# Consumer Studies Grade 11 Eastern Cape November 2016 QP

> Grade 11 Consumer Studies question paper from the Eastern Cape November 2016 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr11-qp-nov2016-afr/54fad33a-5ce8-4801-9e36-9fa8a2a3cef0
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Consumer Studies
- Grade: Grade 11
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: Eastern Cape November
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Consumer Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/consumer-studies) › [Consumer Studies Grade 11 Eastern Cape November 2016 QP](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr11-qp-nov2016-afr/54fad33a-5ce8-4801-9e36-9fa8a2a3cef0)

## About this document

Consumer Studies · Grade 11 · Eastern Cape November · 2016. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                        NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                           GRAAD 11

                     NOVEMBER 2016

                  VERBRUIKERSTUDIES

PUNTE:   200

TYD:     3 uur

                   Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                  VERBRUIKERSTUDIES                   (EC/NOVEMBER 2016)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae.

                                                                         TYD
         VRAAG                     INHOUD               PUNTE
                                                                       (MINUTE)
            1          Kortvrae (alle onderwerpe)         40              20
            2          Die Verbruiker                     30              30
            3          Voedsel en Voeding                 40              40
            4          Kleding                            30              30
            5          Behuising                          30              30
            6          Entrepreneurskap                   30              30
                                            TOTAAL        200             180

2.    Alle vrae is VERPLIGTEND.

3.    Nommer die vrae korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
      gebruik is.

4.    Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

5.    Jy mag ŉ sakrekenaar gebruik.

6.    Skryf slegs in swart of blou ink.

7.    Gee aandag aan spelling en sinskonstruksie.

8.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016)                    VERBRUIKERSTUDIES                                        3

VRAAG 1: KORTVRAE

1.1    Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee .
       Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
       (1.1.1–1.1.20) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.1 C.

       1.1.1     Die voordeel om ŉ debietkaart te gebruik is …

                 A      dat dit nie nodig is om groot hoeveelhede geld rond te dra nie.
                 B      daar is ŉ limiet op die hoeveelheid wat jy kan spandeer.
                 C      die kaarthouer het streng beheer oor die hoeveelheid wat
                        hy/sy spandeer.
                 D      dat dit die verbruiker help om ŉ goeie kredietrekord te bou.               (1)

       1.1.2     Afbetalings-kooptransaksies laat die koper toe om ...

                 A      die volle bedrag in kontant te betaal.
                 B      die item te betaal terwyl dit in die winkel bly.
                 C      die artikel te gebruik voordat dit teen volle opbetaal is.
                 D      eienaarskap te aanvaar voordat ten volle betaal is.                        (1)

       1.1.3     Identifiseer EEN voordeel om ŉ huishoudelike begroting te gebruik:

                 A      ŉ Persoon ontvang rente omdat hy skuld het
                 B      Dit help jou om die spandeer van jou geld te kontroleer
                 C      Dit laat jou toe om te koop wat jy wil hê
                 D      ŉ Persoon kom in aanmerking vir ŉ toelaag                                  (1)

       1.1.4     Die … kollekteer inligting oor persone wat nie hulle skuld betaal nie.

                 A      Verbruikerstribunaal
                 B      Verbruikersforum
                 C      Nasionale Kredietreguleerder
                 D      Kredietburo                                                                (1)

       1.1.5     Identifiseer die faktore wat ŉ rol speel in die individuele basale
                 metaboliese tempo.

                 A      Ouderdom, kultuur en geslag
                 B      Ouderdom, geslag en gesondheidstoestand
                 C      Liggaamstipe, kultuur en voedselallergieë
                 D      Voedselallergieë, gesondheidstoestand en groei                             (1)

       1.1.6     Die eet van genoeg groen blaargroentes en heelgraan ontbyte sal …
                 voorkom.

                 A      ragitis
                 B      skeurbuik
                 C      anemie
                 D      pellagra                                                                   (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                 VERBRUIKERSTUDIES                        (EC/NOVEMBER 2016)

      1.1.7     Voedselbronne wat dieetvesel bevat is belangrik vir die funksionering
                van die liggaam:

                A      Bevorder die absorpsie van vitamien C
                B      Bevorder die afbreek van koolhidrate
                C      Verlaag die cholesterolvlak
                D      Help om die liggaamstemperatuur te reguleer                               (1)

      1.1.8     … speel ŉ rol in die vorming en beheer van bindweefsel:
                A      Vitamien K
                B      Vitamien A
                C      Vitamien E
                D      Vitamien C                                                                (1)
      1.1.9     Om ŉ kalm, rustige atmosfeer in ŉ vertrek te kry, gebruik ...
                A      warm kleure en diagonale lyne.
                B      horisontale lyne.
                C      gladde, blink oppervlaktes.
                D      warm kleure.                                                              (1)
      1.1.10    Wanneer daar ŉ geleidelike verandering in grootte is van groot na
                klein:
                A      Progressie
                B      Afwisseling
                C      Herhaling
                D      Aaneenlopende lyn                                                         (1)
      1.1.11    Identifiseer die sekondêre kleure:

                A      Oranje, groen, pers
                B      Rooi, blou, oranje
                C      Geel, pers, groen
                D      Blou, rooi, geel                                                          (1)
      1.1.12    Verskillende voorwerpe van ŉ ontwerp word in ŉ sirkel rondom ŉ
                sentrale punt gerangskik:
                A      Simmetriese balans
                B      Asimmetriese balans
                C      Radiasie
                D      Radiale balans                                                            (1)
      1.1.13    Die tipe vloerplan waar groot areas inmekaar vloei word ŉ … -plan
                genoem.
                A      geslote
                B      oop
                C      enkelverdieping
                D      dubbelverdieping                                                          (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016)                    VERBRUIKERSTUDIES                                    5

       1.1.14    ’n Gesin met klein kinders moet meubels koop wat …

                 A      stylvol en kreukelvry is.
                 B      duursaam en maklik is om skoon te maak.
                 C      nie duur en modieus is nie.
                 D      is van herwinbare hout gemaak.                                         (1)

       1.1.15    Ergonomiese ontwerpte meubels moet …

                 A      maklik skoongemaak kan word.
                 B      die nuutste mode reflekteer.
                 C      verseker dat fisiese gemak volgehou word.
                 D      ekovriendelik wees.                                                    (1)

       1.1.16    ’n Verantwoordelike verbruiker sal die volgende doen voordat
                 aankope gedoen word:

                 A      Gaan die aankope dadelik na vir enige defekte
                 B      Hou bewyse van aankope en waarborg veilig
                 C      Lees die instruksieboek sorgvuldig deur
                 D      Lees die kontrak en waarborg voordat jy op krediet koop                (1)

       1.1.17    Om die breekpunt vir ŉ entrepreneur te bepaal moet …

                 A      kliënte ŉ beter kwaliteit bied.
                 B      besluit wie is sy teikenmark.
                 C      verseker dat hy die korrekte hoeveelheid produkte verkoop.
                 D      die produk aanpas en verbeter.                                         (1)

       1.1.18    Om ŉ kompeterende voordeel te hê moet ŉ entrepreneur …

                 A      se produkte meer effektief produseer wees as sy
                        kompeteerders.
                 B      meer produkte as sy kompeteerders produseer.
                 C      nie dieselfde produk as sy kompeteerders produseer nie.
                 D      om nie produkte van goeie kwaliteit te produseer nie.                  (1)

       1.1.19    Die konsep toetsing word gedoen om …

                 A      ŉ nuwe idee te bemark.
                 B      potensiële kliënte te identifiseer.
                 C      ŉ produk-idee te evalueer.
                 D      om nuttige inligting te gee.                                           (1)

       1.1.20    ŉ Potensiële winsgewende besigheid is een wat …

                 A      modieuse produkte aanhou wat tieners sal koop.
                 B      ŉ onbevredigde behoefte in die markplek bevredig.
                 C      baie geleenthede vir die werkers bied.
                 D      die eienaar baie gou ryk sal maak.                                     (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                VERBRUIKERSTUDIES                         (EC/NOVEMBER 2016)

1.2   Kies die beskrywing uit KOLOM B wat by die tipe rekening in KOLOM A pas.
      Skryf slegs die letter (A–G) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die
      ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld 1.2.6 H.

                  KOLOM A                                    KOLOM B
                Tipe Rekening                               Beskrywing
      1.2.1     Spaarrekening               A     Baie min rente word op die balans
                                                  van die rekening betaal

      1.2.2     Geldmarkrekening            B     Bank bied lae rente plus oortrokke
                                                  fasiliteite

      1.2.3     Aanvraagrekening            C     ŉ Minimum openingsdeposito van
                                                  R0 tot R50

      1.2.4     Vaste deposito rekening     D     Bank van geld kan gedoen word
                                                  deur internet of selfoon

      1.2.5     Lopende rekening            E     Geld word vir ŉ vaste periode met
                                                  hoër rente belê

                                            F     ŉ Minimum balans van R1 000 moet
                                                  ten alle tye beskikbaar wees

                                            G     Word gebruik as belegging; geld
                                                  moet nie onttrek word nie
                                                                               (5 x 1)           (5)

1.3   Kies ŉ funksie uit KOLOM B wat pas by die nutriënte in KOLOM A. Skryf slegs
      die letter (A–G) langs die vraagnommer (1.3.1−1.3.5) in die ANTWOORDE-
      BOEK neer, byvoorbeeld 1.3.6 H.

              KOLOM A                                 KOLOM B
              Nutriënte                                Funksies
      1.3.1   Retinol              A      Vorm deel van ensieme en insulien

      1.3.2    Natrium             B      Reguleer die vloeistofbalans in die selle

      1.3.3    Riboflavien         C      Essensieel vir bloedstolling

      1.3.4    Kalsium             D      Belangrik vir goeie sig

      1.3.5    Sink                E      Stel energie van koolhidrate, proteïene en
                                          vet vry

                                   F      Handhaaf die pH balans in die liggaam

                                   G      Bou sterk tande en bene

                                                                                  (5 x 1)        (5)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016)                    VERBRUIKERSTUDIES                                       7

1.4    Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
       woord/term langs die vraagnommer (1.4.1−1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK.

       1.4.1    Die tekening van alle kamers in ŉ spesifieke huis

       1.4.2    ŉ Opgeleide persoon wat bouplanne optrek en bouspesifikasies gee

       1.4.3    Die natuurlike roete wat ŉ persoon volg wanneer hy/sy ŉ kamer
                binnekom of verlaat

       1.4.4    Dit verwys na die rigting wat die kamers in ŉ huis toon

       1.4.5    ŉ Spasie in ŉ huis wat aangewese is vir ŉ spesifieke doel of aktiwiteit
                                                                                  (5 x 1)         (5)

1.5    Gee die korrekte term vanuit die hakkies. Skryf slegs die woord(e) langs die
       vraagnommer (1.5.1−1.5.5) in die ANTWOORDEBOEK.

       1.5.1 ŉ (Toon/Tint) word verkry deur grys by te voeg by suiwer kleure.

       1.5.2 (Embossering/Kalendering) is wanneer kleedstof deur grafeerrollers
             gaan en ŉ drie-dimensionele ontwerp word op die oppervlak van die
             materiaal geskep.

       1.5.3 (Waarde/Intensiteit) beskryf die ligtheid of donkerheid van ŉ kleur.

       1.5.4 (Sanforisering/Mercerising) is ŉ proses om materiaal saam te pers
             sodat dit krimpbestand is.

       1.5.5 (Ritme/Harmonie) skep die indruk van eenheid deur die keuse en
             rangskikking van voorwerpe en idees.
                                                                                    (5 x 1)    (5)
                                                                                              [40]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                  VERBRUIKERSTUDIES                        (EC/NOVEMBER 2016)

VRAAG 2: DIE VERBRUIKER

2.1    Definieer die term begroting.                                                             (2)

2.2    Verduidelik wat vaste uitgawes is.                                                        (2)

2.3    Lees die onderstaande scenario en beantwoord die vrae wat volg.

       Mnr. Abrahams              Elektrisiën en verdien ŉ groot salaris
                                  Eie besigheid
       Mev. Abrahams              Onderwyser en verdien ŉ middel-inkomste salaris
       Ouma                       Pensionaris
                                  Spaar die helfte van haar maandelikse pensioen
                                   met ŉ aanvraagrekening
                                        Aktiwiteite
          Gebruik hulle kredietkaart om met vakansie in Junie en Desember te gaan
          Gaan eet baie uit
          Koop organiese voedsel van Woolworths
          Koop wegneemetes op ŉ gereelde basis
          Dra net klere met handelsname
          Bly in ŉ duur behuisingskompleks
       Hierdie familie het baie skuld. Hulle motor is al teruggeneem en hulle kan
       dalk die huis verloor.

       2.3.1    Beskryf VYF maniere hoe ŉ begroting hierdie gesin kan help met
                hulle finansies.                                                                 (5)

       2.3.2    Identifiseer hierdie familie se bronne van inkomste.                             (2)

       2.3.3    Bespreek die VYF faktore wat hierdie gesin se uitgawepatroon
                beïnvloed.                                                                   (10)

       2.3.4    Verduidelik die nadele van die gebruik van hulle kredietkaart vir
                klere, organiese kos en vakansies.                                               (3)

2.4    Analiseer die voordele wat die Ouma het deur haar pensioen in ŉ
       aanvraagrekening te spaar.                                                                (2)

2.5    Mnr. Abrahams se vriend het hom gevra om by ŉ piramideskema aan te sluit.

       2.5.1    Verduidelik wat ŉ piramideskema is.                                              (2)

       2.5.2    Gee TWEE redes waarom Mnr. Abrahams nie by die
                piramideskema moet aansluit nie.                                                 (2)
                                                                                             [30]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016)                      VERBRUIKERSTUDIES                                     9

VRAAG 3: VOEDSEL EN VOEDING

3.1    Noem VIER funksies van proteïene.                                                      (4)

3.2    Gee DRIE redes waarom ŉ dieet met te veel stysel nie aanbeveel word nie.               (3)

3.3    Verduidelik waarom ŉ persoon wat gewig wil verloor, nie alle bronne van
       stysel uit hul dieet moet laat nie.                                                    (2)

3.4    Vergelyk die nutriënt behoeftes van ŉ kleuter met die nutriënt behoeftes van
       ŉ jong volwassene deur die onderstaande tabel te voltooi:

           Spesifieke nutriënt behoeftes          Kleuter              Jong volwassene
       3.4.1    Proteïene                               (1)                         (1)
       3.4.2    Yster                                   (1)                         (1)
       3.4.3    Kalsium                                 (1)                           (1)
                                                                                              (6)

3.5    Bestudeer die volgende uittreksel van Voedselsamestellingtabelle van Suid-
       Afrika en beantwoord die vrae wat volg.

                             Graanprodukte per 100 g eetbare voedsel
                                                    Makronutrients
                                     Mols-g       En-kJ       Tot N-g         Prot-g
            Voedselnaam
                                     An Pr         Fat-g      SFA-g           MFA-g
                                                  CHO-g       TFib-g          AdSu-g
       Broodrolletjies                 39,0       1 029         144             9,0
       Bruin (gefortifiseer)            0,0         1,4        0,25            0,49
                                                   43,0         5,5             Tr
       Broodrolletjies                 34,0       1 127          –             11,6
       Bruin (hoog in                   0,0         2,7          –               –
       proteïene)                                  41,1         7,7            0,01
       Broodrolletjies                 39,0        1036         141             8,8
       Wit (gefortifiseer)              0,0         1,4        0,24            0,47
                                         0         45,9         3,2             Tr
       Broodrolletjies                 33,2       1 146          –             11,7
       Wit (hoog in proteïene)          0,0         2,4          –               –
                                         –         47,8         2,7             0,0
       Broodrolletjies                 36,8       1 082          –               –
       Volgraan                         0,0         2,1        0,42            0,42
                                         0         44,2         6,6             6,6

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                 VERBRUIKERSTUDIES                       (EC/NOVEMBER 2016)

      3.5.1     Verduidelik wat gefortifiseer is.                                           (2)

      3.5.2     Identifiseer die tipe broodrolletjies wat die meeste energie verskaf
                en gee redes vir jou antwoord.                                              (4)

      3.5.3     Beveel die broodrolletjies aan wat die mees geskikste sal wees vir
                ŉ groeiende kind en gee ŉ rede vir jou antwoord.                            (2)

      3.5.4     Gee redes waarom die regering besluit het om broodmeel te                   (3)
                fortifiseer.

3.6   Beskryf hoe kruiskontaminasie in die kombuis plaasvind.                               (4)

3.7   Verduidelik waarom mense wat met kos werk beskermende klere moet dra.                 (2)

3.8   Bestudeer die onderstaande resep en beantwoord die vraag wat volg.

                                       Maalvleispastei

                                    2 medium aartappels
                                          25 mℓ olie
                                             ½ ui
                                       250 g maalvleis
                                        knippie peper
                                            ½ eier
                                      25 mℓ margarien
                                          1 mℓ sout
                                     knippie swart peper

      Evalueer die geskiktheid van die onderstaande resep vir ’n bejaarde
      persoon.                                                                              (8)
                                                                                           [40]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016)                     VERBRUIKERSTUDIES                                11

  VRAAG 4: KLEDING

  4.1   Bestudeer die rok wat hieronder geïllustreer is en beantwoord die vrae wat
        volg.

        4.1.1    Identifiseer die fokuspunt van die uitrusting.                         (1)

        4.1.2    Gee TWEE redes hoe harmonie van ontwerp verkry is.                     (2)

        4.1.3    Identifiseer die tipe balans wat verkry is.                            (1)

  4.2   Identifiseer die kleurskemas wat hieronder geïllustreer word:

                                                                                        (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                VERBRUIKERSTUDIES                          (EC/NOVEMBER 2016)

 4.3    Bestudeer die onderstaande prent en beantwoord die vrae wat volg.

        Die T-hemp is rooi, swart en grys strepe (breë strepe). Die T-hemp materiaal
        en broek is van rooi strek denimmateriaal gemaak.

        4.3.1   Identifiseer die lyne wat in die bogenoemde prent geïllustreer is.                (1)

        4.3.2   Bespreek die effek van hiérdie lyne op die liggaam.                               (2)

        4.3.3   Identifiseer die vesel-konstruksietegnieke vir:

                (a)   T-hemp materiaal                                                            (1)

                (b)   Denimmateriaal                                                              (1)

        4.3.4   Vergelyk die vesel eienskappe van die kleedstof wat gebruik is vir die
                uitrusting. Voltooi die onderstaande tabel in die ANTWOORDEBOEK.

                Kleedstof eienskappe         T-hemp materiaal Denim materiaal
                (a) Duursaamheid                           (1)             (1)
                (b) Gemak                                  (1)             (1)
                (c) Dimensionele stabiliteit               (1)             (1)                    (6)

        4.3.5   Die etiket op die denimbroek spesifiseer dat die kleedstof
                gesanforiseer is. Verduidelik wat dit beteken.                                    (3)

 4.4    Verduidelik waarom antibakteriese afwerking op kouse en aktiewe drag
        aangewend word.                                                                           (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016)                    VERBRUIKERSTUDIES                              13

  4.5    Beskryf die TWEE eienskappe van elk van die volgende figuurvorme.

         Tabuleer jou antwoord as volg:

                     FIGUURVORME                     EIENSKAPPE
         4.5.1       Driehoek of A-vorm                                           (2)

         4.5.2       Reghoek of H-vorm                                            (2)

         4.5.3       Appel of Ovaal-vorm                                          (2)
                                                                                 [30]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                VERBRUIKERSTUDIES                       (EC/NOVEMBER 2016)

 VRAAG 5: BEHUISING EN INTERIEUR

 5.1    Lys DRIE tipeskunsmatige beligting wat in ŉ huis gebruik word.                     (3)

 5.2    Bespreek DRIE faktore wat ŉ gesin met klein kinders in gedagte moet hou
        wanneer meubels vir hul leefkamer gekoop word.                                     (3)

 5.3    Verduidelik wat ŉ persoon in gedagte moet hou met die evaluering van
        huisplanne met betrekking tot:

        5.3.1   Ekonomiese aspekte                                                         (2)

        5.3.2   Beskikbare stoorplek                                                       (2)

 5.4    Abigail het hulp nodig om haar slaapkamer te meubeleer. Sy wil ŉ kalm,
        ontspanne atmosfeer skep. Die kamer is klein, met ŉ lae plafon en wys
        suid. Verduidelik aan Abigail hoe sy ontwerpelemente kan gebruik om haar
        kamer te verbeter. Skryf jou antwoord in paragraafvorm.                            (6)

 5.5    Noem DRIE verantwoordelikhede van ŉ verbruiker voordat hy/sy meubels
        koop.                                                                              (3)

 5.6    Bestudeer die onderstaande vloerplan en beantwoord die vrae wat volg.

        5.6.1   Identifiseer die DRIE basiese sones van die huis in die vloerplan.         (3)

        5.6.2   Identifiseer en noem VYF simbole wat is in die vloerplan gebruik.          (5)

        5.6.3   Is dit ŉ oopplan of geslote plan? Gee ŉ rede vir jou antwoord.            (3)
                                                                                         [30]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016)                    VERBRUIKERSTUDIES                                      15

 VRAAG 6: ENTREPRENEURSKAP

 6.1     Lys DRIE faktore wat ŉ winsgewende besigheid affekteer.                             (3)

 6.2     Verduidelik wat produksiespesifikasie is.                                           (3)

 6.3     Lees die onderstaande gevallestudie en beantwoord die vrae wat volg.

         Caron en Wendy is graad 11-leerders. Hulle het 6 maande gelede ŉ
         besigheid begin om koekvurkies met kralewerk handvatsels te maak en te
         verkoop. Hulle verkoop die vurkies teen ŉ kompeterende prys by die
         plaaslike vlooimark. Hulle adverteer die koekvurkies op Facebook. Hulle
         vervoer die koekvurkies na die verkooppunt.

         Prys van koekvurkie       : R3,50
         Kraletjies per koekvurkie : R2,00
         Verpakking per koekvurkie : R1,20

         Hulle verkoop die koekvurkies met ŉ winsgrens van 60%.

         6.3.1   In watter stadium is hulle besigheid in die produksiesiklus?                (1)

         6.3.2   Identifiseer die oorhoofse koste uit die gevallestudie.                     (3)

         6.3.3   Bespreek die VYF (5Ps) van die bemarkingsmengsel uit die
                 gevallestudie.                                                             (10)

         6.3.4   Verduidelik hoe hierdie besigheid ŉ kompeterende voordeel het bo
                 ander koekvurkie-verkopers.                                                 (2)

 6.4     Bereken:

         6.4.1   Die produksiekoste van EEN koekvurkie.                                      (1)

         6.4.2   Die verkoopprys van EEN koekvurkie.                                         (3)

         6.4.3   Die verkoopprys van 100 koekvurkies.                                        (2)

         6.4.4   Die wins op 100 koekvurkies. Toon alle bewerkings.                          (2)
                                                                                            [30]

                                                                           TOTAAL:          200

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

## Related documents

- [CONSUMER STUDIES GR11 QP NOV2016 Eng](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr11-qp-nov2016-eng/fc5213ca-6746-45c3-b046-4aa5f9da3c7e) — Consumer Studies · QP · 2016 · Eng
- [CONSUMER STUDIES GR11 MEMO NOV2016 Eng](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr11-memo-nov2016-eng/f96bf939-7a15-418d-8f14-0929721f6632) — Consumer Studies · Memo · 2016 · Eng
- [CONSUMER STUDIES GR11 MEMO NOV2016 Afr](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr11-memo-nov2016-afr/80a6df3e-8dec-46a1-ab00-7740be91b62a) — Consumer Studies · Memo · 2016 · Afr
- [CONS STUDIES QP GR11 NOV 2019 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/cons-studies-qp-gr11-nov-2019-afr-d/ef833d3e-5ca9-4075-9852-58545aba2744) — Consumer Studies · QP · 2019 · Afr
- [CONS STUDIES QP GR11 NOV 2019 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/cons-studies-qp-gr11-nov-2019-eng-d/f7a5a629-7e60-40cd-80a3-3bd756bc7d60) — Consumer Studies · QP · 2019 · Eng
- [CONSUMER STUDIES GR11 QP NOV2018 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr11-qp-nov2018-afr-d/bf0becdd-477a-4f17-859f-c6b455994b34) — Consumer Studies · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 11 Consumer Studies

- [Gr 11 Con Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-con-stu-atp-2023-24/ac4fc15b-afd5-4962-81be-2cac053bf185) — ATP
- [CONSUMER STUDIES GR12 MEMO NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-memo-nov2022-afrikaans/d7512f46-9ccd-48dc-a3b8-1dcf41088c4d) — Memo · 2022 · Afr
- [CONSUMER STUDIES GR12 MEMO NOV2022 English](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-memo-nov2022-english/a34a2484-8890-404d-8cf4-c8570696b720) — Memo · 2022 · Eng
- [CONSUMER STUDIES GR11 MEMO NOV2020 AFR D](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr11-memo-nov2020-afr-d/88280604-0722-46b6-9e12-a731ea64c240) — Memo · 2020 · Afr
- [CONSUMER STUDIES GR11 QP MEMO NOV2020 AFR D](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr11-qp-memo-nov2020-afr-d/cc44b7cc-9697-4dd2-b2c2-dc78c78c94bb) — Memo · 2020 · Afr
- [CONSUMER STUDIES GR11 MEMO NOV2020 ENG D](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr11-memo-nov2020-eng-d/c072dbdb-88ab-4c8e-8872-68fc13380cdd) — Memo · 2020 · Eng

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
