# Consumer Studies Grade 11 Eastern Cape November 2017 QP

> Grade 11 Consumer Studies question paper from the Eastern Cape November 2017 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr11-qp-nov2017-afrikaans/041e1e46-9729-4336-bfbf-5a7c9673b2b4
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Consumer Studies
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: Eastern Cape November
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Consumer Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/consumer-studies) › [Consumer Studies Grade 11 Eastern Cape November 2017 QP](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr11-qp-nov2017-afrikaans/041e1e46-9729-4336-bfbf-5a7c9673b2b4)

## About this document

Consumer Studies · Grade 11 · Eastern Cape November · 2017 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                       NASIONALE
                   SENIOR SERTIFIKAAT

                          GRAAD 11

                    NOVEMBER 2017

                  VERBRUIKERSTUDIES

PUNTE:   200

TYD:     3 uur

                            *ICNSTA*

                     Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                            VERBRUIKERSTUDIES             (EC/NOVEMBER 2017)

    INSTRUKSIES EN INLIGTING

    1.   Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae.

                         AFDELING                        PUNTE        TYD (mins.)
         VRAAG 1: Kortvrae (Alle onderwerpe)               40             20
         VRAAG 2: Die Verbruiker                           30             30
         VRAAG 3: Voedsel en Voeding                       40             40
         VRAAG 4: Kleding                                  30             30
         VRAAG 5: Behuising                                30             30
         VRAAG 6: Entrepreneurskap                         30             30
         TOTAAL                                           200            180

    2.   Alle vrae is VERPLIGTEND en moet beantwoord word in die
         ANTWOORDEBOEK.

    3.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

    4.   Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

    5.   Jy mag ŉ sakrekenaar gebruik.

    6.   Skryf slegs in swart of blou ink.

    7.   Gee aandag aan spelling en sinskonstruksie.

    8.   Skryf netjies en leesbaar.

    Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                             VERBRUIKERSTUDIES                                     3

  VRAAG 1: KORTVRAE

  1.1    Verskeie opsies word gegee as moontlike antwoorde vir die volgende vrae. Kies
         die antwoord en skryf slegs die korrekte letter (A–D) langs die vraagnommer
         (1.1.1–1.1.20) in die ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld 1.1.21 D.

         1.1.1       Die … kollekteer inligting i.v.m. persone wat nie hul skuld betaal nie.

                     A    Kredietburo
                     B    Nasionale Kredietreguleerder
                     C    Verbruikerstribunaal
                     D    Verbruikersforum                                                            (1)

         1.1.2       Die verbruiker ontvang slegs die goedere nadat die volle bedrag
                     daarvoor betaal is.

                     A    Winkelrekening
                     B    Bêrekoop
                     C    Kredietkaart
                     D    Krediet                                                                     (1)

         1.1.3       Identifiseer EEN voordeel deur ’n huishoudelike begroting te gebruik.

                     A    ’n Persoon ontvang rente omdat hy skuld het
                     B    Dit help jou om die geld wat jy spandeer te kontroleer
                     C    Dit laat jou toe om te koop wat jy wil hê
                     D    ’n Persoon kom in aanmerking vir ’n toelaag                                 (1)

         1.1.4       … is ’n voorbeeld van ’n krediettransaksie:

                     A    Bêrekoop
                     B    Debietkaart
                     C    Tjek
                     D    Posorder                                                                    (1)

         1.1.5       Watter nutriënt bevat meer kilojoules per gram?

                     A    Vette
                     B    Proteïene
                     C    Koolhidrate
                     D    Vitamiene                                                                   (1)

  Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                        VERBRUIKERSTUDIES                      (EC/NOVEMBER 2017)

          1.1.6   Die eet van voldoende groen blaargroentes en volgraan ontbyte sal
                  … voorkom.

                  A       anemie
                  B       pellagra
                  C       skeurbuik
                  D       ragitis                                                              (1)

          1.1.7   Identifiseer die mikroörganisme wat hoë temperature kan weerstaan.

                  A       Gis
                  B       Muf
                  C       Bakterieë
                  D       Ensieme                                                              (1)

          1.1.8   Wanneer gekontamineerde voedsel drup of spat op ander voedsel,
                  word dit … genoem.

                  A       chemiese kontaminasie
                  B       kruiskontaminasie
                  C       natuurlike kontaminasie
                  D       fisiese kontaminasie                                                 (1)

          1.1.9   Hoeveel sekondêre kleure is daar op die kleurwiel?

                  A       Vyf
                  B       Ses
                  C       Drie
                  D       Vier                                                                 (1)

          1.1.10 Die ontwerp bestaan uit verskillende voorwerpe wat in ’n sirkel om ’n
                 sentrale punt gerangskik is.

                  A       Simmetriese balans
                  B       Asimmetriese balans
                  C       Straling
                  D       Radiale balans                                                       (1)

          1.1.11 Daar is ’n geleidelike verandering in grootte van groot na klein.

                  A       Progressie
                  B       Afwisseling
                  C       Herhaling
                  D       Aanhoudend                                                           (1)

    Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                            VERBRUIKERSTUDIES                                    5

         1.1.12 Komplekse veelkleurige ontwerpe in die tekstielstof ingeweef met
                gekleurde inslag en wit skeringsdrade.

                     A    Dobbie-weef
                     B    Jacquard-weef
                     C    Mandjie-weef
                     D    Keper-weef                                                                    (1)

         1.1.13 Sanforisering is ’n proses wat …

                     A    frummeling verminder.
                     B    statiese elektrisiteit opwek.
                     C    tekstielstof kreukeltraag maak.
                     D    keer dat kledingstowwe krimp tydens die wasproses.                            (1)

         1.1.14 Wol word dikwels gebruik vir stoffeerwerk omdat dit …

                     A    vuilheid weerstaan en liggewig is.
                     B    verswak in sonlig en kreukel maklik.
                     C    kleurvas en maklik is om te was.
                     D    redelik sterk en vlam weerstand.                                              (1)

         1.1.15 Wanneer ’n kleedstof met ’n krimp afwerking afgewerk is beteken dit
                dat …

                     A    voorkom krimping van meer as 1% wanneer versorging
                          instruksies gevolg word.
                     B    sal nie krimp nie.
                     C    sal verhoed dat kleedstof rek
                     D    voorkom krimping van meer as 5% wanneer die versorging
                          instruksies gevolg word.                                                      (1)

         1.1.16 Prys in die markmengsel sluit in …

                     A    kliënte ruil hul geld vir wat hulle wil hê.
                     B    die prys is hoër as die mark se prys wat hulle wil hê.
                     C    onderprysing wat die goedkoopste is.
                     D    mark afskakeling benadering.                                                  (1)

         1.1.17 ’n Persoon wat oor die vermoë beskik om ’n besigheidsgeleentheid
                sien en die moed het om ’n geleentheid in ’n suksesvolle besigheid te
                omskep is ’n …

                     A    bemarker.
                     B    finansiële bestuurder.
                     C    entrepreneur.
                     D    besigheidsbestuurder.                                                         (1)

  Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                        VERBRUIKERSTUDIES                  (EC/NOVEMBER 2017)

          1.1.18 … wys die spesifieke eienskappe op ’n etiket.

                  A       Logo’s
                  B       Handelsname
                  C       Embleme
                  D       Replikas                                                           (1)

          1.1.19 ’n Groep mense met gemeenskaplike behoeftes en belangstellings is
                 ’n …

                  A       organisasie.
                  B       produsent.
                  C       teikenmark.
                  D       veldwerker.                                                        (1)

          1.1.20 Die … is die bedrag wat by die kosprys van goedere gevoeg is om
                 oorhoofse koste te dek en ’n wins te maak.

                  A       produksiekoste
                  B       eenheidsprys
                  C       winsmarge
                  D       voorbereidingskoste                                                (1)

    1.2   Kies ’n kategorie uitgawe in KOLOM A wat by ’n voorbeeld van die uitgawes in
          KOLOM B pas. Skryf slegs die letter (A–F) langs die vraagnommer
          (1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld 1.2.6 G.

                    KOLOM A                                  KOLOM B
              Kategorie van uitgawes                 Voorbeeld van tipe uitgawes
          1.2.1 Paaiemente op huislening        A   Spaarrekening

          1.2.2   Selfoonrekening               B   Opsionele rekening

          1.2.3   Verjaarsdaggeskenk            C   Vaste uitgawes

          1.2.4   Vervanging van ’n             D   Tydelike uitgawes
                  beskadigde wiel

          1.2.5   Geld wat rente verdien        E   Veranderlike uitgawes
                  oor ’n tydperk

                                                F   Nooduitgawes
                                                                                   (5 x 1)   (5)

    Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                          VERBRUIKERSTUDIES                                  7

1.3 Kies die nutriënt in KOLOM A wat by die gebrek in KOLOM B pas. Skryf slegs die
    letter (A–H) langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK.

                 KOLOM A                                   KOLOM B
                 Nutriënte                                  Gebrek
      1.3.1   Vitamien A               A     Lae weerstand teen infeksie
      1.3.2   Vesel                    B     Kwasjiorkor
      1.3.3   Yster                    C     Ragitis
      1.3.4   Proteïen                 D     Hardlywigheid
      1.3.5   Vitamien D               E     Gebrek aan energie
                                        F    Spierkrampe
                                       G     Skildklier
                                       H     Nagblindheid
                                                                                     (5 x 1)    (5)

1.4 Gee EEN woord vir elk van die onderstaande beskrywings. Skryf slegs die korrekte
    woord langs die vraagnommer (1.4.1–1.4.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.
      1.4.1   Die logo wat vertoon word op produkte wat in Suid-Afrika vervaardig is.
      1.4.2   Die koste van goedere vermeerder en die waarde van geld verminder oor ŉ
              sekere tydperk.
      1.4.3   Die skaaltekening van al die vertrekke in ŉ gebou.
      1.4.4   Die natuurlike pad wat mense gebruik om ŉ vertrek binne en uit te gaan.
      1.4.5   Dit gebeur wanneer ongewenste items in aanraking kom met voedsel of
              binne-in voedsel beland.
      1.4.6   Die term gebruik wanneer wit by ŉ ander kleur gevoeg word.             (6 x 1)        (6)
1.5   Identifiseer VIER riglyne vir meubelrangskikking uit die onderstaande lys en skryf
      slegs die letters (A–G) in jou ANTWOORDEBOEK neer.
      A       Moenie die vertrekke beknop nie.

      B       Verkeersvloei moet nie geblokkeer word nie.

      C       Voldoende beligting.

      D       Gebruik meubels wat pas by die grootte van die kamer.

      E       Verhoog die watt van gloeilampe.

      F       Laat genoeg spasie vir vrye beweging toe.

      G       Plaas klein meubelstukke teen die muur.                               (4 x 1)         (4)
                                                                                                [40]

  Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                         VERBRUIKERSTUDIES                     (EC/NOVEMBER 2017)

    VRAAG 2: DIE VERBRUIKER

    2.1   Lys DRIE voordele en nadele deur gebruik te maak van debietkaarte in aankope.
          Tabuleer jou antwoord soos volg:

                          Voordele                                Nadele

                            (3)                                      (3)                              (6)

    2.2   Noem DRIE aftrekkings wat deur werkgewers se bruto salaris afgetrek word.                   (3)

    2.3   Lees die onderstaande gevallestudie en beantwoord en beantwoord die vrae
          wat volg.

          Mnr. Prince het sy huis opgegradeer. Hy wou nuwe meubels op krediet koop,
          om die nuwe slaapkamer te meubeleer by ŉ meubelwinkel in sy plaaslike
          gemeenskap. Sy aansoek was sonder verduideliking afgekeur.

          2.3.1     Verduidelik mnr. Prince se verbruikersregte kragtens die weiering van
                    die krediettransaksie.                                                            (3)

          2.3.2     Gee TWEE redes waarom mnr. Prince sy klag direk aan die Nasionale
                    Verbruikerstribunaal moet rig.                                                    (2)

    2.4   Skryf ŉ paragraaf aan ŉ verbruikerstydskrif vir verbruikers oor veilige maatreëls
          vir internetbank.                                                                           (6)

    2.5   Bestudeer die onderstaande begroting van Aubrey.

                          Inkomste                                Uitgawes
          Sakgeld                       R200,00    Klere                       R150,00
          Loon vir was van motors       R300,00    Selfoon                     R200,00
                                                   Vermaak                     R150,00
          TOTAAL A:                     R500,00    TOTAAL B:                   R500,00
                                                                                R0,00
                                                                                R0,00

          Stel VIER maniere voor hoe om die begroting te balanseer en ook nog te
          spaar.                                                                                      (4)

    Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                         VERBRUIKERSTUDIES                                      9

  2.6    Lees die gevallestudie en beantwoord en die vrae wat volg.

         Danielle het ŉ stoomyster by Bay West winkel in haar plaaslike gemeenskap
         gekoop. Voordat sy die yster vir die eerste keer gebruik het, het sy die instruksies
         gevolg. Sy het begin met die artikel wat ’n matige yster benodig. Toe sy die
         knoppie draai het dit afgeval. Gevolglik kon sy nie die artikel behoorlik stryk nie,
         want dit het ŉ warm yster vereis. Die volgende dag het sy terug na die winkel vir
         ŉ terugbetaling gegaan. Die winkelbestuurder het haar ŉ kennisgewing gewys
         dat geen goedere omgeruil of terugbetalings gemaak sal word nie.

         Evalueer die probleem en gee redes waarom Danielle geldige redes het vir
         terugbetaling.                                                                            (6)
                                                                                                  [30]

  Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                         VERBRUIKERSTUDIES                    (EC/NOVEMBER 2017)

 VRAAG 3: VOEDSEL EN VOEDING

 3.1       Definieer die volgende terme:

           3.1.1    Voedselfortifikasie                                                           (2)

           3.1.2    Basale metabolisme                                                            (2)

 3.2       Noem TWEE voordele van borsvoeding.                                                    (2)

 3.3       Bestudeer die inligting wat op die onderstaande etiket van ŉ pak aartappel-
           skyfies (potato chips) en beantwoord die vrae wat volg.

                                           BESTANDDELE

           Gehidreerde aartappels, gemodifiseerde voedsel stysel, mielie olie (corn oil)
           suiker, sout, soja, lesitien, fosfaat, natrium, koeksoda en dekstrose. Geen
           preserveermiddels. Totale vet 3 g (5%), Versadigde vette 0 g (0%).
           Cholesterol 0 mg (0%). Totale koolhidrate 21 g (7%), Dieetvesel 2 g (6%),
           Suiker 2 g, Proteïene 2 g.

           3.3.1    Watter bestanddeel is die grootste persentasie teenwoordig?                   (1)

           3.3.2    Noem die funksies van die volgende nutriënte wat in die bostaande
                    produk gevind is.

                    (a)    Dieetvesel                                                             (1)

                    (b)    Vitamien A                                                             (1)

                    (c)    Proteïene                                                              (2)

           3.3.3    Bespreek die belangrikheid van geen versadigde of transvet in die
                    produk.                                                                       (2)

           3.3.4    Die produk bevat 200 mg natrium (sout). Verduidelik waarom die
                    hoeveelheid sout in die dieet beperk moet word.                               (2)

     Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                             VERBRUIKERSTUDIES                                   11

  3.4    Lees die onderstaande verslag en beantwoord die vrae wat volg.

         Vyftig vrywilligers is gister behandel vir voedselvergiftiging nadat hulle
         middagete by OBR Lodge geëet het.

         Sommige het gevomeer terwyl ander aan diarree gely het. ŉ Ondersoek is
         geloods om te bepaal watter voedsel hulle geëet het en of dit gekontamineer
         was, indien so hoe dit gekontamineer geraak het.

         3.4.1       Lys VIER tekens om na uit te kyk in voedsel wat deur
                     mikroörganismes gekontamineer is.                                             (4)

         3.4.2       Identifiseer, uit die verslag, TWEE simptome van voedselvergiftiging.         (2)

         3.4.3       Stel DRIE maniere voor hoe om die simptome van voedselvergiftiging
                     te behandel                                                                   (3)

         3.4.4       Verduidelik TWEE maniere hoe voedsel fisies gekontamineer kan
                     word.                                                                         (2)

         3.4.5       Bespreek VIER riglyne vir mense wat in ŉ kombuis werk om fisiese
                     kontaminasie te voorkom.                                                      (4)

  3.5    Bestudeer die onderstaande spyskaart en beantwoord die vrae wat volg.

                                              Spyskaart
                                                 Aandete
                               Vrugtekelkie (pynappel, aarbeie, veselperske)
                                                   *****
                                     Beesvleisbredie volgraan kluitjies
                                          Gestoomde spinasie
                                           Verglansde wortels
                                                   *****
                                         Malvapoeding met room

         3.5.1       Verduidelik die voordele van die vrugte in die vrugtekelkie vir ŉ siek
                     en herstellende individu.                                                     (2)

         3.5.2       Analiseer die geskiktheid van die spyskaart vir ŉ persoon wat aan hoë
                     cholesterol en anemie ly.                                                    (8)
                                                                                                 [40]

  Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                       VERBRUIKERSTUDIES                     (EC/NOVEMBER 2017)

 VRAAG 4: KLEDING

 4.1       Verduidelik die volgende terme:

           4.1.1   Primêre kleurskema                                                           (2)

           4.1.2   Toon van kleur                                                               (1)

           4.1.3   Waarde van kleur                                                             (2)

 4.2       4.1.2   Identifiseer en noem die weef konstruksiemetode in Skets B hieronder.

                                                                                                    (2)

           4.2.2   Tekstielvesels se afwerkings word gedoen om die voorkoms van
                   materiale te verander en te verbeter. Verduidelik hoe merserisering
                   (‘mercerising’) die voorkoms van ŉ stof verbeter.                                (3)

 4.3       Verduidelik hoe die volgende veseleienskappe van tekstielstowwe die stof
           gemakliker maak om te dra.

           4.3.1   Absorbeervermoë                                                              (2)

           4.3.2   Elastisiteit                                                                 (2)

     Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                             VERBRUIKERSTUDIES                                    13

  4.4    Beskryf TWEE eienskappe van elk van die volgende liggaamsvorms. Tabuleer
         jou antwoord soos volg.                                                                     (1)

                       Liggaamsvorm                                 Eienskappe
         4.4.1       Driehoekig / A-lyn                                  (2)

         4.4.2       Uurglas                                             (2)

         4.4.3       Appel / ovaal                                       (2)                         (6)

  4.5    Bestudeer prente A en B en beantwoord die vrae wat volg.

                            PRENT A                                   PRENT B

         4.5.1       Verduidelik hoe ritme by prent A waargeneem is.                                 (2)

         4.5.2       Evalueer die geskiktheid van die uitrusting in prent A vir ŉ lang en baie
                     maer man.                                                                       (5)

         4.5.3       Analiseer die geskiktheid van die uitrusting in Prent B vir ŉ kort en
                     gesette dame.                                                                   (3)
                                                                                                    [30]

  Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                       VERBRUIKERSTUDIES                  (EC/NOVEMBER 2017)

 VRAAG 5: BEHUISING EN INTERIEUR

 5.1       Verduidelik die volgende:

           5.1.1   Dimensie                                                                (2)

           5.1.2   Renoveer                                                                (2)

           5.1.3   Psigologiese spasiebehoeftes                                            (2)

 5.2       Noem DRIE basiese sones in ’n huis.                                             (3)

 5.3       Gee DRIE tipes kunsmatige beligting.                                            (3)

 5.4       5.4.1   Vergelyk die verkeerspatrone in Vloerplanne A en B.                     (4)

           5.4.2   Identifiseer die mees suksesvolle vloerplan.                            (1)

               VLOERPLAN A                                         VLOERPLAN B

 5.5       Lys DRIE faktore wat met die evaluering van ’n bestaande huisplan oorweeg
           moet word.                                                                      (3)

     Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                         VERBRUIKERSTUDIES                                   15

  5.6    Bespreek die geslote vloerplan onder die volgende opskrifte:

         5.6.1       Verduideliking                                                          (1)

         5.6.2       TWEE voordele                                                           (2)

         5.6.3       EEN nadeel                                                              (1)

  5.7    Lees die onderstaande scenario en beantwoord die vrae wat volg.

         Die Filander gesin het besluit om die stoel vir hul sitkamer te koop. Hulle het
         beperkte fondse en twee kinders, Sheryl-Ann is ses jaar en Taryn drie jaar.

         Evalueer die stoel volgens die kriteria hieronder.

         5.7.1       Ekonomie                                                                (2)

         5.7.2       Sterkte en duursaamheid                                                 (2)

         5.7.3       Esteties                                                                (2)
                                                                                            [30]

  Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                                          VERBRUIKERSTUDIES                     (EC/NOVEMBER 2017)

 VRAAG 6: ENTREPRENEURSKAP

 6.1       Verduidelik die volgende terme:

           6.1.1   Winsmarge                                                                    (2)

           6.1.2   Situasie ontleding                                                           (2)

 6.2       Lys DRIE faktore wat ŉ winsgewende besigheid beïnvloed.                              (3)

 6.3       Lees die gevallestudie en beantwoord die vrae wat volg.

           Ingrid en haar vriend Cheryl is universiteitstudente. Hulle is beide geïnspireer
           deur hul liefde vir kuns en versiering van gebruikte koeldrank-plastiekbottels
           met krale te verkoop. Tien maande terug het hulle begin om die bottels teen
           ŉ mededingende prys by die plaaslike markte en taxi-staanplekke te verkoop.
           Hulle het hul produkte op sosiale media geadverteer. Hulle het ook self hul
           produkte na die verkooppunt vervoer.

           Bottel gratis

           Krale vir 500 mℓ bottel        R5,00
           Verpakking per bottel          R5,00
           Verpakkingsmateriaal           R1,20

           Winsgrens is 55%

           6.3.1      Ingrid en Cheryl adverteer hul produkte op sosiale media. Verduidelik
                      kortliks wat ’n bemarkingstrategie is.                                    (2)

           6.3.2      Noem en verduidelik die 4P’s van die bemarkingsmengsel wat in die
                      gevallestudie gebruik is.                                                 (8)

           6.3.3      Verduidelik TWEE oorhoofse koste uit die gevallestudie.                   (2)

           6.3.4      Lys die VIER stadiums van die lewensiklus waardeur Ingrid en
                      Cheryl se produk moet gaan.                                               (4)

 6.4       Bereken:

           6.4.1      Die produksiekoste van EEN bottel.                                        (2)

           6.4.2      Die verkoopprys van 150 bottels. Toon alle berekeninge.                   (5)
                                                                                               [30]

                                                                                 TOTAAL:       200

     Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

## Related documents

- [CONSUMER STUDIES GR11 MEMO NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr11-memo-nov2017-afrikaans/abe38b25-f7de-4dcf-acdc-8621b998566c) — Consumer Studies · Memo · 2017 · Afr
- [CONSUMER STUDIES GR11 QP NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr11-qp-nov2018-afrikaans/929cb311-86eb-4c12-8741-79e560a79f44) — Consumer Studies · QP · 2018 · Afr
- [CONSUMER STUDIES MEMO GR11 NOV 2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-memo-gr11-nov-2019-afrikaans/6f5134ec-8288-4e70-9a63-2d3bb6e7b92f) — Consumer Studies · Memo · 2019 · Afr
- [CONSUMER STUDIES GR11 MEMO NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr11-memo-nov2018-afrikaans/db0a0d89-a60b-4007-80c8-8b98b9216f05) — Consumer Studies · Memo · 2018 · Afr
- [CONSUMER STUDIES GR11 QP NOV2018 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr11-qp-nov2018-afr-d/bf0becdd-477a-4f17-859f-c6b455994b34) — Consumer Studies · QP · 2018 · Afr
- [CONSUMER STUDIES GR11 QP NOV2018 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr11-qp-nov2018-eng-d/49fc08f1-0d53-4628-813f-ffd8479359cb) — Consumer Studies · QP · 2018 · Eng

## More from Grade 11 Consumer Studies

- [Gr 11 Con Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-con-stu-atp-2023-24/ac4fc15b-afd5-4962-81be-2cac053bf185) — ATP
- [CONSUMER STUDIES GR12 MEMO NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-memo-nov2022-afrikaans/d7512f46-9ccd-48dc-a3b8-1dcf41088c4d) — Memo · 2022 · Afr
- [CONSUMER STUDIES GR11 MEMO NOV2020 AFR D](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr11-memo-nov2020-afr-d/88280604-0722-46b6-9e12-a731ea64c240) — Memo · 2020 · Afr
- [CONSUMER STUDIES GR11 QP MEMO NOV2020 AFR D](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr11-qp-memo-nov2020-afr-d/cc44b7cc-9697-4dd2-b2c2-dc78c78c94bb) — Memo · 2020 · Afr
- [CONSUMER STUDIES GR11 MEMO NOV2020 ENG D](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr11-memo-nov2020-eng-d/c072dbdb-88ab-4c8e-8872-68fc13380cdd) — Memo · 2020 · Eng
- [CONSUMER STUDIES GR11 QP MEMO NOV2020 ENG D](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr11-qp-memo-nov2020-eng-d/b37b8d40-d671-41e0-92ad-697f271b6dee) — Memo · 2020 · Eng

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
