 · Eng
- [Computer Applications Technology P2 Nov 2015 Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-applications-technology-p2-nov-2015-eng/c078f157-bdd6-48fb-9bbf-af58939034e2) — Computer Applications Technology · QP · 2015 · Eng
- [CAT P2 Nov 2014 Afr](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-nov-2014-afr/8317b83b-3993-4393-8c5e-76fe68c6441b) — Computer Applications Technology · QP · 2014 · Afr

## More from Grade 12 Computer Applications Technology

- [CAT P1 MEMO GR12 SEPT 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-memo-gr12-sept-2025-eng-watermark/9df1288f-0f95-46d9-8231-26c401ed1a1b) — Memo · 2025 · Eng
- [CAT P2 GR12 MEMO September 2025 - AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr12-memo-september-2025-afr-watermark/3e182b7b-5d5f-4afc-b54c-b286289512f6) — Memo · 2025 · Afr
- [Computer Applications Technology P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-applications-technology-p1-may-june-2025-mg-eng/8beb5c31-24fa-4cf4-b90c-aedcc234a4dd) — Memo · 2025 · Eng
- [CAT P1 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-memo-gr12-sept-2024-english/91df7fb9-ea6b-4fed-8f93-a1466ec697c3) — Memo · 2024 · Eng
- [Computer Applications Technology P2 May-June 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-computer-applications-technology-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-2-english/a32bb637-25b5-4469-8be9-e72527e65d8a) — Memo · 2024 · Eng
- [ERRATA CAT P1](https://www.hlayiso.com/library/errata-cat-p1/363f4b7e-98be-46d4-9d47-fcfea8705198) — Errata · 2022

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
