# Consumer Studies Grade 12 Consumer Studies 2021 Guideline

> Grade 12 Consumer Studies exam guideline from the Consumer Studies 2021 (Afrikaans), 18 pages. Read online or get the free PDF download.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr-12-exam-guidelines-2021-afr/61518a64-b762-49e3-bb95-a9af536cc46a
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Consumer Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Exam guideline
- Year: 2021
- Exam period: Consumer Studies
- Curriculum: CAPS
- Pages: 18

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Consumer Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/consumer-studies) › [Consumer Studies Grade 12 Consumer Studies 2021 Guideline](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr-12-exam-guidelines-2021-afr/61518a64-b762-49e3-bb95-a9af536cc46a)

## About this document

Consumer Studies · Grade 12 · Consumer Studies · 2021. Exam guideline, 18 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      VERBRUIKERSTUDIES

                          EKSAMENRIGLYNE

                                  GRAAD 12

                                       2021

                        Hierdie riglyne bestaan uit 18 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                                   2                                DBE/2021
                                               Eksamenriglyne

INHOUDSOPGAWE                                                                       Bladsy

1.      INLEIDING                                                                      3

2.      ASSESSERING IN GRAAD 12                                                        4

        2.1         Instruksies en InligtingSamestelling van die vraestel              4

        2.2         Samestelling van vraestel                                          4

        2.3         Kognitiewe denkvlakke                                              5

        2.4         Kognitiewe eise                                                    5

        2.5         Formaat van die vraestel                                           6

3.      VOORBEREIDING VIR DIE EKSAMEN                                                  6

4.      2021 NASIONALE HERSTEL JAARLIKSE ONDERRIGPLAN (JOP)                            7

5.      TIPE VRAE                                                                      8

6.      VAKINHOUD PER VRAAG                                                            11

        6.1         AFDELING A: VRAAG 1: Kortvrae (al die onderwerpe)                  11

        6.2         AFDELING B: VRAAG 2: Die Verbruiker                                11

        6.3         VRAAG 3: Voedsel en Voeding                                        13

        6.4         VRAAG 4: Kleding                                                   14

        6.5         VRAAG 5: Behuising en Interieur                                    15

        6.6         VRAAG 6: Entrepreneurskap                                          16

7.      ALGEMENE RIGLYNE VIR NASIENERS                                                 17

8.      GOEDGEKEURDE HANDBOEKE                                                         18

9.      SLOT                                                                           18

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                             3                                         DBE/2021
                                         Eksamenriglyne

1.     INLEIDING

Die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) vir Verbruikerstudies beskryf die aard
en doel van die vak Verbruikerstudies. Dit rig die filosofie wat die basis is van die onderrig en
assessering van die vak in graad 12.

Die doel van hierdie Eksamenriglyne is om:

    Duidelikheid te gee oor die diepte en omvang van die inhoud wat in die graad 12 Nasionale
     Senior Sertifikaat (NSS)-eksamen in Verbruikerstudie geassesseer gaan word.
    Bystand te verleen aan onderwysers om leerders doelmatig vir die eksamens voor te berei.

Hierdie dokument fokus op die finale graad 12 eksterne eksamen. Dit behandel op geen vlak die
Skoolgebaseerde Assessering (SGA), Praktiese Assesseringstaak (PAT) of finale eksterne
praktiese eksamen nie aangesien dit verduidelik word in 'n aparte PAT dokument wat jaarliks
hersien word.

Hierdie Eksamenriglyne moet gelees word saam met:

    Die Nasionale Kurrikulumstelling (NKS) se Kurrikulum en Assesseringsbeleidsverklaring
     (KABV): Verbruikerstudies
    Die Nasionale Protokol vir Assessering: 'n Addendum tot die beleidsdokument, die Nasionale
     Sertifikaat: 'n Kwalifikasie op Vlak 4 op die Nasionale Kwalifikasieraamwerk (NKR) rakende
     die Nasionale Protokol vir Assessering (Graad R-12)
    Die nasionale beleid met betrekking tot die programme- en promosievereistes van die
     Nasionale Kurrikulumstelling, graad R–12
    Die verkorte afdeling 4 van die Graad 12 KABV-wysigings ('Abridged Section 4 of the Grade
     12 CAPS Amendments')
    Die nuwe Nasionale Herstel-onderrigplan (ATP) vir 2021 tot 2023

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                               4                                         DBE/2021
                                           Eksamenriglyne

2.      ASSESSERING IN GRAAD 12

2.1      Instruksies en Inligting
Die volgende instruksies en inligting verskyn altyd op die tweede bladsy van die eksamenvraestel.
Leerders moet hiervan bewus gemaak word aangesien hulle nie altyd by hierdie instruksies en
inligting bly nie.

Die vraestel bestaan uit SES vrae:

      VRAAG                 INHOUD                       PUNTE            GEWIGSWAARDE
                                          AFDELING A
         1       Kortvrae (alle onderwerpe)                 40                  20%
                                          AFDELING B
         2       Die Verbruiker                              40                20%
         3       Voedsel en Voeding                          40                20%
         4       Kleding                                     20                10%
         5       Behuising en Interieur                      20                10%
         6       Entrepreneurskap                            40                20%
                                        TOTAAL              200                100%

1.     ALLE vrae is VERPLIGTEND en moet in die ANTWOORDEBOEK beantwoord word.
2.     Nommer die vrae volgens die nommeringstelsel wat in die vraestel gebruik is.
3.     Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
4.     Jy mag 'n sakrekenaar gebruik.
5.     Skryf slegs met swart of blou ink.
6.     Gee aandag aan spelling en sinskonstruksie.
7.     Skryf netjies en leesbaar.

2.2       Samestelling van die Vraestel
          (Verkorte Afdeling 4 van die GRAAD 12 Gewysigde KABV bladsy 43)
     Die Verbruikerstudie-eksamen bestaan uit een 3 uur-vraestel van 200 punte.
     Daar is SES VERPLIGTE vrae wat al die onderwerpe in Afdeling A en Afdeling B van die
      vraestel dek.
     Vrae sal gestel word gebaseer op gevallestudies, scenario's, spotprente, grafieke, prentjies,
      etikette, resepte, spyskaarte en ander toepaslike bronne.

                                  INHOUD                          PUNTE         GEWIGSWAARDE
                                            AFDELING A
VRAAG 1              Kort VRAE (al die onderwerpe)                 40                   20%
                     VERPLIGTEND: Sluit 'n
                     verskeidenheid tipes kortvrae in.
                                            AFDELING B
VRAAG 2              Die Verbruiker                                 40                 20%
VRAAG 3              Voedsel en Voeding                             40                 20%
VRAAG 4              Kleding                                        20                 10%
VRAAG 5              Behuising en Interieur                         20                 10%
VRAAG 6              Entrepreneurskap                               40                 20%
TOTAAL                                                             200                 100%

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                              5                                          DBE/2021
                                          Eksamenriglyne

2.3     Kognitiewe Denkvlakke
Die vraestel maak voorsiening vir 'n reeks kognitiewe vlakke en verskillende
moeilikheidsgrade/kognitiewe eise. Die Verkorte Afdeling 4 van die Gewysigde KABV verskaf
'n uiteensetting van die verskillende kognitiewe denkvlakke van die vrae.

             KOGNITIEWE DENKVLAK                            PUNTE           GEWIGSWAARDE
Laer orde: Onthou                                             60                 30%
Middel orde: Verstaan               20%                       100                50%
             Toepassing             30%                    (40 + 60)
Hoër orde: Analiseer, Evalueer, Skep                          40                     20%
TOTAAL                                                        200                   100%

2.4     Kognitiewe Eise
Die kognitiewe eise verwys na die tipe en vlak van denke benodig om suksesvol te reageer op die
instruksie van 'n vraag of taak. Assessering in Verbruikerstudies moet voorsiening maak vir 'n
goed gebalanseerde verspreiding van 'n reeks kognitiewe vlakke en leerdervermoëns.

Wanneer 'n vraestel opgestel word, word 'n ontleding terselfdertyd gedoen om te verseker dat die
gewigswaarde volgens die Verkorte Afdeling 4 van die Gewysigde KABV (bladsy 44) toegepas
word.

            MOEILIKHEIDSGRAAD                               PUNTE           GEWIGSWAARDE
Maklik                                                        60                 30%
Matig/Gemiddeld                                              100                 50%
Moeilik                                                       40                 20%
TOTAAL                                                       200                100%

Die verspreiding van die kognitiewe denkvlakke en die moeilikheidsgrade is per VRAAG, asook
per die vraestel as 'n geheel, gebalanseerd.

Kognitiewe Vlakke: Modelriglyne per Vraag
     Kognitiewe       Kognitiewe Eise     Gewigs-            Vrae met 'n       Vrae met 'n
      Denkvlak          (Moeilikheids-    waarde              totaal van       Totaal van
                            graad)          (%)                40 punte         20 punte
Laer orde:               Maklik, matig,      30                12 punte          6 punte
Onthou                      moeilik
Middelorde:              Maklik, matig,      50               20 punte           10 punte
1Verstaan (20%)             moeilik
Toepassing (30%)
Hoër orde:               Maklik, matig,      20                8 punte            4 punte
Analiseer, Evalueer,        moeilik
Skep
TOTAAL                                     100%                  40                  20

2.5    Formaat van die Vraestel
Daar sal NIE 'n APARTE antwoordblad vir VRAAG 1 (Kort Vrae) verskaf word NIE.
ALLE vrae moet in die NASIONALE ANTWOORDEBOEK beantwoord word wat aan elke
kandidaat voorsien sal word.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                                6                                            DBE/2021
                                            Eksamenriglyne

3.    VOORBEREIDING VIR DIE EKSAMEN
Graad 12-inhoud sal geassesseer word maar vooraf kennis van graad 10 en 11 kan nodig wees
om sommige van die vrae te interpreteer en te beantwoord.

Op die dag van die eksamen moet kandidate:
 Reeds 1 uur voor die begintyd van die eksamen in die lokaal wees om tot orde te kom en
   leestyd maksimaal te gebruik voordat die vrae beantwoord word.
 'n Sakrekenaar, pen, potlood, uitveër en liniaal saamgebring.
 Hulle tyd goed bestuur, soos aangedui in die onderstaande tabel om die vraestel binne die
   toegelate tyd te voltooi.
   Die volgende riglyn kan toegepas word om die tyd effektief te bestuur.

    VRAAG                   INHOUD                    PUNTE                          TYD
                                                   TOEKENNING
                                             AFDELING A
          1         Kort vrae (alle onderwerpe)          40                       20 minute
                    Verpligtend: Sluit 'n
                    verskeidenheid tipes vrae
                    in
                                              AFDELIN B
          2         Die Verbruiker                       40                       40 minute
          3         Voedsel en Voeding                   40                       40 minute
          4         Kleding                              20                       20 minute
          5         Behuising en Interieur               20                       20 minute
          6         Entrepreneurskap                     40                       40 minute
                       TOTAAL                           200                      180 minute

   Sorgvuldig deur die vraestel lees en die antwoorde uitlig ('highlight') om seker te maak dat hul
    alle aspekte van die vraag verstaan en by die antwoord insluit.
   Enige gedagtes/woorde neerskryf waaraan hulle dink oor sekere onderwerpe. Hierdie
    gedagtes/woorde kan bruikbare prikkels wees wanneer kandidate vrae beantwoord.
   Al die instruksies sorgvuldig lees. Kandidate moet daarop voorbereid wees om bronne te
    interpreteer wat by 'n vraag ingesluit is, al het hulle dit nog nie voorheen gesien nie. Die
    vaardigheid om kennis te interpreteer moet geoefen word sodat die kandidaat kennis op
    verskillende tipes vrae kan toepas.
   Elke bron, bv. spotprent, grafiek, tabel, 'n illustrasie of 'n prentjie sorgvuldig bestudeer en die
    verband tussen die inhoud/onderwerp en die bron moet bepaal word.
   Netjies en leesbaar met blou of swart ink skryf. Punte sal verbeur word as die nasieners nie
    die handskrif kan lees nie.
   Sleng of SMS-taal vermy om te verskeer dat jou antwoord verstaan word.
   Elke vraag op 'n nuwe bladsy begin en 'n streep trek na voltooiing van elke vraag. Dit stel die
    nasieners in staat om te sien waar elke vraag begin en eindig, en verminder die kanse dat
    nasieners foute maak.
   Voorsiening maak vir tyd aan die einde van die vraestel sodat hulle hul antwoorde kan
    deurlees en enige foute, bv. spelfoute kan regmaak.

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 7

Verbruikerstudies
                                   Downloaded from hlayiso.com                 7                                                                    DBE/2021
                                                                        Eksamenriglyne

4.     2021–2023 NASIONALE HERSTEL-JAARLIKSE ONDERRIGPLAN (ATP)
                                   Voedsel en Voeding: Voeding- en Voedselverwante Gesondheidstoestande

           KWARTAAL 2
           Onderwerpe wat bestudeer moet word
           Spesifieke onderwerpe is toegewys aan elke akademiese jaar van die Herstel Onderrigplan (ATP/JOP) vir 2021; 2022                 en
           2023.
                                                          Inhoud wat gedek moet word in 2021 -2023
            Kwtl/    KABV     Onder-
                                                       2021                               2022                                2023
            Week     Verw.     werp
           Kwrt 2     34     Voedsel   Voeding en Voedselverwante Voeding en Voedselverwante                   Voeding en
           Week 4            en        gesondheidstoestande       gesondheidstoestande                         Voedselverwante
           Week 5            Voeding
                                       • Kort beskrywing, oorsake,    •       Kort beskrywing, oorsake,        gesondheidstoestande
                                         voorkoming en bestuur                voorkoming en bestuur            • Kort beskrywing, oorsake,
                                       • Fokus op voeding en                  Fokus op voeding en                voorkoming en bestuur
                                         eetgewoontes om 'n bestaande         eetgewoontes om 'n bestaande       Fokus op voeding en
                                         toestand te voorkom of te            toestand te voorkom of te          eetgewoontes om 'n
                                         bestuur.                             bestuur.                           bestaande toestand te
                                                                                                                 voorkom of te bestuur.
           Kwrt 2     34     Voedsel       • Glukemiese   indeks (GI) van • Koronêre hartsiekte, insluitend    •     Voedselallergieë
           Week 4            en              voedsel                         hoë bloedcholesterol vlakke wat   •     Suiwel- en gluten-
                             Voeding                                         kan lei tot arteriosklerose
                                           • Lae/hoë bloedglukosevlakke                                              intoleransie.
                                           • Diabetes                      • Hoë bloeddruk
           Kwrt 2     34     Voedsel   •     Osteoporose                   • Anemie                                Eetversteurings:
           Week 5            en                                                                                •     Anorexia
                             Voeding
                                                                                                               •     Bulimia
                                                                                                               •     Vetsug (Obesiteit)

Kopiereg voorbehou                                                                                                                   Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                             8                                         DBE/2021
                                         Eksamenriglyne

5.      TIPES VRAE

AFDELING A

VRAAG 1: KORTVRAE

Alle vrae moet in die NASIONALE ANTWOORDEBOEK beantwoord word. Vraag 1 sluit vrae uit al
die voorgeskrewe onderwerpe in.

VRAAG: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

1.1.1     Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
          korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die toepaslike vraagnommers
          (1.1.1 tot 1.1.20) in die ANTWOORDEBOEK, bv. 1.1.21 C.

Hierdie tipe vraag toets die kandidate se kennis van detail, feite en die interverwantskap tussen
die inhoud/onderwerpe.

Kandidate behoort:
 Eerstens die afleiers/antwoorde toe te hou terwyl hulle die vraag lees en probeer beantwoord
   voordat hulle na die opsies kyk.
 Omkring woorde soos altyd, nooit, slegs, maar en behalwe.
 Trek 'n streep deur definitiewe verkeerde opsies.

'n Kombinasie van opsies kan moontlik vereis word wat moontlik meer as een punt kan tel.

VRAAG 1.2: PASITEMS

'n Item in KOLOM B moet pas by 'n item in KOLOM A. Skryf slegs die ooreenstemmende letter
langs die vraagnommer neer.

Bestudeer die kolom aan die regterkant wat die antwoorde bevat. Lees daarna die kolom aan die
linkerkant. Pas die items by die definisie/term/stelling. Daar kan ook drie kolomme wees wat by
mekaar gepas moet word.

VRAAG 1.3: IDENTIFIKASIE-ITEMS

Kies die korrekte antwoorde (stellings/terme/woorde) uit die gegewe lys. Skryf slegs die letters
(A-J) langs die vraagnommer (1.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.
Slegs die korrekte antwoorde (A–J) gekies moet langs die vraagnommer geskryf word. As 'n
vraag vir 'n spesifieke getal antwoorde, bv. SES vra, sal slegs die EERSTE SES antwoorde
nagesien word. Lees die instruksies sorgvuldig deur om te bepaal watter opsies korrek is.

VRAAG 1.4: GEE DIE KORREKTE TERM
Gee die korrekte term vir die beskrywing. Skryf slegs die korrekte term langs die vraagnommer
neer. Lees die beskrywings sorgvuldig deur om die korrekte term te bepaal.

LET WEL: WAAR/ONWAAR word NIE aanbeveel NIE.

Kopiereg voorbehou

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                               9                                             DBE/2021
                                           Eksamenriglyne

AFDELING B

VRAAG 2–6
Alle vrae word in die ANTWOORDBOEK beantwoord.
Hierdie vrae wat korter of langer antwoorde vereis word by Vrae 2 tot 6 ingesluit.

Vrae wat 'n korter antwoord vereis
Hierdie vrae toets die vermoë van die kandidate om 'n gedetailleerde, kort en bondige antwoord te
gee. Dit is belangrik om die sleutelwoord en/of frase te bepaal wat die vraag se instruksie vir die
antwoord is. Die puntetoekenning gee ook 'n aanduiding van hoeveel inligting vir die antwoord
vereis word.

Noem: Word gebruik wanneer die antwoord 'n stelling is of in 'n sin gegee moet word.

Noem/Maak 'n lys van: Word gebruik wanneer die antwoord een woord is of uit 'n lys van
items/woorde bestaan

Gee: Word gebruik wanneer die antwoord 'n rede of 'n voorbeeld is.

Langer-antwoord-vrae: Vrae wat langer antwoorde vereis
Hierdie vrae vereis die kandidate om hul eie opinies te gee en is van toepassing op al die vrae
2–6.
Hierdie vrae begin met 'n aksiewerkwoord wat 'n duidelike instruksie gee oor wat vereis word as
die verwagte antwoord, bv.: Gee jou mening oor…', Verduidelik waarom …', Bespreek
waarom …', 'Analiseer …' of 'Evalueer …'
Die eksaminators wil nie slegs die kandidate se kennis van die vak toets nie, maar ook hulle
vermoëns om te verstaan, interpreteer, toe te pas en te redeneer, dit is waarom kandidate dikwels
gevra word om te verduidelik/'n antwoord te motiveer.
Hieronder is voorbeelde van aksie werkwoorde in vrae, wat 'n langer antwoord vereis.
Wenke om te help om hierdie vrae te beantwoord word verskaf.

Vergelyk:    Beskryf albei situasies en dui die verskille en ooreenkomste tussen hulle aan. Dit
             kan in tabel formaat beantwoord word, bv.

               KRITERIA             GENETIES GEMODIFISEERDE                  ORGANIES
                                            VOEDSEL                       GEPRODUSEEDRE
                                                                             VOEDSEL
               1. Beskrywing                       ,
               2. Voorbeeld

             LET WEL:          As die vraag vereis dat die kandidaat die antwoord in tabelformaat
                               moet beantwoord, moet die kandidate die instruksie nakom. EEN
                               punt sal afgetrek word indien nie in tabelformaat beantwoord word
                               nie, soos voorgeskryf word.

Definieer:   'n Eenvoudige definisie is nie genoeg nie. Die kandidaat behoort 'n geskikte
             voorbeeld, diagram of formule te gebruik, om die definisie van die konsep te
             demonstreer en verduidelik.

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                              10                                          DBE/2021
                                          Eksamenriglyne

Bespreek: Oorweeg die argument vir en teen die konsep wat in die vraag aangebied word.
          Kandidate moet albei kante van die saak stel en 'n definitiewe gevolgtrekking maak.

Beskryf:     Noem die hoofkenmerke of gee 'n verklaring van iets. Kandidate mag dalk meer
             moet doen as slegs die idee in die vraag beskryf. Hulle moet ook die idee krities
             beskou.

Verduidelik: Interpreteer, maak duidelik en gee die betekenis van die idee in die vraag.
             Kandidate kan 'n voorbeeld noem om hul begrip van die idee te toon. Gee
             redes vir verskille in opinie en probeer om die oorsake te analiseer.

Regverdig/Verdedig:          Kandidate moet bewys of redes gee vir besluite of gevolgtrekkings.
                             'n Logiese argument moet aangebied word.

Skets/Gee die hooftrekke: Gee 'n opsomming, gebruik slegs die hoofpunte en laat die minder
                          belangrike besonderhede weg. Dit word gewoonlik vereis wanneer
                          kandidate    'n  lys    van      die    stappe    van   'n  idee
                          moet maak. 'n Bondige definisie van elke stap word verwag.

Analiseer: Kandidate moet die idee deeglik ondersoek en die wese of struktuur daarvan toon

Evalueer:    Kandidate moet die waardebepaling van die idee doen. Kyk na positiewe en
             negatiewe aspekte. Gee redes vir die gevolgtrekking of besluite.

Analiseer Krities:    Kandidate moet inligting skei, ondersoek en krities interpreteer

Skep: Kandidate sal inligting/data moet gebruik om te voorspel/skep, of 'n skatting/projeksie te
      maak.

Die puntetoekenning is 'n aanduiding van hoeveel feite die kandidate moet neerskryf.

Indien die vraag spesifiseer dat die antwoord in paragraaf-formaat aangebied moet word, moet
hulle die antwoord in 'n paragraaf skryf en nie puntsgewys nie. EEN punt sal afgetrek word indien
die instruksie nie nagekom word nie.

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                             11                                       DBE/2021
                                         Eksamenriglyne

6.     VAKINHOUD PER VRAAG

6.1    VRAAG 1: Kortvrae (ALLE ONDERWERPE) (40 punte)

6.2    VRAAG 2: Die Verbruiker (40 punte)
Kandidate moet:
 Die finansiële en kontraktuele verantwoordelikhede wat verbruikers in ag moet neem,
    verduidelik
 Die verskillende soorte belasting identifiseer en beskryf
 Al die verskillende terme ken
 Die verskil tussen enkelvoudige en saamgestelde rente verduidelik (GEEN berekeninge NIE)
 Die rentekoerse wat op verskillende soorte krediet van toepassing is, bespreek
 Verskillende bronne van elektrisiteit vergelyk
 Die verantwoordelike gebruik van elektrisiteit en water evalueer
 Die munisipaliteite se verantwoordelikheid ten opsigte van munisipale dienste ken
 Munisipale dienslewering evalueer

Finansiële en kontraktuele aspekte waarvan verbruikers moet kennis neem
 'n Kontrak:
   o    Definisie van 'n kontrak
 Tipes kontrakte van toepassing op verbruikers:
   o    Dienskontrakte
   o    Kredietkontrakte
   o    Huurkontrakte
   o    Kontrakte vir gimnasiumlidmaatskap en selfoon-, Internet- en DStv-intekening
   o    Besigheidseienaarskap- of vennootskap-kontrakte
 'n Afkoeltydperk
 Uitsluitingsklousules (wettig/onwettig)
 Onregverdige besigheidspraktyk
 'n Waarborg en 'n vrywaring:
   o    Definisies en verskille
 Grysgoedere/Parallelle invoere:
   o    Definisie
   o    Implikasie vir verbruikers
 Swendelary: tipes swendelary waarvan verbruikers bewus moet wees:
   o    Werk van die huis af
   o    Uitvissing ('Phishing')
   o    Loterye/Kennisgewing oor prysgeld
 Stokvel (wettig/onwettig)
   o    Hoe 'n stokvel werk
   o    Vereistes vir 'n wettige stokvel
 Piramideskemas (wettig/onwettig)
   o    Hoe 'n piramideskema werk
   o    Onwettige piramideskemas
   o    Wettige piramideskemas (meervlak-bemarking/stapelvlak-bemarking)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                             12                                        DBE/2021
                                         Eksamenriglyne

Belastings, rentekoerse en inflasie
 Tipes belasting betaal deur Suid-Afrikaners, soos inkomstebelasting, BTW,
   eiendomsbelasting, belasting op goedere en dienste (soos brandstof, drank, sigarette,
   motorlisensies, kapitaalwinsbelasting, omgewingsbelasting, suikerbelasting):
   o    Waarom betaal Suid-Afrikaners belasting?
   o    Aan wie belasting betaal word: Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID)
   o    Kort beskrywing van die volgende belastings:
         Inkomstebelasting: lopende betaalstelsel (LBS), voorlopige belasting
         BTW en voedsel vrygestel van BTW
         Eiendomsbelasting (word aan munisipaliteit betaal en nie aan SAID nie)
         Aksynsbelasting: belasting gehef op drank en sigarette
         Heffing op brandstof en motorlisensies
 Rentekoerse: toepaslik op verskillende tipes krediet:
   o    Definisie van rentekoerse
   o    Repokoers is die rentekoers wat deur die Reserwe bank gehef word
 Enkelvoudige en saamgestelde rente (die verskil, GEEN berekeninge NIE)
 Inflasie: definisie, inflasiekoers, die VPI in Suid-Afrika:
   o    Inflasie: definisie
   o    Inflasiekoers: definisie
   o    Verduidelik wat die VPI is en hoe dit gemeet word
   o    Die effek van inflasie op verbruikers
 Sluit enige wettige veranderinge/nuwe ontwikkelinge wat mag ontstaan, in:
   o    Die Nasionale Kredietwet beheer die rentekoerse wat kredietverskaffers hef.
   o    Inligting oor enige nuwe ontwikkelinge wat in die toekoms mag ontstaan, sal in die
        eksamenvraestel gegee word en vrae sal op die gegewe inligting gebaseer word.

Volhoubare verbruik van elektrisiteit
 Vergelyking van die hoofbronne van elektrisiteitsverskaffing soos fossielbrandstowwe en
   herskeppende/regenereerbare bronne soos water, wind en sonkrag
 Verantwoordelike gebruik van elektrisiteit ten opsigte van behuising en huishoudelike toestelle
   en apparate
 Die gebruik van gas in huishoudings as 'n energiebron: voordele, nadele en koste

Volhoubare verbruik van water
 Water (verduidelik die kwessie in die algemeen, maar fokus dan op huishoudings):
   waterbesoedeling, tekort aan water, tekort aan vars, skoon water
 Verantwoordelike gebruik van water ten opsigte van behuising en huishoudelike toestelle en
   apparate

Munisipale dienste
 Die verantwoordelikhede van munisipaliteite ten opsigte van dienste en diensverskaffing:
  o    Noem en verduidelik dienste waarvoor munisipaliteite verantwoordelik is
  o    Befondsing van munisipale dienste
 Verantwoordelikhede van gemeenskappe ten opsigte van die gebruik van munisipale
  dienste

Hou in gedagte dat die verantwoordelikheid teenoor die omgewing (groen inisiatief) hier
ingesluit kan word.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                               13                                         DBE/2021
                                           Eksamenriglyne

6.3      VRAAG 3: VOEDSEL EN VOEDING (40 punte)

Spotprente, tabelle, grafieke, voedsel-etikette, maaltydplanne, spyskaarte of resepte kan as
hulpmiddels vir die vrae gebruik word.
Voeding- en voedselverwante gesondheidstoestande
Kandidate moet fokus op eetgewoontes wat 'n bestaande toestand kan verhoed of bestuur.
Kandidate moet:
 'n Voedselverwante gesondheidstoestand beskryf
 Die oorsake van die gesondheidsverwante toestande noem of identifiseer/verduidelik nadat 'n
   uittreksel/scenario gelees is
 Verduidelik hoe elke toestand voorkom kan word met die fokus op voeding en eetgewoontes
 Verduidelik hoe elke toestand bestuur kan word met die fokus op voeding en eetgewoontes
 Veranderinge aan die dieet voorstel om die siekte te bestuur
 Verskillende gesondheidstoestande met mekaar vergelyk, bv. anorexia met bulimie
Kandidate moet die volgende inhoud bestudeer:
 Glukemiese indeks (GI) van voedsel:
   o   Definisie van glukemiese indeks
   o   Verskil tussen hoë, intermediêre en lae GI-voedsel
   o   Die beste inligtingsbron oor die GI van voedsel is die GI-stigting ('GI Foundation'):
       www.gifoundation.com.

     'n Kort beskrywing, die oorsake, voorkoming en bestuur van die voedselverwante
      gesondheidstoestande in die lys hieronder. Die fokus moet wees op voeding en eetgewoontes
      om 'n bestaande toestand te verhoed of te bestuur.
      Voedselverwante gesondheidstoestande:
      o    Lae/Hoë bloedglukosevlakke (hipoglukemie en hiperglukemie)
      o    Diabetes
      o    Osteoporose
Voedseloordraagbare siektes
Kandidate moet:
 Oordragmoontlikhede in die voedselomgewing identifiseer en verduidelik
 Die inkubasieperiode van die genoemde voedseloordraagbare siektes noem en verduidelik
Kandidate moet die volgende inhoud bestudeer:
 Oordragmoontlikhede in die voedselomgewing
 Inkubasieperiode van die volgende siektes:
   o    Hepatitis A (aansteeklike geelsug)
   o    E. coli-infeksie
   o    Gastroënteritis
Voedselbymiddels: kommersiële en huishoudelike gebruik
Kandidate moet:
Verduidelik wat voedselbymiddels is
 Redes vir die gebruik van voedselbymiddels gee
 Die effek van bymiddels op voedsel verduidelik
 Die veiligheid van bymiddels en die (moontlike) invloed op gesondheid bespreek
 Die kwessie van moontlike allergiese reaksies op voedselbymiddels bespreek
 Tipe voedselbymiddels: nutriënte, emulgeermiddels, stabiliseerders, bleikmiddels en
   kleurmiddels, chemiese preserveermiddels, anti-oksidante en bymiddels om geur te verbeter

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                              14                                        DBE/2021
                                          Eksamenriglyne

Voedseletikettering
Kandidate moet:
 Voedseletikette gebruik as 'n bron van voedingkundige en ander inligting vir produk keuses
 Basiese inligting wat op voedseletikette verskyn, ken, identifiseer en interpreteer
 Misleidende aansprake oor voedingsinhoud wat op voedseletikette voorkom, identifiseer
 Voorwaardes vir aansprake oor voedingsinhoud vir energie, vet, versadigde vet, cholesterol,
   natrium, dieetvesel, proteïene, vitamiene en minerale noem
 Identifiseer of 'n aanspraak oor voedingsinhoud geldig is, of nie

Voedselverwante verbruikerskwessies wat 'n impak het op die natuurlike en ekonomiese
omgewing, insluitend openbare gesondheid
Kandidate moet:
 Geneties gemodifiseerde, organies-geproduseerde en bestraalde voedsel beskryf of definieer
 Voorbeelde van geneties gemodifiseerde gewasse en bestraalde voedsel gee
 Die impak van geneties gemodifiseerde, organies-geproduseerde en bestraalde voedsel op
   die natuurlike en ekonomiese omgewing identifiseer, verduidelik en evalueer.
 Voedselsekerheid definieer of beskryf
 Probleme betreffende voedselsekerheid in Suid-Afrika bespreek
 Selfonderhoudendheid, uitvoere en invoere van voedsel in Suid-Afrika bespreek

6.4    VRAAG 4: KLEDING (20 punte)

Kandidate moet:
 Die mode-konsep beskryf.
 Invloede wat kontemporêre mode bepaal, verduidelik
 Modesiklusse: modegiere, klassieke en standaardneigings identifiseer, verduidelik en
   beskryf
 Mode-oplewings: retrospektiewe modes verduidelik en beskryf
 Verduidelik waarom mode verander
 Kontemporêre modeneigings vir jong volwassenes beskryf
 Die rol van voorkoms in die werkomgewing verduidelik
 Riglyne vir die keuse van klere en bykomstighede voorstel
 Weet hoe om 'n klerekas vir die werkomgewing en vir verskillende seisoene en
   geleenthede te beplan.
 'n Motivering betreffende die geskiktheid van 'n uitrusting vir 'n sekere werkomgewings mag
   vereis word
 Kledingteorie om klere vir die werkomgewing te kies, toepas
 'n Basiese klerekas vir die wêreld van werk vir verskillende seisoene en verskillende
 geleenthede by die werk te beplan (mans en vroue): faktore om te oorweeg, die toepassing
   van kleur, ontwerp elemente en beginsels ingesluit
 Kwessies betreffende die impak van kleding en tekstiele op die natuurlike en ekonomiese
   omgewing bespreek/analiseer/evalueer

Prentjies, foto's, grafieke, spotprentjies, gevallestudies of stellings mag as hulpmiddels gebruik
word. Kandidate mag gevra word om kommentaar te lewer op enige gegewe hulpmiddel en om
oplossings vir probleme voor te stel.

LET WEL:       Die aanwending van kleur, die ontwerpelemente en -beginsels (Graad 11) moet
               geïnkorporeer word.

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                              15                                        DBE/2021
                                          Eksamenriglyne

Verbruikerskwessies rakende kleding en tekstiele wat 'n uitwerking op die natuurlike en
ekonomiese omgewing het
 Eko-mode en die volhoubare gebruik van tekstiel en kleding:
   o    Beskrywing van eko-mode
   o    Organiese tekstiele
 Verminder, hergebruik, herwin
 Die invloed van die rowery van handelsname (handelsmerkgoedere) wat deur die wet
   beskerm word:
   o    Etiese kledingpraktyke
   o    Verduideliking van rowery ('piracy')
   o    Gevolge van rowery ('piracy')

6.5    VRAAG 5: BEHUISING EN INTERIEUR (20 punte)

Kandidate moet:
 Die DRIE verskillende behuisingsopsies bespreek en vergelyk (voordele en nadele)
 Finansiële verantwoordelikhede vir die verskillende opsies verduidelik en bespreek
 Kontraktuele verantwoordelikhede vir die verskillende opsies verduidelik en bespreek
 Die faktore om te oorweeg wanneer huishoudelike toestelle aangekoop word, verduidelik en
   bespreek
 Verskillende toestelle vergelyk en evalueer en die keuse maak wat die toepaslikste vir die
   spesifieke scenario sal wees. Die volgende moet in gedagte gehou word: funksionaliteit,
   energie- en waterverbruik en die moontlike impak op die omgewing
 Die finansiële en kontraktuele verantwoordelikhede verduidelik wanneer huishoudelike
   toerusting gekoop word
 Die totale koste van huurkooptransaksies bereken
 Die regte van verbruikers en verkopers identifiseer en verduidelik

'n Stelling, gevallestudies, scenario, spotprentjie, prent of advertensie mag as hulpmiddels gegee
word. Kandidate mag gevra word om kommentaar te lewer op die gegewe hulpmiddel en/of
oplossings vir die probleem voor te stel.

Verskillende opsies vir verkryging van behuising
 Huur, bou en koop (voltitel en deeltitel):
   o    Voltitel: beskrywing, voorbeelde, voordele en nadele
   o    Deeltitel: beskrywing, voorbeelde, voordele en nadele, funksies van die
        huiseienaarsvereniging/regspersoon, waarvoor die heffing gebruik word
 Voordele en nadele van huur, bou en koop
 Finansiële verantwoordelikhede vir die drie behuisingsopsies:
   o    Huur: betaal deposito, huur, huishoudelike versekering, water, elektrisiteit, munisipale
        dienste
   o    Koop en bou: verbandterugbetalings (indien verband gebruik is), munisipale belasting,
        huishoudelike versekering, huiseienaarsversekering, water, elektrisiteit, munisipale
        dienste, instandhouding
 Kontraktuele verantwoordelikhede vir die drie behuisingsopsies:
   o    Huur: huurooreenkoms
   o    Koop: koopaanbod word die verkoopakte sodra dit deur die koper en verkoper
        onderteken is ('n kontrak), verband (indien verband gebruik word)
 Bou: kontrak met die bouer, verband (indien verband gebruik word)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                              16                                         DBE/2021
                                          Eksamenriglyne

Aankoop van huishoudelike toestelle
 Faktore om te oorweeg wanneer huishoudelike toestelle aangekoop word: behoeftes van die
   gesin, begroting, maklik om te gebruik)
 Die keuse van huishoudelike toestelle in die lys hieronder met betrekking tot funksionaliteit,
   energieverbruik (menslik en nie-menslik, insluitend mate van energiedoeltreffendheid),
   waterverbruik en moontlike omgewingsimpak
   Huishoudelike toestelle wat bestudeer moet word:
   o    Wasmasjien
   o    Koelkas
   o    Vrieskas
   o    Stoof
   o    Mikrogolfoond
 Die finansiële en kontraktuele verantwoordelikhede wanneer meubels en huishoudelike
   toestelle gekoop word:
   o    Verduidelik die volgende tipes transaksies: kontant, huurkooptransaksie, bêrekoop,
        kredietrekeningtransaksies, bankkredietkaarttransaksies
 Kandidate moet die totale koste van die huurkooptransaksie kan bereken.
 Regte en verantwoordelikhede van verbruikers en verkopers (dit kan met al die ander
   onderwerpe verbind word)
6.6    VRAAG 6: ENTREPRENEURSKAP (40 punte)
Kandidate moet:
 'n Potensieel winsgewende besigheidsgeleentheid kan identifiseer
 Die faktore om te oorweeg by die keuse van 'n geskikte produk vir kleinskaalse produksie
   verduidelik
 Die faktore wat die doeltreffende produksie van gehalteprodukte beïnvloed, identifiseer,
   verduidelik of bespreek (oor die algemeen: in terme van voedsel, tekstiele of sagte
   meubelment – slegs die opsie wat jou skool gekies het)
 'n Bemarkingsplan vir die produksie en bemarking van 'n produk ontwikkel
 Die volhoubare winsgewendheid van 'n besigheid analiseer en/of evalueer
 Voorstelle maak om die volhoubare winsgewendheid van 'n besigheid te verbeter
 Die koste vir aanvangsbehoeftes, produksiekoste, verkoopprys en wins bepaal
'n Stelling, gevallestudie, scenario, spotprent, begroting, besigheidsplan, grafiek of tabel kan as
hulpmiddel verskaf word. Kandidate sal kommentaar moet lewer op die hulpmiddel en voorstelle
moet maak om die probleem op te los.
Beweeg van 'n idee na die produksie en bemarking van 'n produk
 Identifisering van 'n moontlike winsgewende besigheid (verbind met graad 11)
 Die formulering van die idee en spesifikasie van die produk
Faktore om te oorweeg in die entrepreneur se keuse van 'n geskikte produk vir kleinskaalse
produksie:
 Die beskikbaarheid van menslike vaardighede
 Finansiële hulpmiddels
 Beskikbare werkruimte
 Beskikbare grondstowwe (plaaslik beskikbaar)
 Aantrekkingskrag vir verbruikers
Faktore wat die doeltreffende produksie van gehalteprodukte beïnvloed:
 Beplanning
 Nakoming van spesifikasies
 Kwaliteitbeheer
 Netjies werkplek
 Higiëne van werkers
 Versigtige beheer van finansies
 Voorraadbeheer
Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                              17                                       DBE/2021
                                          Eksamenriglyne

Vereistes vir kwaliteit(eind-)produkte:
 Toepaslik vir teikengroep
 Aanbieding van die produk
 Gehalte van grondstowwe wat gebruik is
 Gehalte en ontwerp van verpakking
 Gehalte van berging
 Veiligheid
 Byskrifte
 Doeltreffende gebruik van tyd
 Doeltreffende bergingsprosedures
 Kliëntebetrekkinge
 Instandhouding van toerusting
 Personeelopleiding
 Volhoubare produksie en verbruik: verantwoordelikhede van verbruikers en produsente
 Strategieë vir berging en aflewering
Ontwikkeling van 'n bemarkingsplan volgens die 5P-bemarkingstrategie
 Produk: handelsmerk/naam, beeld, etikette en verpakking
 Promosie/Advertensies
 Prys en prysvasstellingstrategie
 Plek: Waar sal die produk vervaardig word? Waar sal die verkooppunt wees?
 Persone: teikengroep en mense wat die bemarking doen
 Doen 'n finansiële uitvoerbaarheidstudie om die volhoubare winsgewendheid van die
   besigheid te bepaal:
   o    Inligting (gevallestudie/scenario/grafiek/tabel) sal verskaf word en vrae sal oor die
        gegewe inligting gevra word.
 Bepaal produksiekoste, verkoopprys, wins en aanvangskoste:
   o    Sommige berekeninge sal in elke eksamen ingesluit word.
   o    Die R (randwaarde) moet in alle berekeninge getoon word.
 Interpreteer 'n 'besteverkope-scenario' en 'n 'slegsteverkope-scenario':
   o    Inligting (gevallestudie/scenario/grafiek/tabel) sal verskaf word en vrae sal oor die
        gegewe inligting gevra word.
 Interpreteer 'n kontant-vloei-vooruitskatting (opsioneel)

7.      ALGEMENE RIGLYNE VIR NASIENERS

    Geen negatiewe nasien word in die assessering vir Verbruikerstudies geïmplementeer
     nie.
    Indien een antwoord vereis word, maar meer as een antwoord word verskaf, sal die eerste
     antwoord nagesien word, ongeag watter een korrek is.
    Indien 'n vraag 'n sekere aantal antwoorde vra, bv. SES, sal slegs die eerste ses antwoorde
     nagesien word.
    Indien 'n berekening gevra word, sal die puntetoekenning vir elke stap in die berekening
     duidelik in die memorandum/nasienriglyn aangedui word. Kandidate MOET al die stappe in
     die berekening toon.
    Indien antwoorde verkeerd genommer is MAAR die volgorde KORREK is, sal die kandidate se
     antwoorde reggemerk word.
    In die geval van paragraaftipe-antwoorde sal die memorandum/ nasienriglyn duidelik aandui
     waar die punte toegeken moet word.
    Dit kan nuttig wees om die regmerkies () te nommer omdat dit met moderering sal help,
     bv. (1 ). Kandidate gebruik dikwels nie dieselfde antwoorde soos op die memorandum nie,
     maar die antwoord kan steeds korrek wees. 'n Punt moet toegeken word en die kandidaat se
     antwoord kan gekoppel word aan die nommer van die regmerkie (1). Dit sal die moderator
     help om die nasieners se manier van dink te verstaan.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                             18                                       DBE/2021
                                         Eksamenriglyne

8.   GOEDGEKEURDE HANDBOEKE
 Verken Verbruikerstudies Graad 12, Van Zyl, Van Wyk, Schubotz, Van der Linde
 Oxford Suksesvolle Verbruikerstudies Graad 12, Booysen, De Villiers, Schulze, Turley

Addisionele aanbevole hulpmiddels, bv. Onderwysersgids kan vir onderrig gebruik word, maar die
eksaminators sal die GOEDGEKEURDE HANDBOEKE gebruik om antwoorde vir die vrae te
verkry

9.     SLOT
Hierdie Eksamenriglyne-dokument is bedoel om die assesseringsaspirasies wat in die KABV-
dokument voorgestaan word, te verwoord. Dit is derhalwe nie 'n plaasvervanger van die KABV-
dokument, wat onderwysers vir onderrig moet gebruik, nie.

Kwalitatiewe kurrikulumdekking, soos uiteengesit in die KABV, kan nie oorbeklemtoon word nie.

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [CONSUMER STUDIES GR12 MEMO SEPT2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-memo-sept2021-afrikaans/59dc9a05-b4fb-407f-abc4-9a75601a285d) — Consumer Studies · Memo · 2021 · Afr
- [CONSUMER STUDIES GR12 MEMO SEPT2021 English](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-memo-sept2021-english/c38b07a3-bf9b-4476-a23d-bc8a3e729149) — Consumer Studies · Memo · 2021 · Eng
- [CONSUMER STUDIES GR12 QP SEPT2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-qp-sept2021-afrikaans/ac111d70-a8f0-44a9-bfcd-9a514a82e50f) — Consumer Studies · QP · 2021 · Afr
- [CONSUMER STUDIES GR12 QP SEPT2021 English](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-qp-sept2021-english/b8215ada-a0e3-4fc2-97f7-241e4a13d0c6) — Consumer Studies · QP · 2021 · Eng
- [Consumer Studies May June 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-may-june-2019-afr/c605ec86-7671-4d83-9825-1fab2fe851c5) — Consumer Studies · QP · 2021 · Afr
- [Consumer Studies May June 2019 Eng](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-may-june-2019-eng/fc352806-60e5-4f20-84c9-7aaf48115f9e) — Consumer Studies · QP · 2021 · Eng

## More from Grade 12 Consumer Studies

- [Consumer Studies Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-consumer-studies-2025-nsc-november-exam-memorandum/e3e9d053-c332-408f-ac4a-ec420b36e7f8) — Memo · 2025 · Afr
- [Consumer Studies Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-consumer-studies-2025-nsc-november-exam-memorandum-afrikaans/8a5e377e-56ba-4e74-bf85-3168556146ef) — Memo · 2025 · Afr
- [Consumer Studies Nov 2025 Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-consumer-studies-2025-nsc-november-exam-question-paper/aa785fcc-0f84-45fc-9839-6bc2e4db21b3) — QP · 2025 · Eng
- [Consumer Studies Erratum Sept 2024](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-erratum-sept-2024/f34fd578-a6ab-404c-aac5-c5bed951b608) — Errata · 2024
- [CONSUMER STUDIES GR12 MEMO SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-memo-sept2024-afrikaans/4cdd0364-7e2e-4ee3-bf0d-aeb9f7ea7fd5) — Memo · 2024 · Afr
- [CONSUMER STUDIES GR12 MEMO SEPT2024 English](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-memo-sept2024-english/2bd32cbf-c012-4089-bd0e-f8494415bfe8) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
