# Consumer Studies Grade 11 National Exemplar November 2020 QP

> Grade 11 Consumer Studies question paper from the National Exemplar November Exam 2020 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr11-qp-gr11-nov2020-afrikaans/b43aff9a-42de-48ae-95a8-24ff41446ead
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Consumer Studies
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2020
- Exam period: National Exemplar November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Consumer Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/consumer-studies) › [Consumer Studies Grade 11 National Exemplar November 2020 QP](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr11-qp-gr11-nov2020-afrikaans/b43aff9a-42de-48ae-95a8-24ff41446ead)

## About this document

Consumer Studies · Grade 11 · National Exemplar November Exam · 2020 · Afrikaans. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                             GRAAD 11

                     NOVEMBER 2020

                  VERBRUIKERSTUDIES
                    (EKSEMPLAAR)

PUNTE:   150

TYD:     2½ uur

                  Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye.

### Page 2

2                                    VERBRUIKERSTUDIES              (EC/NOVEMBER 2020)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.     Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae.

                                      INHOUD             PUNTE     TYD (min)
        Vraag 1:     Kortvrae (Alle onderwerpe)            35         35
        Vraag 2:     Die Verbruiker                        25         25
        Vraag 3:     Voedsel en Voeding                    30         30
        Vraag 4:     Kleding                               10         10
        Vraag 5:     Behuising                             25         25
        Vraag 6:     Entrepreneurskap                      25         25
        TOTAAL                                            150        150

 2.     ALLE vrae is VERPLIGTEND en moet in die ANTWOORDEBOEK beantwoord
        word.

 3.     Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
        vraestel gebruik is.

 4.     Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

 5.     Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

 6.     Skryf slegs in swart of blou ink.

 7.     Gee aandag aan spelling en sinskonstruksie.

 8.     Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/NOVEMBER 2020)                       VERBRUIKERSTUDIES                                         3

 VRAAG 1: KORTVRAE

 1.1    Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
        Kies die antwoorde en skryf die letter (A–D) langs die vraagnommers
        (1.1.1–1.1.20) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.21 D.

        1.1.1        Die praktyk van insameling en analisering van numeriese inligting
                     word na as … verwys.

                     A    data
                     B    stastistiek
                     C    ŉ sensus
                     D    ŉ model                                                              (1)

        1.1.2        Watter van die volgende is NIE ŉ uitgawe op ŉ begroting NIE:

                     A    ŉ Gimnasiumkontrak
                     B    Versekering
                     C    Wi-Fi-kontrak
                     D    Rente op besparing                                                   (1)

        1.1.3        Indien ŉ persoon kredietwaardig is, sal hulle waarskynlik …

                     A    ŉ kredietkaart slegs in een winkel gebruik.
                     B    geld elektronies oordra.
                     C    goedere en dienste op krediet koop.
                     D    finansiële verpligtinge nakom.                                       (1)

        1.1.4        ŉ Kredietburo …

                     A    gee inligting oor kredietgraderings van individue.
                     B    luister en besluit oor sake wat die verbruiker en
                          kredietverskaffers insluit.
                     C    beskerm die verbruiker in die kredietmark en maak krediet
                          meer toeganklik.
                     D    beskerm en bevorder verbruikersregte en opper verwante
                          kwessies.                                                            (1)

        1.1.5        ŉ Persoon wat ŉ tekort aan water het kan die volgende simptome toon:

                     A    Edeem en hardlywigheid
                     B    Sweet en ŉ hoofpyn
                     C    Moegheid en dehidrasie
                     D    Nierversaking en swakheid                                            (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

4                                 VERBRUIKERSTUDIES                         (EC/NOVEMBER 2020)

       1.1.6     Die hoofsuiker in melk:

                 A    Laktose
                 B    Glukose
                 C    Sukrose
                 D    Fruktose                                                          (1)

       1.1.7     Die wetenskaplike name vir vitamien B2 en vitamien C is:

                 A    Niasien en retinol
                 B    Tiamien en kalsiferol
                 C    Riboflavien en askorbiensuur
                 D    Riboflavien and foliensuur                                        (1)

       1.1.8     ŉ Tekort aan joduim veroorsaak …

                 A    tandbederf.
                 B    te min tiroksien.
                 C    verswakking van spiere.
                 D    vertraagde groei.                                                 (1)

       1.1.9     Nagblindheid is ŉ simptoom van ŉ tekort aan …

                 A    vitamien A.
                 B    vitamien E.
                 C    vitamien B1.
                 D    vitamien B3.                                                      (1)

       1.1.10    Wanneer alles in ŉ uitrusting lyk asof dit saam behoort, is/het die
                 ontwerp …

                 A    gebalanseerd.
                 B    goeie ritme.
                 C    goeie proporsie.
                 D    harmonieus.                                                       (1)

       1.1.11    ŉ Geskikte voorstel vir ŉ vrou met ŉ driehoekige / peervormige
                 liggaamsvorm:

                 A    Gebruik horisontale lyne in die onderste gedeelte van die
                      liggaam
                 B    Dra klokvormige-rompe om die heupe slanker te laat vertoon
                 C    Dra ŉ lang v-neklyn en ŉ lang halssnoer
                 D    Gebruik vertikale lyne bo die middel om breedte te skep           (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/NOVEMBER 2020)                        VERBRUIKERSTUDIES                                         5

        1.1.12       Die veselkonstruksie-tegniek wat die geskikste vir gimnasiumdrag
                     is …

                     A    geweefde tekstielstof.
                     B    gebonde tekstielstof.
                     C    gebreide tekstielstof.
                     D    hitte-gebonde tekstielstof.                                           (1)

        1.1.13       ŉ Statiese-beheer afwerking beteken dat die materiaal …

                     A    nie maklike kreukel nie.
                     B    bestand is teen aan die brand slaan.
                     C    nie aan die liggaam sal vaskleef nie.
                     D    nie vullis aantrek nie.                                               (1)

        1.1.14       Deur gebruik te maak van ŉ dominante horisontale lyn sal ŉ
                     kamer …

                     A    hoër vertoon en stabiliteit oordra.
                     B    langer vertoon wat grasieuse beweging skep.
                     C    ŉ gevoel van hoogte en informaliteit skep.
                     D    wyer vertoon en ŉ gevoel van kalmte skep.                             (1)

        1.1.15       Die dekor in ŉ leefkamer is vuilpienk en varingroen.
                     Die kleurharmonie is dus …

                     A    komplementerend.
                     B    analogies.
                     C    dubbel-komplementerend.
                     D    monochromaties.                                                       (1)

        1.1.16       Hierdie kleur sal ŉ gevoel van ruimte en warmte in ŉ klein vertrek
                     skep:

                     A    Lig oranje
                     B    Donker oranje
                     C    Donker rooi
                     D    Rooi oranje                                                           (1)

        1.1.17       ŉ ‘Hue’ word ligter gemaak deur wit by te voeg en dit staan as ŉ …
                     bekend.

                     A    skakering
                     B    toon
                     C    spektrum
                     D    tint                                                                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

6                                  VERBRUIKERSTUDIES                         (EC/NOVEMBER 2020)

       1.1.18    ŉ Besigheid word as suksesvol beskryf, indien dit … kan oorleef.

                 A    uitgawes
                 B    standaarisasie
                 C    prakties
                 D    veranderinge                                                          (1)

       1.1.19    ŉ Produkspesifikasie is ...

                 A    besigheidstelling van ŉ unieke idee.
                 B    produk se vereiste eienskap.
                 C    hoeveelheid produk wat ŉ besigheid verkoop.
                 D    rig van jou produk na ŉ spesifieke persoon.                           (1)

       1.1.20    Wanneer werkgewers staak, is die faktor wat die produksiekoste
                 beïnvloed:

                 A    Elektrisiteit
                 B    Arbeid
                 C    Kapitaal
                 D    Natuurlike hulpbron                                                   (1)

 1.2   Kies die funksie in KOLOM B wat by die nutriënt in KOLOM A pas. Skryf slegs
       die korrekte letter (A–G) langs die vraagnommers (1.2.1–1.2.5) in die
       ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.6 H.

                   KOLOM A                                 KOLOM B
                  NUTRIЁNT                                 FUNKSIE
       1.2.1    Water                          A   ŉ Gekonsentreerde vorm van
                                                   energie

       1.2.2    Vitamien K                     B   Nodig vir senuweefunksionering

       1.2.3    Vet                            C   Beheer die liggaamstemperatuur

       1.2.4    Vitamien C                     D   Voorkom selbeskadiging

       1.2.5    Foliensuur                     E   Noodsaaklik vir die instandhouding
                                                   van bindweefsel

                                               F   Nodig vir bloedstolling

                                               G   Vorm genetiese materiaal/
                                                   DNA/DNS
                                                                                  (5 x 1) (5)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/NOVEMBER 2020)                       VERBRUIKERSTUDIES                                            7

 1.3    Identifiseer DRIE voorbeelde van chemiese besmetting in voedsel word in
        die onderstaande illustrasies getoon word. Skryf slegs letters (A–F) langs die
        vraagnommer (1.3) in die ANTWOORDEBOEK.

                     A                          B                           C

                     D                          E                            F
                                                                    [Bron: Google images]       (3)

 1.4    Gee EEN woord vir elk van die onderstaande beskrywings. Skryf slegs die
        woord/term langs die vraagnommers (1.4.1–1.4.4) in die ANTWOORDE-
        BOEK neer.

        1.4.1     Finansiële hulp van die regering om die lewenstandaard van mense
                  wat kwesbaar vir armoede is, te verbeter

        1.4.2     ŉ Werwingskema wat goeie opbrengste belowe indien meer mense
                  gewerf word

        1.4.3     ŉ Sentrale stuk van die ontwerp wat as aandagtrekker in ŉ leefarea
                  dien om ŉ interessante punt te skep

        1.4.4     Dit word beskryf as die saampas regdeur die ontwerp wat ŉ gevoel
                  van eenheid skep                                           (4 x 1)            (4)

 1.5    Identifiseer DRIE voorbeelde wat die kernbeginsels van bemarking uitbeeld.
        Skryf slegs die letters (A–F) langs die vraagnommer (1.5) in die
        ANTWOORDEBOEK neer.

        A       Bereik meer mense deur elektronies te adverteer.
        B       Wanneer die besigheid mense moet aflê.
        C       ŉ Oorsese maatskappy sal in die besigheid belê.
        D       Sluiting van die besigheid gedurende die grendeltyd wat deur die
                regering ingestel is.
        E       Vyf werkers is nie baie stiptelik nie.
        F       ŉ Nuwe vleuel van die fabriek is gebou om uitbreiding moontlik te
                maak.                                                           (3 x 1)        (3)
                                                                                              [35]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 8

8                                  VERBRUIKERSTUDIES                      (EC/NOVEMBER 2020)

 VRAAG 2: DIE VERBRUIKER

 2.1   Bestudeer die onderstaande gevallestudie en beantwoord die vrae wat volg.

       Nwabisa deel ŉ woonstel met twee vriende. Sy volg ŉ begroting om haar
       persoonlike finansies te organiseer. Sy beoog om R4 800,00 gedurende die
       jaar te spaar want sy wil op ŉ Kersfeesvakansie gaan. Tot dusver het sy
       R3 600,00 gespaar. Die volgende tabel toon haar beplande en werklike syfer
       vir die maand van Oktober.

                                                Begroting           Werklike
       Inkomste                                    Rand               Rand
       Salaris (Werk voltyds)                    7 500,00            7 500,00
       Lone (Deeltydse werk oor naweke)           500,00              650,00
       TOTAAL                                   R8 000,00           R8 150,00

       Uitgawes
       Spaar vir Kersfees                         400,00              400,00
       Huurbydrae vir gemeenskaplike
       woning                                    2 500,00            2 500,00
       Water en elektrisiteit (deel)              275,00              300,00
       Terugbetaling van haar studielening       2 000,00            2 000,00
       Bydrae vir gemeenskaplike
       kruideniersware                           1 600,00            1 600,00
       Selfoonkontrak                             340,00              340,00
       Bydrae vir petrol vir pendelvoertuig       330,00              300,00
       Toiletware                                 230,00              230,00
       Onthaal/Vermaak                            325,00              375,00
       Aanlyn-klere-aankope                                           300,00

       2.1.1    Definieer die term begroting.                                          (2)

       2.1.2    Gee TWEE ander bronne van inkomste vir huishoudings, uitsluitend
                salaris.                                                               (2)

       2.1.3    Bespreek hoe die huishoudelike samestelling / die tipe huishouding
                haar uitgawepatroon beïnvloed het.                                     (4)

       2.1.4    Identifiseer TWEE vaste uitgawes en TWEE veranderlike uitgawes.
                Tabuleer soos volg.

                           Vaste                           Veranderlike
                                          (2)                                    (2)   (4)

       2.1.5    Evalueer die begroting. Vergelyk die beplande uitgawes met die
                werklike uitgawes en gee TWEE regstellende stappe om die
                begroting te balanseer.                                                (6)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/NOVEMBER 2020)                      VERBRUIKERSTUDIES                                        9

 2.2   Lees die onderstaande gevallestudie en beantwoord die vrae wat volg.

       Shane gebruik sy kredietkaart om vir baie van sy goedere en dienste te betaal.
       Hy het na die plaaslike elektroniese winkel gegaan om ŉ televisie met sy
       kredietkaart te koop. Hy het weer oor sy kredietperk gegaan en sal rente op
       die uitstaande bedrag aan die bank skuld. Hy sal nie die rente vir ŉ paar
       maande kan betaal nie, want hy het nog skuld op twee winkelkaarte. Hy besluit
       om hulp by een van die skuldberaders te soek.

       2.2.1    Gee TWEE nadele aan Shane vir die gebruik van ŉ kredietkaart vir sy
                aankope.                                                                         (2)

       2.2.2    Identifiseer die kredietvoorsiener in die gevallestudie.                         (1)

       2.2.3    Die Nasionale Kredietwet (NKW) dien om die verbruiker te beskerm.
                Noem EEN area wat die NKW in die geval van kredietkaarte stipuleer.              (1)

       2.2.4    Verduidelik hoe die skuldberader se diens Shane sal help.                    (3)
                                                                                            [25]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

10                                VERBRUIKERSTUDIES                        (EC/NOVEMBER 2020)

 VRAAG 3: VOEDSEL EN VOEDING

 3.1   Sardyntjies is bekend as ŉ gesonde dierlike proteïen voedselbron.

       3.1.1    Gee TWEE ander dierlike proteïenbronne.                                  (2)

       3.1.2    Noem die vitamien wat slegs in dierlike produkte gevind word.            (1)

       3.1.3    Gee ŉ essensiële vetsuur wat in vis voorkom en gee EEN funksie
                van hierdie vetsuur.                                                     (2)

       3.1.4    Verduidelik hoe sardyntjies hoë biologiese waarde het.                   (3)

 3.2   Verwys na die onderstaande illustrasies en beantwoord die vrae wat volg.

               A – Advokadopeer                           B – Room

                                                                 [Bron: Google images]

       Vergelyk die tipe vet wat in die voedsel gemerk A en B gevind word.
       Tabuleer jou antwoord soos volg.

                                       A – Advokadopeer             B – Room
        Tipe vet                                       (1)                        (1)
        Effek op bloed
        cholesterolvlakke                                 (1)                     (1)
        ŉ Ander voedsel-item
        voorbeeld van hierdie tipe
        vet                                               (1)                     (1)    (6)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

(EC/NOVEMBER 2020)                   VERBRUIKERSTUDIES                                       11

 3.3    Lees die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg.

        Voldoende voeding is belangrik vir genoegsame groei en ontwikkeling
        gedurende die jong volwasse jare. Vandag se tieners eet meer as die
        aanbevole hoeveelhede vet, bygevoegde suikers, eenvoudige koolhidrate en
        onvoldoende hoeveelheid vesel, yster en kalsuim. Die fokus op die insluiting
        van belangrike nutriënte in die dieet van jong volwassenes sal hulle help om
        meer energiek en gesonder te wees.

                                                  [Aangepas uit healthyeating.sfgate.com]

        3.3.1    Meld die hooffunksie van kalsuim en lys TWEE nutriënte wat saam
                 met kalsium werk om dit meer effektief te maak.                             (4)

        3.3.2    Verduidelik waarom ŉ jong volwasse vrou meer yster benodig as ŉ
                 man van dieselfde ouderdom.                                                 (2)

        3.3.3    Beskryf die rol van yster in die voorkoming van moegheid wat ŉ
                 simptoom van ystertekort (anemie) is.                                       (4)

        3.3.4    Bespreek die implikasies wanneer jong volwassenes meer
                 bygevoegde suiker, eenvoudige koolhidrate en onvoldoende
                 hoeveelheid volgraan in hul dieet inneem.                (3 x 2)            (6)
                                                                                            [30]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

12                                VERBRUIKERSTUDIES                        (EC/NOVEMBER 2020)

 VRAAG 4: KLEDING

 4.1    Verwys na die onderstaande illustrasies en beantwoord die vrae wat volg.

                                                                     Vertikaal
                                                                     gestreepte
                                                                     hemp

                      Lang jas
                                                                     Lospassende
                                                                     tapered broek

                                                                   [Bron: Google images]

        4.1.1   Meld TWEE tekstielafwerkings wat gebruik kan word om die voorkoms
                van die katoen-materiaal waarvan die hemp gemaak is, te verbeter.           (2)

        4.1.2   Die jas is van wol gemaak. Bespreek EEN veseleienskap wat die jas
                gemaklik sal maak om te dra.                                                (2)

        4.1.3   Identifiseer die dominante lyn in die hemp en gee die effek wat dit op
                die liggaam sal hê.                                                         (3)

        4.1.4   Bespreek hoe ritme in die uitrusting verkry is.                             (3)
                                                                                           [10]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

(EC/NOVEMBER 2020)                   VERBRUIKERSTUDIES                                       13

 VRAAG 5: INTERIEUR

 5.1   Verwys na die onderstaande prent en beantwoord die vrae wat volg.

                                                                    [Bron: Google images]

       5.1.1 Definieer die term tekstuur.                                                   (2)

       5.1.2 Bespreek die effek wat die tekstuur van die kopstuk van die bed op die
             kamer sal hȇ.                                                                  (2)

       5.1.3 Die bedlamp in die prent is ŉ soortgelyke styl as die lamp in die
             voorbeeld hieronder getoon. Bespreek hoe die ontwerpbeginsel
             proporsie op die lamp toegepas is.                                             (3)

                                            [Bron: Google images]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

14                                 VERBRUIKERSTUDIES                        (EC/NOVEMBER 2020)

 5.2   Lees die onderstaande scenario en beantwoord die vrae wat volg.

       Betty het beperkte spasie in haar hangkas. Sy moet ŉ houer vir haar kamer
       aankoop waarin sy al haar winterklere kan wegpak. Sy wil ŉ verantwoordelike
       omgewingsvriendelike verbruiker wees wanneer sy ŉ keuse maak. Sy het haar
       keuses tot die volgende drie opsies beperk.

                     A – Houtkis                           B – Rottang

                                   C – Plastiek

       Vergelyk die drie houers volgens die geskiktheid van haar behoefte en of dit
       van ŉ ekovriendelik materiaal vervaardig is. Tabuleer jou antwoord soos volg.

           Kriteria          A – Houtkis          B – Rottang         C – Plastiek
       Geskiktheid vir
       behoefte                        (1)                      (1)                  (1)
       Ekovriendelik                   (1)                      (1)                  (1)   (6)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 15

(EC/NOVEMBER 2020)                    VERBRUIKERSTUDIES                                    15

 5.3    Bestudeer die onderstaande meubelplan en beantwoord die vrae wat volg.

        5.3.1    Noem die sone wat deur die sitkamer verteenwoordig word.                 (1)

        5.3.2    Identifiseer EEN ander aktiwiteit behalwe die geselsarea waarvoor
                 daar in die kamer voorsiening gemaak word.                               (1)

        5.3.3    Bespreek die verskillende soorte beligtingstipes wat in die vertrek
                 sigbaar is.                                                              (4)

        5.3.4    Evalueer die meubelrangskikking van die vertrek.                        (6)
                                                                                        [25]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 16

16                               VERBRUIKERSTUDIES                          (EC/NOVEMBER 2020)

 QUESTION 6: ENTREPRENEURSKAP

 6.1   Lees die onderstaande gevallestudie en beantwoord die vrae wat volg.

       Toe Angie in graad 8 was het haar ouma haar die basiese
       grondslag/vaardigheid van naaldwerk geleer. Oor die afgelope jare het sy ŉ
       basiese patroon gebruik om klere te maak. Met die uitbreek van die
       coronavirus in Suid-Afrika het sy besluit om gesigsmaskers te maak. Sy het
       navorsing op die internet gedoen en het twee ontwerpe geskep. Die een
       ontwerp is waar die masker, met rek oor die ore gaan en die ander een is
       waar die masker met rek oor die kop gaan. Sy het ou kussingslope gehad vir
       die materiaal wat opgesny kan word, en dit was ŉ goeie kwaliteit
       styfgeweefde katoen. Sy het dit uitgetoets om seker te maak dat dit gemaklik
       is en dat dit maklik is om deur die materiaal asem te haal. Haar vriend het
       haar gevra om vir haar ŉ masker te maak. Sy het gou met die toename van
       die pandemie besef dat daar ŉ behoefte aan maskers is. Deur maskers te
       verkoop kon sy ŉ finansiële bydrae tot die familie inkomste lewer. Sy was vol
       vertroue en het haar maskers op sosiale media bemark. Sy was oorweldig
       met mense wat maskers wou bestel.

       Sy wou hȇ die maskers moet herbruikbaar, wasbaar, die verspreiding van
       COVID-19 beperk, sowel as om mense teen stof te beskerm en met sinus-
       lyers help. Sy moet haar produksiekoste dek maar die verkoopprys moet
       bekostigbaar wees. Sodra die ou kussingslope opgebruik is om herbewonne
       maskers te maak, sal sy haar winste gebruik om goeie kwaliteit katoen te
       koop. Sy het ook besluit om haar gemeenskap te help deur een masker vir
       elke twee maskers wat sy verkoop, aan behoeftiges te skenk.

       Sy was seker dat daar in die toekoms nog ŉ aanvraag vir die maskers sal
       wees, omdat sy dit ŉ stylvolle modebykomstigheid sal maak.

                                                              [Eksaminator se eie teks]

       6.1.1    Noem TWEE eienskappe wat Angie besit, wat positiewe sterkpunte
                van ŉ entrepreneur is.                                                    (2)

        6.1.2   Identifiseer TWEE groepe mense waarby die maskers sal aanklank
                vind, behalwe die mense wat beskerming teen die virus wil hȇ.             (2)

        6.1.3   Noem enige DRIE P’s in die bemarkingsamestelling en gee ŉ
                voorbeeld vanuit die gevallestudie vir elkeen.                            (6)

        6.1.4   Identifiseer die stadium waar die maskers in produklewensiklus sal
                wees in die volgende voorbeelde uit die gevallestudie:

                (a)   Sy het haar maskers op sosiale media bemark                         (1)

                (b)   Daar sal nog ŉ groot aanvraag wees en sy kan hulle as ŉ
                      stylvolle modebykomstigheid maak                                    (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 17

(EC/NOVEMBER 2020)                    VERBRUIKERSTUDIES                                    17

       6.1.5     Bespreek hoe haar maskers ŉ mededingende voordeel tydens die
                 pandemie toe maskers vereis was, gehad het.                              (4)

6.2    Angie se vereistes en die koste van die materiaal en die verpakking van tien
       maskers is soos volg.

                    VEREISTES                              KOSTES
       Materiaal: benodig 1 meter                       R79,99 per meter
       Garing benodig: ¼ tol                             R15,65 per tol
       Rek: 3 meters                                    R5,95 per meter
       Etiket: pak van 10                                    R2,70
       Verpakking: pak van 10                               R10,00

       6.2.1     Bereken die produksiekoste vir 10 maskers.                               (3)

       6.2.2     Bereken die wins op 10 maskers as sy 75% wins maak.                      (3)

       6.2.3     Bereken die verkoopprys van EEN masker. Rond tot die naaste rand
                 af.                                                                     (3)
                                                                                        [25]

                                                                         TOTAAL:         150

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

## Related documents

- [CONSUMER STUDIES GR11 MEMO GR11 NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr11-memo-gr11-nov2020-afrikaans/f606e33e-0eb7-4519-be82-f85bb232e9e1) — Consumer Studies · Memo · 2020 · Afr
- [CONSUMER STUDIES GR11 MEMO NOV2020 AFR D](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr11-memo-nov2020-afr-d/88280604-0722-46b6-9e12-a731ea64c240) — Consumer Studies · Memo · 2020 · Afr
- [CONSUMER STUDIES GR11 QP MEMO NOV2020 AFR D](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr11-qp-memo-nov2020-afr-d/cc44b7cc-9697-4dd2-b2c2-dc78c78c94bb) — Consumer Studies · Memo · 2020 · Afr
- [CONSUMER STUDIES GR11 MEMO NOV2020 ENG D](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr11-memo-nov2020-eng-d/c072dbdb-88ab-4c8e-8872-68fc13380cdd) — Consumer Studies · Memo · 2020 · Eng
- [CONSUMER STUDIES GR11 QP MEMO NOV2020 ENG D](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr11-qp-memo-nov2020-eng-d/b37b8d40-d671-41e0-92ad-697f271b6dee) — Consumer Studies · Memo · 2020 · Eng
- [CONSUMER STUDIES GR11 QP NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr11-qp-nov2018-afrikaans/929cb311-86eb-4c12-8741-79e560a79f44) — Consumer Studies · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 11 Consumer Studies

- [Gr 11 Con Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-con-stu-atp-2023-24/ac4fc15b-afd5-4962-81be-2cac053bf185) — ATP
- [CONSUMER STUDIES GR12 MEMO NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-memo-nov2022-afrikaans/d7512f46-9ccd-48dc-a3b8-1dcf41088c4d) — Memo · 2022 · Afr
- [CONSUMER STUDIES MEMO GR11 NOV 2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-memo-gr11-nov-2019-afrikaans/6f5134ec-8288-4e70-9a63-2d3bb6e7b92f) — Memo · 2019 · Afr
- [CONSUMER STUDIES GR11 MEMO NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr11-memo-nov2018-afrikaans/db0a0d89-a60b-4007-80c8-8b98b9216f05) — Memo · 2018 · Afr
- [CONSUMER STUDIES GR11 QP NOV2018 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr11-qp-nov2018-eng-d/49fc08f1-0d53-4628-813f-ffd8479359cb) — QP · 2018 · Eng
- [CONSUMER STUDIES GR11 MEMO NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr11-memo-nov2017-afrikaans/abe38b25-f7de-4dcf-acdc-8621b998566c) — Memo · 2017 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
