# Consumer Studies Grade 11 Eastern Cape November 2019 QP

> Grade 11 Consumer Studies question paper from the Eastern Cape November 2019 (Afrikaans), 24 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/cons-studies-qp-gr11-nov-2019-afr-d/ef833d3e-5ca9-4075-9852-58545aba2744
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Consumer Studies
- Grade: Grade 11
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: Eastern Cape November
- Curriculum: CAPS
- Pages: 24

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Consumer Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/consumer-studies) › [Consumer Studies Grade 11 Eastern Cape November 2019 QP](https://www.hlayiso.com/library/cons-studies-qp-gr11-nov-2019-afr-d/ef833d3e-5ca9-4075-9852-58545aba2744)

## About this document

Consumer Studies · Grade 11 · Eastern Cape November · 2019. Question paper, 24 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                        NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 11

                      NOVEMBER 2019

                  VERBRUIKERSTUDIES

PUNTE:   200

TYD:     3 uur

                               *ICNSTE*

                    Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                        VERBRUIKERSTUDIES            (EC/NOVEMBER 2019)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae.

                                                                    TYD
                             INHOUD                   PUNTE
                                                                  (minute)
     Vraag 1: Kortvrae (Alle onderwerpe)                40           20
     Vraag 2: Die Verbruiker                            30           30
     Vraag 3: Voedsel en Voeding                        40           40
     Vraag 4: Kleding                                   30           30
     Vraag 5: Behuising                                 30           30
     Vraag 6: Entrepreneurskap                          30           30
     TOTAAL                                            200          180

2.   Alle vrae is VERPLIGTEND en moet in die ANTWOORDEBOEK beantwoord
     word.

3.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
     vraestel gebruik is.

4.   Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

5.   Jy mag ŉ sakrekenaar gebruik.

6.   Skryf slegs in swart of blou ink.

7.   Gee aandag aan spelling en sinskonstruksie.

8.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                       VERBRUIKERSTUDIES                                   3

 VRAAG 1: KORTVRAE

 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
     Kies die korrekte antwoorde en skryf slegs die letter (A–D) langs die
     vraagnommers (1.1.1–1.1.20) in die ANTWOORDEBOEK neer,
     byvoorbeeld 1.1.21 D.

       1.1.1   Die eerste stap van ŉ huishoudelike begroting is om …

               A      die begroting te evalueer.
               B      ŉ lys van die voorsiene inkomste te maak.
               C      die uitgawes te beraam.
               D      inkomste en uitgawe te vergelyk.                                      (1)

       1.1.2   ŉ Wenk om bankkoste te verlaag:

               A      Gaan in die banktak vir oor-die-toonbankdienste
               B      Trek gereeld klein bedrae
               C      Gebruik bank oortrokke fasiliteite vir debietorders
               D      Gebruik jou eie bank OTM of internet-bankdienste                      (1)

       1.1.3   Die Nasionale Verbruikerstribunaal:

               A      Is ŉ informele verbruikerskrediethof
               B      Dek alle aspekte van krediet
               C      Bied krediet aan ŉ verbruiker wat dit nie kan bekostig nie
               D      Is toegewyd om verbruikersregte te bevorder                           (1)

       1.1.4   … is die proses wat help om die verbruiker se skuldverpligtinge te
               assesseer en om hulp te verleen aan die kredietvoorsiener om die
               skuld te betaal.

               A      Mikrolener
               B      Rehabilitasie
               C      Skuldberading
               D      Roekelose lening                                                      (1)

       1.1.5   Koolhidrate word in monosakkaried … in die verteringstelsel
               afgebreek.

               A      fruktose
               B      sukrose
               C      glukose
               D      laktose                                                               (1)

      1.1.6    Die tipe vet wat in sonneblomolie gevind word en die bloed
               cholesterolvlakke verlaag:

               A      Poli-onversadigde
               B      Mono-onversadigde
               C      Versadigde
               D      Transvetsure                                                          (1)
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                      VERBRUIKERSTUDIES                 (EC/NOVEMBER 2019)

      1.1.7   ŉ Goeie bron van jodium is …

              A       volgraanontbytkos.
              B       eiers.
              C       groen blaargroentes.
              D       sardyntjies.                                                        (1)

      1.1.8   Suiker word gesien as ŉ ‘leë kilojoules’ voedsel omdat dit …

              A       kilojoules, vitamiene en minerale bevat.
              B       energie verskaf, maar min voedingswaarde het.
              C       bevat koolhidrate maar geen kilojoules.
              D       tot tandverrotting en oorgewig lei.                                 (1)

      1.1.9   ŉ Gereg wat … bevat sal geskik wees vir ŉ persoon wat aan
              hipertensie ly.

              A       min sout
              B       neute
              C       baie room
              D       sojasous                                                            (1)

      1.1.10 ŉ Antibakteriese afwerking sal mees geskik wees op die volgende
             klere item:

              A       Baadjie
              B       Trui
              C       Kleefbroek (‘Gym tights’)
              D       Serp                                                                (1)

      1.1.11 ŉ Voordeel van die gebruik van ŉ kleedstof geweef in ŉ keper-
             binding vir jeans:

              A       Voorsien ŉ blink voorkoms
              B       Is sterk en meer duursaam
              C       Sal meer dekoratief wees
              D       Sal meer elasties wees dus gemaklik om te dra                       (1)

      1.1.12 Die eienskap van ŉ vesel wat bestand is teen wrywingsweerstand,
             is …

              A       baie gemaklik.
              B       maklik om te versorg.
              C       hoogs drapeerbaar.
              D       meer duursaam.                                                      (1)

      1.1.13 Ontwerpbeginsels:

              A       Lyn, vorm en kleur
              B       Nadruk, proporsie en tekstuur
              C       Ritme, balans en harmonie
              D       Vorm, kleur en ritme                                                (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                        VERBRUIKERSTUDIES                                    5

      1.1.14 Swart, wit en grys kleure staan as die … bekend.

               A      tersiêre
               B      warm
               C      monochromaties
               D      neutrale                                                              (1)

      1.1.15 ŉ Voordeel van geslote vloerplanne:

               A      Die vertrekke mag baie klein wees
               B      Is meer geskik vir gestremdes
               C      Voorsien privaatheid vir verskillende aktiwiteite
               D      Skep ŉ gevoel van ruimte                                              (1)

      1.1.16 Kies ŉ volhoubare verbruikerskeuse by die keuse van meubels:

               A      ŉ Ingevoerde hout-en-glas eetkamertafel
               B      ŉ Gerestoureerde antieke geelhout eetkamertafel
               C      ŉ Swakker kwaliteit sitkamerstel want dit is goedkoper
               D      ŉ Ultramoderne plastiekstoel                                          (1)

      1.1.17 Die eindproduk sal altyd dieselfde lyk en smaak as die …

               A      resep gestandaardiseer is.
               B      besigheidsidee geformuleer is.
               C      besigheidsidee geïdentifiseerd is.
               D      die konsep stelling geskryf is.                                       (1)

       1.1.18 Moontlike oorhoofse kostes in ŉ besigheid:

               A      Elektrisiteit, water en huur
               B      Water, aflewering en grondstowwe
               C      Bestanddele, verpakking en elektrisiteit
               D      Koste van die materiaal, aflewering en huur                           (1)
       1.1.19 ŉ Doelstelling van advertering om ŉ nuwe produk se verkope te
              bevorder:

               A      Om werk te skep
               B      Om kliënte van mededingers bewus te maak
               C      Help kliënte om vergelykings te maak
               D      Kliënte van die produk bewus te maak                                  (1)
       1.1.20 ŉ Voorbeeld van implementering in die bemarkingsproses:

               A      Om die oorspronklike berekening van die verkoopprys te doen
               B      Die sweetpakbroek is uitgeknip en aanmekaar gestik
               C      Die bemarkingsdee was om sweetpakbroeke te ontwerp
               D      Kies ŉ teikenmark                                                     (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                      VERBRUIKERSTUDIES               (EC/NOVEMBER 2019)

 1.2 Kies ŉ nutriënt in KOLOM B wat by die funksie in KOLOM A pas. Skryf slegs
     die korrekte letters (A–K) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.8) in die
     ANTWOORDEBOEK neer byvoorbeeld: 1.2.9 L.

                       KOLOM A                               KOLOM B
                        FUNKSIE                             NUTRIËNT
      1.2.1     Voorsien 38 kJ vir elke gram        A   Water

      1.2.2     Instandhouding / groei van          B   Fosfor
                liggaamsweefsel

      1.2.3     Voorkom hardlywigheid               C   Lipiede

      1.2.4     Help om sterk bene en tande te      D   Vitamien A
                vorm

      1.2.5     Vir hemoglobien in rooibloedselle   E   Proteïene

      1.2.6     Belangrik vir goeie visie           F   Sink

      1.2.7     Vir normale senuwee- en spier       G   Vesel
                funksionering

      1.2.8     Om spina bifida in babas te         H   Yster
                voorkom

                                                    I   Vitamien B3

                                                    J   Magnesium

                                                    K   Foliensuur                   (8)

 1.3 Kies DRIE faktore wat die produksiekoste beïnvloed uit onderstaande lys en
     skryf slegs die letters (A–F) langs die vraagnommer 1.3 in die
     ANTWOORDEBOEK neer.

      A       Kennis

      B       Passie

      C       Arbeid

      D       Rou materiale (grondstowwe)

      E       Wins

      F       Vervoer                                                                (3)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                       VERBRUIKERSTUDIES                                  7

1.4 Identifiseer DRIE riglyne vir goeie beligting in die huis uit die onderstaande lys
    en skryf slegs die letter (A–F) langs die vraagnommer (1.4) in die
    ANTWOORDEBOEK neer.

     A       Ingange moet goed belig wees.

     B       Ligskakelaars moet by alle deure voorsien word.

     C       Posisioneer die ligte so dat dit die blink oppervlakke reflekteer, soos
             byvoorbeeld ŉ spieël en televisie.

     D       Belig een area van ŉ vertrek om donker kolle te skep.

     E       Badkamers moet goeie algemene beligting hê.

     F       Het slegs ŉ skakelaar by die onderkant van die trappe.                      (3)

1.5 Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
    woord/term langs die vraagnommer (1.5.1–1.5.6) in die ANTWOORDEBOEK
    neer.

     1.5.1     Die byvoeging van spesifieke vitamiene en minerale by voedsel

     1.5.2     Die hoeveelheid energie wat jy benodig om aan die lewe te bly as die
               liggaam in rus is

     1.5.3     Die oordra van skadelike bakterieë van een voedsel na die ander

     1.5.4     Kontaminasie van voedsel-item deur skadelike chemikalieë

     1.5.5     Opsionele uitgawes op ŉ begroting wat nie nodig is nie

     1.5.6     Totale inkomste voor aftrekkings of belasting                              (6)
                                                                                         [40]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                    VERBRUIKERSTUDIES                     (EC/NOVEMBER 2019)

VRAAG 2: DIE VERBRUIKER

2.1 Lees die onderstaande gevallestudie en beantwoord die vrae wat volg.

     Nonsindiso wou haar ma op Moedersdag verras. Sy het blomme wat sjokolade
     in die rangskikking het van ŉ aanlyn-blommewinkel bestel. Die blomme was
     veronderstel om op die Sondag afgelewer te word, maar het ŉ dag later, op die
     Maandag gekom. Party van die blommestingels was gebuig en ŉ paar
     sjokolades was weg.

     Nonsindiso het gevoel dat haar ma se spesiale dag bederf was; dus het sy ŉ
     e-pos na die aanlynwinkel gestuur en oor die laat aflewering van die geskenk
     en die vermiste sjokolade van die rangskikking gekla. In haar e-pos het sy ŉ
     terugbetaling geëis en ŉ foto ingesluit wat sy kort ná die aflewering van die
     blomme geneem het.
                                                                             [Eie teks]

     2.1.1     Is Nonsindiso se klag verwant aan die produk of die diens of beide?
               Verduidelik jou antwoord.                                                  (3)

     2.1.2     Noem EEN voordeel vir Nonsindiso omdat sy ŉ aanlynwinkel
               gebruik.                                                                   (1)

     2.1.3     Nonsindiso het vir die bestelling met haar debietkaart betaal, wat
               beteken dit was K.M.B.

               (a)    Waarvoor staan K.M.B.?                                              (1)

               (b)    Waarom is ŉ debietkaart ŉ geskikte vorm van betaling vir
                      K.M.B.?                                                             (2)

     2.1.4     Bespreek hoe Nonsindiso binne haar regte was om te kla.                    (2)

     2.1.5     Op watter TWEE maniere het die Verbruikersbeskermingswet (VBW)
               van 2008 Nonsindiso as ŉ verbruiker in die bogenoemde
               gevallestudie beskerm?                                                     (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                     VERBRUIKERSTUDIES                                      9

2.2 Statistiek SA en uitgawe patrone van Suid-Afrikaanse huishoudings.

     Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.

                           STATISTIEK SUID AFRIKA 2019

     Verbruikersinflasie verhoog aan die begin van die jaar. Wat bygedra het tot
     hierdie verhoging was die verhoging in mediese en vervoerkoste. Mediese
     hulpskemas verhoog hul tariewe met 8,3%. Mediesepraktisyns verhoog hulle
     kostes met 5,7% en dokters rapporteer ’n verhoging van 5,8% gevolg deur
     tandartse 5,5% en hospitale 4,5%.
     Vervoerprys het ŉ verhooging in die prys van brandstof 0,3%, motorhuur met
     7,3%, motorbande met 0,8% en motorpryse met 3,5%, gesien.
                                                      [Aangepas uit www.statssa.gove.za]

     2.2.1    Gee TWEE redes waarom ons land statistieke van analise van Suid-
              Afrikaanse huishoudings benodig.                                              (2)

     2.2.2    Huishoudelike uitgawe-opnames is deur Stats SA gedoen.
              Wanneer die uitslae van die ondersoek geassesseer word, sal die
              mediese voorbeelde onder ŉ uitgawe groep genoem gesondheid val.
              Gebruik die mediese inligting gegee en ontleed waarom ons kan
              voorspel dat gesondheid een van die laagste uitgawe-items vir die
              gemiddelde Suid-Afrikaner sal wees.                                           (5)

     2.2.3    Vervoer is gewoonlik een van die hoogste uitgawe groepe vir
              Suid-Afrikaanse huishoudings. Bespreek hoe die verhogings beide die
              hoër en laer inkomstegroepe sal beïnvloed.                                    (4)

2.3 Lees die gevallestudie en beantwoord die vrae wat volg.

     Shanice en Denver Daniels werk beide. Hulle het twee tienerdogters, Tertia en
     Kelly. Shanice hou van klere en geniet dit om vir elke maand haarself en haar
     dogters klere te koop. Sy het winkelkaarte by twee verskillende klerewinkels
     waar sy kan koop. Denver het ŉ nuwe TV en ŉ DSTV ‘explorer’ op krediet
     gekoop, want hy geniet dit om sport te kyk. Aan die einde van elke jaar sê hulle
     altyd dat hulle graag ŉ gesinsvakansie wil hê, maar nie die geld daarvoor het
     nie.
                                                                               [Eie teks]

     2.3.1    Noem DRIE voordele wat die Daniels gesin sal hê as hulle ŉ
              begroting volg.                                                               (3)

     2.3.2    Beide Shanice en Denver is in skuld. Bespreek DRIE gevolge vir hulle
              afhanklikheid om op krediet te koop.                                          (3)

     2.3.3    Een van die beginsels van begroting is assesseering van behoeftes
              en doelwitte. Adviseer die gesin in verband met die beginsels van
              begroting.                                                                     (2)
                                                                                            [30]
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                      VERBRUIKERSTUDIES                      (EC/NOVEMBER 2019)

VRAAG 3: VOEDSEL EN VOEDING

3.1   Lees die onderstaande scenario en beantwoord die vrae wat volg.

      Angeline, ŉ graad 11-leerder lees ŉ artikel in ŉ tydskrif genoem “Tips to
      kickstart your health’. Die artikel gee ŉ paar voorstelle hoe om meer
      gesonder te eet. Sy het ŉ nuwe doel vir haarself gestel en dit was om die
      advies te volg waarvan sy gelees het.
      Hier is ŉ paar punte uit die artikel:
      x Drink ŉ groen drankie vir ontbyt om die liggaam van baie nutriënte en
        vesel te voorsien.
      x Die drankie bestaan uit krulkool (kale), spinasie, veselperske (mango),
        piesang en gewone jogurt.
      x Gaan vleisloos een keer per week om te help om jou risiko van
        chroniese, voorkombare siektes soos kanker, kardiovaskulêre siekte,
        diabetes en vetsug te verminder.
      x Beperk jou suikerinname. Breek die gewoonte van versoete tee en
        koffie, koekies, beskuit en koek. In plaas daarvan kry gesonde suikers
        van vrugte.

      3.1.1    (a)    Die groen drankie bevat donker-groen blaargroente. Noem
                      EEN mineraal en TWEE vitamiene wat in groen blaargroentes
                      gevind word.                                                           (3)

               (b)    Identifiseer ŉ vrug uit die lys in die drankie wat ŉ goeie bron is
                      van vitamien A.                                                        (1)

      3.1.2    Die drankie is ŉ goeie bron van vloeistof in die dieet.
               Gee die funksie van water in die liggaam vir elk van die volgende
               dele in die liggaam:

               (a)    Die bloed                                                              (1)

               (b)    Die liggaamstemperatuur                                                (1)

      3.1.3    (a)    Noem die tipe suiker wat in vrugte voorkom (ŉ tipe koolhidraat).       (1)

               (b)    Gee TWEE ander voorbeelde van voedsel wat nie in die artikel
                      genoem word nie, maar wat ŉ baie hoë suikerinhoud bevat en
                      in ŉ dieet beperk moet word.                                           (2)

      3.1.4    (a)    Gee TWEE geskikte plantproteïene wat dierlike proteïne, om
                      vleis in ŉ maaltyd uit te skakel, kan vervang.                         (2)

               (b)    Klassifiseer die plantproteïene hierbo genoem as ŉ proteïn
                      groep en verduidelik waarom dit so geklassifiseer word.                (3)

               (c)    Verduidelik hoe te veel proteïene in ŉ dieet tot
                      kardiovaskulêre / hartsiektes en vetsug kan bydra?                     (6)

      3.1.5    Noem TWEE gevalle waar Angeline dalk ŉ vitamienaanvulling wil
               gebruik.                                                                      (2)
Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                       VERBRUIKERSTUDIES                                   11

3.2   Melissa is verwagtend. Bestudeer die TWEE ontbytspyskaarte hieronder en
      beantwoord die vrae wat volg.

                   SPYSKAART 1                             SPYSKAART 2
      Rysvlokkies (rice crispies) met laevet        Omelet met ŉ maalvleisvulsel
      melk
      Geroosterde witbrood met botter en            Geroosterde volgraanbrood met
      konfyt                                        maaskaas
      Koffie met melk                               Lemoensap
                                                    Rooibostee met melk

      3.2.1     Kies die beste spyskaart vir Melissa en analiseer die voedsel-items
                in die spyskaart met betrekking tot die voedingsbehoeftes wat die
                behoefte van swanger vrouens sal vervul.                                    (7)

      3.2.2     Gee redes vir die volgende stellings:

                (a)   ŉ Swanger vrouens moet alkohol vermy al is dit ŉ klein
                      hoeveelheid                                                           (2)

                (b)   Lakterende moeders verloor aanvanklik gewig                           (2)

3.3   Lees die onderstaande artikel en beantwoord die vrae wat volg.

              BEURTKRAG VEROORSAAK VOEDSELVERGIFTIGING ANGS
      ŉ Gebrek aan elektrisiteit, veral in die somermaande, kan veroorsaak dat kos
      afgaan en as jy die voedsel eet kan jy die gevaar loop om voedselvergiftiging
      op te doen. Kragonderbrekings kan veroorsaak dat kos in die vrieskas bederf
      as die produkte net effens ontdooi. Beurtkrag kan vars voedsel laat afgaan
      as dit vir meer as 5 uur teen kamertemperatuur gehou word.
      Vermy om voedsel te eet as jy vermoed dat dit ŉ lang tyd teen ŉ te warm
      temperatuur gehou is. Enige persoon wat dink dat hulle voedsel geëet het
      wat afgegaan het, moet op die uitkyk wees vir die volgende waarskuwing-
      simptome. Dit sluit koors, kopseer, maagpyn en ŉ risiko van dehidrasie
      (ontwatering) in. As jy of jou kinders enige van die tekens toon, gaan na die
      naaste dokter, hospitaal of kliniek vir behandeling.
                                                                 [Aangepas uit health24.]

      3.3.1     Gee DRIE ander simptome van voedselvergiftiging wat nie in die
                artikel genoem word nie.                                                    (3)

      3.3.2     Waarom sê die artikel dat dehidrasie (ontwatering) ŉ risiko is?             (2)

      3.3.3     Wat is die hoof oorsaak van voedselvergiftiging wat in die artikel
                beklemtoon word.                                                            (1)

      3.3.4     Gee EEN voorbeeld van mediese behandeling vir
                voedselvergiftiging wanneer mense na ŉ hospitaal, dokter of kliniek
                gaan.                                                                        (1)
                                                                                            [40]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                    VERBRUIKERSTUDIES                    (EC/NOVEMBER 2019)

VRAAG 4: KLEDING

4.1   Verwys na die onderstaande sketse en beantwoord die vrae wat volg.

                           A                                         B

      4.1.1   Identifiseer die tipe balans in skets A en B geïllustreer.                 (2)

      4.1.2   Verduidelik volledig die balans in skets A deur na beide die definisie
              vir hierdie tipe balans EN na items in die baadjie om die definisie te
              verduidelik te verwys.                                                     (6)

4.2   Bestudeer die onderstaande prente wat die element teksture uitbeeld.

                          A                                          B

      4.2.1   (a)     Beskryf die tekstuur van die baadjie in prent A en die hemp in
                      prent B.                                                (2 x 2)    (4)

              (b)     Hoe word die tekstuur van die hemp in prent B deur lig
                      geaffekteer?                                                       (2)

      4.2.2   Gee die definisie vir die ontwerpelement tekstuur.                         (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                      VERBRUIKERSTUDIES                                13

4.3   Verwys na die onderstaande liggaamsvorms en beantwoord die vrae wat
      volg.

                          A             B          C           D

      4.3.1    Identifiseer die liggaamsvorm in skets C.                               (1)

      4.3.2    Bestudeer die onderstaande prent.

               Bespreek waarom die uitrusting nie geskik is vir ŉ persoon met
               liggaamsvorm D nie.                                                       (4)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
 14                                   VERBRUIKERSTUDIES                    (EC/NOVEMBER 2019)

      4.3.3   Kies die beste bloes om saam met ŉ langbroek te dra vir liggaamsvorm
              A en verduidelik die rede vir jou keuse.                                       (3)

                         A                       B                       C

4.4   Vergelyk die twee veseleinskappe, hittesensitiwiteit en hittegeleiding. Verwys
      na die onderstaande illustrasies in jou bespreking.

                         A                                        B

                       Woltrui                               Katoenrok                       (6)
                                                                                            [30]

 Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                      VERBRUIKERSTUDIES                                  15

VRAAG 5: BEHUISING EN INTERIEUR

5.1   Bestudeer die onderstaande vloerplan en beantwoord die vrae wat volg.

      5.1.1    Noem die TWEE argitektoniese simbole wat soortgelyk is aan die
               wat op die vloerplan uitgebeeld is.

                               A                                   B

                                                                                         (2)

      5.1.2    Identifiseer TWEE negatiewe aspekte van die verkeersvloei soos
               wat jy van die dek-ingang deur die leefkamer na die kombuis stap.         (2)

      5.1.3    Noem TWEE areas op die vloerplan wat na die werkarea verwys kan
               word.                                                                     (2)

      5.1.4    Identifiseer die stoorplek voorsien op die vloerplan in die slaapkamer
               en wat jy sal byvoeg om die stoorplek in die kamer te verbeter.           (3)

      5.1.5    Watter kant van die huis (links, regs, bo of onder) sal die beste wees
               vir ŉ noordaansig, veral in die winter? Motiveer jou antwoord.            (3)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                                    VERBRUIKERSTUDIES                   (EC/NOVEMBER 2019)

5.2   Bestudeer die onderstaande skets en beantwoord die vrae wat volg.

      5.2.1   Die kamer is geskep met ŉ koel kleurskema.

              (a)     Gee TWEE redes waarom koel kleure gekies is.                      (2)

              (b)     Noem TWEE ander kleure wat met die kleur blou, vir ŉ
                      analogiese kleurskema vir hierdie kamer, sal pas.                 (2)

      5.2.2   Identifiseer die dominante vorm in die kamer en vind DRIE plekke
              waar die vorm gebruik word.                                               (4)

      5.2.3   Bespreek hoe die gebruik van vertikale lyne ritme in die vertrek skep.    (4)

      5.2.4   Die kamer het ŉ hoë plafon. Gee TWEE moontlike voorstelle om die
              probleem op te los.                                                       (2)

      5.2.5   Die ouers moet ŉ kindertafel en stoele wat in die kamer gebruik gaan
              word, koop. Hulle moet besluit tussen ŉ plastiek- of houtstel.

              (a)      Gee TWEE voordele wat beide plastiek en hout as geskikte
                       materiaal bied.                                                  (2)

              (b)      Gee EEN nadeel van die gebruik van plastiek as materiaal.        (1)

              (c)      Stel EEN verbruikersverantwoordelikheid voor wat hulle in
                       aanmerking moet neem voor hierdie meubels aangekoop
                       word.                                                             (1)
                                                                                        [30]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                      VERBRUIKERSTUDIES                                   17

VRAAG 6: ENTREPRENEURSKAP

6.1   Lees die onderstaande gevallestudie en antwoord die vrae wat volg.

      Lesley wou produkte as ŉ addisionele inkomste om haar oggendwerk aan te
      vul, maak en verkoop. Sy redeneer dat as sy haar produk by ŉ vlooimark
      verkoop, moet sy ŉ stalletjie huur, maar dit sal goedkoper as winkelspasie
      uitwerk. Sy besluit om by ŉ plaaslike maandelikse mark te verkoop.

      Lesley glo om ŉ suksesvolle besigheid op te bou moet jy passievol oor jou
      werk bly. Sy voel dat dit belangrik is om ŉ langtermyn verhouding met die
      verskaffers en kliënte op te bou en om produkte, wat van die gewone uitstaan,
      te verskaf.

      Sy het na een van die markte gegaan om ŉ vraelyste uit te deel. Na die
      analisering van die antwoorde het sy besluit om ŉ broodstalletjie te hê waar
      sy net ‘meng-jouself’ gesondheid brood pakke sal verkoop.
      Sy het haar berekening gemaak en uitgewerk dat die bestanddele en
      verpakking haar R65,00 sal kos.

                                                               [Eksaminatoe se eie teks]

      6.1.1    Behalwe die vraelyste en haar gekose produk, watter faktor bepaal
               dat dit ŉ goeie besigheidsidee is?                                          (1)

      6.1.2    Verduidelik die konsep toetsing.                                            (2)

      6.1.3    Noem en beskryf die DRIE P’s van die bemarkingsamestelling in die
               gevallestudie.                                                              (6)

      6.1.4    Bespreek hoe Lesley die volgende kernbeginsels van bemarking
               oorweeg het en hoe dit positief vir haar besigheidsonderneming kan
               wees.

               (a)    Spesifieke teikenmark                                                (2)

               (b)    Groei netwerke en opbou van verhoudings                              (2)

      6.1.5    Identifiseer en verduidelik die stadium in die produklewensiklus wat
               haar broodmengsel in die gevallestudie verteenwoordig                       (3)

      6.1.6    In die beste scenario sal ŉ nuwe besigheid groei en floreer. Skryf ŉ
               paragraaf waar jy Lesley goeie raad gee oor hoe sy kan verhoed dat
               haar produk in die afname-stadium gaan.                                     (6)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
18                                  VERBRUIKERSTUDIES                   (EC/NOVEMBER 2019)

 6.2    Lesley se koste om vyf houers gesonde broodmengsel te produseer is:

        x Bestanddele en verpakking = R65,00
        x Brandstof = R25,00

        6.2.1   As watter tipe uitgawe word brandstof geklassifiseer?                 (1)

        6.2.2   Bereken die verkoopprys van een houer as sy 65% wins wil maak.
                Toon ALLE berekeninge.                                                (5)

        6.2.3   Bereken die wins wat sy sal maak as sy 20 houers in een dag
                verkoop.                                                              (2)
                                                                                     [30]

                                                                        TOTAAL:      200

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com



         

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com

         

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com



         

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com



### Page 23

Downloaded from hlayiso.com



         

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com



## Related documents

- [CONS STUDIES QP GR11 NOV 2019 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/cons-studies-qp-gr11-nov-2019-eng-d/f7a5a629-7e60-40cd-80a3-3bd756bc7d60) — Consumer Studies · QP · 2019 · Eng
- [CONSUMER STUDIES MEMO GR11 NOV 2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-memo-gr11-nov-2019-afrikaans/6f5134ec-8288-4e70-9a63-2d3bb6e7b92f) — Consumer Studies · Memo · 2019 · Afr
- [CONSUMER STUDIES MEMO GR11 NOV 2019 English](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-memo-gr11-nov-2019-english/5cde04d2-c4fa-486d-8d9b-f76fa671987d) — Consumer Studies · Memo · 2019 · Eng
- [CONSUMER STUDIES GR11 QP NOV2018 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr11-qp-nov2018-afr-d/bf0becdd-477a-4f17-859f-c6b455994b34) — Consumer Studies · QP · 2018 · Afr
- [CONSUMER STUDIES GR11 QP NOV2018 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr11-qp-nov2018-eng-d/49fc08f1-0d53-4628-813f-ffd8479359cb) — Consumer Studies · QP · 2018 · Eng
- [CONSUMER STUDIES GR11 QP NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr11-qp-nov2018-afrikaans/929cb311-86eb-4c12-8741-79e560a79f44) — Consumer Studies · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 11 Consumer Studies

- [Gr 11 Con Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-con-stu-atp-2023-24/ac4fc15b-afd5-4962-81be-2cac053bf185) — ATP
- [CONSUMER STUDIES GR12 MEMO NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-memo-nov2022-afrikaans/d7512f46-9ccd-48dc-a3b8-1dcf41088c4d) — Memo · 2022 · Afr
- [CONSUMER STUDIES GR12 MEMO NOV2022 English](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-memo-nov2022-english/a34a2484-8890-404d-8cf4-c8570696b720) — Memo · 2022 · Eng
- [CONSUMER STUDIES GR11 MEMO NOV2020 AFR D](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr11-memo-nov2020-afr-d/88280604-0722-46b6-9e12-a731ea64c240) — Memo · 2020 · Afr
- [CONSUMER STUDIES GR11 QP MEMO NOV2020 AFR D](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr11-qp-memo-nov2020-afr-d/cc44b7cc-9697-4dd2-b2c2-dc78c78c94bb) — Memo · 2020 · Afr
- [CONSUMER STUDIES GR11 MEMO NOV2020 ENG D](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr11-memo-nov2020-eng-d/c072dbdb-88ab-4c8e-8872-68fc13380cdd) — Memo · 2020 · Eng

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
