# Consumer Studies Grade 11 Eastern Cape November 2018 QP

> Grade 11 Consumer Studies question paper from the Eastern Cape November 2018 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr11-qp-nov2018-afr-d/bf0becdd-477a-4f17-859f-c6b455994b34
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Consumer Studies
- Grade: Grade 11
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: Eastern Cape November
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Consumer Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/consumer-studies) › [Consumer Studies Grade 11 Eastern Cape November 2018 QP](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr11-qp-nov2018-afr-d/bf0becdd-477a-4f17-859f-c6b455994b34)

## About this document

Consumer Studies · Grade 11 · Eastern Cape November · 2018. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                       NASIONALE
                   SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 11

                     NOVEMBER 2018

                  VERBRUIKERSTUDIES

PUNTE:   200

TYD:     3 uur

                   Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                            VERBRUIKERSTUDIES             (EC/NOVEMBER 2018)

    INSTRUKSIES EN INLIGTING

    1.   Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae.

                           INHOUD                        PUNTE       TYD (minute)
         VRAAG 1: Kortvrae (Alle onderwerpe)               40             20
         VRAAG 2: Die Verbruiker                           30             30
         VRAAG 3: Voedsel en Voeding                       40             40
         VRAAG 4: Kleding                                  30             30
         VRAAG 5: Behuising                                30             30
         VRAAG 6: Entrepreneurskap                         30             30
         TOTAAL                                           200            180

    2.   Alle vrae is VERPLIGTEND en moet in die ANTWOORDEBOEK beantwoord
         word.

    3.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

    4.   Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

    5.   Jy mag ŉ sakrekenaar gebruik.

    6.   Skryf slegs in swart of blou ink.

    7.   Gee aandag aan spelling en sinskonstruksie.

    8.   Skryf netjies en leesbaar.

    Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                             VERBRUIKERSTUDIES                                       3

  VRAAG 1: KORTVRAE

  1.1    Verskeie opsies word as moontlike antwoorde gegee vir die volgende vrae. Kies
         die korrekte antwoord en skryf slegs die ooreenstemmende letter (A–D) langs die
         vraagnommer (1.1.1–1.1.20) in die ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld: 1.1.21 D.

         1.1.1       … is ŉ voorbeeld van ŉ krediettransaksie.

                     A    Tjek
                     B    Posorder
                     C    Bêrekoop
                     D    Debietkaart                                                                   (1)

         1.1.2       Die belangrikste doelwit van ŉ begroting is om ...

                     A    voorsiening vir finansiële sekuriteit te maak.
                     B    rekord te hou van daaglikse uitgawes.
                     C    rekord te hou van besittings en verantwoordelikhede.
                     D    binne die beperkings van die inkomste te bly.                                 (1)

         1.1.3       Een van die volgende is ŉ faktor wat die bestedingspatrone van Suid-
                     Afrikaanse gesinne beïnvloed.

                     A    Totale inkomste en totale uitgawes
                     B    Bedrag vir begeertes wat maandeliks gespaar moet word
                     C    Getal mense wat in dieselfde huis woon en die besteebare inkomste
                          beskikbaar
                     D    Ligging en krediet wat beskikbaar is                                          (1)

         1.1.4       ’n Gesin wat vind dat hulle begroting nie balanseer nie, behoort …

                     A    te besnoei op die bedrag wat aan primêre behoeftes bestee word.
                     B    geld van ŉ stokvel te leen.
                     C    te bespaar in alle areas deur oordeelkundige aankooppraktyke.
                     D    kredietfasiliteite te gebruik om deur die krisis te kom.                      (1)

         1.1.5       Die vitamien wat verantwoordelik is vir die stolling van bloed:

                     A    Vitamien B
                     B    Vitamien A
                     C    Vitamien K
                     D    Vitamien D                                                                    (1)

   Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                        VERBRUIKERSTUDIES                      (EC/NOVEMBER 2018)

          1.1.6   Dieetkundige verwysingstabelle was ontwikkel om …

                  A       die gemiddelde nutriëntvereistes te bepaal.
                  B       verskeie nutriënte vir individue van verskillende geslagte aan
                          te dui.
                  C       nutriënt inligting van spesifieke voedselprodukte op die etiket
                          van die produk te voorsien.
                  D       die verskille tussen proteïene en vitamiene te bepaal.                (1)

          1.1.7   … is faktore wat ŉ rol in die individuele basale metaboliese tempo
                  (BMT) speel.

                  A       Ouderdom, kultuur en geslag
                  B       Ouderdom, geslag en gesondheidstoestand
                  C       Liggaamstipe, kultuur en voedselallergieë
                  D       Voedselallergieë, gesondheidstoestand en groei                        (1)

          1.1.8   Die mineraal wat help met die vorming van sterk tande veral in klein
                  kinders:

                  A       Fluoried
                  B       Magnesium
                  C       Yster
                  D       Sink                                                                  (1)

          1.1.9   … is ŉ oranje-gekleurde metaal wat gebruik word vir meubels wat
                  vinnig oksideer en gepoleer moet word om die kleur te behou.

                  A       Yster
                  B       Koper
                  C       Chroom
                  D       Aluminium                                                             (1)

          1.1.10 Identifiseer die primêre kleure:

                  A       Oranje, groen, pers
                  B       Rooi, blou, oranje
                  C       Geel, pers, groen
                  D       Blou, rooi, geel                                                      (1)

          1.1.11 Verkeerspatrone is …

                  A       spasies toegeken aan elke sone op die vloerplan.
                  B       aktiwiteite wat in elke sone van die vloerplan plaasvind.
                  C       areas wat genoeg spasie op die vloerplan voorsien.
                  D       natuurlike roetes wat mense gebruik wanneer hulle in ŉ vertrek
                          gaan of die vertrek verlaat.                                          (1)

    Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                           VERBRUIKERSTUDIES                                5

         1.1.12 Wanneer die twee helftes aan beide kante van ŉ middelpunt nie
                dieselfde is nie, maar wel dieselfde visuele gewig het staan dit bekend
                as:

                     A    Simmetriese balans
                     B    Asimmetriese balans
                     C    Radiale balans
                     D    Straling                                                                 (1)

         1.1.13 … afwerking verminder die kleef-effek van kledingstukke.

                     A    Krimpwerend
                     B    Antistaties
                     C    Pluising
                     D    Mercerisering                                                            (1)

         1.1.14 Identifiseer die ongewenste eienskap van katoenvesel:

                     A    Nie-vlambestand nie
                     B    Absorberend en laat sweet deur
                     C    Goeie geleier van hitte
                     D    Kan nie gekleur word in verskillende kleure nie                          (1)

         1.1.15 Komplekse veelkleurige ontwerpe, geweef met gekleurde inslaggaring
                en wit skering garing:

                     A    Keper-weef
                     B    Mandjieweef
                     C    Dobbie-weef
                     D    Jacquard-weef                                                            (1)

         1.1.16 ŉ Dosyn muffins kos R9,99. Wat is die eenheidsprys?

                     A    R1,67
                     B    R4,50
                     C    R19,98
                     D    R0,83                                                                    (1)

         1.1.17 Die bedrag wat by die kosprys bygevoeg word om alle uitgawes te dek
                en nog steeds ’n wins te maak staan as die … bekend.

                     A    verkoopprys
                     B    produksiekoste
                     C    bedryfskoste
                     D    winsopslag                                                               (1)

   Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                          VERBRUIKERSTUDIES                        (EC/NOVEMBER 2018)

          1.1.18 Die totale bedrag wat betaal word vir materiaal, arbeid, oorhoofse koste
                 verteenwoordig die … van die items wat vervaardig is.

                  A        netto prys
                  B        produksiekoste
                  C        ontwikkelingskoste
                  D        eenheidsprys                                                            (1)

          1.1.19 ŉ Belangrike faktor wat ŉ entrepreneur moet oorweeg wanneer ’n
                 geskikte produk vir kleinskaalse produksie gekies word:

                  A        Vervul die behoeftes van die teikenmark
                  B        Afleweringstrategie
                  C        Proses van gehalte
                  D        Verpakkingstrategie                                                     (1)
          1.1.20 Die … is al die uitgawes wat die totale koste van die produksie van ’n
                 produk bepaal.
                  A        verkoopprys
                  B        kosprys
                  C        produksieprys
                  D        teikenprys                                                              (1)
    1.2   Pas die simptoom van die gebrek van in KOLOM A by die voorbeeld van
          nutriënte in KOLOM B en die funksies van die nutriënte in KOLOM C. Skryf
          slegs die korrekte letters van KOLOM B (A–E) en die Romeinse syfer (i–v) in
          KOLOM C langs die ooreenstemmende vraagnommer van KOLOM A
          (1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld: 1.2.6 H (vi).

               KOLOM A                        KOLOM B                       KOLOM C
                Gebrek                        Nutriënte                      Funksie
          1.2.1 Ragitis              A     Onvoldoende         (i)     Dit is noodsaaklik vir
                                           vitamien C                  die opname van
                                                                       kalsium in die
                                                                       ingewande
          1.2.2   Skeurbuik          B     Onvoldoende         (ii)    Verhoog die liggaam
                                           vitamien D                  se weerstand teen
                                                                       infeksie
          1.2.3   Hoë bloeddruk      C     Onvoldoende yster   (iii)   Vervoer suurstof van
                                                                       die weefsel na die
                                                                       longe
          1.2.4   Goiter             D     Oormatige natrium   (iv) Benodig vir die sintese
                                                                    van tiroksien wat
                                                                    metaboliese tempo
                                                                    reguleer
          1.2.5   Anemie             E     Onvoldoende         (v)     Reguleer die
                                           jodium                      vloeistofbalans in die
                                                                       selle                      (10)

    Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                           VERBRUIKERSTUDIES                                    7

1.3 Kies TWEE voorbeelde uit KOLOM B wat pas by die kleedstof-eienskap in
    KOLOM A. Skryf slegs die korrekte letters (A–G) langs die ooreenstemmende
    nommer (1.3.1–1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.3.4 H en I.

                     KOLOM A                                     KOLOM B
                 Kleedstof Eienskap                            Voorbeelde
     1.3.1     Dimensionele stabiliteit            A     Grootte

     1.3.2     Visuele en tasbare eienskappe       B     Drapeer gehalte

     1.3.3     Duursaamheid                        C     Elastisiteit

                                                   D     Frummeling

                                                   E     Vorm

                                                   F     Kleurvastheid

                                                   G     Sterkte

                                                                                    (3 x 2)      (6)

1.4 Die Nasionale Kredietwet het veroorsaak dat kredietverskaffers meer
    verantwoordelikheid neem vir hul aksies. Uit die lys hieronder, identifiseer VIER
    doelwitte van hierdie Wet. Skryf slegs die korrekte letter (A–H) langs die
    vraagnommer in die ANTWOORDEBOEK neer.

     A       Verseker dat verbruikers presies weet wat in hulle kredietkontrakte ingesluit
             is.

     B       Gee advies aan die regering oor beleid en wetgewing oor krediet.

     C       Beskerm verbruikers van onregverdige besigheidspraktyke waar krediet
             betrokke is.

     D       Bevorder die sosiale en finansiële belange van Suid-Afrikaanse verbruikers.

     E       Ondersoek klagtes van kredietverskaffers, kredietburo’s en verbruikers.

     F       Verseker dat die regte van die verbruikers beskerm word.

     G       Bevorder regverdige maar mededingende kredietmark.

     H       Neem aksie teen mense/besighede wat nie reëls en regulasies van NKW volg
             nie.                                                              (4 x 1)          (4)
                                                                                               [40]

   Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                         VERBRUIKERSTUDIES                       (EC/NOVEMBER 2018)

    VRAAG 2: DIE VERBRUIKER

    2.1   Lys VIER voordele daarvan om deur middel van die internet te bank.                      (4)

    2.2   Bespreek VYF maniere om bankkoste te verlaag.                                           (5)

    2.3   Lees die onderstaande scenario en beantwoord die vrae wat volg.

          Justine het ŉ stofsuier van ŉ plaaslike winkel gekoop. Terwyl sy dit gebruik
          het, het sy gevind dat dit nie die vullis opsuig nie. Sy het die stofsuier
          teruggeneem en het haar geld teruggeëis.

          2.3.1    ŉ Produk wat nie geskik vir die taak was nie is aan Justine verkoop.
                   Motiveer die stelling.                                                         (2)

          2.3.2    Bespreek die TWEE verbruikersregte wat van toepassing is op
                   Justine soos in die Verbruikersbeskermingswet uiteengesit.                     (4)

          2.3.3    Stel die prosedure voor wat Justine sal moet volg om haar klagte in
                   te dien.                                                                       (5)

    2.4   Lees die onderstaande gevallestudie en beantwoord die vrae wat volg.

          Mnr. Ringani is ŉ skoolhoof by ŉ hoërskool. Hy betaal nog af aan sy huis en
          bestuur die nuutste model motor wat hy op huurkoop (afbetalings-koop)
          transaksie gekoop het. Hy koop slegs klere met bekende handelsname op
          krediet. Aan die einde van die maand het hy nie ŉ sent van sy salaris oor nie.
          Sy leefstyl het hom diep in die skuld laat beland, tot die punt waar hy selfmoord
          oorweeg het. Hy was van raad voorsien om ŉ skuldberader te gaan sien.

          2.4.1    Identifiseer mnr. Ringani se bron van inkomste.                                (1)

          2.4.2    Bespreek die nadele wat mnr. Ringani sal ervaar omdat sy motor op
                   huurkoop gekoop is.                                                            (3)

          2.4.3    Verduidelik die prosedure wat kredietverskaffers moet volg voordat
                   krediet aan verbruikers soos vir mnr. Ringani aangebied word.                  (3)

          2.4.4    Bespreek hoe ŉ skuldberader mnr. Ringani sal kan help.                        (3)
                                                                                                [30]

    Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                           VERBRUIKERSTUDIES                                   9

  VRAAG 3: VOEDSEL EN VOEDING

  3.1    Noem DRIE funksies van water.                                                           (3)

  3.2    Noem TWEE redes waarom ŉ swanger vrou foliensuur gedurende
         swangerskap moet inneem.                                                                (2)

  3.3    Lees die gevallestudie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         Beulah was besig om hoender op te sny om kerrie voor te berei, toe haar vriendin
         haar geskakel het. Sy het toe uitgegaan om met haar te gesels. Dit was in die
         middag en die kombuis was baie warm. Na ŉ uur het sy voortgegaan met die
         kookproses. Aandete was aangenaam, maar twee ure later het haar spiere
         gepyn, en sy het koorsig begin voel. Sy het maagkrampe gekry, was naar, het
         gebraak en het diarree gehad.

         3.3.1       Identifiseer TWEE simptome van voedselvergiftiging in die
                     gevallestudie.                                                              (2)

         3.3.2       Onderskei tussen fisiese en chemiese voedselkontaminasie.
                     Tabuleer jou antwoord soos volg:

                     Fisiese voedselkontaminasie        Chemiese voedselkontaminasie
                                                                                                 (2)

         3.3.3       Bespreek VYF riglyne om te volg wanneer ŉ persoon vir voedsel-
                     vergiftiging behandel word.                                                 (5)

         3.3.4       Die hoender was die oorsaak van die voedselvergiftiging. Verduidelik
                     waarom hoender deur patogene bakterieë aangeval word.                       (3)

  3.4    Bespreek die rol wat die volgende nutriënte in die groeiproses van jong
         volwassenes speel.

         3.4.1       Yster                                                                       (2)

         3.4.2       Vitamien B1                                                                 (2)

         3.4.3       Vitamien B2                                                                 (2)

         3.4.4       Vitamien C                                                                  (2)

         3.4.5       Kalsium                                                                     (2)

   Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                       VERBRUIKERSTUDIES                    (EC/NOVEMBER 2018)

 3.5       Lees die onderstaande scenario en beantwoord die vrae wat volg.

           Thando het vetsug en woon met sy ouma wat soms probleme en komplikasies
           met hoë bloeddruk en osteoporose het.

           Thando bedien die volgende ontbyt:

               Volgraanbrood met botter; gebraaide eiers; aartappelskyfies met sout,
                             spekwors (‘Russians’), uie en tamaties.

           3.5.1   Noem die mineraal wat ontbreek in die dieët van Thando se ouma wat
                   osteoporose veroorsaak.                                                      (1)

           3.5.2   Identifiseer TWEE voedselsoorte uit die scenario wat tot die ouma se
                   hoë bloeddruk kan bydra.                                                     (2)

           3.5.3   Verduidelik hoe Thando en sy ouma voordeel kan trek uit die
                   volgraanbrood wat hulle eet.                                                (5)

           3.5.4   Behalwe die gebraaide eiers, kies TWEE voedsel-items en voorspel
                   die negatiewe impak wat dit op Thando en sy ouma se gesondheid
                   kan hê.                                                                     (5)
                                                                                              [40]

     Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                             VERBRUIKERSTUDIES                                   11

  VRAAG 4: KLEDING

  4.1    Verduidelik die volgende:

         4.1.1       Kleurvastheid                                                                 (2)

         4.1.2       Hittegeleiding                                                                (2)

  4.2    Noem VIER afwerkings wat die voorkoms van tekstielstowwe verander.                        (4)

  4.3    Waarom word sokkies dikwels met ŉ antibakteriese afwerking behandel?                      (4)

  4.4    Vergelyk waterdigte en waterwerende afwerkings wat in kleedstowwe gebruik
         word. Tabuleer jou antwoord soos volg:

                 Waterdigte afwerking                       Waterwerende afwerking
                                                                                                   (4)

  4.5    Bestudeer die onderstaande prente A en B en beantwoord die vrae wat volg.

                              A                                          B

         4.5.1       Identifiseer die soort lyn wat in prent A gebruik is.                         (1)

         4.5.2       Verduidelik die illusie wat deur die lyn in prent A geskep word.              (2)

         4.5.3       Die uitrusting in prent B sal vorm gee aan ŉ dame met ŉ reghoekige
                     liggaamsvorm. Gee VIER riglyne vir persone met hierdie tipe
                     liggaamsvorm wat sal help om hulle liggame nader aan die ideale
                     liggaamsverhouding te laat vertoon.                                           (4)

   Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                        VERBRUIKERSTUDIES                        (EC/NOVEMBER 2018)

 4.6       Lees die onderstaande scenario en beantwoord die vrae wat volg.

           Nelson dra ŉ geel-oranje broek, ŉ persT-hemp en ŉ blou baadjie.

           4.6.1   Beskryf die kleurkombinasie wat in die uitrusting gebruik is.                  (2)

           4.6.2   Evalueer die geskiktheid van die uitrusting vir ŉ persoon met ŉ
                   omgekeerde, driehoekige figuurtipe.                                           (5)
                                                                                                [30]

     Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                           VERBRUIKERSTUDIES                                13

VRAAG 5: BEHUISING EN INTERIEUR

5.1 Definieer die volgende:

     5.1.1    Graveerwerk                                                                      (2)

     5.1.2    Estetika                                                                         (2)

5.2 Gee DRIE riglyne wat in gedagte gehou moet word wanneer ŉ beligtingsplan
    opgetrek moet word.                                                                        (3)

5.3 Lees die onderstaande scenario en beantwoord die vrae wat volg.

     Mev. Madigo het rottangstoele vir haar sitkamer gekoop. Sy het die afleweringsnota
     onderteken wat aangedui het dat die stoele in ŉ goeie toestand is. ŉ Dag later het sy
     ontdek dat die rottang op die stoele los was. Sy het probeer om dit self reg te maak,
     maar dit het dinge net vererger. Sy het die stoele terug winkel toe geneem weens
     die waarborg se stipulasie, maar die verkoopsbestuurder het geweier dit terug te
     neem.

     5.3.1    Die stoele is van omgewingsvriendelike bamboes gemaak. Verduidelik
              omgewingsverantwoordelikheid by die aankoop van meubels.                         (5)

     5.3.2    Verduidelik hoe mev. Madigo die rottangstoele behoort te versorg.                (3)

     5.3.3    Beskryf wat mev. Madigo se verantwoordelikhede as ŉ ingeligte verbruiker
              was toe die stoele afgelewer was.                                                (5)

     5.3.4    Verduidelik waarom die verkoopsbestuurder binne sy regte was toe hy
              geweier het om die stoele terug te neem.                                         (3)

5.4 Bestudeer die onderstaande vloerplan en beantwoord die vrae wat volg.

     5.4.1    Noem die DRIE basiese sones op die bogenoemde vloerplan.                         (3)

     5.4.2    Identifiseer die tipe vloerplan in die prent.                                    (1)

     5.4.3    Noem DRIE voordele van die vloerplan in VRAAG 5.4.2.                             (3)
                                                                                              [30]

   Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                         VERBRUIKERSTUDIES                    (EC/NOVEMBER 2018)

 VRAAG 6: ENTREPRENEURSKAP

 6.1       Definieer die volgende terme:

           6.1.1   Marksegmentasie                                                            (2)

           6.1.2   Produkspesifikasies                                                        (2)

 6.2       Noem TWEE faktore wat produksiekoste affekteer.                                    (2)

 6.3       Bestudeer die grafiek hieronder en verduidelik die stadiums van die produkte
           se lewensiklus vanaf A–D.

                                                                                             (8)

 6.4       Lees die onderstaande gevallestudie en beantwoord die vrae wat volg:

                                         DIE PASTEI DAME
           Tannie Yvette is ŉ hardwerkende en kreatiewe vrou met ŉ passie vir voedsel.
           Sy verkoop daagliks pasteie aan personeel van ŉ plaaslike skool. Sy het ŉ
           vaste daaglikse bestelling van 800 pasteie en sy bereik altyd haar
           gelykbreekpunt. Die inkomste van haar verkope dek haar koste en sy het
           soms ŉ ekstra inkomste beskikbaar. Sy gebruik brosjures en vertel mense
           mondelings as maniere om haar produk te adverteer. Sy maak die produkte
           by die huis en vervoer dit na die plaaslike skool om dit te verkoop.

           6.4.1    Identifiseer, met voorbeelde uit die gevallestudie, TWEE vereistes
                    van ŉ potensieel winsgewende besigheidsgeleentheid.                       (4)

           6.4.2    Bespreek hoe tannie Yvette DRIE van die 5 P’s van
                    marksamestelling toepas.                                                  (6)

     Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                          VERBRUIKERSTUDIES                                  15

  6.5    Tannie Yvette maak 800 klein pasteie per dag. Die koste van haar
         grondstowwe is R220,00 met R120,00 vir oorhoofsekostes. Sy het ŉ 75%
         winsopslag.

         6.5.1       Bereken die verkoopprys van een pastei. Toon ALLE berekeninge.          (4)

         6.5.2       Bereken die wins van 800 pasteie. Toon ALLE berekeninge.                (2)
                                                                                            [30]

                                                                           TOTAAL:          200

   Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com



## Related documents

- [CONSUMER STUDIES GR11 QP NOV2018 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr11-qp-nov2018-eng-d/49fc08f1-0d53-4628-813f-ffd8479359cb) — Consumer Studies · QP · 2018 · Eng
- [CONSUMER STUDIES GR11 QP NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr11-qp-nov2018-afrikaans/929cb311-86eb-4c12-8741-79e560a79f44) — Consumer Studies · QP · 2018 · Afr
- [CONSUMER STUDIES GR11 QP NOV2018 English](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr11-qp-nov2018-english/8ffb0f65-7c9b-4396-88f1-b9b3b4b9bd73) — Consumer Studies · QP · 2018 · Eng
- [CONSUMER STUDIES GR11 MEMO NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr11-memo-nov2018-afrikaans/db0a0d89-a60b-4007-80c8-8b98b9216f05) — Consumer Studies · Memo · 2018 · Afr
- [CONSUMER STUDIES GR11 MEMO NOV2018 English](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr11-memo-nov2018-english-2/bd85e5e6-e1e1-4002-af9a-a22992d22683) — Consumer Studies · Memo · 2018 · Eng
- [CONS STUDIES QP GR11 NOV 2019 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/cons-studies-qp-gr11-nov-2019-afr-d/ef833d3e-5ca9-4075-9852-58545aba2744) — Consumer Studies · QP · 2019 · Afr

## More from Grade 11 Consumer Studies

- [Gr 11 Con Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-con-stu-atp-2023-24/ac4fc15b-afd5-4962-81be-2cac053bf185) — ATP
- [CONSUMER STUDIES GR12 MEMO NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-memo-nov2022-afrikaans/d7512f46-9ccd-48dc-a3b8-1dcf41088c4d) — Memo · 2022 · Afr
- [CONSUMER STUDIES GR12 MEMO NOV2022 English](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-memo-nov2022-english/a34a2484-8890-404d-8cf4-c8570696b720) — Memo · 2022 · Eng
- [CONSUMER STUDIES GR11 MEMO NOV2020 AFR D](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr11-memo-nov2020-afr-d/88280604-0722-46b6-9e12-a731ea64c240) — Memo · 2020 · Afr
- [CONSUMER STUDIES GR11 QP MEMO NOV2020 AFR D](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr11-qp-memo-nov2020-afr-d/cc44b7cc-9697-4dd2-b2c2-dc78c78c94bb) — Memo · 2020 · Afr
- [CONSUMER STUDIES GR11 MEMO NOV2020 ENG D](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr11-memo-nov2020-eng-d/c072dbdb-88ab-4c8e-8872-68fc13380cdd) — Memo · 2020 · Eng

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
