# Consumer Studies Grade 11 Eastern Cape November 2022 Memo

> Grade 11 Consumer Studies memorandum from the Eastern Cape November Exam 2022 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-memo-nov2022-afrikaans/d7512f46-9ccd-48dc-a3b8-1dcf41088c4d
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Consumer Studies
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2022
- Exam period: Eastern Cape November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Consumer Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/consumer-studies) › [Consumer Studies Grade 11 Eastern Cape November 2022 Memo](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-memo-nov2022-afrikaans/d7512f46-9ccd-48dc-a3b8-1dcf41088c4d)

## About this document

Consumer Studies · Grade 11 · Eastern Cape November Exam · 2022 · Afrikaans. Memorandum, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                          NASIONALE
                      SENIOR CERTIFIKAAT

                              GRAAD 11

                        NOVEMBER 2022

                   VERBRUIKERSTUDIES
                      NASIENRIGLYN
                     (EKSEMPLAAR)

PUNTE:   200

                   Hierdie nasienriglyn bestaan uit 14 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                              VERBRUIKERSTUDIES   (EC/NOVEMBER 2022)

 VRAAG 1: KORTVRAE

 1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

      1.1.1     C ✓                                              (1)
      1.1.2     A ✓                                              (1)
      1.1.3     B ✓                                              (1)
      1.1.4     D ✓                                              (1)
      1.1.5     B ✓                                              (1)
      1.1.6     C ✓                                              (1)
      1.1.7     A ✓                                              (1)
      1.1.8     B ✓                                              (1)
      1.1.9     D ✓                                              (1)
      1.1.10    D ✓                                              (1)
      1.1.11    A ✓                                              (1)
      1.1.12    D ✓                                              (1)
      1.1.13    B ✓                                              (1)
      1.1.14    C ✓                                              (1)
      1.1.15    C ✓                                              (1)
      1.1.16    D ✓                                              (1)
      1.1.17    B ✓                                              (1)
      1.1.18    A ✓                                              (1)
      1.1.19    C ✓                                              (1)
      1.1.20    A ✓                                              (1)

 1.2 1.2.1      F ✓
     1.2.2      D ✓
     1.2.3      G ✓
     1.2.4      E ✓                                              (4)

 1.3 1.3.1      C    4 ✓✓                                        (2)
     1.3.2      A    2 ✓✓                                        (2)
     1.3.3      D    1 ✓✓                                        (2)
     1.3.4      B    3 ✓✓                                        (2)

 1.4 1.4.1      Swartlys ✓
     1.4.2      Mikro-lening ✓
     1.4.3      Roekelose lening ✓
     1.4.4      Piramiedaskema ✓                     (4 x 1)     (4)

 1.5 B C E G         ✓✓✓✓                                        (4)
                                                                [40]

Kopiereg voorbehou                                 Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                    VERBRUIKERSTUDIES                                    3

 VRAAG 2: DIE VERBRUIKER

 2.1 Die naam van die organisasie wat ŉ rekord van individue se krediet
     inligting hou.
     • Kredietburo ✓                                                                       (1)

 2.2 Die hoofverskil tussen ŉ kontanttransaksie en ŉ krediettransaksie.

       Kontanttransaksies sluit ŉ direkte ruil van geld vir goedere in. 
       Krediettransaksies is wanneer goedere en dienste ontvang maar betaling
       geskied later. / Koop nou, betaal later/ Gewoonlik is rente betrokke/
       dienskoste 
       LET WEL: Aanvaar krediet vir ŉ punt.                                                (2)

 2.3 Lys DRIE verbruikersregte aangaande krediettransaksies.
     • Die reg om vir krediet aansoek te doen. 
     • Die reg om nie teen gediskrimineer word wanneer daar vir krediet aansoek
       gedoen word nie. ✓
     • Die reg om redes te gegee word as die aansoek afgekeur is. ✓
     • Die reg om die dokumente in ŉ offisiële taal, wat die verbruiker verstaan, te
       gegee word. ✓
     • Die reg om die dokumente in verstaanbare/eenvoudige taal te kry. ✓
     • Die reg het om dokumente te ontvang soos wat die verbruiker dit verkies ✓
     • Die reg tot vertroulike behandeling. ✓
     • Die reg tot toegang en bevraagtekening van inligting wat deur die krediet-
       buro gehou word ✓
     • Die reg om state te ontvang ✓                                     (Enige 3 x 1)     (3)

 2.4 Lys VIER maniere hoe om bankkoste te verlaag.
     • Gebruik ŉ tjekkaart of debietkaart want dit is goedkoper. ✓
     • Gebruik OTM, EFT, selfoon, aanlyn (internet) manier om te bank want dit is
       goedkoper. ✓
     • Gebruik EOT so ver as moontlik as jy aankope doen om kontant-onttrekkings
       te doen want dit is goedkoper. ✓
     • Gebruik jou eie bank se OTM om addisionele koste/fooie te vermy ✓
     • Doen minder onttrekkings van groot bydrae as gereelde onttrekkings van
       kleiner bedrae. ✓
     • Probeer om baie klein onttrekkings te vermy, want jy betaal ŉ fooi vir elke
       onttrekking. ✓
     • Hou transaksies tot minimum want jy betaal per transaksie. ✓
     • Maak seker dat daar genoeg geld in jou rekening is om rente te vermy as
       daar nie voldoende fondse is nie. ✓
     • Doen internet bank want baie banke vra geen betaling vir aanlyntransaksies
       nie. ✓
     • Vra jou bank vir die goedkoopste transaksie koste. ✓
     • Bestudeer jou bankstate om bewus te wees van die bankkoste. ✓
     • Kombineer jou rekeninge in een rekening. ✓
     • Gebruik jou SMS, e-pos-notifikasie om jou rekening te monitor eerder as om
       OTM te gebruik ✓
                                                                        (Enige 4 x 1)      (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                               VERBRUIKERSTUDIES                          (EC/NOVEMBER 2022)

 2.5 2.5.1     Haal ŉ sin aan wat redes gee waarom die huishoudelike uitgawes
               ŉ verhoging toon.
               Dit toon dat huishoudings stadig besig is om weer op die been te kom
               na die finansiële verknorsing van die pandemie. 
                                                  OF
               Die verhoging was grootliks gedryf deur ŉ verskeidenheid van klein
               goedere en dienste (9,8%) klere en skoene (22,2%) en meubels (8,9%)  (1)

      2.5.2    Noem die kategorie in huishoudelike uitgawes wat die grootste
               groei toon.
               Klere en skoene ✓                                                           (1)

      2.5.3    Gee die volle naam vir die afkorting Stats SA.
               Statistieke Suid-Afrika ✓✓                                                  (2)

      2.5.4    Beskryf die term uitgawes patrone.
               Dit is die tipiese maniere hoe verbruikers geld  op goedere en dienste
               spandeer. 
                                                   OF
               Wat huishoudings hulle geld spandeer  op, beïnvloed deur jou
               inkomste. 
                                                   OF
               Patrone van spandering word gekyk tussen om die verskil in spandering
               tussen die  inkomstegroepe te assesseer. ✓                                 (2)

      2.5.5    Verduidelik waarom die uitgawegroep, restaurante en hotelle,
               gedaal het.
               Restaurante en hotelle was toe gedurende die grendeltyd. Mense het in
               die gewoonte gekom om ander bronne van wegneemetes/maaltye en
               vermaak te bekom. ✓ Met die styging van die 2de golf van Covid-19 het
               restaurante beperkte tye gehad om besigheid te bedryf as gevolg van
               die grendeltydperk. ✓ Mense wou nie sosiale byeenkomste bywoon nie
               in vrees om die Corona-virus infeksie op te doen. ✓ Sekere restaurante
               en hotelle het toegemaak as gevolg van afname in inkomste gedurende
               die grendeltydperk so daar was ŉ beperkte keuse om te gaan uiteet. 
               Toe alkohol nie toegelaat was om in restaurant bedien te word nie, het
               mense by die huis onthaal. 
                                                            (Enige 4 logiese antwoorde)    (4)

 2.6 2.6.1     Verduidelik waarom daar ŉ groot verskil is in die persentasie van
               die huishoudelike inkomste spandeer op voedsel wanneer daar ŉ
               vergelyking tussen die twee inkomste groepe getref word.
               Voedsel is ŉ basiese behoefte vir oorlewing, daarom is dit ŉ prioriteit in
               die lae inkomstegroep / hoër inkomste groepe het genoeg geld om te
               spandeer op ander behoeftes en begeertes. ✓ Die lae-inkomstegroepe
               het baie minder inkomste daarom reflekteer die persentasie op voedsel ŉ
               groter porsie in die grafiek.  (byvoorbeeld as ŉ huishouding se inkomste
               R4 000,00 per maand is en die voedsel is R1 500,00 per maand,
               reflekteer dit 37,5% op die voedselbegroting). ✓ Die hoër inkomstegroep
               spandeer baie meer op voedsel (byvoorbeeld R10 000,00 en hulle
               verdien meer as R60 000,00) per maand om te spandeer op ander
               uitgawes; voedsel is ŉ klein gedeelte van die grafiek ✓
                                                                           (Enige 3 x 1) (3)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                      VERBRUIKERSTUDIES                                    5

       2.6.2    Analiseer waarom die persentasie van die salaris op behuising in
                die hoër inkomste groep groter is as in die laer inkomste groep.
                Die hoër inkomste groepe kan beter behuising bekostig in beter areas
                daarom kos dit meer / Jy benodig minder geld as jy in ŉ goedkoop area
                woon.  Hoër inkomstegroepe het die vermoë om groter  lenings/
                toegang tot krediet te bekom, daarom  het hulle maandelikse
                terugbetalings op huislenings. Wanneer die rentekoers verhoog, sal die
                koste van krediet verhoog. ✓
                As hulle verkies om te huur, sal die huur uitgawes groter wees in
                vergelyking met die lae-inkomste groep wat sal minder betaal vir ŉ
                klein plek  in ŉ minder gegoede area.  Die waarde van die huis is
                hoër daarom is die belasting hoër  dit dra by tot die begroting van
                behuising. Hulle sal ook meer betaal op huishoudelike versekering. ✓
                Groter eiendomme vereis meer onderhoud wat die kostes verhoog.
                Behuisingskoste sluit water en elektrisiteit in wat aanhoudend verhoog/
                groter huishoudings gebruik meer elektrisiteit. ✓
                Die laer inkomste groepe mag miskien nie in areas woon waar daar
                elektrisiteit is nie, maar gebruik goedkoop brandstof vir energie,
                byvoorbeeld paraffien. ✓
                                                                 (Enige 6 sake opgehaal)     (6)

 2.7 2.7.1      Identifiseer die uitgawe in die begroting wat opsy gesit moet word
                om ŉ langtermyn doel te bereik.
                • Spaar ✓                                                                    (1)

       2.7.2    Identifiseer die bron van inkomste in hierdie begroting.
                Beursfonds ✓
                Deeltydse werk. ✓                                                            (2)

       2.7.3    Bereken die totale uitgawes op die vaste uitgawes.
                R4 875,00 ✓
                (R3 500,00 + R425,00 + R950,00) ✓                                            (2)

       2.7.4    Bespreek hoe sy finansiële hulpbronne die uitgawes in sy
                begroting beïnvloed het.
                Hy het ŉ beurs ontvang wat al sy uitgawes dek, byvoorbeeld  ŉ kamer
                waarvoor hy huur betaal, koop van kos, betaal vir sy vervoer, drukwerk,
                en hy het nog genoeg oor om klere te koop.  Sy deeltydse werk dra by
                tot ekstras  soos onthaal en die kontrak van sy selfoon.  Beide
                inkomste beteken dat hy geld kan wegsit om te spaar. ✓

                LET WEL:     Die antwoord moet die invloed van beide die beurs en die
                             deeltydse werk dek.
                                                                            (Maks. 6)        (6)
                                                                                            [40]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                               VERBRUIKERSTUDIES                          (EC/NOVEMBER 2022)

 VRAAG 3: VOEDSEL EN VOEDING
 3.1 Gee die name van die strukturele eenhede waaruit proteïene bestaan.
     • Aminosure ✓                                                                         (1)
 3.2 Gee TWEE tipes koolhidrate wat die liggaam met energie verskaf.
     • Suiker ✓
     • Stysel ✓                                                                            (2)
 3.3 Lys TWEE gesondheidsprobleme wat die oorsaak is, wanneer te veel
     vette geëet word.
     Vetsug ✓
     Hartsiektes ✓
     Hoë bloed cholesterol ✓                                 (Enige 2 x 1)                 (2)
 3.4 Voltooi die tabel: Vitamiene
     (a) C of lemoen/naartjie/suurlemoen ens.
     (b) water oplosbaar
     (c) B of wortel
     (d) vetoplosbaar                                                                      (4)
 3.5 3.5.1     Identifiseer die legumien wat die hoogste stysel bevat.
               • Keker-ertjies ✓                                                           (1)
      3.5.2    Onderskei tussen die klassifikasie van nutriënte as makro-nutriënt
               en mikro-nutriënt deur na die inligting op die nutriënte-kolom te
               verwys
               Makro-nutriënte vereis groot hoeveelhede vir die liggaam op die tabel
               as gram(g). Proteïne en koolhidrate is makro-nutriënte. ✓✓
               Mikronutriënte vereis kleiner hoeveelhede in die liggaam as milligram
               (mg) op die tabel.
               Die minerale (magnesium, kaluim en yster) is mikro-nutriënte. ✓✓
                           (Maksimum 2 punte vir makro en 2 punte vir mikro nutrient)      (4)
      3.5.3    Verduidelik die term biologiese waarde. Verwys na die legumien
               voorbeelde in die tabel in jou antwoord.
               Biologiese waarde verwys na die aantal noodsaaklike aminosure wat
               die proteïen het. ✓ Dit meet die kwaliteit van die proteïen ✓ en die
               funksie wat die proteïen het. Ondersteun die groei/ bou van weefsels/
               bou nuwe weefsels en behou/herstel liggaamsweefsel. ✓ ŉ Proteïen
               met ŉ hoë biologiese waarde het al die essensiële aminosure en kan
               dus alle funksies verrig, dus ŉ goeie kwaliteit. ✓ ŉ Proteïen met ŉ lae
               biologiese waarde ontbreek een of meer essensiële aminosure en kan
               nie die bou-funksie verrig nie, ✓ dus ŉ swakker kwaliteit. ✓ Die soja-
               bone is ŉ voorbeeld van ŉ hoë biologiese waarde. ✓ Die tabel wys ook
               dat die sojabone die hoogste gram (16,6) proteïene bevat. ✓ Die
               suikerbone, keker-ertjies en lensies is voorbeelde van lae biologiese
               waarde. ✓ Die tabel wys dat hulle minder proteïene as soja bevat. ✓
               Wanneer saam met grane geëet word, bied die kombinasie ŉ goeie
               kwaliteit proteïene/proteïene aanvulling/funksie as volledig. ✓
               LET WEL: Die antwoord moet verwys na beide hoë biologiese en
               lae biologiese waarde en die peulgroente om volle punte te
               verdien.                                             (Enige 6 x 1)          (6)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                     VERBRUIKERSTUDIES                                     7

 3.6 Identifiseer die drie tipe voedselbesmetting.
     A – Mikrobiologies ✓
     B – Chemies ✓
     C – Fisiese ✓                                                                           (3)

 3.7 Beskryf DRIE moontlikhede hoe kruisbesmetting plaasvind wanneer
     hoender en brokkoli voorberei word soos gesien word in die prent.
     • As die hande nie gewas is nie en voedsel word hanteer. ✓
     • Die mes is besmet as die mes gebruik is vir beide voedsel/was die mes ✓
     • As die hoender besmet was en die mes was gebruik op die hoender en die
       brokkoli ✓
     • Die kapplank was nie gewas nie/ is nie skoon nie. ✓
     • Die hoender en brokkoli moet nie op dieselfde plank gebruik word nie/gebruik
       aparte planke. ✓                                            (Enige 3 x 1)             (3)

 3.8 Bespreek hoe ŉ persoon wat voedselvergiftiging opgedoen het, die risiko
     van dehidrasie kan voorkom.
     ŉ Persoon met voedselvergiftiging het simptome van braking en diarree  wat lei
     tot die verlies van vloeistof. ✓ Hulle moet baie water drink, wat die verlies van
     vloeistowwe vervang/vloeistowwe soos sop en vrugtesappe.  Die liggaam
     verloor elektroliete (sout/glukose/minerale)  en kan vervang word met orale
     rehidrasie/rehidrasie sout/game koeldrank. ✓ As die kos nie wil binne bly nie,
     suig ysblokkies.  Vermy alkohol as ŉ kafeïen, want dit het ŉ dehidrasie effek.✓
                                                                            (Enige 4 x 1)    (4)

 3.9 3.9.1      Definieer die term voedselfortifikasie
                Beteken om die voedsel te versterk ✓ met vitamiene en minerale/
                byvoeging van minerale en vitamiene ✓                                        (2)

       3.9.2    Analiseer hoe hierdie inisiatief van Danone die bestaande
                Nasionale fortifiseringsprogram van Suid-Afrika
                aanvul/komplimenteer.
                • Volgens Suid-Afrika se bestaande program is dit verpligtend (vanaf
                  2003) vir meulenaars en bakkers om alle mieliemeel, broodmeel (wit
                  en bruin) te fortifiseer insluitend brood OF voedsels wat algemeen
                  geëet word (1 punt) met vitamiene en minerale.  /Daar is 6
                  vitamiene en 2 minerale 
                • Vitamiene A, B1, B2, B3, B6 en foliensuur 
                • Minerale: Yster en sink 
                • Danone komplimenteer hierdie program, want die maatskappy
                  fortifiseer joghurt met dieselfde 2 minerale/ sink en yster. 
                • Danone het dieselfde visie rakende kindertekorte aan mikro-nutriente
                  soos in die opname/Nasionale voedselverbruik opname. 
                • Die Nasionale Voedsel Fortifiserings program het ontstaan a.g.v ŉ
                  opname wat in 1999 geloods was. ✓
                • ŉ Tekort aan nutriente in die dieët lei tot gesondheidskwessies/
                  vertraagde groei/ondergewig en Danone wens om vorentoe die
                  gesondheidsprobleem op te los. 
                • In die opname is gevind dat gesinne nie genoeg geld het vir voedsel
                  daarom voorsien Danone bekostigbare produkte wat baie voedsaam is
                  weens die fortisering/sink en yster wat ŉ tekort in melk het. 

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                VERBRUIKERSTUDIES                          (EC/NOVEMBER 2022)

               • Danone volg dieselfde riglyne as die Nasionale voedselprogram
                 wat se doel is om die gesondheid en kwaliteit van lewe te
                 verbeter/minder siek kinders/kinders se vordering op skool. 
               • Volwassenes wat joghurt eet sal ook voordeel tref.  (Maks. 8)             (8)

               LET WEL: Leerlinge mag nie 8 punte kry vir slegs die bespreking
               van die Nasionale Fortifikasie program nie. ŉ Minimum van 3
               punte moet verband hou met die Danone fortifiseerde joghurt.
                                                                                          [40]

 VRAAG 4: KLEDING

 4.1 4.1.1     Identifiseer die tipe lyn wat in die rokke gebruik is
               Diagonale lyne ✓                                                             (1)

      4.1.2    Gee die optiese illusie wat deur die prente geskep word en gee
               redes vir jou antwoord.
               A = langer/slank 
                   Diagonale lyne skuins lyk meer na ŉ vertikale lyn, so dit het ŉ
                   verlengende effek.                                              (2)
               B = korter/breër ✓
                    Diagonale lyne is skuins/meer horisontaal en gee ŉ breër effek ✓
                                                                                   (2)      (4)

      4.1.3    Noem TWEE ander effekte wat geskep is deur hierdie tipe lyne.
               Dinamies, dramaties, beweging, aksie. ✓           (Enige 2 x 1)              (2)

 4.2 Verduidelik waarom skets A verwys word na fatsoen en skets B na
     vorm.
     A = Die skets is die buitelyne en fatsoen verwys na die buite lyne. 
         Die skoenvorm is 2D en die skoen toon geen diepte/dit is plat. ✓
     B = Die skets verwys na die buitelyne sowel as die area binne in die lyne /jy
         kan sien waar jou voet ingaan /dieleë spasie. Die skoen is 3D. Die diepte
         kan gesien word waar die voet binne-in is /nie plat/dit het diepte. ✓ (2+2)        (4)

 4.3 4.3.1     Identifiseer TWEE verskillende maniere hoe ritme verkry kan
               word. Tabuleer jou antwoord soos volg:
                Maniere om ritme     Verduideliking
                te verkry
                (i) Herhaling ✓      Sirkel patrone voor  en agter op die skoen. 
                                     OF 
                                 (1) Kolle binne in die ovaalvorm 
                                     OF 
                                     Strepe op die  voorkant van die skoen (2)
                (ii) Gradiasie ✓ Ovaal patrone  (blaarpatroon). Elke keer
                                 (1) word dit geleidelik groter. ✓              (2)
                (iii) Alternasie ✓   Blokke/vierkant vorms 
                                     Die vertikale gestreepte blokke wissel af met
                                     die horisontale gestreepte blokke. ✓       (2)
               Aanvaar ook alternatief.                                                     (6)

               LET WEL: 1 punt vir die manier en 2 punte vir verduideliking
                       Trek EEN punt af indien nie in tabelvorm.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                        VERBRUIKERSTUDIES                                  9

 4.4 Bespreek hoe die ontwerpbeginsel ŉ voorbeeld van radiale balans kan
     wees.
     Radiale balans - ŉ Ontwerp in die middel van die rok is in die ŉ vorm van
     sirkels  en gerangskik rondom die sentrale punt/ŉ sirkel-patroonvorm rondom
     dit. 
                                              OF
     Daar is ŉ sirkel-patroon in die middel van die rok  en die breër konsentriese
     sirkels sit die patroon voort soos die lyne uitwaarts beweeg. ✓                         (2)

 4.5 Skryf ŉ paragraaf oor die ontwerp element tekstuur. Begin met die
     definisie van tekstuur, noem die twee tipe teksture en onderskei tussen
     die twee.
     Tekstuur beskryf die oppervlak kwaliteit  van ŉ voorwerp. Daar is 2 tipes
     tekstuur naamlik taktiel/tasbaar/eg  en visueel/ geïmpliseerd. Taktiel is hoe
     die oppervlak  voel as jy dit aanraak, visueel is hoe  dit lyk ✓                      (5)
     LET WEL: Minus EEN punt as dit nie in paragraafvorm geskryf is nie

 4.6 4.6.1      Bestudeer die sketse van 2 jasse.
                Die naam van die liggaamsvorm
                • Ovaal / appelvorm ✓                                                        (1)

       4.6.2    Evalueer die TWEE jasse en kies die beste een vir die
                liggaamsvorm
                Jas A – Die gordel trek die aandag na die middellyf area - maak die area
                       groter/trek die aandag na die middellyf. Die horisontale lyne by
                       die soomlyn van die mou skep ŉ breër voorkoms by die heupe.
                       Horisontale lyne onder die kraag gee breedte en dra by tot
                       vierkantige voorkoms. Die flappe by die skouers maak die
                       skouers breër. Dubbel-ry knope dra by tot die wydte. ✓
                                                                                (Enige 2)
                Jas B – Geen horisontale lyne. Gordel sny die liggaam in die helfte,
                       aandag word weggeneem van die middellyf en gee ŉ slanker
                       voorkoms. Die horisontale lyne bo die middellyf stel die
                       vertikale lyne aan die kante in staat om afwaarts te vloei
                       in ŉ algemene voorkoms wat minder vierkantige is/meer vorm.
                       Die oog word na die nek/gesig area getrek/minder lyne by die
                       Kraag/ŉ V-vorm word geskep. Geen horisontale lyne op die
                       moue en die horisontale lyne bo die middellyf gee ŉ meer
                       langer effek. Die knope dra die oog in ŉ vertikale lyn, so die
                       illusie geskep, is ŉ slanker effek. Minder horisontale lyne word
                       in die jas gebruik; dus gee dit ŉ beter vloei aan die jas/die oë
                       beweeg op en af by die kante van die jas. ✓✓             (Enige 2)

                Jas B is meer geskik.                                               (1)     (5)
                                                                                            [30]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                              VERBRUIKERSTUDIES                          (EC/NOVEMBER 2022)

 VRAAG 5: BEHUISING EN INTERIEUR

 5.1 5.1.1     Gee die name van die sone wat in die kombuis verteenwoordig is
               Die werkarea ✓                                                            (1)

      5.1.2    Noem die onderstaande argitektoniese simbool wat
               verteenwoordig is op die vloerplan.
               • Hangkas/kas/stoorplek ✓                                                 (1)

      5.1.3    Noem hoeveel taakbeligtings in die huis voorsien is
               Drie/3 ✓                                                                  (1)

      5.1.4    Identifiseer die moontlike probleme met betrekking tot die plasing
               van die voordeur m.b.t die sone in die regterhelfte van die huis.
               • Hoofingang gaan in en deur die bestaande in die privaat, stil area. ✓
               • Voordeur is oorkant die badkamer/kom reguit vanaf die badkamer
                  nadat ✓ jy gebad het. ✓
               • Moontlike gesprekke na-aan waar ŉ persoon slaap of rus in die
                  slaapkamer. ✓
               • Daar is ŉ werktafel en -stoel in die slaapkamer wat aandui dat
                  iemand probeer studeer/werk, en ŉ stil plek benodig. ✓
               • Die voordeur maak oop na ŉ groot area, moontlik ŉ ego. ✓
               • Die voordeur is so geplaas dat jy dwarsdeur die huis loop, as wat
                  nodig is ✓ want die muurskeiding beteken dat jy rondom die huis
                  moet loop om die res van die huis te betree. ✓        (Enige 3 x 1) (3)

      5.1.5    Bespreek hoe hierdie huis voorsiening maak vir ŉ werk-van-huis
               omgewing.
               • Voorsiening word gemaak vir twee studie-areas met ŉ
                 werksoppervlakte, rekenaar, ŉ stoel in beide die slaapkamer en ŉ
                 kantoor. 
               • Beide kamers het ŉ rekenaar vir aanlyn werk. 
               • Beide werkoppervlak areas het tafel/taakbeligting. 
               • Die kantoor area is afgesny van die res van die kombuis-area en
                 sitkamer. 
               • In die kantoor is daar goeie stoorplek-voorsiening in die vorm van
                 ingeboude kaste. 
               • Toegang tot die stoor-eenheid is binne gemak van links na regs van
                 die stoel, veral as die stoel wiele  het.
               • Die kantoorarea is gemaak om soos ŉ studie-area te voel, want dit
                 het ŉ slaapbank, wat maklik kan opvou om kleiner te wees en nie
                 obstruksie te veroorsaak. 
               • In die afskort-area is die skuifdeur wat afgesluit kan word van die
                 sitkamer, veral as mense televisie kyk. Die hoofkantoor-area het
                 natuurlike beligting, voorsiende dat die lessenaar naby die venster
                 is. 
               • Die kantoorspasie in die huis is groter as die sitkamer en
                 beklemtoon ŉ werksplek.                                 (Enige 5 x 1) (5)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                     VERBRUIKERSTUDIES                                   11

     5.1.6    Motiveer watter lessenaarstoel die beter keuse sal wees om te
              gebruik by die lessenaar-area met betrekking tot die materiaal wat
              vir die raam gebruik is.

              Stoel A (Plastiek)
              Baie duursaam ✓
              Baie sterk ✓
              Liggewig om maklik te beweeg ✓
              Wiele beweeg maklik/beweeg glad op ŉ harde oppervlak ✓

                                                OF

              Stoel B (Metaal)
              Baie duursaam ✓
              Baie sterk ✓
              Goeie skarniere wat die metaalkolomme versterk. ✓
              Beter vir ŉ swaargewig persoon ✓
              Metaal sal ŉ beter styfheid gee. ✓
              Rugkant raamwerk is beter. ✓                                                      (3)

              LET WEL: Beide A en B is geskik daarom slegs 1 punt vir rede. Die
                       rede moet verband hou met die funksie van die materiale.

     5.1.7    Kies TWEE kriteria wat jy sal oorweeg wanneer hierdie slaapbank
              gekoop word en bespreek elke kriteria.
              Ekonomie: ✓ Wat hulle kan bekostig/hulle begroting/waarde vir geld. 
              Koop waar jy die beste prys kry. ✓
              Sterkte en duursaam: Oorweeg hoe gereeld jy dit gaan gebruik as ŉ
              matras en hoe gereeld om op te sit.  Die konstruksie en kleedstof moet
              vir beide geskik wees. ✓
              Estetiese: Kies die kleur wat jy van hou.  Oorweeg die dekor soos die
              kleurskema van die kamer. ✓
              Omgewingsverantwoordelikheid: Is die vervaardigers omgewings-
              verantwoordelik.  Is die materiaal wat gebruik word herwinbaar  /min
              verpakking. ✓
              Verbruikersverantwoordelik: Die verbruiker het ŉ verantwoordelikheid
              voordat hulle aankope doen en na aankope. ✓ Byvoorbeeld: Voor
              aankope - vergelyk pryse, insluitende verborge koste, kyk na die waarborg,
              koop van ŉ winkel met ŉ goeie reputasie (enige voorbeelde) ✓
              Byvoorbeeld: Na aankope - kontroleer die produk na aankope by
              aflewering en indien nodig, lê ŉ klagte, so gou moontlik. Lees die
              versorgingsinstruksies, hou bewyse van aankope (enige voorbeelde) ✓

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                             VERBRUIKERSTUDIES                         (EC/NOVEMBER 2022)

             Die volgende twee kriteria was uitgehaal by hierdie afdeling, maar
             moet steeds nagesien word as die leerder dit genoem het.

             Geskiktheid vir behoeftes: ✓ Die behoefte vir ŉ ekstra bed is nodig as ŉ
             persoon oorslaap. ✓ Dink hoeveel keer dit sal gebeur en hoeveel geld sal
             jy op dit spandeer. ✓ Die doel kan meerdoelig wees sodat dit ook gemaklik
             is om op te sit.
             Oorweeg die beskikbare ruimte/spasie in die kantoorkamer. ✓
             Menslike faktore/ergonomiese en universele ontwerp: ✓ Die slaap bank
             moet gemaklik wees vir sit en slaap en ook genoeg ondersteuning bied. ✓
             Watter persone sal dit waarskynlik gebruik? Kinders of volwassenes,
             of beide? ✓

             LET WEL: Enige twee kriteria ✓✓ en ŉ bespreking vir elkeen. ✓✓✓
                                                                           (2 x 3)        (6)
                                                                                         [20]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                     VERBRUIKERSTUDIES                                  13

 VRAAG 6: ENTREPRENEURSKAP

 6.1 Gee die naam/term vir die stelling wat die kern vereistes is om ŉ item te
     maak
     Produksiespesifikasie ✓                                                              (1)

 6.2 Definieer die term marksegmentasie
     ŉ Groep kliënte met gemeenskaplike behoeftes en belangstellings  wat verskil
     van ander groepe  en soortgelyk sal optree in ŉ mark aksie. ✓
                                          OF
     ŉ Breë groep mense/teiken mark wat verdeel word in meer onderskeidelike
     groepe/kleiner groepe/met soortgelyke eienskappe/byvoorbeeld geografies/
     demografies/psigografies/gedrag ✓                                                    (3)

 6.3 Verduidelik hoe die besigheid ŉ mededingende voordeel ontwikkel.
     Vind uit oor ander besighede /mededingers in jou area.  Hulle moet dink aan
     maniere hoe om hul produkte te verbeter  as hulle mededingers. Jou produk
     moet verskillend en uniek wees  om anders in die mark te wees. ✓
     Dit moet meer aanklank vind by jou kliënte/hoe kan dit jou kliënte bevoordeel/
     soos beter pryse/waarde vir geld  /kwaliteit/beter diens. ✓       (Enige 3 x 1)     (3)

 6.4 6.4.1      Gee die faktor wat Tshepo oorweeg het wanneer hy ŉ produk kies
                om jeans te ontwerp vir sy liefde vir denim en modes.
                Passie ✓                                                                  (1)

       6.4.2    Meld hoe Tshepo die volgende bereik het voordat hy 100 paar
                jeans geskep het.
                A) Begin met ŉ lae kapitaal uitleg.
                   Hy het ŉ lening van R8000.00 gekry. ✓
                B) Verkry vaardighede voordat jy begin
                   Hy het basiese naaldwerk en patroon-ontwerp geleer. ✓
                   Hy verbreed sy kennis van denim deur navorsing op die internet te
                   doen ✓                                                  (Enige 1)
                C) Het ŉ vorm van vervoer.
                   Hy het sy jeans vanaf ŉ fiets verkoop.                                 (3)

       6.4.3    Identifiseer watter P in die bemarkingmengsel verteenwoordig.
                A) Die “Presidential Slim fit”
                   Produk ✓
                B) Verkoop sy jeans van ŉ rugsak.
                   Plek ✓                                                                 (2)

       6.4.4    Kies TWEE aanhalings in die gevallestudie wat verskyn voordat
                Tshepo sy winkel in Johannesburg oopgemaak het om te bewys
                dat die kernbeginsel gebruik is.
                • Tshepo het pasgemaakte jeans vir sy kliënte gemaak ✓ en
                   sodoende ŉ kliëntebasis opgebou. ✓ Hy het mansjeans geskep. Hy
                   het dit in vier verskillende kleure gemaak. ✓     (Enige 2 x 1)        (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                 VERBRUIKERSTUDIES                           (EC/NOVEMBER 2022)

       6.4.5    Analiseer hoe Tshepo voortgegaan het om sy teikenmark se
                spesifieke behoeftes te bevredig nadat hy die handelsnaam van
                sy besigheid van stapel gestuur het wat die groei van die
                besigheid verseker het.

                •    Hy het sy produk verbeter, om ŉ beter kwaliteit jeans te maak. ✓
                •    Hy het dit in vier verskillende kleure gemaak om mense se
                     voorkeure te bevredig. ✓
                •    Om pasgemaakte jeans the maak, waar die kliënte se afmetings
                     geneem word, impliseer dat jeans enig in sy soort is wat by
                     spesifieke figuurtipes pas en wat kliënte spesiaal laat voel. ✓
                •    ŉ Verskeidenheid van jeansstyle word gemaak en dus ŉ groter
                     keuse vir kliënte. ✓
                •    Hy het sy reeks na hemde uitgebrei sodat sy besigheid kan groei,
                     namate hy meer aan sy kliënte bied. ✓
                •    Om meer bekostigbare gholfhemde te hê, bereik die teikenmark
                     wat nie voorheen sy jeans kon koop nie. ✓
                •    Hy het sy teikenmark verbreed deur klere vir dames te maak. ✓
                •    Hy spesialiseer in denim klere. ✓
                •    Aangesien sy handelsmerk eg en gewilds is, sa kliënte ŉ sekere
                     status voel as hulle sy klere dra. ✓
                •    Kliënte sal gelukkig wees om klere met sy logo te dra wat ŉ
                     herkenbare handelsmerk het. ✓
                                                                             (Enige 6 x 1)      (6)

       6.4.6    Bereken die verkoopprys van 1 paar jeans as die produksie
                koste R475.00 en 80% wins bygevoeg is. Toon alle berekeninge.

                R475 X 85 ✓         = R350
                       100
                R475 + R350 ✓       = R875 ✓                                                    (3)

       6.4.7    Bereken die wins as hy 10 paar jeans verkoop.

                R380 x 10 ✓ = R3800 ✓                                                           (2)

       6.4.8    Bereken die produksiekoste van 10 paar jeans as die produksie
                koste 20% hoër is as die van mans.

                R475 x 20 ✓ = R95
                       100
                R475 + R95 ✓ = R570
                R570 x 10 ✓ = R5700 ✓                                                           (4)

                LET WEL: Die R moet aangedui word in die finale antwoord om die
                punt toe te ken.
                                                                                               [30]

                                                                                TOTAAL:        200

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

## Related documents

- [CONSUMER STUDIES GR11 QP NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr11-qp-nov2022-afrikaans/dad190bc-1815-4cfe-83aa-3ecac74b40a8) — Consumer Studies · QP · 2022 · Afr
- [CONSUMER STUDIES GR11 MEMO NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr11-memo-nov2018-afrikaans/db0a0d89-a60b-4007-80c8-8b98b9216f05) — Consumer Studies · Memo · 2018 · Afr
- [CONSUMER STUDIES GR11 MEMO NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr11-memo-nov2017-afrikaans/abe38b25-f7de-4dcf-acdc-8621b998566c) — Consumer Studies · Memo · 2017 · Afr
- [CONSUMER STUDIES GR11 QP GR11 NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr11-qp-gr11-nov2020-afrikaans/b43aff9a-42de-48ae-95a8-24ff41446ead) — Consumer Studies · QP · 2020 · Afr
- [CONSUMER STUDIES GR11 QP NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr11-qp-nov2018-afrikaans/929cb311-86eb-4c12-8741-79e560a79f44) — Consumer Studies · QP · 2018 · Afr
- [CONSUMER STUDIES GR11 QP NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr11-qp-nov2017-afrikaans/041e1e46-9729-4336-bfbf-5a7c9673b2b4) — Consumer Studies · QP · 2017 · Afr

## More from Grade 11 Consumer Studies

- [Gr 11 Con Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-con-stu-atp-2023-24/ac4fc15b-afd5-4962-81be-2cac053bf185) — ATP
- [CONSUMER STUDIES GR11 QP NOV2020 AFR D](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr11-qp-nov2020-afr-d/19619cc6-171f-488c-871c-c9b8f2bc6caf) — QP · 2020 · Afr
- [CONSUMER STUDIES GR11 QP NOV2020 ENG D](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr11-qp-nov2020-eng-d/aba31565-098b-4105-bea1-a85a13337e25) — QP · 2020 · Eng
- [CONS STUDIES QP GR11 NOV 2019 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/cons-studies-qp-gr11-nov-2019-afr-d/ef833d3e-5ca9-4075-9852-58545aba2744) — QP · 2019 · Afr
- [CONS STUDIES QP GR11 NOV 2019 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/cons-studies-qp-gr11-nov-2019-eng-d/f7a5a629-7e60-40cd-80a3-3bd756bc7d60) — QP · 2019 · Eng
- [CONSUMER STUDIES GR11 QP NOV2018 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr11-qp-nov2018-afr-d/bf0becdd-477a-4f17-859f-c6b455994b34) — QP · 2018 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
