# Consumer Studies Grade 11 Eastern Cape November 2022 QP

> Grade 11 Consumer Studies question paper from the Eastern Cape November Exam 2022 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr11-qp-nov2022-afrikaans/dad190bc-1815-4cfe-83aa-3ecac74b40a8
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Consumer Studies
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: Eastern Cape November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 18

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Consumer Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/consumer-studies) › [Consumer Studies Grade 11 Eastern Cape November 2022 QP](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr11-qp-nov2022-afrikaans/dad190bc-1815-4cfe-83aa-3ecac74b40a8)

## About this document

Consumer Studies · Grade 11 · Eastern Cape November Exam · 2022 · Afrikaans. Question paper, 18 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                         NASIONALE
                     SENIOR SERTIFIKAAT

                             GRAAD 11

                       NOVEMBER 2022

                   VERBRUIKERSTUDIES
                     (EKSEMPLAAR)

PUNTE:   200

TYD:     3 uur

                    Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                VERBRUIKERSTUDIES                     (EC/NOVEMBER 2022)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.     Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae:

           VRAAG                     INHOUD           PUNTE         TYD
                                                                  (minute)
        SECTION A (SHORT QUESTION)
             1       Kortvrae (Alle onderwerpe)        40            20
        SECTION A (LONG QUESTION)
             2       Die Verbruiker                     40            40
             3       Voedsel en Voeding                 40            40
             4       Kleding                            30            30
             5       Behuising                          20            20
             6       Entrepreneurskap                   30            30
        TOTAAL:                                        200           180

 2.     Al die vrae is VERPLIGTEND en moet in die ANTWOORDEBOEK
        beantwoord word.

 3.     Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
        vraestel gebruik is.

 4.     Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

 5.     Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

 6.     Skryf slegs met swart of blou ink.

 7.     Gee aandag aan spelling en sinskonstruksie.

 8.     Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                      VERBRUIKERSTUDIES                                    3

 AFDELING A: KORTVRAE

 VRAAG 1:

 1.1    Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
        Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
        (1.1.1 tot 1.1.20) in jou ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.21 D.

        1.1.1    ŉ Basiese beginsel van begroting is …

                 A    om ŉ kredietkaart te gebruik om aan basiese behoeftes te
                      voldoen.
                 B    spandeer meer as wat jy verdien om jou doelwitte te bereik.
                 C    kontrolering en hou ŉ rekord van geld wat spandeer word.
                 D    koop luukses om die geld vir jou te maak werk.                         (1)

        1.1.2    Veranderlike uitgawes sluit in:

                 A    Klere, vermaak en voedsel
                 B    Huur, assuransie/versekering en petrol
                 C    Water, elektrisiteit en mediese fonds
                 D    Skoolfooie, arbeid en juweliersware                                    (1)

        1.1.3    Die Nasionale Kredietreguleerder ...

                 A    is ŉ Instelling wat krediet aan verbruikers verskaf.
                 B    registreer kredietvoorsieners en skuldberaders.
                 C    het die Nasionale Verbruikerstribunaal gestig.
                 D    maak seker dat die verbruikers krediet kan bekostig.                   (1)

        1.1.4    ŉ Voordeel van debietkaarte:

                 A    Moeilik om tred van uitgawes te hou
                 B    Die rente wat gevra word is baie hoog
                 C    Fooie word vir OTM-onttrekkings gevra
                 D    Geld word dadelik na gebruik afgetrek                                  (1)

        1.1.5    Oortollige vet in die dieet kan lei na …

                 A    moegheid en tandverrotting.
                 B    hartsiekte en aansit van gewig.
                 C    sekere kankers en ŉ tekort aan energie.
                 D    hardlywigheid en kolonkanker.                                          (1)

        1.1.6    Die vet in plantolies wat die cholesterolvlakke verlaag.

                 A    Transvet-sure
                 B    Dieetvette
                 C    Poli-onversadigde
                 D    Versadigde                                                             (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                   VERBRUIKERSTUDIES                         (EC/NOVEMBER 2022)

        1.1.7        Die gereg sal geskik wees vir ŉ persoon wat aan hoë bloeddruk lei,
                     want …

                     A    geen sout is bygevoeg nie.
                     B    dit bevat versadigde vette.
                     C    dit bevat ŉ hoë persentasie water.
                     D    dit het plantproteïene.                                             (1)

        1.1.8        Voedselbronne wat moontlik vesel bevat:

                     A    Melk, hawermout en vrugte
                     B    Hawermout, vrugte en peulgroente
                     C    Vis, vleis en vrugte
                     D    Melk, vis en peulgroente                                            (1)

        1.1.9        ŉ Bestanddeel wat ŉ persoon met osteoporose sal help.

                     A    Botterskorsie
                     B    Aarbeie
                     C    Peulplante/peulgewasse/legumiene
                     D    Laevet joghurt                                                      (1)

        1.1.10       ŉ Bestanddeel wat die meeste sal bydra tot ŉ tiener/jong volwassene
                     se groei.

                     A    Hoender en groen blaargroente
                     B    Tamaties en brokkoli
                     C    Rooivleis en kool
                     D    Geblikte vis en laevet joghurt                                      (1)

        1.1.11       Merserisering is ŉ proses wat …

                     A    ŉ gladde oppervlak voorsien.
                     B    ŉ verhewe patroon skep.
                     C    maak kledingstowwe kreukelbestand.
                     D    krimping van kledingstowwe voorkom.                                 (1)

        1.1.12       ŉ Chemiese kledingstof-afwerking wat verhoed dat die kledingstof
                     aan die liggaam vasklou.

                     A    Waterbestand
                     B    Antibakteries
                     C    Dripdroog
                     D    Statiese beheer                                                     (1)

        1.1.13       Wanneer swart by ŉ kleur gevoeg word is die gevolg:

                     A    Tint
                     B    Skadu
                     C    Toon
                     D    Neutrale kleur                                                      (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                        VERBRUIKERSTUDIES                                      5

        1.1.14       ŉ Ligbron wat ŉ hele kamer verlig staan as … -beligting bekend.

                     A    funksionele
                     B    dekoratiewe
                     C    algemene
                     D    taak                                                                  (1)

        1.1.15       Goeie oriëntasie ten opsigte van die son vir ŉ huis in Suid-Afrika.

                     A    Suid-aansig kamers ontvang minimum sonlig in die winter.
                     B    Suid-aansig kamers is koel in die winter wanneer die son hoog
                          is
                     C    Noord-aansig kamers kry maksimum son in die winter.
                     D    Noord-aansig kamers is koel in die somer wanneer die sonlig
                          laag is.                                                              (1)

        1.1.16       ŉ Voordeel van ŉ geslote vloerplan:

                     A    Het ŉ gevoel van ruimte
                     B    Is meer geskik vir mense met gestremdhede
                     C    Laat maksimum interaksie toe
                     D    Bied privaatheid vir verskillende aktiwiteite                         (1)

        1.1.17       Die entrepreneur moet die produkte en dienste identifiseer wat …

                     A    deur massaproduksie vinnig geproduseer kan word.
                     B    in kliënte se behoeftes voorsien.
                     C    goedkoop arbeid benodig om te produseer.
                     D    semi-vaardighede arbeid vereis.                                       (1)

        1.1.18       Promosie in die bemarkingstrategie/-samestelling behels:

                     A    Advertering en verkoopspromosie
                     B    Vaardige, hardwerkend mense
                     C    Finansiële beplanning om oorhoofse koste te dek en ŉ wins
                          te maak
                     D    Produk-ontwikkeling en mededingende prysvasstelling                   (1)

        1.1.19       Die winsgrens is die bedrag wat by die produksiekoste gevoeg is
                     om …

                     A    die verbruiker ŉ afslag te bied.
                     B    die totale koste aangegaan te dek.
                     C    die wins en die verkoopprys te bereken.
                     D    opbrengs van die belegging te verseker.                               (1)

        1.1.20       Oorhoofse koste in ŉ besigheid verwys na …

                     A    die deurlopende/operasionele uitgawes om ŉ besigheid te
                          bedryf.
                     B    uitgawes aangegaan wanneer ŉ besigheid begin word.
                     C    kostes wat van die verkoopsvolume afhanklik is.
                     D    onveranderlike koste in die besigheid aktiwiteit.                     (1)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                              VERBRUIKERSTUDIES                         (EC/NOVEMBER 2022)

 1.2 Kies die kleurkombinasie uit KOLOM B wat pas by ŉ kleurharmonie in
     KOLOM A. Skryf slegs die letter (A–G) langs die vraagnommers
     (1.2.1 tot 1.2.4) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.5 H.

               KOLOM A                               KOLOM B
           (KLEURHARMONIE)                     (KLEURKOMBINASIES)
      1.2.1 Triadies                  A    geel, lemmetjie-geel

      1.2.2    Komplimentêre          B    geel, geelgroen, pers, rooi-pers

      1.2.3    Analogies              C    geel, blou-pers, rooi-pers

      1.2.4    Dubbel komplimentêre   D    geel en pers

                                      E    geel, groen, pers, rooi

                                      F    geel, blou en rooi

                                      G    geel, geelgroen, groen
                                                                              (4 x 1)   (4)

 1.3 Kies die stadium van KOLOM B en die beskrywing in KOLOM C wat pas by ŉ
     skets in KOLOM A. Skryf slegs die korrekte letter (A–D) van KOLOM B en die
     korrekte nommer (1–4) van KOLOM C langs die vraagnommers
     (1.3.1 tot 1.3.4) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.3.5 E.

             KOLOM A                    KOLOM B                 KOLOM C
       PRODUK-LEWENSSIKLUS              STADIUM                 BESKRYWING
      1.3.1 1.3.2 1.3.3 1.3.4         A Groei             1. Aanvraag teen laer
                                                             koers maar nog
                                                             winsgewend.

                                      B Afname            2. Wins verhoog soos
                                                             aanvraag vermeerder.

                                      C Bekendstelling 3. Afname in verkope
                                                          met min of geen wins
                                                          gemaak.

                                      D Volwassenheid 4. Klem op kliënt-
                                                         werwing want die
                                                         produk is nuut.
                                                                         (4 x 2)        (8)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                     VERBRUIKERSTUDIES                                     7

1.4    Gee EEN woord/term vir elk van die onderstaande beskrywing. Skryf slegs die
       woord/term langs die vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.4) in die ANTWOORDE-
       BOEK neer.

       1.4.1    ŉ Verbruiker wie se rekord toon dat hulle gesukkel het om hul skuld oor
                ŉ gegewe tydperk te betaal

       1.4.2    Wanneer ŉ persoon of klein besigheid fondse van individue in plaas
                van ŉ banke ontvang

       1.4.3    Wanneer ŉ kredietvoorsiener krediet aan ŉ verbruiker gee sonder om
                ŉ bekostigbare assessering te doen

       1.4.4    ŉ Bedrogsisteem om geld te maak gebaseer om lede te werf waar die
                aantal lede in elke vlak vermeerder                       (4 x 1)           (4)

1.5    Identifiseer VIER korrekte stellings in die onderstaande lys. Identifiseer die
       korrekte vitamien se funksie met betrekking tot bloed. Skryf slegs die korrekte
       letters (A–H) langs die vraagnommer (1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.

       A Vitamien A is hoofsaaklik verantwoordelik vir die vorming van hemoglobien.
       B Vitamien B12 is essensieel vir die vorming van rooibloedselle.
       C Vitamien C bevorder die absorpsie van yster.
       D Vitamien D speel ŉ rol in bloedverdunning.
       E Foliensuur is nodig om rooibloedselle te produseer
       F Vitamien B1 voorkom bloeiende tandvleis
       G Vitamien K is belangrik vir bloedstolling
       H Vitamien B2 voorkom die skeuring van bloedselle                                   (4)
                                                                                          [40]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                   VERBRUIKERSTUDIES                                 (EC/NOVEMBER 2022)

 AFDELING B: LANGVRAE
 VRAAG 2: DIE VERBRUIKER
 2.1 Gee die naam van die organisasie wat rekord hou van ŉ individu se krediet
     inligting.                                                                                       (1)
 2.2 Noem die hoofverskille tussen kontant- en krediettransaksies.                                    (2)
 2.3 Lys DRIE verbruikersregte met betrekking tot krediettransaksies.                                 (3)
 2.4 Lys VIER maniere hoe om bankkoste te verlaag.                                                    (4)
 2.5 Lees die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg:

      Data gepubliseer deur Stats SA op 08/06/2021 toon dat huishoudelike finale
      verbruiksuitgawes verhoog het in die eerste kwartaal van die jaar in vergelyking
      met die vierde kwartaal van 2020. Dit wys dat huishoudings weer stadig hulle
      voete na die finansiële probleem van die pandemie vind. Die verhoging was
      hoofsaaklik gedryf deur ŉ verskeidenheid goedere en dienste (9,8%) klere en
      skoene (22,2%) en meubels (8,9%). Daar was ŉ afname in besteding by
      restaurante en hotelle.
                               [Aangepas uit https/businesstech.co.za news/finances, 8 Junie 2021]

      2.5.1    Haal ŉ sin aan wat die rede gee waarom huishoudelike uitgawes ŉ
               verhoging toon.                                                                        (1)
      2.5.2    Noem die kategorie in huishoudelike uitgawes wat die meeste gegroei
               het.                                                                                   (1)
      2.5.3    Skryf ŉ volledige naam vir die afkorting Stats SA.                                     (2)
      2.5.4    Beskryf die term uitgawepatrone.                                                       (2)
      2.5.5    Verduidelik waarom die uitgawegroep, restaurante en hotelle, ŉ afname
               toon.                                                                                  (4)
 2.6 Bestudeer die onderstaande tabel en beantwoord die vrae wat volg.

                                       Lae inkomste en            Hoër middel inkomste en
                                          Laer middel-              welgestelde groep
                                        inkomstegroep
      SA huishoudelike
      samestelling                            60%                              40%
      Behuising begrotings-
      uitgawes                                24%                              34%
      Voedsel begrotings-
      uitgawes                                37%                              14%
              [Aangepas en vertaal uit https://www.grainsa.co.za. Toegang op 23 Maart 2020 verkry.]

      2.6.1    Verduidelik waarom daar ŉ groot verskil in die persentasie van die
               huishoudelike inkomste wat op voedsel gespandeer word is, wanneer
               die twee inkomstegroepe vergelyk word.                                                 (3)
      2.6.2    Analiseer waarom die hoë inkomstegroep ŉ groter persentasie van hul
               inkomste aan behuising as die laer inkomstegroep spandeer.                             (6)

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                     VERBRUIKERSTUDIES                                       9

 2.7 Bestudeer die inligting van die beplande finansies van Ted, ŉ student aan ŉ
     tersiêre opvoedkundige kollege. Beantwoord die vrae wat volg.

       Geld – verblyfsuitgawes van ŉ beursfonds                    R8 000,00
       Huur vir studentekamer                                      R3 500,00
       Selfoonkontrak                                               R425,00
       Vermaak                                                      R550,00
       Vervoer                                                      R575,00
       Beraamde koste vir drukwerk van take                         R350,00
       Deeltydse werk                                              R1 500,00
       Spaar (10% van inkomste)                                     R950,00
       Voedsel                                                     R2 000,00
       Klere en sport-apparaat                                     R1 150,00

       2.7.1    Identifiseer die uitgawes in die begroting wat eenkant gesit word om ŉ
                langtermyn doelwit te bereik.                                                 (1)

       2.7.2    Identifiseer TWEE bronne van inkomste in die begroting.                       (2)

       2.7.3    Bereken die totale uitgawes van die vaste koste.                              (2)

       2.7.4    Bespreek hoe sy finansiële hulpmiddels die uitgawes in sy begroting
                beïnvloed het.                                                               (6)
                                                                                            [40]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                               VERBRUIKERSTUDIES                                  (EC/NOVEMBER 2022)

 VRAAG 3: VOEDSEL EN VOEDING

 3.1   Gee die naam van die strukturele eenhede waaruit proteïene bestaan.                           (1)

 3.2   Noem TWEE tipes koolhidrate wat energie aan die liggaam verskaf.                              (2)

 3.3   Lys TWEE gesondheidsprobleme wat ontstaan as te veel vette geëet word.                        (2)

 3.4   Voltooi die onderstaande tabel. Vir elke vitamien wat genoem word, Kies EEN
       goeie voedselbron van die voorsiende illustrasies. Klassifiseer die vitamiene as
       water- of vetoplosbaar. (Moenie die tabel oorteken nie.) Skryf SLEGS die letters
       (A–D) langs die vraagnommers in die ANTWOORDEBOEK neer.

                      ŉ Goeie bron van die prente              Water- of vet oplosbare
                                                                      vitamien
       Vitamien C    (a) _________                         (b) ___________

       Vitamien A    (c) __________                        (d) __________

                 A                         B                                  C

                                                                                                     (4)
                                                                           [Bron: google images]

 3.5   Bestudeer die onderstaande tabel en beantwoord die vrae wat volg.

                             Nutriënt-inhoud van peulgroente
       Nutriënt              Suikerbone Keker-ertjies    Lensies                    Sojabone
       Proteïen (g)              7,1            8,9         8,6                       16,6
       Koolhidrate (g)          19,5           20,8        13,7                        4,8
       Magnesium (mg)             32            49          27                        102
       Kalium (mg)                55            48          27                         86
       Yster (mg)                368           291         270                        515            (6)
                             [Bron: https://foodfacts.org.za/proteien-alternatives-pulses-legumes]

       3.5.1    Identifiseer die peulgroente wat die hoogste styselinhoud het.                       (1)

       3.5.2    Onderskei tussen die klassifikasie van nutriënte as makro-nutriënte en
                mikro-nutriënte deur na die inligting in die nutriënte-kolom te verwys.              (4)

       3.5.3    Verduidelik volledig die term, biologiese waarde en sy funksie in die
                dieet. Verwys na die peulgroente in die tabel in jou antwoord.                       (6)

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                      VERBRUIKERSTUDIES                                           11

 3.6    Identifiseer die DRIE tipe voedselbesmetting in die onderstaande illustrasie.

                     A                   B                        C

                                                                        [Source: google images]      (3)

 3.7    Beskryf DRIE moontlikhede hoe kruisbesmetting kan plaasvind as brokkoli en
        hoender voorberei word, soos in die onderstaande prent gesien.

                                                                                                     (3)
                                                           [Source: google images]

 3.8    Beskryf waarom ŉ persoon wat voedselvergiftiging opgedoen het die risiko loop
        van dehidrasie en hoe dit vermy kan word.                                                    (4)

 3.9    Lees die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg.

        In Maart 2019 het Danone begin met die fortifisering van Nutriday joghurt met
        sink en het voortgegaan met ysterfortifisering vanaf Mei 2020. Die
        handelsnaam beoog om van net ŉ joghurt na ŉ gerieflike, bekostigbare
        gefortifiseerde nutriënteryke produk te ontwikkel. Die gefortiseerde produk sal
        nutriënt-tekorte aanspreek deur middel van ‘n nutriënt-oplossing wat ons
        kinders kan bevoordeel.

                                  [Aangepas uit https//ww.danone com integrated annual-reports/]

        3.9.1    Definieer die term voedselfortifikasie.                                             (2)

        3.9.2    Analiseer hoe die inisiatief deur Danone, die huidige bestaande
                 Nasionale Voedselfortifikasie-program in Suid-Afrika komplimenteer.                (8)
                                                                                                   [40]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                               VERBRUIKERSTUDIES                           (EC/NOVEMBER 2022)

 VRAAG 4: KLEDING

 4.1 Bestudeer die onderstaande prent en beantwoord die vrae wat volg.

        A                                  B

                                                                     [Bron: google images]

      4.1.1     Identifiseer die dominante tipe lyn wat in die rokke gebruik word.           (1)

      4.1.2     Gee die optiese illusie wat in elk van die prente geskep word en gee
                ‘n rede vir elk van die antwoorde.                                           (4)

      4.1.3     Meld TWEE ander effekte wat deur die gebruik van die tipe lyn
                geskep word.                                                                 (2)

 4.2 Verduidelik waarom skets A verwys word as fatsoen en B ŉ voorbeeld van
     vorm is.

      A                                      B

                                                                     [Bron: google images]   (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                     VERBRUIKERSTUDIES                                      13

 4.3 Verwys na die onderstaande skets en beantwoord die vraag wat volg.

       4.3.1    Identifiseer TWEE verskillende maniere hoe ritme verkry is.
                Verduidelik hoe elkeen verkry is. Tabuleer jou antwoord as volg:

                        Manier verkry                         Verduideliking
                (i)                         (1)                                      (2)
                (ii)                        (1)                                      (2)      (6)

 4.4 Beskryf hoe die ontwerpbeginsel ŉ voorbeeld van radiale balans kan wees.

                                                                                              (2)
                                           [Bron: google images]

 4.5 Skryf ŉ paragraaf oor die ontwerpbeginsel tekstuur. Begin met die definisie
     van tekstuur, noem die twee tipes teksture en onderskei tussen die twee.                 (5)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                             VERBRUIKERSTUDIES                        (EC/NOVEMBER 2022)

 4.6 Bestudeer die onderstaande skets van twee jasstyle. Beantwoord die vrae
     wat volg.

                              A                           B

                                                                [Source: Pinterest]

      ŉ Liggaamsvorm wat as rond veral om die middellyf-area beskryf word.

      4.6.1    Gee die naam van die liggaamsvorm wat hierbo beskryf word.              (1)

      4.6.2    Evalueer die twee jasse om die beste een vir die bogenoemde
               liggaamsvorm te kies.                                                   (5)
                                                                                      [30]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                     VERBRUIKERSTUDIES                                    15

 VRAAG 5: BEHUISING EN INTERIEUR

 5.1    Bestudeer die onderstaande meubelplan en beantwoord die vrae wat volg.

                                                                 [Source: google images]

        5.1.1    Gee die naam van die sone wat deur die kombuis verteenwoordig
                 word.                                                                      (1)

        5.1.2    Noem wat die onderstaande argitektoniese simbool op die vloerplan
                 verteenwoordig.

                                                                   [Bron: google images]    (1)

        5.1.3    Noem hoeveel taakbeligtings in die huis voorsien is.                       (1)

        5.1.4    Identifiseer DRIE moontlike probleme met betrekking tot die plasing
                 van die voordeur in verband met die sone in die regterhelfte van die
                 huis.                                                                      (3)

        5.1.5    Bespreek hoe in hierdie huis voorsiening vir ŉ werk-van-die-
                 huisomgewing gemaak is.                                                    (5)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                              VERBRUIKERSTUDIES                             (EC/NOVEMBER 2022)

      5.1.6    Motiveer watter lessenaarstoel ŉ beter keuse sal wees vir die gebruik
               by die lessenaar-area met betrekking tot die materiaal wat vir die raam
               gebruik is.

               A                                   B

               Polimeer-plastiekraam, pote en      Aluminiumpote met metaalrollers
               rollers vir die wiele.              vir die wiele.
                                                                     [Bron: google images]    (3)

      5.1.7    Kies TWEE kriteria wat jy sal oorweeg wanneer hierdie slaapbank
               gekoop word en bespreek elke kriteria.

                                             [Bron: google images]
                                                                                  (2 x 3)     (6)
                                                                                             [20]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                      VERBRUIKERSTUDIES                                            17

 VRAAG 6: ENTREPRENEURSKAP

 6.1    Gee die term vir ŉ geskrewe dokument met instruksies vir die konstruksie van
        in item.                                                                                      (1)

 6.2    Definieer die term marksegmentasie.                                                           (3)

 6.3    Verduidelik hoe ŉ besigheid ŉ mededingende voordeel kan ontwikkel.                            (3)

 6.4    Lees die onderstaande gevallestudie en beantwoord die vrae wat volg.

                                  TSHEPO, DIE JEAN-MAKER

        TSHEPO is ŉ oorspronklike, eerbare Suid-Afrikaanse handelsnaam en een van
        Suid-Afrika se mees populêre denim-etikette.

        Tshepo Mohlala het in ŉ huishouding saam met sy ouma groot geword en sy het
        sy besluit om ŉ beroep in mode te volg, beïnvloed. Hy het ŉ kursus in Mode-
        ontwerp begin, maar in 2011 opgehou as gevolg van finansiële probleme. Hy het
        die basiese beginsels van naaldwerk en patroon-ontwerp geleer. Hy het sy
        kennis verbreed deur navorsing oor denim op die internet te doen. Tshepo het
        begin om spesiale (‘custom’) jeans vir kliënte te maak en so het hy ŉ kliëntebasis
        opgebou. Hy het die jeans van ŉ rugsak verkoop. Toe verkoop hy die jeans van
        ŉ motorfiets en sy besigheid het begin groei. Hy het ŉ lening van R8000
        aangegaan en mansjeans genaamd ‘Presidential slimfit’ ontwerp. Hy het ŉ 100
        paar jeans ontwerp en so het sy handelsnaam begin. In 2015 het hy sy produk
        ‘Tshepo’ met ŉ kroonbeeld-logo geloods. Hy het sy kuns vervolmaak, omdat hy
        in een paar gespesialiseer het. Hy het dit in vier verskillende kleure beskikbaar
        gemaak. Hy het ŉ winkel in Johannesburg oopgemaak. Hulle bied spesiaal
        gemaakte jeans aan, waar die kliënte se mates geneem word. ŉ Verskeidenheid
        van jeans-style kan gemaak word.

        Tshepo bied nou ŉ reeks denimklere van jeans tot hemde aan. Hy verkoop ook
        golf t-hemde wat meer bekostigbaar is.

        Hy sal daarvan hou om uit te brei en kleredrag vir dames aan te bied.

                           [Bron: https://www.businessinsider.co.za/take-a-look-famed-jean-maker-]

        6.4.1    Gee die faktor wat Tshepo oorweeg het toe hy sy produk gekies het om
                 jeans te ontwerp as gevolg van sy liefde vir denim-materiaal en mode.                (1)

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
18                                VERBRUIKERSTUDIES                         (EC/NOVEMBER 2022)

       6.4.2    Meld hoe Tshepo die volgende bereik het voordat hy 100 paar jeans
                gemaak het:

                (a)    Begin met ŉ lae kapitaaluitleg
                (b)    Verkry vaardighede voordat jy begin
                (c)    Het ŉ vorm van vervoer                                               (3)

       6.4.3    Identifiseer watter P in die bemarkingstrategie/-samestelling deur die
                volgende verteenwoordig word:

                (a)   ‘Die Presidential Slim fit’                                           (1)

                (b)   Verkoop sy jeans uit ŉ rugsak                                         (1)

       6.4.4    Kies TWEE aanhalings uit die gevallestudie voordat Tshepo sy winkel
                in Johannesburg oop gemaak het, om te bewys dat Tshepo die
                kernbeginsels van bemarking, genaamd teiken spesifieke markte
                toegepas het.                                                               (2)

       6.4.5    Analiseer hoe Tshepo aangehou het om aan sy kliënte se behoeftes
                te voldoen, nadat hy sy handelsnaam bekend gestel het wat die groei
                van sy besigheid verseker het.                                              (6)

       6.4.6    Bereken die verkoopprys van een paar mansjeans as die produksie-
                koste R475,00 en 80% wins bygevoeg is. Toon alle berekeninge.               (3)

       6.4.7    Bereken die wins as hy 10 paar jeans verkoop.                               (2)

       6.4.8    Bereken die produksiekoste van 10 paar damesjeans as die
                produksiekoste 20% hoër per paar as die van mansjeans is.                  (4)
                                                                                          [30]

                                                                            TOTAAL:       200

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

## Related documents

- [CONSUMER STUDIES GR12 MEMO NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-memo-nov2022-afrikaans/d7512f46-9ccd-48dc-a3b8-1dcf41088c4d) — Consumer Studies · Memo · 2022 · Afr
- [CONSUMER STUDIES GR11 QP NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr11-qp-nov2018-afrikaans/929cb311-86eb-4c12-8741-79e560a79f44) — Consumer Studies · QP · 2018 · Afr
- [CONSUMER STUDIES GR11 QP NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr11-qp-nov2017-afrikaans/041e1e46-9729-4336-bfbf-5a7c9673b2b4) — Consumer Studies · QP · 2017 · Afr
- [CONSUMER STUDIES GR11 MEMO GR11 NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr11-memo-gr11-nov2020-afrikaans/f606e33e-0eb7-4519-be82-f85bb232e9e1) — Consumer Studies · Memo · 2020 · Afr
- [CONSUMER STUDIES MEMO GR11 NOV 2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-memo-gr11-nov-2019-afrikaans/6f5134ec-8288-4e70-9a63-2d3bb6e7b92f) — Consumer Studies · Memo · 2019 · Afr
- [CONSUMER STUDIES GR11 MEMO NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr11-memo-nov2018-afrikaans/db0a0d89-a60b-4007-80c8-8b98b9216f05) — Consumer Studies · Memo · 2018 · Afr

## More from Grade 11 Consumer Studies

- [Gr 11 Con Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-con-stu-atp-2023-24/ac4fc15b-afd5-4962-81be-2cac053bf185) — ATP
- [CONSUMER STUDIES GR11 MEMO NOV2020 AFR D](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr11-memo-nov2020-afr-d/88280604-0722-46b6-9e12-a731ea64c240) — Memo · 2020 · Afr
- [CONSUMER STUDIES GR11 QP MEMO NOV2020 AFR D](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr11-qp-memo-nov2020-afr-d/cc44b7cc-9697-4dd2-b2c2-dc78c78c94bb) — Memo · 2020 · Afr
- [CONSUMER STUDIES GR11 MEMO NOV2020 ENG D](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr11-memo-nov2020-eng-d/c072dbdb-88ab-4c8e-8872-68fc13380cdd) — Memo · 2020 · Eng
- [CONSUMER STUDIES GR11 QP MEMO NOV2020 ENG D](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr11-qp-memo-nov2020-eng-d/b37b8d40-d671-41e0-92ad-697f271b6dee) — Memo · 2020 · Eng
- [CONSUMER STUDIES GR11 QP NOV2018 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr11-qp-nov2018-eng-d/49fc08f1-0d53-4628-813f-ffd8479359cb) — QP · 2018 · Eng

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
